# Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2019-afr/d2b85d5b-9ba1-4670-a266-6d2657bbc6ca
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2019-afr/d2b85d5b-9ba1-4670-a266-6d2657bbc6ca)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            LEWENSWETENSKAPPE V2

                                          2019

                                                                         PUNTE: 150

                                                                        TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        2                                   DBE/2019
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            3                                  DBE/2019
                                             SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1        Watter EEN van die volgende eienskappe is op tweevoetige/
                      bipedale organismes van toepassing?

                      A    'n Meer terugwaartse posisie van die foramen magnum
                      B    'n Kort, smal bekken
                      C    'n Lang, breë bekken
                      D    'n S-vormige werwelkolom

         1.1.2        Watter EEN van die volgende stellings in verband met biodiversiteit
                      is KORREK?

                      A    Spesievorming verhoog biodiversiteit.
                      B    Biodiversiteit is die aantal organismes in 'n bevolking.
                      C    Uitsterwing verhoog biodiversiteit.
                      D    Spesievorming en uitsterwing het geen uitwerking             op
                           biodiversiteit nie.

         1.1.3        Watter EEN van die volgende verbindings bevat aminosure?

                      A    RNS/RNA
                      B    Proteïen
                      C    Glukose
                      D    DNS/DNA

         1.1.4        Thando en Mary het die vier eienskappe hieronder oor hulleself
                      gegee.

                                      THANDO                          MARY
                       P    Ek is 'n seun.                Ek is 'n meisie.
                       Q    Ek is 150 cm lank.            Ek is 153 cm lank.
                       R    Ek het vaste oorlelle.        Ek het vaste oorlelle.
                       S    My bloedgroep is A.           My bloedgroep is AB.

                      Watter stellings beskryf die eienskappe van diskontinue variasie?

                     A     Slegs P, Q en S
                     B     Slegs P, R en S
                     C     Slegs Q, R en S
                     D     P, Q, R, en S

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                4                               DBE/2019
                                                 SS/NSS

         1.1.5        Watter EEN van die volgende is die genotipe van 'n persoon met
                      hemofilie?

                      A   XHXh
                      B   XHY
                      C   XHXH
                      D   XhY

         1.1.6        'n Kind se bloedgroep is AB en haar moeder se bloedgroep is A.

                      Ons kan redelikerwys aflei dat die …

                      A   moeder se genotipe IAi is.
                      B   kind se genotipe IAIB en die moeder se genotipe ii is.
                      C   vader se genotipe IAIB of IBIB of IBi is.
                      D   vader se genotipe IAIB en dat die moeder se genotipe ii is.

         1.1.7        Verwys na 'n lys van Mendel se wette hieronder:

                     (i) Wet van dominansie
                     (ii) Beginsel van onafhanklike sortering
                     (iii) Beginsel van segregasie

                      'n Wetenskaplike het 'n vrugtevlieg met rooi oë met 'n vrugtevlieg
                      met wit oë gekruis en al die F1-nakomelinge het rooi oë gehad.

                      Watter van Mendel se wette kan gebruik word om hierdie resultaat
                      te verduidelik?

                      A    (i), (ii) en (iii)
                      B    Slegs (iii)
                      C    Slegs (i) en (iii)
                      D    Slegs (ii) en (iii)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                        5                                            DBE/2019
                                                         SS/NSS

         1.1.8                   Die grafieke hieronder toon die invloed van twee antibiotikums,
                                 P en Q, op twee verskillende spesies bakterieë, R en S.

                                     BAKTERIE R                                      BAKTERIE S

                                                  Antibiotikum P                                  Antibiotikum Q

              Getal bakterieë                                      Getal bakterieë
                                                  Antibiotikum Q                                  Antibiotikum P
               teenwoordig                                          teenwoordig

                                          Tyd                                            Tyd

                                 Watter gevolgtrekking kan uit die grafieke gemaak word?

                                 A    Bakterie R is minder weerstandig teen antibiotikum P as teen Q.
                                 B    Bakterie R is meer weerstandig teen antibiotikum P as teen Q.
                                 C    Antibiotikum Q is ewe doeltreffend op bakterie R en S.
                                 D    Antibiotikum P is ewe doeltreffend op bakterie R en S.   (8 x 2)                 (16)

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in jou
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1                  Die analise van DNS/DNA-monsters om individue wat moontlik
                                verwant, is te identifiseer

         1.2.2                  Die suiker wat in RNS/RNA gevind word

         1.2.3                  Die struktuur in 'n diersel wat spoelvesels vorm

         1.2.4                  Ongedifferensieerde dierselle wat aan gespesialiseerde selle kan
                                oorsprong gee

         1.2.5                  Die verdeling van die sitoplasma nadat 'n selkern verdeel het

         1.2.6                  'n Diagram wat moontlike evolusionêre verwantskappe tussen
                                spesies verteenwoordig                              (6 x 1)                            (6)

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         6                                  DBE/2019
                                          SS/NSS

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                    KOLOM I                                KOLOM II
         1.3.1 Kaak van Afrika-ape            A:    Geen spasies tussen tande
                                              B:    Groot slagtande
         1.3.2 Verhoog genetiese variasie     A:    Kloning
                                              B:    Oorkruising
         1.3.3 Al die gene in 'n spesie       A:    Genoom
                                              B:    Genotipe
                                                                            (3 x 2)           (6)

1.4     'n Gedeelte van 'n DNS/DNA-molekuul het die volgende basisvolgorde:

                                          CTT      ACA

        1.4.1   Noem die stikstofbasis wat deur C in die DNS/DNA-molekuul
                verteenwoordig word.                                                          (1)

        1.4.2   Die persentasie guanien in hierdie DNS/DNA-molekuul is 30%.

                Gee die persentasie tiamien in dieselfde molekuul.                            (2)

        1.4.3   Gee die mRNS/mRNA-volgorde, van links na regs, vir hierdie
                DNS/DNA-gedeelte.                                                             (2)
                .
        1.4.4   Die tabel hieronder toon die DNS/DNA-drietalle wat vir sommige
                aminosure kodeer.

                       DNS/DNA-DRIETAL                      AMINOSUUR
                             ACA                               Sisteïen
                             CTT                            Glutamiensuur
                             TGT                               Treonien
                             TTA                             Asparagien
                             GAA                               Leusien
                             TAC                              Metionien

                Gee die volgorde van aminosure waarvoor vir die DNS/DNA-gedeelte
                hierbo gekodeer sal word.                                                     (2)

        1.4.5   Gee die antikodon vir die aminosuur metionien.                                (1)
                                                                                              (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                       7                               DBE/2019
                                                        SS/NSS

1.5      Die diagram hieronder toon die kariotipe van 'n individu met 'n afwyking wat
         deur nie-disjunksie veroorsaak is.

                 1     2        3         4         5        6       7    8    9

              10       11       12        13    14       15          16   17   18

                 19        20        21        22                Y
                                                         X
                                                             23

         1.5.1        Noem:

                      (a) Hierdie afwyking                                                               (1)

                      (b) Die fase in meiose waar nie-disjunksie plaasvind                               (1)

                      (c) Die tipe mutasie wat 'n resultaat van nie-disjunksie is                        (1)

         1.5.2        Identifiseer die tipe chromosome wat 1 tot 22 genommer is.                         (1)
                                                                                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          8                                    DBE/2019
                                           SS/NSS

1.6      Die tabel toon die evolusie van kraniale kapasiteit by sommige spesies.

                     SPESIE                  BESTAANS-              GEMIDDELDE
                                              TYDPERK                KRANIALE
                                           (MILJOEN JAAR            KAPASITEIT
                                              GELEDE)                  (cm3)
          Sahelanthropus                       7,0–6,0                  450
          Australopithecus africanus           3,0–2,0                  480
          Homo habilis                         2,2–1,6                  650
          Homo erectus                         2,0–0,4                  900
          Homo neanderthalensis                0,4–0,04                1 500
          Homo sapiens                          0,2–0                  1 450

         1.6.1       Noem:

                     (a) TWEE hominied-genera in die tabel hierbo                                (2)

                     (b) TWEE fossiele van A. africanus wat in Suid-Afrika ontdek is             (2)

                     (c) Die genus wat eerste op Aarde voorgekom het soos in die
                         tabel getoon                                                            (1)

         1.6.2       Watter hominied het 'n kraniale kapasiteit gehad wat die naaste
                     aan dié van Homo sapiens is?                                                (1)

         1.6.3       Gee die kleinste kraniale kapasiteit (in cm3) van 'n Homo-spesie.           (1)

         1.6.4       Wanneer het Australopithecus africanus uitgesterf?                          (1)

         1.6.5       Fossiele word gebruik as bewyse vir hominied-evolusie.

                     Noem TWEE ander tydlyne van bewyse.                                         (2)
                                                                                                 (10)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                               9                                DBE/2019
                                                SS/NSS

AFDELING B
VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n gedeelte van 'n DNS/DNA-molekuul.

                                                          B

                     A

                                                                               C

                                                   D

          2.1.1          Identifiseer B en C.                                                     (2)

          2.1.2          Noem:

                         (a)   Monomeer A                                                         (1)

                         (b)   TWEE wetenskaplikes wat 'n Nobelprys vir die ontdekking van
                               die DNS/DNA-molekuul ontvang het                                   (2)

                         (c)   EEN organel in 'n sel waar DNS/DNA voorkom                         (1)

          2.1.3          Beskryf hoe 'n mutasie op DNS/DNA die struktuur van 'n proteïen
                         kan verander.                                                            (4)

          2.1.4          Tabuleer TWEE strukturele verskille tussen 'n monomeer van
                         RNS/RNA en 'n monomeer van DNS/DNA.                                      (5)
                                                                                                  (15)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          10                              DBE/2019
                                            SS/NSS

2.2       Polisistiese niersiekte (PKD) by honde word deur 'n dominante alleel (H)
          veroorsaak.

          Die stamboomdiagram hieronder toon die nakomelinge wat deur twee honde,
          1 en 2, voortgebring is.

                                        1               2

                                                            A

                  SLEUTEL:

                       Manlike hond sonder PKD          Vroulike hond sonder PKD

                       Manlike hond met PKD             Vroulike hond met PKD

          2.2.1       Hoeveel nakomelinge word deur PKD geaffekteer?                        (1)

          2.2.2       Verduidelik hoe die genotipe van nakomeling A toon dat beide
                      ouers heterosigoties is.                                              (4)
                                                                                            (5)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           11                                 DBE/2019
                                             SS/NSS

2.3      Lees die volgende uittreksel oor kunsmatige seleksie.

         Broccoli, Brusselse spruite en blomkool is eetbare plante in die koolfamilie.
         Hulle is verskillende variëteite van dieselfde spesie (Brassica oleracea). Hulle
         produseer 'n groep geel of wit blomme. Elke blom het vier kroonblare, vier
         kelkblare, ses helmknoppe en 'n enkele stempel, styl en vrugbeginsel.

         Die somatiese selle van hierdie plante het 'n diploïede chromosoomgetal van
         18. Die chromosoomgetal word tydens gameetproduksie van diploïed na
         haploïed gehalveer, hoofsaaklik tydens anafase I van meiose.

         Die grootte van die koolkop is nog altyd belangrik in projekte oor kunsmatige
         seleksie, maar tans is die fokus op die verhoging van weerstand teen
         verskillende insekte en siektes en op die verbetering van die voedingsinhoud
         van kool.

          2.3.1       Definieer 'n spesie.                                                      (2)

          2.3.2       Noem TWEE strukture in 'n blom waar meiose plaasvind.                     (2)

          2.3.3       Hoeveel van elk van die volgende strukture is teenwoordig in elke
                      sel van Brassica oleracea in die proses van meiose:

                      (a)   Chromosome aan die einde van telofase II                            (1)

                      (b)   Chromatiede tydens metafase I                                       (1)

          2.3.4       Beskryf die gebeure van anafase II.                                       (3)

          2.3.5       Verduidelik hoekom die fokus tans op die verhoging van weerstand
                      teen insekte en siektes is.                                               (2)
                                                                                                (11)

2.4       'n Visspesie het drie fenotipes vir vinlengte: verleng, kort en medium.
          Heterosigotiese visse het medium lengte vinne.

          Die eienskap is onder die beheer van een geen met twee allele:
          verleng (E) en kort (S).

          2.4.1       Noem en beskryf die tipe dominansie wat hier getoon word.                 (3)

          2.4.2       Gebruik 'n genetiese kruising om die persentasie kans dat twee
                      visse met medium lengte vinne, nageslag met kort vinne kan
                      voortbring, te toon.                                                      (6)
                                                                                                (9)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          12                                   DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 3

3.1      'n Groep studente het waargeneem dat die paringsroepe van 'n
         paddabevolking by die plaaslike dam onlangs baie harder geword het. Die
         dam is naby 'n snelweg waar verkeersgeraas die laaste aantal jare
         toegeneem het.

         Hulle wou ondersoek instel of die toename in verkeersgeraas vanaf die
         snelweg 'n evolusionêre effek op die paringsroepe van die paddas in die
         paarseisoen gehad het.

         Hulle het die volgende aangeteken:

             Gemiddelde vlak van verkeersgeraas oor 'n tydperk van 6 jaar
             Gemiddelde hardheid van die paddas se paringsroepe gedurende
              dieselfde tydperk

         Die resultate word in die tabel hieronder getoon:

             JAAR        GEMIDDELDE HARDHEID              GEMIDDELDE HARDHEID
                         VAN VERKEERSGERAAS                VAN PARINGSROEPE
                                 (dB)                             (dB)
             2006                 30                               36
             2007                    32                                38
             2008                    36                                40
             2009                    40                                48
             2010                    55                                68
             2011                    62                                74

          3.1.1       Verduidelik die voordeel van 'n harder paringsroep.                        (2)

          3.1.2       Dui aan waarom hierdie resultate as betroubaar beskou kan word.            (1)

          3.1.3       Gee 'n gevolgtrekking vir hierdie ondersoek.                               (2)

          3.1.4       Gee TWEE veranderlikes wat tydens hierdie ondersoek konstant
                      gehou moet word.                                                           (2)

          3.1.5       Teken lyngrafieke op dieselfde assestelsel om die verandering in
                      gemiddelde hardheid van verkeersgeraas en paringsroepe vir die
                      tydperk 2006 tot 2009 te toon.                                             (7)
                                                                                                 (14)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             13                                DBE/2019
                                               SS/NSS

3.2      By steekpalms (hulsbome) is rooi vrugte (R) dominant oor wit vrugte (r) en
         stekelrige blare (L) is dominant oor gladde blare (l).

         Die Punnett-vierkant hieronder toon die moontlike resultate van 'n kruising
         tussen twee individuele plante. Die genotipe by X word nie gegee nie.

            GAMETE                 RL              Rl            rL              rl
                  RL                X             RRLl          RrLL           RrLl
                  Rl               RRLl           RRll          RrLl            Rrll
                  rL               RrLL           RrLl          rrLL            rrLl
                  rl               RrLl            Rrll         rrLl            rrll

          3.2.1         Gee die:

                        (a)   Genotipe van X                                                    (1)

                        (b)   Fenotipe van die ouers                                            (2)

          3.2.2         In 'n bevolking van 128 plante, hoeveel plante met rooi vrugte
                        en gladde blare word uit die Punnett-vierkant hierbo verwag?
                        Toon ALLE berekeninge.                                                  (3)

          3.2.3         'n Plaasboer wou plante met slegs wit vrugte en stekelrige blare
                        produseer.

                        Gee die genotipe van die plante wat hy in die kruising moet
                        gebruik.                                                                (2)
                                                                                                (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         14                                      DBE/2019
                                           SS/NSS

3.3      Sintetiese insulien word gebruik om diabetes te behandel en word deur
         genetiese manipuleringstegnologie geproduseer.

         Die diagram hieronder verteenwoordig die proses.

                                                            Geneties gemanipuleerde
                                                            bakterium
                     Menslike sel

                                    DNS/DNA

            Menslike insulien-
            produserende
            geen
                          Rekombinante                                      Fermentasie-
                          DNS/DNA                                           tenk

                                       Plasmied-
                                       DNS/DNA                        Menslike
                                                                      insulien
                       Bakterium

          3.3.1       Definieer genetiese manipulasie.                                             (2)

          3.3.2       Beskryf die stappe betrokke by die produsering van die
                      rekombinante DNS/DNA.                                                        (4)

          3.3.3       Verduidelik hoekom      bakterieë   die   geskikste   vir   genetiese
                      manipulasie is.                                                              (2)

          3.3.4       Stel DRIE besware voor wat sommige mense teen genetiese
                      manipulasie mag hê.                                                          (3)
                                                                                                   (11)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         15                                  DBE/2019
                                           SS/NSS

3.4      Loopvoëlspesies wat tans oor verskillende kontinente versprei is, word in die
         diagram hieronder getoon.

            Suid-Amerika
              Tinamoe
                 Tinamou                Africa         Australia
                                        Afrika          Australië
                                       Volstruis
                                       Ostrich           Emoe
                                                          Emu             Nieu-Seeland
                       Rhea
                  Nandoe                                                      Kiwi
                  ('Rhea')

         Wetenskaplikes se hipotese is dat hierdie spesie loopvoëls ontstaan het uit 'n
         enkele gemeenskaplike voorouer wat in staat was om te vlieg.

          3.4.1       Beskryf hoe Lamarck die evolusie van loopvoëls sou verduidelik
                      het.                                                                     (4)

          3.4.2       Noem DRIE voortplantingsisolasiemeganismes wat spesies apart
                      hou.                                                                     (3)
                                                                                               (7)
                                                                                               [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                     16                                DBE/2019
                                       SS/NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf natuurlike seleksie en gepunte ewewig. Noem ook DRIE maniere waarop
natuurlike seleksie van kunsmatige seleksie verskil.
                                                                     Inhoud:          (17)
                                                                    Sintese:          (3)
                                                                                      (20)

LET WEL:     GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van 'n tabel,
             vloeidiagramme of diagramme nie.

                                                          TOTAAL AFDELING C:          20
                                                              GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2019-eng/b144aa01-02ec-4195-99cc-5ac17d9aff9c) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2019-afr/bf964714-bd3d-49d5-8af3-4c9d54303789) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP SEPT2019 English final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-sept2019-english-final/65c17b10-5e45-4c78-a168-f144efce77db) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (English) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-english-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/4abde6f1-8134-4898-b5d2-7a1108fd269d) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-eng/ad42999d-6e30-4bbc-9860-4febb47c7166) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
