# Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2021-afr/2a82db5e-7fe8-4659-a5cf-60d31d93c20c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2021-afr/2a82db5e-7fe8-4659-a5cf-60d31d93c20c)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            LEWENSWETENSKAPPE V2

                                          2021

                                                                         PUNTE: 150

                                                                        TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        2                                    DBE/2021
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             3                                      DBE/2021
                                              SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.8 D.

         1.1.1        Watter EEN van die volgende is 'n voortplantingsisolering-
                      meganisme?

                      A    Teling/Broei op dieselfde tyd van die jaar
                      B    Aanpassing by dieselfde bestuiwers
                      C    Voorkoming van bevrugting
                      D    Deel van dieselfde habitat

         1.1.2        Die wetenskaplikes wat die Nobelprys vir die ontdekking van die
                      struktuur van DNS/'DNA' gewen het, was …

                     A     Watson en Franklin.
                     B     Wilkins en Franklin.
                     C     Crick en Wilkins.
                     D     Watson en Crick.

         1.1.3        In 'n dihibriede kruising is 'n dier met lang ore (E) en 'n rooi pels (R)
                      met 'n dier met kort ore (e) en 'n swart pels (r) gekruis.

                      Watter EEN van die volgende kan die genotipes van die ouers
                      voorstel?

                     A     EERR x eerr
                     B     EeRr x EeRr
                     C     eeRR x eerr
                     D     Eerr x EERr

         1.1.4        Watter EEN van die volgende verminder genetiese variasie in die
                      nageslag?

                      A    Mutasies
                      B    Ewekansige paring
                      C    Kloning
                      D    Ewekansige bevrugting

         1.1.5        Meiose word die beste verduidelik as 'n proses wat … dogterselle
                      produseer.

                      A    twee haploïede
                      B    twee diploïede
                      C    vier diploïede
                      D    vier haploïede

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           4                                  DBE/2021
                                            SS/NSS

         1.1.6        Kleurblindheid is 'n afwyking wat deur 'n resessiewe alleel op die
                      X-chromosoom veroorsaak word. Watter EEN van die volgende is
                      die genotipe van 'n kleurblinde persoon?

                     A     XDXD
                     B     XDY
                     C     XDXd
                     D     XdY

         1.1.7        Die studie van die oorerwing van mutasies in mitochondriale
                      DNS/DNA is 'n voorbeeld van …

                      A    fossielbewyse.
                      B    genetiese bewyse.
                      C    modifikasie deur afstamming.
                      D    kulturele bewyse.                                      (7 x 2)       (14)

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die bindings wat die twee stringe van 'n DNS/DNA-molekuul
                      bymekaar hou

         1.2.2        'n Genetiese kruising wat een geen en sy allele behels

         1.2.3        Ongedifferensieerde selle wat enige ander sel in die menslike
                      liggaam kan vorm

         1.2.4        Die strukture in die sel wat die spoelvesels vorm

         1.2.5        Die fase van meiose waar chromosome op die ewenaar van die sel
                      in 'n lyn gerangskik word

         1.2.6        'n Genetiese afwyking waar bloed nie stol nie

         1.2.7        Die vorming van nuwe spesies

         1.2.8        Evolusie wat gekenmerk word deur lang periodes met geen
                      veranderinge nie, wat afgewissel word deur kort periodes met
                      vinnige veranderinge

         1.2.9        Die studie van oorerwing en variasie by organismes          (9 x 1)       (9)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           5                                          DBE/2021
                                            SS/NSS

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM I                                       KOLOM II
         1.3.1        In die nukleus/selkern                A:   DNS/DNA
                      gevind                                B:   RNS/RNA
         1.3.2        Ewekansige rangskikking               A:   Anafase II
                      van chromosome                        B:   Metafase I
         1.3.3        Plek van meiose by die                A:   Testis
                      mens                                  B:   Somatiese selle
                                                                                          (3 x 2)       (6)

1.4      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n homoloë chromosoompaar in 'n
         plantsel. Die allele vir twee eienskappe, saadkleur (G en g) en planthoogte
         (T en t), word op die chromosome aangedui.

                                            A           B

                                           G            g

                                                                     C

                                                t   t

         1.4.1        Gee die term wat gebruik word om die posisie van 'n alleel op 'n
                      chromosoom te beskryf.                                                            (1)

         1.4.2        Identifiseer dele A en C.                                                         (2)

         1.4.3        Noem die proses waartydens dele A en B genetiese materiaal
                      uitruil.                                                                          (1)

         1.4.4        Tydens watter fase van meiose vind die proses genoem in
                      VRAAG 1.4.3 plaas?                                                                (1)

         1.4.5        Noem die volgende vir hierdie plant:

                      (a)   Genotipe                                                                    (2)

                      (b)   Die eienskap wat homosigoties resessief is                                  (1)
                                                                                                        (8)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            6                              DBE/2021
                                             SS/NSS

1.5      Die diagram hieronder verteenwoordig enkele nukleotiede in 'n enkele
         DNS/DNA-string.

                                                 T

                                X

                                                 G

                                     Y           A

                                                 C

         1.5.1       Gee die LETTER van die deel wat die volgende verteenwoordig:

                     (a)   Suikermolekuul                                                    (1)

                     (b)   Fosfaatmolekuul                                                   (1)

         1.5.2       Hoeveel nukleotiede word in die diagram verteenwoordig?                 (1)

         1.5.3       Skryf die stikstofbasisse (van bo na onder soos deur die pyl
                     aangedui) van die komplementêre DNS/DNA-string van hierdie
                     molekuul neer.                                                          (1)

         1.5.4       Noem TWEE prosesse wat vereis dat die twee stringe van 'n
                     DNS/DNA-molekuul in enkelstringe skei, soos in die diagram
                     getoon.                                                                 (2)
                                                                                             (6)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                7                             DBE/2021
                                                 SS/NSS

1.6      Die tabel hieronder toon die bloedgroepe van die lede van 'n familie. Twee
         van die kinders is biologiese afstammelinge van die ouers en een kind is
         aangeneem.

                             FAMILIELID              BLOEDGROEP
                               Vader                      A
                               Moeder                    AB
                               Dogter                     A
                               Seun 1                     O
                               Seun 2                     B

         1.6.1       Hoeveel:

                     (a)   Verskillende fenotipes vir bloedgroep kom in hierdie familie
                           voor                                                                 (1)

                     (b)   Moontlike genotipes is daar vir bloedgroep AB                        (1)

         1.6.2       Gee die genotipe van die vader.                                            (2)

         1.6.3       Watter lid van die familie:

                     (a)   Het die genotipe ii                                                  (1)

                     (b)   Het kodominante allele                                               (1)

                     (c)   Is aangeneem                                                         (1)
                                                                                                (7)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          8                                 DBE/2021
                                           SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Hemoglobien is 'n proteïen wat in bloed gevind word wat suurstof na al die
         selle van die liggaam vervoer. 'n Gedeelte van hierdie proteïen word 'n beta-
         ketting genoem. Indien die volgorde van aminosure in hierdie ketting
         verander, word 'n ander vorm van hemoglobien, genoem hemoglobien S,
         gevorm. Hemoglobien S kan suurstof nie so doeltreffend soos normale
         hemoglobien vervoer nie.

          Posisie van aminosure in
                                          1      2     3      4     5      6       7
          die beta-ketting
          Normale hemoglobien            Val    His   Leu    Thr   Pro   Glu     Glu

          Hemoglobien S                  Val    His   Leu    Thr   Pro    Val    Glu

         Die tabel hieronder toon die DNS/DNA-basisdrietalle wat vir sommige
         aminosure kodeer.

                     DNS/DNA-BASISDRIETAL               AMINOSUUR
                             CAC                            Val
                             GTG                            His
                             GAC                            Leu
                             TGA                            Thr
                             GGA                            Pro
                             CTC                            Glu

         2.1.1       Gee die:
                     (a)   DNS/DNA-basisdrietal vir aminosuur 3                               (1)

                     (b)   bRNS/mRNA-kodon vir aminosuur 4                                    (2)

         2.1.2       Wat word 'n verandering in die volgorde van DNS/DNA-
                     basisdrietalle genoem?                                                   (1)

         2.1.3       Gebruik die inligting in die tabelle om te verduidelik hoe 'n
                     verandering in die volgorde van die DNS/DNA-basisdrietalle die
                     vorming van hemoglobien S, eerder as normale hemoglobien, tot
                     gevolg het.                                                              (4)

         2.1.4       Beskryf hoe 'n persoon met hemoglobien S geaffekteer sal word.           (2)
                                                                                              (10)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                    9                             DBE/2021
                                                     SS/NSS

2.2      Beskryf die proses van translasie tydens proteïensintese.                                  (6)

2.3      Die kariotipe hieronder verteenwoordig die chromosome van 'n persoon.

                         1        2         3          4        5    6    7

                         8    9        10       11     12       13   14   15

                        16   17        18       19         20   21   22   23

         2.3.1       Gee die gemeenskaplike naam vir die chromosome genommer
                     1 tot 22.                                                                      (1)

         2.3.2       Gee die geslag van hierdie persoon.                                            (1)

         2.3.3       Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.2.                     (2)

         2.3.4       Gee Mendel se beginsel van segregasie.                                         (2)

         2.3.5       Beskryf hoe die kariotipe van 'n persoon met Down-sindroom van
                     die een hierbo sal verskil.                                                    (2)
                                                                                                    (8)

2.4      By konyne kan pelskleur swart, wit of grys wees. Die oorerwing van pelskleur
         word deur twee allele beheer, naamlik:

                                      Swart pels (B) en Wit pels (W)

         2.4.1       Verduidelik waarom pelskleur by konyne 'n voorbeeld van
                     oorerwing met onvolledige dominansie is.                                       (2)

         2.4.2       Gebruik 'n genetiese kruising om die verwagte genotipes en
                     fenotipes van die nageslag te toon indien 'n grys mannetjie met
                     'n swart wyfie gekruis word.                                                   (6)
                                                                                                    (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          10                                     DBE/2021
                                            SS/NSS

2.5      By die mens is die vermoë om 'n sekere stof te kan proe, oorerflik en dit word
         deur die dominante alleel T beheer. Mense wat hierdie stof kan proe, word
         proeërs genoem, terwyl dié wat nie kan nie, nie-proeërs genoem word.

         Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van hierdie eienskap in 'n
         familie.

                                     J          K

                 L         M         N               O        P         Q

                 R          S                            U        V            W

                 SLEUTEL

                       Manlike proeër                    Vroulike proeër
                       taster
                       Manlike nie-proeër                Vroulike nie-proeër

         2.5.1       Wat beteken die term dominante alleel?                                       (2)

         2.5.2       Gee die:

                     (a)   LETTER van 'n vrou in die F1-generasie wat 'n proeër is                (1)

                     (b)   Genotipe van individu J                                                (1)

         2.5.3       Gebruik bewyse uit die diagram            om     jou   antwoord     op
                     VRAAG 2.5.2(b) te ondersteun.                                                (4)
                                                                                                  (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         11                                  DBE/2021
                                           SS/NSS

VRAAG 3

3.1     Daar is anatomiese verskille tussen Afrika-ape en die mens. Daar is ook
        eienskappe wat hulle deel.

        3.1.1        Noem EEN eienskap van die hand wat Afrika-ape met die mens deel.          (1)

        3.1.2        Tabuleer DRIE verskille tussen die skedels van Afrika-ape en die
                     mens.                                                                     (7)

        3.1.3        Gee TWEE eienskappe van die bekkengordel van 'n tweevoetige
                     organisme.                                                                (2)
                                                                                               (10)

3.2     Die vetinhoud van koeimelk kan wissel tussen 2,6% en 5%.
        'n Boer het gevind dat daar 'n groot aanvraag is na laevetmelk (melk met 'n
        vetinhoud van 3% of minder).

        Hy het die vetinhoud in die melk wat deur die koeie op sy plaas geproduseer
        word, vasgestel.
        Die resultate van sy opname word in die tabel hieronder gegee.

                             VETINHOUD (%)          GETAL KOEIE
                                 2,6–3,0                11
                                 3,1–3,5                66
                                 3,6–4,0                93
                                 4,1–4,5                61
                                 4,6–5,0                15

        3.2.1    Trek 'n histogram om die resultate van die opname te verteenwoordig.          (6)

        3.2.2    Bereken die persentasie van die boer se koeie wat laevetmelk
                 produseer. Toon AL jou berekeninge.                                           (3)

        3.2.3    Noem die tipe variasie wat by die koeie voorkom, op die bewyse in die
                 tabel gebaseer.                                                               (1)

        3.2.4    Gee 'n verduideliking vir jou antwoord op VRAAG 3.2.3.                        (1)
                                                                                               (11)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          12                                       DBE/2021
                                            SS/NSS

3.3      Die diagram hieronder verteenwoordig die evolusie van die loopvoëls en die
         kontinente waarop hulle tans bestaan.

                                                                                Volstruis

                 Gemeenskaplike
                   voorouer van                                                  Nandoe
                      loopvoëls                                                  ('Rhea')

                                                                                Kiwi

              VOËLSPESIE           KONTINENT
              Volstruis           Afrika
              Nandoe              Suid-Amerika                                  Emoe
              Kiwi                Nieu-Seeland
              Emoe                Australië
              Kasuaris            Suid-Amerika
                                                                                Kasuaris

         3.3.1        Identifiseer die tipe diagram wat hierbo getoon word.                        (1)

         3.3.2        Noem die TWEE spesies wat die mees onlangse gemeenskaplike
                      voorouer deel.                                                               (2)

         3.3.3        Gebruik inligting in die diagram om te beskryf hoe biogeografie die
                      evolusieteorie ondersteun.                                                   (4)

         3.3.4        Beskryf hoe dit bewys kan word dat volstruise en nandoes
                      verskillende spesies is.                                                     (2)
                                                                                                   (9)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                                  13                                   DBE/2021
                                                                    SS/NSS

3.4                Daar is variasie in bos-uile. Sommige is wit en ander is bruin van kleur.

                   Wetenskaplikes het hierdie uile oor 'n tydperk van 30 jaar, van 1980 tot 2010,
                   bestudeer om die effek van klimaatsverandering op die oorlewing van die uile
                   vas te stel. Gedurende hierdie tyd het klimaatsverandering verhoogde globale
                   temperature met minder sneeuval elke jaar veroorsaak.

                   Die wetenskaplikes het:
                    Die ondersoek elke jaar in dieselfde vier maande van die winter gedoen
                    Elke jaar dieselfde bevolking bos-uile waargeneem
                    Die getal bos-uile van elke kleur wat elke jaar oorleef het, vasgestel

                   Die resultate word in die grafiek hieronder aangedui:

                                              Getal bos-uile van elke kleur wat elke jaar oorleef het
                                                                van 1980 tot 2010

        Getal uile wat oorleef het
                                     80
                                     70
                                     60
                                     50
                                     40
                                                                                                    Wit uile
                                                                                                   White owls
                                     30
                                     20                                                            Brown  owls
                                                                                                    Bruin uile
                                     10
                                      0
                                       1980     1985    1990     1995 2000      2005    2010
                                                               Tyd (jare)

                   3.4.1                  Identifiseer die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.                (1)

                   3.4.2                  Watter gevolgtrekking kan gemaak word oor die geskiktheid van
                                          elke kleur uil om in meer sneeu te oorleef?                                   (2)

                   3.4.3                  Verduidelik die resultate wat van 2000 tot 2010 vir die wit uile verkry
                                          is.                                                                           (3)

                   3.4.4                  Beskryf hoe die wetenskaplikes die getal uile wat elke jaar oorleef
                                          het, vasgestel het.                                                           (3)

                   3.4.5                  Noem EEN veranderlike wat konstant gehou is.                                  (1)
                                                                                                                        (10)
                                                                                                                        [40]

                                                                                        TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       14                                 DBE/2021
                                         SS/NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Hedendaagse slingerape (ook spinape ('spider monkeys') genoem) leef hoog bo in
bome. Hulle het baie lang sterte wat hulle gebruik om aan takke vas te hou. Dit
verminder hulle risiko om grond toe te val waar predatore hulle kan aanval. Die
voorouer van slingerape het 'n heelwat korter stert gehad.

Gebruik Lamarck en Darwin se teorieë om te verduidelik waarom alle slingerape lang
sterte het en hoe kunsmatige seleksie dieselfde resultaat kon oplewer.
                                                                           Inhoud:       (17)
                                                                           Sintese:      (3)
                                                                                         (20)

LET WEL:     GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagramme of
             diagramme toegeken word NIE.

                                                             TOTAAL AFDELING C:          20
                                                                 GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2021-eng/640bb227-bb17-4f89-96b3-77bf0a4005dc) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2021 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2021-afr-d/b7cdfe9c-5e90-4696-bc67-e8fca24f68fe) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2021 XHOSA D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr12-sept2021-xhosa-d/f43645b2-00fd-4ad4-bdbe-7bc3201c5a62) — Life Sciences · QP · 2021
- [Gr12 Life Sciences P2 (English) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-english-2021-preparatory-question-paper/3f3721a2-ca17-4caa-900e-7c73d1b99db8) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2021-afr/6a0be2cc-cabc-40b2-a5fc-4dcf29d7b1b8) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr
- [Life Sciences P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2022-afr/2641aa96-c0ce-4429-9802-4b9c58c65274) — Life Sciences · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
