# Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2022-afr/2641aa96-c0ce-4429-9802-4b9c58c65274
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2022-afr/2641aa96-c0ce-4429-9802-4b9c58c65274)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           LEWENSWETENSKAPPE V2

                                         2022

                                                                    PUNTE: 150

                                                                   TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        2                                  DBE/2022
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           3                                     DBE/2022
                                            SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die
         vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         bv. 1.1.11 D.

         1.1.1       Die komponente van 'n DNS/DNA-molekuul wat die kode verskaf vir
                     proteïensintese is die …

                     A    suikers.
                     B    fosfate.
                     C    waterstofbindings.
                     D    stikstofbasisse.

         1.1.2       Gedurende watter fase van meiose begin spoeldrade vorm?

                     A    Profase
                     B    Metafase
                     C    Anafase
                     D    Telofase

         1.1.3       'n Individu het Down-sindroom. In die kariotipe is daar 'n abnormale
                     getal chromosome by chromosoompaar …

                     A    13.
                     B    18.
                     C    21.
                     D    23.

         1.1.4       'n Individu wat 'n identiese alleel van beide ouers ontvang, word
                     as … beskryf.

                     A    homologies
                     B    dominant
                     C    homosigoties
                     D    heterosigoties

         1.1.5       'n Plantspesie het 'n diploïede chromosoomgetal van 12.

                     Watter EEN van die volgende is die haploïede chromosoomgetal vir
                     hierdie spesie?

                     A    24
                     B    12
                     C    6
                     D    36

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           4                                   DBE/2022
                                            SS/NSS

         1.1.6       Oorerwing deur veelvuldige (meervoudige) allele in genetika verwys
                     na …

                     A    twee allele wat twee eienskappe beïnvloed.
                     B    meer as twee allele wat een eienskap beïnvloed.
                     C    een alleel wat meer as een eienskap beïnvloed.
                     D    meer as twee allele wat twee eienskappe beïnvloed.

         1.1.7       Watter EEN van die volgende is 'n voortplantingisolerings-
                     meganisme?

                     A    Teling/Broei op dieselfde tyd van die jaar
                     B    Steriele nakomelinge
                     C    Plantaanpassing by dieselfde bestuiwers
                     D    Verbeterde bevrugting

         1.1.8       Normale menslike ovums het …

                     A    22 outosome en 'n X-chromosoom.
                     B    23 outosome en 'n X-chromosoom.
                     C    22 outosome en 'n Y-chromosoom.
                     D    23 outosome en 'n Y-chromosoom.

         1.1.9       Watter EEN van die volgende vind by mitose maar NIE by meiose
                     plaas nie?

                     A    Twee selle word aan die einde van die verdeling gevorm
                     B    Oorkruising vind plaas
                     C    Homoloë chromosome rangskik op die ewenaar
                     D    Sentriole vorm by die pole van die sel

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                                   5                                         DBE/2022
                                                                    SS/NSS

         1.1.10       Die grafiek hieronder toon die persentasie ooreenkoms tussen
                      menslike (Hu)-DNS/DNA en die DNS/DNA van sommige Afrika-
                      aap-spesies.

                                                      120

                         Persentasie ooreenkoms met
                                                               98                96
                                                      100                                        94

                                                       80                                                   72

                                                       60

                             menslike DNS/DNA
                                                       40

                                                       20

                                                        0
                                                            Sjimpansee Langarmaap Resus-aap               Nagapie
                                                                (Ch)    ('Gibbon')  (Rm)                 ('Galago')
                                                                           (Gi)                             (Ga)

                                                                         Tipe Afrika-aap

                      Watter EEN van die volgende filogenetiese                                            stambome
                      verteenwoordig die inligting in die grafiek die beste?
                     A                                                       B
                                 Hu Ch Gi                           Ga                Hu Ga      Rm Gi      Ch

                                                              Rm

                         Gemeenskaplike voorouer

                                                                                       Gemeenskaplike voorouer
                     C                                                       D
                                        Ga Rm Ch Hu Gi                                Gi   Rm    Ch Hu

                                                                                            Ga

                         Gemeenskaplike voorouer                                      Gemeenskaplike voorouer
                                                                                                             (10 x 2)         (20)

Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           6                                     DBE/2022
                                            SS/NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
         slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Verdeling van die sitoplasma van 'n sel gedurende meiose

         1.2.2       Die suikermolekuul teenwoordig in 'n RNS/RNA-nukleotied

         1.2.3       Die posisie van 'n geen op 'n chromosoom

         1.2.4       Die proses waartydens 'n DNS/DNA-molekuul 'n presiese kopie van
                     homself maak

         1.2.5       Ongedifferensieerde selle wat gestimuleer kan word om in enige tipe
                     liggaamsel te ontwikkel

         1.2.6       Mendel se beginsel wat verklaar dat 'n organisme twee faktore
                     bevat/het wat skei sodat elke gameet slegs een van hierdie faktore
                     bevat

         1.2.7       Die evolusieteorie wat verwys na lang tydperke waar spesies nie
                     verander nie, afgewissel deur kort tydperke waar vinnige
                     verandering plaasvind

         1.2.8       'n Ineengestrengelde netwerk van DNS/DNA en proteïen wat in die
                     nukleus (selkern) voorkom

         1.2.9       Die natuurlike vorm van die DNS/DNA-molekuul

         1.2.10      Die fase in die selsiklus waartydens selgroei plaasvind       (10 x 1)         (10)

1.3      Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
         SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
         slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                        KOLOM I                                    KOLOM II
         1.3.1 'n Groep soortgelyke organismes          A:   Bevolking
               wat op 'n bepaalde tyd op 'n             B:   Spesie
               bepaalde plek voorkom met die
               vermoë om te kan kruisteel
         1.3.2 Die manipulering van biologiese          A:   Biogeografie
               prosesse om menslike behoeftes           B:   Biotegnologie
               te bevredig
         1.3.3 Het die struktuur van die                A:   Francis Crick
               DNS/DNA-molekuul ontdek                  B:   James Watson
                                                                                        (3 x 2) (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             7                               DBE/2022
                                              SS/NSS

1.4      By tamatieplante is lang (hoë) stingels (T) dominant oor kort stingels (t) en
         rooi vrugte (R) is dominant oor geel vrugte (r).
         'n Boer kruis 'n homosigotiese lang (hoë), geel tamatieplant met 'n plant wat
         heterosigoties vir beide eienskappe is.

         1.4.1        Noem hierdie tipe genetiese kruising.                                     (1)

         1.4.2        Gee die genotipe van 'n homosigotiese lang (hoë), geel
                      tamatieplant.                                                             (2)

         1.4.3        Maak 'n lys van die genotipes van AL die moontlike gamete vir 'n
                      plant wat heterosigoties vir beide eienskappe is.                         (4)
                                                                                                (7)

1.5      Hemofilie  is  'n  geslagsgekoppelde   resessiewe   eienskap    (Xh).
         Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van hemofilie in 'n
         familie.

                                              P        Q

                                          R                S       T

                                                                       U

         1.5.1        Noem wat die vierkante in 'n stamboomdiagram verteenwoordig.              (1)

         1.5.2        Gee die getal:

                      (a)    Generasies wat in hierdie stamboomdiagram verteenwoordig
                             word                                                               (1)

                      (b)    Nakomelinge van individue P en Q                                   (1)

         1.5.3        Gee:

                      (a)    Slegs die LETTERS van vrouens met hemofilie                        (2)

                      (b)    Die genotipe van individu R                                        (2)
                                                                                                (7)
                                                                TOTAAL AFDELING A:              [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                               8                             DBE/2022
                                                SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder verteenwoordig een sel in 'n fase van meiose.

                                  C

                                                                    A

                                                                    B

         2.1.1        Identifiseer die fase van meiose.                                         (1)

         2.1.2        Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.1.                (2)

         2.1.3        Identifiseer struktuur:

                      (a)   A                                                                   (1)

                      (b)   B                                                                   (1)

         2.1.4        Beskryf die rol van deel B in die beweging van chromosome tydens
                      meiose.                                                                   (2)

         2.1.5        Teken 'n benoemde diagram van struktuur C soos dit in die finale
                      fase van hierdie meiotiese deling sal voorkom. Toon die korrekte
                      ingekleurde gedeeltes.                                                    (4)
                                                                                                (11)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          9                           DBE/2022
                                           SS/NSS

2.2      Die diagram hieronder verteenwoordig die proses van proteïensintese in
         'n sel.

                       W                                   X

                                                                    Y

                       Z     UACGUAAGCCCUGUCCUU

                                      ribosoom

         2.2.1        Noem die proses wat plaasvind by:

                     (a) W                                                               (1)

                     (b) Y                                                               (1)

         2.2.2        Identifiseer:

                     (a) Organel X                                                       (1)

                     (b) Molekuul Z                                                      (1)

         2.2.3        Noem TWEE plekke in 'n sel waar DNS/DNA aangetref word
                      behalwe in die nukleus (selkern).                                  (2)

         2.2.4        Beskryf die proses by W.                                           (7)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          10                                    DBE/2022
                                            SS/NSS

         Die tabel hieronder toon sommige oRNS/tRNA-antikodons met hulle
         ooreenstemmende aminosure.

                       oRNS/tRNA-ANTIKODON                  AMINOSUUR
                               CAG                             Valien
                               GAA                            Leusien
                               AUG                            Tirosien
                               GGA                            Prolien
                               UCG                             Serien
                               CAU                             Valien

         2.2.5        Noem die:

                     (a) DNS/DNA-basisdrietal wat vir serien kodeer                                (1)

                     (b) Eerste TWEE aminosure waarvoor daar deur molekuul Z in
                         die diagram gekodeer word (die molekuul word van links na
                         regs gelees)                                                              (2)

         2.2.6        Wat word die verandering in die volgorde van stikstofbasisse in
                      'n DNS/DNA-molekuul genoem?                                                  (1)

         2.2.7        Die kodon CUU (laaste kodon) op molekuul Z het na CCU
                      verander.

                      Verduidelik die effek wat dit op hierdie spesifieke proteïenmolekuul
                      sal hê.                                                                      (3)
                                                                                                   (20)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          11                                  DBE/2022
                                            SS/NSS

2.3      'n Familie wou die biologiese vader van 'n seun identifiseer. Die moeder van
         die seun is bekend. Bloedgroepe en DNS/DNA-profiele van die moeder, die
         seun en twee mans is gebruik om vaderskap vas te stel.

         Die data hieronder toon die resultate van die twee prosedures.

                                          BLOEDGROEPE

                         Moeder       Seun           Man 1       Man 2
                           O            B             AB            B

                                       DNS/DNA-PROFIELE

                         Moeder        Seun          Man 1       Man 2

         2.3.1        Verduidelik waarom vaderskap van die seun nie vasgestel kon
                      word deur slegs bloedgroepe te gebruik nie.                                (5)

         2.3.2        Wie is die biologiese     vader   van   die   seun   volgens    die
                      DNS/DNA-profiele?                                                          (1)

         2.3.3        Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3.2.                                   (3)

         2.3.4        Noem EEN ander gebruik van DNS/DNA-profielsamestelling.                    (1)
                                                                                                 (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         12                                      DBE/2022
                                           SS/NSS

2.4      Die diagram hieronder toon die oorerwing van blomkleur by leeubekkieplante.

         Die twee allele wat blomkleur beheer is rooi (R) en wit (W).

                                             gekruis
                                              met

                                  Rooi                  Wit

                                             Pienk

         2.4.1        Noem die tipe dominansie wat deur die leeubekkieplante getoon
                      word.                                                                      (1)

         2.4.2        Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.1.                               (2)

         2.4.3        'n Tuinier kruis twee leeubekkieplante wat pienk blomme het.

                      Gebruik 'n genetiese kruising om die verhouding van die verwagte
                      fenotipes in die nageslag aan te dui.                                      (6)
                                                                                                 (9)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        13                                  DBE/2022
                                          SS/NSS

VRAAG 3

3.1      Diagramme A en B toon die ventrale (onder-) aansig van die skedels van
         twee organismes. Die diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE.

                                  A                               B
                                            foramen magnum

         3.1.1        Watter diagram verteenwoordig die skedel van 'n tweevoetige
                      organisme?                                                               (1)

         3.1.2        Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.1.               (2)

         3.1.3        Tabuleer TWEE waarneembare verskille tussen die bokake in
                      diagramme A en B wat tendense in menslike evolusie
                      verteenwoordig.                                                          (5)

         3.1.4        Verduidelik die betekenis van die vorm van die ruggraat wat met
                      die skedel in diagram B geassosieer word.                                (2)
                                                                                               (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           14                                    DBE/2022
                                             SS/NSS

3.2      Die onkruiddoder glifosaat word gebruik om onkruid in mielielande te beheer.
         Die onkruiddoder maak die onkruid dood, maar dit kan ook die mielieplante
         doodmaak. Daar is gevind dat sommige onkruid weerstand teen
         glifosaatbehandeling ontwikkel het.

         Wetenskaplikes het 'n ondersoek gedoen om die ontwikkeling van
         glifosaatweerstand by die onkruid vas te stel. Die onkruid is elke jaar vanaf
         2009 tot 2016 met dieselfde konsentrasie glifosaat behandel en die
         persentasie glifosaat-weerstandige onkruid in die mielieland is jaarliks
         aangeteken.

         Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

                                 JAAR           GLIFOSAAT-WEERSTANDIGE
                                                      ONKRUID (%)
                                 2009                      10
                                 2010                      20
                                 2011                      32
                                 2012                      42
                                 2013                      53
                                 2014                      58
                                 2015                      65
                                 2016                      65

         3.2.1        Beskryf die verandering in glifosaat-weerstandigheid gedurende
                      die tydperk van die ondersoek                                                 (3)

         3.2.2        Bereken die persentasie vermeerdering in glifosaat-weerstandige
                      onkruid van 2010 tot 2015. Toon AL jou berekeninge.                           (3)

         3.2.3        Wetenskaplikes het die geen vir glifosaat-weerstandigheid uit die
                      onkruid geïsoleer en dit gebruik om die mielieplante geneties te
                      manipuleer.

                      Verduidelik die ekonomiese voordeel daarvan om mielieplante
                      weerstandig teen glifosaat te maak.                                           (3)

         3.2.4        Trek 'n staafgrafiek om die resultate van die eerste vier jaar van die
                      ondersoek te toon.                                                            (6)
                                                                                                    (15)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           15                                DBE/2022
                                             SS/NSS

3.3      'n Bevolking akkedisse op 'n eiland, Eiland A, was baie goed aangepas om
         hoofsaaklik insekte te eet. Wetenskaplikes het vyf volwasse pare van hierdie
         akkedisspesie na 'n naburige eiland, Eiland B, verskuif. Hier het hulle
         voortgeplant en 'n nuwe bevolking gevorm. Eiland B het 'n groot hoeveelheid
         plante met taai veselagtige blare en minder insekte. Blootstelling aan hierdie
         nuwe omgewing het moontlik tot gevolg gehad dat die akkedisse evolusie
         ondergaan het.

         Ses-en-dertig jaar later het wetenskaplikes na Eiland B teruggekeer om
         verdere ondersoeke op die akkedisbevolking daar te doen. Hulle het
         waargeneem dat die kaakgrootte van die akkedisse toegeneem het.
         Wetenskaplikes het ook die maaginhoud van die akkedisse ontleed en gevind
         dat dit hoofsaaklik plantaardig was. Hulle het ook bevestig dat die twee
         bevolkings steeds aan dieselfde spesie behoort het.

         3.3.1        Beskryf hoe die wetenskaplikes kon bevestig dat daar 'n
                      verandering in die kaakgrootte van die akkedisse van Eiland A en
                      die akkedisse van Eiland B was.                                       (3)

         3.3.2        Verduidelik hoe die groter kake van die akkedisse op Eiland B
                      struktureel geskik was om taai veselagtige blare te eet.              (3)

         3.3.3        Hoe het die wetenskaplikes vasgestel dat die twee bevolkings
                      akkedisse op albei eilande steeds aan dieselfde spesie behoort?       (2)

         3.3.4        Verduidelik die moontlike effek wat die evolusie van die akkedisse
                      op biodiversiteit het.                                                (2)

         3.3.5        Gebruik Darwin se teorie van natuurlike seleksie om die evolusie
                      van akkedisse met groter kake te verduidelik.                         (7)
                                                                                            (17)

3.4      Die 'Uit Afrika'-hipotese is een verduideliking van die evolusie van die
         moderne mens.

         3.4.1        Gee die 'Uit Afrika'-hipotese.                                        (2)

         3.4.2        Noem die familie waaraan die moderne mens behoort.                    (1)

         3.4.3        Watter genetiese bewyse word gebruik om die 'Uit Afrika'-hipotese
                      te ondersteun?                                                        (1)

         3.4.4        Beskryf hoe fossielbewyse gebruik word om die 'Uit Afrika'-
                      hipotese te ondersteun.                                               (4)
                                                                                            (8)
                                                                                            [50]

                                                                TOTAAL AFDELING B:          100
                                                                    GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2022-eng/88be2a14-1b51-47ea-bec4-810a3bbfd3b4) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 English Final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-english-final/48fd8634-2e51-4ca1-b7e3-df271e86c9ec) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2022-eng/47b0f5ad-d719-45e4-9408-1d076d3907c1) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2021-eng/640bb227-bb17-4f89-96b3-77bf0a4005dc) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Life Sciences P2 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2016-eng/a7003e52-d0ba-4e5e-b91b-a71927b224ec) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans/7cca7322-63ed-4fb0-a67b-5df57d647597) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
