# Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2023-afr/6d1a4098-8a4e-4227-94ea-c93f82b66569
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2023-afr/6d1a4098-8a4e-4227-94ea-c93f82b66569)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           LEWENSWETENSKAPPE V2

                                         2023

                                                                     PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2½ uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        2                                   DBE/2023
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             3                                 DBE/2023
                                              SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.

         1.1.1       Volgens Lamarck se teorie vir evolusie …

                     A     word verworwe eienskappe nie oorgeërf nie.
                     B     evolueer organismes omdat hulle by hulle omgewing aanpas.
                     C     is daar variasie tussen nakomelinge.
                     D     het omgewingsveranderinge geen invloed op spesiediversiteit
                           nie.

         1.1.2       Die genotipe vir 'n spesifieke eienskap …

                     A     bevat twee chromosome.
                     B     is die fisiese voorkoms van 'n individu.
                     C     is die samestelling van 'n geenpaar.
                     D     word deur een alleel verteenwoordig.

         1.1.3       Nadat wetenskaplikes 'n fossiel ontdek het, het hulle dit as 'n
                     Afrika-aap geklassifiseer omdat dit 'n ... het.

                     A     groot kranium, 'n prognatiese kakebeen en groot slagtande
                     B     klein kranium, 'n nie-prognatiese kakebeen en groot slagtande
                     C     klein kranium, 'n prognatiese kakebeen en groot slagtande
                     D     groot kranium, 'n prognatiese kakebeen en klein slagtande

         1.1.4       Die stellings hieronder beskryf die stappe in die proses om 'n dier
                     te kloon.

                     (i)   Die embrio word vir ontwikkeling in die uterus van 'n volwasse
                           vroulike dier ingeplant.
                     (ii) Die selkern/nukleus van 'n somatiese sel van die skenker
                           word onttrek.
                     (iii) Die selkern/nukleus van die somatiese sel word in die ovum
                           ingeplant.
                     (iv) Die selkern/nukleus van die ovum van 'n ander individu word
                           verwyder.
                     (v) Die ovum met die nuwe selkern/nukleus word 'n elektriese
                           skok toegedien om seldeling en die vorming van die embrio te
                           stimuleer.

                     Watter kombinasie toon die KORREKTE volgorde van die stappe?

                     A     (ii) (iv) (iii) (v) (i)
                     B     (ii) (iii) (iv) (v) (i)
                     C     (i) (ii) (iii) (iv) (v)
                     D     (ii) (iv) (v) (iii) (i)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           4                                             DBE/2023
                                            SS/NSS

         1.1.5       Struike van die familie Proteaceae (bv. Waratahs en proteas) kan
                     in Australië, Suid-Amerika, Indo-China en dele van Afrika gevind
                     word, soos in die kaart hieronder getoon.

                                  Suid-
                                  Amerika                Afrika        Australië

                     Daar is 'n hipotese dat alle kontinente vroeër een groot kontinent,
                     met die naam Pangaea, was en dat hulle weens kontinentale
                     drywing geskei het.

                     Dit is 'n bewys dat die familie Proteaceae …
                     A   almal aan dieselfde spesie behoort.
                     B   eweredig oor al die kontinente versprei is.
                     C   uitgesterf het toe Pangaea geskei is.
                     D   uit 'n gemeenskaplike voorouer ontstaan het toe Pangaea
                         geskei is.

         1.1.6       Die diagram hieronder toon die DNS/DNA-profiele van 'n meisie,
                     haar moeder en vier mans.

                                                                      Mans
                              Meisie Moeder
                                                     1            2          3     4

                     Watter man is die meisie se biologiese vader?
                     A   1
                     B   2
                     C   3
                     D   4
Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                   5                              DBE/2023
                                                    SS/NSS

         1.1.7       Die volgende is eienskappe van 'n groep diere:

                     (i)       In staat om te kruisteel
                     (ii)      Bewoon dieselfde habitat
                     (iii)     Produseer steriele nakomelinge
                     (iv)      Behoort aan dieselfde spesie

                     Watter kombinasie verteenwoordig 'n populasie KORREK?

                     A       (i), (ii), (iii) en (iv)
                     B       Slegs (i), (ii) en (iv)
                     C       Slegs (i), (ii) en (iii)
                     D       Slegs (i) en (iv)

         1.1.8       Tydens Anafase II van meiose word die twee chromatiede van 'n
                     chromosoom weg van mekaar getrek en elkeen beweeg na
                     teenoorgetelde pole teen 'n tempo van 1 mikrometer per sekonde.

                     Die afstand, in mikrometer, na 20 sekondes                 tussen die
                     chromatiede is …

                     A       10.
                     B       20.
                     C       30.
                     D       40.

         1.1.9       Watter EEN van die volgende dui die tipe variasie aan vir elk van
                     die menslike eienskappe wat gegee word?

                                    Lengte                    Velkleur     Tipes oorlelle
                       A       diskontinue              kontinue         diskontinue
                       B       kontinue                 kontinue         diskontinue
                       C       diskontinue              diskontinue      kontinue
                       D       diskontinue              kontinue         kontinue
                                                                                     (9 x 2)         (18)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           6                                       DBE/2023
                                            SS/NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Die tipe oorerwing wat 'n intermediêre fenotipe produseer

         1.2.2       Die punt waar naasliggende chromatiede tydens oorkruising
                     oorvleuel

         1.2.3       Die proses waartydens inligting van DNS/DNA na RNS/RNA in die
                     nukleus van 'n sel gekopieer word

         1.2.4       Die suiker wat in 'n DNS/DNA-molekuul gevind word

         1.2.5       Die binding wat tussen stikstofbasisse in 'n DNS/DNA-molekuul
                     voorkom

         1.2.6       Die manipulasie van 'n organisme se gene om 'n verlangde
                     eienskap te verkry

         1.2.7       Die voorstelling wat die rangskikking van 'n diploïede stel
                     chromosome aandui                                    (7 x 1)                   (7)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM I                                    KOLOM II
         1.3.1       Bron van variasie in 'n spesie   A:   ewekansige paring
                                                      B:   ewekansige bevrugting
         1.3.2       'n Organisme besit twee          A:   wet van dominansie
                     faktore wat skei sodat elke      B:   beginsel van onafhanklike
                     gameet slegs een van hierdie          sortering
                     faktore besit
         1.3.3       Voortplantingsisolasie-      A: broei/teel in dieselfde seisoen
                     meganisme in spesies            van die jaar
                                                  B: steriele nakomelinge
                                                                                 (3 x 2)            (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                              7                                DBE/2023
                                               SS/NSS

1.4      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n sel in 'n vroeë stadium van meiose.

                                                                    R
                                                                    S

                                                                    T

         1.4.1       Gee die:
                     (a)   Fase van meiose wat verteenwoordig word                                (1)
                     (b)   Getal chromosome wat getoon word                                       (1)
                     (c)   Getal homoloë chromosoompare                                           (1)

         1.4.2       Identifiseer struktuur:
                     (a)   R                                                                      (1)
                     (b)   S                                                                      (1)
                     (c)   T                                                                      (1)

         1.4.3       Noem TWEE organe in 'n dier waar meiose plaasvind.                           (2)
                                                                                                  (8)

1.5      Die eiervrugplant dra eetbare vrugte. Wetenskaplikes het die oorerwing van
         twee gene, een vir stingeltekstuur en die ander vir vrugvorm, bestudeer.
         Die stingels kan glad (N) of stekelrig (n) wees, terwyl die vrugvorm rond (R) of
         verleng (r) kan wees.
         1.5.1       Noem die tipe kruising wat twee eienskappe bestudeer.                        (1)

         1.5.2       Noem die:
                     (a)   Dominante eienskap vir stingeltekstuur                                 (1)
                     (b)   Resessiewe eienskap vir vrugvorm                                       (1)

         1.5.3       Gee die:
                     (a)   Genotipe van 'n plant met 'n stekelrige stingel en verlengde
                           vrugte                                                                 (2)
                     (b)   Fenotipe van 'n plant met die genotipe NnRR                            (2)
                                                                                                  (7)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             8                                  DBE/2023
                                              SS/NSS

1.6      Die tabel hieronder toon inligting oor geselekteerde hominiede fossiele.

                                                                         Wetenskaplikes
         Algemene naam
                                     Spesie            Fossielterrein    verantwoordelik
          van die fossiel
                                                                          vir ontdekking
                                                         Malapa-grot
                                Australopithecus
                     P                                 in die Wieg van          Q
                                     sediba
                                                        die Mensdom
                                                         Sterkfontein-
             Taung-kind                 R                                       S
                                                             grotte

         1.6.1       Noem fossiel P.                                                               (1)

         1.6.2       Identifiseer die spesie by R.                                                 (1)

         1.6.3       Gee die naam van die wetenskaplike by:

                     (a)   Q                                                                       (1)

                     (b)   S                                                                       (1)
                                                                                                   (4)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             9                               DBE/2023
                                              SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n proses wat tydens proteïensintese
         plaasvind.

                                                                 X

                                                                  Y

                                Z      C      A U      A U   G   G A   C

         2.1.1       Identifiseer molekuul:

                     (a)   X                                                                    (1)

                     (b)   Z                                                                    (1)

         2.1.2       Gee die stikstofbasisvolgorde van:

                     (a)   Die DNS/DNA-basisdrietal wat komplementêr is aan die
                           middelste kodon op molekuul Z                                        (2)

                     (b)   Y                                                                    (1)

         2.1.3       Noem en beskryf die proses wat in die diagram tydens die vorming
                     van 'n proteïen getoon word.                                               (7)
                                                                                                (12)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          10                                   DBE/2023
                                            SS/NSS

2.2      Die tabel hieronder toon die kodons wat vir sommige aminosure kodeer.

                       bRNS/mRNA kodon                        Aminosuur
                             AUG                               metionien
                             CAU                                histidien
                             CUA                                 leusien
                             GUA                                  valien
                             GAC                             aspartiensuur
                             GAG                             glutamiensuur
                             GAU                             aspartiensuur

         'n Mutasie het veroorsaak dat 'n DNS/DNA-basisdrietal van CTG na CTA
         verander het.

         Beskryf die effek van hierdie mutasie op die proteïen wat gevorm is.                     (4)

2.3      Tabuleer TWEE verskille tussen DNS/DNA- en RNS/RNA-nukleotiede.                          (5)

2.4      Down-sindroom is die gevolg van 'n individu wat 'n ekstra kopie van
         chromosoom 21 besit.

         Twee genetiese variasies wat Down-sindroom kan veroorsaak, is:

             Trisomie 21
              Al die somatiese selle in 'n individu het drie kopieë van chromosoom 21
              as gevolg van 'n abnormale proses wat tydens gameetproduksie
              plaasvind.

             Mosaïek-Down-sindroom
              Die individu besit slegs sommige selle met 'n ekstra kopie van
              chromosoom 21 wat deur 'n abnormale proses tydens seldeling na
              bevrugting veroorsaak word.

         2.4.1       Noem die:
                     (a) Tipe mutasie wat tot Trisomie 21 aanleiding gee                          (1)

                     (b) Abnormale proses tydens gameetproduksie wat tot drie kopieë
                         van chromosoom 21 aanleiding gee                                         (1)

                     (c)   Tipe seldeling wat na bevrugting plaasvind                             (1)

         2.4.2       Beskryf hoe die proses in VRAAG 2.4.1(b) tot Trisomie 21
                     aanleiding gee.                                                              (5)

         2.4.3       Beskryf TWEE verskille tussen Trisomie 21 en Mosaïek-Down-
                     sindroom.                                                                    (4)
                                                                                                  (12)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          11                                         DBE/2023
                                            SS/NSS

2.5      Die diagram hieronder toon die oorerwing van Tay-Sachs, 'n seldsame siekte
         wat tot die vernietiging van neurone aanleiding gee. Dit word oorgeërf as 'n
         outosomale afwyking wat deur twee allele, (T) en (t), beheer word.

                                              1               2

                            3          4             5                6

                                  7
            Sleutel:

                 Man sonder Tay-Sachs                              Man met Tay-Sachs

                     Vrou sonder Tay-Sachs                         Vrou met Tay-Sachs

         2.5.1        Beskryf wat bedoel word met 'n outosomale afwyking.                               (2)

         2.5.2        Hoeveel seuns het individue 1 en 2?                                               (1)

         2.5.3        Gebruik individue 3, 4 en 7 en verduidelik hoe dit afgelei kan word
                      dat Tay-Sachs-siekte deur 'n resessiewe alleel beheer word.                       (5)

         2.5.4        Individue 1 en 2 kan kinders met drie moontlike genotipes
                      voortbring.

                      Maak 'n lys van AL die genotipes wat 'n 25%-kans het om
                      voortgebring te word.                                                             (2)
                                                                                                        (10)

2.6      By die mens word hemofilie               deur   'n       resessiewe   alleel   op   die
         X-chromosoom (Xh) veroorsaak.

         'n Vrou, wat heterosigoties vir hemofilie is, trou met 'n man met hemofilie.

         Gebruik 'n genetiese kruising om die persentasie kans te toon vir die paartjie
         om 'n dogter te hê wat homosigoties vir normale bloedstolling is.                              (7)
                                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           12                                    DBE/2023
                                             SS/NSS

VRAAG 3

3.1      Leerders het 'n ondersoek uitgevoer om vas te stel watter bloedgroep die
         algemeenste in hulle gemeenskap was.

         Hulle het inligting oor die bloedgroepe van 200 bloedskenkers by elk van die
         drie bloedskenk-klinieke in hulle gemeenskap versamel. Hulle het nie persone
         wat vir die eerste keer skenk by hulle ondersoek ingesluit nie.

         Die sirkelgrafiek hieronder toon die resultate van die ondersoek.

                            Persentasie van elke bloedgroep in die monster

                                                                  Bloedgroep A
                                                                       25%

              Bloedgroep O
                   55%

                                                                         Bloedgroep B
                                                                              15%

                                                              Bloedgroep AB
                                                                    5%

         3.1.1       Noem die doel van die ondersoek.                                               (2)
         3.1.2       Beantwoord die volgende vrae:
                     (a)   Noem DRIE beplanningstappe om in gedagte te hou by die
                           uitvoer van hierdie ondersoek.                                           (3)
                     (b)   Noem EEN manier waarop die leerders die betroubaarheid van
                           die resultate verseker het.                                              (1)

                     (c)   Gee EEN rede hoekom hulle nie persone wat vir die eerste
                           keer bloed skenk, ingesluit het nie.                                     (1)
         3.1.3       Bereken die getal deelnemers wat bloedgroep B gehad het. Toon
                     ALLE bewerkings.                                                               (3)
         3.1.4       Noem die bloedgroep wat:

                     (a)   Slegs resessiewe allele in die genotipe het                              (1)
                     (b)   'n Resultaat van kodominansie is                                         (1)
         3.1.5       Gee AL die moontlike genotipes van die bloedgroep wat deur 25%
                     van die skenkers verteenwoordig word.                                          (2)
                                                                                                    (14)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         13                                     DBE/2023
                                           SS/NSS

3.2      Honde is oor baie jare geselekteer en geteel om ongeveer 340 verskillende
         honderasse te produseer. Hulle is geteel vir sekere eienskappe wat vir mense
         gewens is.

         'n Analise van 736 basispare van die sitochroom-b-geen het getoon dat
         gryswolwe die enigste direkte voorouer van hedendaagse honderasse is. Alle
         honderasse behoort aan die spesie Canis familiaris.

         Die tabel hieronder toon 'n paar honderasse en hulle gewenste eienskappe.

                 Gryswolf              Honderasse                  Eienskappe

                                                                     Intelligent

                                          Poedel

                                                              Liefdevol, vriendelik en
                                                                     spelerig
                                    Mopshond ('Pug')

                                                                  Ekstrovert en
                                                                  avontuurlustig

                                       Sint Bernard

                                                              Sterk, atleties en vinnig

                                    Rhodesiese rifrug

         3.2.1       Noem die proses        waardeur    die   verskillende    honderasse
                     geproduseer is.                                                               (1)

         3.2.2       Beskryf hoe mense die proses genoem in VRAAG 3.2.1, uitgevoer
                     het.                                                                          (3)

         3.2.3       Verduidelik hoe dit bevestig kan word dat al hierdie honderasse aan
                     dieselfde spesie behoort.                                                     (2)

         3.2.4       Verduidelik watter honderas wat getoon word, die beste vir jag
                     gebruik kan word.                                                             (2)

         3.2.5       Verduidelik hoe hedendaagse honderasse moontlik benadeel word
                     met betrekking tot hulle gemeenskaplike voorouer.                             (3)
                                                                                                   (11)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                              14                              DBE/2023
                                                SS/NSS

3.3      Beskryf die proses van spesievorming deur geografiese isolasie.                     (7)

3.4      Die diagram hieronder verteenwoordig die evolusie van die familie Hominidae.

                                                           Orangoetang

                            P                              Gorilla

                                 Q                         Bonobo

                                                   S

                                            R              Sjimpansee

                                                           Mens

         3.4.1       Noem die tipe diagram wat hierbo verteenwoordig word.                   (1)

         3.4.2       Gee die LETTER van die organisme wat:

                     (a)   Die gemeenskaplike voorouer van alle hominiede is                 (1)

                     (b)   Die mees onlangse gemeenskaplike voorouer met die gorilla
                           deel                                                              (1)

         3.4.3       Noem TWEE organismes wat:

                     (a)   S as 'n gemeenskaplike voorouer het                               (2)

                     (b)   Viervoetig is                                                     (2)

         3.4.4       Beskryf DRIE anatomiese eienskappe van die skelet van 'n
                     viervoetige hominied.                                                   (3)
                                                                                             (10)

3.5      Fossielbewyse word gebruik om die 'Uit Afrika'-hipotese te ondersteun.

         3.5.1       Stel die 'Uit Afrika'-hipotese.                                         (2)

         3.5.2       Beskryf hoe fossielbewyse gebruik word om die 'Uit Afrika'-hipotese
                     te ondersteun.                                                          (6)
                                                                                             (8)
                                                                                             [50]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:          100
                                                                     GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/13d7c9c8-15ee-4ae8-9e7d-b86c6cb669b9) — Life Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Life Sciences P2 (English) QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-english-qp/bb04c5c6-158b-47c6-b2ca-a195e96e93ef) — Life Sciences · QP · 2023 · Eng
- [Life Sciences P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2022-afr/2641aa96-c0ce-4429-9802-4b9c58c65274) — Life Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Life Sciences P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2021-eng/640bb227-bb17-4f89-96b3-77bf0a4005dc) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Life Sciences P2 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2016-eng/a7003e52-d0ba-4e5e-b91b-a71927b224ec) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P2 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2017-memo-eng/ac055537-b682-4f91-8ae5-b842212979ad) — Life Sciences · Memo · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
