# Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2025-afr/f068fe02-7f70-4bf4-91ad-4ead880d1a88
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2025-afr/f068fe02-7f70-4bf4-91ad-4ead880d1a88)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                        LEWENSWETENSKAPPE V2

                               MEI/JUNIE 2025

                                                                    PUNTE: 150

                                                                    TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Lewenswetenskappe/V2                                 2                 DBE/Mei/Junie 2025
                                              SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.       Beantwoord AL die vrae.

 2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

 3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

 4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

 6.       Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.

 7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

 8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
          NIE.

 9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
          waar nodig.

 11.      Skryf netjies en leesbaar.   2025

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Lewenswetenskappe/V2                           3                          DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

AFDELING A

VRAAG 1

 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.
          1.1.1        Watter EEN van die volgende kenmerke het Afrika-ape en mense in
                       gemeen?
                       A   Opponeerbare duime
                       B   C-vormige ruggrate
                       C   S-vormige ruggrate
                       D   Kort boarms
          1.1.2        Meiose is 'n biologies belangrike proses omdat dit …
                       A   diploïede gamete produseer.
                       B   die chromosoomgetal van generasie tot generasie verdubbel.
                       C   geneties identiese gamete produseer.
                       D   haploïede gamete produseer.
          1.1.3        Die voortplantingsisolasiemeganisme wat gekenmerk word deur 'n
                       dier wat 'n spesifieke aksie vertoon om 'n paringsmaat aan te trek,
                       staan as … bekend.

                       A   teling op verskillende tye van die jaar
                       B   voorkoming van bevrugting
                       C   steriele nakomelinge
                       D   spesie-spesifieke hofmakerygedrag
          1.1.4        Watter EEN van die volgende genotipes is homosigoties dominant?
                       A   RW
                       B   Rr
                       C   IB IB
                       D   ii
          1.1.5        Hoeveel allele beheer bloedgroepe by mense?
                       A   1
                       B   2
                       C   3
                       D   4
          1.1.6        Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van diskontinue
                       variasie by mense?
                       A   Bloedgroepe
                       B   Lengte
                       C   Velkleur
                       D   Haarkleur

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Lewenswetenskappe/V2                               4                        DBE/Mei/Junie 2025
                                            SS/NSS Vertroulik

          1.1.7      Watter EEN van die volgende is 'n KORREKTE beskrywing van
                     stamselle?
                       A     Gespesialiseerde selle wat deur mitose verdeel om selle te
                             produseer wat vir spesifieke funksies verder gespesialiseerd
                             kan word
                       B     Ongespesialiseerde selle wat deur mitose verdeel om selle te
                             produseer wat vir spesifieke funksies gespesialiseerd kan word
                       C     Ongespesialiseerde selle wat deur meiose verdeel om selle te
                             produseer wat vir spesifieke funksies gespesialiseerd kan word
                       D     Gespesialiseerde selle wat deur meiose verdeel om selle te
                             produseer wat vir spesifieke funksies gespesialiseerd kan word
          1.1.8        'n Lys van verskillende lyne van bewyse om evolusie te ondersteun,
                       word hieronder gegee.
                     (i)     Bewyse van biogeografie
                     (ii)    Fossielbewyse
                     (iii)   Genetiese bewyse
                     (iv)    Kulturele bewyse
                     Watter EEN van die volgende opsies word gebruik as bewys om
                     menslike evolusie te ondersteun?
                       A     (i), (ii), (iii) en (iv)
                       B     Slegs (iv)
                       C     Slegs (ii), (iii) en (iv)
                       D     Slegs (i)
          1.1.9        Die polisie het twee verdagtes gearresteer wat van huisbraak
                       beskuldig word. Hulle DNS/DNA-profiele is geanaliseer en met die
                       profiel van DNS/DNA-bewyse wat by die misdaadtoneel gekry is,
                       vergelyk.

                              DNS/DNA-bewys van             Verdagte Verdagte
                               die misdaadtoneel               1        2

                       Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die DNS/DNA-analise
                       wat deur die polisie gedoen is?
                       A      Verdagte 1 word positief met die misdaad verbind.
                       B      Verdagte 2 word positief met die misdaad verbind.
                       C      Beide verdagtes word positief met die misdaad verbind.
                       D      Geeneen van die verdagtes word positief met die misdaad
                              verbind nie.                                         (9 x 2)           (18)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Lewenswetenskappe/V2                          5                            DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 1.2      Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings.
          Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1        Alternatiewe vorme van 'n geen by dieselfde lokus

          1.2.2        Die DNS/DNA-bevattende selorganel wat slegs by plante aangetref
                       word

          1.2.3        'n Diagrammatiese voorstelling wat die moontlike evolusionêre
                       verwantskappe tussen verskillende spesies toon

          1.2.4        'n Alleel wat in die fenotipe verberg word wanneer dit in die
                       heterosigotiese toestand gevind word

          1.2.5        Die permanente verdwyning van 'n spesie van die Aarde af

          1.2.6        Die doelbewuste teling van organismes vir gewenste kenmerke wat
                       deur mense gekies word

          1.2.7        'n Genetiese afwyking wat deur die afwesigheid van 'n
                       bloedstollingsfaktor gekenmerk word

          1.2.8        'n Groep organismes van dieselfde spesie in 'n spesifieke habitat op
                       'n sekere tyd

          1.2.9        Die chromosoompare 1 tot 22 in 'n menslike somatiese sel

          1.2.10       'n Voorstelling van die getal, vorm en rangskikking van al die
                       chromosome in die nukleus/selkern van 'n somatiese sel (10 x 1)           (10)

 1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
          SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II
          nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
          (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                              KOLOM I                                KOLOM II
          1.3.1        Die DNS/DNA-bevattende                 A: Chromatied
                       materiaal in die nukleus van 'n nie-   B: Chromatien
                       verdelende sel
          1.3.2        Waar DNS/DNA aangetref word            A: Nukleus
                                                              B: Mitochondriums
          1.3.3        Die fase tussen twee                   A: Profase
                       opeenvolgende selverdelings            B: Telofase
                                                                                    (3 x 2)      (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Lewenswetenskappe/V2                            6                          DBE/Mei/Junie 2025
                                         SS/NSS Vertroulik

 1.4      Die diagramme hieronder verteenwoordig twee biologiese prosesse wat in die
          nukleus/selkern plaasvind.

                             Templaat                         Molekuul X

                                  AG A C C CT G T AG T
                                  U C U G G G A C A U C A

                                  T C T G G G A C A T C A

                                             Diagram 1

                                                              Molekuul Y
                         C C A A G T C G A
                        G G T T C A G C T
                                                             A T A C
                                                                               Z
                                                             T A T G
                         C C A A G T           C G A
                         G G T      T C A G C T

                                           Diagram 2

          1.4.1        Noem die proses wat voorgestel word deur:
                       (a)   Diagram 1                                                           (1)
                       (b)   Diagram 2                                                           (1)
          1.4.2        Identifiseer molekuul X.                                                  (1)
          1.4.3        Gee die:
                       (a)   Natuurlike vorm van molekuul Y                                      (1)
                       (b)   Fase van die selsiklus waartydens die proses in Diagram 2
                             plaasvind                                                           (1)
                       (c)   Volledige naam van die stikstofbasis wat in molekuul X
                             voorkom, maar nie in molekuul Y nie                                 (1)
          1.4.4        Noem die:
                       (a)   Suiker wat in molekuul X voorkom                                    (1)
                       (b)   Binding Z                                                           (1)
          1.4.5        Noem die getal kodons op molekuul X.                                      (1)
                                                                                                 (9)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Lewenswetenskappe/V2                              7                         DBE/Mei/Junie 2025
                                           SS/NSS Vertroulik

 1.5      In 'n plantspesie, het die geen vir planthoogte twee allele. Die alleel vir lang
          plante (T) is dominant oor die alleel vir dwergplante (t). Die geen vir blomkleur
          het twee allele, terwyl die alleel vir rooi blomkleur (R) dominant is oor die alleel
          vir wit blomkleur (r).

          'n Dwergplant met wit blomme word gekruis met 'n plant wat homosigoties lank
          en heterosigoties vir rooi blomkleur is.

          1.5.1        Noem die kenmerke wat in hierdie kruising ondersoek word.                   (2)

          1.5.2        Gee die genotipe van die plant wat homosigoties lank en
                       heterosigoties vir rooi blomkleur is.                                       (2)

          1.5.3        Hieronder is 'n onvolledige Punnett-vierkant wat die kruising voorstel
                       waarna hierbo verwys word.

                                                               TR   Tr
                                                    tr          X   Y

                       Identifiseer die:

                       (a) Genotipe van nageslag X                                                 (1)

                       (b) Fenotipe van nageslag Y                                                 (2)
                                                                                                   (7)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Lewenswetenskappe/V2                              8                            DBE/Mei/Junie 2025
                                           SS/NSS Vertroulik

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1      Diagramme 1 en 2 hieronder toon twee selle van dieselfde organisme in
          verskillende fases van meiose.

          Die fases word NIE noodwendig in die korrekte volgorde getoon NIE.

                                                                               P

                                                                           Q
                                Diagram 1                      Diagram 2

          2.1.1        Noem EEN plek in die menslike liggaam waar meiose plaasvind.                     (1)

          2.1.2        Identifiseer:

                       (a)   Struktuur P                                                                (1)

                       (b)   Organel Q                                                                  (1)

          2.1.3        Identifiseer die fase van seldeling wat in Diagram 2 voorgestel word.            (1)

          2.1.4        Hoeveel chromosome sal in 'n somatiese sel van hierdie organisme
                       aangetref word?                                                                  (1)

          2.1.5        Noem EEN verskil tussen die prosesse wat in Diagram 1 en
                       Diagram 2 plaasvind.                                                             (2)

          2.1.6        Die chromosome in die diagram is geneties verskillend as gevolg van
                       oorkruising.

                       Beskryf die proses van oorkruising.                                              (3)
                                                                                                        (10)

 2.2      Beskryf hoe nie-disjunksie tot Down-sindroom lei.                                             (5)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Lewenswetenskappe/V2                           9                           DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

 2.3      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n stadium/fase van proteïensintese.

                                Tyr        His     Pro      Lys      Val

                                                                            X

                              UAU C AU           CCU AAG
                                    1                        2
                              A U A              GG A UU C C A U

          2.3.1        Noem die:

                     (a)     Stadium van proteïensintese wat in die diagram voorgestel
                             word                                                                 (1)

                     (b)     Plek waar die proses genoem in VRAAG 2.3.1(a) plaasvind              (1)

          2.3.2        Beskryf die rol van molekuul X tydens proteïensintese.                     (2)

          2.3.3        Identifiseer die komplementêre basisse (van links na regs) wat die
                       volgende voorstel:

                       (a)   Antikodon 2                                                          (1)

                       (b)   Die DNS/DNA-basisdrietal vir kodon 1                                 (1)

          2.3.4        Die tabel hieronder verteenwoordig die antikodons wat vir
                       verskillende aminosure kodeer.

                               ANTIKODON         AMINOSUUR
                                  UAU            Tirosien (Tyr)
                                  CCU            Prolien (Pro)
                                  AAG             Lisien (Lys)
                                  GUA             Valien (Val)
                                  CGU            Arginien (Arg)

                       'n Mutasie vind tydens replisering plaas. Die mutasie het tot gevolg
                       dat die aminosuur prolien (Pro) deur arginien (Arg) vervang word.

                       Gebruik die tabel en verduidelik hoe hierdie mutasie die proteïen wat
                       gesintetiseer word, sal beïnvloed.                                         (7)
                                                                                                  (13)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Lewenswetenskappe/V2                         10                             DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 2.4      By sommige hoenders word die kleur van vere deur twee allele, wit vere (W)
          en swart vere (B), beheer.

          Indien 'n homosigotiese wit hoender met 'n homosigotiese swart hoender
          gekruis word, het die nageslag vere wat beide swart en wit is, 'n fenotipe wat
          as erminette bekend staan, soos in die diagram hieronder voorgestel.

                                                               Erminette-
                                                               hoender

                                      X

          2.4.1        Verduidelik waarom      hierdie     oorerwing   'n   voorbeeld    van
                       kodominansie is.                                                           (2)

          2.4.2        Die oorerwing van watter bloedgroep by mense toon dieselfde tipe
                       dominansie as wat in VRAAG 2.4.1 verduidelik is?                           (1)

          2.4.3        'n Wit hoender word met 'n erminette-hoender gekruis.

                       Gebruik 'n genetiese kruising om AL die moontlike fenotipes van die
                       nageslag te toon.                                                          (6)
                                                                                                  (9)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Lewenswetenskappe/V2                              11                     DBE/Mei/Junie 2025
                                            SS/NSS Vertroulik

 2.5      Hipofosfatemie is 'n geslagsgekoppelde oorerflike toestand wat deur 'n
          dominante alleel (XH) op die X-chromosoom veroorsaak word. Dit lei tot
          abnormale lae vlakke van fosfaat in die bloed wat ragitis kan veroorsaak. Die
          resessiewe alleel (Xh) kodeer vir normale fosfaatvlakke.

          Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van hipofosfatemie in een
          familie.

                                                         1           2

                             3             4       5      6      7   8

                             9        10    11     12

                             Sleutel:
                                     Man sonder hipofosfatemie

                                     Man met hipofosfatemie
                                     Vrou sonder hipofosfatemie

                                     Vrou met hipofosfatemie

          2.5.1        Noem die tipe:

                       (a)       Diagram getoon                                                   (1)
                       (b)       Gonosoom wat slegs by mans aangetref word                        (1)

          2.5.2        Noem TWEE gevolge van hipofosfatemie by mense.                             (2)

          2.5.3        Hoeveel individue in die F1-generasie het hipofosfatemie?                  (1)

          2.5.4        Gee AL die moontlike genotipes van individu:
                       (a)       3                                                                (1)
                       (b)       4                                                                (1)

          2.5.5        Verduidelik waarom AL die dogters van individue 1 en 2
                       hipofosfatemie sal hê.                                                     (6)
                                                                                                  (13)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Lewenswetenskappe/V2                         12                         DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 3
 3.1      Kloning is 'n proses waartydens 'n identiese kopie van 'n organisme
          geproduseer word deur biotegnologie te gebruik.
          3.1.1        Beskryf die proses van kloning.                                         (5)
          3.1.2        Noem DRIE voordele van die kloning van diere.                           (3)
                                                                                               (8)
 3.2      Lees die uittreksel hieronder.
                                      STEKELBAARS (VISSE)
          Stekelbaars is klein vissies wat in die oseaan en varswatermere aangetref
          word. Die vissies in die oseaan het stekelrige vinne vir beskerming teen
          predatore. Die meeste stekelbaars het tot ongeveer 10 000 jaar gelede in die
          oseaan gelewe. Toe die laaste ystyd egter geëindig het, het die smeltende ys
          nuwe mere laat ontstaan en sommige bevolkings het in die mere ingeswem.
          Die verbindings tussen die oseaan en die mere het uiteindelik opgedroog en
          die stekelbaarsbevolkings vir duisende jare in sommige van die mere
          vasgevang. Met verloop van tyd het die stekelbaarsbevolkings in die mere hulle
          stekelrige vinne verloor.
          Hoe sou Lamarck die afwesigheid van stekelrige vinne op stekelbaars in mere
          verduidelik het?                                                                     (5)
 3.3      Die diagramme hieronder verteenwoordig die skedels en pelvisse van 'n mens
          en 'n sjimpansee in GEEN spesifieke volgorde NIE. (Die diagramme is volgens
          skaal geteken.)

                                        A                  B

                                        C                  D
          3.3.1        Tabuleer DRIE waarneembare verskille tussen skedel A en
                       skedel B.                                                               (7)
          3.3.2        Noem waarom pelvis C aan 'n mens behoort.                               (2)
                                                                                               (9)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Lewenswetenskappe/V2                           13                         DBE/Mei/Junie 2025
                                         SS/NSS Vertroulik

 3.4      Die malaria-parasiet word deur muskiete na 'n mens se bloed oorgedra. Mense
          wat in malaria-besmette gebiede woon, neem antimalariamiddels om infeksie
          te voorkom. Indien die antimalariamiddels doeltreffend is, behoort daar geen
          parasiete in hulle bloed te wees nie. Die teenwoordigheid van parasiete, selfs
          ná behandeling, toon dat hulle geëvolueer het om middelweerstandig te wees.

          Navorsers wou bepaal of die gebruik van antimalariamiddels weerstandigheid
          teen die middels by die malaria-parasiet veroorsaak.

          Die prosedure was soos volg:

          •       Bloedmonsters is geneem by mense in besmette gebiede wat die middels
                  gebruik het.
          •       Die insameling van bloedmonsters is in sewe dorpies in die besmette
                  gebiede gedoen.
          •       Die bloedmonsters is in dieselfde laboratorium gehou en vir die malaria-
                  parasiet getoets.
          •       Die aantal bloedmonsters wat die malaria-parasiet bevat het, is getel.
          •       Die ondersoek is gedurende 'n jaar drie keer in dieselfde sewe dorpies
                  herhaal.

          Altesaam 1 485 monsters is ingesamel en 551 het die malaria-parasiet bevat.

          3.4.1         Hoe word die malaria-parasiet na mense oorgedra?                         (1)

          3.4.2         Noem die:

                        (a)   Onafhanklike veranderlike                                          (1)

                        (b)   Afhanklike veranderlike                                            (1)

          3.4.3         Bereken die persentasie weerstandigheid teen die middels in die
                        bloedmonsters wat geneem is. Toon ALLE bewerkinge en rond jou
                        antwoord tot EEN desimale plek af.                                       (3)

          3.4.4         Noem TWEE maniere waarop die navorsers die volgende verseker
                        het:

                        (a) Geldigheid van die ondersoek                                         (2)

                        (b) Betroubaarheid van die resultate                                     (2)

          3.4.5         Beskryf hoe die malaria-parasiet deur natuurlike           seleksie
                        weerstandigheid teen die middels ontwikkel het.                          (7)
                                                                                                 (17)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Lewenswetenskappe/V2                              14                                     DBE/Mei/Junie 2025
                                            SS/NSS Vertroulik

 3.5      Die diagram hieronder toon die evolusionêre verwantskappe tussen
          verskillende hominiede. Hulle gemiddelde breinvolume word ook aangedui.

                                                                                    H. sapiens
                                                                                      1 350 cm3

                                                                           H. neanderthalensis
                                                                                   1 500 cm3
                                                             H. erectus
                                                             1 000 cm3

                                                H. habilis
                                                750 cm3
                           A. africanus
                           450 cm3

                     3,5       3,0        2,5        2,0        1,5       1,0      0,5        0
                                           Miljoen jaar gelede (mjg)

          3.5.1        Hoeveel genera word in die diagram getoon?                                             (1)

          3.5.2        Wanneer het A. africanus uitgesterf?                                                   (1)

          3.5.3        Noem TWEE A. africanus-fossiele wat in Suid-Afrika gevind is.                          (2)

          3.5.4        Gebruik slegs die spesies in die diagram en beskryf die
                       fossielbewyse wat die 'Uit Afrika'-hipotese ondersteun.                                (4)

          3.5.5        Verduidelik die invloed van breinvolume op die kompleksiteit van
                       gereedskap wat deur H. habilis en H. sapiens gemaak is.                                (3)
                                                                                                              (11)
                                                                                                              [50]

                                                                                TOTAAL AFDELING B:            100
                                                                                    GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr
- [Life Sciences P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2021-eng/640bb227-bb17-4f89-96b3-77bf0a4005dc) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Life Sciences P2 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2016-eng/a7003e52-d0ba-4e5e-b91b-a71927b224ec) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
