# Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2012 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2012-version-1-afr/89305f1f-0df6-4186-b350-6ab57be6c6af
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2012-version-1-afr/89305f1f-0df6-4186-b350-6ab57be6c6af)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V2

       WEERGAWE 1 (NUWE INHOUD) VIR VOLTYDSE KANDIDATE

                                  NOVEMBER 2012

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)    2                      DBE/November 2012
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK neer.

3.       Begin die antwoord op elke vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.       Maak ALLE tekeninge met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)    3                          DBE/November 2012
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die
         vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer,
         byvoorbeeld 1.1.11 D.

         1.1.1        'n Beboste gebied word gedurende 'n storm vernietig. Die proses
                      waardeur die bosplantegroei sal hervestig, staan as ... bekend.

                      A   primêre suksessie
                      B   sekondêre suksessie
                      C   mededingende uitsluiting
                      D   evolusionêre suksessie

         1.1.2        Gedurende oögenese word vier haploïede selle gevorm. Hoeveel
                      van hierdie haploïede selle ontwikkel tot 'n ovum/ova?

                      A   4
                      B   2
                      C   3
                      D   1

         1.1.3        Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van kommensalisme?

                      A   'n Insek wat bestuif, besoek 'n blom
                      B   'n Ruspe/Wurm wat op 'n blaar voed
                      C   'n Lintwurm wat in die ingewande van 'n vark leef
                      D   'n Epifiet, soos 'n orgidee, wat slegs vir ondersteuning op die
                          tak van 'n boom groei

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)    4                           DBE/November 2012
                                              NSS

VRAAG 1.1.4 en 1.1.5 verwys na die diagram hieronder, wat die struktuur van die
mens se oor toon.

                                                                   1
                                                                             2

                                 5

                                                                       3
                                              4

         1.1.4        Watter deel is verantwoordelik vir balans?
                      A   3
                      B   1
                      C   4
                      D   5

         1.1.5        Watter deel bevat die orgaan van Corti?

                      A   1
                      B   2
                      C   3
                      D   4

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)                        5                             DBE/November 2012
                                                                  NSS

VRAAG 1.1.6 en 1.1.7 verwys na die inligting hieronder.

Die diagram hieronder toon die posisie van die laterale loot en die apikale knop van 'n
plant.

                                                              Apikale knop

                                                              Laterale loot

'n Leerder het die groei van laterale lote in boontjieplante ondersoek. Twee groepe van
20 plante is gebruik. Een groep se apikale knoppe is verwyder en die ander groep is
net so gelos. Elke twee dae is die totale lengte van die laterale lote gemeet en die
gemiddelde lengte van die laterale lote is vir elke groep bereken. Die resultaat vir elke
groep word in die grafiek hieronder getoon.

                                        180

            Gemiddelde lengte van die
                                                                                              Grafiek X
                                        160
                                        140
                                        120
                                        100
                                         80

               laterale loot (mm)
                                         60
                                         40
                                                                                              Grafiek Y
                                         20
                                          0
                                              0        2         4          6         8        10
                                                                  Tyd (dae)

         1.1.6                           Uit hierdie data kan jy redelikerwys aflei dat ...

                                         A    Grafiek X die groep verteenwoordig waar die apikale knoppe
                                              verwyder is.
                                         B    wortels 'n stof produseer wat laterale lootgroei stimuleer.
                                         C    Grafiek Y die groep verteenwoordig waarvan die apikale
                                              knoppe verwyder is.
                                         D    laterale lote 'n stof produseer wat apikale knopgroei stimuleer.

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)    6                             DBE/November 2012
                                              NSS

         1.1.7        Die gevolgtrekking wat uit die resultate hierbo gemaak kan word,
                      sal NIE geldig wees NIE as ...

                      A   'n groot monster gebruik is.
                      B   die apikale knoppe van al 40 plante nie verwyder is nie.
                      C   die plante wat gebruik is, nie identies was nie.
                      D   die meting van die groei van die laterale lote in millimeter in
                          plaas van sentimeter gedoen is.

VRAAG 1.1.8 en 1.1.9 verwys na die ondersoek hieronder.

'n Ondersoek om die reaksie van houtluise op lig te demonstreer, is in 'n petribakkie
gedoen. Die helfte van die petribakkie is met swart papier bedek en die ander helfte is
in lig gehou, soos in die diagram hieronder getoon.

                          Donker
                          kant                                 Ligte kant

                                                             Petribakkie

Tien houtluise is in die petribakkie geplaas. Die getal houtluise in elke kant is vir tien
minute elke twee minute getel. Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

                               Tyd          Getal houtluise
                             (minute)      Donker      Ligte
                                            kant       kant
                                  2          6           4
                                  4          7           3
                                  6          7           3
                                  8          8           2
                                 10          10          0

         1.1.8        Watter van die volgende verteenwoordig 'n hipotese wat deur die
                      data in die tabel ondersteun word?

                      A   Daar sal minder houtluise in die donker kant as in die ligte kant
                          wees.
                      B   Daar sal meer houtluise in die donker kant as in die ligte kant
                          wees.
                      C   Die ondersoek word gedoen om die reaksie van houtluise op
                          ligtoestande te bepaal.
                      D   Daar sal dieselfde getal houtluise in die donker en die ligte kant
                          wees.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)     7                            DBE/November 2012
                                               NSS

         1.1.9        Die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek is die ...

                      A   ligte en donker kant.
                      B   tyd in minute.
                      C   getal houtluise in die ligte of donker kant.
                      D   donker kant.

         1.1.10       Wanneer die pupil van die mens se oog saamtrek, is die reseptor
                      en die effektor onderskeidelik die ...

                      A   geelvlek/fovea en die siliêre spier.
                      B   pupil en die siliêre spier.
                      C   pupil en die radiale spier van die iris.
                      D   geelvlek/fovea en siliêre spier van die iris.             (10 x 2)        (20)

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.7) in jou
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die struktuur waarin die vrugbeginsel ontwikkel na bevrugting in
                      angiosperme

         1.2.2        Die tipe ontwikkeling in voëls waar die kleintjies nie kan
                      rondbeweeg nadat hul uitgebroei het nie

         1.2.3        Die eerste organismes wat 'n onbewoonde gebied beset

         1.2.4        Vergelyk menslike behoeftes met die planeet se ekologiese
                      dravermoë om aan daardie behoeftes te voldoen

         1.2.5        Die veselagtige uitlopers van 'n neuron wat die senuwee-impulse
                      na die selliggaam van dieselfde neuron vervoer

         1.2.6        'n Verskynsel waar 'n toename van een hormoon die sekresie van
                      'n ander hormoon inhibeer

         1.2.7        'n Siekte waar die hormonale beheer van bloedglukose gebrekkig
                      is as gevolg van 'n tekort aan insulien                                       (7)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)    8                          DBE/November 2012
                                              NSS

1.3      Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
         SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
         slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1
         tot 1.3.7) in jou ANTWOORDEBOEK neer.

                        KOLOM I                                   KOLOM II
         1.3.1 'n Voortplantingsmetode waar die     A: Ovipari
               fetus deur 'n naelstring gevoed      B: Vivipari
               word
         1.3.2 Hormoon wat deur die pituïtêre       A: Aldosteroon
               klier/hipofise afgeskei word         B: FSH
         1.3.3 Die direkte tegniek om die           A: Merkhervang
               bevolkingsgrootte te bepaal          B: Eenvoudige monsterneming
         1.3.4 Sosiale organisasie wat die          A: Vorming van kuddes/troppe
               oorlewing van 'n spesie verhoog      B: Verdeling van arbeid in 'n
                                                       kolonie
         1.3.5 Die sporofietgenerasie is die        A: Mos
               dominante generasie                  B: Angiosperm
         1.3.6 Hormoon wat gedurende                A: Progesteroon
               swangerskap op 'n hoë vlak bly       B: FSH
         1.3.7 Kenmerk van windbestuifde            A: Helderkleurige kroonblare
               blomme                               B: Produksie van nektar
                                                                                  (7 x 2)       (14)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)    9                          DBE/November 2012
                                              NSS

1.4      Bestudeer die diagram van die manlike geslagstelsel hieronder.

                                                                     A
                                                                     B
                     G

                                                                     C

                                                                     D

                          F                                          E

                         Die struktuur van die manlike geslagstelsel

         1.4.1        Skryf die LETTER (A tot G) en die NAAM van die volgende neer:

                     (a) Die deel waar meiose plaasvind                                         (2)

                     (b) Die deel wat semen en urine na buite die liggaam vervoer               (2)

                     (c) Die deel waar onvolwasse spermselle gestoor word                       (2)

         1.4.2        Noem die manlike hormoon wat verantwoordelik is vir die
                      ontwikkeling van sekondêre geslagskenmerke gedurende
                      puberteit.                                                                (1)

         1.4.3        Skryf die LETTER (A tot G) van die volgende neer:

                     (a) Die deel waar die hormoon genoem in VRAAG 1.4.2
                         geproduseer word                                                       (1)

                     (b) Die deel wat chirurgies deurgesny word gedurende manlike
                         sterilisasie                                                           (1)
                                                                                                (9)

                                                               TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)        10                      DBE/November 2012
                                                  NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Bestudeer die diagram van die struktuur van die mens se brein hieronder.

                                              B
                               A

                                      F                             C
                                              E
                                                        D

                              Die struktuur van die mens se brein

         2.1.1        Identifiseer die dele gemerk:

                     (a) C                                                                           (1)

                     (b) E                                                                           (1)

         2.1.2        Skryf die LETTER (A tot           F)   neer   van   die     deel    wat
                      liggaamstemperatuur beheer.                                                    (1)

         2.1.3        Verduidelik hoe die liggaam beïnvloed sal word as die deel
                      gemerk F nie TSH afskei nie.                                                   (4)
                                                                                                     (7)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)    11                         DBE/November 2012
                                              NSS

2.2      In 'n ondersoek is 'n leerder gevra om 10 keer 'n garingdraadjie deur die oog
         van 'n naald te steek met albei oë oop en dan met slegs die regteroog oop.
         Dit is gedoen in dieselfde ligintensiteit en op 'n afstand van 50 cm van die oë
         af.

         Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

                                  TYD GENEEM OM GARE DEUR OOG
                                 VAN NAALD TE STEEK in sekondes (s)
                 Probeerslae      Twee oë oop   Slegs regteroog oop
                      1               12                 38
                      2               12                 35
                      3               10                 37
                      4               11                 36
                      5                9                 34
                      6                9                 33
                      7               10                 30
                      8                8                 31
                      9                7                 29
                     10                7                 28

         2.2.1        Behalwe die faktore wat reeds genoem is, noem TWEE ander
                      faktore wat gedurende die ondersoek konstant gehou moes word.              (2)

         2.2.2        Gee 'n algemene gevolgtrekking wat uit die resultate hierbo afgelei
                      kan word.                                                                  (2)

         2.2.3        Gee 'n rede waarom meer as een probeerslag in die ondersoek
                      nodig was.                                                                 (1)

         2.2.4        Beskryf die veranderinge wat in die oog sou plaasvind indien die
                      afstand tussen die naald en die oog van 50 cm na 20 cm verkort
                      word.                                                                      (4)
                                                                                                 (9)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)    12                      DBE/November 2012
                                              NSS

2.3      Die diagram hieronder toon 'n ontwikkelende fetus in 'n mens se liggaam.

                                                               V

                            Z                                  W

                                                               X

                                                               Y

         2.3.1        Identifiseer die dele gemerk:

                      (a)   X                                                                 (1)

                      (b)   Y                                                                 (1)

         2.3.2        Noem EEN funksie van die vloeistof gemerk Z.                            (1)

         2.3.3        Verduidelik hoe die deel gemerk V struktureel aangepas is om sy
                      funksie gedurende die geboorteproses te verrig.                         (2)

         2.3.4        Noem TWEE stelsels in die baba se liggaam wat die funksies van
                      deel W oorneem sodra die baba gebore is.                                (2)

         2.3.5        Verduidelik wat verhoed dat 'n ander eiersel geproduseer word
                      terwyl die fetus in 'n mens se liggaam ontwikkel.                       (2)
                                                                                              (9)

2.4      Beskryf hoe die mens se vel die kernliggaamstemperatuur handhaaf as die
         omgewingstemperatuur op 'n dag ongeveer 40 °C is.                                    (5)
                                                                                              [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)    13                           DBE/November 2012
                                              NSS

VRAAG 3

3.1      Die tabel hieronder illustreer die data versamel gedurende 'n ondersoek wat
         die veranderinge in die impalabevolking in 'n natuurreservaat bepaal.

                               Jaar            Getal impala

                               2000                  6
                               2001                  10
                               2002                  18
                               2003                  36
                               2004                  63
                               2005                  79
                               2006                 101
                               2007                  95
                               2008                 100
                               2009                  93

         3.1.1        Gebruik die data in die tabel en trek 'n lyngrafiek wat die
                      bevolkingsgroeivorm van die impala oor 'n tydperk van 10 jaar
                      toon.                                                                        (7)

         3.1.2        Watter tipe groeivorm word deur die grafiek geïllustreer?                    (1)

         3.1.3        Beskryf EEN kenmerk van die groeivorm genoem in VRAAG 3.1.2.                 (2)

         3.1.4        Noem die fase vanaf 2000 tot 2002 in die grafiek geïllustreer.               (1)

         3.1.5        Verduidelik die groeipatroon in die fase genoem in VRAAG 3.1.4.              (2)

         3.1.6        'n Elandbevolking is in die jaar 2000 in dieselfde reservaat geplaas.
                      Elande en impalas vreet die blare van dieselfde bome. Volwasse
                      impalas is korter en kleiner as volwasse elande.

                      (a)   Verduidelik waarom impalas en elande nie met mekaar
                            meeding nie, al vreet hulle dieselfde voedselbron.                     (2)

                      (b)   Noem die interaksie verduidelik in VRAAG 3.1.6(a).                     (1)
                                                                                                   (16)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)         14                                DBE/November 2012
                                                   NSS

3.2          Die tabel hieronder vergelyk die grootte van die menslike bevolking van drie
             verskillende kontinente in die jaar 2000.

      Kontinent       Bevolking in         Geboortesyfer          Sterftesyfer        Verdubbelings-
                      die jaar 2000          (per 1 000            (per 1 000            tyd (jaar)
                        (miljoen)             mense)                mense)

      Afrika               869                    45                    16                    24

      Asië                3 562                   28                    10                    39

      Europa               509                    13                    10                    240

                          [Aangepas uit Biology for Higher Tier, Brian Beckett, RoseMarie Gallagher, 2001]

             3.2.1     Gebruik die inligting in die tabel hierbo en bereken die persentasie
                       toename in die menslike bevolking in Afrika in 'n jaar. Toon ALLE
                       bewerkings.                                                                           (3)

             3.2.2     As die verdubbelingstyd dieselfde bly, in watter jaar sal die
                       bevolkingsgrootte van die jaar 2000 in Europa verdubbel?                              (1)

             3.2.3     Gee DRIE moontlike redes waarom die sterftesyfer in Afrika die
                       hoogste is.                                                                           (3)
                                                                                                             (7)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)     15                        DBE/November 2012
                                               NSS

3.3      Bestudeer die ouderdom-geslagspiramides hieronder, wat 'n ontwikkelende
         land en 'n ontwikkelde land voorstel. Albei piramides is op dieselfde skaal
         geteken.

                     Manlik                   Ouderdom              Vroulik

                                                80–89
                                                70–79
                                                60–69
                                                50–59
                                                40–49
                                                30–39
                                                20–29
                                                10–19
                                                 0–9

                                          PIRAMIDE 1

                     Manlik                   Ouderdom              Vroulik
                                                90–99
                                                80–89
                                                70–79
                                                60–69
                                                50–59
                                                40–49
                                                30–39
                                                20–29
                                                10–19
                                                 0–9

                                              PIRAMIDE 2

         3.3.1        Watter piramide (1 of 2) verteenwoordig 'n ontwikkelde land?                 (1)

         3.3.2        Tabuleer TWEE verskille tussen PIRAMIDE 1 en PIRAMIDE 2 met
                      betrekking tot lewensverwagting en die geboortesyfer.                        (5)

         3.3.3        Gee EEN rede waarom dit vir 'n land belangrik is om te weet wat
                      die ouderdom- en geslagstruktuur van sy bevolking is.                        (1)
                                                                                                   (7)
                                                                                                   [30]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                 60

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)    16                              DBE/November 2012
                                              NSS

AFDELING C
VRAAG 4
4.1        Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             OM UIT TE DUN OF NIE UIT TE DUN NIE
      Olifante is bekend daarvoor dat hulle groter skade aan plantegroei aanrig as enige
      ander herbivoor. In die Nasionale Krugerwildtuin is die skade aan bome deur olifante
      duidelik. Van elders in Afrika is dit ook bekend dat bosgebiede vernietig word as
      olifantgetalle styg.
      Moet olifante uitgedun word om te voorkom dat hul getalle tot op 'n punt styg waar
      skade aan plantegroei die biodiversiteit in die Nasionale Krugerwildtuin verminder?
      Die park se wetenskaplikes het voorgestel dat uitdunning wel moet plaasvind. Die
      volgende punte is bespreek voordat enige besluit oor uitdunning geneem is:
      •   Uitdunning wat tot en met 1994 plaasgevind het, het nie die afname in die digtheid
          van groot bome in die Nasionale Krugerwildtuin gekeer nie.
      •   As daar toegelaat word dat olifantgetalle tot by die dravermoë styg, sal beperkte
          voedsel en ander faktore die groeikoers van die olifantbevolking vertraag.
      •   Die vernietiging van beboste gebiede elders in Afrika, met groot getalle olifante, het
          nie 'n bedreiging vir biodiversiteit ingehou nie.
      •   Die verspreiding van die olifante in die Nasionale Krugerwildtuin, eerder as die
          grootte van die bevolking, sal biodiversiteit beïnvloed. Die installering van
          kunsmatige waterpunte dwarsdeur die park het die olifantbevolking regdeur die
          park versprei. Bome ver van riviere af het die olifante se teikens geword. Deur die
          kunsmatige waterpunte te verwyder kan skade aan bome soos kremetarte en
          maroelas dus beperk word.
      •   Die invloed van aardverwarming dui daarop dat baie plant- en dierespesies wat
          tans in die Nasionale Krugerwildtuin gevind word, nie oor 'n paar dekades daar sal
          oorleef nie. Die uitdunning van olifante om hulle te red is dus nie doeltreffend nie.
                              [Aangepas uit Departement van Omgewingsake en Toerisme-verslag, 2006]

           4.1.1      Wat word met elk van die volgende terme bedoel:

                      (a)   Uitdunning                                                               (2)
                      (b)   Dravermoë                                                                (2)
           4.1.2      Watter bewyse uit die gedeelte hierbo toon die volgende:

                      (a)   Wetenskaplikes blameer hulself vir die olifante                 se
                            beskadiging van bome in die Nasionale Krugerwildtuin                     (2)
                      (b)   Olifante is nie die enigste bedreiging vir die vermindering van
                            biodiversiteit nie                                                       (1)
           4.1.3      Gee TWEE verduidelikings waarom sekere mense teen die uitdun
                      van olifante gekant is.                                                        (4)
                                                                                                     (11)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)                         17                 DBE/November 2012
                                                                   NSS

4.2      Die groeipatrone van twee nou verwante spesies (A en B) wat van dieselfde
         voedselbron afhanklik is, is ondersoek. Aan die begin is die twee spesies van
         mekaar geskei en daarna is die spesies vir dieselfde tyd in dieselfde habitat
         geplaas. In alle gevalle is die organismes van 'n beperkte hoeveelheid
         voedsel voorsien.

         Die resultate word in die drie grafieke (A, B en C) hieronder getoon.

         GRAFIEK A

                                                    Verandering in bevolkingsgrootte
                                                         van spesie A oor tyd
                                              120
                                              100

                     Bevolkingsgrootte
                                               80
                                               60
                                               40
                                               20
                                                0
                                                        0   1      2     3   4    5

                                                                Tyd (weke)

         GRAFIEK B
                                               Verandering in die bevolkingsgrootte
                                                      van spesie B oor tyd
                                              120

                          Bevolkingsgrootte
                                              100
                                              80
                                              60
                                              40
                                              20
                                               0
                                                    0       1      2     3   4     5
                                                                Tyd (weke)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 1) (Voltyds)                    18                        DBE/November 2012
                                                              NSS

         GRAFIEK C

                                         Verandering in bevolkingsgrootte van spesie A
                                     en B wanneer hulle saam is in dieselfde habitat oor tyd
                                      120

                 Bevolkingsgrootte
                                                                                      Spesie A
                                      100

                                       80

                                       60

                                       40

                                       20
                                                                                      Spesie B
                                        0
                                            0     1       2         3     4       5
                                                        Tyd (weke)

         4.2.1                       Noem die tipe gemeenskapsinteraksie wat in GRAFIEK C
                                     geïllustreer word.                                                      (1)

         4.2.2                       Gebruik GRAFIEK A, B en C en verduidelik die groeipatrone van
                                     spesie A en spesie B wanneer hulle geskei is, in vergelyking met
                                     die groeipatrone van spesie A en spesie B wanneer hulle saam in
                                     dieselfde habitat is.                                                   (6)

         4.2.3                       Verduidelik hoe die groeipatrone van die twee spesies in
                                     GRAFIEK C kan verander as hulle van meer voedsel voorsien
                                     word wanneer hulle in dieselfde habitat saamleef.                       (2)
                                                                                                             (9)

4.3      Die senuwee- en endokriene stelsel help om die mens se liggaam te
         beskerm. Gebruik gepaste voorbeelde en beskryf hoe dit plaasvind deur 'n
         refleksaksie en deur die hormoon adrenalien.
                                                                         Inhoud:                             (17)
                                                                         Sintese:                            (3)
                                                                                                             (20)

         LET WEL:                      GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm
                                       van vloeidiagramme of diagramme nie.
                                                                              TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                                  GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 Nov 2012 Version 1 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2012-version-1-memo-eng/53ca076c-094d-47ab-a446-eeba15e9b01d) — Life Sciences · Memo · 2012 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2012 Version 1 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2012-version-1-eng/85605d81-57ce-4bb8-9be6-eaa17806c770) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Life Sciences P2 Feb-March 2012 Afr Version 2](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2012-afr-version-2/14d134e9-fba5-47bc-851d-966ce297c88b) — Life Sciences · QP · 2012 · Afr
- [Life Sciences P2 Feb-March 2012 Eng Version 1](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2012-eng-version-1/ed007fd2-2cd3-4524-9232-4058398d68d5) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2022-eng/47b0f5ad-d719-45e4-9408-1d076d3907c1) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2021-afr/6a0be2cc-cabc-40b2-a5fc-4dcf29d7b1b8) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
