# Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2013 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2013-afr/319187f3-f48f-4848-baf9-a2fab1e9c54f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2013-afr/319187f3-f48f-4848-baf9-a2fab1e9c54f)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V2

                                  NOVEMBER 2013

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        2                            DBE/November 2013
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE tekeninge met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           3                             DBE/November 2013
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die
         vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         byvoorbeeld 1.1.11 D.

         1.1.1        'n Verhouding waar organismes van twee spesies wisselwerking
                      toon wat tot beide se voordeel is, staan as … bekend.

                      A   kommensalisme
                      B   parasitisme
                      C   predasie
                      D   mutualisme

         1.1.2        Die sosiale organisasie wat oorlewing van 'n spesie bevorder, is …

                      A   uitwendige bevrugting.
                      B   verdeling van arbeid tussen lede van 'n kolonie.
                      C   simbiose tussen lede van 'n spesie.
                      D   saamwoon in verskillende habitatte.

         1.1.3        Watter van die volgende sal lei tot die grootste toename in die
                      hoeveelheid CO 2 in 'n gebied nadat bome in 'n woud afgekap is?

                      A   Aanplant van gewasse in dieselfde gebied
                      B   Gebruik die afgekapte bome as boumateriaal
                      C   Laat diere in die gebied vry
                      D   Los die grond kaal

         1.1.4       Bevolkings groei eksponensieel (teen 'n hoë tempo) as die ...

                      A   immigrasie- en emigrasietempo dieselfde is.
                      B   sterftesyfer bo die geboortesyfer bly.
                      C   geboortesyfer ver bo die sterftesyfer bly.
                      D   emigrasietempo die immigrasietempo oorskry.

         1.1.5        'n Navorser het die hipotese getoets dat 'die reeks
                      klankfrekwensies wat 'n persoon kan hoor, met ouderdom afneem'.

                      Mans en vroue van verskillende ouderdomme is gekies en
                      'n klankgenerator wat klank met verskillende frekwensies
                      voortbring, is gebruik.

                      Wat was die afhanklike veranderlike in die ondersoek?
                      A   Ouderdom
                      B   Geslag (manlik of vroulik)
                      C   Die klankgenerator
                      D   Die reeks frekwensies wat 'n persoon kan hoor

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           4                         DBE/November 2013
                                              NSS

         1.1.6        Die tabel hieronder toon die gemiddelde lengte van mans en vroue
                      van geboorte tot 24 jaar.

                       Ouderdom         Gemiddelde lengte         Gemiddelde lengte
                         (jaar)          van mans (cm)             van vroue (cm)
                            0                  50                        50
                            4                 100                        90
                            8                 120                       120
                           12                 130                       135
                           16                 150                       150
                           20                 170                       160
                           24                 175                       160

                      Uit hierdie data kan jy geredelik aflei dat …

                      A   mans en vroue hulle maksimum lengte teen dieselfde ouderdom
                          bereik.
                      B   vroue, in vergelyking met mans, hulle maksimum lengte later
                          bereik.
                      C   mans langer as vroue is by alle ouderdomme.
                      D   manlike    volwassenes     gemiddeld    langer  as   vroulike
                          volwassenes is.

         VRAAG 1.1.7 EN 1.1.8 IS OP DIE INLIGTING HIERONDER GEBASEER.

         Bevolkingsgrootte kan geskat word deur die formule hieronder te gebruik:

         P = bevolkingskatting
         M = getal organismes gevang en gemerk
         C = getal organismes weer gevang (tweede vangs)
         R = getal gemerkte organismes in tweede vangs

              M×C
         P=
                R
         In 'n ondersoek om die visbevolking in 'n sekere dam te skat, is die volgende
         data verkry:

         Vis gevang, gemerk en vrygelaat    = 40
         Gemerkte vis in die tweede vangs   = 12
         Ongemerkte vis in die tweede vangs = 48

         1.1.7        Die geskatte grootte van die visbevolking is ...

                      A   1 920.
                      B   160.
                      C   200.
                      D   100.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            5                        DBE/November 2013
                                               NSS

         1.1.8        Die geldigheid van die ondersoek kan afneem indien die ...

                      A   ondersoek herhaal word en die gemiddelde skatting bereken
                          word.
                      B   merk wat gebruik is, onskadelik vir die vis was.
                      C   tweede vangs lank na die eerste vangs uitgevoer is.
                      D   eienaar van die dam nie toestemming gegee het dat die
                          ondersoek gedoen mag word nie.

         1.1.9        Bestudeer die diagram hieronder, wat verskeie parameters wat
                      bevolkingsgrootte beïnvloed, illustreer.

                                     Immigrasie

                          W        Bevolkingsgrootte        Emigrasie

                                       Mortaliteit

                      Watter EEN van die volgende parameters word deur W aangedui?

                      A   Migrasie
                      B   Nataliteit
                      C   Predasie
                      D   Kompetisie

         1.1.10       Die tabel hieronder toon die geboorte- en sterftesyfers van vier
                      verskillende lande in 'n spesifieke jaar.

                       Land           Geboortesyfer                 Sterftesyfer
                                (per 1 000 van bevolking)    (per 1 000 van bevolking)
                          1                 15                           16
                          2                 60                           24
                          3                 40                           15
                          4                 42                           10

                      Watter land het die hoogste bevolkingsgroei in daardie jaar
                      getoon?

                      A   Land 1
                      B   Land 2
                      C   Land 3
                      D   Land 4                                                   (10 x 2)      (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            6                             DBE/November 2013
                                               NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.6) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die fisiese telling van elke individu in 'n bevolking

         1.2.2        Die maksimum getal individue wat deur 'n omgewing onder
                      heersende toestande onderhou kan word

         1.2.3        'n Groep bevolkings wat in dieselfde habitat saamwoon

         1.2.4        Die strukturele veranderinge wat sommige insekte ondergaan
                      voordat hulle die volwasse voorkoms bereik

         1.2.5        Die struktuur in angiosperme wat tot 'n saad ontwikkel

         1.2.6        Die struktuur in 'n blom wat die stempel ondersteun                            (6)

1.3      Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
         SLEGS B, BEIDE A EN B OF GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
         Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
         (1.3.1 tot 1.3.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                           KOLOM I                                   KOLOM II
      1.3.1      Belangrikheid van sade                    A: Voedselbron
                                                           B: Beskerm die embrio
      1.3.2      Organismes wat in staat is om hul eie     A: Ontbinders
                 voedsel deur middel van fotosintese       B: Primêre verbruikers
                 te vervaardig
      1.3.3      'n Tipe ongeslagtelike voortplanting in   A: Bestuiwing
                 plante                                    B: Vegetatief
      1.3.4      Gebruik vir die behandeling van           A: Kogleêre inplantings
                 middeloorontsteking                       B: Dreineringspypies
      1.3.5      Die oordra van stuifmeel van 'n           A: Kruisbestuiwing
                 helmknop na 'n stempel van                B: Selfbestuiwing
                 dieselfde blom
      1.3.6      Bestuiwing wat blomme behels met          A: Insek
                 kroonblare wat gereduseerd of             B: Wind
                 afwesig is
      1.3.7      Beperk hitteverlies uit die bloed         A: Vasokonstriksie
                                                           B: Vasodilasie
                                                                                       (7 x 2)       (14)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                        7                         DBE/November 2013
                                                           NSS

1.4      Bestudeer die grafiek hieronder.

                                                                           A

              Bevolkingsgrootte
                                                                           B

                                   D
                                                           C

                                                        Tyd (jaar)

         1.4.1                     Benoem die volgende fases:

                                  (a) B                                                                       (1)

                                  (b) C                                                                       (1)

                                  (c) D                                                                       (1)

         1.4.2                     Wat stel die pyle by A op die grafiek voor?                                (1)

         1.4.3                     Watter tipe groeikurwe word deur die grafiek voorgestel?                   (1)
                                                                                                              (5)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           8                           DBE/November 2013
                                              NSS

1.5      Bestudeer die diagram hieronder.

                                                                    A

                                                                    B

                                                                    C

                                                                    D
                                                                    E

                                                                    F

         Pas die strukture (A tot F) by die beskrywings (1.5.1 tot 1.5.5) hieronder,
         byvoorbeeld 1.5.6 G. 'n Letter mag meer as een keer gebruik word, of glad
         nie.

         1.5.1        Waar gaswisseling tussen die ma en die fetus plaasvind                      (1)

         1.5.2        Verwyder uitskeidingsprodukte van die fetus                                 (1)

         1.5.3        Bevat sterk spiere wat die fetus tydens geboorte sal uitstoot               (1)

         1.5.4        Afgebind en afgeknip nadat die baba gebore is                               (1)

         1.5.5        Dien as 'n skokabsorbeerder vir die ontwikkelende fetus                     (1)
                                                                                                  (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           9                      DBE/November 2013
                                              NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder toon 'n deel van die sentrale senuweestelsel.

                                               G

           A                                                               F

                                                                           E
           B
                                                                           D

            C

         2.1.1        Gee byskrifte vir elk van die volgende:

                      (a)   C

                      (b)   Mikroskopiese gaping D

                      (c)   E

                      (d)   F

                      (e)   G                                                                 (5)

         2.1.2        Verduidelik EEN gevolg vir die liggaam indien A beskadig sou
                      word.                                                                   (2)

         2.1.3        Gee TWEE voorbeelde van refleksaksies.                                  (2)

         2.1.4        Teken 'n benoemde diagram van neuron B om sy bou te toon.               (5)
                                                                                              (14)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             10                    DBE/November 2013
                                                NSS

2.2      'n Leerder wou ondersoek instel of houtluise verkies om in droë of in klam
         toestande te leef. Hy het twee petribakkies gebruik wat aan mekaar verbind is
         sodat die houtluise tussen die twee petribakkies kon beweeg. Twintig
         houtluise is in sy ondersoek gebruik.

                                             Petribakkie

                               Droë                           Nat
                             filtreer-                     filtreer-
                              papier                        papier

                                         Verbindingskanaal

         2.2.1        Noem VIER beplanningstappe wat die leerder in ag moet neem
                      voordat die ondersoek hierbo op houtluise uitgevoer kan word.           (4)

         2.2.2        Noem die volgende vir die ondersoek hierbo:

                      (a)   Afhanklike veranderlike                                           (1)

                      (b)   Onafhanklike veranderlike                                         (1)

         2.2.3        Noem TWEE faktore wat gedurende die ondersoek hierbo konstant
                      gehou moet word.                                                        (2)
                                                                                              (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                                     11                          DBE/November 2013
                                                                        NSS

2.3      Wanneer 'n persoon van helder lig na byna totale donkerte beweeg, is hy
         tydelik blind. Na 'n paar minute reageer die stafieselle in elke retina en kan hy
         redelik goed sien. Sy oë is nou aangepas vir donkerte. Wanneer hy na helder
         lig terugkeer, kan hy vir 'n kort tydperk nie duidelik sien nie totdat die
         keëltjieselle in elke retina reageer. Dan kan hy weer goed sien en sy oë is nou
         aangepas vir lig.

         Die graad van skerpte van detail wat deur 'n oog waargeneem word, word
         gesigskerpte (visuele akuïteit) genoem. Die grafiek hieronder toon die
         gesigskerpte (visuele akuïteit) vir 'n oog wat aangepas is vir donkerte en 'n
         oog wat aangepas is vir lig.

          Toenemende relatiewe gesigskerpte
                                              Punt Y
                                                                                   Oë aangepas vir lig
                                                       Streek X
                                                                                  Oë aangepas vir donkerte

                                                Kant van oog         Geel       Kant van oog
                                                                     vlek
                                                                     Retina

         2.3.1                                 Verduidelik die verskil tussen 'n oog wat aangepas is vir lig en 'n
                                               oog wat aangepas is vir donkerte.                                             (2)

         2.3.2                                 In watter tipe oog is die relatiewe gesigskerpte die grootste by die:

                                               (a)   Geel vlek                                                               (2)

                                               (b)   Kant van die oog by punt Y                                              (2)

         2.3.3                                 Identifiseer streek X op die grafiek.                                         (1)

         2.3.4                                 Gee die rede waarom die gesigskerpte vir beide tipes oë nul is by
                                               streek X op die retina.                                                       (1)
                                                                                                                             (8)
                                                                                                                             [30]

Kopiereg voorbehou                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                                    12                       DBE/November 2013
                                                                       NSS

VRAAG 3
3.1      Die grafiek hieronder toon die oorlewing in twee lande (A en B).

                                                     Survivorship in two countries
                                                         Oorlewing in twee lande

                                            10 000

                 GetalNumber
                             of survivors
                                                                                  B
                                             8 000

                       oorlewendes
                                             6 000

                                             4 000
                                                                   A
                                             2 000

                                                0
                                                     0       20         40      60     80      100
                                                      Age as a percentage
                                                        Ouderdom           of the life-span
                                                                    as 'n persentasie
                                                                  van lewensduur

         3.1.1                     Watter kurwe (A of                    B)   verteenwoordig   oorlewing    in   'n
                                   ontwikkelende land?                                                                    (1)

         3.1.2                     Gee TWEE verduidelikings vir jou antwoord op VRAAG 3.1.1.                              (4)
                                                                                                                          (5)

Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        13                            DBE/November 2013
                                           NSS

3.2      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Statistiek oor renosterstropery in Suid-Afrika toon dat renosterstropery aan
         die toeneem is. In 2005 is 13 renosters gestroop. Hierdie syfer styg elke jaar
         geleidelik en in 2011 is 448 renosters gestroop.

         Die renosterhorings word na sekere lande in die Ooste gesmokkel, waar dit
         onwettig en teen baie hoë pryse verkoop word.

         Hierdie renosterhorings word gebruik om seksstimuleermiddels en ook
         ornamente te maak. Dit word ook gebruik om geneesmiddels te maak, wat, so
         word daar geglo, kanker en ander kwale kan genees.

                                                      [Aangepas uit the iol news, April 2012]

         3.2.1        Wat is stropery?                                                            (1)

         3.2.2        Gee EEN rede wat in die teks hierbo genoem word, vir die
                      toename in renosterstropery in Suid-Afrika.                                 (1)

         3.2.3        Noem TWEE maniere          waarop    Oosterse       lande     hierdie
                      renosterhorings gebruik.                                                    (2)

         3.2.4        Verduidelik waarom ons bekommerd moet wees oor die probleem
                      van toenemende renosterstropery in Suid-Afrika.                             (2)

         3.2.5        Verduidelik TWEE maniere waarop die Suid-Afrikaanse regering
                      renosterstropery kan voorkom.                                               (4)
                                                                                                  (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            14                      DBE/November 2013
                                               NSS

3.3      Twee seevoëls, Phalacrocorax aristotelis (algemeen bekend as die seeduiker)
         en Phalacrocorax canbo (algemeen bekend as die kormorant) het dieselfde
         voedingsgebied en bou hul neste op dieselfde berghange.

         Die tabel hieronder toon die persentasies van die verskillende prooie wat deur
         elk van hierdie tipes seevoëls gevreet word.

                                                     % prooi deur elk gevang
                            Prooi                    Seeduiker     Kormorant
          Swem naby die             Sandpaling           49             2
          oppervlak van die           Haring             48             4
          water
          Swem naby die              Platvis              1              42
          bodem van die              Garnaal              2              52
          water

         3.3.1        Verduidelik waarom die seeduikers en die kormorante nie in direkte
                      kompetisie met mekaar is nie, alhoewel hulle dieselfde
                      voedingsgebied het.                                                       (2)
         3.3.2        Noem die verskynsel wat in VRAAG 3.3.1 verduidelik is.                    (1)

         3.3.3        Noem EEN bron wat hierbo genoem is, waarvoor die twee spesies
                      met mekaar kompeteer.                                                     (1)
         3.3.4        Noem die tipe kompetisie wat tussen die twee spesies plaasvind vir
                      die bron in VRAAG 3.3.3 genoem.                                           (1)
                                                                                                (5)
3.4      Die vloeidiagram hieronder toon 'n sekere tipe plantsuksessie wat op kaal
         rots, wat nog nooit voorheen bewoon/gekoloniseer is nie, begin.

                          Kors-        Grasse en
            Kaal          mosse        kruidagtige        Klein         Woude
            rots           en            plante          struike
                          mosse

            1                2                 3              4            5

         3.4.1        Noem die tipe suksessie waarby die organismes in die diagram
                      betrokke is.                                                              (1)
         3.4.2        Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.1.                              (1)
         3.4.3        Skryf die versamelnaam neer van die plante in blokkie 2, op grond
                      van hulle rol in suksessie.                                               (1)
         3.4.4        Noem EEN rol van die organismes in VRAAG 3.4.3 genoem in
                      suksessie.                                                                (1)
                                                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         15                         DBE/November 2013
                                            NSS

3.5      'n Tipe seegras (Caulerpa taxifolia) is per ongeluk in 'n nuwe omgewing
         ingebring. In hierdie nuwe omgewing het hierdie seegras twee keer vinniger
         as die plaaslike seegrasse gegroei. Herbivore kon nie C. taxifolia eet nie
         omdat dit 'n chemikalie vervaardig het wat dit oneetbaar gemaak het.
         Wetenskaplikes het aanvanklik chloor gebruik om C. taxifolia uit te roei,
         maar oorweeg dit nou om see-naakslakke (marineslakke), wat van die
         seegras leef, te gebruik.

         3.5.1        Verduidelik wat met die bevolkingsgrootte van die vleisetende vis
                      (karnivoor) wat van die herbivore leef, kan gebeur indien die
                      plaaslike seegrasse deur C. taxifolia verdring word.                     (3)

         3.5.2        Noem 'n moontlike rede waarom dit nie raadsaam is om chloor te
                      gebruik om C. taxifolia uit te roei nie.                                 (1)

         3.5.3        Verduidelik 'n moontlike nadeel daarvan om see-naakslakke te
                      gebruik om die C. taxifolia-bevolking te beheer.                         (2)
                                                                                               (6)
                                                                                               [30]

                                                               TOTAAL AFDELING B:              60

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                     16                         DBE/November 2013
                                                        NSS

AFDELING C

VRAAG 4

4.1             'n Leerder het die uitwerking van twee plantgroeistowwe, gibberelliene en
                ouksiene, op apikale dominansie ondersoek. Die apikale knoppe van nege
                ertjieplante van dieselfde spesie, ouderdom en hoogte is verwyder. Hierdie
                plante is toe gelykop in drie groepe verdeel. In elke groep is die gesnyde
                oppervlak van die oorblywende loot (groeiende stingel) van die ertjieplante op
                een van die volgende maniere behandel:
                Groep 1:            Bedek met 'n pasta wat gibberelliene van dieselfde konsentrasie
                                    bevat
                 Groep 2:           Bedek met 'n pasta wat ouksiene van dieselfde
                                    konsentrasie bevat
                Groep 3:            Bedek met slegs 'n pasta (wat geen plantgroeihormone bevat
                                    nie)
                Die hormone versprei (diffundeer) in die plant in totdat geen hormone meer in
                die pasta oorbly nie.
                Die behandelde plante is almal onder dieselfde toestande in die laboratorium
                gekweek. Die lengte van die sytakke van elke plant is na elke tweede dag vir
                'n tydperk van 12 dae gemeet. Metings is op dieselfde tyd vir al die
                behandelde plante geneem en die gemiddeld is vir elke groep bereken.
                Die resultate van die ondersoek word in die grafiek hieronder getoon.

                              Gemiddelde lengte van sytakke vir drie groepe oor tyd

      Gemiddelde lengte van                                                             Ouksiene
                                                                                        Gibberelliene

         sytakke (mm)
                                                                                        Slegs pasta

                                           Dae na behandeling

                4.1.1            Noem EEN funksie van die gibberelliene wat tot die resultate in die
                                 ondersoek gelei het.                                                       (1)

                4.1.2            Bereken die verskil in die gemiddelde lengte van die sytakke
                                 tussen die plante wat met gibberelliene behandel is en die plante
                                 wat slegs met die pasta behandel is op die 8ste dag ná die
                                 behandeling. Toon ALLE bewerkings.                                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                17                           DBE/November 2013
                                                   NSS

         4.1.3        Noem TWEE maniere waarop die betroubaarheid van die
                      ondersoek verhoog kan word.                                                    (2)

         4.1.4        Gebruik die resultate om die uitwerking van ouksiene op die groei
                      van die sytakke te verduidelik.                                                (4)
                                                                                                     (10)

4.2      Diabetes mellitus word gewoonlik gekoppel aan die liggaamsmassa-indeks
         (LMI), wat soos volg bereken word:

                                  massa (kg)
                         LMI =
                                 lengte 2 (m 2 )

         'n Ondersoek is gedoen om die relatiewe risiko vir die ontwikkeling van
         diabetes mellitus in vroue vir elke LMI te bepaal.

         Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

                 Liggaamsmassa-indeks                     Relatiewe risiko vir die
                         (LMI)                           ontwikkeling van diabetes
                        (kg/m2)                            mellitus in vroue (%)
                          <20                                        7,5
                         20–25                                      18,0
                         26–30                                      37,5
                         31–35                                      57,0
                          >35                                       74,5
                                    [Aangepas uit American Diabetics Association, Maart 2007]

         4.2.1        Gebruik die data in die tabel hierbo en trek 'n histogram.                     (6)

         4.2.2        Noem die hormoon wat diabetes mellitus veroorsaak indien dit
                      ontoereikend is.                                                               (1)

         4.2.3        Noem die orgaan wat die hormoon genoem in VRAAG 4.2.2 afskei.                  (1)

         4.2.4        Noem TWEE ander hormone (behalwe die een in VRAAG 4.2.2
                      genoem) wat die bloedglukosevlak beïnvloed.                                    (2)
                                                                                                     (10)

4.3      Beskryf die menstruele siklus en hoe dit deur verskillende hormone beïnvloed
         word.
                                                                              Inhoud:                (17)
                                                                             Sintese:                (3)
                                                                                                     (20)
         LET WEL:       GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
                        vloeidiagramme of diagamme nie.

                                                                      TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                          GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 Nov 2013 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2013-memo-eng/437fcf1b-1f18-4a51-a9a3-e5a33faef809) — Life Sciences · Memo · 2013 · Eng
- [Gr12 LFSC P2 S13 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-lfsc-p2-s13-qp-eng/16f72da9-fb39-41cf-a478-707fa0b6b9df) — Life Sciences · QP · 2013 · Eng
- [Life Sciences P2 Feb-March 2013 Version 2 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2013-version-2-eng/7d4fd245-1073-4172-8973-11c298679339) — Life Sciences · QP · 2013 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2022-eng/47b0f5ad-d719-45e4-9408-1d076d3907c1) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2021-afr/6a0be2cc-cabc-40b2-a5fc-4dcf29d7b1b8) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr
- [Life Sciences P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-eng/ad42999d-6e30-4bbc-9860-4febb47c7166) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
