# Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2014 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2014-afr/c4b040da-d053-4b2d-a200-9a3e9174f531
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2014-afr/c4b040da-d053-4b2d-a200-9a3e9174f531)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V2

                                 NOVEMBER 2014

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                      2                           DBE/November 2014
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, vloeidiagramme en tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik nie.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             3                           DBE/November 2014
                                                NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
        (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

         1.1.1        Die diagram hieronder toon 'n gedeelte van 'n DNS/DNA-molekuul.

                                stikstofbasis              stikstofbasis
                                                      Z

                                       Y

                            X

                      Die korrekte byskrifte vir deel X, Y en Z onderskeidelik is ...

                      A   deoksiribosesuiker, fosfaat en waterstofbinding.
                      B   fosfaat, deoksiribosesuiker en waterstofbinding.
                      C   ribosesuiker, stikstofbasis en peptiedbinding.
                      D   fosfaat, ribosesuiker en waterstofbinding.

         1.1.2        As 10% van die basisse in 'n DNS/DNA-molekuul adenien is, wat is
                      die verhouding van adenien tot guanien in dieselfde molekuul?

                      A   1:1
                      B   4:1
                      C   1:3
                      D   1:4

         1.1.3        Lamarck se 'wette' van gebruik en ongebruik en oorerwing van
                      verworwe kenmerke was ...

                      A   verwerp, omdat slegs kenmerke wat die nageslag bevoordeel,
                          oorgeërf kan word.
                      B   nie verwerp nie, omdat bewyse toon dat verworwe kenmerke
                          oorgeërf kan word.
                      C   verwerp, omdat slegs kenmerke waarvoor in die DNS/DNA
                          gekodeer word, oorgeërf kan word.
                      D   nie verwerp nie, omdat Darwin se teorie Lamarck se idees
                          ondersteun.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          4                           DBE/November 2014
                                             NSS

         1.1.4        Die diagramme hieronder verteenwoordig verskillende fases van
                      meiose.

                               1                        2                      3

                                               Fases van meiose

                      Die korrekte volgorde van die fases is ...

                      A   1, 2 en 3.
                      B   2, 3 en 1.
                      C   3, 1 en 2.
                      D   2, 1 en 3.

         1.1.5        Twee vrugtevlieë met rooi oë het gepaar en 150 rooioogvlieë en
                      48 witoogvlieë geproduseer. Uit hierdie inligting kan ons met
                      redelike sekerheid aflei dat die ...

                      A   witoogtoestand resessief is en beide ouers heterosigoties is.
                      B   rooioogtoestand dominant is en dat beide ouers homosigoties
                          vir rooi oë is.
                      C   witoogtoestand resessief is en beide ouers homosigoties vir
                          rooi oë is.
                      D   rooioogtoestand resessief is en beide ouers heterosigoties is.

         1.1.6        Watter EEN van die volgende monohibriede kruisings sal 'n
                      fenotipiese verhouding van 1 : 1 tot gevolg hê? 'n Kruising waar ...

                      A   beide ouers heterosigoties is.
                      B   beide ouers homosigoties vir die dominante kenmerk is.
                      C   een ouer heterosigoties en die ander ouer homosigoties
                          resessief is.
                      D   een ouer heterosigoties en die ander ouer homosigoties
                          dominant is.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          5                           DBE/November 2014
                                             NSS

         1.1.7        Bestudeer die lys hieronder.

                      1.   Fossiele
                      2.   Homoloë strukture
                      3.   Biogeografie
                      4.   Genetika

                      Watter EEN van die kombinasies van die bogenoemde kan as
                      bewys van evolusie gebruik word?

                      A    Slegs 1, 2 en 3
                      B    1, 2, 3 en 4
                      C    Slegs 2, 3 en 4
                      D    Slegs 1, 3 en 4

         1.1.8        Een rede waarom sekere mense teen genetiese modifikasie
                      gekant is, is dat ...

                      A    die gebruik van onkruiddoders verminder word.
                      B    gewasopbrengste verbeter word.
                      C    die smaak en kwaliteit van voedsel verbeter word.
                      D    die potensiële impak op menslike gesondheid onbekend is.

         1.1.9        Homoloë chromosome word beskryf as ...

                      A    eenders met betrekking tot struktuur en kodering vir dieselfde
                           kenmerke.
                      B    'n produk van die verdeling van chromosome.
                      C    identiese dogterchromatiede wat deur DNS/DNA-replisering
                           gevorm word.
                      D    twee chromosome wat vir verskillende kenmerke kodeer.

         1.1.10       Vier verskillende fenotipes is moontlik in die F 1 -generasie as die
                      ouers se bloedgroepe ... is.

                      A    B en B
                      B    A en B
                      C    O en AB
                      D    AB en AB                                               (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         6                             DBE/November 2014
                                            NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        'n Alleel wat nie die fenotipe beïnvloed wanneer dit in die
                      heterosigotiese toestand voorkom nie

         1.2.2        'n Gedeelte van 'n DNS/DNA-molekuul wat vir 'n spesifieke
                      kenmerk kodeer

         1.2.3        Die produksie van 'n geneties identiese kopie van 'n organisme
                      deur biotegnologie te gebruik

         1.2.4        Die manipulering van die genetiese materiaal van 'n organisme om
                      gewenste veranderinge te kry

         1.2.5        Die doelbewuste teel van organismes om gewenste kenmerke wat
                      deur die mens gekies is, te kry

         1.2.6        Die verduideliking dat spesies vir lang tydperke geen fisiese
                      verandering ondergaan nie, gevolg deur kort tydperke van vinnige
                      fisiese verandering

         1.2.7        Die fase van meiose waartydens die homoloë chromosome verdeel
                      en na teenoorgestelde pole begin beweeg

         1.2.8        Die defek in selverdeling wat tot Downsindroom lei

         1.2.9        Die struktuur wat bestaan uit twee chromatiede wat deur 'n
                      sentromeer verbind is

         1.2.10       'n Verduideliking vir iets wat in die natuur waargeneem is en wat
                      deur feite, wette en getoetste hipoteses ondersteun word                    (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          7                          DBE/November 2014
                                             NSS

1.3      Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
         SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
         slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
         (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                           KOLOM I                               KOLOM II
         1.3.1       Het die vorm van die          A:   Francis Crick
                     DNS/DNA-molekuul ontdek       B:   James Watson
         1.3.2       Elke gameet ontvang slegs     A:   Mendel se beginsel van
                     een alleel vir elke kenmerk        segregasie
                                                   B:   Darwin se teorie van natuurlike
                                                        seleksie
         1.3.3       'n Voordeel van genetiese     A:   Verhoog die rakleeftyd van
                     modifikasie                        voedsel
                                                   B:   Verhoog weerstand teen siekte
         1.3.4       'n Voorbeeld van 'n           A:   Spesiespesifieke hofmakery
                     voortplantingsisolerings-     B:   Onvrugbare nageslag
                     meganisme
         1.3.5       Tipe variasie wat by die mens A:   Deurlopende variasie
                     deur velkleur verteenwoordig B:    Niedeurlopende variasie
                     word
         1.3.6       'n Groep eenderse             A:   Spesie
                     organismes wat kan kruisteel B:    Genus
                     om 'n vrugbare nageslag te
                     produseer
                                                                                    (6 x 2)     (12)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         8                           DBE/November 2014
                                            NSS

1.4      Ongeveer 70% van mense kry 'n bitter smaak wanneer 'n stof genaamd PTC
         op hulle tonge geplaas word. Hulle word 'proeërs' ('tasters') genoem. Alle
         ander mense kan PTC nie proe nie en word 'proe-blind' ('taste blind') genoem.
         Die 'proeër'-alleel is dominant en die 'proe-blind'-alleel is resessief.

         By mense is normale velpigmentasie ook dominant oor die albinotoestand
         (geen pigmentasie nie).

         Die letters in die sleutel hieronder moet gebruik word om die allele van die
         verskillende kenmerke hierbo te verteenwoordig.

                        Sleutel:

                        T – proeër
                        t – proe-blind
                        N – normale velpigmentasie
                        n – geen velpigmentasie nie (albino)

         'n Man wat heterosigoties is vir beide die proe van PTC en velpigmentasie
         trou met 'n vrou wat proe-blind vir PTC en 'n albino is.

         1.4.1        Noem waarom die voorbeeld hierbo 'n dihibriede kruising
                      verteenwoordig.                                                            (1)

         1.4.2        Skryf neer:

                      (a)   Die genotipe van die vrou                                            (1)

                      (b)   AL die moontlike gamete van die man                                  (2)

         1.4.3        Die man en vrou het 'n kind met genotipe ttNn. Wat is die kind se
                      fenotipe?                                                                  (2)

         1.4.4        'n Man en 'n vrou kan slegs kinders met die genotipe TtNn
                      voortbring. Die vrou se genotipe is ttnn. Gee die enigste moontlike
                      genotipe van die man.                                                      (2)
                                                                                                 (8)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           9                         DBE/November 2014
                                              NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Bestudeer die diagram hieronder wat 'n deel van die proses van
         proteïensintese toon.

                                                                     aminosure

                                                                            X

                                W         Z                            ribosoom
                 V

                              U A U G U C C A G

                                                                           Y

                            Proteïensintese in die ribosoom

         2.1.1        Identifiseer die stadium van proteïensintese wat in die diagram
                      hierbo getoon word.                                                       (1)

         2.1.2        Identifiseer molekuul X en Y.                                             (2)

         2.1.3        Gee die term vir die groep van drie stikstofbasisse wat deur V
                      aangedui word.                                                            (1)

         2.1.4        Gee die stikstofbasisse op die DNS/DNA-string wat vir die basisse
                      UAU op molekuul Y kodeer.                                                 (1)

         2.1.5        Gebruik die tabel hieronder om aminosuur W te identifiseer.

                                          tRNA         Aminosuur
                                           GUC          glutamien
                                           UAA          isoleusien
                                           AUA            tirosien
                                           CCC             glisien
                                          GGG             prolien
                                           CAG             valien                               (2)

         2.1.6        Noem en beskryf die proses wat in die selkern plaasvind om
                      molekuul Y te vorm.                                                       (5)
                                                                                                (12)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       10                           DBE/November 2014
                                          NSS

2.2      Die diagram hieronder toon die DNS/DNA-profiele van ses lede van 'n gesin.
         Hoe groter die ooreenkoms in die posisies van die strepies in die DNS/DNA-
         profiele van verskillende persone is, hoe nader verwant is hulle.

         Die ouers, Zinhle en Ayanda, het vier kinders. Twee van die kinders is hulle
         biologiese nakomelinge, terwyl die ander twee kinders aangeneem is.

                 Ouers                                   Kinders

           Zinhle        Ayanda       Lindiwe     Gugu        Bandile       Litzwe

                           DNS/DNA-profiele van verskillende individue

         2.2.1        Watter TWEE kinders is die biologiese nakomelinge van Zinhle en
                      Ayanda?                                                                  (2)

         2.2.2        Gee 'n verduideliking vir jou antwoord op VRAAG 2.2.1 deur
                      bewyse uit die DNS/DNA-profiele te gebruik.                              (2)

         2.2.3        Behalwe vaderskaptoetse, noem TWEE maniere                waarop
                      DNS/DNA-profiele deur mense gebruik kan word.                            (2)
                                                                                               (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             11                                 DBE/November 2014
                                                NSS

2.3      Bestudeer die filogenetiese stamboom hieronder wat 'n moontlike voorstelling
         van die evolusie van die mens toon en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                              Homo sapiens

                                                          Homo erectus

             Australopithecus                                    Homo habilis
             afarensis

                                            Australopithecus africanus

                                                    Australopithecus aethiopicus
             Ardipithecus ramidus
                                                                Paranthropus robustus
                                                                         Paranthropus boisei

           4,5       4,0   3,5      3,0    2,5    2,0    1,5       1,0       0,5      0
                                     Miljoen jaar gelede
                 Filogenetiese stamboom wat menslike evolusie toon
                                      [Aangepas uit Biology: Understanding Life, Sandra Alters, 1995]

         2.3.1         Watter organisme, Paranthropus boisei of Homo habilis, het
                       volgens die filogenetiese stamboom eerste op Aarde verskyn?                          (1)

         2.3.2         Noem TWEE spesies wie se bestaan op Aarde met dié van
                       Homo erectus oorvleuel het.                                                          (2)

         2.3.3         Watter organisme was die direkte voorouer van Homo habilis?                          (1)

         2.3.4         Noem VYF kenmerke wat deur al die organismes in die
                       filogenetiese stamboom hierbo gedeel word.                                           (5)

         2.3.5         Hoe lank het Australopithecus africanus op Aarde bestaan?                            (1)
                                                                                                            (10)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                              12                                DBE/November 2014
                                                 NSS

2.4      Daar is variasie in die vlerklengte van vrugtevlieë (Drosophila melanogaster).
         Party het lang vlerke en kan vlieg terwyl ander kort vlerke het en nie kan vlieg
         nie.

         'n Ondersoek is gedoen om te bepaal watter vlieë onder sekere
         omstandighede sal oorleef.

         Die volgende stappe is uitgevoer:

         1. Vyf vlieë met kort vlerke en vyf vlieë met lang vlerke is in 'n fles geplaas.
         2. Voedsel is op die bodem van die fles geplaas.
         3. Die deksel van die fles het lugvloei toegelaat.
         4. Taai papier is aan die bokant van die fles gehang. Vlieë wat aan die
            papier vassit, het gevrek.
         5. Die apparaat is vir 24 uur laat staan.

         Die resultate van die ondersoek word in die diagram hieronder getoon.

              Sleutel                                                Opening vir lugvloei
                  Vlieg met lang vlerke

                                                                     Vlieg wat aan papier
                   Vlieg met kort vlerke
                                                                     vassit
                                                                         Taai papier

                                                                              Voedsel

                                  Vrugtevlieë in 'n fles met voedsel
                               [Aangepas uit Biology: Investigate Life on Earth – Vernon L Avila, 1995]

         2.4.1          Formuleer 'n hipotese vir die ondersoek.                                            (3)

         2.4.2          Verduidelik waarom dit nodig is om openinge vir lugvloei te hê.                     (3)

         2.4.3          Noem TWEE maniere waarop die betroubaarheid van die
                        ondersoek verbeter kan word.                                                        (2)

         2.4.4          Behalwe vir die opening vir lugvloei, verduidelik TWEE ander
                        voorsorgmaatreëls wat vir hierdie ondersoek getref moet word.                       (4)
                                                                                                            (12)
                                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           13                                DBE/November 2014
                                              NSS

VRAAG 3

3.1      Drie vlinderbevolkings, A, B en C, leef apart op drie eilande in die oseaan.
         Die vlinders op Eiland 2 en Eiland 3 het op Eiland 1 ontstaan.
         Die eilande ervaar dwarsdeur die jaar sterk oorheersende winde uit die
         noordweste.
         Bevolking A en B kan kruisteel en vrugbare nakomelinge lewer. Bevolking B
         kan met Bevolking C paar, maar die nakomelinge is onvrugbaar. Paring vind
         glad nie tussen Bevolking A en C plaas nie.

          Eiland 1
                                           Rigting van wind

                                                                              Eiland 3

                 Bevolking A                    Bevolking B

                                                                     Bevolking C
                                             Eiland 2

              Drie vlinderbevolkings wat op verskillende eilande leef
                                              [Aangepas uit Advanced Biology, M Kent, 2000]

         3.1.1        Hoeveel spesies word deur die drie bevolkings verteenwoordig?                      (1)
         3.1.2        Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.1.1.                                           (2)
         3.1.3        Gebruik die inligting wat verskaf is om te verduidelik hoe
                      spesievorming moontlik in die voorbeeld hierbo kon plaasgevind
                      het.                                                                               (5)
                                                                                                         (8)
3.2      Bestudeer die paragraaf oor evolusie hieronder en beantwoord die vrae wat
         volg.

         Die 'Uit Afrika'-hipotese beweer dat primitiewe mense ongeveer 1,8 miljoen
         jaar gelede uit Afrika na al die ander kontinente van die wêreld gemigreer het.
         Wetenskaplikes het sekere fossielbene van vroeë mense wat in Europa
         gewoon het bestudeer, en tot die gevolgtrekking gekom dat die mens nie
         koeimelk voor 7 000 jaar gelede kon verteer nie.
         'n Mutasie het plaasgevind wat veroorsaak het dat sekere individue van die
         menslike bevolking wat in Europa geleef het, koeimelk kon verteer. Hierdie
         vermoë was voordelig omdat dit deur die jaar addisionele voedingstowwe kon
         voorsien. Melk is 'n bron van vitamien D en kalsium.
          [Aangepas uit Impact of Selection and Demography on the Diffusion of Lactose Persistence.
                                                                PLoS ONE 4(7) D O'Rouke, 2009]

         3.2.1        Noem EEN voordeel van die vermoë om koeimelk te verteer vir die
                      vroeë mense wat in Europa geleef het.                                              (1)
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          14                              DBE/November 2014
                                             NSS

         3.2.2        Verduidelik waarom die primitiewe mense wat uit Afrika migreer
                      het, nie koeimelk kon verteer nie.                                              (2)

         3.2.3        Behalwe fossiele, noem EEN ander tipe bewys wat gebruik kan
                      word om die 'Uit Afrika'-hipotese te ondersteun.                                (1)
                                                                                                      (4)

3.3      Bestudeer die diagramme hieronder wat die pelvis van Homo sapiens en Pan
         troglodyte (sjimpansee) toon. Die diagramme is nie volgens skaal geteken
         nie.

                     Organisme A                         Organisme B

                     Pelvis van Homo sapiens en Pan troglodyte

         3.3.1        Watter organisme, A of B, is bipedaal (tweevoetig)?                             (1)

         3.3.2        Gee EEN sigbare rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.1.                           (2)

         3.3.3        Verduidelik TWEE voordele van bipedalisme.                                      (4)
                                                                                                      (7)

3.4      Die tabel hieronder toon die skedelkapasiteit van verskillende spesies
         primate.

                              Spesie                  Skedelkapasiteit (cm3)
                     Sjimpansee                                400
                     Gorilla                                   550
                     Australopithecus sp.                      500
                     Homo habilis                              650
                     Homo erectus                            1 000
                     Homo sapiens                            1 500
                                        [Aangepas uit Advanced Biology, M Kent, 2000]

         3.4.1        Noem TWEE voordele van die groot skedelkapasiteit van
                      Homo sapiens.                                                                   (2)

         3.4.2        Trek 'n staafgrafiek om die data in die tabel te verteenwoordig.                (6)
                                                                                                      (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            15                                 DBE/November 2014
                                               NSS

3.5      Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van hemofilie in 'n
         familie. Die alleel wat hemofilie veroorsaak, word deur Xh verteenwoordig en
         die normale alleel word deur XH verteenwoordig.

                                    1            2

                  3                     4            5            6                    7

              8             9           10               11           12      13           14

                  Sleutel:
                           Normale man                        Normale vrou

                           Man met hemofilie                  Vrou met hemofilie

                                   Oorerwing van hemofilie

         3.5.1       Bepaal die:

                     (a)   Fenotipe van individu 4                                                        (1)

                     (b)   Genotipe van individu 2                                                        (2)

         3.5.2       Verduidelik waarom vroue 'n kleiner kans het om aan hemofilie
                     te ly.                                                                               (3)

         3.5.3       Gebruik 'n genetiese kruising om die persentasie kans dat individue
                     13 en 14 'n seun met hemofilie sal hê, voor te stel.                                 (7)
                                                                                                          (13)
                                                                                                          [40]

                                                                       TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                      16                         DBE/November 2014
                                         NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf hoe meiose en verskillende tipes mutasies tot genetiese variasie bydra en die
rol van hierdie variasie in natuurlike seleksie.
                                                                              Inhoud:    (17)
                                                                             Sintese:    (3)

LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
         vloeidiagramme, diagramme of tabelle NIE.

                                                             TOTAAL AFDELING C:          20
                                                                 GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2014-eng/aa52a105-471a-45ee-bc58-879c58456d93) — Life Sciences · QP · 2014 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2014-memo-eng/15dd48af-ce6f-46f0-9adb-e6a758f84387) — Life Sciences · Memo · 2014 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2022-eng/47b0f5ad-d719-45e4-9408-1d076d3907c1) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2021-afr/6a0be2cc-cabc-40b2-a5fc-4dcf29d7b1b8) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr
- [Life Sciences P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-eng/ad42999d-6e30-4bbc-9860-4febb47c7166) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-afr/3a3f6e0d-1732-4f2c-aba0-9b2bf232ef02) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
