# Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2015-afr/fbfa9f0e-55e3-4cfb-9143-09ea22cadb48
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2015-afr/fbfa9f0e-55e3-4cfb-9143-09ea22cadb48)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V2

                                 NOVEMBER 2015

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       2                         DBE/November 2015
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae begin beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
         swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           3                         DBE/November 2015
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die
         vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
         1.1.10 D.

         1.1.1        Selle wat in enige tipe sel kan differensieer, word … genoem.

                      A   geslagselle
                      B   dogterselle
                      C   stamselle
                      D   haploïede selle

         1.1.2        Die diagram hieronder toon 'n sel wat meiose ondergaan.

                      Die diagram hierbo toon …

                      A   nie-disjunksie in metafase II.
                      B   'n chromosomale afwyking/aberrasie wat tot hemofilie lei.
                      C   'n chromosomale afwyking met betrekking tot chromosoompaar
                          nommer 23, wat tot Down-sindroom lei.
                      D   nie-disjunksie in anafase I.

         1.1.3        Die DNS/DNA van verskillende spesies verskil slegs met
                      betrekking tot die …

                      A   komponente van die nukleotiede.
                      B   volgorde van die nukleotiede.
                      C   tipe verbinding tussen die stikstofbasisse.
                      D   tipe suiker wat dit bevat.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            4                           DBE/November 2015
                                               NSS

         1.1.4        Een string van 'n DNS/DNA-molekuul het 60 adenien- en
                      20 timienmolekules. Hoeveel adenienmolekules is in die
                      dubbelgestringde DNS/DNA-molekuul teenwoordig?

                      A    60
                      B    150
                      C    80
                      D    300

         1.1.5        Die diagram hieronder toon die effek van drie verskillende tipes
                      antibiotika (X, Y en Z) op 'n enkele bakteriële stam wat op agar
                      (voedingsryke jellie) in 'n petribakkie groei. Die drie sirkels dui die
                      afstand aan tot waar elke antibiotikum versprei het.

                                                                                 petribakkie

                     antibiotika Z                                               antibiotikum X

                                                                                 bakterieë
                                                                                 antibiotikum Y
                                                                                 agar

                       Die korrekte volgorde van die antibiotika, van die effektiefste tot
                       die oneffektiefste, is …

                      A    Z, X en Y.
                      B    X, Y en Z.
                      C    X, Z en Y.
                      D    Z, Y en X.

         1.1.6        'n Kenmerk wat 'n reeks fenotipes bevat, is 'n voorbeeld van …

                      A   deurlopende variasie.
                      B   nie-deurlopende variasie.
                      C   volledige dominansie.
                      D   kodominansie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           5                        DBE/November 2015
                                              NSS

         1.1.7        In die stabielste varswateromgewings is Daphnia-bevolkings feitlik
                      heeltemal vroulik en plant hulle ongeslagtelik voort. Mannetjies
                      word egter in omgewings met min suurstof of wanneer voedsel
                      skaars is, waargeneem.

                      Volgens hierdie waarnemings stel 'n navorser aan die begin van
                      'n eksperiment die volgende voor:

                      Manlike Daphnia ontwikkel slegs as 'n reaksie op ongunstige
                      omgewingstoestande.

                      Dit is 'n voorbeeld van 'n …

                      A   gevolgtrekking.
                      B   hipotese.
                      C   teorie.
                      D   doel.

         VRAAG 1.1.8 EN 1.1.9 VERWYS NA DIE INLIGTING HIERONDER.

         By ertjieplante is geel saadkleur (Y) dominant oor groen saadkleur (y). Gladde
         saadtekstuur (S) is dominant oor verrimpelde saadtekstuur (s).

         'n Student het 'n plant met geel verrimpelde saad met 'n plant met groen
         gladde saad gekruis.

         1.1.8        Watter EEN van die volgende toon moontlike allele teenwoordig in
                      'n gameet wat deur 'n plant met geel verrimpelde saad
                      geproduseer is?

                      A   YYss
                      B   yySS
                      C   yS
                      D   Ys

         1.1.9        Watter EEN van die volgende is 'n moontlike voorstelling van die
                      genotipes van die P1-generasie?

                     A    YYSS     x   yyss
                     B    Yyss     x   yySs
                     C    YYSS     x   yySs
                     D    Yyss     x   YySs                                       (9 x 2)       (18)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           6                             DBE/November 2015
                                              NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.9) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Chromosome wat dieselfde stel gene dra

         1.2.2       Twee of meer alternatiewe vorme van 'n geen by dieselfde lokus

         1.2.3       Die struktuur verantwoordelik vir die trek van chromosome na die
                     pole van 'n diersel tydens seldeling

         1.2.4       'n Fase in die selsiklus wat voor seldeling plaasvind

         1.2.5       'n Diagrammatiese voorstelling wat moontlike              evolusionêre
                     verwantskappe tussen verskillende spesies toon

         1.2.6       Die tipe visie wat ape en mense              gemeen      het   en    wat
                     dieptewaarneming/-persepsie toelaat

         1.2.7       'n Genetiese kruising wat twee kenmerke behels

         1.2.8       'n Genetiese afwyking wat deur               die   afwesigheid       van
                     'n bloedstollingsfaktor gekenmerk word

         1.2.9       Die huidige verspreiding van organismes                                        (9)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
         A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
         Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
         (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                             KOLOM I                                  KOLOM II
         1.3.1       Het die eerste X-straalfoto's van     A:   Watson
                     DNS/DNA gemaak                        B:   Franklin
         1.3.2       'n Voorbeeld van biotegnologie        A:   Genetiese modifikasie
                                                           B:   Kloning
         1.3.3       Wet van oorerwing van verworwe        A:   Darwin
                     kenmerke                              B:   Lamarck
         1.3.4       Al die gene in al die chromosome      A:   Genoom
                     van 'n spesie                         B:   Genotipe
                                                                                   (4 x 2)          (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            7                              DBE/November 2015
                                               NSS

1.4      Die diagram hieronder toon 'n wêreldkaart wat vier terreine (1 tot 4) aandui
         waar hominiede fossiele gevind is wat twee verskillende genera
         verteenwoordig. Genus A is op drie terreine gevind en genus B op een
         terrein. Die ouderdom van elke fossiel is bepaal deur radiometriese datering
         te gebruik.

                                                                          4

                                                                      3
                                                                 2
       Genus A
       Terrein 2: 1,25 miljoen jaar oud                      1
       Terrein 3: 0,65 miljoen jaar oud
       Terrein 4: 0,27 miljoen jaar oud

                                               Genus B
                                               Terrein 1: 3 miljoen jaar oud

                                                         [Aangepas uit www.biologyreference.com]

         1.4.1        Watter genus (A of B):

                      (a) Stel Australopithecus voor                                                  (1)

                      (b) Het 'n meer prognatiese/vooruitstekende skedel                              (1)

                      (c) Het kleiner oogtande                                                        (1)

                      (d) Is nader aan Homo sapiens verwant                                           (1)

         1.4.2        Noem TWEE voorbeelde van fossiele van genus B wat op terrein 1
                      in Suid-Afrika gevind is.                                                       (2)

         1.4.3        Op watter terrein, 1 tot 4, is die jongste fossiele gevind?                     (1)

         1.4.4        Behalwe fossielbewyse, watter ander bewyse kan gebruik word om
                      die Uit Afrika-hipotese te ondersteun?                                          (1)
                                                                                                      (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                          8                          DBE/November 2015
                                                             NSS

1.5      Wetenskaplikes het die grootte van die brein van Australopithecus, Homo
         habilis, Homo erectus en Homo sapiens beraam deur die skedelgrootte/
         -kapasiteit van fossielvoorbeelde te gebruik. Daarna het hulle die resultate
         vergelyk met wanneer elke hominied op die aarde bestaan het.
         Die grafiek hieronder verteenwoordig die omvang van die breingrootte en die
         tydperk wanneer die hominied volgens fossielgetuienis bestaan het.
         Die resultate van die ondersoek word in die grafiek hieronder getoon.

                              2000

                                                                                    SLEUTEL:
                              1500

         Breingrootte (cm3)
                                                                                        Australopithecus

                                                                                        Homo habilis
                              1000
                                                                                        Homo erectus

                                                                                        Homo sapiens

                              500

                                 0
                                     4        3          2         1           0
                                            Tyd (miljoen jaar gelede)
                                                              [Aangepas uit AQA-BLY1B-W-QP-NOV07 Unit 1b]

         1.5.1                       Volgens die grafiek:

                                     (a) Wanneer het die eerste Australopithecus voorgekom                       (2)

                                     (b) Watter van die spesies toon die grootste variasie in
                                         breingrootte                                                            (1)

         1.5.2                       Gee die grootte (in cm3) van die:

                                     (a) Grootste brein van Australopithecus                                     (1)

                                     (b) Kleinste brein van Homo sapiens                                         (1)

         1.5.3                       Noem TWEE tipes getuienis/bewyse, behalwe fossiele, wat die
                                     idee dat alle hominiede uit 'n gemeenskaplike voorouer ontwikkel
                                     het, ondersteun.                                                            (2)
                                                                                                                 (7)

                                                                                TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             9                         DBE/November 2015
                                                NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagramme hieronder stel die proses van spesievorming in skilpaaie voor.

         Met verloop van tyd het spesie B en C uit spesie A ontwikkel.

           see                          see
                                                      eiland 3

                                                      A                        B
                 Spesie A
                                          A                          A
                                                      A                       C

          oorspronklike eiland       eiland 1     eiland 2

         2.1.1        Verduidelik waarom spesie A op eiland 1 bly voortbestaan het.                (2)

         2.1.2        Beskryf hoe spesie B en C uit spesie A ontwikkel het.                        (6)
                                                                                                   (8)

2.2      Die vader van 'n kind kan bepaal word deur bloedgroepe te ontleed.

         2.2.1        Verduidelik hoe 'n ontleding van bloedgroepe gebruik kan word om
                      vaderskap te bepaal.                                                         (5)

         2.2.2        'n Man en 'n vrou het beide bloedgroep B.

                      Gebruik 'n genetiese kruising om te wys hoe dit vir hulle moontlik is
                      om 'n kind met bloedgroep O te hê.                                           (6)
                                                                                                   (11)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           10                       DBE/November 2015
                                              NSS

2.3      Die diagram hieronder toon oorkruising tydens meiose.

                                       X     Y

                                       D     D           d   d
                                        r    r           R   R

                                       B         b   B       b

         2.3.1        Noem die fase van meiose waartydens die proses wat hierbo
                      voorgestel word, plaasvind.                                              (1)

         2.3.2        Beskryf die proses van oorkruising.                                      (3)

         2.3.3        Verduidelik die belangrikheid van oorkruising.                           (2)

         2.3.4        Teken 'n diagram, met die posisie van die allele aangedui, om die
                      struktuur van chromatied Y na oorkruising te toon.                       (2)
                                                                                               (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           11                        DBE/November 2015
                                              NSS

2.4      Die uittreksel en die diagram hieronder verskaf inligting oor 'n tipe wildsbok
         wat 'n Bongo (bos-eland) genoem word.

         Die Bongo is 'n groot wildsbokspesie wat snags aktief is en in die digte
         woude en bosse van Afrika voorkom. Die digte woude het baie min
         plantegroei op die grond en daarom wei die Bongo in die oop dele van die
         woude waar nuwe bossies en struike laer aan die grond groei. Hulle word
         deur leeus en luiperds gejag.
                                                             Horings wat plat op die
                                                             rug kan lê wanneer deur
                                                             digte plantegroei/bosse
                                 Ligbruin pels en maanhare   gehardloop word
                                 met wit strepe

         Kort, bruin stert met
         swart
         punt

                                                                    Swart en wit merke
                                          Donkerbruin               op die gesig, bors en
                                          pens                      bene

         2.4.1        Noem TWEE kenmerke wat die Bongo help om hulleself in die
                      digte woud te kamoefleer.                                                  (2)

         2.4.2        Gebruik jou kennis van natuurlike seleksie en verduidelik hoe die
                      Bongo se vermoë om hulle horings plat op hulle rûe te laat lê deur
                      die jare kon ontwikkel het.                                                (5)
                                                                                                 (7)

2.5      Die kenmerke van organismes kan deur selektiewe teelt en              genetiese
         manipulasie/ingryping verander word.

         2.5.1        Noem TWEE ooreenkomste tussen die selektieweteelt-proses en
                      die genetiesemanipulasie-proses.                                           (2)

         2.5.2        Verduidelik TWEE redes waarom sommige mense teen die gebruik
                      van genetiese manipulasie/ingryping gekant kan wees.                       (4)
                                                                                                 (6)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           12                               DBE/November 2015
                                              NSS

VRAAG 3

3.1      Lees die uittreksel hieronder.

         Die onlangse uitbreek van Ebola het internasionale mediese organisasies op
         'n gereedheidsgrondslag geplaas. Die Ebola-virus is dodelik omdat dit
         onbeheerste bloeding veroorsaak. Die virus word slegs deur direkte kontak
         met liggaamsvloeistowwe versprei. Daar heers egter groot kommer oor die
         feit dat die Ebola-virus dalk kan muteer en die virus so in staat gestel kan
         word om deur die lug te versprei. Indien dit gebeur, sal die virus makliker kan
         versprei.

         Hierdie virus bevat slegs RNS/RNA, en wanneer RNS/RNA gekopieer word,
         word baie meer foute gemaak as wanneer DNS/DNA gekopieer word.
         Gevolglik vertoon die Ebola-virus hoë mutasiekoerse wat tot baie genetiese
         variasie lei.

                                                [Aangepas uit https://www.evolution.berkeley.edu]

         3.1.1        Noem waarom virusse wat slegs RNS/RNA bevat, meer genetiese
                      variasie toon as virusse wat DNS/DNA bevat.                                         (2)

         3.1.2        Gebruik EEN voorbeeld uit die uittreksel hierbo om te verduidelik
                      hoe mutasies die oorlewingskoers van die virus kan verhoog.                         (2)
                                                                                                          (4)

3.2      Die vrae hieronder is op nukleïensure gebaseer.

         3.2.1        Tabuleer DRIE       strukturele   verskille     tussen    DNS/DNA          en
                      RNS/RNA.                                                                            (7)

         3.2.2        Noem TWEE gebruike van DNS/DNA-profielsamestelling.                                 (2)

         3.2.3        Noem TWEE menings             teen   die      gebruik    van     DNS/DNA-
                      profielsamestelling.                                                                (2)
                                                                                                          (11)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          13                        DBE/November 2015
                                             NSS

3.3      'n Gebrek aan immuniteit teen infeksies (agammaglobulinemie) is 'n
         geslagsgekoppelde resessiewe genetiese afwyking by mense. Die dominante
         alleel word deur XA voorgestel en die resessiewe alleel word deur Xa
         voorgestel.

         'n Individu met die afwyking word as geaffekteer beskryf en 'n individu
         daarsonder as ongeaffekteer. Die stamboomdiagram hieronder illustreer die
         erflikheid/oorerwing van hierdie afwyking.

                                                 1        2

                            SLEUTEL
                                 Ongeaffekteerde      Ongeaffekteerde
                                 man                  vrou
                                 Geaffekteerde        Geaffekteerde
                                 man                  vrou

         3.3.1        Noem die genotipes van individue:

                      (a)    1                                                                 (2)

                      (b)    2                                                                 (2)

         3.3.2        Watter persentasie van die mans in hierdie stamboomdiagram is
                      geaffekteer? Toon ALLE berekeninge.                                      (2)

         3.3.3        Verduidelik waarom enige seun van 'n geaffekteerde vrou altyd
                      hierdie afwyking sal hê.                                                 (3)
                                                                                               (9)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                                14                            DBE/November 2015
                                                                   NSS

3.4      'n Ondersoek is deur graad 12-leerders uitgevoer om te bepaal watter
         hoenders vinniger groei: hoenders wat selektief geteel word om eiers te lê of
         hoenders wat selektief geteel word vir vleisproduksie.

         Die volgende stappe is uitgevoer:

         1. Die leerders het 30 een-dag-oue kuikens by 'n kommersiële verskaffer
            gekoop. Vyftien van die kuikens is selektief geteel om eiers te lê en 15 van
            die kuikens is selektief geteel vir vleisproduksie.

         2. Al die kuikens is onder dieselfde omgewingsomstandighede aangehou. Dit
            het ingesluit die voer van dieselfde hoenderkos, wat hoofsaaklik van graan
            en proteïenbronne gemaak is.

         3. Die hoenders is gereeld vir 'n tydperk van 45 dae geweeg.

         Die resultate van die ondersoek word in die grafiek hieronder getoon.

                                     3000

                                     2500

            Lewendige gewig (gram)
                                     2000
                                                                                            Hoenders
                                                                                           Chickens      selektief
                                                                                                      selectively
                                                                                            geteel
                                                                                           bred for vir
                                                                                                    meat
                                     1500
                                                                                            vleisproduksie
                                                                                           production
                                                                                            Hoenders
                                                                                           Chickens      selektief
                                                                                                      selectively
                                     1000                                                   geteel  vir eiers
                                                                                           bred for egg-layinglê

                                      500

                                        0
                                                  1       8      20       45
                                                   Ouderdom van kuikens (dae)
                                                                                   [Aangepas uit www.chicken.org.au]

         3.4.1                              Formuleer 'n hipotese vir hierdie ondersoek.                                  (2)

         3.4.2                              Noem die onafhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.                      (1)

         3.4.3                              Bereken die persentasie gewigstoename van die hoenders wat
                                            selektief vir vleisproduksie geteel is tussen dag 8 en dag 45. Toon
                                            ALLE berekeninge.                                                             (2)

         3.4.4                              Noem EEN voordeel daarvan om die ondersoek met 100 kuikens
                                            te herhaal.                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          15                        DBE/November 2015
                                             NSS

         3.4.5        Noem DRIE faktore wat die leerders in hierdie ondersoek konstant
                      moet hou.                                                             (3)

         3.4.6        Skryf 'n geskikte gevolgtrekking vir die ondersoek neer op grond
                      van die resultate in die grafiek.                                     (2)

         3.4.7        Noem TWEE voordele van die selektiewe teling van hoenders,
                      behalwe om vleisproduksie te verhoog.                                 (2)

         3.4.8        Verduidelik EEN rede waarom die selektiewe teling van hoenders
                      vir beter vleisproduksie nie vir die hoenders voordelig sou gewees
                      het indien hulle wild in die natuur sou voorgekom het nie.            (2)
                                                                                            (16)
                                                                                            [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:          80

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf die proses van proteïensintese en die manier waarop hierdie proses deur
'n geenmutasie beïnvloed sou word.
                                                                        Inhoud:             (17)
                                                                        Sintese:            (3)
                                                                                            (20)

LET WEL:         GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van tabelle, vloeidiagramme
                 of diagramme toegeken word NIE.

                                                                TOTAAL AFDELING C:          20
                                                                    GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr
- [Life Sciences P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2017-eng/7e62377f-2abd-4a09-be12-9a33dc3af21b) — Life Sciences · QP · 2017 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2015 Afr (final)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-memo-sept2015-afr-final/ba98751d-3865-44f0-a283-45a85ee22b81) — Life Sciences · Memo · 2015 · Afr
- [Life Sciences P2 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-june-july-2015-memo-afr/b8da6f77-a4a9-4f20-be34-bdd1488cd2b7) — Life Sciences · Memo · 2015 · Afr
- [Life Sciences P2 June July 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-june-july-2015-memo-eng/d6c0abd7-6ef8-46e2-b6c1-5f8388545390) — Life Sciences · Memo · 2015 · Eng
- [Life Sciences P2 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2018-memo-afr/3446f3c9-dda0-4d73-8f83-759be6e74d1d) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
