# Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2016-afr/3ddaa60c-a1f8-4613-953b-aa605ac1085e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2016-afr/3ddaa60c-a1f8-4613-953b-aa605ac1085e)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V2

                                 NOVEMBER 2016

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       2                             DBE/November 2016
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           3                          DBE/November 2016
                                              NSS

AFDELING A
VRAAG 1
1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Skryf die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.9) neer, kies die antwoord en maak
         'n kruisie (X) oor die letter (A tot D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
         VOORBEELD:
         1.1.10        A            B           C           D
         1.1.1        Die teorie van evolusie deur natuurlike seleksie is eerste deur …
                      beskryf.
                      A    Gregor Mendel
                      B    Watson en Crick
                      C    Jean Baptiste de Lamarck
                      D    Charles Darwin
         1.1.2        Wanneer 'n individu wat homosigoties dominant vir 'n bepaalde
                      eienskap is, gekruis word met 'n individu wat homosigoties
                      resessief vir die eienskap is, sal die nageslag almal … wees.
                      A    homosigoties dominant
                      B    homosigoties resessief
                      C    heterosigoties
                      D    opreg geteel
         1.1.3        Die afwesigheid van die proteïen melanien lei tot die toestand
                      genaamd …
                      A    hemofilie.
                      B    kleurblindheid.
                      C    albinisme.
                      D    Down-sindroom.
         1.1.4        Die kolibrie gebruik sy lang snawel om die nektar in blomme as
                      voedsel te benut. Die rede wat Lamarck vir die lang snawel van die
                      kolibrie sou aangevoer het, is dat …

                      A    alle kolibries se snawels ewe lank is.
                      B    daar 'n natuurlike variasie in die snawellengte is en dat
                           sommige kolibries gevolglik meer geskik is om nektar as
                           voedsel te benut.
                      C    hoe meer die kolibrie sy snawel gebruik het, hoe langer het dit
                           geword.
                      D    kolibries met korter snawels beter toegerus was om te oorleef.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                      4                   DBE/November 2016
                                                         NSS

         VRAAG 1.1.5 TOT 1.1.7 IS OP DIE DIAGRAM HIERONDER GEBASEER.
         DIT TOON DIE RESULTATE VAN 'N BEPAALDE PROSEDURE.

                                 Misdaadtoneel       DNS/DNA van verdagtes
                                   DNS/DNA               Mo    Joe   Tom

         1.1.5        Die prosedure wat hierbo getoon word, word … genoem.

                      A       kloning
                      B       DNS/DNA-replisering
                      C       DNS/DNA-profilering
                      D       vingerafdrukke neem

         1.1.6        Die bewyse in die diagram toon dat ...

                     A        slegs Tom op die misdaadtoneel teenwoordig was.
                     B        Tom en Joe op die misdaadtoneel teenwoordig was.
                     C        slegs Mo op die misdaadtoneel teenwoordig was.
                     D        nie een van die drie persone op die misdaadtoneel teenwoordig
                              was nie.

         1.1.7        Hieronder volg 'n lys van moontlike gebruike van die prosedure wat
                      in die diagram hierbo getoon word:

                      (i)       Vaderskaptoetse
                      (ii)      Pas van weefsels vir orgaanoorplantings
                      (iii)     Identifikasie met behulp van vingerafdrukke
                      (iv)      Sifting vir genetiese siektes

                      Watter kombinasie toon die KORREKTE gebruike van die
                      prosedure?

                      A       (i), (ii), (iii) en (iv)
                      B       Slegs (i), (ii) en (iv)
                      C       Slegs (i), (ii) en (iii)
                      D       Slegs (i) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                            5                        DBE/November 2016
                                                               NSS

         VRAAG 1.1.8 EN 1.1.9 IS OP DIE GRAFIEK HIERONDER GEBASEER.
         DIT TOON DIE VERGELYKING VAN DNS/DNA TUSSEN SPESIE A EN
         SPESIE B, C, D EN E.

                   Ooreenkomstige

                 DNS/DNA (persentasie)

                                           A en
                                             andBB       AA en
                                                           andCC    AAand
                                                                       en DD   AA en
                                                                                 andEE
                                                              Spesies

         1.1.8                     Watter stelling is 'n geldige gevolgtrekking wat uit hierdie grafiek
                                   gemaak kan word?

                                   Spesie A is die naaste verwant aan …

                                   A     spesie B.
                                   B     spesie C.
                                   C     spesie D.
                                   D     spesie E.

         1.1.9                     Die persentasie ooreenkomste tussen die DNS/DNA van spesies
                                   kan moontlik gebruik word om die volgende te toon:

                                   (i) Ooreenkomste in proteïensintese
                                   (ii) Bewys vir evolusie
                                   (iii) Gemeenskaplike voorouers

                                   Watter kombinasie toon die KORREKTE toepassing van die
                                   gebruik van die ooreenkomste in die DNS/DNA van spesies?

                                   A     (i), (ii) en (iii)
                                   B     Slegs (i) en (ii)
                                   C     Slegs (ii) en (iii)
                                   D     Slegs (i) en (iii)                                       (9 x 2)       (18)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           6                               DBE/November 2016
                                              NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK.

         1.2.1        Die organel in die sitoplasma waar proteïensintese plaasvind

         1.2.2        Die naam van die binding           wat        tussen   aminosure    in   'n
                      proteïenmolekule gevorm word

         1.2.3        Die proses waardeur 'n DNS/DNA-molekule identiese afdrukke van
                      homself maak

         1.2.4        Die naam van die proses wat plaasvind wanneer homoloë
                      chromosoompare nie tydens meiose skei nie

         1.2.5        Die permanente verdwyning van 'n spesie van die aarde af

         1.2.6        'n Toetsbare stelling wat aanvaar of verwerp kan word

         1.2.7        Die tipe nukleïensuur wat 'n spesifieke aminosuur dra              (7 x 1)       (7)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I op SLEGS A, SLEGS B,
         BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II van toepassing is
         nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                KOLOM I                                   KOLOM II
          1.3.1      Die seleksie en teling van                A:     Natuurlike seleksie
                     organismes met gewenste                   B:     Kunsmatige seleksie
                     eienskappe deur mense
          1.3.2      'n Alleel wat nie in die fenotipe         A:     Dominant
                     getoon/uitgedruk word wanneer dit         B:     Resessief
                     in die heterosigotiese toestand
                     voorkom nie
          1.3.3      Paring van stikstofbasisse                A:     DNS/DNA
                                                               B:     RNS/RNA
                                                                                         (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                              7                       DBE/November 2016
                                                 NSS

1.4      Die diagram hieronder toon 'n gedeelte van 'n DNS/DNA-molekule.

                                             1                            2

                                              G

                                             T

                                                       3

         1.4.1       Benoem die volgende:

                     (a)   1                                                                       (1)

                     (b)   2                                                                       (1)

                     (c)   3                                                                       (1)

         1.4.2       Gee die getal nukleotiede wat in die diagram getoon word.                     (1)

         1.4.3       Gee EEN verskil tussen die stikstofbasisse wat in DNS/DNA-
                     molekules voorkom en dié wat in RNS/RNA-molekules voorkom.                    (2)
                                                                                                   (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           8                         DBE/November 2016
                                              NSS

1.5      Die diagram hieronder stel 'n proses voor wat tydens meiose plaasvind.

                                             A

                                                            B

                                                            C

                                 D

         1.5.1       Benoem die volgende:

                     (a)   A                                                                    (1)

                     (b)   B                                                                    (1)

                     (c)   D                                                                    (1)

         1.5.2       Gee die funksie van die struktuur gemerk B.                                (1)

         1.5.3       Noem:

                     (a)   Die proses wat by C plaasvind                                        (1)

                     (b)   Die fase in meiose waartydens die proses by C plaasvind              (1)

         1.5.4       Gee EEN rede waarom proses C belangrik is.                                 (1)
                                                                                                (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                                     9                                DBE/November 2016
                                                                        NSS

1.6      Die diagram hieronder stel die moontlike evolusie van die perd voor.

                                                                                    Equus equus (moderne perd)
                                         0

                                         5
                                                                     Styohiparion
                                                                                                        Pliohippus
                                         10
                                                      Sinohippus     Megahippus

            Miljoene jaar gelede (mjg)
                                         15
                                                                                Arcaeohippus

                                         20     Anchitherium                                           Merychippus

                                         25

                                         30

                                                                                                       Parahippus
                                         35
                                                               Mesohippus

                                         40
                                                Paleotherium
                                         45                                         Epihippus

                                         50

                                         55                          Hyracotherium

                                                                                     [Aangepas uit http://archaeologyinfo.com]

         1.6.1                                Noem die:

                                              (a) Gemeenskaplike voorouer van alle perde                                          (1)

                                              (b) Genus wat die naaste aan Megahippus verwant is                                  (1)

         1.6.2                                Wanneer het Paleotherium uitgesterf?                                                (2)

         1.6.3                                Hoe lank het dit die moderne perd geneem om uit Hyracotherium
                                              te ontwikkel?                                                                       (2)
                                                                                                                                  (6)

                                                                                                TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             10                       DBE/November 2016
                                                NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die kleur van 'n plant se blare word deur twee allele beheer, groen (G) en
         geel (g). Die dorings aan die stingel van die plant word deur twee allele,
         teenwoordigheid van dorings (T) en geen dorings nie (t), beheer.

         Twee plante met die genotipes GGTT en ggtt is met mekaar gekruis. Hulle
         nakomelinge is daarna toegelaat om mekaar te bestuif.

         Die tabel hieronder toon die moontlike genotipes van die nakomelinge van die
         tweede generasie. Genotipes (i) en (ii) is weggelaat.

                 Gamete           GT             Gt        gT           gt
                   GT            GGTT           GGTt      GgTT        GgTt
                   Gt            GGTt           GGtt      (i)…         Ggtt
                   gT            GgTT           GgTt      ggTT        ggTt
                   gt            GgTt           Ggtt      ggTt        (ii)…

         2.1.1        Gee die:

                      (a)   Genotipe van (i)                                                       (1)

                      (b)   Fenotipe van (ii)                                                      (2)

         2.1.2        Noem die VIER genotipes van die nakomelinge van die tweede
                      generasie wat fenotipies van die oorspronklike ouerpaar sal verskil.         (4)
                                                                                                   (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          11                        DBE/November 2016
                                             NSS

2.2      Die diagram hieronder stel 'n fase in meiose voor.

         Sel 1 ondergaan verdeling en lei tot sel 2 en 3. Enkele allele word met letters
         aangedui.

                                             Sel 1

                 Sel 2                                                 Sel 3
                                        R     RR      R

                                         T     T t     t

         2.2.1       Verduidelik waarom sel 1 NIE 'n menslike sel is NIE.                        (2)

         2.2.2       Hoeveel chromosome sal daar teenwoordig wees in:

                     (a) Sel 2 aan die einde van telofase I                                      (1)

                     (b) Die dogterselle wat na meiose II deur sel 3 geproduseer word            (1)

         2.2.3       Teken 'n benoemde diagram van 'n gameet wat as gevolg van
                     sel 2 sal ontstaan.                                                         (5)
                                                                                                 (9)

2.3      Stel Mendel se wet van segregasie.                                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                    12                       DBE/November 2016
                                                       NSS

2.4      Huntington se chorea is 'n siekte veroorsaak deur 'n geenmutasie, wat tot die
         degenerasie van breinweefsel lei. Dit word deur 'n dominante alleel (H)
         veroorsaak.

         Die stamboomdiagram hieronder toon hoe hierdie siekte in 'n familie oorgeërf
         word.

                                      Karl           Sarah

                 Lisa          Liam           Kate           Susan   Sean

                        John          Alexa             Emma             Jo          Paul

                          SLEUTEL
                                  Vrou met                           Man met
                                  Huntington se                      Huntington se
                                  chorea                             chorea

                                  Vrou sonder                        Man sonder
                                  Huntington                         Huntington se
                                  se chorea                          chorea

         2.4.1          Wat is:

                        (a) Susan se fenotipe                                                             (1)

                        (b) Sarah se genotipe                                                             (1)

         2.4.2          Emma beplan om 'n baba te kry. Wat moet die pa se genotipe
                        wees sodat daar 'n 50%-kans sal wees dat hulle kind nie
                        Huntington se chorea sal hê nie?                                                  (1)

         2.4.3          Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.4.2.                                          (3)
                                                                                                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             13                               DBE/November 2016
                                                NSS

2.5      Die mutasie wat Huntington se chorea veroorsaak, vind plaas wanneer die
         CAG-basisdrietal op die DNS/DNA-molekule meer as 35 keer herhaal word.
         Hierdie mutasie lei tot die vorming van 'n 'Huntington-proteïen', wat die
         degenerasie van neurone in die brein veroorsaak.

         Die diagram hieronder toon die proses waardeur 'n bRNS/mRNA-molekule uit
         die DNS/DNA-molekule gevorm word.

                                                                        string 2

                                           X                             G
                                                                       CA
                                         AT                       AG
             bRNS/mRNA                         GC AG
                                                         C AG C

                                                                       string 1

                                                                  [Aangepas uit www.shutterstock.com]

         2.5.1       Noem die proses wat in die diagram voorgestel word.                                 (1)

         2.5.2       Waar vind hierdie proses in die sel plaas?                                          (1)

         2.5.3       Gee die:

                     (a)   Komplementêre       basisse    op   DNS/DNA-string         2    vir   'n
                           CAG-drietal                                                                   (1)

                     (b)   Volgorde van basisse by X                                                     (1)

         Die tabel hieronder toon die aminosure wat deur bRNS/mRNA-kodons
         gekodeer is.

                      bRNS/mRNA-KODON              AMINOSUUR
                            UAC                      Tirosien
                            AUG                     Metionien
                            CAG                     Glutamien
                            GUC                       Valien

         2.5.4       Watter aminosuur sal meer as 35 keer in 'n 'Huntington-proteïen'
                     voorkom?                                                                            (2)

         2.5.5       Verduidelik hoe 'n mutasie tot die vorming van 'n verskillende proteïen
                     aanleiding gee.                                                                     (3)
                                                                                                         (9)
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           14                            DBE/November 2016
                                              NSS

2.6      Jy het twee roosbome, beide met pienk blomme. Jy kruis hulle en vind dat,
         hoewel die meeste van die nakomelinge pienk is, party rooi en ander wit is.

         Gebruik 'n genetiese kruising om aan te toon hoe die kruising van twee plante
         met pienk blomme kan lei tot plante wat pienk, rooi en wit blomme dra.

         Gebruik die letter R vir die rooi alleel en W vir die wit alleel.                          (6)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        15                             DBE/November 2016
                                           NSS

VRAAG 3

3.1      Lees die leesstuk hieronder.

                          GENETIESE MODIFISERING VAN GEWASSE

         Genetiese modifisering (GM) van gewasse het begin met die ontdekking dat
         die grondbakterie Agrobacterium gebruik kan word om nuttige gene van
         onverwante spesies na plante oor te dra.

         Die geen, genaamd Bt, wat 'n plaagdodende toksien produseer wat vir mense
         onskadelik is, maar in staat is om insekplae te dood, is een van die gene wat
         die algemeenste in gewasplante ingeplaas word. Baie nuwe GM gewasse,
         soos mielies, aartappels en tamaties, word gemodifiseer om teen plae,
         siektes en onkruiddoders weerstandig te wees.

         GM voedsels kan onvoorsiene gevolge hê. Toksiese proteïene kan
         geproduseer word of gene wat teen antibiotika weerstandig is, kan na die
         bakterieë in die mens se spysverteringskanaal oorgedra word.
         Gemodifiseerde gewasse kan moontlik 'super-onkruide' word wat teen
         onkruiddoders weerstandig is. Gemodifiseerde gewasse kan ook 'per ongeluk'
         met wilde plante of ander gewasse teel.

                                          [Aangepas uit 'GM Organisms' www.newscientist.com]

         3.1.1        Hoe, volgens die leesstuk, het die genetiese modifisering van
                      gewasse begin?                                                              (1)

         3.1.2        Verduidelik waarom 'n plant wat gemodifiseer is om teen
                      onkruiddoders weerstandig te wees, 'n probleem vir boere kan
                      skep.                                                                       (2)

         3.1.3        Gee TWEE voorbeelde in die leesstuk van die gebruik van
                      GM gewasse wat 'n moontlike bedreiging vir menslike gesondheid
                      kan inhou.                                                                  (2)
                                                                                                  (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           16                            DBE/November 2016
                                              NSS

3.2      'n Sekere spesie akkedis op 'n eiland is gewoonlik bruin van kleur. 'n Mutasie
         in een geen vir liggaamskleur het rooi of swart akkedisse tot gevolg. Swart
         akkedisse is goed gekamoefleer teen die donker rotse en word gouer warm
         op koue dae, wat aan hulle die energie sal verskaf om roofdiere te ontwyk.

         Wetenskaplikes het ondersoek ingestel na die verwantskap tussen die kleur
         van die akkedisse in 'n bevolking en hulle oorlewingskoers op 'n eiland.

         Hulle het die ondersoek soos volg uitgevoer:

         •    Hulle het 'n groep akkedisse van 'n bepaalde spesie in 'n habitat
              geselekteer.
         •    Hulle het die persentasie van elke kleur (bruin, rooi of swart) in die
              geselekteerde groep aangeteken.
         •    Hulle het die ondersoek oor 'n tydperk van 30 generasies van
              nakomelinge herhaal.

         Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon.

             KLEUR VAN                 PERSENTASIE (%) VAN ELKE KLEUR
             AKKEDISSE                        IN DIE BEVOLKING
                                  Aanvanklike     10de     20ste     30ste
                                   bevolking   generasie generasie generasie
                 BRUIN                80           80       70        40
                  ROOI                10           0         0         0
                 SWART                10           20       30        60
                                                        [Aangepas uit http//.hhmi.org/biolactive]

         3.2.1        Noem die:

                      (a)   Onafhanklike veranderlike                                                (1)

                      (b)   Afhanklike veranderlike                                                  (1)

         3.2.2        Verduidelik die uitwerking van die mutasie op die oorlewing van
                      die rooi akkedisse.                                                            (2)

         3.2.3        Verduidelik waarom die wetenskaplikes die ondersoek oor
                      30 generasies moes uitvoer.                                                    (2)

         3.2.4        Noem TWEE maniere waarop die wetenskaplikes                       hierdie
                      geldigheid van die ondersoek kon verhoog het.                                  (2)

         3.2.5        Gebruik die teorie van natuurlike seleksie om die groter
                      persentasie swart akkedisse in die bevolking van die 30ste
                      generasie te verklaar.                                                         (6)

         3.2.6        Teken 'n staafgrafiek om die persentasie van die bruin en die swart
                      akkedisse in die aanvanklike bevolking met dié in die 30ste
                      generasie te vergelyk.                                                         (6)
                                                                                                     (20)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            17                          DBE/November 2016
                                               NSS

3.3      Die diagram hieronder toon die verspreiding van lede van die kameelfamilie
         op die verskillende kontinente. Die pyltjies dui die huidige verspreiding van die
         diere aan.

                                                                  Llama
        Dromedaris             Baktries

                                                          [Aangepas uit http://www.ck12.org]

         Verduidelik hoe spesievorming van kamele moontlik kon plaasgevind het.                     (6)

3.4      Die mens se bloedgroepe word deur veelvoudige allele beheer.

         3.4.1       Noem AL die allele wat menslike bloedgroepe beheer.                            (3)

         3.4.2       Hoeveel van die allele wat in VRAAG 3.4.1 genoem is, kan enige
                     individu oorerf?                                                               (1)

         3.4.3       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.2.                                   (2)

         3.4.4       'n Man se bloedgroep is A en sy vrou se bloedgroep is B. Hulle eerste
                     kind se bloedgroep is AB en die tweede kind se bloedgroep is O.

                     Watter gevolgtrekking kan gemaak word oor die bloedgroepe van
                     hulle toekomstige kinders?                                                     (3)
                                                                                                    (9)
                                                                                                    [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       18                        DBE/November 2016
                                          NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Fossiele van die tweevoetige primate Ardipithecus, Australopithecus en vroeë
Homo-spesies word gebruik om die 'Uit Afrika'-hipotese te ondersteun.

Stel die 'Uit Afrika'-hipotese. Beskryf die bewyse wat die 'Uit Afrika'-hipotese
ondersteun en die bewyse wat toon dat die drie primaat-genera hierbo genoem, almal
tweevoetig was.
                                                                           Inhoud:       (17)
                                                                          Sintese:       (3)
                                                                                         (20)

LET WEL:     GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van tabelle, vloeidiagramme of
             diagramme toegeken word NIE.

                                                            TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2016-memo-eng/9df17af6-1780-4b22-803e-95b344b83d38) — Life Sciences · Memo · 2016 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2016-eng/f9972eee-7003-48cf-abd1-093a89c505c4) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 SEPT2016 QP Engl FINAL](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-sept2016-qp-engl-final/660dff8f-a299-49ec-8bcf-9bdb39099fa3) — Life Sciences · QP · 2016
- [Life Sciences P2 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2016-eng/a7003e52-d0ba-4e5e-b91b-a71927b224ec) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2022-eng/47b0f5ad-d719-45e4-9408-1d076d3907c1) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2021-afr/6a0be2cc-cabc-40b2-a5fc-4dcf29d7b1b8) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
