# Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2017-afr/fa66b780-1e1d-460f-8a65-137efaffd0fb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2017-afr/fa66b780-1e1d-460f-8a65-137efaffd0fb)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V2

                                 NOVEMBER 2017

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       2                             DBE/November 2017
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           3                           DBE/November 2017
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

         1.1.1        In 'n DNS/DNA-molekule bind …

                      A   guanien met adenien.
                      B   adenien met timien.
                      C   sitosien met adenien.
                      D   guanien met timien.

         1.1.2        Die genotipe vir 'n individu met bloedgroep A is …

                      A   slegs IAIA.
                      B   IAIA of ii.
                      C   slegs IAi.
                      D   IAIA of IAi.

         1.1.3        Charles Darwin het die evolusieteorie deur natuurlike seleksie op
                      talle waarnemings gebaseer.

                      Watter EEN van sy waarnemings word in die diagram hierbo
                      voorgestel?

                      A   Beperkte omgewingshulpbronne
                      B   Bevolkings bly mettertyd stabiel
                      C   Individue in 'n bevolking kan baie varieer
                      D   Slegs die sterkstes sal oorleef

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                     4                    DBE/November 2017
                                                        NSS

         1.1.4       Antibiotika-weerstand by bakterieë is 'n hedendaagse voorbeeld
                     van evolusie.

                     Watter EEN van die volgende is 'n KORREKTE verduideliking vir
                     hierdie evolusie?

                     A       Blootstelling van bakterieë aan antibiotika maak dit
                             weerstandig.
                     B       Daar is variasie in die bakterieë en die weerstandige bakterieë
                             oorleef.
                     C       Hoe meer bakterieë daar is, hoe groter is die weerstand.
                     D       Hoe meer bakterieë daar is, hoe laer is die weerstand.

         1.1.5       Drie verwante spesies, X, Y en Z, deel 'n gemeenskaplike voorouer.
                     Spesie Y en Z deel die MEES ONLANGSE gemeenskaplike
                     voorouer.

                     Watter filogenetiese boom is die akkuraatste voorstelling van hulle
                     evolusionêre verwantskap?

                         X       Y     Z        Y       X     Z   Y   Z   X    Z       X   Y

                             A                   B                    C            D

         1.1.6       Bestudeer die stellings oor allele hieronder:

                     (i)      Afwisselende vorme van 'n geen word allele genoem.
                     (ii)     Daar is altyd slegs twee allele vir 'n gegewe eienskap.
                     (iii)    Die allele vir 'n betrokke eienskap word in 'n genotipe gegee.
                     (iv)     Allele word in ooreenstemmende posisies op homoloë
                              chromosome aangetref.

                     Watter kombinasie van stellings is KORREK?

                     A       (i), (ii), (iii) en (iv)
                     B       Slegs (i), (iii) en (iv)
                     C       Slegs (i), (ii) en (iv)
                     D       Slegs (ii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            5                          DBE/November 2017
                                               NSS

         1.1.7        Watter EEN van die volgende is 'n voortplantingsisolerings-
                      meganisme?

                      A    Voortplanting op verskillende tye van die jaar
                      B    Dieselfde bestuiwers vir verskillende plantspesies
                      C    Afwesigheid van 'n geografiese hindernis
                      D    Kloning

         VRAAG 1.1.8 TOT 1.1.10 IS OP DIE DIAGRAM HIERONDER GEBASEER.

         Die diagram toon een paar homoloë chromosome wat in elk van vier
         vrugtevlieë aangetref word. Die allele vir antenna-vorm (normaal of
         abnormaal) en liggaamspatroon (met strepe of sonder strepe) word op die
         chromosome aangedui.

            Vlieg 1       Vlieg
                           Fly 2     Vlieg
                                       Fly 3   Vlieg
                                                Fly 44

                                                              Sleutel:
                                                                 Normale antennas (N)

                                                                 Abnormale antennas (n)

                                                                 Liggaam met strepe (S)

                                                                 Liggaam sonder strepe (s)

         1.1.8        Watter vlieg is homosigoties vir antenna-vorm en heterosigoties vir
                      liggaamspatroon?
                      A    Vlieg 4
                      B    Vlieg 3
                      C    Vlieg 2
                      D    Vlieg 1

         1.1.9        Wat is die genotipe van Vlieg 3?
                      A    NnSS
                      B    NNSs
                      C    NnSs
                      D    NNss

         1.1.10       Watter EEN van die volgende sal die moontlike gamete vir Vlieg 4
                      verteenwoordig?
                      A    Ns, NS
                      B    NS
                      C    nS
                      D    Ns, ns                                                    (10 x 2)        (20)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          6                         DBE/November 2017
                                             NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.9) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Stikstofbasis wat slegs in RNS/RNA-molekule gevind word

         1.2.2       Die gebruik van biologiese prosesse, organismes of sisteme om die
                     kwaliteit van die menslike lewe te verbeter

         1.2.3       Tipe variasie in 'n bevolking waarin daar 'n reeks intermediêre
                     fenotipes is

         1.2.4       'n Regop liggaamshouding en loop slegs op twee bene

         1.2.5       'n Suikermolekuul wat in 'n nukleotied van DNS/DNA gevind word

         1.2.6       Genetiese afwyking wat die abnormale stolling van bloed tot gevolg
                     het

         1.2.7       Studie van fossiele

         1.2.8       Hedendaagse verspreiding van lewende organismes oor al die
                     kontinente heen

         1.2.9       Familie waaraan die mens behoort                             (9 x 1)       (9)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                           KOLOM I                                KOLOM II
          1.3.1      Eienskap van sjimpansee-        A:   Prognatisme
                     skedels                         B:   Foramen magnum na vore
                                                          geposisioneer
          1.3.2      Ooreenkoms tussen die mens      A:   Opponeerbare duim
                     en Afrika-ape                   B:   'n Kort en breë bekken
          1.3.3      Het die fossiel 'Little Foot'   A:   Raymond Dart
                     ontdek                          B:   Ron Clarke
                                                                                 (3 x 2)        (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                              7                       DBE/November 2017
                                                 NSS

1.4      Mendel het sommige eienskappe van die ertjieplant (Pisum sativum)
         waargeneem en voorgestel dat dit deur oorerflike faktore beheer word. Hy het 'n
         reeks eksperimente uitgevoer waarin hy ertjieplante met kontrasterende
         fenotipes gekruis het om die nageslag van die F 1 -generasie te verkry. Aan die
         begin was sy kruisings eenvoudig en het dit slegs een paar eienskappe behels.
         Mendel het die aantal nakomelinge getel wat elk van die variasies getoon het.

         Sy resultate word in die tabel hieronder aangedui.

            PLANT-
                                EIENSKAP               P 1 -GENERASIE   F 1 -GENERASIE
             DEEL
                               Saadtekstuur        Rond x gerimpeld       Almal rond
          Saad
                                 Saadkleur              Geel x groen      Almal geel
                             Tekstuur van peul          Vol x gekrimp        Almal vol
          Peul
                               Kleur van peul           Groen x geel     Almal groen

          Blomme                 Blomkleur               Violet x wit     Almal violet
                              Posisie van blom            Aksiaal x
                                                                         Almal aksiaal
          Stingel                op stingel               terminaal
                             Hoogte van stingel          Lank x kort      Almal lank

         1.4.1       Gee die term vir:

                     (a)   Die oorerflike faktore waarna Mendel verwys het                         (1)

                     (b)   'n Kruising wat slegs EEN eienskap behels                               (1)

         1.4.2       Noem die vroulike struktuur van die blom waar meiose plaasvind.               (1)

         1.4.3       Gebruik die inligting in die tabel hierbo om die GETAL van ELK van
                     die volgende te gee:

                     (a)   Eienskappe van peule                                                    (1)

                     (b)   Allele vir saadeienskappe                                               (1)

         1.4.4       Gee die eienskap wat:

                     (a)   Dominant vir blomkleur is                                               (1)

                     (b)   Resessief vir stingelhoogte is                                          (1)

         1.4.5       Indien die individue van die F 1 -generasie gekruis word, hoeveel
                     fenotipes vir saadkleur kan in die F 2 -generasie verwag word?                (1)
                                                                                                   (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             8                      DBE/November 2017
                                                NSS

1.5      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n proses wat tydens proteïensintese
         plaasvind.

                                                                         B

              A

                                                                                  C

                                                                                  D
                                            E

         1.5.1       Identifiseer die proses hierbo.                                           (1)

         1.5.2       Identifiseer:

                     (a)    Organel A                                                          (1)

                     (b)    Molekuul B                                                         (1)

                     (c)    Die binding by E                                                   (1)

         1.5.3       Gee slegs die LETTER van die molekuul wat:

                     (a)    Die aminosuur dra                                                  (1)

                     (b)    Van DNS/DNA gekopieer word                                         (1)

                     (c)    Die monomeer/bousteen van proteïene is                             (1)
                                                                                               (7)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           9                          DBE/November 2017
                                              NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Daar word vir die volgorde van aminosure in 'n proteïenmolekuul deur
         DNS/DNA en RNS/RNA gekodeer. Die tabel hieronder toon sommige bRNS-
         /mRNA-kodons en die ooreenstemmende aminosure.

                          bRNS/mRNA-KODONS               AMINOSUUR
                                 AGC                         Serien
                                 GAU                     Aspartiensuur
                                 CUA                        Leusien
                                 UAU                        Tirosien
                                 UUC                     Fenielalanien
                                 AGU                         Serien
                                 GAC                     Aspartiensuur
                                 UUU                     Fenielalanien
                                 CUC                        Leusien
                                 GAG                     Glutamiensuur

        2.1.1        Volgens die tabel, hoeveel kodons kodeer vir fenielalanien?                  (1)

        2.1.2        Wat is die antikodon vir glutamiensuur?                                      (1)

        2.1.3        'n Gedeelte van bRNS/mRNA het die volgende basisvolgorde en word
                     van links na regs gelees:

                                      GAU CUC GAC AGC AUG ACC
                     Gee die:

                     (a) DNS-/DNA-basisdrietal vir die LAASTE kodon op hierdie deel van
                         bRNS/mRNA                                                      (1)

                     (b) EERSTE aminosuur waarvoor daar deur hierdie gedeelte van
                         bRNS/mRNA gekodeer word                                  (1)

        2.1.4        'n Mutasie het plaasgevind en het die volgende basisvolgorde op die
                     bRNS-/mRNA-molekuul tot gevolg gehad:

                                      GAU CUC GAC AGU AUG ACC

                     (a) Beskryf die mutasie wat plaasgevind het.                                 (2)

                     (b) Verduidelik die uitwerking wat die mutasie wat in VRAAG 2.1.4(a)
                         beskryf is, op die proteïen wat as gevolg daarvan gevorm het, sal
                         hê.                                                               (2)

        2.1.5        Noem en beskryf die proses wat in die selkern/nukleus plaasvind, wat
                     tot die vorming van 'n bRNS-/mRNA-molekuul lei.                      (6)
                                                                                          (14)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            10                        DBE/November 2017
                                               NSS

2.2      'n Mutasie het in 'n bevolking eekhorings plaasgevind. Hierdie bevolking is toe
         deur 'n rivier geskei. Baie jare later is ontdek dat die oorspronklike bevolking
         spesiasie ondergaan het. Die proses van spesievorming word in die diagram
         hieronder getoon.

                 Spesie A

                            Mutasie
                                                           RIVIER

             Oorspronklike eekhoring-bevolking
                                                                       Spesie B

         2.2.1       Definieer 'n bevolking.                                                     (2)

         2.2.2       Behalwe mutasies, gee DRIE oorsake van variasie in 'n bevolking.            (3)

         2.2.3       Verduidelik hoekom daar uiteindelik meer eekhorings met die
                     mutasie aan die een kant van die rivier was.                                (3)

         2.2.4       Verduidelik watter uitwerking die proses hierbo op die biodiversiteit
                     in hierdie ekosisteem het.                                                  (2)

         2.2.5       Daar is ontdek dat spesie A en B TWEE aparte spesies is.

                     Beskryf wat gedoen kan word om te bevestig dat die eekhorings
                     aan twee verskillende biologiese spesies behoort.                           (2)
                                                                                                 (12)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           11                        DBE/November 2017
                                              NSS

2.3      Kleurblindheid (Daltonisme) is 'n geslagsgekoppelde afwyking wat deur 'n
         resessiewe alleel (Xd) veroorsaak word.

         Die diagram hieronder toon die oorerwing van hierdie afwyking in 'n familie.

                                     Thuli

                        Molly      Senzo                     Linda

           SLEUTEL:
                Normale vrou                  Normale man

                Kleurblinde vrou              Kleurblinde man

        2.3.1        Gee die:

                     (a) Fenotipe van Senzo                                                     (1)

                     (b) Genotipe van Thuli                                                     (1)

        2.3.2        Beskryf hoe Linda kleurblindheid oorgeërf het.                             (2)

        2.3.3        Verduidelik hoekom daar oor die algemeen meer mans as vrouens met
                     kleurblindheid in 'n bevolking is.                                (4)

        2.3.4        Molly het met 'n 'normale man' getrou. Gebruik 'n genetiese kruising om
                     die moontlike genotipes en fenotipes van hulle kinders te toon.         (6)
                                                                                             (14)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          12                         DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 3

3.1      Wetenskaplikes gebruik fossiele as bewys vir menslike evolusie.
         Die breinvolume van sommige uitgestorwe primate is van hulle fossiele geskat
         en met die breinvolumes van lewende primate vergelyk.

         Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

                      PRIMAAT             BESTAANSTYDPERK             GEMIDDELDE
                                          (miljoen jaar gelede)          BREIN-
                                                                      VOLUME (cm3)
             Ardipithecus ramidus               5,8 tot 4,4               400
             Australopithecus                    4 tot 2,7                450
             afarensis
             Australopithecus                      3 tot 2                  450
             africanus
             Homo habilis                       2,2 tot 1,6                 750
             Homo erectus                        2 tot 0,4                 1 000
             Homo neanderthalensis              0,3 tot 0,23               1 500
             Homo sapiens                       0,2 tot nou                1 400
             Moderne ape                        0,2 tot nou                 500

         3.1.1       Behalwe vir fossielbewyse, gee TWEE ander tipes bewyse vir
                     menslike evolusie.                                                         (2)

         3.1.2       Watter primaat het eerste uitgesterf?                                      (1)

         3.1.3       Die brein van 'n organisme word nie as 'n fossiel bewaar nie.

                     Hoe stel wetenskaplikes die breinvolume van uitgestorwe primate
                     vas?                                                                       (2)

         3.1.4       Bereken die verskil in breinvolume (in cm3) tussen die twee
                     lewende primate. Toon ALLE berekeninge.                                    (2)

         3.1.5       Gee bewyse in die tabel wat daarop dui dat:

                     (a) Homo habilis en Homo erectus moontlik in dieselfde tydperk
                         bestaan het                                                            (1)

                     (b) Ardipithecus die primitiefste van al die primaatgenera was             (1)

         3.1.6       Teken 'n staafgrafiek om die gemiddelde breinvolume van ELK van
                     die spesies van die genus Homo te toon.                                    (6)
                                                                                                (15)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         13                       DBE/November 2017
                                            NSS

3.2      Lees die uittreksel hieronder.

         Lank voor die ontwikkeling van landbougewasse, het Suid-Afrikaanse
         dorpsbewoners die soetste en grootste vrugte van die maroelaboom gepluk
         en dit al om hulle kampe gestrooi. Die sade van hierdie vrugte het ontkiem en
         tot vrugdraende bome ontwikkel. Die beste vrugte van hierdie bome is dan
         gekies en die proses is herhaal.

         Boere gebruik deesdae 'marcotting'. Dit behels dat die bas in een area
         rondom 'n tak afgetrek word. Hierdie area word gestimuleer om wortels te
         vorm. Die tak word daarna van die boom verwyder en in die grond geplant om
         meer maroelabome voort te bring.

         3.2.1        Noem die eienskappe wat die dorpsbewoners uitgesoek het.                (2)

         3.2.2        Verduidelik hoe hierdie praktyk 'n voorbeeld van kunsmatige
                      seleksie is.                                                            (3)

         3.2.3        Gee EEN omgewingsfaktor wat die           eienskappe     wat    in
                      VRAAG 3.2.1 genoem is, kan beïnvloed.                                   (1)

         3.2.4        Verduidelik EEN nadeel van 'n plantasie maroelabome wat deur
                      'marcotting' gekweek word in vergelyking met 'n bevolking
                      maroelabome wat natuurlik voortgeplant het.                             (2)

         3.2.5        Verduidelik of die vrugte van maroelabome wat deur 'marcotting'
                      gekweek is as 'n vorm van genetiese modifikasie (GM)
                      geklassifiseer kan word.                                                (2)

         3.2.6        Noem TWEE voordele van genetiese modifikasie.                           (2)
                                                                                              (12)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            14                           DBE/November 2017
                                               NSS

3.3      'n Spesie muise het verskillende pelskleure in verskillende habitatte.
         Wetenskaplikes het waargeneem dat daar meer muise met 'n ligter pelskleur
         was in 'n strandhabitat waar die sand 'n ligter kleur gehad het. Verder was
         daar meer muise met 'n donkerder pelskleur in die vastelandse habitat waar
         die sand 'n donkerder kleur gehad het. Muise word deur uile aangeval en dien
         as prooi.

         Wetenskaplikes wou ondersoek hoe die pelskleur die muise se kans om
         aangeval te word, beïnvloed. Hulle het 'n simulasie uitgevoer waar modelle
         gebruik is om die muise te verteenwoordig.

         Met die uitvoering van die ondersoek het hulle:

         •    Kleimodelle van die muise gemaak
         •    200 kleimodelle geverf om die ligter pelskleur na te boots en 200 modelle
              om die donkerder pelskleur na te boots
         •    'n Gelyke getal muise van elke kleur ewekansig/lukraak in die
              strandhabitat en in die vastelandse habitat geplaas
         •    Genoeg tyd vir predatore toegelaat om die muismodelle aan te val
         •    Al die modelle versamel en die getal aangeteken wat deur die aanvalle
              beskadig is

         Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon.

                 HABITAT               PELSKLEUR              GETAL MODELLE WAT
                                                                 AANGEVAL IS
                                           Ligter                     80
              Vasteland
                                         Donkerder                    20
                                           Ligter                     26
              Strand
                                         Donkerder                    78

         3.3.1        Noem TWEE onafhanklike veranderlikes.                                         (2)

         3.3.2        Hoeveel muise met 'n ligter pelskleur is in die strandhabitat
                      geplaas?                                                                      (1)

         3.3.3        Noem TWEE maniere waarop die wetenskaplikes                         die
                      betroubaarheid van die resultate verseker het.                                (2)

         3.3.4        Gee 'n gevolgtrekking vir die ondersoek wat in die vastelandse
                      habitat uitgevoer is.                                                         (2)

         3.3.5        Verduidelik die resultate wat vir die strandhabitat verkry is.                (4)
         3.3.6        Verduidelik waarom die simulasie dalk nie 'n akkurate voorstelling
                      van die oorlewing van muise is nie.                                           (2)
                                                                                                    (13)
                                                                                                    [40]

                     .                                             TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                     15                       DBE/November 2017
                                        NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf die struktuur en rangskikking van chromosome wat die normale menslike
kariotipe vorm. Beskryf ook die gedrag van die chromosome tydens die verskillende
fases van meiose I.
                                                                         Inhoud:      (17)
                                                                         Sintese:     (3)

LET WEL:     GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van tabelle,
             vloeidiagramme of diagramme nie.

                                                          TOTAAL AFDELING C:          20
                                                              GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Life Sciences P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2017-eng/7e62377f-2abd-4a09-be12-9a33dc3af21b) — Life Sciences · QP · 2017 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2022-eng/47b0f5ad-d719-45e4-9408-1d076d3907c1) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2021-afr/6a0be2cc-cabc-40b2-a5fc-4dcf29d7b1b8) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr
- [Life Sciences P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-eng/ad42999d-6e30-4bbc-9860-4febb47c7166) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-afr/3a3f6e0d-1732-4f2c-aba0-9b2bf232ef02) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
