# Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2018-afr/1af36ab3-4dd1-40d6-95b3-1ad5a1300c75
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2018-afr/1af36ab3-4dd1-40d6-95b3-1ad5a1300c75)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V2

                                  NOVEMBER 2018

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       2                             DBE/November 2018
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          3                         DBE/November 2018
                                             NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.

         1.1.1        Wat is die wetenskaplike naam van die fossiel, mev. Ples?

                      A    Homo erectus
                      B    Homo habilis
                      C    Australopithecus africanus
                      D    Australopithecus afarensis

         1.1.2        Watter EEN van die volgende is 'n strukturele eienskap van
                      'n bipedale organisme?

                      A    Lang, smal bekken
                      B    Kort, breë bekken
                      C    C-vormige werwelkolom
                      D    Langer arms

         1.1.3        'n Ma het bloedgroep B en 'n pa het bloedgroep O. Hulle het drie
                      biologiese kinders en 'n aangenome kind. Die bloedgroepe van al
                      die kinders word in die tabel hieronder voorgestel.

                                       KINDERS          BLOEDGROEP
                                 Nobuhle                     O
                                 William                     B
                                 Milly                      AB
                                 Patrick                     O

                      Watter kind is aangeneem?

                      A    Nobuhle
                      B    William
                      C    Milly
                      D    Patrick

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                  4                          DBE/November 2018
                                                     NSS

         VRAAG 1.1.4 EN 1.1.5 IS OP DIE TYDLYN HIERONDER GEBASEER, WAT
         DIE MOONTLIKE EVOLUSIE VAN SOMMIGE HOMINIEDE TOON.

                                          Australopithecus
                                             afarensis                 Homo erectus

              Tyd
                            5             4           3            2         1            0
              (mjg)

                            Ardipithecus                          Homo                 Homo
                              ramidus                             habilis             sapiens

         1.1.4        Watter spesie het die Aarde vir die langste tydperk bewoon?

                      A         Australopithecus afarensis
                      B         Homo erectus
                      C         Homo habilis
                      D         Homo sapiens

         1.1.5        Hoeveel jaar gelede het die genus Homo die eerste keer verskyn?

                      A         2,2 mjg
                      B         2,0 mjg
                      C         1,6 mjg
                      D         0,2 mjg

         1.1.6        Die lys hieronder beskryf sommige evolusionêre gebeure.

                      (i)   Elke bevolking ondergaan natuurlike seleksie verskillend en
                            onafhanklik.
                      (ii) Daar is geen geenvloei tussen die twee bevolkings nie.
                      (iii) 'n Bevolking raak geskei.
                      (iv) 'n Geografiese hindernis vorm.
                      (v) Die twee bevolkings word fenotipies en genotipies verskillend.

                      Watter EEN van die volgende kombinasies gee die KORREKTE
                      volgorde van hierdie gebeure?

                      A         (v)  (iii)  (ii)  (i)  (iv)
                      B         (iv)  (v)  (ii)  (i) (iii)
                      C         (iv)  (iii)  (ii ) (i)  (v)
                      D         (ii)  (iii)  (iv)  (i)  (v)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             5                          DBE/November 2018
                                                NSS

         1.1.7        Die diagram hieronder toon die vrugbaarheid van die nageslag wat
                      voortgebring word wanneer drie muisbevolkings, X, Y en Z,
                      kruisteel.

                            Bring 'n vrugbare         X          Bring 'n onvrugbare
                            nageslag voort                       nageslag voort

                                             Y               Z

                                     Bring 'n onvrugbare nageslag voort

                      Watter EEN van die volgende stellings is KORREK?

                      A    Al drie bevolkings is van dieselfde spesie.
                      B    Bevolking X en Z is van dieselfde spesie, maar bevolking X
                           en Y is verskillende spesies.
                      C    Bevolking Y en Z is verskillende spesies, maar bevolking X
                           en Y is van dieselfde spesie.
                      D    Bevolking X en Y is verskillende spesies, maar bevolking Y
                           en Z is van dieselfde spesie.

         VRAAG 1.1.8 EN 1.1.9 IS OP DIE INLIGTING HIERONDER GEBASEER.

         In 'n sekere spesie konyne word liggaamskleur deur twee allele beheer waar
         swart (B) dominant oor wit (b) is. Oorvorm word deur 'n tweede geen beheer.
         Die alleel vir breë ore (E) is dominant oor die alleel vir smal ore (e).

         1.1.8        Wat is die moontlike genotipe vir 'n swart konyn met smal ore?

                      A    BbEe
                      B    bbee
                      C    BBEe
                      D    Bbee

         1.1.9        Wat is die moontlike genotipe van gamete wat deur 'n wit konyn
                      met smal ore voortgebring word?

                      A   bbee
                      B   be
                      C   BE, Be, bE en be
                      D   bE en be                                                     (9 x 2)     (18)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            6                          DBE/November 2018
                                               NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Die bindings tussen stikstofbasisse in 'n DNS/DNA-molekuul

         1.2.2       Al die gene waaruit 'n organisme bestaan

         1.2.3       Die tipe bewys vir menslike evolusie wat die maak van gereedskap
                     insluit

         1.2.4       Die proses waardeur nuwe spesies gevorm word

         1.2.5       'n Oorgeërfde siekte waar bloed nie behoorlik kan stol nie

         1.2.6       Die opening in die basis van die skedel waardeur die rugmurg strek

         1.2.7       Twee of meer alternatiewe vorme van 'n geen by dieselfde lokus

         1.2.8       Die tipe variasie in 'n bevolking met geen intermediêre fenotipes nie

         1.2.9       Chromosome betrokke by geslagsbepaling                         (9 x 1)       (9)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                            KOLOM I                                KOLOM II
         1.3.1       Tipe oorerwing waar beide         A:   Kodominansie
                     allele eweredig in die fenotipe   B:   Volledige dominansie
                     uitgedruk word
         1.3.2       Bewys van evolusie                A:   Modifikasie deur afstamming
                                                       B:   Fossielrekord
         1.3.3       Het die struktuur van die         A:   Watson en Crick
                     DNS/DNA-molekuul ontdek           B:   White en Dart
                                                                                   (3 x 2)        (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                              7                      DBE/November 2018
                                                 NSS

1.4      Die diagram hieronder toon die struktuur van 'n chromosoom.

                                                                B
                                        A

                                                       C

                           E

                                    D

         1.4.1       Identifiseer deel D en E.                                                  (2)

         1.4.2       Hoeveel pare chromosome word in 'n normale menslike somatiese
                     sel aangetref?                                                             (1)

         1.4.3       Gee slegs die LETTER van die deel wat:

                     (a)   Tydens seldeling aan die spoelvesels heg                             (1)

                     (b)   'n Geen verteenwoordig                                               (1)

         1.4.4       Noem:

                     (a)   TWEE organelle in 'n diersel waar DNS/DNA aangetref word             (2)

                     (b)   Die natuurlike vorm van 'n DNS/DNA-molekuul                          (1)

                     (c)   Die proses waardeur DNS/DNA 'n identiese kopie van homself
                           maak                                                                 (1)
                                                                                                (9)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                               8                    DBE/November 2018
                                                  NSS

1.5      Lees die uittreksel hieronder.

         Trilobiete is 'n uitgestorwe groep marine-artropodes (geleedpotiges). Baie van
         hulle fossiele is ontdek. Hulle het 'n taai eksoskelet gehad en daar word
         vermoed dat hulle aan drie ander filums van uitgestorwe artropodes, naamlik
         helmetiede, tegopeltiede en naraoïede, nou verwant is.

         Die tegopeltiede en helmetiede is die twee filums wat die naaste verwant is
         en nader verwant aan trilobiete as aan naraoïede is.

         Bestudeer die diagram hieronder, wat die moontlike evolusionêre
         verwantskappe tussen die vier filums, wat deur die letters M, N, O en P
         verteenwoordig word, illustreer.

                               M              N         O           P

                                                   Q

                           R        S
                                                               U

                                          T

         1.5.1       Noem die tipe diagram wat geïllustreer word.                              (1)

         1.5.2       Watter strukturele eienskap van trilobiete, wat in die uittreksel
                     beskryf word, het die kanse op fossilering verbeter?                      (1)

         1.5.3       Gee slegs die LETTER van die mees onlangse algemene voorouer
                     vir filum:

                     (a)   M en O                                                              (1)
                     (b)   M, N, O en P                                                        (1)

         1.5.4       Watter van die uitgestorwe artropodes (trilobiete, helmetiede,
                     tegopeltiede of naraoïede) word verteenwoordig deur filum:

                     (a)   M                                                                   (1)
                     (b)   N                                                                   (1)
                     (c)   O                                                                   (1)
                     (d)   P                                                                   (1)
                                                                                               (8)
                                                                TOTAAL AFDELING A:             50
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          9                        DBE/November 2018
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagramme hieronder stel die verspreiding van chromosoompaar 21 voor,
         soos wat dit in gamete aan die einde van meiose II by 'n manspersoon
         voorkom.

                       A                B                 C               D

         2.1.1       Verduidelik hoekom die gamete, wat deur diagram C en D
                     verteenwoordig word, nie enige chromosome het nie.                       (3)

         2.1.2       Indien gameet A by bevrugting betrokke is, beskryf hoe dit
                     Down-sindroom tot gevolg kan hê.                                         (3)

         2.1.3       As gevolg van die proses van oorkruising kom die chromosome in
                     diagram A en B verskillend van mekaar voor.

                     (a)   Identifiseer die fase van meiose waartydens oorkruising
                           plaasvind.                                                         (1)

                     (b)   Beskryf die gebeure tydens oorkruising.                            (3)

                     (c)   Verduidelik die belangrikheid van oorkruising by natuurlike
                           seleksie.                                                          (3)
                                                                                              (13)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                               10                        DBE/November 2018
                                                  NSS

2.2      Erge gekombineerde immuungebreksindroom ('SCID') is 'n afwyking wat die
         immuniteitstelsel beïnvloed. Dit word deur 'n geslagsgekoppelde resessiewe
         alleel (Xd) veroorsaak.

         Die diagram hieronder toon die oorerwing van die afwyking in 'n familie. Dit is
         nie bekend of individu 1 die afwyking het of nie.

                                              ?
                                              1         2

                                    3                            4

                                                                                   5

                 SLEUTEL:
                           Man sonder SCID              Vrou sonder SCID

                           Man met SCID                 Vrou met SCID

         2.2.1       Gee die:

                     (a)     Fenotipe van individu 2                                                (1)

                     (b)     Fenotipe van individu 1                                                (1)

                     (c)     Genotipe van individu 3                                                (2)

         2.2.2       Verduidelik hoe individu 5 die afwyking oorgeërf het.                          (2)
                                                                                                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           11                        DBE/November 2018
                                              NSS

2.3      Lees die uittreksel hieronder.

         Die eerste gekloonde dier in Afrika, 'n kalf genoem Futhi, is op
         19 April 2003 in Noordwes in Suid-Afrika gebore. Geen bevrugting was by die
         maak van Futhi betrokke nie. Sy is voortgebring uit 'n enkele sel wat uit die
         oor van 'n skenkerkoei, genoem LMJC 865, geneem is. Die skenkerkoei het 'n
         hoë gemiddelde melkopbrengs van 78 liter per dag gehad. Kloning maak die
         produksie van organismes met gewenste eienskappe moontlik.
         Sommige mense redeneer dat kloning genetiese variasie in die nageslag
         verminder, met geen verdere genetiese verbetering nie. Kloning is 'n duur
         prosedure en is moontlik nie lonend vir kommersiële landbou nie.

         2.3.1       Volgens die uittreksel, noem EEN:
                     (a)   Voordeel van kloning                                                    (1)
                     (b)   Nadeel van kloning                                                      (1)
         2.3.2       Noem hoekom die skenkersel by LMJC 865 geneem is en nie by
                     enige ander koei nie.                                                         (1)
         2.3.3       Noem hoekom 'n oorsel, en nie 'n ovum nie, gebruik is.                        (2)
         2.3.4       Beskryf kortliks die proses van kloning.                                      (4)
                                                                                                   (9)

2.4      Blomkleur (pers of wit) in 'n spesifieke plantspesie word deur twee allele,
         D en d, beheer.
         Vier kruisings is uitgevoer om te bepaal watter alleel dominant is. Veertig (40)
         nakomelinge is in elke kruising voortgebring. Die fenotipes van die ouers en
         die nageslag in elke kruising is aangeteken.
         Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

                                                   FENOTIPE
          KRUISING
                             OUER 1          OUER 2               NAGESLAG
                 1            pers             wit                  40 pers
                 2            pers            pers               31 pers, 9 wit
                 3             wit             wit                   40 wit
                 4            pers             wit               21 pers, 19 wit

         2.4.1       Noem die dominante blomkleur.                                                 (1)
         2.4.2       Gebruik kruising 1 om jou antwoord op VRAAG 2.4.1 te verduidelik.             (2)
         2.4.3       Stel Mendel se Wet van Segregasie.                                            (3)
         2.4.4       Gebruik 'n genetiese kruising om te toon hoe die kruising van twee
                     plante met pers blomme, wit nakomelinge kan voortbring, soos in
                     kruising 2.                                                                   (6)
                                                                                                   (12)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          12                        DBE/November 2018
                                             NSS

VRAAG 3

3.1      Die diagramme hieronder toon die bokake van sommige fossiele. Hierdie
         diagramme is volgens skaal geteken.

                 Sjimpansee        Australopithecus afarensis    Homo sapiens

         3.1.1       Beskryf EEN sigbare verskil tussen die kaak van 'n sjimpansee en
                     dié van Homo sapiens wat tendense in menslike evolusie toon.              (2)

         3.1.2       Gebaseer op die verskille in gebit, watter gevolgtrekking kan oor
                     die verandering in dieet van Australopithecus afarensis na
                     Homo sapiens gemaak word?                                                 (2)

         3.1.3       Australopithecus kan as 'n oorgangspesie tussen die sjimpansee en
                     Homo sapiens beskryf word.

                     (a)   Definieer 'n oorgangspesie.                                         (1)

                     (b)   Gebruik EEN sigbare eienskap van die kaak om te verduidelik
                           hoekom A. afarensis moontlik as 'n oorgangspesie beskryf kan
                           word.                                                               (2)
                                                                                               (7)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         13                          DBE/November 2018
                                            NSS

3.2      Daar is twee variasies in die kleur van koningsslange. Sommige het 'n helder
         kleurvolle patroon en ander het 'n dowwe patroon. Koningsslange is nie giftig
         vir hulle predatore nie.

         Koraalslange het ook 'n helder kleurpatroon, maar is giftig vir hulle predatore.
         Dit is 'n verdedigingsmeganisme omdat predatore hulle vermy.

         Wetenskaplikes het waargeneem dat waar koningsslange dieselfde habitat
         met koraalslange deel, daar meer koningsslange met helder kleurvolle
         patrone was.

         Die diagram hieronder verteenwoordig die verspreiding van die slange.

                              SLEUTEL:
                                   Koraalslange

                                   Helderkleurige koningsslange
                                   Dowwe koningsslange

         3.2.1       Verduidelik hoe die helder kleurpatroon van koraalslange hulle
                     oorlewing beïnvloed.                                                       (3)

         3.2.2       Gebruik Darwin se evolusieteorie deur natuurlike seleksie om te
                     verduidelik hoekom daar meer helderkleurige koningsslange in
                     hierdie habitat is.                                                        (6)
                                                                                                (9)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                                14                        DBE/November 2018
                                                                   NSS

3.3      Kunsmatige-seleksie-programme het twee variëteite mielies opgelewer. Die
         een het pitte met 'n hoë olie-inhoud (Variëteit F) en die ander een het pitte
         met 'n lae olie-inhoud (Variëteit G).

         Die grafiek hieronder toon die veranderinge in olie-inhoud van die pitte van
         die twee variëteite oor 100 jaar van kunsmatige seleksie.

                                            Veranderinge in die olie-inhoud van die pitte van twee
                                                   variëteite mielies gedurende 100 jaar
                                     120

          Olie-inhoud (mg per pit)
                                     100                                                             Variëteit F

                                      80

                                      60

                                      40

                                      20
                                                                                                     Variëteit G
                                       0
                                        1900        1920       1940          1960    1980       2000
                                                                      Jaar

         3.3.1                             In watter jaar het die twee mielievariëteite dieselfde olie-inhoud
                                           gehad?                                                                    (1)

         3.3.2                             Bereken die persentasie toename in die olie-inhoud van Variëteit F
                                           oor die 100 jaar-tydperk. Toon ALLE berekeninge.                          (3)

         3.3.3                             Tabuleer TWEE verskille tussen natuurlike seleksie en kunsmatige
                                           seleksie.                                                                 (5)
                                                                                                                     (9)

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            15                           DBE/November 2018
                                               NSS

3.4      Onkruid is 'n probleem vir boere omdat dit landerye op plase inneem en beter
         as gesaaides ten opsigte van spasie presteer. Dit verklein die oesopbrengs.

         Boere bespuit hulle landerye met chemikalieë, bekend as onkruiddoders, om
         die onkruid uit te roei. Sommige onkruid het egter weerstand teen
         onkruiddoders ontwikkel.

         Wetenskaplikes het die tyd wat dit 'n onkruidspesie neem om weerstand teen
         vyf tipes onkruiddoders te ontwikkel, ondersoek. Die resultate word in die
         tabel hieronder getoon.

                         TIPES             TYD WAT DIT ONKRUID NEEM OM
                     ONKRUIDDODER         WEERSTAND TE ONTWIKKEL (JAAR)
                          2,4-D                          9
                        Dalapon                          9
                        Picloran                        25
                        Dicloflop                        7
                        Trifluralin                     26

         3.4.1       Verwys na die leesstuk hierbo en noem hoe onkruid optree om
                     oesopbrengs te verklein.                                                       (1)

         3.4.2       Identifiseer die:

                     (a)   Onafhanklike veranderlike                                                (1)

                     (b)   Afhanklike veranderlike                                                  (1)

         3.4.3       Noem die onkruiddoder:

                     (a)   Waarteen die onkruid die vinnigste weerstand ontwikkel het               (1)

                     (b)   Wat vir die langste tydperk effektief gebly het                          (1)

         3.4.4       Die wetenskaplikes het dieselfde onkruidspesie gebruik toe
                     weerstand teen die verskillende onkruiddoders ondersoek is.

                     (a)   Beskryf hoe die wetenskaplikes die weerstand van die onkruid
                           teen die onkruiddoders sou kon bepaal.                                   (2)

                     (b)   Verduidelik hoe die gebruik van dieselfde onkruidspesie die
                           geldigheid van die ondersoek verbeter het.                               (2)

         3.4.5       Trek 'n kolomgrafiek om die tyd wat die evolusie van weerstand teen
                     die onkruiddoders neem, te toon.                                               (6)
                                                                                                    (15)
                                                                                                    [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       16                        DBE/November 2018
                                          NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf die struktuur van RNS/RNA in 'n sel en die betrokkenheid van die verskillende
tipes RNS/RNA in proteïensintese.
                                                                            Inhoud:      (17)
                                                                             Sintese:    (3)
                                                                                         (20)

LET WEL:     GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagramme of
             diagramme toegeken word NIE.

                                                             TOTAAL AFDELING C:          20
                                                                 GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2018-final-memo-afr/0335a3c8-f1eb-4093-94d2-7a5b284fa6d3) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-afr/12a337df-bd94-4623-80e8-1f7baba2ce86) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-eng/f78a2850-007f-41f2-9e3b-939d8311bf0d) — Life Sciences · QP · 2018 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2018-english/77f4ce99-c134-4c97-bb48-a35ebaf63702) — Life Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2022-eng/47b0f5ad-d719-45e4-9408-1d076d3907c1) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2021-afr/6a0be2cc-cabc-40b2-a5fc-4dcf29d7b1b8) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
