# Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-afr/3a3f6e0d-1732-4f2c-aba0-9b2bf232ef02
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-afr/3a3f6e0d-1732-4f2c-aba0-9b2bf232ef02)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V2

                                 NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       2                             DBE/November 2019
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                   3                  DBE/November 2019
                                                      NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.

         1.1.1        Watter EEN van die volgende verwys na 'n geleidelike verandering
                      in die struktuur van organismes met verloop van tyd?

                      A       Natuurlike seleksie
                      B       Mutasie
                      C       Evolusie
                      D       Spesiasie

         1.1.2        Bestudeer die meganismes hieronder:

                      (i)      Spesie-spesifieke hofmakery
                      (ii)     Onvrugbare nakomelinge
                      (iii)    Aanpassing by verskillende bestuiwers
                      (iv)     Teel/Broei op dieselfde tyd van die jaar

                      Watter EEN van die kombinasies hieronder verteenwoordig
                      voortplantingsisoleringsmeganismes?

                     A         Slegs (i), (ii) en (iv)
                     B         Slegs (ii), (iii) en (iv)
                     C         Slegs (i), (ii) en (iii)
                     D         (i), (ii), (iii) en (iv)

         1.1.3        'n DNS/DNA-monster het 60 guanienbasisse en 30 adenien-
                      basisse.
                      Hoeveel fosfaatmolekules sou jy in hierdie DNS/DNA-monster
                      verwag?

                      A       30
                      B       90
                      C       180
                      D       270

         1.1.4        Die evolusieteorie word deur 'n vergelykende studie oor die
                      struktuur van die voorste ledemate van gewerweldes uit die
                      fossielrekord ondersteun.

                      Watter EEN van die volgende verteenwoordig die stelling hierbo?

                      A       Genetiese bewyse
                      B       Modifikasie deur afstammeling
                      C       Natuurlike seleksie
                      D       Biogeografie
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                     4                      DBE/November 2019
                                                        NSS

         1.1.5        Die diagram hieronder toon die oorerwingspatroon van 'n afwyking.

                                                              SLEUTEL

                                                                   Man nie geaffekteer nie

                                                                   Vrou nie geaffekteer nie

                                                                   Vrou geaffekteer

                      Daar kan afgelei word dat die afwyking deur 'n …, veroorsaak
                      word.
                      A     resessiewe alleel, met beide ouers heterosigoties
                      B     dominante alleel, met beide ouers heterosigoties
                      C     resessiewe alleel, met een ouer homosigoties resessief terwyl
                            die ander een heterosigoties is
                      D     dominante alleel, met een ouer heterosigoties terwyl die ander
                            een homosigoties resessief is
         1.1.6        Die tabel hieronder vergelyk die uitsterwingstempo                      van
                      soogdierspesies oor twee verskillende tydperke.

                                       TYDPERK                    UITSTERWINGSTEMPO
                                         (JARE)                      (PER 100 JAAR)
                                       1500–1900                           4,5
                                       1900–2000                           90

                      Wat is die verhouding tussen die uitsterwingstempo van 1500 tot
                      1900 in vergelyking met die uitsterwingstempo van 1900 tot 2000?
                      A       1 : 20
                      B       1:2
                      C       2:1
                      D       20 : 1
         1.1.7        Bestudeer die volgende effekte:
                      (i)   Die dubbele heliks DNS/DNA sal nie tydens DNS/DNA-
                            replisering afdraai nie
                      (ii) bRNS/mRNA sal nie vorm nie
                      (iii) DNS/DNA-replisering sal nie plaasvind nie
                      (iv) Translasie in proteïensintese sal nie plaasvind nie
                      Watter EEN van die volgende kombinasies van effekte sal die
                      gevolg wees indien die waterstofbindings in DNS/DNA sterk was?
                     A      Slegs (i), (ii) en (iv)
                     B      Slegs (i), (ii) en (iii)
                     C      Slegs (ii), (iii) en (iv)
                     D      (i), (ii), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          5                         DBE/November 2019
                                             NSS

         VRAAG 1.1.8 EN 1.1.9 VERWYS NA DIE DIAGRAM HIERONDER WAT 'N
         DEEL VAN 'N DNS/DNA-MOLEKUUL VOOR EN NA 'N MUTASIE TOON.

                 A A C T A G C T T mutasie              A A C T C G C T T
                       Voor                                        Na

         1.1.8        Die mutasie …

                      A   sal 'n ekstra chromosoom tot gevolg hê.
                      B   sal dieselfde proteïen produseer indien daar vir 'n ander
                          aminosuur gekodeer word.
                      C   sal 'n ander proteïen produseer indien daar vir 'n ander
                          aminosuur gekodeer word.
                      D   is die gevolg van 'n ekstra chromosoom.

         1.1.9        Watter EEN van die volgende beskryf die mutasie die beste?

                      A   Meer as een stikstofbasis is verander.
                      B   Adenien is na sitosien verander.
                      C   Adenien is na timien verander.
                      D   Sitosien is na adenien verander.                          (9 x 2)       (18)

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in jou
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Die stikstofbasis wat in boodskapper-RNS/mRNA, maar nie in
                     DNS/DNA aangetref word nie

         1.2.2       'n Verduideliking wat evolusie as lang tydperke met min verandering
                     wat afgewissel word deur kort tydperke met vinnige verandering
                     beskryf

         1.2.3       Die permanente verdwyning van 'n spesie vanaf die Aarde

         1.2.4       Genus waaraan Little Foot en Mev. Ples behoort

         1.2.5       Die selorganel waaraan bRNS/mRNA tydens proteïensintese heg

         1.2.6       Die posisie van 'n geen op 'n chromosoom

         1.2.7       Die suiker wat deel van 'n nukleotied in RNS/RNA vorm

         1.2.8       Die gebruik van lewende organismes en hul biologiese prosesse om
                     die gehalte van menselewens te verbeter                   (8 x 1)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                      6                        DBE/November 2019
                                         NSS

1.3      Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
         SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
         Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
         (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM I                             KOLOM II
         1.3.1 Ligging van DNS/DNA in 'n       A:   Mitochondrium
               mens                            B:   Nukleus
         1.3.2 Oorerwing van verworwe          A:   Mendel
               eienskappe                      B:   Darwin
         1.3.3 Was die eerste om die dubbele   A:   Mendel en Watson
               heliksstruktuur van DNS/DNA     B:   Watson en Crick
               te ontdek
                                                                             (3 x 2)      (6)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         7                      DBE/November 2019
                                            NSS

1.4      Die diagramme hieronder verteenwoordig verskillende fases van meiose.

                           1                             2

                                                                                 A

                               3                             4

                                                   B                       C

         1.4.1       Identifiseer deel:

                     (a)   A                                                               (1)

                     (b)   B                                                               (1)

                     (c)   C                                                               (1)

         1.4.2       Gee die NOMMER en NAAM van die fase wat die volgende toon:

                     (a) Ewekansige rangskikking van chromosome op die ewenaar             (2)

                     (b) Oorkruising                                                       (2)

                     (c) Nie-verdeling/-skeiding                                           (2)

         1.4.3       Hoeveel chromosome sal aangetref word by:

                     (a) Die selle aan die einde van meiose soos in die diagramme
                         getoon                                                            (1)

                     (b) 'n Normale, menslike sperm                                        (1)

                     (c) Die somatiese selle van 'n normale moeder wat 'n seun met
                         Down-sindroom het                                                 (1)
                                                                                           (12)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         8                          DBE/November 2019
                                            NSS

1.5      'n Sekere plantspesie het die volgende allele vir elke eienskap:

         Getal sade per peul        P: een saad
                                    p: drie sade

         Blaarvorm                  L: normale vorm
                                    l: verrimpelde vorm

         Die tabel hieronder toon die nageslag wat geproduseer is deur 'n genetiese
         kruising tussen twee plante van hierdie spesie.

                         FENOTIPE                         GETAL NAKOMELINGE
           Een saad en verrimpelde blare                          100
           Een saad en normale blare                              290
           Drie sade en verrimpelde blare                          32
           Drie sade en normale blare                              96

         1.5.1       Hoeveel gene van die plant word hier in aanmerking geneem?                  (1)

         1.5.2       Noem die dominante fenotipes van die plant.                                 (2)

         1.5.3       Gee die:

                     (a) Genotipe van elke ouer                                                  (2)

                     (b) Getal nakomelinge wat homosigoties resessief vir beide
                         kenmerke is                                                             (1)
                                                                                                 (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           9                           DBE/November 2019
                                              NSS

AFDELING B
VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder toon 'n gedeelte van 'n proses wat by die vorming van
         'n proteïen betrokke is.

                                                     W                 X
                                                     X                 X

                                                                       Y
                                                                       X
                                 G A U U U C        Z
                     A U G A C C C U A A A G A C C AX A U

         2.1.1       Identifiseer:

                     (a)   Molekuul Y                                                             (1)

                     (b)   Die groep stikstofbasisse Z                                            (1)

         2.1.2       Indien X die volgende aminosuur is wat na W benodig word,
                     identifiseer dan:

                     (a)   Stikstofbasis 1, 2 en 3                                                (2)

                     (b)   Die DNS/DNA-basisdrietal wat vir X kodeer                              (2)
                                                                                                  (6)

2.2      Beskryf die proses van transkripsie.                                                     (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          10                         DBE/November 2019
                                             NSS

2.3      By sekere mariene ongewerweldes is die kleur van die skulp onder die
         beheer van een geen met drie allele. In verskillende kombinasies produseer
         die drie allele vier fenotipes: oranje, geel, oranje-geel en swart.

         Die tabel hieronder toon die resultate van die nageslag wat voortgebring is
         deur kruisings wat ouers van verskillende fenotipes betrek.

                                             FENOTIPES VAN SKULPE
              KRUISING
                                      OUERS                  NAGESLAG
                     1               Geel x Geel            27 geel: 9 swart
                     2              Swart x swart             Almal swart
                     3             Oranje x oranje        30 oranje: 10 swart
                     4              Oranje x geel          Almal oranje-geel

         2.3.1       Noem en beskryf die dominansie wat deur kruising 4 getoon word.            (3)

         2.3.2       Watter skulpkleur word deur die resessiewe alleel beheer?                  (1)

         2.3.3       Gebruik inligting in die tabel om jou antwoord op VRAAG 2.3.2 te
                     ondersteun.                                                                (2)
                                                                                                (6)

2.4      Die rug van die luiperdpadda (Rana pipiens) kan gevlek wees, soos in die
         diagram hieronder, of ongevlek wees.

         Gevlekte paddas is toegelaat om te kruisteel en hulle het 150 gevlekte
         nakomelinge en 50 nakomelinge sonder vlekke opgelewer.

         2.4.1        Watter fenotipe is dominant?                                              (1)

         2.4.2       Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.4.1.                                   (2)

         2.4.3       'n Padda wat heterosigoties vir gevlekte rug is, is met 'n padda
                     sonder vlekke gekruis.

                     Gebruik die letters D en d en stel 'n genetiese kruising voor om die
                     verwagte genotipes en fenotipes van die F1-generasie aan te dui.           (6)
                                                                                                (9)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                                   11                         DBE/November 2019
                                                                      NSS

2.5      Die E. coli-bakterie leef in die ingewande van varke waar hulle vinnig
         voortplant. Sekere E. coli-stamme veroorsaak diarree by jong varkies.
         Wetenskaplikes het 100 varkies gebruik om 'n ondersoek te doen om die
         weerstand van E. coli teen twee antibiotikums, A en B, vas te stel.
         Die wetenskaplikes het:
             Die varkies met antibiotikum A en antibiotikum B ingespuit
             'n Week later 'n monster van E. coli uit die ingewande van elke varkie
              geneem en in verskillende petribakkies geplaas
             Toegelaat dat die bakterieë vir 24 uur groei
             Antibiotikum A by een petribakkie en antibiotikum B by die ander
              petribakkie gevoeg
             Die groei van die bakterieë in elke petribakkie na 24 uur gemeet
             Die groeimeting gebruik as 'n aanduiding van die weerstand van die
              bakterieë teen elke antibiotikum
             Die proses oor 'n periode van ses maande herhaal
             Die gemiddelde persentasie weerstand teen beide antibiotikums bereken
         Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

                                                  Gemiddelde persentasie weerstand van E. coli teen
                                                              twee tipes antibiotikums

                 Gemiddelde weerstand (%)
                                            100
                                                                                                 Antibiotikum A
                                             80
                                             60
                                             40
                                                                                                 Antibiotikum B
                                             20
                                              0
                                                   0      1       2       3      4          5        6          7
                                                                        Tyd (maande)

         2.5.1                               Identifiseer die onafhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.             (1)
         2.5.2                               Identifiseer TWEE faktore wat tydens hierdie ondersoek konstant
                                             gehou moet word.                                                             (2)
         2.5.3                               Noem TWEE maniere waarop die wetenskaplikes                            die
                                             betroubaarheid van die ondersoek verseker het.                               (2)
         2.5.4                               Watter antibiotikum sal jy vir die beheer van E. coli by varkies
                                             aanbeveel?                                                                   (1)
         2.5.5                               Ondersteun jou antwoord op VRAAG 2.5.4 met gebruik van
                                             bewyse in die grafiek.                                                       (2)
         2.5.6                               Verduidelik die resultate wat vir antibiotikum A in die grafiek getoon
                                             word ten opsigte van natuurlike seleksie.                                    (5)
                                                                                                                          (13)
                                                                                                                          [40]
Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         12                        DBE/November 2019
                                            NSS

VRAAG 3

3.1      Die diagramme hieronder toon die skedels van twee spesies van primate.

                               Skedel 1                       Skedel 2

         3.1.1       Tabuleer DRIE sigbare verskille tussen skedel 1 en skedel 2 wat
                     tendense in menslike evolusie toon.                                       (7)

         3.1.2       Gee VIER eienskappe van die boonste ledemate wat mense met
                     ander primate deel.                                                       (4)

         3.1.3       Verduidelik hoe 'n toename in kraniale volume met intelligensie
                     verband hou.                                                              (3)
                                                                                               (14)

3.2      Mense is tweevoetige (bipedale) organismes.

         3.2.1        Wat word met tweevoetigheid (bipedalisme) bedoel?                        (2)

         3.2.2        Verduidelik hoe elk van die volgende         skeletstrukture    tot
                      tweevoetigheid by die mens bygedra het:

                      (a)   Foramen magnum                                                     (2)

                      (b)   Bekkengordel                                                       (2)

                      (c)   Ruggraat                                                           (2)
                                                                                               (8)

3.3      Beskryf die proses van spesiasie deur geografiese isolasie.                           (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         13                        DBE/November 2019
                                            NSS

3.4      Lees die volgende uittreksel.

                       MUTASIE IN GEEN STEL TIBETTANE IN STAAT
                      OM OP HOË HOOGTE BO SEESPIEËL TE OORLEEF

         Dit is moontlik om die lae suurstofinhoud op hoë hoogtes te hanteer.

         Een manier is vir die liggaam om meer rooibloedselle te produseer in reaksie
         op 'n toename in hoogte bo seespieël.

         'n Ander manier om dit te hanteer het by die Tibettane ontwikkel as gevolg
         van 'n geenmutasie wat hulle by hul voorouers oorgeërf het. Die mutante
         geen help hulle om die lae hoeveelheid suurstof teenwoordig meer
         doeltreffend te gebruik. Die mutante geen is in 87% van die Tibettaanse
         bevolking gevind, maar slegs in 9% van die Han-bevolking wat op 'n laer
         hoogte bo seespieël as die Tibettane leef.

         3.4.1        'n Geenmutasie het variasie tussen die Tibettaanse bevolking en
                      die Han-bevolking veroorsaak.

                      Noem DRIE ander vorme van variasie in 'n menslike bevolking.               (3)

         3.4.2        Gee bewyse in die uittreksel wat voorstel dat die oorlewing van
                      mense wat op hoë hoogtes bo seespieël woon, moontlik kan wees:

                      (a)   As gevolg van 'n geneties oorgeërfde eienskap                        (1)

                      (b)   Deur 'n omgewingsfaktor veroorsaak                                   (1)

         3.4.3        Verduidelik die voordeel daarvan om meer rooibloedselle te
                      produseer.                                                                 (2)

         3.4.4        Beskryf hoe Lamarck die oorlewing van die Tibettane op hoë
                      hoogtes bo seespieël sou verduidelik het.                                  (5)
                                                                                                 (12)
                                                                                                 [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       14                       DBE/November 2019
                                          NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Soms word die vaderskap van 'n seun of 'n dogter betwis.

Beskryf geslagsbepaling by die mens en verduidelik hoe bloedgroepering en
DNS/DNA-profiele in vaderskaptoetse gebruik word.
                                                                 Inhoud:                (17)
                                                                 Sintese:               (3)
                                                                                        (20)

LET WEL:       GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van 'n tabel,
               vloeidiagramme of diagramme nie.

                                                            TOTAAL AFDELING C:          20
                                                                GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-eng/ad42999d-6e30-4bbc-9860-4febb47c7166) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-memo-eng/d4ac5eda-a68e-4263-80fa-fa1e8d3b4cef) — Life Sciences · Memo · 2019 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-memo-afr/be980b5b-1ccf-4b05-8f44-e4dee2a17852) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2019-eng/830f1c66-6246-4109-b897-0aceb3aff57f) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 QP SEPT2019 English final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-sept2019-english-final/65c17b10-5e45-4c78-a168-f144efce77db) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
