# Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2021-afr/6a0be2cc-cabc-40b2-a5fc-4dcf29d7b1b8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2021-afr/6a0be2cc-cabc-40b2-a5fc-4dcf29d7b1b8)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V2

                                 NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       2                          DBE/November 2021
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK.

3.       Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            3                          DBE/November 2021
                                               NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.

         1.1.1        DNS/DNA en RNS/RNA is voorbeelde van …

                      A   aminosure.
                      B   ensieme.
                      C   nukleïensure.
                      D   proteïene.

         1.1.2        Watter EEN van die volgende is 'n produk van meiose?

                      A   Spiersel
                      B   Ovarium
                      C   Senuweesel
                      D   Ovum

         1.1.3        'n Individu is heterosigoties vir 'n skadelike resessiewe alleel maar
                      word nie daardeur beïnvloed nie.

                      Watter EEN van die volgende verteenwoordig die genetiese
                      samestelling van hierdie individu die beste?

                      A   Twee dominante normale allele
                      B   Een skadelike resessiewe alleel en een skadelike dominante
                          alleel
                      C   Een skadelike resessiewe alleel en een normale dominante
                          alleel
                      D   Een skadelike dominante alleel en een normale resessiewe
                          alleel

         1.1.4        'n Persoon besit die genotipe IAi vir bloedtipe.

                      Wat is hierdie persoon se bloedgroep?

                      A   A
                      B   B
                      C   O
                      D   AB

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           4                        DBE/November 2021
                                              NSS

         1.1.5        Die biologiese vader van 'n meisie asook drie ander mans het in 'n
                      motorongeluk gesterf. Die mans kon as gevolg van hulle beserings
                      nie uitgeken word nie. DNS/DNA-profielsamestelling is gebruik om
                      die meisie se vader te identifiseer.

                      Die diagram hieronder toon die DNS/DNA-profiele van die meisie,
                      haar moeder en die vier mans.

                                                            Man
                              Meisie Moeder
                                                1       2         3       4

                      Watter EEN van die mans was mees waarskynlik die vader van die
                      meisie?

                     A    4
                     B    3
                     C    2
                     D    1

         1.1.6        'n DNS/DNA-templaatstring kodeer vir die aminosuur serien met
                      enige van die volgende basisdrietalle:

                                    AGA AGG AGT TCA TCG AGC

                      Die antikodon wat vir die aminosuur serien kodeer is …

                      A   AGT.
                      B   UGA.
                      C   TCG.
                      D   UCG.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            5                           DBE/November 2021
                                               NSS

         1.1.7        Die diagram hieronder verteenwoordig twee fases van meiose.

                                       A                               B

                      Watter EEN van die volgende verteenwoordig die korrekte
                      volgorde van fases tussen fase A en fase B?

                      A   Anafase I, Metafase I, Profase II en Telofase II
                      B   Metafase I, Telofase I, Profase II en Metafase II
                      C   Anafase I, Telofase I, Profase II, Metafase II en Anafase II
                      D   Profase I, Telofase I, Profase II, Metafase II en Telofase II

         1.1.8        Die diagram hieronder verteenwoordig 'n proses wat tydens
                      proteïensintese plaasvind.

                                           W
                                                                           S

                                                                           T
                                                                           U

                                                                           V

                      Watter EEN van die volgende is KORREK?

                     A    S verteenwoordig 'n antikodon
                     B    W verteenwoordig bRNS/mRNA
                     C    T verteenwoordig oRNS/tRNA
                     D    U verteenwoordig 'n aminosuur

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             6                          DBE/November 2021
                                                NSS

         1.1.9        Bewyse van hominied kulturele evolusie kan in die fossielrekord
                      gevind word.

                      Hierdie bewyse sal die … insluit.

                      A   posisie van die aanhegting van die ruggraat aan die kop
                      B   lengte van die boonste ledemate in vergelyking met die
                          onderste ledemate
                      C   aantal tande teenwoordig in die skedel
                      D   teenwoordigheid van klipgereedskap/klipwerktuie       (9 x 2)            (18)

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
         slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       'n Diagrammatiese voorstelling wat moontlike              evolusionêre
                     verwantskappe tussen verskillende spesies aandui

         1.2.2       Die tipe binding wat tussen aminosure aangetref word

         1.2.3       Die teorie wat evolusie beskryf as bestaande uit lang tydperke met
                     min/geen verandering nie wat met kort tydperke met vinnige
                     verandering afgewissel word

         1.2.4       Soortgelyke strukture wat verskillende funksies in verskillende
                     organismes verrig

         1.2.5       Die kweek van plante en teel van diere deur mense vir gewenste
                     eienskappe

         1.2.6       Die tipe dominansie waar beide allele van 'n geen in die fenotipe in
                     die heterosigotiese toestand uitgedruk word                 (6 x 1)           (6)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                         KOLOM I                                    KOLOM II
        1.3.1    Meganismes van voortplantings- A:         Spesie-spesifieke hofmakery
                 isolasie                       B:         Teel/Broei uit op verskillende
                                                           tye van die jaar
        1.3.2    Fossiele wat in Suid-Afrika          A:   Little Foot
                 gevind is                            B:   Taung-kind
        1.3.3    Het die 'wet' van gebruik en         A:   Eldredge
                 onbruik voorgestel                   B:   Gould
                                                                                      (3 x 2)      (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        7                        DBE/November 2021
                                           NSS

1.4      Die diagram hieronder verteenwoordig deel van 'n DNS/DNA-molekuul.

                                          W      X          Y   Z

                              String 1           String 2

         1.4.1       Identifiseer die:

                     (a) Molekuul X                                                         (1)

                     (b) Suiker by Y                                                        (1)

                     (c) Binding W                                                          (1)

         1.4.2       Gee die gesamentlike naam van dele X, Y en Z.                          (1)

         1.4.3       Noem die natuurlike vorm van die DNS/DNA-molekuul.                     (1)

         1.4.4       Noem die proses waardeur DNS/DNA 'n kopie van homself maak.            (1)

         1.4.5       Noem TWEE plekke in 'n diersel waar DNS/DNA voorkom.                   (2)
                                                                                            (8)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          8                      DBE/November 2021
                                             NSS

1.5      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n chromosoompaar wat 'n proses
         tydens meiose ondergaan.

                                         P

                         Q

                         R

         1.5.1       Noem die:

                     (a) Orgaan in die man waar meiose plaasvind                              (1)

                     (b) Proses wat in die diagram verteenwoordig word                        (1)

         1.5.2       Benoem:

                     (a) Gebied P                                                             (1)

                     (b) Struktuur Q                                                          (1)

                     (c) Struktuur R                                                          (1)
                                                                                              (5)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           9                        DBE/November 2021
                                              NSS

1.6      By die mens is kort vingers (F) en 'n gepunte haarlyn (H) dominant oor lang
         vingers en 'n kontinue haarlyn. 'n Man en 'n vrou, beide heterosigoties vir die
         twee eienskappe, beplan om 'n kind te hê.

         Die tabel hieronder toon die moontlike genotipes van die nageslag aan.

                       Gamete          FH             Fh           fH           fh
                         FH           FFHH           FFHh        FfHH          FfHh
                         Fh           FFHh           FFhh        FfHh          Ffhh
                         fH           FfHH           FfHh        ffHH            Z
                         fh           FfHh           Ffhh        ffHh          ffhh

         1.6.1       Noem die genotipe by Z.                                                   (1)

         1.6.2       Gee die:

                     (a)   Genotipe van die ouers                                              (2)

                     (b)   Getal genotipes wat tot 'n nageslag met kort vingers en 'n
                           kontinue haarlyn kan lei                                            (1)

                     (c)   Alleel vir 'n kontinue haarlyn                                      (1)

                     (d)   Fenotipe van 'n kind wat homosigoties resessief vir beide
                           eienskappe is                                                       (2)
                                                                                               (7)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         10                        DBE/November 2021
                                            NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder verteenwoordig          twee     prosesse   wat    tydens
         proteïensintese plaasvind.

                           DNS/DNA   bRNS/mRNA         PROTEÏEN
                           A

                                     X            Y

         2.1.1       Waar in die sel vind ELK van die volgende prosesse plaas?

                     (a)    X                                                                   (1)

                     (b)    Y                                                                   (1)

         2.1.2       Noem EEN verskil tussen die tipes stikstofbasisse wat in DNS/DNA
                     en RNS/RNA aangetref word.                                                 (2)

         2.1.3       Noem en beskryf proses X.                                                  (6)
                                                                                                (10)

2.2     Beskryf hoe nie-disjunksie tot Down-sindroom kan lei.                                   (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                11                        DBE/November 2021
                                                   NSS

2.3     Die diagram hieronder verteenwoordig die chromosome van die menslike
        somatiese selle van twee individue wat 'n tweeling is.

                               INDIVIDU 1                              INDIVIDU 2

             1       2          3       4    5     6      1        2     3    4         5     6

            7        8          9      10    11    12    7     8         9    10      11       12

           13        14        15       16   17    18    13    14       15    16      17      18

           19    20            21      22    23          19   20        21    22      23

         2.3.1           Wat is somatiese selle?                                                        (1)

         2.3.2           Noem die spesifieke soort chromosome wat 1 tot 22 genommer is.                 (1)

         2.3.3           Elk van die pare getoon, is 'n homoloë chromosoompaar.

                         (a)        Noem die oorsprong van elke chromosoom in 'n homoloë
                                    chromosoompaar tydens sigootvorming.                                (2)

                         (b)        Maak 'n lys van DRIE eienskappe wat chromosome in 'n
                                    homoloë chromosoompaar met mekaar in gemeen het.                    (3)

         2.3.4           Verduidelik EEN waarneembare rede hoekom die twee individue
                         nie 'n identiese tweeling is nie.                                              (3)
                                                                                                        (10)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          12                              DBE/November 2021
                                             NSS

2.4      Een tipe doofheid by mense word op 'n enkele alleel gedra. Die diagram
         hieronder toon die oorerwing van doofheid in 'n familie.

                                  Paul      Lizzy          Mary        John

                                                Bob        Ann

                           SLEUTEL
                           :
                                  Horende man              Horende vrou

                                  Dowe man                 Dowe vrou

         2.4.1       Hoeveel:
                     (a)    Generasies     word       in     hierdie      stamboomdiagram
                            verteenwoordig                                                           (1)

                     (b)    Kinders van Paul en Lizzy is in staat om te hoor                         (1)

         2.4.2       Watter fenotipe is dominant?                                                    (1)

         2.4.3       Gebruik Bob en Ann se nageslag om jou antwoord op
                     VRAAG 2.4.2 te verduidelik.                                                     (4)

         2.4.4       Gebruik die letter 'A' om die dominante alleel te verteenwoordig en
                     die letter 'a' vir die resessiewe alleel om AL die moontlike genotipes
                     vir 'n horende individu te gee.                                                 (2)
                                                                                                     (9)

2.5      Gebruik 'n genetiese kruising om te toon hoe geslag in die menslike nageslag
         deur die geslagschromosome van die ouers bepaal word.                                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            13                     DBE/November 2021
                                               NSS

2.6      Lees die uittreksel hieronder.

         Navorsers het ontdek dat lede van 'n sekere familie hoë beendigtheid het wat
         moontlik deur 'n geenmutasie veroorsaak is. Hoë beendigtheid verminder die
         risiko van beenfrakture.

         Twintig lede van die familie het hul beendigtheid laat meet en DNS/DNA-
         monsters laat neem. Sewe het hoë beendigtheid gehad. Die hoë beendigtheid
         het regdeur hul liggame voorgekom maar veral in die ruggraat en die heupe.

         2.6.1       In die uittreksel, identifiseer TWEE areas in die liggaam waar
                     beendigtheid hoofsaaklik gemeet kan word.                                (2)

         2.6.2       Beskryf wat 'n geenmutasie is.                                           (2)

         2.6.3       Verduidelik waarom dit vir die navorsers nodig was om DNS/DNA-
                     monsters te versamel?                                                    (2)

         2.6.4       Noem die effek van hierdie mutasie.                                      (1)

         2.6.5       Bereken die persentasie van die familielede        wat   normale
                     beendigtheid gehad het. Toon AL jou bewerkinge.                          (3)
                                                                                              (10)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          14                            DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 3

3.1      Sommige perde het reguit hare en ander het krulhare. 'n Wetenskaplike wou
         'n manlike perd met reguit hare kloon om aan die vraag na perde met reguit
         hare te voldoen.

         Die wetenskaplike het die volgende prosedure gevolg:

             Die nukleus (selkern) van 'n somatiese sel is uit 'n manlike perd met
              reguit hare (perd S) geneem.
             'n Onbevrugte ovum is uit 'n vroulike perd met krulhare (perd T)
              verwyder.
             Die nukleus van die somatiese sel van perd S is in die ovum, wat by
              perd T verkry is, geplaas.
             Hierdie ovum is toe in die uterus van 'n vroulike surrogaatperd (perd R)
              geplaas.

         3.1.1       Verduidelik hoekom 'n somatiese sel en NIE 'n spermsel van perd S
                     NIE, die nukleus/selkern vir die prosedure sou verskaf.                       (3)

         3.1.2       Voordat die nukleus van die somatiese sel van perd S ingeplaas is,
                     is die nukleus van die ovum van perd T verwyder.

                     Verduidelik die belangrikheid van hierdie prosedure.                          (2)

         3.1.3       Aan watter van die drie perde (S, T of R) sal die gekloonde
                     nakomeling geneties identies wees?                                            (1)

         3.1.4       Noem TWEE voordele van kloning.                                               (2)
                                                                                                   (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                                      15                          DBE/November 2021
                                                                         NSS

3.2      Die hedendaagse verspreiding van drie naverwante spesies van die
         hondefamilie, die prêriewolf (coyote), jakkals en dingo, word op die
         wêreldkaart hieronder getoon.

              Prêriewolf

                                                                       Jakkals
                                                                                       Dingo

         3.2.1                                   Watter tipe bewys vir evolusie word hier verteenwoordig?                    (1)
         3.2.2                                   Wat is 'n biologiese spesie?                                                (3)
         3.2.3                                   Beskryf hoe hierdie drie spesies vanaf 'n gemeenskaplike voorouer
                                                 kon geëvolueer het.                                                         (7)
                                                                                                                             (11)
3.3      Sommige boere voeg lae dosisse antibiotika by hulle beesvoer. Die gebruik
         van antibiotika in beesvoer kan lei tot die evolusie van antibiotikum-
         weerstandbiedende bakterieë.
         Die grafiek hieronder toon die effek van verskillende dosisse antibiotika op die
         getal skadelike bakterieë in beeste.

                                                           Effek van verskillende dosisse antibiotika op die getal
                                                                       skadelike bakterieë in beeste

                     Getal skadelike bakterieë
                                                 1200
                                                 1000
                                                  800
                                                  600
                                                  400
                                                  200
                                                     0
                                                             2          4          6           8         10
                                                                     Antibiotiese dosis (mg)

         3.3.1                                   Gebruik bewyse uit die grafiek om te verduidelik hoekom hoër
                                                 dosisse antibiotika die boer ekonomies sal bevoordeel.                      (4)
         3.3.2                                   Verduidelik hoe die gebruik van antibiotika in dierevoer tot die
                                                 evolusie van antibiotikum-weerstandbiedende bakterieë kan lei.              (6)
                                                                                                                             (10)

Kopiereg voorbehou                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           16                           DBE/November 2021
                                              NSS

3.4      Vroulike galvlieë ('gallflies') lê eiers op die stingels van plante. Die eiers broei
         uit om larwes te vorm wat 'n stof in die plantweefsel afskei. Die afskeidings
         veroorsaak dat die plantselle groei en bolagtige strukture, galbolle ('galls')
         genoem, te vorm wat baie voedingstowwe bevat. Predatoriese voëls voed op
         die larwes in die galbolle.
         Die grootte van die galbolle wat geproduseer word, is eintlik van genetiese
         variasie in die galvlieg afhanklik.
         Die diagram hieronder toon die galvlieg en 'n galbol op 'n plantstingel.

                                      Die galvlieg

                                                                     Galbol op
                                                                     'n stingel

         Wetenskaplikes wou ondersoek of die grootte van die galbol 'n invloed gehad
         het op die persentasie galvlieglarwes wat deur predatoriese voëls
         doodgemaak word.
         Die tabel hieronder toon die resultate van hul ondersoek.

                      Galbolgrootte        Galvlieglarwes deur predatoriese
                          (mm)                  voëls doodgemaak (%)
                           10                             1
                           15                             0
                           20                             1
                           25                             2
                           30                             10

         3.4.1       Noem die:
                     (a)    Onafhanklike veranderlike                                               (1)
                     (b)    Afhanklike veranderlike                                                 (1)
         3.4.2        Noem EEN voordeel van die galbol vir die galvlieglarwes.                      (1)

         3.4.3        Noem hoekom die grootte van die galbolle geproduseer 'n
                      voorbeeld van kontinue variasie is.                                           (1)
         3.4.4        Verduidelik hoe die persentasie van galvlieglarwes wat deur
                      predatoriese voëls doodgemaak is, deur die grootte van die galbol
                      beïnvloed word.                                                               (3)
         3.4.5        Teken 'n lyngrafiek om die inligting in die tabel te verteenwoordig.          (6)
                                                                                                    (13)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         17                        DBE/November 2021
                                            NSS

3.5      Die diagram hieronder verteenwoordig die bekkenstruktuur en die ventrale
         aansig van die skedels van drie organismes. Die diagramme is volgens skaal
         geteken.

                      A                       B                            C

                       X                      Y                        Z

         3.5.1       Skryf die LETTER(S) neer van die diagram(me) wat die volgende
                     verteenwoordig:

                     (a)   Skedels van tweevoetige (bipedale) organismes                   (2)

                     (b)   Bekkenstruktuur van 'n viervoetige organisme                    (1)

         3.5.2       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.5.1(b).                       (2)

         3.5.3       Beskryf EEN ander strukturele verskil tussen 'n tweevoetige en 'n
                     viervoetige organisme.                                                (3)
                                                                                           (8)
                                                                                           [50]

                                                              TOTAAL AFDELING B:           100
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2021 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2021-afr-d/b7cdfe9c-5e90-4696-bc67-e8fca24f68fe) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2021 XHOSA D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr12-sept2021-xhosa-d/f43645b2-00fd-4ad4-bdbe-7bc3201c5a62) — Life Sciences · QP · 2021
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2021 SESOTHO D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr12-sept2021-sesotho-d/bfaa6c74-8343-4cb9-a914-2f8963b64bc4) — Life Sciences · QP · 2021 · Sesotho
- [Gr12 Life Sciences P2 (English) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-english-2021-preparatory-question-paper/3f3721a2-ca17-4caa-900e-7c73d1b99db8) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Life Sciences P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2021-eng/640bb227-bb17-4f89-96b3-77bf0a4005dc) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2022-eng/47b0f5ad-d719-45e4-9408-1d076d3907c1) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
