# Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2022-afr/0a5969b7-16a2-4d09-8788-36d257b5d91e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2022-afr/0a5969b7-16a2-4d09-8788-36d257b5d91e)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V2

                                  NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       2                          DBE/November 2022
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           3                          DBE/November 2022
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.

         1.1.1        Die wetenskaplike wat die fossiel 'Karabo' (A. sediba) ontdek het:

                      A   Robert Brown
                      B   Lee Berger
                      C   Raymond Dart
                      D   Ronald Clarke

         1.1.2        Watter EEN van die volgende is 'n bron van variasie wat tydens
                      normale meiose plaasvind?

                      A   Ewekansige paring
                      B   Ewekansige rangskikking van chromosome
                      C   Chromosoommutasies
                      D   Kloning

         1.1.3        Hoeveel geslagschromosome erf 'n normale vroulike individu van
                      haar moeder?

                      A   1
                      B   2
                      C   23
                      D   46

         1.1.4        Tydens watter fase van meiose verdwyn die kernmembraan?

                      A   Metafase
                      B   Telofase
                      C   Profase
                      D   Anafase

         1.1.5        Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van diskontinue
                      variasie by die mens?

                      A   Lengte
                      B   Hartkloptempo
                      C   Geslag
                      D   Gewig

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                   4                        DBE/November 2022
                                                      NSS

         1.1.6        Vir 'n bepaalde eienskap erf die nageslag …

                      A       een alleel van die moeder en een alleel van die vader.
                      B       beide allele van die vader.
                      C       beide allele van die moeder.
                      D       die allele ewekansig van óf die moeder óf die vader.

         1.1.7        Watter EEN van die volgende is KORREK vir spesiasie/
                      spesievorming deur geografiese isolasie?

                      A       Die bevolkings ondergaan slegs fenotipiese veranderinge.
                      B       Elke bevolking ondergaan onafhanklik natuurlike seleksie.
                      C       Die toestande aan elke kant van die geografiese hindernis is
                              dieselfde.
                      D       Die nuwe spesie wat gevorm word, is genotipies dieselfde as
                              die oorspronklike spesie.

         1.1.8        Hieronder is 'n lys van gebeure wat tydens seldeling plaasvind.

                      (i)         Homoloë chromosome rangskik op die ewenaar van die sel.
                      (ii)        Chromatiede word na teenoorgestelde pole van die sel
                                  getrek.
                      (iii)       Chromosoompare rangskik hulself ewekansig op die
                                  ewenaar van die sel.
                      (iv)        Individuele chromosome rangskik op die ewenaar van die
                                  sel.

                      Watter EEN van die volgende kombinasies vind in beide meiose en
                      mitose plaas?

                      A       Slegs (ii), (iii) en (iv)
                      B       Slegs (i) en (iv)
                      C       Slegs (i), (iii) en (iv)
                      D       Slegs (ii) en (iv)

         1.1.9        'n Kort gedeelte DNS/DNA, wat 19 nukleotiede in elke string bevat,
                      is ontleed. Die getal van sommige van die verskillende
                      stikstofbasisse in elke string word hieronder getoon.

                                                            Getal stikstofbasisse
                                                 A             T            G             C
                        String 1                 8             -            -             -
                        String 2                 -             8            3             4

                      Hoeveel nukleotiede wat timien (T) bevat was in string 1 aanwesig?

                      A       8
                      B       4
                      C       6
                      D       2                                                            (9 x 2)       (18)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          5                          DBE/November 2022
                                             NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
         slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Die proses van verandering in die kenmerke van biologiese spesies
                     met verloop van tyd

         1.2.2       Die tipe bindings tussen stikstofbasisse in 'n DNS/DNA-molekuul

         1.2.3       Die struktuur wat twee chromatiede van 'n chromosoom verbind

         1.2.4       Die verdeling van die sitoplasma van 'n sel gedurende seldeling

         1.2.5       Die proses tydens meiose waar daar 'n uitruiling van genetiese
                     materiaal tussen chromatiede plaasvind

         1.2.6       Die strukture in dierselle wat tydens seldeling aan spoelvesels
                     oorsprong gee

         1.2.7       Soortgelyke strukture wat van 'n gemeenskaplike voorouer oorgeërf
                     is en vir verskillende funksies aangepas is

         1.2.8       Die fase in die selsiklus waartydens DNS/DNA-replisering plaasvind

         1.2.9       Die organel waar translasie tydens proteïensintese plaasvind (9 x 1)        (9)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                            KOLOM I                              KOLOM II
         1.3.1       Tipe evolusie gekenmerk deur      A:   Kunsmatige seleksie
                     lang periodes van min of geen     B:   Gepunte ewewig
                     verandering nie, afgewissel met
                     kort periodes van vinnige
                     verandering
         1.3.2       'n Plant met wit blomme wat met   A:   Onvolledige dominansie
                     'n plant met rooi blomme          B:   Volledige dominansie
                     gekruis word en 'n nageslag met
                     pienk blomme produseer
         1.3.3       Die skeiding van allele tydens    A:   Wet van Dominansie
                     gameetvorming                     B:   Beginsel van Segregasie
                                                                                (3 x 2)          (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                              6                          DBE/November 2022
                                                 NSS

1.4      Moyamoya is 'n afwyking wat deur 'n dominante alleel (R) veroorsaak word.
         Hierdie afwyking beskadig die arterieë wat bloed aan die brein voorsien.

         Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van Moyamoya in 'n
         familie.

                                           A           B
                                           A

                     C             D                           E         F

                            G                              H         I          J

                     SLEUTEL
                            Ongeaffekteerde man                Ongeaffekteerde vrou

                            Geaffekteerde man                  Geaffekteerde vrou

         1.4.1        Hoeveel generasies word in die diagram verteenwoordig?                        (1)

         1.4.2        Gee die:

                      (a)       LETTER(S) van ongeaffekteerde mans                                  (1)

                      (b)       Genotipe van individu A                                             (1)

                      (c)       LETTER(S) van individue wat nie biologies aan A en B
                                verwant is nie                                                      (2)
                                                                                                    (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           7                         DBE/November 2022
                                              NSS

1.5      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n gedeelte van 'n abnormale menslike
         kariotipe.

                                   21           22           23

         1.5.1        Hoeveel outosome word in die diagram getoon?                              (1)

         1.5.2        Noem die tipe chromosome wat deur paar 23 verteenwoordig
                      word.                                                                     (1)

         1.5.3        Noem die:

                      (a)   Afwyking wat in die diagram verteenwoordig word                     (1)

                      (b)   Proses tydens anafase van meiose wat tot die abnormale
                            getal chromosome in hierdie kariotipe aanleiding gegee het          (1)

         1.5.4        Noem die geslag van die persoon wat in hierdie kariotipe
                      verteenwoordig word.                                                      (1)
                                                                                                (5)

1.6      By konyne is bruin pels (B) dominant oor wit pels (b) en lang ore (E) is
         dominant oor kort ore (e).

         'n Konyn, wat heterosigoties vir beide eienskappe is, word met 'n wit konyn
         met kort ore gekruis.

         1.6.1       Noem die tipe kruising wat verteenwoordig word.                            (1)

         1.6.2       Gee die:

                     (a)    Fenotipe van 'n konyn wat dominant vir beide eienskappe is          (2)

                     (b)    Genotipe van die wit konyn met kort ore                             (2)

                     (c)    Genotipe van die gamete van 'n heterosigotiese bruin konyn
                            met kort ore                                                        (2)
                                                                                                (7)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             8                      DBE/November 2022
                                                NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder verteenwoordig transkripsie tydens proteïensintese.

                                      Adenien              Y

                             X

                                 DNS/DNA                 bRNS/mRNA

         2.1.1       Noem die deel van die sel waar hierdie proses plaasvind.                  (1)

         2.1.2       Identifiseer:

                     (a)   Suiker X                                                            (1)

                     (b)   Stikstofbasis Y                                                     (1)

         2.1.3       Tabuleer TWEE verskille tussen transkripsie en DNS/DNA-
                     replisering.                                                              (5)
                                                                                               (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            9                        DBE/November 2022
                                               NSS

2.2      'n Mutasie het plaasgevind op 'n gedeelte van 'n bRNS/mRNA-molekuul, soos
         hieronder getoon.

                      Oorspronklike volgorde         AUG GAA AUA CCG CCA GGA
                      Gemuteerde volgorde            AUG GAA AUA CUG CCA GGA

         2.2.1       Noem die tipe mutasie wat plaasgevind het.                                  (1)

         2.2.2       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.2.1.                                (1)

         2.2.3       Die tabel hieronder toon sommige bRNS/mRNA-kodons en die
                     aminosure waarvoor hulle kodeer.

                                 bRNS/mRNA-kodon             Aminosuur
                                       AUA                    Isoleusien
                                       AUG                    Metionien
                                       CCA                      Prolien
                                       CCG                      Prolien
                                       CUG                     Leusien
                                       GAA                  Glutamiensuur
                                       GGA                      Glisien

                     (a)   Noem die getal verskillende aminosure waarvoor daar deur
                           die oorspronklike volgorde van die bRNS/mRNA-molekuul
                           hierbo gekodeer word.                                                 (1)

                     (b)   Gee die antikodon op die oRNS/tRNA-molekuul wat die
                           aminosuur isoleusien dra.                                             (1)

                     (c)   Gebruik inligting in die tabel om die effek van die mutasie op
                           die gevormde proteïen te beskryf.                                     (4)
                                                                                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                         10                         DBE/November 2022
                                                            NSS

2.3      Die getal chromosome in die somatiese selle van organismes verskil van
         spesie tot spesie.

         Die grafiek hieronder toon die getal chromosome in elke somatiese sel van
         DRIE verskillende spesies.

                                    Die getal chromosome in die somatiese selle van drie
                                                    verskillende spesies
                               60

            Getal chromosome
                               50
                               40
                               30
                               20
                               10
                               0
                                        Kameelperd                  Muis           Pynappelplant
                                                             Spesie

         2.3.1                       Hoeveel chromosome sal aanwesig wees in:

                                     (a) Muisselle tydens Telofase II van meiose                                 (1)

                                     (b) 'n Blaarsel van 'n pynappelplant                                        (1)

         2.3.2                       Verduidelik waarom       die     spermsel   van   'n    kameelperd
                                     15 chromosome het.                                                          (4)

         2.3.3                       Noem die fase van meiose waar die halvering van die
                                     chromosoomgetal begin.                                                      (1)

         2.3.4                       Beskryf die gebeure in die fase in VRAAG 2.3.3 genoem.                      (3)
                                                                                                                 (10)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          11                         DBE/November 2022
                                             NSS

2.4      Die tabel hieronder toon inligting oor bloedgroepe in 'n sekere bevolking.
                     BLOED-             GETAL               PERSENTASIE VAN
                     GROEP              MENSE                DIE BEVOLKING
                       O                954 000                    53
                        A                  X                       34
                        B               180 000                    10
                       AB                54 000                    3

         2.4.1       Hoeveel mense het die genotipe ii?                                            (1)
         2.4.2       Die bevolkingsgrootte is 1 800 000.
                     Bereken die waarde van X. Toon ALLE bewerkings.                               (3)
         2.4.3       Beskryf hoe 'n kind die bloedgroep oorerf wat deur 3 persent van
                     hierdie bevolking verteenwoordig word.                                        (3)
                                                                                                   (7)

2.5      Die diagram hieronder verteenwoordig die DNS/DNA-profiele van drie kinders
         en hulle ouers. Slegs twee van die kinders is hulle biologiese kinders en een
         is aangeneem.

                       Moeder     Vader      Heila         Priya   Leo

         2.5.1        Identifiseer die TWEE biologiese kinders.                                    (2)
         2.5.2       Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.5.1.                                      (2)
         2.5.3       Noem DRIE ander gebruike van DNS/DNA-profielsamestelling.                     (3)
                                                                                                   (7)

2.6      Bruin emalje van die tande is 'n geslagsgekoppelde kenmerk. 'n Dominante
         alleel op die X-chromosoom veroorsaak bruin tande by mense.
         2.6.1       Verduidelik waarom meer mans as vroue wit tande het.                          (4)
         2.6.2       'n Man met bruin tande trou met 'n vrou met wit tande.
                     Gebruik 'n genetiese kruising om die moontlike fenotipiese
                     verhoudings van hulle kinders te toon. Gebruik XB vir bruin tande
                     en Xb vir wit tande.                                                          (6)
                                                                                                   (10)
                                                                                                   [50]
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           12                      DBE/November 2022
                                              NSS

VRAAG 3

3.1      Lees die uittreksel hieronder.

         Wanneer 'n kind gebore word, word die naelstring geknip en stamselle kan
         daaruit verkry word. Baie mense dink dat die stamselle vir die behandeling
         van menslike toestande eerder uit naelstringe verkry moet word as uit
         menslike embrio's.

         Stamselle is onlangs ook uit beenmurg verkry. Hierdie stamselle word gebruik
         om toestande soos hartsiekte en spinale (rugmurg-) beserings te behandel.

         3.1.1        Noem DRIE bronne van stamselle wat in die uittreksel genoem is.          (3)

         3.1.2        Verduidelik waarom stamselle se eienskappe dit geskik maak vir
                      die behandeling van sommige afwykings.                                   (2)

         3.1.3        Noem EEN toestand in die uittreksel wat deur stamselle behandel
                      kan word.                                                                (1)
                                                                                               (6)

3.2      Lees die uittreksel hieronder.

         Samango-ape en blouape is twee aapspesies wat dieselfde habitat bewoon.
         Navorsers het onlangs ontdek dat 'n bevolking van samango-ape in staat was
         om met blouape te kruisteel en 'n nageslag voort te bring. Hierdie nageslag
         was steriel.

         3.2.1        Definieer die term bevolking.                                            (3)

         3.2.2        Gee EEN rede waarom samango-ape en blouape as twee
                      verskillende spesies beskou word.                                        (1)

         3.2.3        Noem DRIE voortplantingsisolasiemeganismes wat NIE hierbo
                      genoem word NIE.                                                         (3)
                                                                                               (7)

3.3      Wetenskaplikes vind bewyse vir menslike evolusie deur mense met ander
         hominiede te vergelyk. Die boonste ledemate van mense en Afrika-ape toon
         eenderse kenmerke, terwyl daar verskille tussen die gebit (tande) van die
         twee is.

         3.3.1        Waarom is wetenskaplikes op soek na ooreenkomste tussen
                      mense en Afrika-ape?                                                     (1)

         3.3.2        Verduidelik die belangrikheid van die plasing van die duime vir
                      mense en Afrika-ape.                                                     (2)

         3.3.3        Noem EEN verskil tussen die tande van mense en Afrika-ape.               (2)
                                                                                               (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           13                           DBE/November 2022
                                              NSS

3.4      Die diagram hieronder verteenwoordig een model van die evolusie van
         sommige hominiede.

            Jongste                  Homo sapiens
                                                      Homo neanderthalensis

                                                             Homo florensiensis

                                          Homo heidelbergensis

                            Homo naledi

                                                    Homo erectus

                                               Spesie X
                                      (het klipwerktuie gebruik)
                 Homo rudolfensis

          Vroegste            Australopithecus africanus

         3.4.1        Identifiseer die tipe diagram wat getoon word.                                (1)
         3.4.2        Hoeveel genera word deur die diagram verteenwoordig?                          (1)
         3.4.3        Noem die spesie wat:
                      (a)    Deur X op die diagram verteenwoordig word                              (1)
                      (b)    'n Gemeenskaplike voorouer met Homo erectus deel                       (1)
         3.4.4        Watter spesie van die genus Homo is die enigste een wat vandag
                      nog bestaan?                                                                  (1)
         3.4.5        Noem TWEE vorme van bewyse wat gebruik sou kon word om die
                      inligting in die diagram te ondersteun.                                       (2)
         3.4.6        Die gemiddelde kraniale kapasiteit van Homo sapiens is 1 500 cm3
                      in vergelyking met 520 cm3 in Australopithecus africanus.
                      Verduidelik die betekenis van die verskil in kraniale kapasiteit.             (3)
         3.4.7        Verduidelik hoe die fossiele van Australopithecus africanus,
                      Spesie X en Homo erectus gebruik word om die 'Uit-Afrika'-
                      hipotese te ondersteun.                                                       (4)
                                                                                                    (14)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         14                        DBE/November 2022
                                            NSS

3.5      Hedendaagse walvisse is waterbewonende soogdiere wat hulle hele leeftyd in
         die oseaan deurbring. Daar word vermoed dat hulle van viervoetige voorouers
         geëvolueer het, soos hieronder verteenwoordig:

                       SPESIE                BESTAAN              EIENSKAPPE
                                             OP AARDE
         Pakicetus                             50 mjg       Viervoetige karnivoor

         Ambulocetus                              48 mjg    Swempoot('flipper')-agtige
                                                            groot pote en stert vir
                                                            swem

         Dorudon                                  40 mjg    Groot swempote ('flippers')
                                                            voor en baie klein
                                                            ledemate agter

         Balaena (Blouwalvis)                  Vandag       Nie-funksionerende pelvis
                                                            (bekken) en groot
                                                            swempote ('flippers') voor

         3.5.1        Watter voorouer van walvisse het heel waarskynlik in water en op
                      land gebly?                                                              (1)

         3.5.2        Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.5.1.                            (2)

         3.5.3        Verduidelik waarom Ambulocetus en Dorudon as oorgangspesies
                      in die evolusie van walvisse beskou kan word.                            (2)

         3.5.4        Verduidelik, volgens Lamarck, waarom hedendaagse walvisse nie
                      bene het nie.                                                            (3)
                                                                                               (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           15                       DBE/November 2022
                                              NSS

3.6      Pasiënte wat met die MI-virus (MIV) geïnfekteer is, word met antiretrovirale
         medisyne behandel. Indien hulle hul behandeling mis, kan dit die kanse
         (waarskynlikheid) verhoog dat die virus weerstand teen die medisyne
         ontwikkel.

         Wetenskaplikes het 'n ondersoek uitgevoer om vas te stel wat die uitwerking
         van die getal behandelings wat gemis word, op die waarskynlikheid dat die
         MI-virus weerstand teen die antiretrovirale medisyne ontwikkel, sal wees.

         Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

                 Getal behandelings          Waarskynlikheid dat die MI-virus
                  wat gemis word             weerstand teen die antiretrovirale
                       (in dae)                  medisyne ontwikkel (%)
                           2                                0
                           7                                20
                          14                                35
                          21                                40
                          37                                60

         3.6.1        Noem die volgende vir hierdie ondersoek:

                      (a)   Die afhanklike veranderlike                                     (1)

                      (b)   Die onafhanklike veranderlike                                   (1)

         3.6.2        Gebaseer op die resultate, noem EEN voorsorgmaatreël vir
                      pasiënte wat antiretrovirale behandeling kry.                         (1)

         3.6.3        Noem 'n gevolgtrekking vir hierdie ondersoek.                         (2)

         3.6.4        Beskryf die evolusie van weerstand teen antiretrovirale medisyne
                      in die MI-virus.                                                      (5)
                                                                                            (10)
                                                                                            [50]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:         100
                                                                     GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2022-eng/47b0f5ad-d719-45e4-9408-1d076d3907c1) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2022-eng/c0ba0c20-6c29-4abe-aef0-baeb48113dd3) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 English Final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-english-final/48fd8634-2e51-4ca1-b7e3-df271e86c9ec) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2022-afr/2641aa96-c0ce-4429-9802-4b9c58c65274) — Life Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Life Sciences P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2021-afr/6a0be2cc-cabc-40b2-a5fc-4dcf29d7b1b8) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr
- [Life Sciences P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-eng/ad42999d-6e30-4bbc-9860-4febb47c7166) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
