# Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2023-afr/c3a86538-193e-4dbe-aff4-2a7ba9a49f35
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2023-afr/c3a86538-193e-4dbe-aff4-2a7ba9a49f35)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               GRAAD 12

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                        LEWENSWETENSKAPPE V2

                               NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        2                          DBE/November 2023
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         3                          DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1       Die paring van die basisse in DNS/DNA is deur … ontdek.

                     A    Watson en Wilkins
                     B    Franklin en Wilkins
                     C    Franklin en Crick
                     D    Crick en Watson

         1.1.2       'n Geen kodeer vir die vorming van …

                     A    'n chromosoom.
                     B    'n alleel.
                     C    DNS/DNA.
                     D    'n proteïen.

         1.1.3       Watter EEN van die volgende is 'n kenmerk van stamselle?

                     A    Hulle is maklik van enige orgaan verkrygbaar.
                     B    Hulle verdeel deur meiose.
                     C    Hulle is haploïed.
                     D    Hulle kan gestimuleer word om enige soort sel wat
                          benodig word, te vorm.

         1.1.4       By mense is die kanse om 'n dogter te hê …

                     A    25%
                     B    50%
                     C    75%
                     D    100%

         1.1.5       Watter EEN van die volgende is gedeeltelik die rede waarom
                     kleurblindheid meer algemeen by mans as by vroue voorkom?

                     A    Die alleel vir kleurblindheid is resessief en kom op die
                          X-chromosoom voor.
                     B    Mans wat kleurblind is, het twee kopieë van die alleel vir
                          kleurblindheid.
                     C    Die alleel vir kleurblindheid is resessief en kom op die
                          Y-chromosoom voor.
                     D    Vaders dra die alleel vir kleurblindheid slegs aan hulle seuns
                          oor.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          4                          DBE/November 2023
                                             NSS

         1.1.6       Die DNS/DNA-profiel van vier individue word hieronder gegee.

                             W                 X                Y                Z

                     Watter individue is moontlik lede van dieselfde familie?

                     A    Slegs X en Z
                     B    Slegs X, Y en Z
                     C    Slegs W, Y en Z
                     D    Slegs W, X en Y

         1.1.7       Wanneer twee plante wat heterosigoties vir 'n kenmerk is, gekruis
                     word, is die verwagte verhouding:

                           Dominante          Resessiewe
                            fenotipe           fenotipe
                     A         3         :       1
                     B         1         :       3
                     C         1         :       2
                     D         1         :       1

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         5                            DBE/November 2023
                                            NSS

         1.1.8       Die diagram hieronder verteenwoordig die struktuur van
                     chromosome by verskillende fases van meiotiese seldeling.

                     Q                      R              S                   T

                     Watter EEN van die volgende chromosome sal tydens laat
                     Anafase II in 'n sel aangetref word?

                     A    Q
                     B    R
                     C    S
                     D    T

         1.1.9       Die wetenskaplike wat Little Foot ontdek het, is …

                     A    Lee Berger.
                     B    Raymond Dart.
                     C    Ron Clarke.
                     D    Robert Broom.                                            (9 x 2)       (18)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           6                         DBE/November 2023
                                              NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Die posisie van 'n geen op 'n chromosoom

         1.2.2       Die soort evolusie wat gekenmerk word deur lang periodes van klein
                     of geen veranderinge nie, afgewissel deur kort periodes van vinnige
                     verandering

         1.2.3       Die natuurlike vorm van 'n DNS/DNA-molekuul

         1.2.4       Die soort binding wat tussen twee aminosure voorkom

         1.2.5       Die tipe visie wat by primate voorkom wat dieptepersepsie moontlik
                     maak

         1.2.6       Die soort dominansie wat 'n intermediêre fenotipe           in   die
                     heterosigotiese toestand tot gevolg het

         1.2.7       Die vloeistof van die nukleus/selkern waar vrye nukleotiede
                     aangetref word

         1.2.8       'n Verstrengelde massa chromosome wat in die selkern aangetref
                     word

         1.2.9       Die verdeling van die sitoplasma ná 'n kerndeling

         1.2.10      Die naam vir die X- en Y-geslagschromosome by mense        (10 x 1)        (10)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                            KOLOM I                              KOLOM II
         1.3.1        'n Genetiese afwyking wat deur A: Hemofilie
                      'n chromosoommutasie           B: Kleurblindheid
                      veroorsaak word
         1.3.2        Die belangrikheid van meiose   A: Vorming van gamete
                                                     B: Halvering van die
                                                        chromosoomgetal
         1.3.3        Die organel waar DNS/DNA by A: Mitochondriums
                      plante aangetref word          B: Chloroplast
                                                                                  (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                              7                       DBE/November 2023
                                                 NSS

1.4      Die diagram hieronder toon die oorerwing van bloedgroepe in 'n familie.

                     bloed-          bloed-
                     groep O         groep O

                                                 Athi      Chris

                               Bob               Ann       Lina            Vusi

                             bloed-            bloed-    bloed-           bloed-
                             groep B           groep A   groep A          groep O

         1.4.1       Noem die soort diagram wat getoon word.                                     (1)

         1.4.2       Gee die getal allele wat bloedgroepe beheer.                                (1)

         1.4.3       Hoeveel generasies word in die diagram voorgestel?                          (1)

         1.4.4       Lina se genotipe is IA i.

                     Noem AL die moontlike genotipes van Vusi.                                   (2)

         1.4.5       Gee die genotipe van Bob.                                                   (1)

         1.4.6       Gee die naam van die individu wat kodominansie vertoon.                     (2)
                                                                                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         8                          DBE/November 2023
                                            NSS

1.5      Die diagram hieronder is 'n skematiese voorstelling van proteïensintese.

                                                     3                                             4

                                                                                               O
                           Proses Z

                                                              5

         1.5.1       Identifiseer:

                     (a)   Proses Z                                                                    (1)

                     (b)   Molekuul R                                                                  (1)

                     (c)   Organel Q                                                                   (1)

         1.5.2       Gee die gemeenskaplike naam van stikstofbasisse O.                                (1)

         1.5.3       Bepaal die volgorde van die stikstofbasisse by area S.                            (1)

         1.5.4       Watter string (1 of 2) is as 'n templaat vir die vorming van
                     molekuul R gebruik?                                                               (1)

         1.5.5       Watter aminosuur (3, 4 of 5) sal na area P gebring word?                          (1)

         1.5.6       Noem die soort suiker wat deel vorm van die struktuur van
                     molekuul R.                                                                       (1)
                                                                                                       (8)

                                                               TOTAAL AFDELING A:                      50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                               9                           DBE/November 2023
                                                  NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagramme hieronder stel twee fases van meiotiese seldeling voor.

                           A

                                                                                               B
                                                                                               A
                                                                                               C
                                                                                               A

                                                                                               D

                           Diagram 1                              Diagram 2

         2.1.1       Noem struktuur:

                     (a)       B                                                                       (1)

                     (b)       C                                                                       (1)

         2.1.2       Identifiseer die fase wat in Diagram 1 voorgestel word.                           (1)

         2.1.3       Gee DRIE redes vir jou antwoord op VRAAG 2.1.2.                                   (3)

         2.1.4       Beskryf die proses wat by A plaasvind.                                            (3)

         2.1.5       (a)       Identifiseer die fase wat in Diagram 2 voorgestel word.                 (1)

                     (b)       Beskryf die verskille in die gebeure wat in die fase genoem in
                               (a) plaasvind en dieselfde fase tydens mitose.                          (2)

         2.1.6       Beskryf die resultate aan die einde van meiose indien die
                     chromosome by D nie geskei het nie.                                               (3)
                                                                                                       (15)

2.2      Beskryf die proses van DNS/DNA-replisering.                                                   (6)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          10                        DBE/November 2023
                                             NSS

2.3      Lees die inligting hieronder.

         'n Geen, VKORC1, kodeer vir 'n bloedstollingsfaktor by mense. Hierdie geen
         bestaan uit 163 aminosure.

         'n Mutasie het plaasgevind wat aminosuur 128 en 139 beïnvloed het; die
         volgorde CTG het na CAG verander en die TAT het TCT geword. Hierdie
         mutasie is deur geslagte as 'n outosomale dominante kenmerk oorgedra.

         Die mutasie het weerstandigheid teen Warfarin-medisyne by mense tot
         gevolg gehad. Warfarin word in die behandeling van trombose gebruik.
         Trombose lei tot die vorming van 'n bloedklont in die arterie/slagaar. Warfarin
         veroorsaak die verdunning van bloed om die bloedklont af te breek.

         2.3.1       Gee EEN bewysstuk uit die inligting wat toon dat die mutasie vir
                     hierdie geen in die DNS/DNA-molekuul plaasgevind het.                      (1)

         2.3.2       Hoeveel stikstofbasisse kodeer vir die VKORC1-geen?                        (2)

         2.3.3       Beskryf wat met 'n outosomale dominante alleel bedoel word.                (3)

         2.3.4       Die tabel hieronder toon die aminosure en hulle ooreenstemmende
                     kodons.

                                    KODONS                   AMINOSUUR
                                     GAC                         Leu
                                     UCU                         Ser
                                      AUA                        Try
                                     GUC                         Gln
                                      AGA                        Arg
                                      ACA                        Trp
                                     CAG                         Gln
                                      UAU                        Phe

                     Verduidelik:

                     (a)   Hoe die mutasie op die VKORC1-geen weerstandigheid teen
                           Warfarin by mense tot gevolg gehad het                               (5)

                     (b)   Die effek van hierdie mutasie op mense met trombose                  (3)
                                                                                                (14)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           11                         DBE/November 2023
                                              NSS

2.4      Polidaktilie is 'n toestand wat tot ekstra vingers en tone lei. Dit word deur 'n
         dominante alleel veroorsaak.

         'n Man wat heterosigoties vir polidaktilie is, het 'n vrou wat nie polidaktiel is
         nie.

         Gebruik die letters R en r en doen 'n genetiese kruising om die persentasie
         kans dat hulle kinders polidaktilie sal hê, te toon.                                     (6)

2.5      By somerpampoen-plante is wit vrugkleur (B) dominant oor geel vrugkleur (b),
         en ronde vrugte (D) is dominant oor ovale vrugte (d).

         'n Somerpampoen-plant wat homosigoties vir wit en ronde vrugte is, word
         gekruis met 'n plant wat homosigoties vir geel en ovale vrugte is.

         2.5.1       Noem die:

                     (a)   Genotipes van die P1-ouers                                             (2)

                     (b)   Fenotipes van die F1-generasie                                         (2)

         2.5.2       Twee plante wat heterosigoties vir beide kenmerke is, is gekruis.

                     (a)   Gee AL die moontlike genotipes in die gamete wat gevorm sal
                           word.                                                                  (2)

                     (b)   Hoeveel plante in die volgende generasie sal waarskynlik geel
                           en ovale vrugte hê?                                                    (1)

         2.5.3       Gee die moontlike genotipes van beide ouers wat gekruis moet word
                     indien 'n boer somerpampoene wil hê wat almal slegs wit met ovale
                     vrugte is.                                                                   (2)
                                                                                                  (9)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                                             12                         DBE/November 2023
                                                                                NSS

VRAAG 3

3.1                    Die grafiek hieronder toon die resultate van kunsmatige seleksie vir
                       proteïeninhoud by mielieplante oor 50 generasies.

                                              21

                                              20

      Gemiddelde persentasie proteïeninhoud
                                              19

                                              18

                                              17

                                              16

                                              15

                  in mieliepitte
                                              14

                                              13

                                              12

                                              11

                                              10
                                                   0       5      10     15     20     25      30     35     40      45        50
                                                                           Generasies van mielieplante

                          3.1.1                        Beskryf hoe hierdie boer kunsmatige seleksie van die mielieplant
                                                       gedoen het.                                                                  (3)

                          3.1.2                        Wat was die gemiddelde persentasie van die proteïeninhoud in die
                                                       mieliepitte teen die 15de generasie?                                         (1)

                          3.1.3                        Met hoeveel keer het die gemiddelde persentasie van die
                                                       proteïeninhoud in die mieliepitte tussen die 40ste en 50ste generasie
                                                       toegeneem? Toon ALLE berekeninge.                                            (2)

                          3.1.4                        Beskryf EEN manier waarop die proses van kunsmatige seleksie
                                                       van genetiese manipulasie verskil.                                           (2)
                                                                                                                                    (8)

3.2                        Beskryf Darwin se teorie van evolusie deur natuurlike seleksie.                                          (7)

Kopiereg voorbehou                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           13                        DBE/November 2023
                                              NSS

3.3      'n Ondersoek is uitgevoer om die verwantskap tussen die kophoogte en
         bytkrag by akkedisse te bepaal.

         Die prosedure was soos volg:
            Die wetenskaplikes het 120 akkedisse met soortgelyke kenmerke van
             ongeveer dieselfde voortplantingsouderdom in verskillende habitatte
             versamel.
            Hulle liggaamskenmerke en DNS/DNA is ontleed om te bepaal of hulle tot
             dieselfde spesie behoort.
            40 akkedisse het tot spesie A behoort, 36 tot spesie B en 44 tot spesie C.
            Elke spesie is in sy hok, met omgewingstoestande soortgelyk aan hulle
             habitatte, gehou.
            Die kophoogte vir elke akkedis is gemeet en gemiddeldes is vir elke
             spesie bereken.
            Deur van 'n Kistler-krag gebruik te maak, is die bytkrag van elke akkedis in
             elke spesie vyf keer gemeet en die gemiddeld vir elke akkedis en elke
             spesie is bereken.
         Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

                                         Kophoogte                     Bytkrag
                 Spesie
                                           (mm)                          (N)
                     A                      10,3                        12,4
                     B                      10,7                        14,3
                     C                      13,2                        20,4

         3.3.1       Identifiseer die:

                     (a)   Onafhanklike veranderlike                                              (1)

                     (b)   Afhanklike veranderlike                                                (1)

         3.3.2       Noem TWEE faktore wat vir hierdie ondersoek konstant gehou is.               (2)

         3.3.3       Behalwe vir die monstergrootte, noem EEN manier waarop die
                     betroubaarheid van die resultate vir hierdie ondersoek verseker is.          (1)

         3.3.4       Die kophoogte vir elke akkedisspesie was verskillend.

                     Noem die soort variasie wat deur hierdie kenmerk vertoon word.               (1)

         3.3.5       Beskryf die verwantskap tussen die kophoogte en die bytkrag van
                     die akkedisse.                                                               (2)

         3.3.6       Van watter spesie (A, B of C) sal daar verwag word om hoofsaaklik
                     op taai, veselagtige plante te voed?                                         (1)

         3.3.7       Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.3.6.                                     (2)

         3.3.8       Vir watter spesie (A, B of C) sal dit die meeste gepas wees om in
                     nou areas tussen die rotse te leef?                                          (1)
                                                                                                  (12)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          14                        DBE/November 2023
                                             NSS

3.4      Die diagram hieronder toon 'n tydlyn van verskillende hominiede spesies en
         die ontwikkeling van gereedskap.

                                                                                Vandag

      4 mjg                 3 mjg                2 mjg             1 mjg

                                     A. afarensis

        A. africanus

                                H. habilis

                                    H. erectus

                                                         H. neanderthalensis

                                                                     H. sapiens

      Ontwikkeling van
      gereedskap
                              Vir skraap, kap      Groter, skerp             Ingewikkeld,
                                   en kerf         oppervlakke,            pyle aan stokke
                                                 handbyl vir grawe          vasgemaak en
                                                                               visvang-
                                                                              gereedskap

         3.4.1       Watter spesie in die diagram hierbo het vir die langste periode
                     bestaan/oorleef?                                                           (1)

         3.4.2       Bereken die periode (miljoen jare) waartydens die A. afarensis en
                     A. africanus gelyktydig bestaan het. Toon ALLE berekeninge.                (2)

         3.4.3       Noem die spesie wat ook as die 'handyman' (nutsman) bekend
                     gestaan het.                                                               (1)

         3.4.4       Noem TWEE gebruike van die stuk gereedskap wat 2,6 mjg
                     ontwikkel is.                                                              (2)

         3.4.5       Identifiseer TWEE spesies wat die ingewikkeldste gereedskap
                     gebruik het.                                                               (2)

         3.4.6       Verduidelik hoe die veranderinge in breingrootte oor tyd met die
                     ontwikkeling van gereedskap verband hou.                                   (3)
                                                                                                (11)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           15                          DBE/November 2023
                                              NSS

3.5      Die diagramme hieronder toon die skedels en pelvisse van verskillende
         hominiede.

                                 H. sapiens                 A. sediba

                             A                      B                      C

         3.5.1       Noem die genusnaam van A. sediba.                                         (1)

         3.5.2       Beskryf die vorm van die ruggraat van H. sapiens.                         (1)

         3.5.3       Daar word gedink dat A. sediba 'n oorgangspesie is.

                     Noem wat met 'n oorgangspesie bedoel word.                                (2)

         3.5.4       Gee die LETTER van die pelvis wat 'n voorstelling van A. sediba sou
                     wees.                                                                     (1)

         3.5.5       Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.5.4.                                  (2)

         3.5.6       Verduidelik die belangrikheid van die verandering in prognatisme
                     van A. sediba na H. sapiens.                                              (5)
                                                                                               (12)
                                                                                               [50]

                                                                TOTAAL AFDELING B:             100
                                                                    GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/13d7c9c8-15ee-4ae8-9e7d-b86c6cb669b9) — Life Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Life Sciences P2 (English) QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-english-qp/bb04c5c6-158b-47c6-b2ca-a195e96e93ef) — Life Sciences · QP · 2023 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2022-eng/47b0f5ad-d719-45e4-9408-1d076d3907c1) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2021-afr/6a0be2cc-cabc-40b2-a5fc-4dcf29d7b1b8) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr
- [Life Sciences P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-eng/ad42999d-6e30-4bbc-9860-4febb47c7166) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-afr/3a3f6e0d-1732-4f2c-aba0-9b2bf232ef02) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
