# Life Sciences Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2024-afr/7007b75f-bb6e-40b6-9c6d-aa18ffc566e3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2024-afr/7007b75f-bb6e-40b6-9c6d-aa18ffc566e3)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               GRAAD 12

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                        LEWENSWETENSKAPPE V2

                               NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Lewenswetenskappe/V2                        2                          DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Lewenswetenskappe/V2                         3                        DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.    Nov

         1.1.1       Watter EEN van die volgende organelle is die plek waar
                     proteïensintese plaasvind?

                     A   Ribosome
                     B   Chloroplaste
                     C   Mitochondriums
                     D   Sentrosome

         1.1.2       By mense word die geslag deur gonosome bepaal.

                     Watter kombinasie hieronder toon die KORREKTE gonosome vir
                     mans en vroue?

                           MANLIKE GONOSOME              VROULIKE GONOSOME
                     A             XY                            YY
                     B             YY                            XY
                     C             XY                            XX
                     D             XX                            XY

         1.1.3       'n Organisme het die genotipe TT.

                     Die KORREKTE term wat hierdie organisme se genotipe beskryf,
                     is …

                     A   heterosigoties dominant.
                     B   heterosigoties resessief.
                     C   homosigoties dominant.
                     D   homosigoties resessief.

         1.1.4       Down-sindroom is 'n genetiese afwyking waar 'n individu 'n ekstra
                     kopie van chromosoom 21 het.

                     Watter EEN van die volgende kan tot Down-sindroom lei?

                     A   Onvermoë van chromosome om tydens mitose te repliseer
                     B   Onvermoë van chromosoompare om tydens meiose te skei
                     C   Onvermoë van chromosome om tydens bevrugting pare te
                         vorm
                     D   Onvermoë van chromosoompare om tydens meiose te oorkruis

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Lewenswetenskappe/V2                         4                             DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

         1.1.5       'n Geleidelike verandering van die kenmerke van 'n spesie met tyd
                     staan as ... bekend.

                     A   gepunte/gepunktueerde ewewig
                     B   genetiese manipulasie/modifikasie
                     C   spesiasie
                     D   biologiese evolusie

         1.1.6       Watter EEN van          die    volgende   is     'n   voortplantings-
                     isolasiemeganisme?

                     A   Aanpassing by dieselfde bestuiwingsagent
                     B   Spesie-spesifieke hofmakery-gedrag
                     C   Voortbring van vrugbare nakomelinge
                     D   Teling/Broei op dieselfde tyd van die jaar

         1.1.7       Analise van mitochondriale DNS/DNA is 'n voorbeeld van hierdie
                     tydlyn van bewyse:

                     A   Fossielbewyse
                     B   Modifikasie deur afstamming
                     C   Biogeografie
                     D   Genetiese bewyse

         1.1.8       Watter opsie in die tabel hieronder toon die KORREKTE
                     vergelyking tussen mitose en meiose?

                                     MITOSE                        MEIOSE
                     A     Produseer vier dogterselle    Produseer twee dogterselle
                     B     Produseer geneties            Produseer geneties
                           verskillende selle            identiese selle
                     C     Die chromosoomgetal bly       Die chromosoomgetal word
                           dieselfde                     gehalveer
                     D     Twee verdelings vind plaas    Vier verdelings vind plaas

         1.1.9       Watter EEN van die volgende wetenskaplikes het die fossiel
                     Taung-kind ontdek?

                     A   Lee Berger
                     B   Ron Clarke
                     C   Raymond Dart
                     D   Robert Broom

         1.1.10      Watter EEN van die volgende word aan die einde van translasie
                     geproduseer?

                     A   'n DNS/DNA-molekuul
                     B   'n Boodskapper-RNS/RNA-molekuul
                     C   'n Proteïen
                     D   'n Aminosuur                                             (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Lewenswetenskappe/V2                            5                             DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1         'n Nukleïensuur wat oorerflike inligting dra

         1.2.2         Die chromosoomtoestand         van   'n   sel   wat   'n    enkele     stel
                       chromosome bevat

         1.2.3         Die struktuur wat die twee chromatiede van 'n chromosoom aan
                       mekaar heg

         1.2.4         Die soort RNS/RNA wat spesifieke aminosure na die plek van
                       proteïensintese dra

         1.2.5         Die analise van DNS/DNA-monsters om                        individue    of
                       verwantskappe tussen individue te identifiseer

         1.2.6         'n Voorstelling van die getal en struktuur van al die chromosome
                       wat in die nukleus/selkern van 'n somatiese sel voorkom

         1.2.7         'n Groep eenderse organismes wat in staat is om te kruisteel om
                       vrugbare afstammelinge voort te bring

         1.2.8         Die fase van meiose waar gepaarde chromosome by die ewenaar
                       gerangskik is

         1.2.9         Die biotegnologiese proses wat geneties identiese organismes
                       produseer                                              (9 x 1)                   (9)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                              KOLOM I                               KOLOM II
         1.3.1       'n Bron van variasie in populasies   A: Ewekansige bevrugting
                                                          B: Ewekansige paring
         1.3.2       Ontdekking van die struktuur van die A: Franklin en Wilkins
                     DNS/DNA-molekuul                     B: Lamarck en Darwin
         1.3.3       Vind tydens meiose plaas             A: Kariokinese
                                                          B: Sitokinese
                                                                                 (3 x 2)                (6)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Lewenswetenskappe/V2                          6                         DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

1.4      Die diagram hieronder stel 'n DNS/DNA-molekuul voor wat 'n belangrike
         biologiese proses ondergaan.

                                         1

                       2
                                     4
                                3

                                                           5

         1.4.1       Identifiseer die:

                     (a) Proses wat in die diagram getoon word                                   (1)

                     (b) Chemiese verbinding wat 1 gemerk is                                     (1)

         1.4.2       Gee die:

                     (a) Versamelnaam vir die dele wat 2, 3 en 4 gemerk is                       (1)

                     (b) Volle naam van die stikstofbasis wat 5 gemerk is                        (1)

         1.4.3       Gedurende watter fase van die selsiklus vind hierdie proses plaas?          (1)

         1.4.4       Waar in die sel vind hierdie proses plaas?                                  (1)
                                                                                                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Lewenswetenskappe/V2                          7                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

1.5      By 'n sekere skoenlapperspesie beheer een geen die kleur van kolle op die
         vlerke en 'n ander geen beheer oogkleur. Die kleur van die kolle op die vlerke
         kan rooi kolle (R) of grys kolle (r) wees, terwyl oogkleur swart (E) of bruin (e)
         kan wees.

         Skoenlappers wat heterosigoties vir beide gene is, is gekruis.

         1.5.1       Noem die soort kruising wat hierbo voorgestel word.                          (1)

         1.5.2       Gee die dominante kenmerk van ELKE geen.                                     (2)

         1.5.3       Die tabel hieronder toon die fenotipes en al die moontlike
                     genotipes van die nageslag.

                              FENOTIPES              ALLE MOONTLIKE GENOTIPES
                       Rooi kolle, bruin oë                     (X)
                                    (Y)                        RrEe
                       Grys kolle, bruin oë                    rree

                     Gee:

                     (a) AL die moontlike genotipes by X                                          (4)

                     (b) Die fenotipe by Y                                                        (1)

                     (c) Die genotipe van die gamete wat deur 'n skoenlapper met grys
                         kolle en bruin oë geproduseer word                                       (1)
                                                                                                  (9)

                                                                TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Lewenswetenskappe/V2                            8                        DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n sekere stadium van proteïensintese.
         (Die volgorde van basisse lees van links na regs.)

                                                                           String 1
                                                                         (templaat)
             Molekuul X                                                 Molekuul Y

                               A G     A      U A C         C C A

                                                  Z
                                                                         String 2

         2.1.1       Identifiseer molekuul Y.                                                    (1)

         2.1.2       Beskryf die proses wat tot die vorming van molekuul Y gelei het.            (6)

         2.1.3       Gee EEN strukturele verskil tussen molekuul X en molekuul Y.                (2)

         2.1.4       Gee die volgorde van basisse by basisdrietal Z op string 2.                 (1)

         2.1.5       Die tabel hieronder toon sommige aminosure wat deur kodons op
                     molekuul Y gekodeer word.

                             KODON                      AMINOSUUR
                              AGA                         Arginien
                              UCU                          Serien
                              CCA                         Prolien
                              UAC                         Tirosien
                              GGU                         Glisien

                     Identifiseer die eerste en laaste aminosure wat deur hierdie deel
                     van molekuul Y gekodeer word.                                               (2)
                                                                                                 (12)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Lewenswetenskappe/V2                           9                             DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

2.2      Die diagram hieronder stel 'n fase van meiose II voor.

                                                                         A

                                                                     B

         2.2.1       Identifiseer die fase van meiose wat getoon word.                              (1)

         2.2.2       Noem EEN verskil tussen die fase getoon in die diagram hierbo en
                     dieselfde fase in meiose I.                                                    (2)

         2.2.3       Identifiseer struktuur:

                     (a) A                                                                          (1)

                     (b) B                                                                          (1)

         2.2.4       Beskryf die rol van struktuur B tydens seldeling.                              (2)

         2.2.5       Teken 'n benoemde diagram wat die sel hierbo verteenwoordig
                     soos wat dit tydens metafase II sou gelyk het.

                     LET WEL:      Die diagram moet die korrekte skakerings toon en
                                   byskrifte insluit (sluit byskrifte vir A en B uit).              (5)
                                                                                                    (12)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Lewenswetenskappe/V2                          10                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

2.3      Die tabel hieronder toon die persentasie bloedskenkers vir elke bloedgroep in
         Suid-Afrika vir 2018.

                              BLOEDGROEP                  % SKENKERS
                                   O                          48
                                   A                          38
                                   B                          10
                                  AB                           4

         2.3.1       Volgens die data, wat is die algemeenste bloedgroep onder die
                     skenkers?                                                                     (1)

         2.3.2       Noem die soort dominansie wat deur die oorerwing van
                     bloedgroep A getoon word.                                                     (1)

         2.3.3       Verduidelik hoe dit vir 'n man met bloedgroep A en 'n vrou met
                     bloedgroep AB moontlik is om 'n kind met bloedgroep B te hê.                  (5)

         2.3.4       Teken/Trek 'n staafgrafiek om die data in die tabel voor te stel.             (6)
                                                                                                   (13)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Lewenswetenskappe/V2                             11                    DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

2.4      Spierdistrofie is 'n genetiese toestand wat veroorsaak dat spiere met
         verloop van tyd verswak. Dit word deur 'n resessiewe alleel op die
         X-chromosoom (Xd) veroorsaak. Die dominante alleel (XD) het normale
         spiervorming tot gevolg.

         Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van spierdistrofie in
         'n familie.

                                        1              2

                                    3           4          5      6

                                                             7    8
                 Sleutel:
                       Man sonder spierdistrofie

                       Man met spierdistrofie

                       Vrou sonder spierdistrofie

                       Vrou met spierdistrofie

         2.4.1        Hoeveel nakomelinge het individue 1 en 2?                                (1)

         2.4.2        Gee die:

                     (a) Fenotipe van individu 1                                               (1)

                     (b) Genotipe van individu 2                                               (1)

         2.4.3        Verduidelik waarom meer mans as vroue waarskynlik spierdistrofie
                      sal hê.                                                                  (4)

         2.4.4        Ouers 5 en 6 beplan om nog 'n kind te hê.

                      Gebruik 'n genetiese kruising om te toon wat die persentasie kans
                      is om 'n kind met spierdistrofie te kry.                                 (6)
                                                                                               (13)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Lewenswetenskappe/V2                                    12                                                    DBE/November 2024
                                                   NSS Vertroulik

VRAAG 3
3.1      Lees die gedeelte hieronder.
                 GENETIES GEMANIPULEERDE/GEMODIFISEERDE MIELIES
         Die bakterie Bacillus thuringiensis produseer 'n gifstof, genoem Bt, wat
         insekte doodmaak. Hierdie bakterie word gebruik om mielies geneties te
         manipuleer om die Bt-gifstof te bevat. Hierdie Bt-mielies is giftig vir insekte.
         3.1.1       Beskryf hoe die Bt-mielies geneties gemanipuleer word om
                     weerstandig teen insekte te wees.                                                                                   (3)
         3.1.2       Verduidelik TWEE redes waarom boere moontlik Bt-mielies sou
                     wou kweek.                                                                                                          (4)
                                                                                                                                         (7)
3.2      Die filogenetiese stamboom hieronder toon die evolusionêre verwantskap
         tussen sommige spesies.

                                                                                       P

                                     Langarm-ape
                                                                Sjimpansees
                          Nuwe-
                                                    Mense                                    Orang-    Ou-wêreld-

                        wêreld-ape                                                Gorillas   oetangs
                                                                                                          ape

                                                            Q
                                                                R
                                                                              S
                                                                T
                                                                              U
                                                                V

         3.2.1       Gee die LETTER wat die gemeenskaplike voorouer
                     verteenwoordig vir AL die spesies wat in die filogenetiese
                     stamboom getoon word.                                                                                               (1)
         3.2.2       Identifiseer die spesie wat die naaste aan Ou-wêreld-ape verwant
                     is.                                                                                                                 (1)
         3.2.3       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.2.                                                                        (1)
         3.2.4       Identifiseer DRIE spesies wat die gemeenskaplike voorouer R
                     deel.                                                                                                               (3)
         3.2.5       Noem DRIE kenmerke van die boonste ledemate wat mense met
                     groep P in gemeen het.                                                                                              (3)
                                                                                                                                         (9)

Kopiereg voorbehou                                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Lewenswetenskappe/V2                           13                     DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

3.3      'n Groep navorsers het 'n ondersoek uitgevoer om die invloed van die soort
         melk op die lengte van kinders wat die melk drink, te bepaal.
         (Die ondersoek is oor 'n tydperk van 7 jaar, van ouderdom 3 tot ouderdom 10,
         uitgevoer).

         Hulle het:
         -   4 146 gesonde 3-jarige kinders van dieselfde ras en geslag gekies
         -   Die kinders in twee ewe groot groepe verdeel:
              Een groep het daagliks 1 liter-koeimelk gekry om te drink
              Die ander groep het daagliks 1 liter-sojamelk gekry om te drink
         -   Verseker dat elke groep:
              Dieselfde addisionele dieet gekry het
              Eenderse daaglikse aktiwiteite gehad het
              Eenderse lewensomstandighede gehad het
         -   Melk vanaf dieselfde verskaffer voorsien
         -   Die kinders se lengte aan die einde van die ondersoek gemeet en die
             gemiddeld bereken

         Die tabel hieronder toon die resultate aan die einde van die ondersoek in
         vergelyking met die verwagte gemiddelde lengte van 10-jariges.

              VERWAGTE                     GEMIDDELDE            GEMIDDELDE
             GEMIDDELDE                  LENGTE VAN KIND       LENGTE VAN KIND
          LENGTE VAN 'N KIND              WAT KOEIMELK          WAT SOJAMELK
                 (cm)                      GEDRINK HET           GEDRINK HET
                                              (cm)                   (cm)
                     149,86                   151,4                 147,4

         3.3.1       Identifiseer die:

                     (a) Onafhanklike veranderlike                                            (1)

                     (b) Afhanklike veranderlike                                              (1)

         3.3.2       Noem die soort variasie wat deur die lengte van 'n persoon getoon
                     word.                                                                    (1)

         3.3.3       Noem TWEE beplanningstappe wat die navorsers aan die begin
                     van hierdie ondersoek in ag moes neem.                                   (2)

         3.3.4       Noem DRIE maniere waarop die geldigheid van hierdie ondersoek
                     verseker is.                                                             (3)

         3.3.5       Noem EEN faktor wat die geldigheid van hierdie ondersoek
                     negatief kon beïnvloed het.                                              (1)

         3.3.6       Hoe het die navorsers die betroubaarheid van die resultate
                     verseker?                                                                (1)

         3.3.7       Noem die gevolgtrekking van hierdie ondersoek.                           (2)
                                                                                              (12)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Lewenswetenskappe/V2                           14                        DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

3.4      Die gedeelte hieronder beskryf Homo erectus-fossiele.

         Bewyse van fossiele van Homo erectus toon dat hulle omtrent 2 miljoen jaar
         gelede in Afrika verskyn het. Hulle het na baie dele van Asië versprei.
         Homo erectus is die oudste bekende spesie wat ten volle bipedaal/
         tweevoetig was en 'n liggaam soortgelyk aan dié van die mens gehad het.
         Hulle breingrootte was kleiner as dié van hedendaagse mense. Hulle het 'n
         prominente wenkbrourif oor hulle oogkaste gehad.

         3.4.1       Beskryf hoe die fossiele van Homo erectus gebruik word om die
                     'Uit Afrika'-hipotese te ondersteun.                                    (3)

         3.4.2       Beskryf hoe alle ANDER fossielbewyse gebruik word om die
                     'Uit Afrika'-hipotese te ondersteun.                                    (4)

         3.4.3       Gebruik die inligting rakende Homo erectus in die gedeelte en
                     tabuleer TWEE verskille tussen die kenmerke van Homo erectus
                     en Homo sapiens.                                                        (5)

         3.4.4       Watter waarneming van die skedel van Homo erectus sou daartoe
                     aanleiding gegee het dat wetenskaplikes tot die gevolgtrekking
                     gekom het dat Homo erectus bipedaal was?                                (1)
                                                                                             (13)

3.5      Lees die gedeelte hieronder.

                             NATUURLIKE SELEKSIE BY WOLWE

         In 1986 was daar 'n groot radioaktiewe ramp in Chernobyl en alle mense het
         onmiddellik die area as gevolg van die dodelike hoë bestraling verlaat. Diere
         wat aan hierdie hoë bestraling blootgestel is, het kanker ontwikkel of gesterf.
         Wetenskaplikes het amper 40 jaar later die wolwe bestudeer wat in hierdie
         hoogs radioaktiewe omgewing leef en aan hoë bestraling blootgestel word.
         Hulle het gevind dat hierdie wolwe 'n mutasie het wat hulle immuun teen
         kanker maak.

         3.5.1       Wat is 'n mutasie?                                                      (1)

         3.5.2       Watter effek het blootstelling aan hoë bestraling op diere?             (1)

         3.5.3       Gebruik Darwin se teorie van natuurlike seleksie om die
                     ontwikkeling van immuniteit teen kanker in hierdie wolwe te
                     verduidelik.                                                            (7)
                                                                                             (9)
                                                                                             [50]

                                                                TOTAAL AFDELING B:           100
                                                                    GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr 12 Life Sciences P2 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-p2-english-2024-possible-answers/056e47d6-2126-48a7-b13d-b4af9641a5a9) — Life Sciences · Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Life Sciences (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-english-june-2024-question-paper/bcc5f9b8-cec0-4ce9-b98f-a2f48f66b8c4) — Life Sciences · QP · 2024 · Eng
- [Gr 12 Life Sciences P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-p1-english-2024-question-paper-x05/14c6bb83-399b-4f65-858d-915e1e99c43f) — Life Sciences · QP · 2024 · Eng
- [Gr 12 Life Sciences P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-p1-english-june-2024-question-paper/4fc6ccbd-0c7e-4401-885a-2cf93f82dfd5) — Life Sciences · QP · 2024 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/13d7c9c8-15ee-4ae8-9e7d-b86c6cb669b9) — Life Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Life Sciences P2 (English) QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-english-qp/bb04c5c6-158b-47c6-b2ca-a195e96e93ef) — Life Sciences · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
