# Life Sciences Grade 10 P2 2018 QP (Afr)

> Grade 10 Life Sciences Paper 2 question paper from the Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr10-nov2018-afrikaans/4d43b51a-169c-45c8-96ff-9641f29ff4ad
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC)
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/life-sciences) › [Life Sciences Grade 10 P2 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr10-nov2018-afrikaans/4d43b51a-169c-45c8-96ff-9641f29ff4ad)

## About this document

Life Sciences · Grade 10 · Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 10

                        NOVEMBER 2018

                  LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

2                           LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

 5.     Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.     Teken ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte in blou of swart ink.

 7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
        word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
        NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik nie.

 10.    Jy mag, waar nodig, ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en
        passer gebruik.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2018)           LEWENSWETENSKAPPE V2                                          3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
      (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

      1.1.1    Die deel van die biosfeer wat uit grond (land) bestaan, word die …
               genoem.

               A     terasfeer
               B     atmosfeer
               C     hidrosfeer
               D     litosfeer

      1.1.2    Organismes wat tydens die winter onaktief raak, ...

               A     estiveer.
               B     hiberneer.
               C     migreer.
               D     insuleer.

      1.1.3    ŉ See kan as ŉ ... bioom beskou word.

               A     akwatiese
               B     terrestriële
               C     varswater
               D     woestyn

      1.1.4    Watter van die volgende word NIE met die limfstelsel geassosieer
               NIE?

               A     Lae druk
               B     Hoë konsentrasie metaboliese afvalstowwe
               C     Vervoer verteerde vette
               D     Hoë konsentrasie suurstof

      1.1.5    Watter van die volgende kombinasies van grondsoorte toon ŉ
               toename in waterhouvermoë van die laagste tot die hoogste?

                           Laagste                               Hoogste water-
                       waterhouvermoë                             houvermoë
               A            sand                   klei              leem
               B             klei                 sand               leem
               C            sand                  leem                klei
               D             klei                 leem               sand

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

4                               LEWENSWETENSKAPPE V2                    (EC/NOVEMBER 2018)

         VRAAG 1.1.6 en 1.1.7 verwys na die onderstaande diagram.

                                                    Sonstrale

         1.1.6   Watter fisiografiese faktor word in die bostaande diagram
                 geïllustreer?
                 A       Aspek
                 B       Hoogte bo seevlak
                 C       Bestraling
                 D       Helling
         1.1.7   Die rede waarom daar minder plantegroei op die Noordelike
                 helling is, is as gevolg van …
                 A       plante wat nie sonlig kan verdra nie.
                 B       laer reënval.
                 C       meer sonlig en meer water wat verdamp.
                 D       gronderosie.
         1.1.8   Bestudeer die onderstaande lys en beantwoord die vrae wat
                 volg.
                 (i)     Soogdiere
                 (ii)    Fotosinterende bakterieë
                 (iii)   Eensellige eukariotiese organismes
                 (iv)    Versameling/ophoping van suurstof in die atmosfeer
                 Die korrekte volgorde van gebeure wat op die vroeë aarde
                 plaasgevind het, is …
                 A       (iv), (iii), (ii) en (i)
                 B       (iv), (ii), (i) en (iii)
                 C       (ii), (iv), (iii) en (i)
                 D       (i), (ii), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2018)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                           5

        1.1.9        Watter een van die volgende is NIE ŉ oorsaak van die ‘Sesde
                     Massa Uitsterwing’ NIE?

                     A     Bewaring
                     B     Verbranding van fossielbrandstowwe
                     C     Stropery
                     D     Habitat vernietiging

        1.1.10       Watter TWEE klimaatsfaktore het ŉ direkte invloed op die
                     verspreiding van wêreld-biome?

                     A     Temperatuur en hoogte bo seevlak
                     B     Temperatuur en breedtegraad
                     C     Hoogte bo seevlak en presipitasie (neerslag)
                     D     Temperatuur en presipitasie (neerslag)
                                                                               (10 x 2)     (20)

 1.2    Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende
        beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in
        die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.2.1        Die studie van fossiele

        1.2.2        Die oorspronklike landmassa wat 200 mjg begin opbreek het

        1.2.3        Abiotiese faktore wat verband hou met grond

        1.2.4        Organismes wat nie in staat is om hul eie voedsel te vervaardig
                     nie en van ander organismes afhanklik is vir hul voedsel

        1.2.5        ŉ Duidelike, afgebakende gebied waarin daar ŉ noue
                     wisselwerking is tussen plante, diere en die omgewing

        1.2.6        ŉ Landelike gebied, soos ŉ moeras, wat permanent óf
                     seisoenaal met water bedek is

        1.2.7        Verwys na hoogte bo seevlak

        1.2.8        Organismes wat vir ontbinding verantwoordelik is en by alle
                     trofiese vlakke aangetref word behalwe by die eerste vlak
                                                                                (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

6                            LEWENSWETENSKAPPE V2                              (EC/NOVEMBER 2018)

1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι, van toepassing is op
    SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B, of GEENEEN van die items in KOLOM ΙΙ nie.
    Skryf slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommer in die
    ANTWOORDEBOEK neer.

                               KOLOM Ι                                    KOLOM ΙΙ
      1.3.1   Fossielbewyse dat die Karoo en ander dele A:          Trilobiete
              van Suid-Afrika vroeër met water bedek     B:         Ammoniete
              was
      1.3.2   Veroorsaak ŉ toename in die biodiversiteit A:         Koolstofdioksied
                                                         B:         Gletservorming
      1.3.3   Aanpassing om in water te leef             A:         Kiewe
                                                         B:         Dik kutikula
                                                                                          (3 x 2)        (6)

1.4 Elk van die onderstaande organismes behoort aan ŉ verskillende Ryk volgens die
    Vyf-Ryk klassifikasiestelsel. Voltooi die tabel deur slegs die ontbrekende woorde in
    te vul. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer byvoorbeeld
    1.4.11 Animalia.

       Organisme

       Ryk                 1.4.1       Protista        Fungi           1.4.2       Animalia
       Genus                           Paramecium      Agaricus     Protea         Bos
       Spesie                          Caudatum        Bisporus     Cynaroides     Taurus
       Prokarioot of                                   Eukarioot    Eukarioot
                           1.4.3           1.4.4                                       1.4.5
       Eukarioot
       Eensellig of                    Eensellig of    Meersellig                  Meersellig
                           1.4.6                                       1.4.7
       Meersellig                      meersellig
       Voedingswyse    Outotrofies     Outotrofies,
                       en              Heterotrofies
                                                         1.4.8         1.4.9
                       Heterotrofies   en
                                       Saprofities
       Wetenskaplike
                                          1.4.10
       naam
                                                                                         (10 x 1)     (10)

  Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2018)           LEWENSWETENSKAPPE V2                                        7

1.5    Bestudeer die onderstaande diagram wat die stikstofkringloop voorstel en
       beantwoord die vrae wat volg.

1.5    1.5.1    Noem die stikstofbevattende verbindings wat deur byskrifte A–C
                voorgestel word.                                                              (3)

       1.5.2    Noem die proses gemerk D waardeur stikstof in die atmosfeer vrygestel
                word.                                                                         (1)

       1.5.3    Noem die plante gemerk E wat ŉ simbiotiese verwantskap met
                stikstofbindende bakterieë het.                                               (1)

       1.5.4    Noem die weerverskynsel gemerk F wat verantwoordelik is vir die
                vorming van nitrate in die atmosfeer.                                         (1)

                                                                TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

8                             LEWENSWETENSKAPPE V2                                 (EC/NOVEMBER 2018)

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

        Dokters raai ons aan om weg te bly van voedsel ryk aan versadigde vette
        soos botter, eiers en vleis, omdat dit vir hartsiektes verantwoordelik is.

        Maar wat as dit verkeerd is? Dr. Stephen Sinatra, ŉ kardioloog wat al vir
        meer as 30 jaar praktiseer en die skrywer van The Great Cholesterol Myth is,
        dink dit is verkeerd.

        Sinatra verduidelik dat aangesien die helfte van alle pasiënte wat vir
        hartsiektes gehospitaliseer word hoë cholesterol het, die ander helfte dus nie
        hoë cholesterol het nie.

        Hy sê dat hartsiektes veroorsaak word deur inflammasie in die bloedvate wat
        deur ŉ hele aantal faktore veroorsaak kan word. ŉ Té hoë suikerinname is
        bo-aan die lys. Suiker beskadig die slagare, verhoog bloeddruk en laat jou
        organe verouder. Ons is bewus daarvan dat suiker aangetref word in
        gaskoeldrank en lekkergoed, maar ook in kosse soos brood en pasta.

        Sinatra stel voor dat al die suiker vervang moet word met groente en vette.
        Hy beveel ook die eet van onversadigde vette soos neute, avokado’s, vis en
        olyfolie ten sterkste aan. Hy is ten gunste van (‘promotes’) versadigde vette
        soos botter, onverwerkte (ongeprosesseerde) vleis en klapperolie.

        Ons moet egter nie versadigde vette met trans-vette verwar nie. Trans- vette
        is mensgemaak en word in die meeste geprosesseerde kosse aangetref.
        Trans-vette help om die rakleeftyd van voedsel te verleng. Ongelukkig is
        trans-vette se molekulêre samestelling soortgelyk aan plastiek! Dit rig groot
        skade in jou liggaam aan, veral jou hart.

                  [Aangepas van ŉ artikel deur Lorie Johnson, ŉ CBN Nuus Mediese Verslaggewer
                                                                                 (December 2012).
                Die oorspronklike artikel was: Cholesterol Myth: What really causes heart disease?]

       2.1.1     Noem TWEE voedselsoorte wat volgens dr. Sinatra vermy moet
                 word omdat dit inflammasie in die slagare veroorsaak.                                  (2)

       2.1.2     Watter soort vet kom NIE natuurlik in voedsel voor NIE?                                (1)

       2.1.3     Hoe verskil dr. Sinatra se teorie rakende die oorsaak van hartsiektes
                 van wat die meeste ander mense glo?                                                    (2)

       2.1.4     Beskryf hoe vetneerslae wat in die slagare neergelê word tot ŉ
                 hartaanval kan lei.                                                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2018)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                           9

 2.2    Bestudeer die onderstaande kaart van Suid-Afrika wat die verskillende
        biome aandui en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                 Plantegroei Biome

        2.2.1        Definieer die term ‘bioom’.                                                (2)

        2.2.2        Noem (identifiseer) die biome C en D.                                      (2)

        2.2.3        Gee SLEGS die LETTER van die bioom waar:

                     (a)   Fynbos plantegroei aangetref word                                    (1)

                     (b)   Die ‘Groot Vyf’ voorkom                                              (1)

        2.2.4        Beskryf die klimaat van die fynbos bioom.                                  (2)

        2.2.5        Noem EEN verskil tussen die grondsoorte in Woude en die van
                     Grasvlaktes.                                                               (2)

        2.2.6        Bioom F is die Sukkulente Karoo. Verduidelik EEN aanpassing wat
                     plante in staat stel om in hierdie gebied te oorleef.                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

10                          LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2018)

 2.3   Esethu en Christine het die onderstaande uittreksel in ŉ tydskrif gelees.

                WAT IS DIE VERBAND TUSSEN ŉ KRIEK SE GETJIRP EN
                                TEMPERATUUR?

       Krieke is insekte. Soos met alle lewende organismes is daar baie chemiese
       reaksies wat in hul liggame plaasvind, soos reaksies wat die spiere laat
       saamtrek om die tjirpgeluid te produseer. Krieke, soos
       alle ander insekte, is koudbloedig en neem die
       temperatuur van die omgewing aan. Dit beïnvloed hoe
       vinnig hierdie chemiese reaksies, wat die spiere in
       staat stel om saam te trek, kan plaasvind.

       Hulle het besluit om ŉ eksperiment uit te voer. Hulle het 4 houtkissies geneem
       en 1 kriek in elke kissie geplaas. Elke kissie is uitgevoer met ŉ temperatuur-
       beheerde verwarmer. Hulle het die kissies A, B, C en D gemerk. Die
       verwarmer in kissie A was op 10 °C gestel, kissie B was op 15 °C, kissie C op
       20 °C en kissie D op 25 °C.

       Elke kissie is vir 30 minute gelos sodat die krieke aan die temperatuur
       gewoond kan raak. Daarna het hulle die aantal tjirps per minuut aangeteken.
       Hierdie resultate word in die onderstaande tabel getoon.

                 Temperatuur (°C)                        Tjirps per minuut
                       10                                        40
                       15                                        75
                       20                                       105
                       25                                       140

       2.3.1    Skryf ŉ gepaste doel vir hierdie ondersoek.                                   (2)

       2.3.2    Noem TWEE faktore wat Esethu en Christine moet beheer om hul
                ondersoek meer geldig te maak.                                                (2)

       2.3.3    Teken ŉ lyngrafiek van die data getoon in die bostaande tabel.                (6)

       2.3.4    Hoe kon Esethu en Christine die betroubaarheid van hul ondersoek
                verbeter het?                                                                 (2)

       2.3.5    Gedurende watter seisoen sou jy verwag om meer krieke te hoor
                tjirp? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                           (2)

       2.3.6    Krieke is snags meer aktief. Watter term word gebruik vir diere wat
                snags aktief is?                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2018)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                            11

 2.4    Bestudeer die onderstaande voedselketting en beantwoord die vrae wat
        volg.

                                  Sprinkaan             Slang            Sekretarisvoël
               Gras
             300 000 kJ           30 000 kJ            3 000 kJ              300 kJ

        2.4.1        Wat stel die pyltjies in die voedselketting voor?                            (1)

        2.4.2        Noem die primêre verbruiker in bostaande voedselketting.                     (1)

        2.4.3        Waarom verminder die totale energie by elke trofiese vlak soos ons
                     met die voedselketting opbeweeg?                                             (3)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

12                              LEWENSWETENSKAPPE V2                           (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 3

 3.1    Bestudeer die onderstaande kaart en beantwoord die vrae wat volg.

                                                               Indië
                                      Afrika

                     Suid-Amerika

                                                                              Australië

                                                  Antarktika

        3.1.1    Wat noem ons die studie van die verspreiding van individuele
                 spesies?                                                                           (1)

        3.1.2    Noem die superkontinent wat in die diagram sigbaar is.                             (1)

        3.1.3    Deur gebruik te maak van die bostaande diagram, verduidelik hoe
                 fossielbewyse die feit dat Afrika en Suid-Amerika, moontlik eens op
                 ŉ tyd deel was van dieselfe kontinent, ondersteun.                                 (2)

        3.1.4    Watter organismes se fossieloorblyfsels               word   op     al   ses
                 landmassas, hierbo getoon, aangetref?                                              (1)

        3.1.5    Daar word vandag steenkoolneerslae in Antarktika aangetref.
                 Watter van die organismes, in die bostaande diagram, sou moontlik
                 ŉ bron kon gewees het van hierdie steenkoolneerslae?                               (1)

        3.1.6    Die beweging van die kontinente het gelei tot die “Plaattektonika
                 Teorie”. Beskryf die rede agter die beweging van die kontinente
                 volgens hierdie teorie.                                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2018)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                          13

 3.2     Die onderstaande kaart toon sommige van die fossielterreine in Suid-
         Afrika. Bestudeer die kaart en beantwoord die vrae wat volg.

                                             Noordwes
                                             Provinsie

                                                     Vrystaat

                         Noord-Kaap

                                                   Oos-Kaap

                     Wes-Kaap

         3.2.1       Noem EEN van die dorpe in Gebied A op die kaart waar fossiele
                     van primitiewe plante soos Glossopteris gevind is.                        (1)

         3.2.2       Watter dorp in die Oos-Kaap (gemerk B) het fossielbewyse van
                     vroeë plante?                                                             (1)

         3.2.3       Vroeë mens en oermens-fossiele is op ŉ hele paar plekke in
                     Suid-Afrika gevind. Watter letter op die kaart dui die ‘Wieg van die
                     Mensdom’ aan waar baie van hierdie fossiele ontdek is?                    (1)

         3.2.4       Die selakant is in gebied C op die kaart ontdek. Waarom word
                     hierdie vis ŉ ‘lewende fossiel’ genoem?                                   (3)

         3.2.5       Beskryf hoe ŉ fossiel van ŉ selakant gevorm sou word.                     (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

14                                  LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2018)

         3.2.6           Noem TWEE maniere waarop fossiele gedateer kan word.                 (2)
         3.2.7           Stel TWEE redes voor waarom nie alle organismes fossiele sal
                         vorm nie.                                                            (2)
         3.2.8           Die Karoo Nasionale Park word by D op die kaart aangetref. Hoe
                         kan fossiele wat in die Karoo Nasionale Park ontdek is die
                         mense wat in die gebied woon, bevoordeel?                            (2)
 3.3    Bestudeer die Geologiese Tydskaal hieronder en beantwoord die vrae
        wat volg.

       Huidiglik
                   MJG

        3.3.1            Waarvoor staan “MJG” soos in die diagram aangedui?                   (1)

        3.3.2            Wanneer het die Triassiese periode begin?                            (2)

        3.3.3            In watter Era en Periode leef ons nou?                               (2)
        3.3.4            Hoe lank het die Ordovisiese periode geduur? Toon al jou
                         bewerkings.                                                          (3)
        3.3.5            Tydens watter geologiese periode het die eerste reptiel verskyn?     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2018)             LEWENSWETENSKAPPE V2                                       15

        3.3.6        Watter belangrike gebeurtenis het 543 mjg plaasgevind wat tot ŉ
                     vinnige toename in die aantal spesies op Aarde gelei het?              (1)

        3.3.7        Tydens watter periode het die Massa-uitsterwing plaasgevind wat
                     die dinosourusse uitgewis het?                                         (1)

        3.3.8        Bespreek enige EEN teorie wat wetenskaplikes voorhou ter
                     verduideliking van die Massa-uitsterwing in VRAAG 3.3.7 genoem.        (3)
                                                                                           [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

16                          LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2018)

 AFDELING C

 VRAAG 4

 Beskryf in detail die reis van ŉ rooibloedsel soos dit beweeg van die regteratrium
 van die hart, deur die liggaam en terug tot by die linkeratrium van die hart. Noem
 ook die verskille tussen slagare (arterieë) en are (venes).

                                                                             Inhoud:      (17)
                                                                             Sintese:      (3)

 LET WEL:      GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
               vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.

                                                            TOTAAL AFDELING C:             20
                                                                GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-memo-nov2018-afrikaans/c2a7733d-cd9f-4042-a6d8-c00aa9fdbc60) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [LIFE SC P1 QP GR10 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p1-qp-gr10-nov-2018-afrikaans/6369a975-f289-4a19-a7cc-86653673d2d2) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-qp-nov2017-afrikaans/e55b43d9-9787-4f2e-9a65-128f985b3bfe) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2017-national-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/c1e4d056-81c3-4a23-aa2f-55ffbe979f3d) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [LIFE SC P1 MEMO GR10 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p1-memo-gr10-nov-2018-afrikaans/7ca9f0df-a921-4bcb-af62-db81d6542e85) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR10 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr10-nov2020-afrikaans/526feaf4-9afb-47ec-ad9f-5ddbc15dc1cc) — Life Sciences · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 10 Life Sciences

- [Gr10-Lewenswetenskappe-OG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-lewenswetenskappe-og-studyguide-lr/8e3e18e1-6b71-4e05-952d-de0944ef8eff) — Guide
- [Gr10-Life-Sciences-TG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-life-sciences-tg-studyguide-lr/5615738c-106e-4a50-9536-78ad61f5ee23) — Guide
- [KZN Life Sciences Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-kzn-march-test-question-paper-and-memorandum/a3348de3-4618-469e-a3dc-d828cb2b83c5) — QP + Memo · 2026
- [Gr 10 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-life-sci-atp-2023-24/ed5e1ff0-929f-4365-8c9b-45bddb8d3048) — ATP
- [EC Life Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/aa6599b4-f6e3-4768-8731-6f1e10a5494e) — QP + Memo · 2025
- [FS Life Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-life-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/3c40be94-69ee-40e0-9355-f835c10d452c) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
