# Life Sciences Grade 10 P2 Eastern Cape November 2020 QP

> Grade 10 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr10-nov2020-afrikaans/4ea03349-a707-405f-90fd-870d0bcdd2e9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/life-sciences) › [Life Sciences Grade 10 P2 Eastern Cape November 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr10-nov2020-afrikaans/4ea03349-a707-405f-90fd-870d0bcdd2e9)

## About this document

Life Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR10 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr10-nov2020-afrikaans/526feaf4-9afb-47ec-ad9f-5ddbc15dc1cc) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE SENIOR
                       SERTIFIKAAT

                           GRAAD 10

                      NOVEMBER 2020

                LEWENSWETENSKAPPE V2
                    (EKSEMPLAAR)

PUNTE: 150

TYD:   2½ uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

2                           LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2020)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.   Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

5.   Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

6.   Teken ALLE sketse in potlood en skryf die byskrifte in blou of swart ink.

7.   Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
     word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
     nie.

9.   MOENIE grafiekpapier gebruik nie.

10. Jy mag, waar nodig, ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en
    passer gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)             LEWENSWETENSKAPPE V2                                         3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
     Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
     vraagnommers (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
     byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1    Watter van die volgende bloedvate voorsien die hart van bloed?

                A    Aorta
                B    Koronêre slagaar (kroonslagaar)
                C    Vena cava superior
                D    Longare

       1.1.2    Watter EEN van die volgende stellings rakende die hart is korrek?

                A    Die pulmonêre bloedsomloop pomp bloed van die regterkant
                     van die hart na die longe
                B    Die pulmonêre bloedsomloop pomp bloed van die linkerkant
                     van die hart na die longe
                C    Die sistemiese bloedsomloop pomp bloed van die regterkant
                     van die hart na die longe
                D    Die sistemiese bloedsomloop pomp bloed van die regterkant
                     van die hart na die liggaam

       1.1.3    Die tipiese weerstoestande wat in ŉ spesifieke gebied voorkom:

                A    Ekosisteem
                B    Bioom
                C    Omgewing
                D    Klimaat

       1.1.4    Watter van die volgende groepe plante en diere word in die
                fynbosbioom aangetref?

                A    Gras, bome, leeu, olifant, jagluiperd
                B    Geelhout, varings, Knysna loerie, bosbok, duiker
                C    Struike, bome, olifante, koedoe, blouaap
                D    Heide, Proteas, Geometriese skilpad, suikerbekkie

       1.1.5    Sino wil vir sy ma ŉ potjie met magnolias vir haar verjaardag gee.
                Hy weet dat magnolias grond met ŉ goeie waterhouvermoë en
                voedingstowwe nodig het. Watter van die volgende moet hy
                gebruik om sy potjie mee te vul?

                A    Slegs klein gronddeeltjies
                B    Klein gronddeeltjies met bietjie humus bygevoeg
                C    Sanderige grond met bietjie humus bygevoeg
                D    Leemgrond met baie gruis vir dreinering

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

        1.1.6        Smeltende yskappe en stygende seevlakke kom voor omdat
                     mense die … -kringloop ontwrig.

                     A       water
                     B       stikstof
                     C       suurstof
                     D       koolstof
        1.1.7        Thorn besluit om die effek van soutkonsentrasie op die aktiwiteit
                     van sy tropiese seevisse te toets. Hy het twee tenks. Een vul hy
                     met normale/gewone seewater wat hy by die strand versamel
                     het. Die ander tenk vul hy met 80%-seewater en 20%-varswater.
                     Watter van die volgende verteenwoordig maniere waarop Thorn
                     die geldigheid van sy eksperiment kan verseker?

                     (i)     Gebruik dieselfde soort vis in albei tenks
                     (ii)    Gebruik van dieselfde grootte tenks
                     (iii)   Gebruik dieselfde tipe water in albei tenks
                     (iv)    Plaas albei tenks op dieselfde plek by sy huis

                     A       (i), (ii) en (iii)
                     B       (i), (ii) en (iv)
                     C       Slegs (i) en (ii)
                     D       Al die bogenoemde

        1.1.8        Organismes wat die liggame van dooie organismes in ŉ
                     ekosisteem afbreek:

                     A       Produseerders
                     B       Primêre verbruikers
                     C       Sekondêre verbruikers
                     D       Ontbinders

        1.1.9        ŉ Soort fossiel wat die beweging (bv. voetspore) van diere toon:

                     A       Ware/egte fossielvorme
                     B       Gietvorms en afdrukke
                     C       Afgietsel
                     D       Spoorfossiele

        1.1.10       Die superkontinent wat uit al die vastelande saamgestel is, word
                     … genoem.

                     A       Laurasië
                     B       Gondwanaland
                     C       Pangea
                     D       Pandora                                           (10 x 2)     (20)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                LEWENSWETENSKAPPE V2                                       5

 1.2    Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende
        beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.9) in
        die ANTWOORDEBLAD neer.

        1.2.1        Die tipe spier waaruit die hart bestaan

        1.2.2        Pigment wat in rooibloedselle voorkom

        1.2.3        Limfvloeistof wanneer dit die bloedvate verlaat en die selle
                     omspoel

        1.2.4        Vertraging, van liggamsprosesse wanneer temperature daal

        1.2.5        Hoogte bo seespieël/seevlak

        1.2.6        ŉ Styging in die gemiddelde temperatuur van die Aarde

        1.2.7        Die verwydering van bome uit ŉ spesifieke gebied

        1.2.8        Massiewe dele van die aardkors wat as ŉ enkele deel beweeg

        1.2.9        Fossielplante wat verdink word van verantwoordelik wees vir die
                     steenkoolneerslae in Suider-Afrika
                                                                            (9 x 1)        (9)

 1.3    Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
        A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II.
        Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
        (1.3.1–1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                        KOLOM Ι                                KOLOM ΙΙ
        1.3.1        Bloedvat met wande wat A:       Aar
                     slegs een sellaag dik is B:     Slagaar
        1.3.2        Abiotiese faktore        A:     Predasie
                                              B:     Aspek
        1.3.3        Etiese ekotoerisme       A:     Koop onwettige wildprodukte
                                              B:     Tel rommel op
        1.3.4        Bewyse vir kontinentale A:      Oorgangsfossiele
                     drywing                  B:     Biogeografie
                                                                             (4 x 2)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                            LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

 1.4   Die onderstaande diagram toon die inwendige struktuur (bou) van ŉ menslike
       hart.

                                                                                1

                                                                                2

            6                                                                   3

                                                                                4
            5

       1.4.1     Identifiseer dele 1, 4 en 6.                                          (3)

       1.4.2     Waar kom die bloed by 2 vandaan?                                      (1)

       1.4.3     Noem die proses wat plaasvind wanneer die strukture by 3
                 saamtrek.                                                             (1)

       1.4.4     Beskryf die suurstofinhoud van die bloed in struktuur nommer 5.       (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                       LEWENSWETENSKAPPE V2                                        7

 1.5   Die tabel hieronder toon die tydskaal van ŉ deel van die Aarde se geskiedenis.

          MJG          Era             Periode                        Fossiele
                                                   Trilobiete, Ammoniete, Visse, Skulpdiere,
                                                   Sponse, Jellievis (kwalle), Landplante,
       298–251                         Permies
                                                   Korale, Amfibieë, Insekte, baie meer reptiele,
                                                   Keëldraende plante
                                                   Trilobiete, Ammoniete, Visse, Skulpdiere,
       323–298                       Pennsilvanies Sponse, Jellievisse, Landplante, Korale,
                                                   Amfibieë, Insekte, Reptiele

                       Paleosoïkum
                                                   Trilobiete, Ammoniete, Visse, Skulpdiere,
       358–323                                     Sponse, Jellievisse, Landplante, Korale,
                                     Mississippies
                                                   Amfibieë, Eerste insekte, Eerste reptiele
                                                   Trilobiete, Ammoniete, Vis, Skulpdiere,
       419–358                         Devoon      Sponse, Jellievisse, Landplante, Korale,
                                                   Insekte, Eerste amfibieë
                                                   Trilobiete, Ammoniete, Vis, Skulpdiere,
       443–419                          Siluur
                                                   Sponse, Jellievisse, Landplante, Korale
                                                   Trilobiete, Ammoniete, Visse, Skulpdiere,
       485–443                        Ordovisium
                                                   Sponse, Jellievisse, Eerste landplante
                                                   Trilobiete, Eerste visse, Eerste skulpdiere,
       541–485                        Kambrium
                                                   Sponse, Jellievisse

       1.5.1     Watter …

                 (a)         periode het die aankoms van die eerste landplante gesien?                (1)

                 (b)         groep diere het die langste in hierdie era oorleef?                      (1)

       1.5.2     Wat noem ons ŉ tydskaal soos die een hierbo?                                         (1)

       1.5.3     In watter periode hierbo het ŉ ontploffing (ŉ groot toename) in die
                 aantal en diversiteit (verskeidenheid) van fossiele in die fossielrekord
                 plaasgevind?                                                                         (1)

       1.5.4     Wetenskaplikes kan verskillende rotslae gebruik om uit te werk of ŉ
                 nuwe fossiel voor of na ŉ bepaalde geologiese gebeurtenis ontstaan
                 het. Wat noem ons hierdie metode om fossiele te dateer?                              (1)

       1.5.5     Wetenskaplikes kan fossiele soos Ammoniete gebruik om ander
                 fossiele in dieselfde laag te dateer. Wat noem ons fossiele soos die
                 Ammoniete en ander wat wetenskaplikes help om dit te doen?                           (1)

       1.5.6     Wat noem ons ŉ wetenskaplike wat fossiele bestudeer?                                 (1)

                                                                        TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

8                           LEWENSWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Die onderstaande diagram toon die brein en die hart.

                                                                        1

                                                                        2

                                                                        3

        2.1.1   Benoem die TWEE groepe weefsels, 2 en 3, wat help om die
                harttempo te beheer.                                                     (2)

        2.1.2   Waar in die hart is deel 3 geleë?                                        (2)

        2.1.3   Verduidelik hoe deel 1, 2 en 3 saam funksioneer om die harttempo
                te versnel.                                                              (4)

        Die onderstaande diagram toon vier stappe tydens ŉ operasie om ŉ toestel
        van draad in ŉ verstopte slagaar te plaas.

        2.1.4   Wat veroorsaak ŉ verstopping/blokkasie in slagare?                       (1)

        2.1.5   Wat noem ons die draadtoestel?                                           (1)

        2.1.6   Verduidelik hoe die draadtoestel ŉ persoon met ŉ verstopte slagaar
                help.                                                                    (2)

        2.1.7   Noem DRIE dinge wat mense kan doen om verstoppings/blokkasies
                in hul bloedvate te voorkom.                                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)               LEWENSWETENSKAPPE V2                                         9

 2.2    Bestudeer die onderstaande lys organismes wat in ŉ bosveldbioom
        aangetref word.

                     gras, koedoe; sprinkaan; aalwyn; suikerbekkie; akkedis;
                                 Adder (slang); spekboom; valk

        2.2.1    Wat is ŉ bioom?                                                            (2)

        2.2.2    Identifiseer TWEE produseerders uit die bostaande lys.                     (2)

        2.2.3    Identifiseer EEN primêre verbruiker uit die bostaande lys.                 (1)

        2.2.4    Identifiseer EEN tersiêre verbruiker uit die bostaande lys.                (1)

        2.2.5    Teken ŉ haalbare voedselweb met AL die organismes in die
                 bostaande lys.                                                             (4)

 2.3    Die onderstaande diagram toon ŉ deel van die stikstofkringloop en die
        waterkringloop.

                       C
                                                                          A

                                            D
                                                                     B

        2.3.1    Noem die proses by A wat stikstof uit die atmosfeer verwyder.              (1)

        2.3.2    In watter vorm word stikstof deur plante by B uit die grond
                 geabsorbeer?                                                               (1)

        2.3.3    Watter deel van die waterkringloop word deur C voorgestel?                 (1)

        2.3.4    Afloopwater vanaf die plaas in die rivier by D kan veroorsaak dat
                 oortollige voedingstowwe in die water vloei. Wat word hierdie
                 genoem?                                                                    (1)

        2.3.5    Verduidelik hoe die proses wat in VRAAG 2.3.4 hierbo genoem
                 word, organismes in die rivier kan laat sterf.                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

10                           LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

 2.4    Die diagram hieronder toon die sonstrale wat die aarde tref.

                                          A

                Ewenaa                                          SON
                rr

                     AARDE

        2.4.1   Watter abiotiese faktor word deur A in die bostaande diagram
                voorgestel?                                                             (1)

        2.4.2   Verduidelik hoe die kanteling van die Aarde se as seisoene
                veroorsaak.                                                             (3)

        2.4.3   Veranderings in die lengte van die dag kan seisoenale temperature
                beïnvloed.

                (a)    Wat noem ons die aantal lig ure wat ŉ plant of dier elke dag
                       ontvang?                                                         (1)

                (b)    Wat is migrasie?                                                 (2)

                (c)    Gee EEN rede waarom ŉ dier moontlik mag migreer.                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)               LEWENSWETENSKAPPE V2                                         11

 2.5 Die onderstaande tabel toon aan hoe lewende organisme volgens die Vyfryk-
     klassifikasiestelsel geklassifiseer word.

               Ryk           Liggaamstruktuur                      Voeding

           Monera           Eensellig, prokarioties        Outotrofies / heterotrofies

               (a)          Eensellig, eukarioties         Outotrofies / heterotrofies
                           Meersellig, eukarioties,
          Swamme                                                 Heterotrofies
                           selwande wat (b) bevat
                           Meersellig, eukarioties,
           Plantae                                                     (d)
                           selwande wat (c) bevat
                           Meersellig, eukarioties,
          Animalia                                               Heterotrofies
                             geen selwande nie

       2.5.1     Vul in die ontbrekende inligting op die tabel, wat (a) tot (d) gemerk is.    (4)

       2.5.2     Wat beteken eukarioties?                                                     (1)

 2.6 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

       Carolus Linnaeus het ŉ hiërargiese klassifikasiestelsel ingestel om
       soortgelyke organismes saam te groepeer. Hy het vanaf breë groepe
       genaamd Ryke tot die kleinste groepe, genoem spesies, gegroepeer.

       Met behulp van sy stelsel word ŉ leeu volledig soos volg ingedeel:
       Animalia, Chordata, Mammalia, Carnivores, Felidae, panthera leo.

       2.6.1     Aan watter klas behoort die leeu volgens Linnaeus se stelsel?                (1)

       2.6.2     Die leeu se wetenskaplike of binomiale naam, panthera leo, is
                 verkeerd geskryf. Skryf dit korrek oor.                                      (2)

       2.6.3     Waarom is dit noodsaaklik dat organismes wetenskaplike name het?             (2)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

12                          LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 3

 3.1    Nathan en Nqaba het gehoor dat spekboomplante uitstekend is om
        koolstofdioksied uit die atmosfeer te berg, wat help om die uiterste toename
        in die aarde se temperatuur, aardverwarming, te voorkom. Hierdie
        koolstofdioksied word deur plante vir fotosintese gebruik.

        Hulle het besluit om ondersoek in te stel hoe vining verskillende plante CO2
        opneem.

        Hulle het drie verskillende soorte plante van hul plaaslike kwekery gekry: ŉ
        spekboom, ŉ aalwyn en ŉ turksvy. Hulle maak seker dat die plante dieselfde
        hoogte is. Hulle plant hulle in ewe groot potte met dieselfde soort en
        hoeveelheid grond. Al drie plante word op dieselfde plek geplaas en kry ewe
        veel water.

        Hulle neem die gewig/massa van die plante in die potte aan die begin van
        die ondersoek. Hulle laat die plante toe om vir een maand te groei en neem
        weer hul gewig/massa.

        Die resultate word in die onderstaande tabel getoon.

                                                   Gewig/Massa (g)
                  Plant                 Begin           Einde          Toename
                 Aalwyn                  800             832              32
                 Turksvy                 800             843              43
                Spekboom                 800             871              71

        3.1.1   Identifiseer die onafhanklike veranderlike.                             (1)

        3.1.2   Teken ŉ kolomgrafiek van die toename in gewig/massa van die drie
                plante.                                                                 (6)

        3.1.3   Wat was die doel om die begin gewig/massa van die plante te meet?       (1)

        3.1.4   Identifiseer TWEE maniere waarop Nathan en Nqaba die geldigheid
                van hul ondersoek verseker het.                                         (2)

        3.1.5   Hoe kan hulle die betroubaarheid van hul ondersoek verbeter?            (1)

        3.1.6   Bereken die persentasie toename in gewig/massa vanaf die begin tot
                die einde van die ondersoek van die spekboomplant.                      (2)

        3.1.7   Verduidelik hoe die gebruik van die toename in massa van die plante
                Nathan en Nqaba ŉ idee sal gee van hoeveel CO2 die plante
                absorbeer het.                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                   LEWENSWETENSKAPPE V2                                13

  3.2     Die onderstaande beelde is twee verskillende fossiele.

           A                                       B

          3.2.1      Identifiseer:

                     (a)    Fossiel A                                                    (1)

                     (b)    Fossiel B                                                    (1)

          3.2.2      Beskryf hoe hierdie fossiele moontlik in sedimentêre gesteentes
                     gevorm het.                                                         (4)

          3.2.3      Noem TWEE ander maniere hoe fossiele gevorm word, behalwe in
                     sedimentêre gesteentes.                                             (2)

          3.2.4      Wetenskaplikes gebruik radioaktiewe isotope soos koolstof-14 of
                     kalium-40 om fossiele te dateer. Wat word hierdie metode van
                     fossieldatering genoem?                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

14                            LEWENSWETENSKAPPE V2                              (EC/NOVEMBER 2020)

 3.3   Die diagram hieronder toon ŉ foto van ŉ selakant.

       3.3.1   Waarom word daar gedink dat selakante lewende fossiele is?                       (2)

       3.3.2   Waar is die eerste lewende selakant gevang?                                      (1)

       3.3.3   Daar word vermoed dat selakante die vermiste skakel tussen visse
               en amfibieë is.
               Wat noem ons die fossiele wat gemeenskaplike kenmerke van twee
               verskillende groepe het en wat die verandering van die een groep na
               die ander toon?                                                                  (1)

       3.3.4   Gee EEN voorbeeld van enige ander vermiste skakel wat jy
               besturdeer, behalwe die selakant.                                                (1)

 3.4   Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

         DNA-volgorde (analise) onthul dat selakante nie die vermiste skakel
       tussen see en land was nie, gepubliseer deur die Smithsonian tydskrif.

       Genetiese analise dui daarop dat die selakant nie die mees onlangse
       voorouer tussen see- en landdiere blyk te wees nie, en dat die vinne met
       lobbe dus nie die eerste beslissende stap op land gemaak het nie, maar dat
       dit waarskynlik eerder ŉ groep visse bekend as longvisse was.

       Die selakant het nie deurentyd onveranderd bestaan nie; dit ontwikkel eintlik
       nog – net baie, baie stadig en ondersteun die onlangse argument dat dit tyd
       is om op te hou om die visse en ander oënskynlik prehistoriese wesens
       ‘lewende fossiele’ te noem.
         [Aangepas uit https://www.smithsonianmag.com/science-nature/dna-sequencing-reveals-
                     that-coelacanths-werent-the-missing-link-between-sea-and-land-25025860/]

       LET WEL: Organismes met soortgelyke DNA/DNS is nouer verwant as
                organismes waarvan die DNA/DNS baie verskil.

       3.4.1   Stem die artikel saam met die klassifisering van die selakant as ŉ
               lewende fossiel?                                                                 (1)

       3.4.2   Dink jy dat wetenskaplikes dit moet heroorweeg hoe hulle ander
               fossiele as skakels tussen verskillende dieregroepe gebruik het?
               Regverdig jou antwoord.                                                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2020)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                        15

            3.5    Die onderstaande grafiek toon die diversiteit van organismes tydens ŉ
                   tydperk in die Aarde se geskiedenis.

                           800
                                                                                      5

                                                1         2
                           600                                       3
                                                                          4
iversiteit van organismes400
                          (aantal families)

                           200

                                0
                                 600     500        400       300        200      100           0

                                                     Tyd (MJG)

                   3.5.1     Wat noem ons die gebeure op die grafiek wat 1–5 gemerk is?                (1)

                   3.5.2     Watter gebeurtenis, volgens die grafiek, het die grootste afname in
                             die diversiteit van organismes veroorsaak?                                (3)

                   3.5.3     Wetenskaplikes meen dat ŉ vulkaan die afname in die diversiteit van
                             organismes tydens die gebeurtenis gemerk 5 kon veroorsaak het.
                             Verduidelik hoe ŉ vulkaan so baie spesies kon laat uitsterf het.          (3)

                   3.5.4     Wetenskaplikes het ander teorieë oor wat die afname in die
                             diversiteit van organismes by gebeurtenis 5 kon veroorsaak het.
                             Noem TWEE ander teorieë.                                                  (2)

           Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

16                             LEWENSWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2020)

  3.6   Die foto hieronder toon ŉ versteende (gefossileerde) skedel. Dit het aan ŉ
        vrou van een van ons menslike voorouers behoort en is by die Wieg van
        die Mensdom gevind.

        3.6.1        Benoem die skedel in die bostaande foto.                          (1)

        3.6.2        Wat noem ons toerisme na plekke soos die Wieg van die
                     Mensdom waarheen mense spesifiek gaan om dinge soos die
                     skedel in die foto hierbo te sien?                                (1)

        3.6.3        Noem TWEE plekke, behalwe die Wieg van die Mensdom,
                     waarheen mense kan gaan om na dinge soos die skedel in die
                     foto hierbo te gaan kyk.                                          (2)

        3.6.4        Verduidelik hoe die plaaslike gemeenskap rondom die Wieg van
                     die Mensdom kan voordeel trek uit toeriste wat die gebied
                     besoek.                                                          (4)
                                                                                     [50]

                                                           TOTAAL AFDELING B:         100
                                                               GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-qp-nov2017-afrikaans/e55b43d9-9787-4f2e-9a65-128f985b3bfe) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/0b8ac40d-1249-40bd-946c-fdf77a899432) — Life Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-memo-nov2019-afrikaans/e7a029c4-1a57-4fd2-8fe0-7dd48b83d249) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-memo-nov2018-afrikaans/c2a7733d-cd9f-4042-a6d8-c00aa9fdbc60) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-memo-nov2017-afrikaans/2f49c755-9d74-4ae4-ac1c-2cc1d5e8119a) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [LIFE SC P1 QP GR10 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p1-qp-gr10-nov-2018-afrikaans/6369a975-f289-4a19-a7cc-86653673d2d2) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Life Sciences

- [Gr10-Lewenswetenskappe-OG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-lewenswetenskappe-og-studyguide-lr/8e3e18e1-6b71-4e05-952d-de0944ef8eff) — Guide
- [Gr10-Life-Sciences-TG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-life-sciences-tg-studyguide-lr/5615738c-106e-4a50-9536-78ad61f5ee23) — Guide
- [KZN Life Sciences Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-kzn-march-test-question-paper-and-memorandum/a3348de3-4618-469e-a3dc-d828cb2b83c5) — QP + Memo · 2026
- [Gr 10 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-life-sci-atp-2023-24/ed5e1ff0-929f-4365-8c9b-45bddb8d3048) — ATP
- [EC Life Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/aa6599b4-f6e3-4768-8731-6f1e10a5494e) — QP + Memo · 2025
- [FS Life Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-life-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/3c40be94-69ee-40e0-9355-f835c10d452c) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
