# Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-sept2019-afrikaans-final/56642b64-ba4a-444f-9bfa-825092b0c487
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-sept2019-afrikaans-final/56642b64-ba4a-444f-9bfa-825092b0c487)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [LIFE SCIENCES P2 MEMO SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-sept2019-afrikaans-final/88f6122c-22ff-4c15-93fa-fe3e2368921c) — Memo · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2019

                  LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

2                            LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/SEPTEMBER 2019)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

    1.    Beantwoord AL die vrae.

    2.    Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word.

    3.    Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

    4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
          hierdie vraestel gebruik is.

    5.    Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

    6.    ALLE sketse MOET in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
          swart ink.

    7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
          word.

    8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
          geteken NIE.

    9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

    10.   Jy moet ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
          gebruik, waar nodig.

    11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2019)           LEWENSWETENSKAPPE V2                                              3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
        gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs
        die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
        byvoorbeeld 1.1.11 D.

        1.1.1    DNS/DNA-replisering vind in die ... plaas.

                 A    sitoplasma tydens profase
                 B    nukleoplasma tydens interfase
                 C    sitoplasma tydens interfase
                 D    nukleoplasma tydens profase

        1.1.2    Watter paar stellings hieronder is ŉ korrekte verskil tussen
                 mitose en meiose?

                               MITOSE                        MEIOSE
                 A    Die chromosoomgetal bly     Die chromosoomgetal word
                      konstant                    gehalveer
                 B    Homoloë chromosoompare      Geen homoloë
                      vorm tydens profase         chromosoompare vorm
                                                  tydens profase nie
                 C    Die sitoplasma verdeel twee Die sitoplasma verdeel een
                      keer                        keer
                 D    Dogterselle verskil van     Dogterselle is identies aan
                      mekaar                      mekaar

        1.1.3    Die diagram hieronder toon 6 chromosome (gemerk a–f) uit ŉ
                 diploïede sel.

                 Watter van die volgende kombinasies verteenwoordig die 3 pare
                 homoloë chromosome?

                       Homoloë paar 1       Homoloë paar 2       Homoloë paar 3
                 A        c en d               a en f               b en e
                 B        a en c               d en e               b en f
                 C        a en e               c en d               b en f
                 D        a en d               b en c               e en f

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

4                               LEWENSWETENSKAPPE V2                      (EC/SEPTEMBER 2019)

      1.1.4    Vier verskillende fenotipes is moontlik in die F1-generasie indien
               die ouers se bloedgroepe ...

               A      A en B is.
               B      AB en AB is.
               C      A en A is.
               D      AB en O is.

      1.1.5    Die onderstaande sleutel toon die hoofkomponente van ŉ
               DNS/DNA-molekuul en die sterkte van die bindings wat hulle
               saam hou.

                                            SLEUTEL

                       swak       sterk     suiker     fosfaat     stikstof
                     bindings    bindings               groep       basis

               Watter een van die volgende diagramme toon die korrekte
               kombinasie van komponente van ŉ DNS/DNA-molekuul aan?

                A                                           B

                C                                           D

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2019)          LEWENSWETENSKAPPE V2                                             5

       1.1.6    Die polisie was na ŉ toneel waar ŉ man ernstig in ŉ geveg
                beseer was, ontbied. Hulle het bloed op die man se hande, wat
                nie sy eie was nie, gevind. Die polisie het ŉ monster van hierdie
                bloed, asook monsters van die slagoffer en drie verdagtes
                (1 tot 3) wat vermoedelik die man aangerand het, geneem.

                Die resultate word hieronder getoon:

                      Misdaad- Verdagte Verdagte Verdagte Slagoffer
                      toneel      1        2        3
                      monster

                Watter verdagte was beslis by die misdaadtoneel?

                A     1
                B     2
                C     3
                D     Geen een van die verdagtes nie

       1.1.7    Watter van die volgende ondersteun die ‘Uit Afrika’-teorie?

                A     Homo habilis was die eerste hominien om gereedskap te
                      gebruik
                B     Die Afrika-ape deel baie eienskappe met mense
                C     Die vergelyking van mutasies op mitochondriale
                      DNS/DNA
                D     Homo erectus fossiele wat in Europa gevind is

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                                                              LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/SEPTEMBER 2019)

      1.1.8     Die tabel hieronder toon die anti-kodons van tRNA wat kodeer vir
                verskillende aminosure wat in menslike proteïene voorkom.

                                                               ANTI-KODON         AMINOSURE
                                                                VAN tRNA
                                                              CAA                 Valien
                                                              CCC                 Glisien
                                                              CGU                 Alanien
                                                              AAA                 Fenielalanien
                                                              UCG                 Asparagien
                                                              UAC                 Methionien
                                                              GGU                 Prolien
                                                              AGC                 Triptofaan
                                                              UCA                 Serien

                Wat is die ooreenstemmende aminosuur vir die DNS/DNA-basis-
                drietal TCG?

                A                                        Alanien
                B                                        Triptofaan
                C                                        Serien
                D                                        Asparagien

      1.1.9     Die onderstaande grafiek toon die massa van DNS/DNA wat oor
                tyd in ŉ sel aangetref word.

                                                         15

                     Massa van DNS/DNA per sel (10-2g)
                                                         12
                                                                              C
                                                          9
                                                          6
                                                          3

                                                                   A B                 D

                                                                                              E
                                                                                                       F

                                                                   4     8   12 16    20     24   28   32
                                                                               Tyd (uur)
                Interfase vind plaas tussen ...

                A                                        A en B.
                B                                        B en C.
                C                                        E en F.
                D                                        A en C.

Kopiereg voorbehou                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2019)                           LEWENSWETENSKAPPE V2                                           7

       1.1.10                   Bestudeer die onderstaande diagram.

                                    0
                                        Sjimpansee                     Homo sapiens          Homo
                                                                                         neanderthalensis
                                                            Homo erectus
                                    1
                                                                                           Homo habilis

          Miljoen jaar gelede
                                    2
                                               Paranthropus      Australopithecus
                                                aethiopicus           garhi
                                    3                                                 Australopithecus
                                                                                         africanus

                                    4            Ardepithecus         Australopithecus
                                                   ramidus               aferensis

                                    5

                                    6
                                             Hominien voorouer

                                Watter gevolgtrekking kan uit die bostaande diagram gemaak
                                word?

                                A       Homo sapiens is ŉ direkte afstammeling van Ardipithecus
                                        ramidus
                                B       Homo sapiens stam van sjimpansees af
                                C       Australopithecus africanus is ŉ gemeenskaplike voorouer
                                        van alle Homo species
                                D       Homo sapiens en Homo erectus het die mees onlangse
                                        gemeenskaplike voorouer.
                                                                                          (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                              LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2019)

    1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
          Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1      Organismes wat twee identiese allele vir ŉ spesifieke eienskap het

          1.2.2      Die wetenskaplike wat die beginsel van onafhanklike sortering
                     voorgestel het

          1.2.3      Faktore wat verhoed dat lede van verskillende spesies vrugbare
                     nakomelinge voortbring

          1.2.4      Ongedifferensieerde selle by diere wat die vermoë het om in enige
                     seltipe te verander

          1.2.5      Die vorm van ŉ DNS/DNA-molekuul

          1.2.6      Fase tydens die selsiklus wanneer DNS/DNA-replisering plaasvind

          1.2.7      Het ŉ boonste of onderste kakebeen wat abnormaal vorentoe
                     uitsteek

          1.2.8      Genetiese toestand wat tot ŉ ekstra chromosoom 21 lei
                                                                                 (8 x 1)          (8)

    1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I op SLEGS A, SLEGS B,
          BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II van toepassing is
          nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
          vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                           KOLOM Ι                                KOLOM ΙΙ
          1.3.1   Bloedtipes                            A:    Onvolledige dominansie
                                                        B:    Veelvuldige allele
          1.3.2   Heterosigotiese toestand waar         A:    Kodominansie
                  beide allele in geenpaar uitgedruk    B:    Onvolledige dominansie
                  word
          1.3.3   Volledige stel chromosome in een      A:    Kariotipe
                  sel                                   B:    Genoom
                                                                                 (3 x 2)          (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2019)             LEWENSWETENSKAPPE V2                                       9

 1.4       Die onderstaande diagram verteenwoordig 3 fases van ŉ
           seldelingsproses.

 1.4.1     Noem die tipe seldeling wat in die bostaande diagram getoon word.               (1)

 1.4.2.    Noem die:

           (a)   Proses wat by E plaasgevind het                                           (1)

           (b)   Orgaan in ŉ manlike dier waar hierdie soort seldeling plaasvind           (1)

 1.4.3     Benoem dele:

           (a)   A                                                                         (1)

           (b)   B                                                                         (1)

           (c)   C                                                                         (1)

           (d)   D                                                                         (1)

 1.4.4     Identifiseer fase:

           (a)   2                                                                         (1)

           (b)   3                                                                         (1)

 1.4.5     Hoeveel chromosome sal daar in elke sel aan die einde van die
           seldelingproses wat in die bostaande diagram aangedui word, wees?              (1)
                                                                                         (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

10                           LEWENSWETENSKAPPE V2                           (EC/SEPTEMBER 2019)

 1.5    By skape is die alleel vir swart wol (B) dominant oor die alleel vir wit wol
        (b). Netso is die alleel vir horings (H) dominant oor die alleel vir horingloos
        (h). ŉ Skaap met horings en swart wol is gekruis met ŉ egtelende,
        horinglose skaap met wit wol.

        Die punnet-diagram hieronder toon die uitslag van hierdie kruising.

          SKAAP 1
                             BH              Bh              bH              bh
          SKAAP 2

              bh              Y

              bh                              X

              bh

              bh

        1.5.1 Noem waarom die bostaande voorbeeld ŉ dihibriede kruising
              verteenwoordig.                                                               (1)

        1.5.2 Gee die genotipe vir die skaap met horings en swart wol wat in
              hierdie kruising gebruik word.                                                (1)

        1.5.3 Gee die:

               (a)    Genotipe van nageslag X                                               (1)

               (b)    Fenotipe van nageslag Y                                               (1)

        1.5.4 Hoeveel van die nakomelinge sal horings met wit wol hê, indien
              daar 32 nakomelinge voortgebring word?                                        (2)
                                                                                            (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2019)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                         11

  AFDELING B
  VRAAG 2
  2.1    Bestudeer die onderstaande diagram.

            FASE Y
                                                T T A
                                           G T          C
                                        C
                                     A      5 6 7 8 9
                                          4           10 T
                                    CA 3    T           11 A
                                      2               0
                                  T                       12
                                     1

                 Molekuul X                                              Struktuur W
                 X

                                                            P                R
           FASE Z                                                   Q

                             6 7 8 9
                         4 5         10                  U UA             C G U
                     2 3   T
                                     0
                                        11
                 1                         12                     C U A            S
                            Organel B

                                                                               U C A

         2.1.1        Noem die proses wat in die bostaande diagram voorgestel word.            (1)
         2.1.2        Identifiseer:
                      (a)   Molekuul X                                                         (1)
                      (b)   Organel B                                                          (1)
                      (c)   Struktuur W                                                        (1)
         2.1.3        Gee die volgorde van die stikstofbasisse vir die eerste kodon op
                      molekuul X (1, 2, 3).                                                    (1)
         2.1.4        Gee die korrekte volgorde waarin molekules P, Q, R en S aan
                      molekule X geheg sal word. (Van links na regs)                           (2)
         2.1.5        Waar in ŉ sel vind fase Z plaas?                                         (1)
         2.1.6        Beskryf die proses van transkripsie soos in fase Y gesien.               (5)
         2.1.7        As die derde stikstofbasis (A) van die DNS/DNA-string met G
                      vervang word, beskryf hoe dit die proteïen wat gevorm word sal
                      beïnvloed.                                                               (4)
                                                                                              (17)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

12                             LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2019)

  2.2    Sistiese fibrose is ŉ genetiese toestand wat ŉ opbou van dik klewerige slym
         in die longe, pankreas, lewer en ingewande veroorsaak.

         Bestudeer die onderstaande diagram van twee families wat die sistiese
         fibrose-geen dra. Die letters N en n word gebruik om die twee allele te
         verteenwoordig.

                           Familie A                              Familie B

                                                           X

         2.2.1       Definieer ŉ geenmutasie.                                                (1)

         2.2.2       Noem die tipe diagram wat hierbo getoon word.                           (1)

         2.2.3       Hoeveel geslagte word in die diagram getoon?                            (1)

         2.2.4       Gebruik bewyse uit die diagram en verduidelik hoekom die geen
                     vir sistiese fibrose ŉ resessiewe alleel is.                            (3)

         2.2.5       Individu 9 en individu 10 verwag hul tweede kind X.

                     Gebruik ŉ genetiese kruising om die persentasie kans dat hulle ŉ
                     kind met sistiese fibrose sal kan hê, te toon.                          (6)
                                                                                            (12)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2019)             LEWENSWETENSKAPPE V2                                          13

  2.3    Lees die volgende uittreksel.

         Duchenne se spierdistrofie is ŉ genetiese afwyking waarin die skeletspiere
         progressief verswak. Dit is ŉ geslagsgekoppelde verwante afwyking. Die
         resessiewe gemuteerde geen kodeer vir ŉ swak vorm van proteïen wat
         veroorsaak dat die spiervesels verswak en afbreek.
         Duchenne se spierdistrofie beïnvloed meestal seuns en laat hul spiere vanaf
         die ouderdom van ongeveer 3 jaar verswak. Teen die tyd dat hulle tieners
         is, sal hulle in ŉ rolstoel wees en uiteindelik sal hul hart- en respiratoriese
         spiere ook geaffekteer word.

         2.3.1        Definieer ŉ geslagsgekoppelde verwante afwyking.                         (1)
         2.3.2        Volgens die uittreksel, wanneer sal ouers eers die veranderinge in
                      die spiere van hul kind oplet?                                           (1)
         2.3.3        Verduidelik waarom Duchenne spierdistrofie meer algemeen by
                      seuns as meisies voorkom.                                                (4)
                                                                                               (6)
  2.4    Bestudeer die onderstaande diagram.

                                           ovum

                                                    Selkern van eiersel verwyder
                                                    verwyder

                                                     Selkern van vel oorgeplaas

                                                      In surrogaatmoeder ingeplant

                                      groei
                                                   Nakomeling gebore

         2.4.1        Noem die proses wat in die bostaande diagram getoon word.                (1)

         2.4.2        Gee TWEE moontlike voordele van hierdie proses.                          (2)

         2.4.3        Verduidelik waarom die kern van ŉ sel van die vel in hierdie proses
                      gebruik is en nie die kern van ŉ gameet nie.                            (2)
                                                                                              (5)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

14                            LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2019)

  VRAAG 3

  3.1    Die onderstaande diagram toon die ledemate van verskillende diere.

                               A: Voorste ledemaat van
                                 ŉ vlermuis
                                                         B: Ledemaat van ŉ
                                                            seekat

                                                D: Ledemaat van ŉ
            C: Voorste ledemaat van ŉ              insek
               krokodil

         3.1.1       Gee slegs die LETTERS van die diagramme wat homoloë
                     strukture voorstel.                                                   (2)

         3.1.2       Beskryf hoe homoloë strukture bewyse vir evolusie bied.               (2)

         3.1.3       Benewens die studie van homoloë strukture, noem TWEE
                     ander bronne wat wetenskaplikes as bewyse vir evolusie
                     gebruik.                                                              (2)
                                                                                           (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2019)             LEWENSWETENSKAPPE V2                                        15

  3.2     Bestudeer die onderstaande diagram wat evolusie deur natuurlike
          seleksie in takbokke voorstel.

                                                                      Sommige
                                                                      individue
                                     Die individue van die            oorleef
                                     bevolking het baie               langer en
                                     verskillende                     plant meer
                                     eienskappe                       voort as
                                                                      ander

            Die bevolking
            bring meer
                                                              Die eienskappe van
            individue voort
                                                              daardie individue in
            as wat tot
                                                              die bevolking wat
            volwassenheid
                                                              oorleef en
            kan oorleef
                                                              voortplant, sal meer
                                                              algemeen voorkom

          3.2.1       Noem DRIE bronne van variasie in ŉ spesie.                             (3)

          3.2.2       Verduidelik waarom die bogenoemde voorbeeld diskontinue
                      (onderbroke) variasie verteenwoordig.                                  (2)

          3.2.3       Beide Darwinisme en Gepunte (Onderbroke) Ewewig verduidelik
                      evolusie in terme van natuurlike seleksie.

                      Tabuleer TWEE verskille tussen Darwinisme en Gepunte
                      (Onderbroke) Ewewig.                                                  (5)
                                                                                           (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

16                          LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2019)

  3.3      Die kremetartboom behoort aan die genus Adansonia. Verskillende
           spesies in Madagaskar, Afrika en Australië aangetref soos in die diagram
           hieronder aangetoon. Oorspronklik het hierdie drie vastelande deel van
           Gondwanaland gevorm, soos in diagram 1 gesien. Vandag word die
           kontinente deur groot oseane soos in diagram 2 gesien, geskei.

                       Diagram 1                               Diagram 2

                                   Madagaskar

                          Afrika

                                                     Afrika
                                    Australië

                                                              Madagaskar
                                                                           Australië

                                      Afrika-        Malgassiese           Australiese
                                     kremetart        kremetart             kremetart

           Verduidelik hoe die verskillende soorte kremetart op die verskillende
           vastelande kon ontwikkel het.                                                    (6)
                                                                                            (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2019)             LEWENSWETENSKAPPE V2                                           17

  3.4    Wetenskaplikes wou ondersoek of egtelende honde meer geneig is om aan
         sekere genetiese siektes as basterhonde te ly.

         Die prosedure was soos volg:
            Vyf genetiese siektes is ondersoek
            ŉ Totaal van 200 honde wat aan elke genetiese siekte gely het, is gebruik
            Die aantal egtelende honde en basterhonde wat aan elke siekte ly, is in die tabel
            hieronder aangeteken
            Die hele ondersoek is oor ŉ tydperk van vyf jaar uitgevoer

                                               Aantal honde geaffekteer
         Honderas
                            Lewer-       Hipotiroïed                                 Limfoom-
                                                        Epilepsie     Katarakte
                           omleiding        -isme                                     kanker
         Baster
                               22             38            40            42              50
         hond(e)
         Egtelende
                               178           162           160           158             150
         hond(e)

         LET WEL:
           Egtelende honde verwys na honde wat slegs met honde van dieselfde
           ras mag paar
           Basterhonde verwys na honde wat toegelaat word om met honde van
           enige ras te paar

         3.4.1        Noem die TWEE onafhanklike veranderlikes in hierdie ondersoek.            (2)

         3.4.2        Bereken die persentasie basterhonde wat aan katarakte gely het.
                      Toon AL jou berekeninge.                                                  (2)

         3.4.3        Gee ŉ gevolgtrekking vir die bogenoemde ondersoek.                        (2)

         3.4.4        Teken ŉ staafgrafiek om die data in die bostaande tabel, op
                      dieselfde assestelsel, aan te toon.                                       (6)

         3.4.5        Noem EEN manier waarop kunsmatige seleksie van natuurlike
                      seleksie verskil.                                                         (2)

         3.4.6        Verduidelik waarom alle honde steeds as een spesie beskou word,
                      alhoewel daar baie verskillende rasse is.                                 (2)

         3.4.7        Op grond van die inligting wat in hierdie ondersoek versamel is,
                      verduidelik watter raad jy aan iemand wat jou vra of kunsmatige
                      teling eties korrek is, sal gee.                                          (2)
                                                                                               (18)
                                                                                               [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

18                         LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2019)

 AFDELING C

 VRAAG 4

 Veranderinge het in die skedel sowel as ander dele van die skelet van primitiewe
 aapagtige wesens tot moderne mense plaasgevind.

 Verduidelik hoe hierdie veranderinge die evolusie in die rigting van bipedalisme
 (tweevoetigheid) ondersteun. Beskryf ook hoe veranderinge in die skedel die
 neiging tot ŉ verandering in dieet, verbeterde kommunikasie en die gebruik van
 gereedskap ondersteun.
                                                                          Inhoud:      (17)
                                                                          Sintese:      (3)

 LET WEL:        GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
                 tabelle, vloeidiagramme of diagramme nie.

                                                          TOTAAL AFDELING C:            20
                                                              GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/89cacd47-ed47-476c-8c59-15b63c491262) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans/7cca7322-63ed-4fb0-a67b-5df57d647597) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
