# Life Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences question paper from the Eastern Cape June 2021 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-qp-gr12-june-2020-afrikaans/84485652-baef-48c4-a81c-5da8bca7b50d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape June
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-qp-gr12-june-2020-afrikaans/84485652-baef-48c4-a81c-5da8bca7b50d)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June · 2021 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                          JUNIE 2021

                  LEWENSWETENSKAPPE
                     (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

2                                 LEWENSWETENSKAPPE                        (EC/JUNIE 2021)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

 6.     ALLE sketse moet in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
        swart ink.

 7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra
        word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
        geteken NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
        gebruik waar nodig.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/JUNIE 2021)                     LEWENSWETENSKAPPE                                         3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
     die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
     (1.1.1–1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D.

        1.1.1     Watter van die volgende selstrukture is die plek waar DNS/DNA-
                  replikasie plaasvind?

                  A    Nukleus
                  B    Ribosoom
                  C    Nukleolus
                  D    Growwe endoplasmiese reticulum

        1.1.2     Een van die funksies van die amnion is om ...

                  A    as ŉ reserwe voedselvoorraad te dien.
                  B    oorsprong aan die plasenta te gee.
                  C    te voorkom dat die ontwikkelende fetus rondbeweeg.
                  D    die vloeistof wat die embrio teen beserings beskerm, te beskerm.

        1.1.3     Watter EEN van die volgende beskryf die verskil tussen DNS/DNA en
                  RNA korrek?

                               DNS/DNA                               RNA
                  A    Deoksiribose suiker         Ribose suiker
                  B    Urasiel                     Timien
                  C    Enkelstring                 Dubbelstring
                  D    Die aantal sitosien-en      Die aantal sitosien- en
                       guanienstikstofbasisse      guanienstikstofbasisse is dieselfde
                       verskil

        1.1.4     Die ABO-bloedgroepstelsel by die mense is ŉ outosomale eienskap met
                  drie allele wat soos volg lyk: IA, IB, i.
                  Daar bestaan vier verskillende bloedgroepe in hierdie stelsel. Hulle is
                  groepe A, B, AB en O.

                  In ŉ gesin van vier kinders het elke kind ŉ verskillende bloedgroep met
                  betrekking tot hierdie geen.

                  Die ouers se fenotipes moet ... wees.

                  A    AB en O
                  B    A en B
                  C    B en AB
                  D    O en B

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

4                               LEWENSWETENSKAPPE                             (EC/JUNIE 2021)

      1.1.5   ŉ Homoloë chromosoompaar wat by normale meiose betrokke is, dra die
              allele soos hieronder getoon.

                                 Q            q
                                 R            R
                                 T            t
                                 g            g

              Chromosome wat in eiers waargeneem is, sluit die volgende in:

                      A                  B              C               D

                  Q                  q                 q                r
                  r                  Q                 R                R
                  T                  G                 T                t
                  G                  g                 g                g

      1.1.6   ŉ Homosigotiese resessiewe individu word met ŉ heterosigotiese
              individu gekruis.

              Wat is die kanse dat ŉ nakomeling met ŉ homosigotiese resessiewe
              genotipe verkry kan word?

              A       25%
              B       50%
              C       75%
              D       100%

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/JUNIE 2021)                      LEWENSWETENSKAPPE                                             5

        1.1.7     Die hoeveelheid DNS/DNA in verskillende soorte hoender is bepaal.
                  Die volgende resultate is verkry.

                             SELTIPE                   PIKTOGRAMME VAN DNS/DNA
                                R                               2,55
                                S                               2,61
                                X                               1,26
                                Y                               2,54

                  Uit hierdie gegewens is dit redelik om af te lei dat die sel ... waarskynlik
                  ŉ sperm is.

                  A    seltipe R
                  B    seltipe S
                  C    seltipe X
                  D    seltipe Y

        1.1.8     Bestudeer die diagram hieronder.

                  Watter EEN van die volgende verteenwoordig die benoemde
                  strukture korrek?

                  A    3 – blindevlek; 4 – choroïed
                  B    2 – glasvog; 1 – suspensoriese ligamente
                  C    5 – optiese senuwee; 7 – pupil
                  D    6 – konjunktiva; 3 – geelvlek

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

6                               LEWENSWETENSKAPPE                          (EC/JUNIE 2021)

      1.1.9   DNS/DNA-profiele van ŉ moeder en vader en vier kinders word in die
              diagram hieronder getoon.

                                       moeder
                                  kind 2    vader     kind 4
                                                kind 3
                              kind 1

              Watter kind het die KLEINSTE waarskynlikheid om die biologiese
              nakomeling van hierdie paartjie te wees?

              A      Kind 1
              B      Kind 2
              C      Kind 3
              D      Kind 4                                                (9 x 2)     (18)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/JUNIE 2021)                     LEWENSWETENSKAPPE                                            7

 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
     slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.7) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

        1.2.1      ŉ Hol balletjie selle wat uit die sigoot gevorm word

        1.2.2      Die tipe bevrugting wat met viviparie geassosieer word

        1.2.3      Die bindings tussen aminosure in ŉ proteïenmolekule

        1.2.4      ŉ Bloedvat in die naelstring wat voedingstowwe na die fetus vervoer

        1.2.5      ŉ DNS/DNA gedeelte wat die kode vir ŉ spesifieke eienskap bevat

        1.2.6      Klein buisies wat in die timpaniese membraan geplaas is om
                   vloeistof uit die middeloor te dreineer

        1.2.7      Ineengestrengelde netwerk van chromosome wat binne die kern
                   geleë is                                                 (7 x 1)             (7)

 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
     SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in
     KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
     vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                         KOLOM І                                  KOLOM ІІ
        1.3.1     ŉ Tipe ontwikkeling in voëls     A:   Altrisiële ontwikkeling
                  waar die kleintjies kort nadat   B:   Prekosiële ontwikkeling
                  hulle uitgebroei het, kan
                  rondbeweeg
        1.3.2     Al die gene in al die            A    Genotipe
                  chromosome van ŉ spesie          B:   Genoom
        1.3.3     ŉ Voordeel van die               A:   Voorsien voeding
                  amniotiese eier                  B:   Beskerm teen uitdroging
                                                                                     (3 x 2)    (6)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

8                                 LEWENSWETENSKAPPE                               (EC/JUNIE 2021)

1.4   By tamatieplante word die kleur van die stam deur twee allele beheer, pers (P) en
      groen (p). Die tipe blaar word ook beheer deur twee allele, gesnyde blaar (L) en
      aartappel-tipe blaar (l).

      Die Punnet-vierkant hieronder toon die resultate van ŉ kruising tussen ŉ plant met
      ŉ pers stam en gesnyde blare en ŉ plant met ŉ groen stam en aartappeltipe blare.

                                                      Ouer 1

                Gamete          PL               Pl             pL          pl
                  pl           PpLl             (Z)            ppLl        ppll

        1.4.1    Gee die:

                 (a)     Genotipe van ouer 1                                                    (2)

                 (b)     Genotipe van plant Z                                                   (1)

        1.4.2    Watter persentasie plante het groen stingels met aartappeltipe blare?          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/JUNIE 2021)                      LEWENSWETENSKAPPE                                      9

1.5     Die diagram hieronder stel ŉ refleksboog voor.

        1.5.1     Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

                  (a)   Impulse na die selliggaam oordra                                   (2)

                  (b)   Die geleiding van impulse in een rigting beheer                    (2)

                  (c)   Impulse vanaf die sensoriese neuron na die korrekte motoriese
                        neuron stuur                                                       (2)

        1.5.2     Gee slegs die LETTER van die:

                  (a)   Effektor                                                           (1)

                  (b)   Neuron wat beskadig is as iemand pyn kan voel, maar nie op die
                        stimulus kan reageer nie                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

10                               LEWENSWETENSKAPPE                           (EC/JUNIE 2021)

 1.6   Die diagram hieronder stel die struktuur van die manlike voortplantingstelsel
       voor.

       1.6.1    Identifiseer:

                (a)   C                                                                    (1)

                (b)   D                                                                    (1)

       1.6.2    Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

                (a)   Spermselle en urine uit die liggaam neem                             (2)

                (b)   Die manlike geslagshormoon testosteroon produseer                    (2)

                                                           TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/JUNIE 2021)                       LEWENSWETENSKAPPE                                     11

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1     Die volgende diagram stel stadiums van proteïensintese voor.

                                                             Molekuul X

                                                                           Stadium 1
                                                  Molekuul Y               in die kern
              E

                                                                  F

                         Molekuul Z
                                                                          Stadium 2
                                                                          buite die kern

         2.1.1    Identifiseer:

                  (a)     Struktuur E                                                        (1)

                  (b)     Molekuul X                                                         (1)

         2.1.2    Gee die funksie van molekuul Y in proteïensintese.                         (1)

         2.1.3    Noem en beskryf die gebeure wat by stadium 2 plaasvind, soos in die
                  diagram hierbo getoon.                                                     (6)

         2.1.4    Die volgorde van stikstofbasisse wat hieronder getoon word, is ŉ
                  gedeelte van ŉ DNS/DNA-molekuul.

                                          AAA-GTA-CTG-CGC

                  (a)     Wat stel A in hierdie volgorde voor?                               (1)

                  (b)     Gee die ooreenstemmende volgorde stikstofbasisse wat in
                          molekuul Y aangetref word.                                         (2)

                  (c)     Gee die ooreenstemmende antikodon wat ooreenstem met
                          basisdrietal 2 van links na regs in die ry hierbo gegee.           (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

12                               LEWENSWETENSKAPPE                          (EC/JUNIE 2021)

 2.2 Die diagramme hieronder toon ŉ paar homoloë chromosome tydens meiose.
     Diagram I toon die hele chromosome en Diagram II is ŉ vergrote aansig van die
     omkringde gedeelte in Diagram I.

              Diagram I

                                                    Diagram II

      2.2.1     Noem die fase tydens meiose waar die rangskikking van chromosome
                soos hierbo voorkom, waargeneem kan word.                                 (1)

      2.2.2     Noem en beskryf die proses wat in die omkringde gebied in Diagram I
                plaasvind.                                                                (5)

      2.2.3     Verduidelik die belangrikheid van die proses genoem in
                VRAAG 2.2.2 vir gametogenese.                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/JUNIE 2021)                       LEWENSWETENSKAPPE                                      13

 2.3     Hemofilie is ŉ geslagsgekoppelde-genetiese toestand wat veroorsaak word
         deur ŉ resessiewe alleel wat op die X-chromosoom (Xh) gedra word. Die
         volgende diagram toon ŉ gedeelte van ŉ gesin waarin sommige lede hemofilie
         het. Hemofiliese individue is ingekleur in die diagram.

         2.3.1    Noem die tipe diagram wat hierbo getoon word.                               (1)

         2.3.2    Hoeveel:

                  (a)    Kinders is manlik                                                    (1)

                  (b)    Mans het hemofilie                                                   (1)

         2.3.3    Gebruik toepaslike letters om die genotipe van elk van die volgende
                  aan te dui:

                  (a)    Individu 1                                                           (1)

                  (b)    Individu 2                                                           (1)

         2.3.4    Deur gebruik te maak van ŉ genetiese kruis toon die persentasie kans
                  vir individu 7 wat heterosigoties is en individu 8 om ŉ hemofiliese seun
                  te hê.                                                                      (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

14                              LEWENSWETENSKAPPE                               (EC/JUNIE 2021)

 2.4   Die onderstaande grafiek toon die resultate van die mate(graad) van
       konveksiteit van die lens van ŉ deelnemer wat oor ŉ tydperk gemeet is.

       Gedurende die aangeduide tyd is die deelnemer gevra om na ŉ voorwerp te
       kyk wat nader aan of verder weg van die deelnemer af beweeg kon word.

       2.4.1   Noem die proses wat die vorm van die lens verander het.                            (1)

       2.4.2   Gee die LETTER op die grafiek wat die tydperk gedurende die
               ondersoek aandui, waarop die voorwerp:

               (a)   Na die deelnemer beweeg                                                      (1)

               (b)   Die naaste aan die deelnemer was                                             (1)

       2.4.3   Beskryf hoe ŉ duidelike beeld gedurende periode C op die grafiek
               gehandhaaf word.                                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/JUNIE 2021)                       LEWENSWETENSKAPPE                                     15

 2.5     Die onderstaande diagram toon die ontwikkeling van die follikel wat na die
         produksie van struktuur A lei.

                                         A           B       C

         2.5.1    Identifiseer:

                  (a)   Struktuur C                                                           (1)

                  (b)   Proses B                                                              (1)

         2.5.2    Noem die hormoon wat deur die follikel afgeskei word voordat proses
                  B plaasvind.                                                                (1)

         2.5.3    Verduidelik die gevolge by 'n 25-jaar oue vrou tydens die ovariale
                  siklus indien haar pituïtêre klier nie hormone afskei nie.                  (4)

         2.5.4    Verduidelik die belangrikheid van struktuur C om konstant te bly
                  nadat proses B plaasgevind het.                                            (3)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

16                                LEWENSWETENSKAPPE                              (EC/JUNIE 2021)

 VRAAG 3

 3.1   Die diagram hieronder toon die struktuur van die menslike oor.

                                              1                    2

                                                                                   3

                          6

                                                                             4
                                         5

       3.1.1   Identifiseer dele gemerk 2 en 3.                                               (2)

       3.1.2   Gee EEN funksie van elk van die dele gemerk 5 en 6.                            (2)

       3.1.3   Beskryf die rol wat die deel gemerk 2 speel om balans, wanneer die
               posisie van die kop verander, te handhaaf.                                     (5)

       3.1.4   As strukture gemerk 1 nie aan mekaar geheg is nie, verduidelik dan
               kortliks die impak wat dit op die gehoor sou hê.                               (3)

 3.2   Lees die uittreksel hieronder.

       Die Europese mielieboorder-mot, Ostrinia nubilalis, is ŉ plaag. Die larwes
       ontwikkel binne-in mieliestamme en vreet die inhoud en verswak die stingels
       sodat die plante ineenstort.
       Die bakterie, Bacillus thuringiensis ('Bt'), produseer ŉ proteïen wat die larwes
       van motte en skoenlappers vergiftig. Dit kan van Bt-kulture geïsoleer en as
       vloeistowwe verpak word om op die oppervlak van plante gespuit te word.
       Die geen wat vir die giftige proteïen kodeer, is ook geïsoleer en opgeneem in
       ŉ geneties gemodifiseerde stam mielies genaamd Bt-mielies. Dit maak dat die
       weefsels van die plant giftig is vir die mieliesmot.

       3.2.1   Beskryf EEN nadeel van Europese koringboorder-mot by plante.                   (2)

       3.2.2   ŉ Boer wil die opbrengs van mielies verhoog.

               Verduidelik waarom jy nie sou aanbeveel om die ongemodifiseerde
               mielies met Bt-toksien te bespuit nie.                                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/JUNIE 2021)                      LEWENSWETENSKAPPE                                      17

       3.2.3 Sommige wetenskaplikes het verskillende maniere om mielies teen die
             mieliesboorder-mot te beskerm, ondersoek.

                  Die metode wat hulle gevolg het word hieronder beskryf:

                  − Etlike honderde mieliesaailinge is in drie afsonderlike, maar naby
                    geleë plotte, in dieselfde landery geplant
                  − Die saailinge in die drie erwe is soos volg behandel:
                         Plot A was onbehandel
                         Plot B is daagliks met Bt-toksien gespuit
                         Plot C die saailinge wat geplant is, was geneties gemodifiseerde
                         Bt-mielies
                  − Op die eerste dag van elke week het een wetenskaplike om die rand
                    van ŉ stuk grond geloop en die aantal mielieplante wat ineengestort
                    het, getel
                  − Elke plot het ŉ wetenskaplike gehad wat verantwoordelik was vir die
                    telling

                  Die resultate word in die onderstaande tabel aangetoon.

                                          Aantal mielieplante wat sedert die laaste
                                                weektelling ineengestort het
                   Weeknommer              Plot A             Plot B          Plot C
                        1                     0                 0               1
                        2                     0                 0               0
                        3                    18                 22              21
                        4                     0                 0               0
                        5                     5                 1               0
                        6                    14                 11              12
                        7                     5                 2               1
                        8                    12                 0               1
                        9                    17                 1               0
                       10                    30                 6               0
                       11                    32                 13              1
                       12                    41                 17              0

                  Noem die:

                  (a)   Onafhanklike veranderlike                                            (1)

                  (b)   Afhanklike veranderlike                                              (1)

       3.2.4 Waarom is Plot A by die ondersoek ingesluit?                                    (2)

       3.2.5 Bereken die gemiddelde aantal mielieplante wat onderskeidelik in Plot B
             en C ineengestort het.                                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

18                              LEWENSWETENSKAPPE                             (EC/JUNIE 2021)

       3.2.6 Op grond van die berekeninge wat in VRAAG 3.2.5 gedoen is, watter
             gevolgtrekkings kan gemaak word met betrekking tot die effektiwiteit
             van die metode wat in Plot B en C gevolg word, om mielies teen die
             mielieboorder-mot te beskerm.                                                (2)

       3.2.7 Noem TWEE maniere waarop die wetenskaplikes die betroubaarheid
             van hierdie ondersoek verseker het.                                          (2)

       3.2.8 Beskryf EEN manier waarop hierdie ondersoek ongeldig is.                     (1)

 3.3   Die diagram hieronder toon dele van die menslike senuweestelsel.

       3.3.1    Gee TWEE redes waarom mense ŉ senuweestelsel nodig het.                   (2)

       3.3.2    Gee die LETTER en NAAM van die deel wat die volgende funksie
                het:

                (a)   Laat kommunikasie tussen serebrale hemisfere toe                    (2)

                (b)   Beheerrefleksaksies                                                 (2)

       3.3.3    Verduidelik elk van die volgende waarnemings deur te verwys na die
                funksie en die gedeelte van die brein wat aangedui is:

                (a)   Skade aan die deel gemerk D lei tot die dood, selfs al
                      funksioneer al die ander dele van die brein en die liggaam          (2)

                (b)   ŉ Bloedklont in die regter helfte van die deel wat A gemerk is,
                      kan verlamming in die linkerarm tot gevolg hê                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/JUNIE 2021)                     LEWENSWETENSKAPPE                                            19

 3.4 Die onderstaande diagram stel 'n ontwikkelende fetus in 'n menslike liggaam
     voor.

                                                                            R

                                                                                S
                        V

                                                                                T

                                                                                U

        3.4.1     Identifiseer:

                  (a)   S                                                                          (1)

                  (b)   T                                                                          (1)

        3.4.2     Noem EEN funksie van die vloeistof wat V gemerk is.                              (1)

        3.4.3     Noem TWEE stelsels in die liggaam van die baba wat die funksie van
                  deel S oorneem sodra die baba gebore is.                                         (2)

        3.4.4     Tabuleer EEN verskil in die samestelling van die bloed in 'n aar en in 'n
                  slagaar wat in struktuur T voorkom.                                              (3)

        3.4.5     Verduidelik wat die vorming van 'n ander ovum (eiersel) voorkom terwyl
                  die fetus in 'n menslike liggaam ontwikkel.                                      (2)
                                                                                                  [50]

                                                                  TOTAAL AFDELING B: 100
                                                                      GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr12 Life Sciences P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10) — Life Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
