# Life Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences question paper from the Eastern Cape June Exam 2025 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-qp-gr12-june-2025-afr-d-watermark/cf23f86d-69f3-444c-866c-83e9e110bdc5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-qp-gr12-june-2025-afr-d-watermark/cf23f86d-69f3-444c-866c-83e9e110bdc5)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                              JUNIE 2025

                   LEWENSWETENSKAPPE

PUNTE:    150

TYD:      2½ uur

                                 *JLFSCA*

                       Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                LEWENSWETENSKAPPE                             (EC/JUNIE 2025)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.     Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word.

5.     Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.     Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
       NIE.

9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
       waar nodig.

11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/JUNIE 2025)                         LEWENSWETENSKAPPE                                     3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
        vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
        1.1.10 A.
        1.1.1     Die taai, nie-elastiese weefsel wat die buitenste deel van die oogbal
                  bedek, is die ...
                  A    retina.
                  B    choroïed.
                  C    konjunktiva.
                  D    sklera.
        1.1.2     Die diagram toon ŉ deel van ŉ DNS/DNA-molekule.

                                      2                    3

                                                                          4

                                       1

                  Watter kombinasie van dele verteenwoordig een nukleotied?
                  A    1
                  B    2
                  C    3
                  D    4
        1.1.3     Hoeveel aminosure word deur ŉ DNS/DNA-templaat wat 180
                  nukleotiede bevat, gekodeer?
                  A    30
                  B    60
                  C    180
                  D    540

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                 LEWENSWETENSKAPPE                          (EC/JUNIE 2025)

      1.1.4    Gedurende watter fase van meiose vind oorkruising plaas wanneer
               homoloë chromosome bymekaar kom (oppaar)?

               A     Profase I
               B     Profase II
               C     Interfase
               D     Metafase I

      1.1.5    Die diagram hieronder stel ŉ refleksboog voor.

               Watter EEN van die volgende roetes verteenwoordig die korrekte
               volgorde van strukture in ŉ refleksboog?

               A     A→B→C→D
               B     A→B→D→C
               C     C→D→B→A
               D     D→C→B→A

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/JUNIE 2025)                                LEWENSWETENSKAPPE                                    5

         1.1.6    Die diagram hieronder toon die oorerwing van pelskleur by konyne.

                                           1             2

                           3           4                      5          6

                      7                    8                      9          10

                                                                        11

                               Bruin pels                    Wit pels

                               Bruin pels                    Wit pels

                  Watter stelling beskryf die verband tussen die fenotipe en die tipe
                  alleel KORREK?

                  A       Wit pels is die fenotipe wat deur die resessiewe alleel in die
                          heterosigotiese toestand uitgedruk word
                  B       Bruin pels is die fenotipe wat deur die resessiewe alleel in die
                          homosigotiese toestand uitgedruk word
                  C       Wit pels is die fenotipe wat deur die dominante alleel in die
                          heterosigotiese toestand uitgedruk word
                  D       Bruin pels is die fenotipe wat deur die dominante alleel in die
                          heterosigotiese toestand uitgedruk word

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                    LEWENSWETENSKAPPE                           (EC/JUNIE 2025)

      1.1.7    Die volgende is ŉ lys van gebeure wat in die nukleus plaasvind.

               (i)   Die DNA/DNS-dubbelheliks draai los, en twee DNS/DNA-stringe
                     skei
               (ii) Elke oorspronklike DNS-string word as ŉ templaat gebruik
                     waarop sy komplement gebou word
               (iii) Vrye nukleotiede bou ŉ DNS-string op elkeen van die twee
                     oorspronklike DNS-stringe deur aan hul komplementêre
                     stikstofbasisse te heg
               (iv) Twee identiese DNS-molekules word gevorm

               Watter EEN van die volgende is ŉ kombinasie van gebeure wat
               tydens DNS/DNA-replisering plaasvind?
               A     Slegs (i), (ii) en (iii)
               B     Slegs (i) en (iv)
               C     Slegs (ii) en (iii)
               D     (i), (ii), (iii) en (iv)
      1.1.8    Hoe beheer die spiere die vernouing van die pupil?
               A     Beide kringspiere en radiale spiere trek saam
               B     Kringspiere trek saam en radiale spiere ontspan
               C     Kringspiere ontspan en radiale spiere trek saam
               D     Beide kring- en radiale spiere ontspan

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/JUNIE 2025)                         LEWENSWETENSKAPPE                                         7

    1.1.9     Die diagramme hieronder stel verskillende fases van meiose voor.

                             1                                           2

                                    3                                                      4

              Identifiseer die korrekte gebeurtenis wat in elke fase plaasvind.

                              1                   2                  3                    4
                      Ewekansige
                  A   rangskikking van
                                          Oorkruising         Nie-disjunksie         Sitokinese
                      chromosome by
                      die ewenaar
                      Ewekansige
                  B   rangskikking van                                             Nie-
                                          Sitokinese          Oorkruising
                      chromosome by                                                disjunksie
                      die ewenaar
                                          Ewekansige
                  C                       rangskikking van
                      Nie-disjunksie                       Sitokinese       Oorkruising
                                          chromosome by
                                          die ewenaar
                                                           Ewekansige
                  D                                        rangskikking van
                      Oorkruising         Nie-disjunksie                    Sitokinese
                                                           chromosome by
                                                           die ewenaar
                                                                            (9 x 2) (18)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                               LEWENSWETENSKAPPE                               (EC/JUNIE 2025)

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf
    slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
    ANTWOORDEBOEK neer.

     1.2.1   Die gedeelte van die senuweestelsel wat uit die kraniale en spinale
             senuwees bestaan

     1.2.2   ŉ Afwyking van die senuweestelsel wat deur die afbreek van die
             miëlienskede van neurone veroorsaak word

     1.2.3   Fase in selsiklus waartydens DNS/DNA-replisering plaasvind

     1.2.4   Ontwikkeling waar nageslag goed ontwikkel is, in staat is om self te
             beweeg en self te voed, en hul oë is oop wanneer hulle uitbroei

     1.2.5   Die tipe lens wat nodig is om versiendheid reg te stel

     1.2.6   Die strukture in dierselle wat oorsprong aan spoeldrade tydens seldeling
             gee

     1.2.7   Die laag van die oog wat fotoreseptore bevat

     1.2.8   Die mikroskopiese gaping tussen twee neurone wat toelaat dat impulse
             van die een na die volgende oorgedra word                    (8 x 1)             (8)

1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A,
    SLEGS B, BEIDE A en B, of GEENEEN van die items in KOLOM ΙΙ nie. Skryf
    slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommers
    (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                         KOLOM Ι                                      KOLOM ΙΙ
     1.3.1   Reseptore wat vir die handhawing van       A:    Makulas
             balans in die liggaam verantwoordelik is   B:    Kristas
     1.3.2   Die proses waar die ooglens van vorm       A:    Akkommodasie
             verander om ŉ persoon op verskillende      B:    Pupillêre meganisme
             afstande te laat sien
     1.3.3   ŉ Struktuur in die senuweestelsel wat ŉ    A:    Effektor
             stimulus waarneem                          B:    Reseptor
                                                                                (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/JUNIE 2025)                               LEWENSWETENSKAPPE                                 9

 1.4 Die diagram hieronder verteenwoordig die menstruele siklus.

   DAE                  1–7              8–13          14           15–20      21–28
                                                                  Vorming
                 Ontwikkeling van die Graafse       Proses Y      van die
                            follikel                               corpus
                                                                   luteum
                  Pituïtêre
                      klier

                      Hormoon 1      Hormoon 2

   SIKLUS A
                                                            C

                                      Hormoon 3                   Hormoon 4

   SIKLUS B
                                                                                          E

                        Proses X

              1.4.1    Identifiseer proses:

                       (a)    X                                                           (1)

                       (b)    Y                                                           (1)

              1.4.2    Benoem hormoon:
                       (a)    2                                                           (1)
                       (b)    4                                                           (1)

              1.4.3    Benoem siklus:
                       (a)    A                                                           (1)
                       (b)    B                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
              Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                  LEWENSWETENSKAPPE                           (EC/JUNIE 2025)

        1.4.4   Identifiseer die orgaan waar siklus A plaasvind.                          (1)

        1.4.5   Benoem struktuur:

                (a)      C                                                                (1)

                (b)      E                                                                (1)

 1.5    Die diagram hieronder verteenwoordig transkripsie.

                                             1

                                                             4

                     2

                                    A C A        U G G           3

                                    U G U                    A U G        5

                                                   7
                                                         6

        1.5.1   Noem die deel van die sel waar transkripsie plaasvind.                    (1)

        1.5.2   Identifiseer die:

                (a)      Chemiese binding gemerk 1                                        (1)

                (b)      Molekule gemerk 5                                                (1)

        1.5.3   Gee die:

                (a)      Versamelnaam vir die stikstofbasisse gemerk 3                    (1)

                (b)      Naam van die molekule gemerk 4                                   (1)

                (c)      Naam van die organel gemerk 6                                    (1)

        1.5.4   Gee die volgorde van die basisse by basisdrietal gemerk 7.                (1)

        1.5.5   Gee die NOMMER en die NAAM van die deel wat as die boustene
                van proteïene dien.                                                       (2)
                                                             TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/JUNIE 2025)                        LEWENSWETENSKAPPE                                       11

AFDELING B

VRAAG 2

2.1     Wetenskaplikes het DNS/DNA-profilering gebruik om bloed wat op ŉ
        misdaadtoneel gevind is, te vergelyk met die bloed van drie verdagtes A, B en
        C.

        Die diagram toon die wetenskaplikes se resultate.

                             Gebreekte
                               glas           A          B         C

        2.1.1     Definieer die term DNS/DNA-profiel.                                          (2)

        2.1.2     Watter verdagte (A, B of C) was waarskynlik die misdadiger?                  (1)

        2.1.3     Beskryf hoe DNS/DNA-profilering gebruik kan word om vaderskap te
                  bewys.                                                                       (6)

        2.1.4     Afgesien van die identifisering van misdadigers en vaderskaptoetse,
                  noem TWEE ander gebruike van DNS/DNA-profilering by mense.                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                    LEWENSWETENSKAPPE                              (EC/JUNIE 2025)

2.2   Edwards-sindroom is ŉ seldsame en ernstige toestand wat veroorsaak word
      deur abnormale meiose tydens die vorming van gamete. Babas met Edwards-
      sindroom sukkel om te groei en gewig op te tel. Baie van hierdie babas sterf kort
      na geboorte. Die prentjie hieronder toon die kariotipe van ŉ somatiese sel van ŉ
      individu met Edwards-sindroom.

              1                   2           3               4          5

              6              7           8    9        10         11     12

                  13         14         15        16          17         18

              19             20         21        22         23

      2.2.1        Hoeveel outosome is daar in ŉ kern van hierdie sel?                             (1)

      2.2.2        Noem die tipe chromosome wat by posisie 23 gevind word.                         (1)

      2.2.3        Gee EEN verskil in die kariotipe van ŉ persoon met Edwards-sindroom
                   en Downs-sindroom?                                                              (2)

      2.2.4        Beskryf hoe abnormale meiose Edwards-sindroom kan veroorsaak.                   (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/JUNIE 2025)                          LEWENSWETENSKAPPE                                     13

2.3    Veerkleur by hoenders word deur twee allele, swart (B) en wit (W) beheer.
       ŉ Homosigotiese, witgeveerde hoender kan met ŉ homosigotiese,
       swartgeveerde hoender gekruis word om gespikkelde nageslag te produseer
       soos in die diagram hieronder getoon.

                     Wit vere                Swart vere         Gespikkelde vere

       2.3.1      Noem die tipe oorerwing wat hierbo beskryf word.                             (1)

       2.3.2      Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3.1                                      (2)

       2.3.3      As twee gespikkelde nageslagte gekruis word; gebruik ŉ genetiese
                  kruising om die genotipes en fenotipiese verhouding van hul nageslag te
                  bepaal.                                                                      (6)

2.4    Die diagram hieronder verteenwoordig ŉ deel van die sentrale senuweestelsel van ŉ
       mens.

                                                                       Serebellum

       2.4.1       Identifiseer dele:

                   (a)   C                                                                     (1)

                   (b)   D                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                                  LEWENSWETENSKAPPE                            (EC/JUNIE 2025)

      2.4.2    Gee die LETTER van die deel wat impulse van sintuigorgane ontvang
               en interpreteer.                                                                 (1)

      2.4.3    Beskryf die ligging van die serebellum.                                          (2)

      2.4.4    ŉ Hoërskool-sokkerspeler het tydens ŉ wedstryd ŉ kopbesering
               opgedoen nadat hy met ŉ ander speler gebots het. Die speler kan
               steeds duidelik sien, maar sukkel om te balanseer wanneer hy skop.

               Verduidelik hoekom:

               (a)   Die speler steeds duidelik kan sien ten spyte van sy kopbesering           (2)

               (b)   Dit moontlik is dat die besering die serebellum dalk aangetas het          (2)

2.5   Die diagram hieronder toon ŉ deel van die menslike oor.

      2.5.1    Identifiseer dele:

               (a)   A                                                                          (1)

               (b)   F                                                                          (1)

      2.5.2    Verskaf SLEGS die LETTER van die deel van die oor waar die
               volgende ingevoeg sal word:

               (a)   ŉ Grommet                                                                  (1)

               (b)   ŉ Kogleêre inplanting                                                      (1)

      2.5.3    Hoe verskil die funksie van dele C en E?                                         (2)

      2.5.4    Noem die reseptore wat in deel B gevind word.                                    (1)

      2.5.5    Verduidelik die effek op gehoor indien deel D ŉ blokkasie sou hê.                (4)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 15

(EC/JUNIE 2025)                         LEWENSWETENSKAPPE                                     15

VRAAG 3

3.1     Die diagram toon ŉ menslike fetus wat in die baarmoeder ontwikkel.

        3.1.1     Noem die vloeistof gemerk A.                                              (1)

        3.1.2     Verduidelik EEN funksie van vloeistof A rondom die fetus.                 (2)

        3.1.3     Beskryf die ontwikkeling van die plasenta en naelstring vanaf die tyd
                  van inplanting.                                                           (6)

        3.1.4     Verduidelik hoe die teenwoordigheid van hoë vlakke estrogeen en
                  progesteroon swangerskap voorkom.                                         (4)

        3.1.5     ŉ Ektopiese swangerskap vind plaas wanneer ŉ bevrugte ovum
                  buite die uterus, gewoonlik in ŉ Fallopiusbuis, ingeplant word.

                  Verduidelik waarom die Fallopiusbuis nie ŉ geskikte omgewing is vir
                  ŉ embrio om te ontwikkel nie.                                             (4)

3.2     3.2.1     Noem TWEE fisiese veranderinge wat tydens puberteit by vroue
                  plaasvind.                                                                (2)

        3.2.2     Beskryf die proses van spermatogenese by mans.                            (4)

3.3     3.3.1     Verduidelik TWEE maniere waarop interne bevrugting
                  voortplantingsukses kan verhoog.                                          (4)

        3.3.2     Hoe sou ouerlike sorg die kanse op nageslagoorlewing beïnvloed?           (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 16

16                               LEWENSWETENSKAPPE                               (EC/JUNIE 2025)

3.4 Horner-sindroom belemmer die pupillêre meganisme en lei daartoe dat die
    pupil vernou bly.
    Verduidelik hoe hierdie ŉ persoon se sig sal beïnvloed as hulle by ŉ swak
    verligte kamer instap.                                                                     (3)

3.5 ŉ Mikro-organisme bevat ŉ geen wat die produksie van ŉ insekgif veroorsaak.

     Wetenskaplikes het die geen vir die produksie van die insekgif na koringplante
     oorgedra. Dit maak geneties gemodifiseerde koring (GM-koring).

     Die wetenskaplikes:
     x Het koringplante met die insekgifgeen (GM-koringplante) in landerye en
        kweekhuise gekweek. Kweekhuise is geslote strukture waar die omgewing
        beheer kan word
     x Het koringplante sonder die insekgifgeen (nie-GM-koring) in landerye en in
        kweekhuise gekweek
     x Het die oesopbrengs van die koringplante gemeet

     Die tabel hieronder toon die resultate.

      VERGELYKING VAN OESOPBRENGS TUSSEN KORING MET EN KORING
         SONDER INSEKGIFGEEN WAT IN LANDERYE EN KWEEKHUISE
                          GEKWEEK WORD

                                    OESOPBRENGS VAN KORINGPLANT
                                        (IN ARBITRÊRE EENHEDE)
         TIPE KORING              KORING WAT IN        KORING WAT IN
                                   KWEEKHUISE       LANDERYE GEKWEEK
                                 GEKWEEK WORD             WORD
           Koring met
                                          60                         50
          insekgifgeen
          Koring sonder
                                          55                         70
          insekgifgeen

     3.5.1     Noem die kombinasie van omgewing en tipe koring wat die hoogste
               opbrengs opgelewer het.                                                         (1)
     3.5.2     Waarom is dit belangrik om nie-GM-koringplante as kontroles by die
               eksperiment in te sluit?                                                        (2)
     3.5.3     Bereken die verskil in opbrengs tussen GM-koring en nie-GM-koring
               wat in die landerye verbou word. Toon AL jou bewerkings.                        (2)
     3.5.4     Verduidelik EEN rede waarom die nie-GM-plante beter in die veld
               gegroei het as die GM-plante, ongeag die insekgif wat in GM-plante
               voorkom.                                                                        (2)
     3.5.5     Hoe beïnvloed die insekgif wat deur GM-koring geproduseer word,
               insekpopulasies en biodiversiteit in die omgewing?                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 17

(EC/JUNIE 2025)                        LEWENSWETENSKAPPE                                     17

3.6    Die verband tussen bloedgroepe en die risiko vir spesifieke siektes is al jare
       lank ŉ onderwerp van wetenskaplike navorsing.
       ŉ Groep navorsers het die verband tussen verskillende bloedgroepe en die
       risiko vir spesifieke siektes soos kanker, infeksies, diabetes en kardiovaskulêre
       siektes ondersoek.

       Die ondersoek is soos volg uitgevoer:
       x ŉ Ewekansige groep van 500 individue tussen die ouderdom van 20 en 50 is
          gekies
       x Die bloedgroep (A, B, AB of O) van alle deelnemers is aangeteken
       x Wetenskaplikes het ook die voorkoms van kanker, infeksies, diabetes en
          kardiovaskulêre siektes by die 500 deelnemers aangeteken
       x Die persentasie deelnemers binne elke bloedgroep wat ŉ spesifieke siekte
          het, is bereken en aangeteken

       Die tabel hieronder toon die resultate aan die einde van die ondersoek van die
       verband tussen verskillende bloedgroepe en risiko vir spesifieke siektes.

                                           RISIKO VIR SIEKTE
        BLOED-       KARDIOVASKULÊRE        SUIKERSIEKTE       INFEKSIES      KANKER
        GROEP           SIEKTE (%)               (%)              (%)           (%)
           A                  30                  20               15             10
           B                  23                  22               18             12
           AB                 35                  18               20             15
           O                  12                  16               25              8

        3.6.1     Noem die doel van die ondersoek.                                            (2)

        3.6.2     Noem TWEE beplanningstappe wat oorweeg was voordat hierdie
                  ondersoek gedoen was.                                                       (2)

        3.6.3     Noem EEN manier waarop die navorsers die betroubaarheid van die
                  resultate verseker het.                                                     (1)

        3.6.4     Teken ŉ kolomgrafiek om die data van kardiovaskulêre siekte binne
                  elke bloedgroep voor te stel.                                               (6)
                                                                                             [50]

                                                                TOTAAL AFDELING B:            50
                                                                    GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 18

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 19

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 20

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 21

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 22

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 23

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 24

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [LIFE SCIENCES GR12 MEMO JUNE2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-gr12-memo-june2023-afrikaans/13160f50-20e6-4826-ae63-e352a478afd3) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
