# Life Orientation Grade 9 November EC 2014 QP (Afr)

> Grade 9 Life Orientation question paper from the November EC 2014 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/lo-gr-9-qp-nov2014-afr/730e3eb2-8daf-4e4f-8cfa-b6b10a49ad91
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Orientation
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Life Orientation](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/life-orientation) › [Life Orientation Grade 9 November EC 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/lo-gr-9-qp-nov2014-afr/730e3eb2-8daf-4e4f-8cfa-b6b10a49ad91)

## About this document

Life Orientation · Grade 9 · November EC · 2014. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          SENIOR FASE

                           GRAAD 9

                     NOVEMBER 2014

                 LEWENSORIËNTERING

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    LEWENSORIËNTERING                         (NOVEMBER 2014)

 INSTRUKSIES AAN KANDIDATE

 1.   Lees die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 2.   Laat ŉ reël oop aan die einde van ELKE vraag.

 3.   Nommer jou vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
      gebruik word.

 4.   Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: 25 punte (Verpligtend)

      AFDELING B: 25 punte (Verpligtend)

      AFDELING C: 20 punte (Kies slegs TWEE vrae)

 5.   Beantwoord AFDELING C in volsinne en paragrawe. Die vrae in hierdie
      afdeling toets jou vermoë om jou kennis en vaardighede toe te pas.

 6.   Skryf netjies duidelik en leesbaar.

 7.   Gebruik ŉ blou of swart pen.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                        LEWENSORIËNTERING                                       3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1 Vier moontlike antwoorde word vir elk van die volgende vrae/stellings verskaf.
     Kies die korrekte antwoord en skryf die letter (A–D) langs die nommer
     (1.1.1–1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer bv. 1.1.11 E.

       1.1.1      Die veiligste manier om jouself teen ongewenste swangerskap,
                  seksuele oordraagbare infeksies (SOI’s) en MIV te beskerm is deur ...

                  A    jouself te laat toets.
                  B    slegs een seksmaat te hê.
                  C    voorbehoedmiddels te gebruik.
                  D    die weerhouding van seks.                                            (1)

       1.1.2      ŉ Mediese toestand wat jou die hele tyd hartseer en bekommerd laat
                  voel en jou dikwels verhoed om ŉ normale lewe te lei.

                  A    Rou
                  B    Stres
                  C    Depressie
                  D    Skok                                                                 (1)

       1.1.3      ... is die vermoë om met selfvertoue te praat en opreg te wees.

                  A    Passief
                  B    Spekuleer
                  C    Selfversekerd
                  D    Aggressief                                                           (1)

       1.1.4      Vryheidsdag word op ... elke jaar gevier.

                  A    27 April
                  B    27 Maart
                  C    1 Mei
                  D    16 Junie                                                             (1)

       1.1.5      Die mees waarskynlike manier om ŉ seksuele oordraagbare infeksie
                  (SOI) op te doen is deur ...

                  A    iemand te omhels
                  B    onbeskermende seks te hê
                  C    handdoeke en ander gereedskap te deel.
                  D    masturbasie                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    LEWENSORIËNTERING                           (NOVEMBER 2014)

      1.1.6     “Soos ek by die deur uitstap, na die hek wat na my vryheid sou lei, het
                ek geweet indien ek nie my bitterheid en haat agterwee laat nie, ek
                nog steeds ŉ gevangene sou wees.” Hierdie was ŉ bekende
                aanhaling gemaak deur ...

                A     Nelson Mandela.
                B     Trevor Noah.
                C     Albertina Sisulu.
                D     Jacob Zuma.                                                            (1)

      1.1.7     Om vinnig deur ŉ teks te lees op soek na spesifieke inligting.

                A     Oppervlakkig lees
                B     Vluglees
                C     Lees vir plesier
                D     Studielees                                                             (1)

      1.1.8     Wanneer jy jou vakke vir Graad 10 kies, moet jy ... oorweeg.

                A     jou ouers se belangstellings
                B     jou sportprestasie
                C     jou voorkoms
                D     jou belangstellings, vermoë en aanleg                                  (1)

      1.1.9     ... verwys na die gebruike, idees en leefwyse van ŉ groep mense.

                A     Familie
                B     Vriende
                C     Religie
                D     Kultuur                                                                (1)

      1.1.10    Die Wet op ... bevorder werknemer deelname aan besluitneming deur
                die vestiging van werkplekforums.

                A     Gelyke Indiensneming
                B     Basiese Diensvoorwaardes
                C     Arbeidsverhoudinge
                D     Vaardigheidsontwikkeling                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                         LEWENSORIËNTERING                                              5

 1.2 Voltooi die sin deur die woorde in die onderstaande lys te gebruik.

                    finansiële;   energie;   sosiale;      tyd;     vrywilligerdiens

       (1.2.1) ... is die beginsel waar jy jou (1.2.2) ... en (1.2.3) ... aanbied tot voordeel
       van ander in die gemeenskap as ŉ (1.2.4) ... verantwoordelikheid eerder as vir
       enige (1.2.5) ... vergoeding.                                                     (5 x 1)      (5)

 1.3 Kies die beskrywing in KOLOM B wat pas by die term in KOLOM A. Skryf slegs
     die nommer (1.3.1–1.3.5) en die ooreenstemmende letter (A–E) bv. 1.3.1 H.

                     KOLOM A                                       KOLOM B
                      TERM                                      BESKRYWING
       1.3.1      Lewenslange leer             A        ŉ risikofaktor wat tot die vlak van
                                                        tienerswangerskap kan bydra

       1.3.2      Versoening                   B        besluite gebaseer op kennis van reg
                                                        en verkeerd

       1.3.3      Studieplan                   C        help leerders om hul studierooster
                                                        en aktiwiteite te beplan

       1.3.4      Morele oordeel               D        ŉ manier vind om verskille op te los

       1.3.5      Middelmisbruik               E        die proses om vir die res van jou
                                                        lewe lewensvaardighede en kennis
                                                        op te doen
                                                                                        (5 x 1)       (5)

 1.4 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.

       1.4.1      Self-konsep kan positief of negatief wees.                                          (1)

       1.4.2      Oneerlike regeringsamptenare gebruik hul posisie om aan hul vriende                 (1)
                  en familie werk te verskaf.

       1.4.3      Positiewe rolmodelle stel goeie voorbeelde aan tieners.                             (1)

       1.4.4      Optimale liggaamlike welsyn word ontwikkel deur fisiese aktiwiteite en              (1)
                  gesonde eetgewoontes te kombineer.

       1.4.5      Adolessente ervaar fisiese en emosionele veranderinge.                              (1)

                                                                     TOTAAL AFDELING A:               25

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  LEWENSORIËNTERING                                (NOVEMBER 2014)

 AFDELING B (VERPLIGTEND)

 VRAAG 2

 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

                                  ANN SE STORIE

 Ek en daardie ou het vir net langer as drie maande uitgegaan. Ons het albei baie
 gedrink. Hy het een aand baie kwaad vir my geword en het my uitgejou en daarna
 het hy my teen die muur gestoot. Ek het regtig bang geword, maar hy het jammer
 gesê en ook gesê dat hy dit nooit weer sou doen nie. Toe hy die volgende naweek
 intiem wou verkeer, het ek hom gevra om ŉ kondoom aan te sit. Hy het geantwoord
 dat hy nie een het nie. Ek het hom gevra om op te hou, maar hy het geweier. Hy het
 gesê dat dit nie saak maak nie; ek moet my nie daaroor bekommer nie.

 Ek het aan die begin half gelag, want ek het gedink dat hy grappies maak, maar ek
 het bang geword toe ek besef dat hy ernstig is. Ek het gesê dat hy moet stop, maar
 hy wou nie. Ek het hom weggestoot, maar hy het my teruggestoot en my met sy
 liggaam vasgepen. Hy was baie sterk. Hy het my verkrag. Ek het hom vertel dat ek
 as kind mishandel is. Ek was alreeds baie depressief en het myself gesny.

 Dinge het baie sleg na die verkragting begin word. Ek het probeer selfmoord pleeg.
 Ek dink dat ek myself net baie erg wou sny, maar toe het ek te diep gesny en was
 amper dood. Hulle moes my hospitaal toe haas.

                                [Aangepas uit Huishoudelike Geweld, Hulpbronsentrum Victoria]

 2.1   Noem enige TWEE tipes geweld waaraan Ann onderwerp was.                                   (2)

 2.2   Waarom is verkragting ŉ geweldsmisdaad?                                                   (2)

 2.3   Bespreek die verskillende maniere waarop verkragting ŉ slagoffer se
       gesondheid en veiligheid kan affekteer.                                                   (3)

 2.4   Stel DRIE maniere voor hoe Ann met haar situasie kan deel of hoe sy dit kan
       verander.                                                                                 (3)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                     LEWENSORIËNTERING                                          7

 VRAAG 3

 Lees die uittreksel oor afknouery (boelie) en beantwoord die vrae wat volg.

 Afknouery is die mees algemene vorm van geweld. Sowat 15 tot 30 persent van
 tieners was al by afknouery betrokke. Meer as twee-derdes van tieners glo dat skole
 gebrekkig daarop reageer en dat volwassenes se hulp ongereeld en ondoeltreffend
 is. Hierdie opinies is verbasend, aangesien 25 persent van onderwysers nie
 afknouery as verkeerd beskou nie.

 Afknouery kan gedefinieer word as ŉ doelbewuste daad van aggressie of
 manipulasie. Dit vind plaas wanneer herhaalde, sistematiese en kwetsende woorde
 of gedrag deur een persoon aan ŉ ander oorgedra word.

 Die Johannesburgse sielkundige Sandra Brownrigg sê dat afknouery ernstige,
 langtermyn uitwerkings op ŉ kind se geestes- en fisieke gesondheid het. Sy sê:
 “Slagoffers van afknouery is meer geneig tot fisieke probleme soos verkoue en hoes,
 seer kele, swak eetlus en slaapwandelary. Afknouery affekteer jou konsentrasie op
 skool en lei tot ŉ afname in skoolprestasie. Dit affekteer ook ŉ slagoffer se selfbeeld
 en gevoelens van eiewaarde. Tieners sal waarskynlik hulself sosiaal begin onttrek
 en depressief word. Sommige van hulle mag dalk wapens skool toe neem vir
 beskerming of selfmoord oorweeg as die enigste manier van ontsnapping.
 Navorsing het getoon dat selfs jare nadat hulle afgeknou is, sal voormalige slagoffers
 hoër vlakke van depressie en ŉ swakker selfbeeld as ander volwassenes hê.”

                                         [Aangepas: www.peoplemagazine.co.za – 6 Des 2012]

 3.1   Verduidelik die term afknouery.                                                        (2)

 3.2   Beskryf die effek van afknouery op slagoffers.                                         (3)
                                                                                              [5]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   LEWENSORIËNTERING                          (NOVEMBER 2014)

 VRAAG 4

 Lees die uittreksel oor Mahatma Gandi en beantwoord die vrae wat volg.

 Bydraes van verskeie godsdienste om vrede te bevorder:

                     GANDHI – BIOGRAFIE VAN MAHATMA GANDHI

 Mohandas Gandhi word beskou as die vader van die Indiese
 onafhanklikheidsbeweging. Ghandi het vir 20 jaar in Suid-Afrika geveg teen
 diskriminasie. Dit was daar dat hy sy konsep van satyagraha, ŉ vreedsame manier
 van protes teen onreg, geskep het. Terwyl hy in Indië was, het Ghandi se
 ooglopende hoë morele standaarde, simplistiese lewensstyl en minimale kleredrag
 hom na mense aangetrek. Hy het die res van sy lewensjare deurgebring deur ywerig
 te werk om die Britse heerskappy oor Indië te verwyder
 asook om die lewens van Indië se armste klasse te verbeter.
 Baie burgerregte-leiers, insluitend Martin Luther King Jr., het
 Ghandi se konsep van vreedsame protes gebruik as ŉ model
 vir hul eie stryd.

 Gandhi het die volgende gesê:
 “’n Oog vir ŉ oog sal net die hele wêreld blind maak.”
 “Mag wat op liefde gebaseer is, is ŉ duisend keer meer doeltreffend en permanent as
 mag wat verkry is uit vrees vir straf.”
 “Daar is baie sake waarvoor ek bereid is om te sterf, maar nie een saak waarvoor ek
 bereid is om te moor nie.”

 Ghadhi het sy konsep van satyagraha, ŉ vreedsame manier van protes teen onreg,
 ontwikkel. Die woord satyagraha beteken “gedwing deur waarheid”, en was sy
 metode van aksie gebaseer op die beginsel van dapperheid en geen geweld. Hy het
 geglo dat die manier waarop mense optree meer belangrik is as wat hulle bereik.
 Hierdie idee van satyagraha het Nelson Mandela later beïnvloed in die stryd teen
 apartheid.

 4.1   Wie was Mahatma Gandhi?                                                             (1)

 4.2   Gandhi’s se 4de leering was: “ŉ Oog vir ŉ oog maak net die hele wêreld blind”.
       Wat het hy bedoel toe hy hierdie woorde uiter?                                      (2)

 4.3   Verduidelik kortliks hoe Gandhi se teorie van satyagraha Nelson Mandela in sy
       stryd teen apartheid beïnvloed het.                                                 (2)
                                                                                           [5]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                     LEWENSORIËNTERING                                       9

 VRAAG 5

 “Op hoërskool, kan jy aan jou beroepsdoelwitte begin werk. Jy moet besluite neem
 oor wat jy na Graad 9 gaan doen. Jy moet noukeurig oor jou keuse nadink sodat jy
 die onderrig en vaardighede sal ontvang wat jy nodig het vir die beroep waarin jy
 belangstel.”

 5.1   Leerders wat Graad 9 suksesvol voltooi, kan uit twee moontlike opsies kies.
       Verduidelik.                                                                        (2)

 5.2   Vergelyk die NVS en die NSS.                                                        (3)
                                                                                           [5]

                                                              TOTAAL AFDELING B:           25

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   LEWENSORIËNTERING                                (NOVEMBER 2014)

 AFDELING C

 Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.

 VRAAG 6 (KEUSEVRAAG)

 Kinders van tienerma’s begin gewoonlik nie hul lewens op ŉ vlak gelyk aan dié van
 ander nie. Hulle sal waarskynlik grootword in ŉ arm, enkelma gesin, in ŉ arm of laer-
 klas omgewing bly en hoë risiko’s ervaar in beide hul gesondheidstatus en potensiële
 skoolprestasie.

                         [Aangepas: Kids having kids, Washington DC: The Urban Institute Press]

 Skryf ŉ paragraaf van ongeveer ŉ halfbladsy waarin jy die ongewenste resultate vir
 die kinders van tienerouers bespreek. In jou bespreking maak melding van jou eie
 ervaring oor hierdie saak.                                                                       [10]

                                         EN/OF

 VRAAG 7 (KEUSEVRAAG)

 Ongeveer een uit elke agt tieners ly op een of ander tyd aan depressie. Jy het
 moontlik al van depressie gehoor – maar wat is depressie werklik? Jy het dalk al
 gehoor dat iemand sê hulle is depressief omdat hulle swak in ŉ toets gevaar het, met
 ŉ vriend baklei het of ŉ verhouding beëindig het. Depressie is meer as net hartseer
 of af voel.

 Depressie is ŉ mediese toestand wat jou altyd hartseer en bekommerd laat voel. Dit
 verhinder jou om ŉ normale lewe te lei.

 Mense raak depressief vir verskillende redes. Probleme tuis, mislukking op skool,
 die beëindiging van ŉ verhouding met ŉ vriend of vriendin is uitdagende situasies wat
 depressie kan veroorsaak.

 Jy is gevra om die gemeenskap op te voed oor depressie. In jou toespraak moet jy
 verduidelik wat depressie is, die oorsake en simptome daarvan.                                   [10]

                                         EN/OF

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                     LEWENSORIËNTERING                                           11

 VRAAG 8 (KEUSEVRAAG)

 Lees die uittreksel oor Nasionale Jeugdag en beantwoord die vrae wat volg.

 NASIONALE JEUGDAG (16 JUNIE 1976)

 Weet jy dat ŉ hele dag aan jou gewy word, die jongmense van Suid-Afrika? 16 Junie,
 Nasionale Jeugdag.

 Roep in herinnering die kamerade wat toevallig jul ouderdom was – wat omgekom
 het nadat die polisie se rubberkoeëls hulle getref het; wie se rûe en bene rou met
 sambokke geslaan is; wie se longe met traangas gevul is en wie se jeug wreed
 kortgeknip is. En dit alles sodat julle vandag die vryheid van vandag kan geniet.

 Die Soweto-onluste van 1976 het plaasgevind nadat duisende swart skoliere begin
 protesteer het teen die verpligte gebruik van Afrikaans in hul skole. Dit het begin met
 ŉ jeug-optog in Soweto, maar het uitgekring na woonbuurte regoor die land. Soos
 spanning toegeneem het, is meer sekerheidspolisie ontplooi en die jeug het ŉ
 simbool geword van waagmoed teen gewapende soldate. Op 16 Junie 1976 het die
 polisie op ŉ byeenkoms van skoliere losgebrand en dit het een van die mees
 beduidende gebeurtenisse in die stryd teen Apartheid geword. Vandag word hierdie
 dag as ŉ openbare vakansiedag herdenk en word die Nasionale Jeugdag genoem.

                              [Aangepas uit mindset learn – Sunday Times Magazine, May 2004]

 Skryf ŉ paragraaf van ongeveer ŉ halfbladsy oor die belangrikheid van Nasionale
 Jeugdag. In jou paragraaf moet jy melding maak in watter jaar die gebeurtenis
 plaasgevind het, watter omstandighede tot die insident/gebeurtenis gelei het, watter
 menseregte geskend is en waarom ons hierdie dag vier.                                         [10]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:             20
                                                                     GROOTTOTAAL:               70

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

## Related documents

- [LO GR 9 MEMO NOV2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/lo-gr-9-memo-nov2014-afr/7921762c-59c3-43c4-9d2c-976a4b7b5057) — Life Orientation · Memo · 2014 · Afr
- [LO GR 9 MEMO NOV2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/lo-gr-9-memo-nov2014-eng/ca2fd025-1771-4a95-a2dd-7b3f8d1e369f) — Life Orientation · Memo · 2014 · Eng
- [LIFE ORIENTATION-GR9 2012-QP-AFR](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr9-2012-qp-afr/9e9da08a-2560-4502-b44e-67195e9b7c67) — Life Orientation · QP · 2012 · Afr
- [LIFE ORIENTATION-GR9 2012-QP-ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr9-2012-qp-eng/3442a128-c54f-4dd1-8ff6-b06656fa1fc8) — Life Orientation · QP · 2012 · Eng
- [Gr9 LIFO P1 N11 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr9-lifo-p1-n11-qp-afr/6d9c6a57-c4ef-4ac8-8749-2b3e45dc65f4) — Life Orientation · QP · 2011 · Afr
- [Gr9 LIFO P1 N11 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr9-lifo-p1-n11-qp-eng/61fa9575-1da7-495e-bbe7-d137a1adc949) — Life Orientation · QP · 2011 · Eng

## More from Grade 9 Life Orientation

- [Grade 9 Life Orientation November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-life-orientation-2026-november-mock-exam-memorandum/fdbfb11c-c3e5-4e7a-85b0-f0f01dbd157d) — Memo · 2026 · Eng
- [LIFE ORIENTATION MEMO GR9 NOV 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-memo-gr9-nov-2015-afr/fba8fc4e-114a-46a2-a350-51bf52af41c0) — Memo · 2016 · Afr
- [LIFE ORIENTATION MEMO GR9 NOV 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-memo-gr9-nov-2015-eng/29d096ae-e233-48cb-9813-25f8fa21ef2d) — Memo · 2016 · Eng
- [LIFE ORIENTATION-GR9 2013-MEMO-ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr9-2013-memo-eng/02214ed2-cedb-4ca4-997d-5f9c5cf1e0e0) — Memo · 2013 · Eng
- [LEWENSTORIENTERING GR9 2013-MEMO AFR](https://www.hlayiso.com/library/lewenstorientering-gr9-2013-memo-afr/973cb196-a9ed-4358-87f5-e9affb1d59dd) — Memo · 2013 · Afr
- [LIFE ORIENTATION-GR9 2012-MEMO-ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr9-2012-memo-eng/a65523b0-08f2-4ddf-85e5-ff366459a1e3) — Memo · 2012 · Eng

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
