# Lucem GR12 Onderwysgids

> Grade 12 Accounting study guide, 294 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/lucem-gr12-onderwysgids/139c7a54-c6fd-4842-9f58-576220c6519d
- Updated: 2026-10-10
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Document type: Study guide
- Publisher: WCED Study Guides
- Curriculum: CAPS
- Pages: 294

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Lucem GR12 Onderwysgids](https://www.hlayiso.com/library/lucem-gr12-onderwysgids/139c7a54-c6fd-4842-9f58-576220c6519d)

## About this document

Accounting · Grade 12. Study guide, 294 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GEVORDERDE
    REKENINGKUNDE

.
     VIR GRAAD 12
       Hersien 15% BTW

    ONDERWYSERSGIDS

### Page 2

Gevorderde Rekeningkunde vir Graad 12
                     Hersien 15% BTW

                       Lucem Uitgewers
                        Posbus 71672,
                         Die Wilgers
                            0041

            Omslagontwerp: Marcomedia, Pretoria.
                Proeflees: Wian van Schalkwyk
                     Uitleg: Wian van Schalkwyk
                   Gedruk: Bindworx, Pretoria
                   Kopiereg Lucem Uitgewers
                        Vierde uitgawe
                           1ste druk

              ISBN Nommer: 978-0-9814000-8-9

  © Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag
gereproduseer word in enige vorm of op enige manier, elektronies
  of meganies, insluitende fotokopiëring, plaat- en bandopname
      of deur enige inligtingsbewaring- en ontsluitingstelsel,
          sonder skriftelike verlof van die uitgewer nie.

### Page 3

VOORWOORD

Ons vertrou dat jou Rekeningkunde-fondament stewig in Graad 10 en in Graad 11 gelê is!

Die kennis van Rekeningkunde wat jy vanaf Graad 8 deeglik moet bemeester het, tesame met jou
werksetiek in die vak opgebou oor die afgelope vier jaar, is belangrike boustene vir Graad 12.

Hier aan die begin van jou Graad 12 jaar moet jy weet dat:
    Graad 12 vlieg verby. Dit is dus van kardinale belang dat jy vanaf dag 1 elke dag kliphard sal
       werk ten einde te verseker dat jy ‘n goeie deurlopende portefeuljepunt opbou en alle werk
       verstaan om jou Verdere Onderwys en Opleiding (VOO) Sertifikaat aan die einde van Graad
       12 te ontvang.
    Die onderrigtyd in Graad 12 is min, gevolglik is ‘n groot hoeveelheid van die werk vir hierdie
       jaar se eindeksamen reeds in Graad 11 afgehandel. Jy moet sorg dat jy alle vorige werk
       deeglik onder die knie het. Hier dink ons byvoorbeeld aan die inhoud ten opsigte van
       Bankversoening, Bateverkope, Periodieke voorraadstelsels, Boekhouding van Eenmansake,
       Vennootskappe en Sportklubs. Hierdie werk word as afgehandel beskou maar kan wel in die
       Graad 12 eindeksamen getoets word.

Wat die Graad 12 kurrikulum betref, skop ons die jaar af deur die boekhouding van die laaste
ondernemingsvorm, nl. Publieke maatskappye te behandel. Daar word veral by Maatskappye aandag
gegee aan die ontleding en vertolking van finansiële state en ook gefokus op die opstel van ‘n
Kontantvloeistaat. Publieke maatskappye maak die grootste deel van die eindeksamenvraestel uit en
moet dus deeglike aandag geniet.

Besigheidsetiek en die toepas van etiese waardes en norme in die besigheidswêreld, bly steeds
daagliks onder bespreking. Ons kyk spesifiek na interne kontrole en ouditprosesse, maar probeer
hierdie aspekte by elke tema inkorporeer sodat dit nie uit die oog verloor word nie. Dissiplinêre
stappe vir die nie-nakoming van etiese gedragsreëls en die rol van professionele liggame en
vakbonde, word ook ondersoek. Spesifieke aandag word ook gegee aan die analisering en
interpretasie van debiteure en krediteure se betalingsvoorkeure en voorraadwaarderingsmetodes.

Daar word nog meer uitgebrei op jou kennis van BTW-aspekte en boekhouding van
Vervaardigingsondernemings. Hierdie jaar kyk ons na die spesifieke boekhoudingsaspekte waar daar
in vorige grade meer op berekeninge gefokus is. Dit bly egter ‘n lekker praktiese gedeelte van die jaar
se werk.

Laastens gee ons aandag aan kontantbegrotings en ook die opstel van ‘n Geprojekteerde
Inkomstestaat ten einde vooruitskattings te maak en deeglike bestuur toe te pas.

Met die komponente van netheid, ordelikheid en akkuraatheid diep geanker in jou waardestelsel, en
die daaglikse bewyslewering van jou werksetiek deur deurlopende, getroue en eerlike harde werk,
behoort jy sukses aan die einde van die jaar te behaal.

Baie sterkte en voorspoed vir die jaar!

W. van Schalkwyk, B.Com., H.O.D. ( U.P.)
Samesteller

                                                 2

### Page 5

INHOUDSOPGAWE

                         TEMA                          BLADSY NR.

HOOFSTUK 1: Boekhouding van publieke maatskappye        bl.   8 - 99

HOOFSTUK 2: Hersiening om vordering te bepaal           bl. 100 - 118

HOOFSTUK 3: Ontleding en vertolking van                 bl. 119 - 149
            bankversoeningstate en kontrolerekeninge

HOOFSTUK 4: Belasting op toegevoegde waarde (BTW)       bl. 150 - 165

HOOFSTUK 5: Kontrole oor vaste bates en voorraad        bl. 166 - 185

HOOFSTUK 6: Besigheidsetiek en interne ouditering       bl. 186 - 198

HOOFSTUK 7: Vervaardigingsondernemings                  bl. 199 - 224

HOOFSTUK 8: Geprojekteerde inkomstestaat en             bl. 225 – 240
            kontantbegrotings

HOOFSTUK 9: Hersiening vir eindeksamen                  bl. 241 – 292

                                    3

### Page 6

Jaarbeplanning aan die hand van die nuwe KABV-inhoud
KWARTAAL 1
1.       BOEKHOUDING VAN PUBLIEKE MAATSKAPPYE
                                                                                                                        Bl.
1.1      Inleiding ………………………………………………………………………………………… …………….                                                             8
1.2      Hulpjoernale en grootboekrekeninge …………………………………………………………………………..                                               9
1.2.1    Aandelekapitaal van ‘n maatskappy ………………… Voorbeeld 1 ……………………………... …………                                       9
1.2.2    Behoue inkomste ………………………………………………………………………………………………... 10
1.2.3    Terugkoop van aandele deur ‘n maatskappy………….. Voorbeeld 2 ………………………………………..                                   10
1.2      Aansuiwerings en slotrekeninge ………………………………………………………………………………                                                  12
1.3.1    Waardevermindering …………………………………………………………………………………………..                                                        12
1.3.2    Opgelope uitgawes teenoor vooruitbetaalde uitgawes …………………………………………………………                                      12
1.3.3    Opgelope inkomste teenoor vooruitontvange inkomste ……………………………………………………….                                      12
1.3.4    Oninbare skulde en voorsiening vir oninbare skulde ……………………………. ……………………………                                    13
1.3.5    Verbruiksgoedere voorhande en handelsvoorraadtekort ………………………………………………………                                      13
1.3.6    Wins of verlies met verkoop van bate …………………………………………………………………………                                              13
1.3.7    Inkomstebelasting ………………………………………Voorbeeld 3 ……………………………………….                                                  14
1.3.8    Dividende verklaar en betaal aan aandeelhouers ……… Voorbeeld 4 ……………………………………….                                15
1.3.9    Verdelingsrekening …………………….……………… Voorbeeld 5 …………………………………..……                                               16
                                                                                        Oefeninge 1.1 tot 1.5 …..       17
1.4      Opstel van finansiële state ……………………………………………………………………………………..                                                 30
1.4.1    Inkomstestaat …………………………………………………………………………………………………..                                                          30
1.4.2    Balansstaat ……………………………………………………………………….. ……………………….…..                                                        31
                                                                                        Oefeninge 1.6 tot 1.10 …..      34
1.4.3    Kontantvloeistaat ……………………………………… ………………………………………………………                                                        49
                                                                   Voorbeelde 6 tot 9 ………………………………… 50
                                                                                         Oefeninge 1.11 tot 1.12 … 57
1.5      Ontleding en vertolking van finansiële state …………………………………………………………………… 63
1.5.1    Opbrengs op aandeelhouersbelang ……………………………………………………………………………..                                                63
1.5.2    Netto batewaarde per aandeel ………………………………………………………………………………….. 63
1.5.3    Dividend per aandeel …………………………………………………………………………………………… 63
1.5.4    Verdienste per aandeel …………………………………………………………………………………………. 64
1.5.5    Verdienste op gemiddelde kapitaal aangewend ………………………………………………………………… 64
1.5.6    Gemiddelde debiteure invorderingstermyn …………………………………………………………………….. 64
1.5.7    Gemiddelde krediteurebetalingstermyn ………………………………………………………………………... 64
1.5.8    Skuld/Aandeelhouersbelangverhouding ………………………………………………………………………… 65
1.5.9    Bedryfskapitaalverhouding ……………………………………………………………………………………… 65
1.5.10   Vuurproefverhouding ……………………………………………………………………………………………. 65
1.5.11   Omsetsnelheid van voorraad …………………………………………………………………………………….. 66
1.5.12   Aantal maande se voorraad voorhande ………………………………………………………………………….. 66
1.5.13   Graad van solvensie ……………………………………………………………… …………………………….. 66
1.6      Finansiering van uitbreidings deur ‘n lening of uitreik van aandele……………………………………………… 66
                                                                                        Oefeninge 1.13 tot 1.20........ 67

2.       HERSIENING OM VORDERING TE MONITOR

2.1      Inleiding ……………………………………………………………………………………                                                                  100
2.2      Hersieningsvraestel …………………………………………………………………………                                                            100
         Vraag 1: Bankversoening en Interne beheer ……………..…………………………..……                                             101
         Vraag 2: Balansstaat, Korporatiewe beheer en oudit ……………………………………..                                         102
         Vraag 3: Kontantvloei, Vertolking en Bateverkope ………………………………………                                            104
         Vraag 4: Vervaardiging ……………………………………………………………………                                                           106
         Vraag 5: Kontantvloei en Verhoudingsontleding …………………………………………                                              108

                                                            4

### Page 7

KWARTAAL 2

3.      ONTLEDING EN VERTOLKING VAN BANKVERSOENINGSTATE EN KONTROLEREKENINGE

3.1   Inleiding …………………………………………………………………………………… 119
3.2   Hersiening van bankversoening ………….. …………………………………….. …..…… 119
                                                                      Voorbeeld 1 ……….. 120
3.3   Ontleding en vertolking van bankstate en bankversoeningstate …. Voorbeeld 2 …….. … 121
                                                                      Oef. 3.1 tot 3.4 …….. 122
3.4   Hersiening van kontrolerekeninge …..……………………………………………………… 130
3.4.1 Transaksies met debiteure …………………………………………………………………... 130
3.4.2 Transaksies met krediteure ………………………………………………………………….. 130
3.5   Ouderdomsontleding van debiteure en krediteure ………………… Voorbeeld 3 ………. 131
3.6   Versoening van kontrolerekeninge met rekeningstate ……………. Voorbeeld 4 ………. 133
3.7   Etiese oorwegings …………………………………………………. Oef. 3.5 ……………. 136
3.8   Interne oudit- en beheerprosesse oor debiteure en krediteure ……………………………… 137
                                                                       Oef. 3.6 tot Oef. 3.10 . 138
4.      BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW)

4.1     Inleiding ................................................................................................ ...............................   150
4.2     Hersiening van BTW-begrippe ……………………………………………………………..                                                                                        150
                                                                                                                Oef. 4.1tot Oef.4.2 ...              151
4.3     Grootboekrekeninge en Hulpjoernale ……………………………………………………                                                                                      154
4.3.1   BTW-Inset ………. ……………………………………………………………………….                                                                                                  154
4.3.2   BTW-Uitset ………………………………………………………………………………..                                                                                                  154
4.3.3   BTW-Kontrole …………………………………………………………………………….                                                                                                  154
4.3.4   Hulpjoernale en oorboeking ………………………………………………………………                                                                                          156
4.4     Invul van VAT201A-opgawevorm ………………………………………………………                                                                                           156
                                                                                                                Oef. 4.3 tot Oef. 4.8                158
5.      KONTROLE OOR VASTE BATES EN VOORRAAD
5.1     Inleiding ………………………………………………………………………………….. ……….                                                                                             166
5.2     Nie-bedryfsbates …………………………………………………………………………………..                                                                                           166
5.2.1   Lewensduur teenoor nutsduur van ‘n nie-bedryfsbate …………………………………................                                                             166
5.2.2   Reswaarde teenoor drawaarde …………………………………………………………………….                                                                                      166
5.2.3   Waardevermindering ………………………………………………….. Oef.5.1 ……………..                                                                                     167
5.2.4   Bateverkope ……………………………………………………………. Oef.5.2 tot Oef.5.4 …                                                                                   170
5.2.5   Beheer oor nie-bedryfsbates ……………………………………………………………………….                                                                                     174
5.2.6   Interne oudit van nie-bedryfsbates …………………………………………………………………                                                                                 174
5.3     Voorraad ………………………………………………………………………….. ……………                                                                                                174
                                                                   Oef. 5.5 …………….                                                                   175
5.3.1   Berekening van waarde van slotvoorraad ……………………………………………….. ………..                                                                            176
        (1) Eerste in eerste uit-metode (EIEU) ……………………………………………………………                                                                               176
        (2) Geweegde gemiddelde-metode ………………………………………………………………                                                                                      176
        (3) Spesifieke identifikasie-metode ………………………………………………………………..                                                                               176
                                                                   Oef 5.6 tot Oef. 5.10 …                                                           177

                                                                          5

### Page 8

6.        BESIGHEIDSETIEK EN INTERNE OUDITERING
6.1       Inleiding …………………………………………………………………………………………..                                              186
6.2       Besigheidsetiek ……………………………………………………………………………………                                            186
6.2.1     Dissiplinêre beleid …………………………………………………………………………………                                         188
6.2.2     Arbeidswetgewing en beleid insluitend beleid rakende MIV …………………………………….                    188
6.2.3     Professionele liggame rakende rekeningkundige instellings ……………………………………..                  189
6.3       Interne kontrole en interne ouditprosesse …………………………………………………………                            190
6.3.1     Vooroudit-ondersoek ……………………………………………………………………………..                                         191
6.3.2     Ouditverslag en kommentaar op die ouditverslag ……………….. …………………… …………                       191
                                                                         Oef. 6.1 tot Oef. 6.5 ….     192
      JUNIE-EKSAMENVRAESTEL
         Boekhouding van Maatskappye
         Ontleding en vertolking van bankversoeningstate en kontrolerekeninge
         Belasting op toegevoegde waarde
         Kontrole oor vaste bates en voorrade
         Besigheidsetiek en interne ouditering
         Alle werk in Graad 10 en Graad 11 behandel, kan ook geëksamineer word. Gee veral aandag
          aan die volgende aspekte in jou hersiening:
             o Loon en salarisjoernale – Grootboekrekeninge en Ontleding onder rekeningkunde
                  vergelyking
             o Regstellings van foute in kontrolerekeninge en op proefbalanse
             o Bateverkope - Grootboekrekeninge, Algemene Joernaal, en Rekeningkunde vergelyking
             o Periodieke voorraadstelsels – Sluitingsoordragte en Grootboekrekeninge
             o Bankversoening – Direkte aantekening in bankrekening en onder kolomme
             o Eenmansake – Jaareindprosedure, Finansiële state en Ontleding en vertolking van state
             o Kontantbegrotings – Debiteure-invorderingskedule en die Opstel van die begroting
             o Vervaardigingsondernemings – Berekeninge en Grootboekrekeninge

KWARTAAL 3
7.        VERVAARDIGINGSONDERNEMINGS
7.1       Inleiding …………………………………………………………………………………… 199
7.2       Produksiekostestaat ………………………………………………………………………… 202
7.3       Handelstaat …………………………………………………………………………………. 203
7.3.1     Berekening van gelykbreekpunt en ander kosteberekeninge ………………………………. 203
                                                         Oef. 7.1 tot Oef. 7.8 ……………………. 204

8.        GEPROJEKTEERDE INKOMSTESTAAT EN KONTANTBEGROTINGS
8.1       Inleiding …………………………………………………………………………………….. 225
8.2       Geprojekteerde Inkomstestaat ……………………………………………………………… 225
8.3       Ontleding en vertolking …………………………………………………………………….. 225
                                               Oef. 8.1 tot Oef. 8.5 ................................. 226

                                                     6

### Page 9

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
     Die voorbereidende eksamen handel oor presies dieselfde werk as die eindeksamen.
     Dit is ‘n uitstekende “proeflopie” van wat jy in die eindeksamen kan verwag.
     Indien jy jouself dus baie goed voorberei vir hierdie eksamen kan jy in jou voorbereiding vir die
     eindeksamen meer fokus op aspekte waarin jy in die voorbereidende eksamen gesukkel het.
     Dieselfde onderwerpe wat in die Junie-eksamen geëksamineer is, word weer gevra. Al wat bykom, is
     die produksiekostestate by vervaardigingsondernemings, en die geprojekteerde inkomstestate wat in
     Hoofstuk 8 behandel word.

     KWARTAAL 4
     SPESIFIEKE HERSIENING MET DIE OOG OP DIE EINDEKSAMEN
     In jou hersiening vir die eindeksamen moet jy probeer om spesifiek te fokus op daardie gedeeltes
     van die werk waarmee jy in die voorbereidende eksamen gesukkel het. Probeer om soveel as
     moontlik verskillende vrae self uit te werk. Dit help nie veel om net na vrae wat jy reeds gedoen het
     te kyk nie – jy moet elke vraag weer van nuuts af gaan doen.

     Gee ook veral aandag aan tyd, terwyl jy ‘n vraag doen. Dit wil sê, wanneer jy ‘n vraag uitwerk,
     moet jy presies weet hoeveel punte die vraag tel, en hoeveel tyd jy in die eksamen sal hê om die
     vraag te beantwoord. Onthou dat die eindeksamen 300 punte tel en 3 ure lank is. Jy moet dus teen
     1,67 punte per minuut kan werk om klaar te kry.

     Hoofstuk 9 het spesifiek ten doel om jou te help met jou voorbereiding vir die eindeksamen. Sorg
     dat jy eers alle werk weer goed voorberei; doen weer die vraestel in Hoofstuk 2 asook jou Junie- en
     rekordeksamenvraestelle volledig, voordat jy met hierdie hersiening begin.

9.        HERSIENING VIR DIE EINDEKSAMEN

9.1       Inleiding en werkswyse . …………………………………………………………………                                                         241
9.2       Hersieningsoefeninge 1 tot 10 …………………………………………………………….                                                     242
9.3       Finale oefenvraestel ……………………………………………………………………….                                                          272
          Vraag 1: Bankversoening en Interne beheer ……………………………………………..                                              273
          Vraag 2: Maatskappye, Finansiële state en Ontleding en vertolking …………………….                                274
          Vraag 3: Maatskappye, Grootboek en Algemene verslagdoening ……………………….                                      275
          Vraag 4: Voorraadstelsels en BTW ………………………………………………………                                                     277
          Vraag 5: Vervaardigingsaspekte ………………………………………………………….                                                     279
          Vraag 6: Kontantbegroting van ‘n eenmansaak …………………………………………..                                             281
           Memorandum Hoofstuk 2: Hersieningsvraestel
           Memorandum Hoofstuk 9: Hersieningsoefeninge 1 tot 10
           Memorandum Hoofstuk 9: Finale oefenvraestel

     EINDEKSAMEN

     Die eindeksamenvraestel behoort baie dieselfde as die voorbereidende eksamen te lyk. Jy moet egter probeer om soveel
     as moontlik vrae oor alle aspekte van Rekeningkunde wat behandel is, uit te werk. Probeer verskillende maniere van
     hoe dieselfde aspek gevra kan word, te ondersoek. Dit is baiekeer nie “wat” gevra word, wat vir kandidate die
     probleem is nie, maar “hoe” dit gevra word. Die oomblik as ‘n vraag bietjie anders gestel word as normaaalweg, sukkel
     die kandidate. Probeer dus alle moontlike maniere, óf dan ten minste soveel as moontlik maniere, waarop ‘n vraag
     gestel kan word ondersoek.

     Alle sterkte met jou voorbereiding!

                                                                  7

### Page 10

HOOFSTUK 1: PUBLIEKE MAATSKAPPPYE
1.1     INLEIDING
Daar is in Graad 10 en 11 aandag gegee aan drie ondernemingsvorme, nl. Eenmansake,
Vennootskappe en Sportklubs. Twee van die groot probleme wat by hierdie ondernemingsvorme
ondervind word, is die generering van genoeg eie kapitaal asook die feit dat die eienaars gesamentlik
en afsonderlik verantwoordelik gehou kan word vir die skuld van die onderneming.

Die vraag na ‘n ondernemingsvorm sonder die probleem om voldoende kapitaal te bekom en waar die
eienaars nie aanspreeklik is vir die onderneming se skulde nie, het dus ontstaan.

Hier volg ‘n vergelyking tussen die drie “handeldrywende” ondernemingsvorme wat die verskil
aantoon:
      Eenmansaak                    Vennootskap                Publieke maatskappy

  Een eienaar                 2 - 20 Vennote                          Aandeelhouers slegs beperk deur
                                                                      aantal gemagtigde aandele.
  Verskaf al die kapitaal.    Dra elk kapitaal by in een of ander     Dra kapitaal by deur aandele te
                              vorm.                                   koop.

  Eienaarsbelang:             Eienaarsbelang:                         Aandeelhouersbelang:
  Kapitaal (B1)               Kapitaal: Mnr. A (B1)                   Gewone aandelekapitaal (B1)
  Onttrekkings (B2).          Privaatrekening: Mnr. A (B3)            Behoue inkomste (B2)
                              Onttrekkings: Mnr. A (B5)
                                                                      Aandeelhouers se aanspreeklikheid
  Alleen aanspreeklik vir     Vennote is gesamentlik en afsonderlik   vir skuld slegs beperk tot waarde
  skuld.                      aanspreeklik vir skuld.                 van aandele wat hy besit.

  Kry al die wins.            Deel in winste soos in                  Deel in winste in vorm van
                              vennootskapsooreenkoms bepaal.          dividende slegs as maatskappywins
                                                                      dit toelaat.
  Finale rekeninge:           Finale rekeninge:                       Finale rekeninge:
  Handelsrekening; Wins- en   Handelsrekening; Wins- en               Handelsrekening; Wins- en
  verliesrekening.            verliesrekening; Verdelingsrekening.    verliesrekening;Verdelingsrekening.

‘n Maatskappy is ‘n regspersoon en is aanspreeklik vir sy skulde. ‘n Aandeelhouer kan dus net die
bedrag verloor wat hy in aandele in die maatskappy belê het.

By die stigting van ‘n maatskappy stel die promotors m.b.v. ‘n prokureur, die volgende drie
dokumente op:
1. Akte van Oprigting
   Hierdie dokument sit die doelstellings en aard van besigheid van die beoogde maatskappy uiteen
   en bevat ook die naam van die maatskappy wat as publieke maatskappy eindig met die woord
   Beperk of die afkorting Bpk.
2. Statute
   Dit is ‘n dokument wat die aktiwiteite en verantwoordelikhede van die bestuur van die maatskappy
   duidelik omskryf. Dit bevat ook die interne reëls en regulasies van die maatskappy.
3. Prospektus
   Hierdie is ‘n uitnodiging aan die publiek om aandele in die maatskappy te koop.

                                                 8

### Page 11

1.2 HULPJOERNALE EN GROOTBOEKREKENINGE
   1.2.1   Aandelekapitaal van ‘n maatskappy
   ‘n Maatskappy verkry kapitaal deur aandele aan die publiek te verkoop.
   Dit is belangrik dat ons in die eerste plek onderskei tussen hoeveel aandele ‘n maatskappy mag
   uitreik of verkoop, genoem die Gemagtigde aandelekapitaal, en hoeveel van hierdie aandele
   werklik uitgereik of verkoop is, genoem die Uitgereikte aandelekapitaal.
   Ten tweede moet die prys waarteen hierdie aandele verkoop gaan word, vasgestel word. Daar
   bestaan verskillende tipes aandele; ons gaan egter net konsentreer op Gewone aandele sonder
   pari-waarde. Dit beteken daar is geen vasgestelde prys vir die aandele nie. Die
   Johannesburgse effektebeurs (JEB) is die mark waar aandele deur die publiek gekoop en
   verkoop word. Pryse van aandele styg en daal voortdurend en pryse word bepaal deur die
   marktoestande. Die prys kan dus meer of minder as die oorspronklike uitreikprys van die
   aandele wees. Die prys waarteen aandele op die JEB verhandel staan bekend as die markprys
   van die aandele op ‘n gegewe tydstip.
   Opsommend dus die volgende:
     Gemagtigde aandelekapitaal is die totale aantal aandele wat ‘n maatskappy gemagtig is
     om uit te reik met geen randwaarde, bv. 100 000 gewone aandele.
     Uitgereikte aandelekapitaal verteenwoordig die aantal aandele wat reeds aan die publiek
     uitgereik of verkoop is, vermenigvuldig met die uitreikprys per aandeel,
     bv. 20 000 gewone aandele teen ‘n uitreikprys van R12,25 elk = R245 000 en daarna ‘n
     verdere 30 000 gewone aandele teen ‘n uitreikprys van R18,50 elk= R555 000.
     Die totale Uitgereikte aandelekapitaal is dus 50 000 aandele met ‘n waarde van R800 000.
     Die gemiddelde uitreikprys is dus R800 000/50 000 aandele = R16 per aandeel
VOORBEELD 1: Uitreik van gewone aandele teen verskillende uitreikpryse en berekening van
                  die gemiddelde uitreikprys.
2015
Jan. 31 - Die maatskappy het ‘n gemagtigde aandelekapitaal van 500 000 gewone aandele. Daar
          word 100 000 aandele teen ‘n uitreikprys van R2,00 per aandeel uitgereik.
Mei 31 - Daar word ‘n verdere 200 000 gewone aandele teen ‘n uitreikprys van R2,60 elk per
          aandeel uitgereik.
Okt 30 - Die oorblywende aandele word teen ‘n uitreikprys van R3,40 per aandeel uitgereik.

  Hulpjoernaal

  Brondokument

Berekeninge:
 Gemiddelde aandeelprys na 31 Mei 2015:           Gemiddelde aandeelprys na 30 Oktober 2015:

                                             9

### Page 12

Algemene Grootboek
Balansstaatrekeninge-afdeling

Gewone aandelekapitaal Bl
215 T Bank K03| 200 000

vi_|: Bank ka] 520 000

7120 000

oxt_| Rank = Kc | 80 000

1400 000

1.2.2 Behoue inkomste

Dit is baie belangrik om te verstaan dat die direkteure van die maatskappy nie alle winste aan
die aandeelhouers hoef uit te betaal in die vorm van dividende nie. Winste mag teruggehou
word en die uitbreiding van die maatskappy daarmee gefinansier word wat natuurlik die
aandeelhouersbelang en waarde van die aandele sal laat styg.

Die onverdeelde inkomste/wins na belasting en na dividende word in die Verdelingsrekening
(‘n rekening wat later bespreek sal word) bereken en word oorgedra na die Behoue
inkomsterekening. Behoue inkomste vorm deel van die Aandeelhouersbelang en sal altyd ‘n
kredietsaldo toon.

1.2.3. Terugkoop van aandele deur ‘n maatskappy

‘n Maatskappy kan besluit om van die aandele wat reeds uitgereik is terug te koop. Dit sal gedoen
word om bv. ‘n beherende aandeel in die maatskappy te verkry of om die verhouding van skuld
teenoor die aandeelhouersbelang aan te pas of bloot net om die aantal uitgereikte aandele te
verminder sodat oorblywende aandeelhouers ‘n groter inkomste uit dividende kan verdien.

Die terugkoop van aandele kan gedoen word teen ‘n prys wat meer as die gemiddelde uitreikprys
of minder as die gemiddelde uitreikprys van die aandele is. Daar sal egter slegs van kandidate
verwag word om die terugkoop van aandele teen ‘n hoér prys as die gemiddelde uitreikprys te
boekstaaf.

Onthou:

Gemiddelde uitreikprys per aandeel = Gewone aandelekapitaalsaldo / Aantal uitgereikte aandele

Die dubbelinskrywing vir terugkoop van aandele teen ‘n hoér prys as die gemiddelde uitreikprys
word as volg geboekstaaf:

Krediteer Bank met die totale bedrag wat betaal is vir die terugkoop van die aandele.

Debiteer Gewone aandelekapitaal met die gemiddelde uitreikprys per aandeel vermenigvuldig
met die aantal aandele wat teruggekoop is.

Debiteer Behoue inkomste met die verskil tussen die bedrag betaal en die gemiddelde
uitreikprys.

10

### Page 13

VOORBEELD 2: Terugkoop van aandele teen ‘n hoér prys as die gemiddelde uitreikprys.

INLIGTING:

Die volgende saldo’s verskyn in die boeke van Park Handelaars Bpk op 1 Maart 2015:
Gewone aandelekapitaal (250 000 uitgereikte aandele) 925 000
Behoue inkomste 754 000

TRANSAKSIES:

2015

Mei 30 ‘n Verdere 50 000 gewone aandele word uitgereik teen ‘n uitreikprys van R6,70 per
aandeel.

Sept 30 Daar word 30 000 gewone aandele deur die maatskappy teruggekoop teen ‘n prys van
R7,10 per aandeel.

OPDRAG:

21 Bereken die gemiddelde uitreikprys per aandeel op 1 Maart 2015.

2.2 Bereken die gemiddelde uitreikprys per aandeel na 30 Mei 2015.

2.3 Boekstaaf die gegewe transaksies in die geopende grootboekrekeninge en saldeer die

rekeninge op 30 September 2015.

2.1 Berekening van die gemiddelde uitreikprys per aandeel op 1 Maart 2015

ZSO 000 aandele

q2S 000
EB = R270 per aandeel

2.2 Berekening van die gemiddelde uitreikprys per aandeel na 30 Mei 2015

50000 x R70 = R338 000
. R12b0 000

Pi = Ry,20 per aandec|

300000 aandele

2.3 Algemene Grootboek van Park Handelaars Bpk.
Gewone aandelekapitaal Bl |
Sp | eBank 60000 R420) |kgl (26000 | iw |: [Saldo | 425 000
Saldo oMl1/Zy 000 | we | 20 [Rank ko} 335000
1260000 ) 260 000
Okt 1 Saldo /6 i IBY 000
Behoue inkomste B2
2 | Bank (30000x R2,40) |K8} 87000 | we |i Saldo K/L] S4 000
Saldo (ld! 667 000
| | 7S¢ 000 15 ¢ 000
T
Okt 1 Saldo F/b 667000 |

11

### Page 14

1.3 AANSUIWERINGS EN SLOTREKENINGE VAN MAATSKAPPYE
Alle aansuiwerings en jaareindprosedures wat by ander ondernemingsvorme gegeld het, word
steeds by die boekhouding van Maatskappye toegepas. Daar is egter twee baie belangrike aspekte
wat bykom, nl. die betaling van inkomstebelasting, en die verdeling van die wins aan die
aandeelhouers in die vorm van dividende wat uitbetaal word.

Ons gaan eerstens baie kortliks die bekende aansuiwerings hersien deur net daarna te verwys, en
enkele punte van belang weer onder jou aandag te bring. Daarna gaan ons spesifiek aandag gee
aan die nuwe prosedures wat spesifiek op Publieke maatskappye betrekking het.
1.3.1 Waardevermindering
 Daar is twee metodes om waardevermindering af te skryf, nl.
     Die Kosprysmetode, ook genoem Reguitlyn- of Vastepaaiementmetode, en
     Die Verminderde saldometode, ook genoem Boekwaarde of Drawaardemetode.
Wanneer waardevermindering afgeskryf word, word ‘n uitgawerekening, nl. Waardevermindering
gedebiteer en ‘n negatiewe baterekening, nl. Opgelope waardevermindering op voertuie/toerusting
gekrediteer.
Die waardevermindering wat vir ‘n spesifieke finansiële jaar afgeskryf is, moet as toegerekende
uitgawe by daardie jaar se wins in die Inkomstestaat afgetrek word.
1.3.2 Opgelope uitgawes teenoor Vooruitbetaalde uitgawes
Indien ‘n uitgawe vir ‘n spesifieke finansiële tydperk aangegaan is, maar nog nie ten volle betaal
is nie, word daar volgens die paringsbeginsel nog “geld geskuld” ten opsigte van die uitgawe vir
daardie tydperk. ‘n Tydelike las, nl. Opgelope uitgawes word geskep, ten einde die uitgawe te
vermeerder en sodoende die korrekte uitgawebedrag vir die tydperk aan te toon.

Indien ‘n uitgawe ten opsigte van ‘n volgende finansiële tydperk reeds gedurende die huidige
tydperk betaal is, beteken dit dat daar volgens die paringsbeginsel “te veel betaal is” ten opsigte
van die uitgawe vir die huidige tydperk. ‘n Tydelike bate, nl. Vooruitbetaalde uitgawes word
geskep, ten einde die uitgawe te verminder en sodoende die korrekte uitgawebedrag vir die
huidige tydperk te toon.
1.3.3 Opgelope inkomste teenoor Vooruitontvange inkomste
Indien ‘n inkomste vir ‘n spesifieke finansiële tydperk verdien is, maar nog nie ten volle ontvang
is nie, word daar volgens die paringsbeginsel nog “geld aan ons geskuld” ten opsigte van die
inkomste vir daardie tydperk. ‘n Tydelike bate, nl. Opgelope inkomste word geskep, ten einde die
inkomste te vermeerder en sodoende die korrekte inkomstebedrag vir die tydperk aan te toon.
Indien ‘n inkomste ten opsigte van ‘n volgende finansiële tydperk reeds gedurende die huidige
tydperk ontvang is, beteken dit dat daar volgens die paringsbeginsel “te veel ontvang is” ten
opsigte van die inkomste vir die huidige tydperk. ‘n Tydelike las, nl. Vooruitontvange inkomste
word geskep, ten einde die inkomste te verminder en sodoende die korrekte inkomstebedrag vir
die huidige tydperk te toon.

                                           12

### Page 15

1.3.4 Oninbare skulde en Voorsiening vir oninbare skulde
Indien ‘n debiteur nie sy skuld kan betaal nie, word die rekening as oninbaar afgeskryf. ‘n
Uitgawerekening, nl. Oninbare skulde word gedebiteer en ‘n baterekening, nl. Debiteurekontrole
asook die debiteur se persoonlike rekening word gekrediteer, met die bedrag van die skuld wat
afgeskryf is.
In die Balansstaat moet die bedrag wat deur debiteure verskuldig is, volgens die
omsigtigheidsbeginsel, so realisties as moontlik aangetoon word. Daar moet dus voorsiening
gemaak word vir die feit dat sommige debiteure dalk nie hulle skuld gaan betaal nie.
‘n Voorsiening vir oninbare skulde word geskep deur ‘n uitgawerekening, nl. Voorsiening vir
oninbare skulde aansuiwering, te debiteer en ‘n negatiewe baterekening, nl. Voorsiening vir
oninbare skulde, te krediteer.
Indien die voorsiening vir oninbare skulde vermeerder, word die uitgawerekening, nl.
Voorsiening vir oninbare skulde aansuiwering, weer gedebiteer, en die negatiewe baterekening,
nl. Voorsiening vir oninbare skulde gekrediteer.
Indien die Voorsiening vir oninbare skulde egter verminder, ontstaan ‘n inkomsterekening nl.
Voorsiening vir oninbare skulde aansuiwering wat gekrediteer word, en die negatiewe
baterekening, nl. Voorsiening vir oninbare skulde word dan gedebiteer.
Onthou! Netto handelsdebiteure = Handelsdebiteure – Voorsiening vir oninbare skulde
1.3.5 Verbruiksgoedere voorhande en handelsvoorraadtekort
Aan die einde van die finansiële jaar word die bedrag van alle ongebruikte verbruiksgoedere, bv.
skryfbehoeftes, verpakkingsmateriaal, brandstof, ens. deur ‘n fisiese voorraadopname bepaal.
Slegs dit wat gedurende die jaar verbruik is, moet volgens die paringsbeginsel as ‘n uitgawe by
hierdie jaar se wins afgetrek word. Hierdie ongebruikte voorrade word as ‘n bate in die balansstaat
getoon aangesien dit eers gedurende die volgende finansiële tydperk verbruik sal word. ‘n
Baterekening, nl. Verbruiksgoedere voorhande word gedebiteer, en die spesifieke
uitgawerekening word gekrediteer met die bedrag van die ongebruikte voorraad.
Die balansstaat moet die korrekte bedrag van handelsvoorraad wat op die laaste dag van die
finansiële jaar beskikbaar is, aantoon. Die saldo van die Handelsvoorraadrekening toon nie
noodwendig die fisiese voorraad voorhande aan nie. Daar moet ‘n fisiese voorraadopname
gemaak word om te bepaal of daar nie dalk voorraad verlore geraak het, of gesteel is nie. Indien
die totaal van die fisiese voorraadopname toon dat daar wel ‘n voorraadtekort bestaan, word ‘n
uitgawerekening, nl. Handelsvoorraadtekort gedebiteer, en ‘n baterekening, nl. Handelsvoorraad
gekrediteer met die bedrag van die voorraadtekort, d.w.s. die verskil tussen die saldo van die
Handelsvoorraadrekening en die bedrag van die fisiese voorraadopname.
1.3.6 Wins of verlies met verkoop van bate
Wanneer daar van ‘n Nie-bedryfsbate ontslae geraak word, word dit altyd aan die hand van vyf
stappe geboekstaaf, nl.
 (1) Haal die kosprys van die bate uit.
 (2) Bring die opgelope waardevermindering op datum.
 (3) Haal die totale opgelope waardevermindering tot op datum uit.
 (4) Doen die ontslaeraaktransaksie.
 (5) Bepaal die Wins/Verlies met verkoop van die bate.
Indien die bate teen ‘n wins verkoop is, sal dit as ‘n inkomste in die Inkomstestaat getoon word.
‘n Verlies met verkoop van bate word egter as ‘n uitgawe in die Inkomstestaat getoon.

                                           13

### Page 16

1.3.7 Inkomstebelasting
Hierdie is een van die belangrikste aspekte rakende maatskappye, en jy moet dit baie
goed onder die knie kry.
Elke ses maande word ‘n beraamde/geskatte bedrag voorlopige inkomstebelasting aan die
SAID oorbetaal. Hierdie bedrag word deur die rekenmeester bereken as ‘n persentasie van die
vooruitgeskatte wins vir die periode. Dit word dus vooruitbetaal, wat die moontlikheid laat
ontstaan dat daar aan die einde van die jaar nog ‘n bedrag t.o.v. Inkomstebelasting verskuldig
kan wees, wat dan as ‘n Las in die Balansstaat getoon sal word.
Dit kan egter ook gebeur dat te veel Inkomstebelasting gedurende die jaar aan die SAID
oorbetaal is, wat dan as ‘n Bate in die Balansstaat getoon sal word.
VOORBEELD 3:
2015
Aug. 31 - Die voorlopige beraamde belasbare wins vir die jaar is bereken op R600 000.
           Maatskappybelasting word bereken as 28% van die belasbare inkomste.
           ‘n Eerste voorlopige belastingbetaling word gemaak.
2016
Feb. 25 - ‘n Tweede voorlopige beraamde belastingbetaling van R80 000 word aan die SAID
   oorbetaal.

Feb. 28 - Die netto belasbare inkomste soos per Inkomstestaat bereken, beloop R650 000. Toon
   die aansuiwering om inkomstebelastin         g teen 28% in berekening te bring.

                                 SAID (Inkomstebelasting)                     B12

                                     Inkomstebelasting                         N23

                                         14

### Page 17

1.3.8 Dividende verklaar en betaal aan aandeelhouers
Indien die direkteure van ‘n maatskappy besluit om die wins of gedeelte van die wins aan
hulle aandeelhouers uit te betaal, noem ons hierdie gedeelte van die wins wat uitbetaal word, ‘n
aandeeldividend.

Dividende word gewoonlik, as winste dit toelaat, meer as eenkeer per jaar verklaar (d.w.s.
belowe). Hierdie dividende wat gedurende die jaar verklaar word, word interim of tussentydse
dividende genoem. Interimdividende word normaalweg ten volle betaal, gedurende die
finansiële jaar waarin dit verklaar is.

Dit gebeur gewoonlik dat ‘n finale dividend aan die einde van die jaar verklaar/belowe word
uit die huidige jaar se wins, maar dat hierdie dividend eers in die volgende finansiële jaar
uitbetaal gaan word. So ‘n finale dividend wat reeds verklaar is, maar nog nie betaal is nie,
moet egter volgens rekeningkundige praktyk getoon word by die finansiële jaar waarin dit
verklaar is (paringsbeginsel), en dit word dus as ‘n LAS in die huidige jaar se Balansstaat
getoon.
VOORBEELD 4:
2015
Jul. 10 - ‘n Interimdividend van 25 sent per aandeel, word aan aandeelhouers verklaar.
          Die uitgereikte aandelekapitaal bestaan uit 100 000 gewone aandele.

Okt. 5 - Die tussentydse dividend word aan die aandeelhouers uitbetaal.

2016
Feb. 27 - ‘n Finale dividend van 34 sent per aandeel word verklaar.

                                  Aandeelhouers vir dividende                    B13

                                 Gewone aandeledividende                          N24

                                          15

### Page 18

1.3.9   Verdelingsrekening

Die onverdeelde inkomste/wins na belasting en na dividende word oorgedra na die Behoue
inkomsterekening. Die berekening van hierdie bedrag word in die Verdelingsrekening gedoen.

Die Verdelingsrekening is die laaste finale rekening en word stapsgewys as volg opgestel:
 (1) Dra die netto wins oor vanaf die Wins- en verliesrekening na die Verdelingsrekening.
 (2) Sluit Inkomstebelasting af na die Verdelingsrekening.
 (3) Sluit Gewone aandeledividende af na die Verdelingsrekening.
 (4) Bereken die “onverdeelde bedrag” as balanserende syfer aan die einde van die jaar en
       dra dit oor vanaf die Verdelingsrekening na die Behoue inkomsterekening.
VOORBEELD 5:
Die volgende gegewens is beskikbaar op 28 Februarie 2016, die einde van die finansiële
tydperk:

 Behoue-inkomste ( 1 Maart 2015)                              143 000
 Netto wins vir die jaar voor belasting                       780 000
 Inkomstebelasting (bereken @ 30% van netto wins)                   ?
 Gewone aandeledividende                                      450 000

                                   Behoue-inkomste                          B3

                                  Verdelingsrekening                        N27

                                       16

### Page 19

OEFENING 1.1

PM Handelaars Beperk is geregistreer met ‘n gemagtigde aandelekapitaal van 250 000 gewone aandele
Op 2 Januarie 2015 het die maatskappy 200 000 van die aandele aan die publiek vir inskrywing
aangebied teen ‘n uitreikprys van R2,00 per aandeel. Die sluitingsdatum vir aansoeke was 1 Maart
2015.
OPDRAG:
 1.1.1 Voltooi die nodige inskrywings in die geopende hulpjoernale. Let op na die gegewe datums in die
       hulpjoernale.
 1.1.2 Boek alle transaksies oor na die geopende rekeninge in die Algemene Grootboek van PM
       Handelaars Beperk.
Transaksies:

2015
Mrt. 1     Aansoeke om 200 000 aandele is ontvang, tesame met die bedrag vir die aandele betaalbaar.
           Al die aandele word toegeken. Kwitansie 001 is uitgereik om die transaksie te staaf.

Jul.   1   PM Handelaars Beperk bied ‘n verdere 50 000 aandele teen ‘n uitreikprys van R2,00 per
           aandeel aan die publiek aan, en stel 1 September as die sluitingsdatum vir aansoeke.

Aug. 31    Die direkteure van PM Handelaars Beperk verklaar ‘n tussentydse dividend van
           10 sent per aandeel.

Sept. 1    Aansoeke vir 50 000 aandele is ontvang, tesame met die bedrag vir die aandele betaalbaar.
           Al die aandele word toegeken. Kwitansie 421 word uitgereik.

Sept. 10   Die tussentydse dividend aan die aandeelhouers verskuldig, word per tjek B321 betaal.

Sept. 12   Na ses maande se handeldryf in die eerste finansiële jaar, het die rekenmeester bereken dat
           die maatskappy R80 500 voorlopige inkomstebelasting aan die Suid-Afrikaanse
           Inkomstediens moet betaal.

Sept. 13   Reik tjek B340 uit ten gunste van die SAID vir die voorlopige inkomstebelasting.

2016
Feb. 20    Die rekenmeester het die maatskappy se wins vir die jaar geskat en bereken dat ‘n tweede
           voorlopige inkomstebelastingbetaling van R83 500 betaalbaar is.

Feb. 22    Reik tjek B420 uit ten gunste van die SAID vir die tweede voorlopige
           inkomstebelastingbetaling.

Feb. 28    Die netto wins vir die jaar is akkuraat bereken as, R520 000.
           PM Handelaars Beperk se inkomstebelasting word bereken teen ‘n koers van 30% van die
           netto wins.
           Die direkteure het ‘n finale dividend van 12 sent op al die uitgereikte aandele verklaar.

                                                   17

### Page 20

Kontantontvangstejoernaal van PM Handelaars Beperk vir Maart tot September 2015                            KOJ
                                        Ontleding                               Diverse rekeninge
Dok.
         Dag        Besonderhede           van       Bank
 nr.                                                           Bedrag    Fol.               Besonderhede
                                        ontvangste
         Mrt.
          1

         Sept.
           1

 Kontantbetalingsjoernaal van PM Handelaars Beperk vir Sept. 2015 tot Feb. 2016                            KBJ
Dok.                                                                    Diverse rekeninge
         Dag     Naam van begunstigde     Bank
 nr.                                                 Bedrag   Fol.                   Besonderhede
         Sept.
          10

          13

         Feb.
          22

         Algemene Joernaal van PM Handelaars Beperk vir Aug. 2015/Feb. 2016                           AJ
Dag                     Besonderhede                  Fol.        Debiet                            Krediet
Aug.31

Feb.28

                                                     18

### Page 21

Algemene Grootboek van PM Handelaars Beperk
        Balansstaatrekeninge-afdeling
           Gewone aandelekapitaal              B1

               Behoue-inkomste                 B2

          Aandeelhouers vir dividende         B21

           SAID (Inkomstebelasting)           B22

         Nominale rekeninge-afdeling
           Gewone aandeledividende            N32

              Inkomstebelasting               N33

             Verdelingsrekening               N36

                    19

### Page 22

OEFENING 1.2

Gebruik die inligting en transaksies met betrekking tot Park Bpk. om die volgende te voltooi:

1.2.1. Die geopende volgende grootboekrekeninge vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2016,
       behoorlik gesaldeer of afgesluit (gee aandag aan datums).
1.2.2. Bereken die totale gewone aandeelhouersbelang in die maatskappy op 28 Februarie 2016.
         Saldo’s op 1 Maart 2015, die begin van die finansiële jaar:
          Gewone aandelekapitaal (bestaande uit 168 750 uitgereikte aandele)                    270 000
          Behoue inkomste                                                                        98 600
          Aandeelhouers vir dividende                                                            21 600
          SAID (Inkomstebelasting) (krediet)                                                      3 900

         Let wel!
         Die maatskappy het ‘n gemagtigde aandelekapitaal van 500 000 gewone aandele.

         Transaksies
         2015
         Mrt. 12 Betaal die bedrag verskuldig aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens per tjek.
         Mrt.    23 Betaal die bedrag aan die aandeelhouers t.o.v. dividende verskuldig.
         Aug. 27 Betaal die voorlopige inkomstebelasting van R69 000 aan die Suid-Afrikaanse
                 Inkomstediens.
         Sept. 2     Verklaar en betaal ‘n tussentydse dividend van 2 sent per aandeel aan aandeelhouers.
         Sept. 15 Koop 23 750 aandele terug teen ‘n terugkoopprys van R1,90 per aandeel.

         Nov     20 Reik ‘n verdere 40 000 aandele teen ‘n uitreikprys van R2,12 per aandeel uit.
                    Alle gelde vir die aandele is ontvang.
         2016
         Feb. 25 Inkomstebelasting vir die jaar word geskat op R142 000. Reik ‘n tjek aan die SAID
                 uit, vir die bedrag verskuldig.
         Feb.    28 Die netto inkomste word in die Wins- en verliesrekening op R456 000 bereken.
                    Inkomstebelasting vir die jaar beloop 30% van die netto inkomste.
                    Die direkteure besluit om ‘n finale dividend van 3½ sent per aandeel op alle
                    uitgereikte aandele te verklaar.

                                                   20

### Page 23

Algemene Grootboek van Park Bpk.
                  Gewone aandelekapitaal       B1
2015                            2015
Sep    15                        Mrt   1

                                Nov    20

                       Behoue inkomste         B3
2015                            2015
Sep    15                        Mrt   1
                                2016
                                 Feb   28

                   SAID (Inkomstebelasting)    B20
2015                            2015
Mrt    12                        Mrt   1

                                2016
Aug    27                        Feb   28
2016
Feb    25

                 Aandeelhouers vir dividende   B21
2015                            2015
Mrt    23                        Mrt   1

2015                            2015
Sep    2                         Sep   2

                                2016
                                 Feb   28

                           21

### Page 24

Inkomstebelasting              N40

                                        Gewone aandeledividende               N41

                                              Verdelingsrekening             N44

1.2.2. Bereken die totale Gewone aandeelhouersbelang op 28 Februarie 2016?

 Berekeninge:

                                                  22

### Page 25

OEFENING 1.3
   Park Handelaars Beperk is ‘n maatskappy met ‘n gemagtigde aandelekapitaal van 2 000 000 aandele.
   Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie van elke jaar.
  GEVRA:
  1.3.1 Ontleed die gevraagde transaksies onder die gegewe opskrifte op die antwoordblad.
  1.3.2 Voltooi die SAID (Inkomstebelasting) rekening vir die jaar geëindig 28 Februarie 2016.
  1.3.3 Voltooi die Verdelingsrekening vir die jaar geëindig 28 Februarie 2016.
  1.3.4 Toon die Nota vir Behoue inkomste in die Balansstaat op 28 Februarie 2016.
  1.3.5 Bereken die gemiddelde uitreikprys per aandeel op 28 Februarie 2016.
  1.3.6 Lewer kommentaar op die dividendbeleid van die maatskappy. Dink jy hierdie jaar se dividende
        was ‘n goeie finansiële besluit? Gee syfers om jou antwoord te staaf.
  1.3.7 Bereken die totale aandeelhouersbelang op 28 Februarie 2016.
   INLIGTING:
   Die volgende saldo’s het onder andere op 1 Maart 2015 in die boeke voorgekom:
       Gewone aandelekapitaal (Gemiddelde uitreikprys van R1,80 per aandeel)          R 1 440 000
       Behoue-inkomste                                                                    640 000
       SAID (Inkomstebelasting) (Dt.)                                                      15 000
       Aandeelhouers vir dividende                                                        140 000
  Transaksies
  2015
  Mrt   15 Betaal die bedrag verskuldig aan aandeelhouers per tjek.
  Mei   31 Die direkteure verklaar en betaal ‘n interimdividend van 60 sent per aandeel.
  Aug   15 Die rekenmeester het die voorlopige belasting wat betaal moet word bereken as
              R120 000. ‘n Tjek word aan die SAID uitgereik vir die bedrag min die bedrag wat die
              SAID aan die maatskappy verskuldig is.
  Nov   20 Die maatskappy reik nog 600 000 aandele teen ‘n uitreikprys van R2,50 per aandeel.
  Des   15 Die maatskappy koop 400 000 aandele terug teen ‘n prys van R2,30 per aandeel.
  2016
  Feb      28   ‘n Finale dividend van 45 sent per aandeel is verklaar.
                ‘n Tweede voorlopige belastingbetaling van R137 000 is gemaak.
                Die korrekte netto inkomste vir die jaar, is bereken, as R880 000.
                Die korrekte inkomstebelasting vir die jaar beloop R246 400.
1.3.1 Ontleed die transaksies onder die gegewe opskrifte op die antwoordblad.
                   Rekening gedebiteer                     Rekening gekrediteer            Bedrag
 2015
 Mrt 15

 Mei 31

 Aug 15

 Nov 20

 Des 15

                                                     23

### Page 26

1.3.2                                        SAID (Inkomstebelasting)                                B12

 1.3.3                                               Verdelingsrekening                               N38

1.3.4 Nota : Behoue-inkomste
 Behoue-inkomste - begin van die jaar
 Plus: Netto wins na belasting
 Min: Behoue inkomste op 400 000 aandele teruggekoop
 Min: Gewone aandeledividende
                 Betaal
                 Aanbeveel
 Behoue inkomste – einde van die jaar

 1.3.5 Bereken die gemiddelde uitreikprys per aandeel op 28 Februarie 2016.

 1.3.6 Lewer kommentaar op die dividendbeleid van die maatskappy. Dink jy hierdie jaar se dividende
       was ‘n goeie finansiële besluit? Gee syfers om jou antwoord te staaf.

 1.3.7 Bereken die totale aandeelhouersbelang op 28 Februarie 2016.
        Gewone aandelekapitaal
        Behoue- inkomste
        Totale gewone aandeelhouersbelang

                                                             24

### Page 27

OEFENING 1.4
Die volgende inligting is geneem uit die rekords van Park Handelaars Bpk.
OPDRAG:
1.4.1 Voltooi die geopende rekeninge in die Algemene grootboek van Park Handelaars Bpk. vir die
      jaar geëindig 30 Junie 2016.
1.4.2 Voltooi die inligting in die notas vir Gewone aand elekapitaal en Behoue inkomste soos dit in
      die Balansstaat op 30 Junie 2016, die einde van die finansiële jaar, sal verskyn.
1.4.3 Bereken die gemiddelde uitreikprys per aandeel op 30 Junie 2016.
INLIGTING:
Saldo’s geneem uit die Balansstaat op 30 Junie 2015, die einde van die vorige finansiële jaar:
 Gewone aandelekapitaal (Gemiddelde uitreikprys van R5,30 per aandeel)                           874 500
 Behoue inkomste                                                                                 265 000
 SAID (Inkomstebelasting) (kt.)                                                                   11 400
 Aandeelhouers vir dividende                                                                      92 400

Transaksies
2015
Jul 12 Die bedrag aan die SAID verskuldig word per tjek betaal.
Des 18 Park Handelaars Bpk. maak ‘n eerste voorlopige inkomstebelastingbetaling van R130 000.
           Park Handelaars Bpk. verklaar en betaal ‘n interimdividend van R74 250.

2016
Apr 1       Toerusting wat R10 000 op 1 Julie 2013 gekos het, is vir R6 000 kontant verkoop.
            Waardevermindering word volgens die verminderde saldo metode teen 20% p.j. voorsien.
Mei   20    Park Handelaars Bpk. koop 15 000 aandele terug teen ‘n prys van R5,90 per aandeel.
Jun   15    Park Handelaars Bpk. reik nog 50 000 aandele uit teen ‘n uitreikprys van R6,34 per aandeel.
Jun   20    Park Handelaars Bpk. het ‘n tweede voorlopige belastingbetaling van R134 000 gemaak.
Jun   25    ‘n Finale dividend van 80 sent per aandeel word verklaar.
Jun   30    Park Handelaars Bpk toon ‘n netto wins voor belasting van R870 000.
            Die inkomstebelasting moet bereken word teen 30% van die netto wins.

Berekeninge:

                                                   25

### Page 28

Algemene Grootboek van Park Handelaars Beperk
                        Balansstaatrekeninge-afdeling
                             Gewone aandelekapitaal            B1

                               Behoue-inkomste                 B3

                           SAID (Inkomstebelasting)            B21

                               Bateverkope                     B25

Berekeninge:

                                   26

### Page 29

Nominale rekeninge-afdeling
                                         Gewone aandeledividende           N32

                                             Inkomstebelasting             N33

                                            Verdelingsrekening             N36

1.4.2 Notas tot die Balansstaat op 30 Junie 2016
Gewone aandelekapitaal
   Gemagtigde
   500 000 gewone aandele

    Uitgereik                                                                    R
    ………………. aandele in uitreik aan die begin van die jaar
    ………………. aandele gedurende die jaar uitgereik teen R……… per aandeel
    ………………. aandele gedurende die jaar teruggekoop
              (gemiddelde uitreikprys R………. per aandeel)
    ………………. aandele in uitreik aan die einde van die jaar
Behoue inkomste
   Behoue inkomste aan die begin van die jaar
   Netto wins na belasting vir die jaar
   Behoue inkomste op ………………. aandele teruggekoop
   Dividende
         Tussentydse
         Finale
   Behoue inkomste aan die einde van die jaar

1.4.3   Bereken die gemiddelde uitreikprys per aandeel op 30 Junie 2016.

                                                   27

### Page 30

OEFENING 1.5
Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Parkie Handelaars Bpk. ‘n publieke maatskappy, op
30 Junie 2015 en 30 Junie 2016, die einde van die onderskeie finansiële jare.
OPDRAG:
Daar word van jou verwag om die volgende te voltooi:

1.5.1 Stel die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek op:
             SAID (Inkomstebelasting)
             Aandeelhouers vir dividende

1.5.2 Bereken die Netto inkomste voor belasting deur die Verdelingsrekening korrek te herkonstrueer.

1.5.3 Bereken die uitreikprys per aandeel waarteen die nuwe aandele uitgereik is.

INLIGTING:
1.  Die volgende saldo’s verskyn in die Na-afsluitingsproefbalans van die twee jare geëindig 30 Junie:
                                                                        2016                 2015
 Gewone aandelekapitaal                                               792 000              270 000
 Behoue-inkomste                                                      153 550               18 900
 SAID (Inkomstebelasting)                                               9 050 (kt.)         13 400 (dt.)
 Aandeelhouers vir dividende                                              ?                 22 500

2.   Die dividende verskuldig aan aandeelhouers is op 10 Julie 2015 ten volle betaal en op 12 Julie 2015 is
     die verskuldigde bedrag van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ontvang.

3.   Op 30 Junie 2015 was daar 50 000 uitgereikte aandele. Op 1 September 2015 is ‘n verdere 90 000
     aandele uitgereik.

4.   Op 1 Augustus 2015 is ‘n interim dividend van 25 sent per aandeel deur die direksie verklaar, die
     betaling van die dividend is op 1 Oktober 2015 gemaak.

5.   Die voorlopige Inkomstebelastingbetalings aan die SAID was as volg:
           2 Januarie 2016, R44 800.
           28 Junie 2016, R56 400.

6.   Die direksie het ‘n finale dividend van 36 sent per uitgereikte aandeel op 30 Junie 2016 verklaar.
     Hiervan is 5 sent per aandeel dadelik aan die aandeelhouers uitbetaal. Die res sal op 20 Julie 2016 ten
     volle betaal word.

                                                   28

### Page 31

Algemene Grootboek van Parkie Handelaars Beperk
1.5.1                               SAID (Inkomstebelasting)                B23

                                         Aandeelhouers vir dividende                   B24

1.5.2                                       Verdelingsrekening                         N45

 1.5.3   Bereken die uitreikprys per aandeel waarteen die nuwe aandele uitgereik is.

                                                     29

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 QP GR12 JCT 2025 ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-qp-gr12-jct-2025-eng-d-watermark/13425f71-aba6-4328-b084-d9b108884315) — Accounting · QP · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-answer-book/7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd) — Accounting · Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-english-june-2025-answer-book-1/73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618) — Accounting · Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-english-june-2025-possible-answers/86671777-58f6-4c82-932c-4924bae022c0) — Accounting · Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Accounting · Addendum · 2025

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-eng/95b8428e-7384-44b8-9e88-71987874e162) — Addendum · 2025 · Eng
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-eng/b3a00324-c447-494b-9131-3046982cc2bb) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 SBA exemplars](https://www.hlayiso.com/sba-exemplars/grade-12/accounting)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
