# Marine Sciences Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Marine Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-afr/8abdf02c-4055-4ac7-bf0f-c9933e399773
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Marine Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Marine Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/marine-sciences) › [Marine Sciences Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-afr/8abdf02c-4055-4ac7-bf0f-c9933e399773)

## About this document

Marine Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               GRAAD 12

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                       MARIENE WETENSKAPPE V1

                               NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V1                      2                          DBE/November 2023
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. Beantwoord die vrae soos volg:

         AFDELING A:      VERPLIGTEND
         AFDELING B:      Bestaan uit VRAAG 2 en 3.
                          Beantwoord BEIDE vrae in hierdie afdeling.
         AFDELING C:      Bestaan uit VRAAG 4 en 5.
                          Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en 'n passer
         gebruik, waar nodig.

11.      Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot die TWEEDE desimale plek af,
         waar van toepassing.

12.      MOENIE in die kantlyne in die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

13.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V1                        3                          DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1       'n Vorm van landbou wat die grootmaak van vis kombineer met
                     plantkulture wat geen grond het nie:

                     A   Hidroponika/Waterkultuur ('Hydroponics')
                     B   Akwaponika ('Aquaponics')
                     C   Hidrokultuur ('Hydroculture')
                     D   Akwakultuur ('Aquaculture')

         1.1.2       Daar word na die gewig (in ton) wat in die volgende seisoen
                     gevang kan word sonder om die toekomstige volhoubare
                     gesondheid van daardie visvoorraad in gedrang te bring, verwys
                     as …

                     A   Maksimum Toelaatbare Vangs.
                     B   Vangs Per Eenheid Moeite ('Effort').
                     C   Totale Toelaatbare Vangs.
                     D   Maksimum Spesie Opbrengs.

         1.1.3       Watter EEN van die volgende faktore dra die meeste by tot die
                     koolstofdioksied-konsentrasie in die atmosfeer?

                     A   Stygende temperature wêreldwyd
                     B   Suurstofvlakke
                     C   Aktiwiteite wat CFK's ('CFCs') produseer
                     D   Landbou-aktiwiteite

         1.1.4       Watter EEN van die volgende is die KORREKTE Köppen-Geiger-
                     klassifikasie vir die noordwes-kus van Suid-Afrika?

                     A   BWk
                     B   BSb
                     C   CWb
                     D   BWh

         1.1.5       Destruktiewe branders kom voor wanneer … is.

                     A   daar 'n sterker geplas ('swash') as terugloop ('backwash')
                     B   geplas ('swash') gelyk aan terugloop ('backwash')
                     C   afsetting ('deposition') meer as erosie
                     D   daar 'n sterker terugloop ('backwash') as geplas ('swash')

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V1                             4                       DBE/November 2023
                                                  NSS

         1.1.6       Watter van die volgende is KORREK vir die kommersiële gebruik
                     van alge?

                                  TIPE ALGE             SAMESTELLING       GEBRUIK
                       A        Rooi alge                 Algiensuur           Geel
                                                                         voedselkleursel
                       B        Rooi alge                   Agar           Jel-agens
                                                                           vir roomys
                       C        Groen alge               Betakaroteen      Jel-agens
                                                                           vir roomys
                       D        Bruin alge                Algiensuur           Geel
                                                                         voedselkleursel

         1.1.7       Die stellings hieronder verwys na die klimaat langs die suidwes-
                     kus van Suid-Afrika.

                     (i)      Mediterreense klimaat
                     (ii)     Heersende winde is NW in die winter en SO in die somer
                     (iii)    Droë seisoen kom tydens die winter voor
                     (iv)     Sterkste winde kom in die middag in die midsomer voor
                     (v)      Reënval kom meestal in die vorm van somer-donderstorms
                              voor

                     Watter van die volgende kombinasies is KORREK vir hierdie tipe
                     klimaat?

                     A       (i), (iii) en (iv)
                     B       (ii), (iv) en (v)
                     C       (i), (iv) en (v)
                     D       (i), (ii) en (iv)

         1.1.8       Watter gas is NIE een van die kweekhuisgasse wat in die Aarde se
                     atmosfeer gevind word NIE?

                     A       Metaan
                     B       H2O
                     C       O2
                     D       CO2

         1.1.9       Watter stelling is VERKEERD en word NIE met oseaanversuring
                     geassosieer NIE?

                     A       Afname in die pH van die seewater
                     B       Toename in die absorpsie van koolstofdioksied in die oseaan
                     C       Toename in die verhouding van waterstofione
                     D       Afname in die verhouding van koolsuur

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V1                             5                      DBE/November 2023
                                                  NSS

         1.1.10      Die prent hieronder toon 'n multivlak-hokhouerstelsel ('holding
                     system') wat in akwakultuur gebruik word.

                                                                         Laag A

                                                                         Laag B

                                                                 [Bron: https://s.alicdn.com/]

                     Die stellings hieronder verwys na die houerstelsel ('holding
                     system') hierbo.

                     (i)      Kan nie maklik van een plek na 'n ander verskuif word nie
                     (ii)     Laag B bevat tweekleppige spesies of filtervoeders
                     (iii)    Bestaan uit seehokke en seekampies
                     (iv)     Laag A bevat diere wat die afvalprodukte absorbeer en
                              skoonmaak
                     (v)      Word gebruik as 'n gedeeltelike versagtingsmaatreël
                              ('mitigation measure') om eutrofikasie te voorkom

                     Watter EEN van die volgende kombinasies is KORREK vir hierdie
                     tipe houerstelsel ('holding system')?

                     A       (i), (ii) en (iv)
                     B       (i), (iii) en (v)
                     C       (ii), (iii) en (v)
                     D       (ii), (iv) en (v)                                      (10 x 2)      (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V1                       6                          DBE/November 2023
                                            NSS

1.2      Gee die korrekte wetenskaplike term/frase vir elk van die volgende
         beskrywings. Skryf slegs die term/frase langs die vraagnommers
         (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Stowwe wat die groei van mikro-organismes bevorder

         1.2.2       Akwakultuur-fasiliteite waar viseiers onder kunsmatige toestande
                     uitgebroei word

         1.2.3       Die verhouding van invallende lig wat deur 'n oppervlak
                     gereflekteer word

         1.2.4       'n Geologiese interval van warmer gemiddelde temperature
                     wêreldwyd wat duisende jaar duur

         1.2.5       Organismes wat kalsiumkarbonaat en kalsiumione in opgeloste
                     oseaanwater gebruik om skulpe en skelette te bou

         1.2.6       'n Fragment van 'n vreemde rots wat in 'n gasheerrots vasgevang
                     is en wat 'n ander samestelling as die gasheerrots het

         1.2.7       'n Model van strome of winde naby 'n horisontale grens waarin die
                     vloeirigting roteer soos wat 'n mens van die grens wegbeweeg

         1.2.8       'n Smal stuk grond wat bestaan uit vervoerde sediment wat in die
                     see in uitsteek

         1.2.9       'n Kuslandvorm op 'n weerstandbiedende hang van 'n rotskrans
                     wat in die see in uitsteek

         1.2.10      Die maling van oseaanwater en die terugwaartse strome wat
                     geskep word wanneer die water in 'n turbulente vloeitoestand is
                                                                                (10 x 1)        (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V1                        7                            DBE/November 2023
                                             NSS

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM I                                 KOLOM II
         1.3.1       Blombosgrot        A:         artefakte wat tot 77 000 jaar gelede
                                                   gedateer word
                                        B:         gegraveerde oker
         1.3.2       Weer               A:         gemiddelde atmosferiese toestande
                                                   oor 24 uur
                                        B:         gemiddelde atmosferiese toestande
                                                   oor 24 jaar
         1.3.3       Toename in die     A:         stimuleer die produksie van
                     verhouding van                kalsiumkarbonaat
                     koolstofdioksied   B:         hoër verhouding van kalsiumkarbonaat
         1.3.4       Knysna Koppe       A:         Ooskus
                                        B:         Suidkus
         1.3.5       Embrio-duine       A:         grys grondkleur
                                        B:         bruin grondkleur
                                                                                     (5 x 2)       (10)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V1                           8                               DBE/November 2023
                                                NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Die soeke na 'n skoner bron vir die oes van elektriese energie haal al 'n ruk
         lank die hoofopskrifte. Meer aandag word ook daaraan geskenk om die
         oseaan vir die opwekking van elektrisiteit te gebruik. Navorsing stel voor dat
         soutwaterelektrolise, die proses om water in suurstof en waterstof te splyt,
         'n lewensvatbare oplossing vir die algemene uitdagings van varswater-
         elektrolise is. Die waterstofgas kan gebrand word om hitte vir energie-
         produksie op te wek.
                               [Aangepas uit https://www.sustainability-times.com/low-carbon-energy/
                                       hydrogen for clean energy could be produced from seawater]

         'n Studie is gedoen om die uitwerking van soutgehalte ('salinity') op die tempo
         van waterstofproduksie in die proses van elektrolise vas te stel. Vier
         oplossings met verskillende soutgehalte ('salinity') (vars water, brakwater,
         seewater en soutwater ('brine')) is getoets.

         Vir elke oplossing:

            Is 180 mℓ van die oplossing gebruik
            Is die elektroliseproses vir drie minute uitgevoer
            Dit is vier keer vir elke oplossing herhaal
            Die vrygestelde waterstof is in 'n buis vasgevang
            Die volume gas is gemeet in milliliter geproduseer per minuut (mℓ/min)
            Die gemiddelde volume waterstof wat vasgevang is, is vir elke oplossing
             bereken

         Die resultate van die studie word in die tabel hieronder getoon.

         Tabel wat die gemiddelde volume waterstof vasgevang (mℓ/min) tydens
          elektrolise van oplossings met verskillende soutgehalte ('salinity') toon
                                SOUTGEHALTE            GEMIDDELDE VOLUME
                                     (ppt)           WATERSTOF VASGEVANG
                                                              (mℓ/min)
         Vars water                    5                          8
         Brakwater                    20                         24
         Seewater                     35                         49
         Soutwater ('Brine')          50                         83

         2.1.1       Verskaf die afhanklike veranderlike vir die ondersoek.                              (1)

         2.1.2       Gee 'n hipotese vir die ondersoek.                                                  (2)

         2.1.3       Skets 'n lyngrafiek om die gemiddelde volume waterstof vasgevang
                     tydens elektrolise van oplossings met verskillende soutgehalte
                     ('salinity') van water te toon.                                                     (7)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V1                       9                          DBE/November 2023
                                            NSS

         2.1.4       Gegrond op die resultate van hierdie studie, beskryf die verhouding
                     tussen die soutgehalte ('salinity') en die volume waterstof wat
                     vasgevang is.                                                              (2)

         2.1.5       Bespreek die molekulêre struktuur van 'n watermolekule.                    (4)

         2.1.6       Waarom sou dit voordelig wees om seewater in plaas van vars
                     water as 'n alternatiewe bron van energie te gebruik?                      (1)

         2.1.7       Na jou mening, is elektrolise van soutwater 'n volhoubare
                     alternatief vir skoon energie?

                     Gee TWEE redes om jou antwoord te ondersteun.                              (3)
                                                                                                (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V1                       10                             DBE/November 2023
                                            NSS

2.2      Verwys na die infografika oor M-Bay Diving and Ocean Literacy School
         hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

  M-Bay Diving and Ocean Literacy School is 'n instelling wat in Mosselbaai, Suid-Afrika,
  geleë is. Die skool se doel is om ervarings aan die studente te verskaf deur branderry
  ('surfing'), snorkel en duik, om op 'n veilige, goed ingeligte wyse in wisselwerking
  ('interaction') met die oseaan te wees.
   BESKRYWING VAN GEBEURE                           LIGGING-INLIGTING
             VAN DIE DAG                    LIGGING    OSEAAN-         AKTIWITEIT
  Amateurstudente word op 'n
                                                      DIEPTE (m)
  uitstappie na 'n uitgesoekte plek
  in Mosselbaai geneem. Hulle het         A                 3            Branderry
  nog nie die grondbeginsels van          B                 7             Snorkel
  veilige duik bemeester nie. Hulle       C                11              Duik
  mag dus nie dieper as 18 meter
  duik nie, vanweë die toename in
  die risiko om borrelsiekte ('the
  bends') te kry.
                    UITGESOEKTE GEBIEDE VIR BRANDERRY EN DUIK
                     BOAANSIG                                     *SY-PROFIEL

          Baai-inkeping (Kus)
                                                     Kus
                      Baai

  *verwys na die seksie ('section') wat vir die
      sy-profiel vergroot is
                       NABY-SATELLIETBEELD VAN LIGGINGS A, B EN C

                                        [Aangepas uit https://earth.google.com/web/search/mossel+bay]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V1                       11                         DBE/November 2023
                                            NSS

         2.2.1       Wat sal die oorheersende ('predominant') tipe golf wees vir die
                     branderrygebied wat gekies is?                                              (1)

         2.2.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.2.1.                                       (2)

         2.2.3       Beskryf waarom die golflengte sal afneem soos die branders in die
                     rigting van die strand beweeg.                                              (2)

         2.2.4       Beskou A en B.

                     (a) Watter tipe stroom word by A gevind en duur voort tot by B?             (1)

                     (b) Verduidelik hoe hierdie tipe stroom gevorm word.                        (4)

                     (c) Sou hierdie 'n geskikte gebied wees om studente branderry te
                         leer?

                         Motiveer jou antwoord.                                                  (2)

         2.2.5       Een van die duik-studente het 'n ballon met 'n volume van 500 mℓ
                     by die oppervlak. Die student het tot by die diepste deel van C met
                     die ballon geduik. Die temperatuur het konstant gebly.

                     Wat sal die volume van die ballon op hierdie diepte wees? Toon
                     ALLE berekeninge.                                                           (4)

         2.2.6       Hierdie studente mag nie dieper as 18 meter duik nie, vanweë die
                     toename in die risiko om borrelsiekte ('the bends') te kry.

                     (a) Verduidelik wat gebeur wanneer iemand aan borrelsiekte ('the
                         bends') ly en noem EEN simptoom.                                        (3)

                     (b) Waarom is daar by minder ervare duikers 'n toename in die
                         risiko om borrelsiekte ('the bends') te kry?                            (1)
                                                                                                 (20)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V1                            12                             DBE/November 2023
                                                 NSS

VRAAG 3

3.1      Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        DUIN-REHABILITASIE BY TABLE VIEW-STRAND
                                  GAAN IN JULIE BEGIN

         Die stad beplan om die duinestelsel langs Table View-strand te rehabiliteer.
         Mnr. E Andrews, Onderburgemeester van die Stad Kaapstad, het gesê:
         'Die strand het nie meer die glorie van vroeër jare nie: die duinereeks het
         agteruitgegaan en het die vermoë verloor om die omliggende infrastruktuur
         teen waaisand ('wind-blow sand') te beskerm. Die parkeerfasiliteite, toegang
         tot die strand en dienste soos die stormwater-infrastruktuur moet dringend
         herstel en vervang word.'

         'n Kombinasie van swaar masjinerie, stootskrapers, meganiese grawe en
         stortbakvragmotors sal gebruik word om die duine te herstel en te vorm.
         Daarna sal die sand met windnette gestabiliseer word wat loodreg met die
         dominante windrigting geplaas sal word. Die sand sal ook plantelewe, wat
         bestaan uit duinspesifieke spesies, kry en sal besproei word.

         ʹOns sal heinings oprig om die nuutgeprofileerde duine te beskerm. Ek vra
         inwoners en besoekers om asseblief die aangewese paadjies te gebruik om
         toegang tot die strand te verkry en om weg te bly van die duine af sodat ons
         die plantegroei 'n kans kan gee om te vestig. Duine vervul 'n belangrike
         funksie omdat hulle help om sand op die strandfront te hou en voorkom dat dit
         op die paaie en aanliggende infrastruktuur gewaai word,' het Andrews gesê.
                     [Aangepas uit www.thesouthafrican.com/news/city-of-cape-town-table-view-beach-
                                         rehabilitation-sand-dunes-new-walkway-bloubergstand-2025]

         3.1.1        Noem TWEE toestande wat duinvorming bevorder.                                      (2)

         3.1.2        Volgens die artikel word klem daarop geplaas om die sand te
                      stabiliseer.

                      (a) Beskryf TWEE tipes natuurlike beweging van waaisand
                          ('wind-blow sand') wat ondervind kan word.   (2 x 2)                           (4)

                      (b) Waarom word dit as noodsaaklik                     beskou     om     die
                          windverwaaide sediment te stabiliseer?                                         (2)

         3.1.3        Die artikel verskaf 'n duidelike voorbeeld van die mens se bestuur
                      van 'n kuslyn.

                      (a) Watter ingenieursbenadering word in die artikel toegepas?                      (1)

                      (b) Verskaf bewyse uit die teks om jou antwoord te ondersteun.                     (2)

         3.1.4        Is die voorstel deur die onderburgemeester goed of swak?

                      Verduidelik jou antwoord.                                                          (2)
                                                                                                         (13)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V1                      13                          DBE/November 2023
                                           NSS

3.2      Kusrotsformasies is prominent langs gedeeltes van Suid-Afrika se kuslyn. Stel
         'n diagram met aantekeninge saam om die stapsgewyse erosie van 'n krans
         ('cliff') te illustreer om 'n stomp ('stump') te vorm.                                 (10)

3.3      Gebruik die kaart hieronder om die vrae oor ENSO-gebeure, wat wêreldwye
         weerpatrone beïnvloed, te beantwoord.

                                                      [Aangepas uit bing_image/simplemaps]

         3.3.1       (a) Benoem die atmosferiese sel of lugbeweging wat gedurende
                         normale weerpatrone bo die Pasifiese/Stille Oseaan Kom
                         ('Pacific Ocean Basin') voorkom.                                       (1)

                     (b) Verduidelik die lugbeweging in die atmosferiese sel wat in
                         VRAAG 3.3.1(a) genoem is.                                              (2)

         3.3.2       Verduidelik TWEE toestande wat gedurende 'n El Niño-periode
                     aan die suidoostelike kant van oseaankom A voorkom.  (2 x 3)               (6)

         3.3.3       Die teenoorgestelde verskynsel van El Niño is La Niña, wat ook 'n
                     invloed op Suidelike Afrika het.

                     (a) Watter uitwerking sal hierdie gebeurtenis op die water by
                         ligging B hê?                                                          (1)

                     (b) Wat sal die invloed op die weer aan die kus van Suidelike
                         Afrika wees?                                                           (2)
                                                                                                (12)
                                                                                                [35]

                                                               TOTAAL AFDELING B:               75

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V1                       14                            DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING C

Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.

Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan.

LET WEL:     Jou antwoord moet in die vorm van 'n opstel wees. GEEN punte sal vir
             antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagramme of diagramme
             toegeken word NIE.

VRAAG 4

Die vraag is op die hipotetiese scenario in die teks hieronder gebaseer.

Die president van Suid-Afrika het onlangs na die voorgestelde ontwikkeling van slim
stede (van krag voorsien deur moderne tegnologie) verwys. Hierdie stede sal naby
aan groot riviere gebou word in gebiede wat konsekwente ('consistent') sterk winde by
die riviermond het. Volgens hierdie voorstel sal die stede se krag opgewek word deur
gety-energie te gebruik deur damme dwarsoor die riviermonde te bou. Na verwagting
sal die eerste stad teen 2035 voltooi wees, met internasionale, privaat investering
('investment') in die projek wat aangemoedig word.

In 'n vergadering met die minister wat oor hierdie ontwikkelinge toesig hou, is jy gevra
om raad te gee:

   Verduidelik waarom dit voorgestel is dat 'n riviermond opgedam moet word vir
    doeltreffende opwekking van getykrag-elektrisiteit.
   Gaan voort deur TWEE aparte alternatiewe vorme van die opwekking van
    elektrisiteit met die oseaan as 'n bron te bespreek.
   Bespreek hoe Suid-Afrika onmiddellik kan optree om energievoorsiening te
    bestuur.
   Evalueer krities die regering se fokus op internasionale, privaat investering
    ('investment') in 'n openbare-privaat projek.
   Bespreek in jou slot waarom slim stede hernubare energie benodig.
                                                                         Inhoud:                  (25)
                                                                         Sintese:                 (10)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V1                       15                         DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 5

Hierdie vraag is op die hipotetiese scenario in die teks hieronder gebaseer.

As 'n jongmens het jy in 'n vissersdorp aan die Weskus van Suid-Afrika grootgeword.
Sedertdien het jy die dorp verlaat om te gaan studeer en jou studies het op
akwakultuur gefokus. Jou geboortedorp het onlangs gesukkel om te oorleef as gevolg
van die lae getalle van teikenspesies in vangste. 'n Internasionale belegger se doel is
om voedselsekerheid in die dorp te verbeter deur akwakultuur vir die oes van seekos
bekend te stel ('introduce').

Jy is aangewys as die voorsitter aan die hoof van die openbaredeelname-vergadering
wat deel is van die omgewingsimpak-assessering (OIA/'EIA') vir die ontwikkeling. Jou
openingstoespraak moet aan die gemeenskap duidelikheid gee oor die potensiële
positiewe en negatiewe uitwerking van akwakultuur. In jou toespraak moet jy na die
volgende aspekte verwys:

   Beskryf akwakultuur vir die gemeenskap.
   Lig die gemeenskap in oor TWEE sosio-ekonomiese voordele van akwakultuur,
    BEHALWE voedselsekerheid.
   Spreek bekommernisse uit oor hoe akwakultuur verdere risiko's vir plaaslike
    visserye kan inhou.
   Evalueer krities of akwakultuur, in werklikheid, voedselsekerheid in die dorp sal
    verskaf.
   Motiveer in jou slot of jy (as 'n vorige inwoner van die dorp) die voorgestelde
    akwakultuur-bedryf sal aanbeveel.
                                                                              Inhoud:       (25)
                                                                             Sintese:       (10)
                                                                                            [35]

                                                               TOTAAL AFDELING C:           35
                                                                   GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Marine Sciences P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-eng/36316a24-8403-4b72-a805-bbe954512f79) — Marine Sciences · QP · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-mg-eng/5afb7988-3799-48d8-aafc-dd8ce2b1c27e) — Marine Sciences · Memo · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2023 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-mg-afr/ff3904c9-7753-42c8-a9b8-66a0fe894794) — Marine Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-afr/4a7801f7-9abd-46c9-816a-efe2647e7398) — Marine Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-eng/95a13cd8-06d9-4c7b-8515-d008f70a20a7) — Marine Sciences · QP · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2022-eng/de87f8c8-21d9-4a83-a94a-b993e3e9705c) — Marine Sciences · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Marine Sciences

- [Marine Sciences P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-marine-sciences-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/df6b7ebc-99d9-4a00-92ac-c1976a83955a) — Memo · 2025 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-marine-sciences-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/34d94adf-f883-4225-8dcc-7ddcd550b9a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2024-mg-eng/0cdd8edf-195a-4cd1-b2e3-172e0f647081) — Memo · 2024 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2024 MG Eng.doc](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2024-mg-eng-doc/af4e4a64-33d5-423e-8529-d51dbdc473d4) — Memo · 2024 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-mg-eng/c13bf2d4-5c29-46d1-9647-b6b8bf8adce3) — Memo · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-mg-afr/b6ccaccb-0a2d-45e1-8079-6e14fa74957b) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
