# Marine Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Marine Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-afr/4a7801f7-9abd-46c9-816a-efe2647e7398
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Marine Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Marine Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/marine-sciences) › [Marine Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-afr/4a7801f7-9abd-46c9-816a-efe2647e7398)

## About this document

Marine Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                        MARIENE WETENSKAPPE V2

                               NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V2                      2                          DBE/November 2023
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. Beantwoord die vrae soos volg:

         AFDELING A:      VERPLIGTEND
         AFDELING B:      Bestaan uit VRAAG 2 en 3.
                          Beantwoord BEIDE vrae in hierdie afdeling.
         AFDELING C:      Bestaan uit VRAAG 4 en 5.
                          Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en 'n passer
         gebruik, waar nodig.

11.      Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot die TWEEDE desimale plek af,
         waar van toepassing.

12.      MOENIE in die kantlyne in die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

13.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V2                        3                               DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1       Pneumatofore is gasverwisselingstrukture wat voorkom in …

                     A   witmossels.
                     B   kelp.
                     C   rooi alge.
                     D   mangroves.

         1.1.2       Die fagositiese selle wat in die watervaskulêre sisteem van
                     stekelhuide ('echinoderms') gevind word, word … genoem.

                     A   pneumatosiste ('pneumatocysts')
                     B   selomosiete ('coelomocytes')
                     C   mas-selle ('mast cells')
                     D   papels ('papulae')

         1.1.3       Die Kabeljou wat hieronder geïllustreer word, is 'n mariene spesie
                     wat gereeld in estuariese waters (riviermondings) voorkom.

                                         [Bron: https://www.cellstop.com.na/weather/kabeljou.html]

                     Die rede waarom hierdie spesie in brak estuariese waters
                     (riviermondings) kan oorleef, is omdat dit ... is.

                     A   euryhalien ('euryhaline')
                     B   isohalien ('isohaline')
                     C   stenohalien ('stenohaline')
                     D   ekwahalien ('equahaline')

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V2                        4                               DBE/November 2023
                                             NSS

         1.1.4       Die prent hieronder verteenwoordig 'n volwasse monster van 'n
                     stekelhuidklas ('echinoderm class').

                                             [Bron: https://respirationsystem.weebly.com/uploads]

                     Watter van die volgende is KORREK vir hierdie volwasse
                     organisme?

                                      KLAS                            MOTILITEIT
                     A               Crinoidea                         Kan swem
                     B              Ophiuroidea                     Benties ('Benthic')
                     C               Crinoidea                      Slegs planktonies
                     D              Ophiuroidea                        Kan swem

         1.1.5       Watter van die volgende vergelykings is VERKEERD ten opsigte
                     van sirkulasie in Chondrichthyes en Aves?

                                CHONDRICHTHYES                            AVES
                     A            Enkel sirkulasie                  Dubbel sirkulasie
                     B            Tweekamerhart                       Vierkamerhart
                     C       Bloed ryk aan hemoglobien         Bloed ryk aan mioglobien
                                  ('haemoglobin')                     ('myoglobin')
                     D         Vene vervoer bloed na           Arteries vervoer bloed weg
                                       die hart                        van die hart

         1.1.6       'n Ekologiese belangrike rol van kelp-vashouers ('kelp holdfasts'):

                     A   Bevorder biodiversiteit
                     B   Verhoog die produktiwiteit van kelp-woude
                     C   Verminder die uitwerking van golfaksie
                     D   Voedselbron vir die kelp-klipmossel ('kelp limpet')

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V2                        5                                DBE/November 2023
                                             NSS

         1.1.7       Eilandagtige stande Laminaria pallida word in die … gevind.

                     A   intermediêre sone ('intermediate zone')
                     B   gesplete waaierkelpsone ('split fan kelp zone')
                     C   aflandige sone ('offshore zone')
                     D   aanlandige sone ('inshore zone')

         1.1.8       Die prent hieronder verteenwoordig 'n tipiese tunikaat.

                                                                           W

                                                                           X

                                                                           Y

                                                                        Z

                                                             [Bron: https://web.augsburg.edu]

                     In watter struktuur sal jy die laagste suurstof en die hoogste
                     afvalkonsentrasie vind?

                     A   W
                     B   X
                     C   Y
                     D   Z

         1.1.9       Watter EEN van die kenmerke is uniek aan Agnatha?

                     A   Benerige skelet vir strukturele ondersteuning
                     B   Klieragtige vel as 'n epidermale beskermende laag
                     C   Rigiede tong met keratienringe
                     D   Voeldrade ('Barbels') om chemiese veranderinge in die water
                         waar te neem

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V2                        6                             DBE/November 2023
                                             NSS

         1.1.10      Die prent hieronder stel 'n pelsrob voor.

                                                                            A

                                                      [Bron: https://www.istockphoto.com/photos]

                     Indien 'n pelsrob sonder A gebore word, kan dit dalk NIE ... NIE.

                     A   predatore op land opspoor
                     B   in nou/knap ruimtes beweeg
                     C   deelneem aan paring
                     D   balans onder water handhaaf                                 (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V2                        7                           DBE/November 2023
                                             NSS

1.2      Gee die korrekte wetenskaplike term/frase vir elk van die volgende
         beskrywings. Skryf slegs die term/frase langs die vraagnommers
         (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Die oppervlak van 'n stekelhuid ('echinoderm') oorkant die
                     oppervlak met die mond

         1.2.2       'n Vallende of uitgaande gety

         1.2.3       Dun uitsteeksels wat vanaf die kieu-boë van visse na binne strek,
                     om te keer dat kos deur die kieu-splete verlore gaan

         1.2.4       'n Reeks klein beskermende knypers ('nippers') wat uit die vel van
                     sommige stekelhuide ('echinoderms') steek

         1.2.5       Die klein beentjies in die binneoor van 'n vis, wat met gehoor help

         1.2.6       'n Weerkaatsende laag in die oë van haaie, wat hulle sig in
                     toestande met lae lig verbeter

         1.2.7       'n Groep diere wat 'n rugkoord ('notochord') het wat nie in
                     vertebrale segmente verdeel is nie en waar die rugkoord
                     ('notochord') slegs in die larwevorm teenwoordig kan wees

         1.2.8       'n Kombinasie van verskillende tandvorme om verskillende
                     voedingsfunksies uit te voer

         1.2.9       'n Strategie by sommige ovovivipaar haaie waar die kleintjies wat
                     uitbroei, op onbevrugte eiers in die ovarium voed

         1.2.10      'n Aparte opening in die liggaam, wat uniek aan soogdiere is, vir
                     die vrystelling van urine of gamete                     (10 x 1)            (10)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                      KOLOM I                                  KOLOM II
         1.3.1    Respiratoriese bome           A:   mangroves
                                                B:   Holothuroidea
         1.3.2    Pikkewyne wat diep duik       A:   anaërobiese respirasie
                                                B:   duik-bradikardie
         1.3.3    Woon in gate                  A:   riviermondkrappe
                                                B:   witmossels
         1.3.4    Pinnule ('Pinnules')          A:   seesterre ('sea stars')
                                                B:   bros sterre ('brittle stars')
         1.3.5    Podia word vir … gebruik      A:   voortbeweging ('locomotion')
                                                B:   gewaarwording ('sensing')
                                                                                     (5 x 2)     (10)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V2                            8                                 DBE/November 2023
                                                 NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Lees die artikel hieronder en beantwoord al die vrae wat volg.

                              MIKROPLASTIEK IN DIE VAALRIVIER

         Die Vaalrivier in Suid-Afrika dra byna 50% van die land se bruto
         binnelandse produk. Die rivier verskaf water om te drink, vir landbou,
         nywerhede en munisipale dienste aan ongeveer 11 miljoen mense in
         Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en die Vrystaat.

         Mikroplastiek is klein plastiekdeeltjies wat kleiner as 5 mm in deursnee is.
         Primêre mikroplastiek word in mikroskopiese grootte vervaardig om as vesel,
         films, skuim en korrels ('pellets') gebruik te word. In natuurlike omgewings,
         soos riviere, word plastiek in kleiner stukke afgebreek deur prosesse wat deur
         termiese ('thermal'), chemiese, mikrobiese en meganiese kragte aangedryf
         word.

         Daar word beraam dat tussen 0,8 en 2,5 miljoen ton mikroplastiek per jaar in
         die wêreldwye mariene stelsel vrygestel word. Sodra hierdie mikroplastiek in
         oseane, mere, riviere en ander waterliggame beland, absorbeer dit giftige
         elemente en organiese kontaminante.

                         [Aangepas uit https://theconversation.com/fish-in-a-major-south-african-river]

         Die plaaslike munisipaliteit het 'n groep wetenskaplikes in diens geneem om
         die effek van mikroplastiek op die Karp ('Common Carp') (Cyprinus carpio)
         wat in die Vaalrivier in Suid-Afrika voorkom, te ondersoek.

         Die wetenskaplikes het die volgende metode gebruik:

            Vyf Karpe van soortgelyke massa is vanaf 2019 tot 2023 aan die begin
             van elke jaar in dieselfde gebied langs die Vaalrivier gevang.
            Die visse se spysverteringskanale is versigtig verwyder.
            'n Sif is gebruik om die primêre mikroplastiek te skei van ander inhoud wat
             in die visse se spysverteringskanale gevind is.
            'n Gekalibreerde skaal is gebruik om die hoeveelheid deeltjies primêre
             mikroplastiek te weeg en die gemiddelde gewig is vir elke jaar bepaal.

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V2                         9                           DBE/November 2023
                                              NSS

         Die resultate van die studie is in die tabel hieronder aangeteken.

             Tabel van die gemiddelde gewig van primêre mikroplastiek wat vir
                elke jaar in die spysverteringskanale van die Karp gevind is
                                             GEMIDDELDE GEWIG VAN
                     TYD (JAAR)
                                          PRIMÊRE MIKROPLASTIEK (g)
                 2019                                   15
                 2020                                   8
                 2021                                   6
                 2022                                   11
                 2023                                   12

         2.1.1       Teken 'n staafgrafiek ('bar graph') om die data hierbo te illustreer.         (8)

         2.1.2       Bespreek die tendense ('trends') van die resultate soos getoon in
                     die grafiek wat vir VRAAG 2.1.1 geteken is.                                   (2)

         2.1.3       Gee EEN rede vir die tendens ('trend') wat vanaf 2019 tot 2021
                     getoon is.                                                                    (1)

         2.1.4       Baie van die mikroplastiek wat uit die monsters gehaal is, was
                     klein, gekleur en veselagtig. Hierdie stukke is nagespoor tot by 'n
                     verpakkingsmaatskappy wat beweer dat al hulle produkte
                     bioafbreekbaar is.

                     (a) Wat word die bemarkingsbenadering van die produk genoem?                  (1)

                     (b) Verduidelik EEN versagtende strategie ('mitigating strategy')
                         wat die bedryf kan implementeer om die tipe bemarking wat in
                         VRAAG 2.1.4(a) genoem is, te voorkom.                 (1 x 2)             (2)
                                                                                                   (14)

2.2      Die suidkus van Suid-Afrika ondervind stormstuwings ('storm surges') met
         groot volumes vars water wat deur riviere afgevoer word.

         2.2.1       Beskryf die uitwerking wat die groot volumes reën op die
                     soutgehalte ('salinity') van rotspoele sal hê.                                (2)

         2.2.2       Verduidelik TWEE strukturele aanpassings wat organismes op 'n
                     rotsagtige kus langs hierdie deel van die kus nodig het om swaar
                     golfaksie wat met stormstuwings ('storm surges') geassosieer
                     word, te kan weerstaan.                                    (2 x 2)            (4)
                                                                                                   (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V2                       10                                 DBE/November 2023
                                            NSS

2.3      Die prent hieronder toon 'n mollusk wat op 'n sandstrand op soek is na kos.

                                                [Bron: https://t3.ftcdn.net/jpg/02/73/43/98]

         2.3.1       In watter sanderige kussone sal jy die mollusk tydens hoogwater
                     vind terwyl dit vreet?                                                             (1)

         2.3.2       Beskryf die watertoestande wat voorkom in die sone genoem in
                     VRAAG 2.3.1, wat vir die organisme hierbo gunstig is.                              (2)

         2.3.3       Belangrike voedingstofsiklus ('nutrient cycle') vind op 'n sanderige
                     kus plaas. Nadat die mollusk dood is, sal dit tot hierdie
                     voedingstofsiklus ('nutrient cycle') bydra.

                     Noem EN verduidelik hierdie voedselketting.                                        (3)
                                                                                                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V2                        11                                DBE/November 2023
                                             NSS

2.4      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                          WALVISKRAG

         Die vorm van die Boggelrugwalvis ('Humpback Whale') se vinpote ('flippers')
         het die skepping van 'n totaal nuwe multidissiplinêre ontwerp vir windturbine-
         lemme geïnspireer. Daar is bewys dat hierdie ontwerp meer
         energiedoeltreffend en ook stiller is. Onstabiele vloei en ingewikkelde vorme
         kan stygkrag verhoog, lugweerstand verminder en staakpunt ('n dramatiese
         en skielike verlies van stygkrag) vertraag; meer as wat bestaande ingenieurs-
         ontwerpte en -geboude stelsels kan regkry. Daar is selfs moontlikhede dat
         hierdie tegnologie in die toekoms op lugvaart-ontwerpe, soos
         helikopterlemme, toegepas kan word.

                                  [Aangepas uit https://www.eurekalert.org/news-releases/572158]

                                                     [Bron: https://blogs.colgate.edu/sustainability]

         2.4.1       (a)   Noem EEN voordeel van die struktuur van die
                           Boggelrugwalvis se vinpote ('flippers'), soos in die prent
                           hierbo geïllustreer.                                                         (1)

                     (b)   Hoe sal die voordeel in VRAAG 2.4.1(a) vir Boggelrug-
                           walvisse van nut wees tydens hulle lang migrasieperiodes?                    (1)

         2.4.2       Waarom gebruik ingenieurs die ontwerpproses waarna in die
                     uittreksel verwys word?                            (1 x 2)                         (2)

         2.4.3       Verduidelik die multidissiplinêre stappe wat tydens die ontwikkeling
                     van die ontwerpproses in VRAAG 2.4.2 geneem is.                                    (4)

         2.4.4       Noem DRIE volhoubare oorwegings wat ingenieurs in ag moet
                     neem ten opsigte van die tipe materiale wat gebruik gaan word.                     (3)

         2.4.5       Na jou mening, behoort hierdie nuwe tegnologie in toekomstige
                     vliegtuigontwerpe gebruik te word? Staaf jou antwoord.                             (2)
                                                                                                        (13)
                                                                                                        [39]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V2                              12                   DBE/November 2023
                                                   NSS

VRAAG 3

3.1      Die Ses-Kieu-Slymprik ('Six-Gill Hagfish') (Eptatretus hexatrema) is 'n
         opportunistiese aasdier wat sy liggaam in 'n knoop bind om stukke vleis met
         geweld uit groot karkasse te verwyder. Die Seebaars ('Sea Bass')
         (Dicentrarchus labrax) is 'n ernstige roofvis wat sy bek vinnig oopmaak en
         toemaak, met die gevolg dat sy prooi deur 'n vakuumagtige meganisme
         ingesluk word.

         3.1.1       Verduidelik hoe die Ses-Kieu-Slymprik in staat is om homself teen
                     ander roofdiere te beskerm wanneer hy vreet.                                (2)

         3.1.2       Hake ('Hooks') met aas en loodsinkers met gewiggies word in
                     lynvissery gebruik. Byvangste ('Bycatch') van nie-geteikende
                     spesies, soos die Ses-Kieu-Slymprik en Seebaars, is 'n groot
                     bekommernis vir hierdie visbedryf.

                     (a)   Bespreek TWEE kenmerke van EEN van die spesies hierbo
                           wat, na jou mening, die waarskynlikheid sal verhoog dat
                           daardie spesie aan hake deur die visvangbedryf gevang
                           word.                                             (2 x 2)             (4)

                     (b)   Vir die spesie wat in VRAAG 3.1.2(a) gekies is, verduidelik
                           EEN strukturele eienskap wat die kanse kan verklein om aan
                           hake gevang te word.                                                  (2)
                                                                                                 (8)

3.2      Beskou die diere in die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     ORGANISME A                             ORGANISME B

                     [Bron: https://live.staticflickr.com]       [Bron: https://i.pinimg.com]

         3.2.1       Beskryf waarom beide diere donkerder kleure ('colouration') op die
                     dorsale oppervlak het.                                                      (2)

         3.2.2       'n Mutasie vind in Organisme B plaas waartydens die struktuur,
                     gemerk X, verkort word. Verduidelik EEN manier waarop dit die
                     dier se vermoë om prooi op te spoor, sal beïnvloed.                         (3)
                                                                                                 (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V2                        13                             DBE/November 2023
                                             NSS

3.3      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              DIE BEKENDE AURORA KEER NA HAAR OSEAANHUIS TERUG

         Aurora het 'n groot avontuur beleef nadat sy in die branders in Scottburgh,
         Durban, gevind is, waar sy na die Seeskilpad-hospitaal geneem is. Parasiete
         het ongelukkig Aurora se rooibloedsel-telling laat daal, maar met deurlopende
         sorg het sy vinnig herstel.

                                           [Aangepas uit https://southcoastherald.co.za/486966/]

                                                         [Bron: https://dinoanimals.com/animals]

         3.3.1       Wat is die algemene naam vir hierdie seeskilpadspesie?                           (1)

         3.3.2       Watter uitwerking sal die daling in Aurora se rooibloedselle hê op
                     haar vermoë om vir lang tydperke onder water te bly?                             (2)

         3.3.3       Gee TWEE ANDER redes vir die afname in die seeskilpad-
                     bevolking.                                                                       (2)
                                                                                                      (5)

3.4      Witmalgasse ('Cape Gannets') (Morus capensis) is gespesialiseerde see-
         duikers.

         3.4.1       Verduidelik EEN manier waarop Witmalgasse in staat is om te
                     termoreguleer ('thermoregulate') wanneer hulle duik.  (1 x 2)                    (2)

         3.4.2       Die Witmalgas het 'n uiters hoë suurstofbehoefte terwyl hy vlieg.

                     Teken 'n benoemde diagram waarin jy die asemhalingsmeganisme
                     toon wat in die Witmalgas gevind word.                                           (6)
                                                                                                      (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V2                      14                       DBE/November 2023
                                           NSS

3.5      'n Skielike en intensiewe droogteperiode het 'n impak op 'n bevolking
         vleilandpaddas ('wetland frogs') gehad.

         3.5.1       Watter uitwerking sal die uitgerekte droogteperiode op die
                     paddabevolking hê?                                                      (1)

         3.5.2       Verduidelik TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 3.5.1. (2 x 2)         (4)
                                                                                             (5)

3.6      Evolusie het daartoe gelei dat mariene soogdiere spesifieke voortplanting-
         strategieë vir hulle verskillende omgewings aangeneem het.

         Tabuleer TWEE verskille in die voortplantingstrategieë van pinnipedia
         ('pinnipeds') en walvisagtiges ('cetaceans').                                       (5)
                                                                                             [36]

                                                             TOTAAL AFDELING B:              75

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V2                       15                           DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING C
Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.
Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan.
LET WEL:     Jou antwoord moet in die vorm van 'n opstel wees. GEEN punte sal vir
             antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagramme of diagramme
             toegeken word NIE.
VRAAG 4
Lees die gevallestudie en kyk na die kaart hieronder om die vrae wat volg, te
beantwoord.
Die kaart hieronder is 'n gebied langs die suidkus van Suid-Afrika. Daar word na die
gebied binne die soliede wit grens as De Hoop Natuurreservaat verwys. Ligging A
(soos deur die stippellyn op die kaart aangedui) is waar die Breederivier in die see in
vloei. Die inwoners van Infanta en Witsand woon naby die Breederiviermond.
Die plaaslike regering beoog om die De Hoop Natuurreservaat na ligging A uit te brei,
met beide gebiede ingesluit as deel van die mariene beskermde gebied (MBG)
('marine protected area/MPA'). Hierdie uitbreiding beteken dat die inwoners binne die
MBG sal woon.

                             De Hoop
                          Natuurreservaat

                                                       [Aangepas uit https://earth.google.com]

As 'n mariene wetenskaplike is jy gevra om raad te gee oor die MBG-uitbreidingsprojek.
In 'n opstel, ondersoek die volgende aspekte:
   Definieer en verduidelik wat MBG'e is.
   Bespreek hoe Pressey se kontrolelys as 'n deelnemende benadering ('participatory
    approach') met die inwoners en mariene gebruikers binne ligging A gebruik sal
    word, om vir die uitbreiding van die MBG te motiveer.
   Brei uit oor hoe die plaaslike regering sal vasstel of die MBG-uitbreidingsprojek
    suksesvol is of nie.
   Bespreek waarom ligging A as deel van die oorspronklike MBG ingesluit moes word.
   Brei uit oor die potensiële impak van die MBG-uitbreidingsprojek op die
    ekonomiese funksionaliteit van die inwoners naby ligging A.
                                                                              Inhoud:             (25)
                                                                             Sintese:             (10)
                                                                                                  [35]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Mariene Wetenskappe/V2                         16                             DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 5

Lees die gevallestudie en kyk na die prent hieronder om die vrae wat volg, te
beantwoord.

Die foto hieronder is van 'n strand naby 'n groot kusstad. In die verlede het hierdie
gebied ongerepte strande, 'n oorvloed biodiversiteit, groot hoeveelhede alge en groot
visspesie-diversiteit gehad. Toeriste het die warm seewater vir swem, snorkel,
ontspanningsduik en sporthengel gebruik. Toerisme-aktiwiteite in die gebied het
toegeneem, tot op 'n punt waar dit die ekologiese balans negatief begin beïnvloed het.
Weens te veel toerisme ('overtourism') het die biodiversiteit drasties afgeneem en die
omgewing het begin agteruitgaan.

The International Ecotourism Society (TIES) het aanbeveel dat die kusgebied vir 'n
vasgestelde tydperk vir die publiek gesluit moet word. Die doel van die implementering
van die bestuurstrategie is om die langtermyn-agteruitgang van die gebied te verlig
('mitigate') en agteruitgang te voorkom (om te keer dat die omgewing weer beskadig
word).

                          [Bron: https://www.easybeaching.com/growing-concern-of-beach-pollution]

Skryf 'n koerantberig waarin jy die volgende aspekte ondersoek:

   Bespreek die invloed wat te veel toerisme ('overtourism') op hierdie ekosisteem het.
   Brei uit oor hoe die plaaslike regering sal weet of die sluiting suksesvolle
    rehabilitasie van die ekosisteem tot gevolg gehad het.
   Bespreek TWEE maniere waarop hierdie gebied volhoubaar benut kan word nadat
    dit weer oopgemaak het.
   Brei in besonderhede uit oor hoe ekotoerisme bevorder kan word om die
    agteruitgang van hierdie ekosisteem te voorkom.
   Na jou mening, sal die rehabilitasie-strategie 'n volhoubare plan vir die kusgebied
    wees wat in die prent aangedui is?
                                                                                 Inhoud:            (25)
                                                                                 Sintese:           (10)
                                                                                                    [35]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:              35
                                                                        GROOTTOTAAL:                150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Marine Sciences P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-eng/95a13cd8-06d9-4c7b-8515-d008f70a20a7) — Marine Sciences · QP · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-mg-eng/c13bf2d4-5c29-46d1-9647-b6b8bf8adce3) — Marine Sciences · Memo · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-mg-afr/b6ccaccb-0a2d-45e1-8079-6e14fa74957b) — Marine Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [Marine Sciences P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-eng/36316a24-8403-4b72-a805-bbe954512f79) — Marine Sciences · QP · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-afr/8abdf02c-4055-4ac7-bf0f-c9933e399773) — Marine Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Marine Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2022-eng/4a68f103-523b-4935-91f8-1bd4e8ebf8fb) — Marine Sciences · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Marine Sciences

- [Marine Sciences P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-marine-sciences-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/df6b7ebc-99d9-4a00-92ac-c1976a83955a) — Memo · 2025 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-marine-sciences-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/34d94adf-f883-4225-8dcc-7ddcd550b9a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2024-mg-eng/0cdd8edf-195a-4cd1-b2e3-172e0f647081) — Memo · 2024 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2024 MG Eng.doc](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2024-mg-eng-doc/af4e4a64-33d5-423e-8529-d51dbdc473d4) — Memo · 2024 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-mg-eng/5afb7988-3799-48d8-aafc-dd8ce2b1c27e) — Memo · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2023 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-mg-afr/ff3904c9-7753-42c8-a9b8-66a0fe894794) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
