# Marine Sciences Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Marine Sciences Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2024-afr/2cfe9c81-b456-4f37-880d-678801833b97
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Marine Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Marine Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/marine-sciences) › [Marine Sciences Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2024-afr/2cfe9c81-b456-4f37-880d-678801833b97)

## About this document

Marine Sciences · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                        MARIENE WETENSKAPPE V2

                               NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Mariene Wetenskappe/V2                      2                          DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. Beantwoord die vrae soos volg:

          AFDELING A:      VERPLIGTEND
          AFDELING B:      VERPLIGTEND
                           Bestaan uit VRAAG 2 en 3.
                           Beantwoord BEIDE vrae in hierdie afdeling.
          AFDELING C:      Bestaan uit VRAAG 4 en 5.
                           Dit is VERPLIGTEND om SLEGS EEN van die twee vrae in
                           hierdie afdeling te beantwoord.

 2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

 4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

 6.       Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.

 7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

 8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
          NIE.

 9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en 'n passer gebruik,
          waar nodig.

 11.      Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot die TWEEDE desimale plek af,
          waar van toepassing.

 12.      MOENIE in die kantlyne in die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 13.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Mariene Wetenskappe/V2                       3                               DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.           Nov

          1.1.1      Alle strekelhuidiges ('echinoderms') is …

                     A   euryhalien.
                     B   isohalien.
                     C   termohalien.
                     D   stenohalien.

          1.1.2      Verantwoordelike reis na natuurlike gebiede wat die welstand van
                     die omgewing en die plaaslike gemeenskappe in ag neem:

                     A   Avontuurgebaseerde toerisme
                     B   Omgewingstoerisme
                     C   Ekotoerisme
                     D   Natuurgebaseerde toerisme

          1.1.3      Die prent hieronder is 'n voorbeeld van 'n Suid-Afrikaanse seevoël.

                                         [Bron: https://cdn.download.ams.birds.cornell.edu/]

                     Watter EEN van die volgende opsies gee die KORREKTE algemene
                     naam vir die organisme?

                     A   Malgas ('Gannet')
                     B   Tobie ('Oystercatcher')
                     C   Seeswaeltjie ('Tern')
                     D   Kormorant

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Mariene Wetenskappe/V2                                  4                              DBE/November 2024
                                                   NSS Vertroulik

          1.1.4      Die illustrasie hieronder verteenwoordig 'n stekelrige, bros ster
                     ('spiny brittle star') wat aan die filum Echinodermata behoort.

                                               [Bron: https://teara.govt.nz/en/1966/24841/]

                     Watter EEN van die volgende kombinasies is KORREK vir die
                     organisme hierbo?

                                                                                       MANIER VAN
                                    KLAS                VOEDINGSMETODE
                                                                                        VOEDING
                         A       Crinoidea                     Jag aktief               Karnivoor
                         B      Ophiuroidea                  Filtervreter               Omnivoor
                                                           ('Filter feeder')
                         C      Ophiuroidea            Aasvreter ('Scavenger')            Karnivoor
                         D       Crinoidea                Stel hinderlaag                 Omnivoor
                                                              ('Ambush')

          1.1.5      Die volgende frases hou verband met beginsels van ekotoerisme
                     volgens The International Ecotourism Society (TIES):

                     (i)       Finansiële voordele vir bewaring
                     (ii)      Interpreterende ervarings vir besoekers
                     (iii)     Hoë-impak-bedrywighede word toegelaat
                     (iv)      Positiewe ervarings vir beide besoekers en gashere
                     (v)       Implementeer praktyke wat onvolhoubaar is

                     Watter EEN van die vogende kombinasies het SLEGS KORREKTE
                     opsies wat met TIES-beginsels verband hou?

                     A       (i), (ii) en (iv)
                     B       (iii), (iv) en (v)
                     C       (ii), (iii) en (iv)
                     D       (i), (ii) en (v)

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Mariene Wetenskappe/V2                                  5                   DBE/November 2024
                                                   NSS Vertroulik

          1.1.6      'n Gebied waarin daar beperkings op menslike aktiwiteite is, wat
                     geleë is tussen die Mariene Beskermde Gebied (MBG) ('Marine
                     Protected Area'/'MPA') en die gebied wat aan 'n hoër impak
                     blootgestel is:

                     A       Perifere sone ('Periphery zone')
                     B       Biosfeersone
                     C       Buffersone
                     D       Geen-neem-sone ('No-take zone')

          1.1.7      Ingenieurs beplan om 'n gebou in 'n woestyn te ontwerp. Hierdie
                     gebou sal ontwerp word met 'n verkoelingstelsel ('cooling system')
                     soos ingelig deur beginsels wat deur die natuur geïnspireer is.

                     Watter van die volgende opsies sal NIE die biomimiekbeginsel
                     ('biomimicry principle'), om plaaslik ingestel en deelnemend
                     ('responsive') te wees, insluit NIE?

                     A       Konsulteer met gemeenskappe
                     B       Gebruik 'n sonenergie-aanleg ('solar energy plant')
                     C       Inkorporeer terugvoeringsirkels ('feedback loops')
                     D       Gebruik plaaslike seldsame ('rare') materiale

          1.1.8      Watter EEN van die volgende is VERKEERD vir mangroves?

                     Die waarde van mangroves in riviermondings ('estuaries') is om …

                     A       voedingstofryke slym te verskaf.
                     B       waterturbulensie te kalmeer.
                     C       sedimentasie te bevorder.
                     D       habitatte vir diere te voorsien.

          1.1.9      Die volgende terme word met kelpwoude geassosieer:

                     (i)       Infragetysone ('Infratidal zone')
                     (ii)      Voedingstofryke omgewing
                     (iii)     Intergetysone/Tussengetysone ('Intertidal zone')
                     (iv)      Wortels
                     (v)       Vashouers ('Holdfasts')

                     Watter EEN van die kombinasies hieronder gee                     SLEGS
                     KORREKTE opsies vir die eienskappe van kelpwoude?

                     A       (ii), (iii) en (v)
                     B       (i), (ii) en (v)
                     C       (ii), (iii) en (iv)
                     D       (i), (iii) en (v)

          1.1.10     Die tipe sirkulasie wat by manteldiere ('tunicates') voorkom:

                     A       Enkel
                     B       Dubbel
                     C       Geslote
                     D       Oop                                                      (10 x 2)      (20)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Mariene Wetenskappe/V2                       6                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 1.2      Gee die korrekte wetenskaplike term/frase vir elk van die volgende
          beskrywings. Skryf slegs die term/frase langs die vraagnommers
          (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1      Riviermondings, hulle verwante oewers en beddings wat aan die eb
                     en vloed van die getye ('tidal ebb and flow') van die seewater
                     onderhewig is

          1.2.2      Sywaartse verlengings van die arms van veersterre ('feather stars')

          1.2.3      Watergevulde kompartemente om die mae van bros sterre ('brittle
                     stars') wat na buite oopgaan

          1.2.4      Eiers wat 'n waterdigte dop en 'n vloeistofgevulde sak ('fluid-filled
                     sac') om die embrio het, wat die embrio in staat stel om te ontwikkel
                     en op droë land uit te broei

          1.2.5      Hoë-strand- eulittorale sone, gekenmerk deur klein weekdiertjies
                     ('winkles')

          1.2.6      Die vermoë van ekosisteme om op druk of versteurings te reageer

          1.2.7      Verhoogde biomassa na gebiede wat aan MBG's ('MPAs') grens

          1.2.8      Skelet van 'n see-egel/seepampoentjie ('sea urchin')

          1.2.9      Nie-lewende skubbe ('scales') wat aan die buitekant van 'n dier se
                     vel gevorm word en deur vervelling ('moulting') vervang sal word

          1.2.10     Wanneer walvisse met die kop na onder dryf, met hulle sterte uit die
                     water, om stadig saam met die wind te seil                 (10 x 1)         (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Mariene Wetenskappe/V2                       7                              DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
          SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II
          nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
          (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                         KOLOM I                                  KOLOM II
          1.3.1      Blastoporus                 A:      deuterostoom
                     ('Blastopore') word die     B:      protostoom
                     mond
          1.3.2      Mariene amfibieë            A:      caeciliane
                     ('Marine amphibians')       B:      salamanders
          1.3.3      Intermediêre sone           A:      seebamboes (Ecklonia maxima)
                     ('Intermediate zone')       B:      gesplete waaierkelp ('split fan
                                                         kelp') (Laminaria pallida)
          1.3.4      Ooskus                      A:      oestergordel ('oyster belt')
                                                 B:      argenvillei-sone
          1.3.5      Ingenieurswese wat deur     A:      die gebruik van goedaardige
                     kelpvashouers ('kelp                ('benign') materiale
                     holdfasts') geïnspireer     B:      die anker ('anchoring') van see-
                     word                                energie-oestoestelle ('ocean-
                                                         energy-harvesting devices')
                                                                                       (5 x 2)      (10)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Mariene Wetenskappe/V2                        8                                 DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1      Die sakpyp/rooiaas ('sea squirt') (Didemnum sp.) en die Stermantel ('Star
          Tunicate') (Botryllus schlosseri) is albei indringerspesies ('invasive species')
          wat in kolonies voorkom. Die sakpyp/rooiaas leef op dieper dieptes as die
          Stermantel.

          'n Studie is gedoen om te bepaal hoe beide spesies op klein verskille in
          watertemperatuur sal reageer.

          Die volgende is gedoen:
             Stukke van die sakpyp/rooiaas- en Stermantel-kolonies is versamel en aan
              aparte PVC-panele geheg.
             Hierdie panele is in ongefiltreerde, vloeiende seewater geplaas en vir twee
              dae by 'n konstante temperatuur gelos.
             Altesaam 85 sakpyp/rooiaas- en 39 Stermantel-kolonies is suksesvol aan
              die panele geheg.
             Hierdie PVC-panele is in vier 20 ℓ-plastiekhouers by vier verskillende
              watertemperature geplaas: 17 °C, 21 °C, 23 °C en 27 °C.
             Die houer vir 17 °C is in 'n verkoelbad ('chiller bath') gedompel. Die houers
              vir die 21 °C-, 23 °C- en 27 °C-behandelings is met verhittingsrolle ('heating
              coils') verhit. Temperature is vir elke houer konstant gehou.
             Alle houers is vir een week gelos sodat die kolonies kon groei.
             Foto's is aan die begin en die einde van die week van elke PVC-paneel
              geneem.
             Hierdie foto's is gebruik om die verandering in koloniegrootte as 'n
              verhouding van die aanvanklike grootte vir elk van hierdie spesies te
              bereken.

          Die tabel hieronder toon die data wat in hierdie studie ingesamel is.

                                                  GROEITEMPO (%)
              TEMPERATUUR (°C)           SAKPYP/ROOIAAS     STERMANTEL
                    17                        120                25
                    21                        125                20
                    23                         67                 8
                    26                         43                38

                                           [Aangepas uit https://repository.si.edu/bitstream/handle/]

          2.1.1      Verduidelik hoe koloniale sakpypspesies ('colonial ascidian
                     species') verskil van alleenlewende sakpypspesies ('solitary
                     ascidian species').                                                                (2)

          2.1.2      Stel 'n hipotese vir die studie hierbo.                                            (2)

          2.1.3      Stel EEN manier voor waarop hierdie studie meer geldig gemaak
                     kan word.                                                                          (1)

          2.1.4      Teken 'n dubbellyngrafiek om die data hierbo te toon.                              (10)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Mariene Wetenskappe/V2                            9                                DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

          2.1.5      'n Akwaris ('Aquarist') het die opdrag gekry om 'n tenk ('tank') te
                     ontwerp wat sakpype/rooiaas vertoon.

                     Verduidelik hoe die akwaris die data van hierdie studie kan gebruik
                     om seker te maak dat die bevolking sakpype/rooiaas in die tenk
                     stabiel bly.                                                 (1 x 2)                  (2)
                                                                                                           (17)

 2.2      Bestudeer die organismes in die prente hieronder en beantwoord die vrae wat
          volg.

                     ORGANISME A                                       ORGANISME B

                     [Bron: https://itaintmagic.riken.jp/]    [Bron: https://www.reptilesofecuador.com/]

          2.2.1      Verduidelik waarom die skadupatroon ('shading pattern') van
                     Organisme A meer eenvormig as Organisme B is.                                         (2)

          2.2.2      Verduidelik EEN manier waarop Organisme B voortplant, gegewe
                     dat hulle akwaties ('aquatic') is.                                                    (2)

          2.2.3      Watter organisme (A OF B) is, na jou mening, beter aangepas om
                     roofdiere ('predators') af te skrik? Motiveer jou antwoord.                           (2)
                                                                                                           (6)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Mariene Wetenskappe/V2                           10                              DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

 2.3       Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                REUSE GROEI UIT KLEIN GOEDJIES

           Die Giant Kelp Restoration Project (Reusekelp-herstelprojek) is die eerste van
           sy soort in Tasmanië, Australië. Hierdie projek help om Reusekelp(Macrocystis
           pyrifera)-woude op ekologies betekenisvolle skale te herstel. Jong Reusekelp
           word op 12 verskillende plekke aan die Ooskus van Tasmanië geplant. Hierdie
           kelp word in 'n fasiliteit ('culturing facility') gekweek en dan deur duikers aan die
           seebodem geheg.

           Die Nature Conservancy Australia se projekkoördineerder sê: 'Die projek sal
           alle Tasmaniërs en besoekers bevoordeel deur by te dra tot die herstel van een
           van die land se mees produktiewe en ikoniese mariene ekosisteme en om
           mariene biodiversiteit in die streek te ondersteun'.

                     [Aangepas uit https://www.natureaustralia.org.au/newsroom/milestone-giant-kelp/]

           2.3.1      Hoe kan Reusekelp ('Giant Kelp') gebruik word om die gevolge van
                      klimaatsverandering ('climate change') te verlig?                                  (1)

           2.3.2      Hierdie projek is 'aan die Ooskus van Tasmanië' uitgevoer.

                      Verduidelik hoekom die Ooskus van Suid-Afrika nie 'n geskikte plek
                      vir hierdie projek sal wees nie.                                                   (2)

           2.3.3      Noem TWEE maniere waarop die herstel van die Reusekelp tot die
                      bevordering van ekotoerisme aan die ooskus van Tasmanië kan
                      bydra.                                                                             (2)

           2.3.4      Bespreek TWEE maniere waarop hierdie projek tot die
                      omgewingsbeskermingspilaar ('environmental protection pillar') van
                      'n ekotoerisme-besigheidsplan kan bydra.                  (2 x 2)                  (4)

           2.3.5      Alhoewel hierdie projek tot voordeel van besoekers sal wees, moet
                      die impak van oortoerisme ('overtourism') voorkom word.

                      Gee EEN stukkie raad vir die streeksoutoriteit ('regional authority')
                      van Tasmanië om moontlike negatiewe impakte wat deur
                      oortoerisme veroorsaak word, te verlig.                     (1 x 2)                (2)

           2.3.6      Na jou mening, moet projekte soos die Giant Kelp Restoration Project
                      as 'n ekotoeriste-besienswaardigheid ('ecotourist attraction') gebruik
                      word?                                                                              (2)
                                                                                                         (13)
                                                                                                         [36]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Mariene Wetenskappe/V2                          11                                 DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 3

 3.1      Lees die artikel hieronder oor 'n seeskilpadkarapaks ('turtle's carapace') en
          beantwoord die vrae wat volg.

                                 SAGTE SKILD VERSPREI KRAG

          Die eienskappe van 'n seeskilpad se karapaks ('carapace') is merkwaardig
          omdat dit beskerming bied wanneer die seeskilpad dieper duik. Die karapaks
          bestaan uit twee lae vel oor 'n harde, bros, benerige kern. Die eerste, boonste
          laag vel bestaan uit keratien. Wanneer dit aan druk ('pressure') onderwerp
          word, wat tot duike ('dents') kan lei, dien hierdie laag as 'n beskermende buffer
          ('protective bumper').

          Die tweede laag bestaan uit sagte kollageen wat as 'n buffer dien. Dit versprei
          kragte oor 'n groter oppervlakte, wat stres op die been aansienlik verminder.
          Die gekombineerde effek van die buffer en buffermeganismes voorkom
          potensiële skade aan die velstreek en beskerm sodoende die onderliggende
          bros, benerige kern.
                            [Aangepas uit https://asknature.org/strategy/soft-shield-distributes-force/]

          Die illustrasies hieronder toon 'n lengtedeursnee ('longitudinal section') deur 'n
          seeskilpad en 'n vergroting om die verskillende lae van die karapaks aan te dui.

                                                                          duik
                                                                          boonste laag (keratien)
                                                                          tweede laag (kollageen)
                                                                          kern (been)

                                           [Seeskilpad-bron: https://earthlymission.com/wp-content/]
                                  [Lengtedeursnee-bron: https://bioengineering.hyperbook.mcgill.ca/]

          3.1.1      Gee EEN addisionele funksie van die seeskilpad se karapaks,
                     buiten beskerming.                                                                    (1)

          3.1.2      Verduidelik hoe die karapaks die seeskilpad kan help om 'n
                     verhoging in druk te hanteer terwyl dit dieper duik.                                  (2)

          3.1.3      Die seeskilpad se karapaks verskaf waardevolle inspirasie vir die
                     ontwikkeling van nuwe materiale in diepseenavorsing.

                     (a)   Verduidelik die voordeel om inspirasie uit die natuur te kry
                           wanneer moderne materiale ontwerp word.                                         (2)

                     (b)   Waarom moet 'n multidissiplinêre benadering gevolg word
                           wanneer    biomimiekbeginsels   ('biomimicry  principles')
                           geïnkorporeer word?                                                             (2)

                     (c)   Brei uit oor hoe die seeskilpad se karapaks 'n beter ontwerp
                           vir veiligheidstoerusting vir diepseenavorsing kan inspireer.                   (2)
                                                                                                           (9)
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Mariene Wetenskappe/V2                          12                              DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 3.2      'n Strand langs die Oos-Kaapse kuslyn ervaar kalm golwe en heersende
          toestande. Gedurende 'n sekere tyd van die jaar word 'n invloei ('influx') van
          fyner sediment op die tussengetysone ('intertidal zone') neergelê.

          Witmossels (Donax serra) word in die tussengetysone van sandstrande ('sandy
          beaches') langs die Oos-Kaapse kuslyn aangetref. Hulle beweeg in die sand
          saam met die styging en daling van die getye.
                                 [Aangepas uit statusofsouthafrican_marinefisheryresources2023.pdf]

          3.2.1      Noem EEN biotiese faktor wat die Witmossel sal laat grawe.                         (1)

          3.2.2      Beskryf die profiel van hierdie strand.                                            (1)

          3.2.3      Noem hoekom Witmossels 'beweeg in die sand saam met die
                     styging en daling van die getye'.                                                  (1)

          3.2.4      Verduidelik TWEE strukturele maniere waarop die Witmossel
                     aangepas is om die invloei van sedimentlading te oorleef. (2 x 2)                  (4)

          3.2.5      Bespreek die effek wat die invloei van fyner sediment op die
                     grawende gedrag ('burrowing behaviour') van Witmossels sal hê.                     (2)
                                                                                                        (9)

 3.3      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Die Rifmantarog ('Reef Manta Ray') (Mobula alfredi) word oor die algemeen in
          gebiede met watertemperature tussen 20 °C en 26 °C aangetref. Wanneer
          hulle duik, waag hulle dit na dieptes met laer watertemperature, in sommige
          gevalle selfs so laag as 7,6 °C.

               [Aangepas uit https://www.ecomagazine.com/news/research/vulnerable-manta-rays-are-
                                                                  diving-deeper-than-ever-before]

          3.3.1      Hoe is die borsvinne ('pectoral fins') van die Rifmantarog ('Reef
                     Manta Ray') vir beweging aangepas?                                                 (1)

          3.3.2      Rogge ('Rays') gebruik teenstroom-hitte-uitruiling ('counter-current
                     heat exchange') om tydens hulle diep duike te termoreguleer
                     ('thermoregulate'). Verduidelik hierdie meganisme.                                 (3)

          3.3.3      Teken 'n benoemde diagram wat die bloedsirkulasie ('blood
                     circulation') wat in Rifmantarogge voorkom, illustreer.                            (4)
                                                                                                        (8)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Mariene Wetenskappe/V2                           13                             DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

 3.4      Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     OPROEP OM AFRIKA-PIKKEWYNE TE BESKERM SOOS
                         WAT UITWISSINGSBEDREIGING VERSKYN

          Die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls (SANCCOB) en
          BirdLife Suid-Afrika doen 'n beroep op mariene owerhede om op te tree om
          Afrika-pikkewyne (Spheniscus demersus) te beskerm. Met slegs sowat 10 000
          broeipare wat oor is, staan die bedreigde Afrika-pikkewyn die gevaar om teen
          2035 uit te sterf. 'n SANCCOB-personeellid het gesê dat die geskatte bevolking
          oor die afgelope 40 jaar met 99% afgeneem het.

          SANCCOB se kliniese veearts, dr. David Roberts, sê: ' 'n Internasionale paneel
          wetenskaplikes is saamgestel om te beskryf hoe, en watter gebiede beskerm
          moet word, asook die werklike impak op die pikkewynbevolking. Ons wil graag
          sien dat die regte gebiede beskerm word'.

               [Aangepas uit https://www.sabcnews.com/sabcnews/call-to-protect-african-penguins-as-
                                                                           extinction-threat-looms/]

          3.4.1       Waarom beklemtoon wetenskaplikes die aantal 'broeipare'?                           (2)

          3.4.2       Dink jy dat die beskerming van die regte gebiede genoeg is om die
                      Afrika-pikkewynbevolking te vergroot? Motiveer jou antwoord.                       (2)

          3.4.3       Verduidelik TWEE sleutelvoordele wat 'n toename in die grootte van
                      'n Mariene Beskermde Gebied (MBG) ('Marine Protected
                      Area'/'MPA') op die Afrika-pikkewynbevolking kan hê.        (2 x 2)                (4)

          3.4.4       Hoe sal die wetenskaplikes data gebruik om geskikte terreine vir
                      hierdie MBG te kies en daaroor te besluit?               (1 x 2)                   (2)

          3.4.5       Stel voor watter IUCN MBG-kategorie oorweeg sal word om 'n
                      gebied vir die bewaring van die Afrika-pikkewyn te kies. Motiveer jou
                      antwoord.                                                                          (3)
                                                                                                         (13)
                                                                                                         [39]

                                                                       TOTAAL AFDELING B:                75

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Mariene Wetenskappe/V2                             14                              DBE/November 2024
                                              NSS Vertroulik

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.

 Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan.

 LET WEL:      Jou antwoord moet in die vorm van 'n opstel wees. GEEN punte sal vir
               antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagram of diagram toegeken word
               NIE.
 VRAAG 4
 Lees die teks oor die Vaquita en Bronsgestreepte Knorvis ('Bronze-striped Grunt')
 hieronder.

 Die Vaquita (Phocoena sinus) is a tornyn ('porpoise') wat as Odontoceti geklassifiseer
 word. Die Vaquita is endemies aan Meksiko se Golf van Kalifornië ('Gulf of California'),
 waar dit beenvisse soos die Bronsgestreepte Knorvis (Orthropristis reddingi) en inkvis
 ('squid') eet. Die Bronsgestreepte Knorvis eet in die nag.
 Vaquitas is die mees bedreigde seesoogdier ('marine mammal') in die wêreld. Die
 hoofrede vir die vermindering in getalle van die Vaquita is dat hulle verstrengel raak in
 onwettige kiefnette ('gillnets') terwyl hulle prooi, soos die Bronsgestreepte Knorvis,
 agternasit. Wetenskaplikes skat dat daar vanaf 2024 slegs ses tot agt Vaquita-individue
 in die natuur oor is.
                                       [Aangepas uit https://www.fisheries.noaa.gov/species/vaquita en
                                          https://www.biologicaldiversity.org/species/mammals/vaquita]
                  Vaquita                                      Bronsgestreepte Knorvis
              (Phocoena sinus)                                  (Orthropristis reddingi)

            [Bron: https://www.fisheries.noaa.gov/]                  [Bron: https://biogeodb.stri.si.edu/]
                                                                                                             
 Skryf 'n opstel waarin jy aan die volgende aspekte aandag gee:
    Beskryf hoe die Vaquita die Bronsgestreepte Knorvis ('Bronze-striped Grunt') kan
     waarneem en jag.
    Beskryf hoe die Bronsgestreepte Knorvis roofdiere wat dit agternasit, soos die
     Vaquita, sal waarneem.
    Bespreek waarom die Vaquita meer geneig is om te sterf EN waarom baie
     Bronsgestreepte Knorvisse geneig is om te oorleef wanneer hulle in die kiefnette
     ('gillnets') onder water vasgevang word.
    Bespreek die fisiologiese eienskappe van die Vaquita, wat dit vir hulle moontlik maak
     om vir langer tydperke te duik wanneer hulle inkvis ('squid') jag.
    Gee jou mening en motiveer of dit die moeite werd is om in hulpbronne te belê om
     'n spesie soos die Vaquita te red, wanneer die lae getalle in ag geneem word.
                                                                                   Inhoud:                   (25)
                                                                                  Sintese:                   (10)
                                                                                                             [35]
Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Mariene Wetenskappe/V2                                15                              DBE/November 2024
                                                 NSS Vertroulik

 VRAAG 5

 Lees die teks oor 'n uitbreking van hondsdolheid ('rabies') by Kaapse Pelsrobbe ('Cape
 Fur Seals').

 Kaapse Pelsrobbe (Arctocephalus pusillus pusillus) is sosiale diere wat in digbevolkte
 kolonies woon. Hierdie kolonies word tussen Suidelike Angola en Algoabaai,
 Suid-Afrika, aangetref. Die robbe eet visse soos die Vlakwater Kaapse Stokvis
 ('Shallow-water Cape Hake') (Merluccius capensis).

 Toetse wat in Junie 2024 gedoen is, het getoon dat hondsdolheid wydverspreid in die
 Kaapse Pelsrob-bevolkings voorkom. Hondsdolheid tas die robbe se sentrale
 senuweestelsel aan. Die brein swel en word daardeur oorgestimuleer. Robbe kan dan
 nie inligting van sintuigorgane ('sense organs') interpreteer nie. Gevolglik kan robbe nie
 hulle prooi vang en eet nie, wat tot hongersnood ('starvation') lei. Verskeie massa-
 sterftevoorvalle ('mass mortality events') is aangeteken, met hongersnood as een van
 die redes hiervoor.

 Natuurbewaarders is bekommerd dat die afname in die aantal robbe tot 'n toename in
 die bevolkingsgetalle van die robbe se prooispesies sal lei, wat 'n wanbalans in die
 stelsel sal veroorsaak. In 'n poging om die uitwerking van hondsdolheid onder die
 Kaapse Pelsrob-bevolkings te verminder, het natuurbewaarders voorgestel dat alle
 Kaapse Pelsrobbe teen hondsdolheid ingeënt ('vaccinated') word.
     [Aangepas uit https://www.msc.org/, https://nahf.co.za/wp-content en https://www.dailymaverick.co.za]
   KOLONIE VAN KAAPSE PELSROBBE                               VLAKWATER KAAPSE STOKVIS
 (ARCTOCEPHALUS PUSILLUS PUSILLUS)                              (MERLUCCIUS CAPENSIS)

                   [Bron: https://westcoastescape.co.za/]                  [Bron: https://fisheries.msc.org/]

 Skryf 'n opstel waarin jy aan die volgende aspekte aandag gee:

      Bespreek die voordele EN nadele om in kolonies te lewe, vir robbe.
      Bespreek hoe gesonde robbe hulle prooi sal jag, eet en verteer.
      Beskryf hoe die robbe se onvermoë om inligting van die sensoriese organe te
       interpreteer, robjaggedrag sal beïnvloed.
      Soos wat roofdierbevolkings (robbe) verklein, vergroot die prooibevolkings (visse).
       Bespreek die voortplantingsmetode van visse wat hulle voortbestaan ('survival')
       bevorder.
      Gee jou mening oor of die inenting ('vaccination') van die Kaapse Pelsrobbe as 'n
       etiese metode vir die beheer van die verspreiding van hondsdolheid ('rabies') beskou
       kan word.                                                                    Inhoud:                     (25)
                                                                                   Sintese:                     (10)
                                                                                                                [35]

                                                                             TOTAAL AFDELING C:                 35
                                                                                 GROOTTOTAAL:                   150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Marine Sciences P2 Nov 2024 MG Eng.doc](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2024-mg-eng-doc/af4e4a64-33d5-423e-8529-d51dbdc473d4) — Marine Sciences · Memo · 2024 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2024-mg-eng/0cdd8edf-195a-4cd1-b2e3-172e0f647081) — Marine Sciences · Memo · 2024 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-afr/4a7801f7-9abd-46c9-816a-efe2647e7398) — Marine Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-eng/95a13cd8-06d9-4c7b-8515-d008f70a20a7) — Marine Sciences · QP · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2022-eng/4a68f103-523b-4935-91f8-1bd4e8ebf8fb) — Marine Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2021-eng/94455514-e268-44b7-8398-552f167d48c1) — Marine Sciences · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Marine Sciences

- [Marine Sciences P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-marine-sciences-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/df6b7ebc-99d9-4a00-92ac-c1976a83955a) — Memo · 2025 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-marine-sciences-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/34d94adf-f883-4225-8dcc-7ddcd550b9a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-mg-eng/5afb7988-3799-48d8-aafc-dd8ce2b1c27e) — Memo · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P1 Nov 2023 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p1-nov-2023-mg-afr/ff3904c9-7753-42c8-a9b8-66a0fe894794) — Memo · 2023 · Afr
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-mg-eng/c13bf2d4-5c29-46d1-9647-b6b8bf8adce3) — Memo · 2023 · Eng
- [Marine Sciences P2 Nov 2023 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/marine-sciences-p2-nov-2023-mg-afr/b6ccaccb-0a2d-45e1-8079-6e14fa74957b) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
