# Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-feb-march-2018-afr/573511ce-9ace-4a9d-8925-ef5deb666e0e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-feb-march-2018-afr/573511ce-9ace-4a9d-8925-ef5deb666e0e)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

ale basic education

¥ 6 Department:
(G) Basic Education
OQ REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

NASIONALE

| SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12
EE ee See eS S55 SS 5 558 5 55 SS = 55,5 5)8 = 5)5,5 55/5555 =
tt
: WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 "
7 i
a FEBRUARIE/MAART 2018 A

\g
Sooo SoC Eee eC eee eee eee eee eee eee ee eee eee ee ee ee

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en
'n addendum met 3 bylaes (4 bladsye).

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 2 DBE/Feb.—Mrt. 2018

NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.

2.

10.

Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.
Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:

e BYLAE A vir VRAAG 3.1
e BYLAE B vir VRAAG 4.1
BYLAE C vir VRAAG 4.2

Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.

Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.

Toon ALLE bewerkings duidelik.

Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
aangedui.

Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
aangedui.

Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 3 DBE/Feb.—Mrt. 2018
NSS

VRAAG 1

11 'n Meubelwinkel bied 'n eetkamerstel te koop aan. Dit moet in 42 gelyke maandelikse

paaiemente van R1 078,26 (14% BTW ingesluit) afbetaal word. Geen deposito is vir
hierdie aanbod nodig nie.

[Bron: www.rochester.co.za]

Druk (in jaar) die totale terugbetalingstydperk vir hierdie aanbod uit. (2)
Bepaal die totale terugbetalingskoste vir hierdie eetkamerstel. (2)

Die geadverteerde prys vir hierdie eetkamerstel is R29 999,00. Die winkel
bied 15% afslag op die geadverteerde prys aan indien die aankoop
onmiddellik in EEN paaiement betaal word.

Bereken die waarde van die afslagbedrag wat aangebied word. (2)

1.2 Die foto en die skets hieronder toon 'n sirkelvormige swembad in 'n deel van
Annette se tuin.

SIRKELVORMIGE SWEMBAD | SKETS VAN DIE SWEMBAD IN DIE TUIN
MET AFMETINGS (in meter)
D c
10,9 4,73 i
[Bron: www.megaide.se] | B
A 57,5
LET WEL: Die geboé afstand vir AB is 57,5 m.

1.2.1

1.2.2

1.2.3

1.2.4

Kopiereg voorbehou

Gee, in vereenvoudigde vorm, die verhouding van afstand AD tot
afstand CB. Q)

Die omtrek van ABCD is 125,92 m.

Bereken die afstand CD. (2)

Skryf die lengte van die radius van die swembad neer. (2)

‘n Heining sal teen 'n koste van R97,56 per lopende meter langs die
geboé kant AB opgerig word.

Bereken die totale koste om die heining op te rig. (2)

Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 4 DBE/Feb.—Mrt. 2018
NSS
1.3 TABEL 1 hieronder toon die weervoorspelling vir 29 April 2017 vir drie stede met
maksimum en minimum temperatuur.
TABEL 1: WEERVOORSPELLING VIR 29 APRIL 2017 VIR DRIE STEDE
MET MAKSIMUM EN MINIMUM TEMPERATURE
TEMPERATUUR IN WEERVOORSPELLING
C (Celsius)
STAD MAKSIMUM | MINIMUM SON EN % KANS
WOLK- OP REEN
BEDEKKING
A 24 6 59
fly
32 26 0
8 -7 3
[Aangepas uit AccuWeather.com

Kopiereg voorbehou

Gebruik TABEL 1 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

1.3.1

1.3.2

1.3.3

Identifiseer die stad met die laagste temperatuur.

Bereken die temperatuuromvang vir Stad C.

'n Waarskynlikheidskaal in woorde en as desimale breuke word
hieronder gegee.

Mees Gelyke Mees
onwaarskynlik kans waarskynlik
I | | | | | |
t t t ul q y
0 0,2 04 0,5 0,6 0,8 1
Onmoontlik Onwaarskynlik Waarskynlik Beslis

Gebruik die waarskynlikheidskaal en TABEL 1 hierbo om die vrae wat
volg, te beantwoord.

(a) Identifiseer die stad wat GEEN kans op reén het nie.

(b) Skryf, in woorde, die kans op reén vir Stad A neer.

Blaai om asseblief

(2)
(2)

(2)
(2)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 5 DBE/Feb.—Mrt. 2018

NSS

1.4 361948 kandidate het in 2016 Wiskundige Geletterdheid Vraestel 1 geskryf.
Die vraestel het uit 150 punte getel en kandidate het drie ure gehad om die vraestel te
voltooi. Die grafiek hieronder toon die gemiddelde persentasiepunt per vraag vir
hierdie vraestel.

60

50

40

30

Persentasies

20

10

0

GEMIDDELDE PERSENTASIEPUNT PER VRAAG VIR
WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL 1

31 47
45 44
| }
V1 v2 v3 v4 V5

Vrae

[Bron: 2016 NSC Examination Diagnostic Report]

Gebruik die inligting en die grafiek hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

1.4.1
1.4.2

1.4.3

1.4.4

Kopiereg voorbehou

Noem die tipe grafiek wat gebruik is om die data voor te stel.
Skryf die getal kandidate wat hierdie vraestel geskryf het in woorde.

Identifiseer die vraag waarin die kandidate die tweede laagste gemiddelde
persentasiepunt gekry het.

Bepaal (in minute) die gemiddelde tyd per punt wat vir hierdie vraestel
nodig was.

Blaai om asseblief

2)
Q)

(2)

(2)
[30]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V 1 6 DBE/Feb.—Mrt. 2018
NSS
VRAAG 2
2.1 Mapotjo dra 'n gereelde maandelikse bedrag van haar salaris tot 'n aftree-annuiteit by.
Hierdie bedrag word elke maand op die 15“ met 'n aftrekorder van haar salaris
afgetrek.
Hieronder is 'n opsomming van die staat van haar aftree-annuiteit, soos op
10 Mei 2017.
Polisnommer 0097541
Uitkeerdatum 1 November 2029
Maandelikse bydrae R740,22
Betalingsfrekwensie Maandeliks
Huidige doodswaarde R189 817,05
Aftreewaarde — Laer inflasiekoers R536 523,25
Aftreewaarde — Hoér inflasiekoers R940 465,89

(Bron: www.my portfolio.co.za]

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

2.1.1 Definieer die begrip aftrekorder. (2)
2.1.2 Bereken die verskil tussen die TWEE aftreewaardes. (2)
2.1.3 Bepaal die getal maandelikse bydraes wat Mapotjo nog moet betaal

voordat die polis uitkeer. (4)
2.1.4 Bepaal die totale waarde van die bydraes vir vyf jaar indien haar

maandelikse bydrae dieselfde bly. 3)
2.1.5 Vul die ontbrekende woord(e) in om die volgende stelling WAAR te

maak,

‘n Jaarlikse verhoging van die maandelikse bydrae sal 'n ... uitkeerwaarde

tot gevolg hé. (2)
2.1.6 Toon dat indien haar maandelikse bydrae met 8,5% verhoog, die nuwe

maandelikse aftrekking van haar salaris R803,14 sal wees. (2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V 1 7 DBE/Feb.—Mrt. 2018
NSS
2.2 Zoom Car Wash het 'n opsigter, agt algemene skoonmakers en 'n masjienoperateur in

2.3

Kopiereg voorbehou

diens. Die skoonmakers werk vir sewe dae 'n week, waar Maandag tot Saterdag as
normale werkure beskou word.

TABEL 2 hieronder toon die uurlikse loontarief vir ELK van die werkergroepe vir
2016 en 2017.

TABEL 2: ZOOM CAR WASH NORMALE UURLIKSE LOONTARIEF
(IN RAND PER UUR) VIR 2016 EN 2017

WERKERGROEP 2016 2017
Toesighouer A 21,93
Algemene skoonmakers 16,40 17,76
Masjienoperateur 17,90 19,39

{Aangepas uit Mywage.co.za)
LET WEL:
e Normale werksure: 08:30 tot 17:30

e Oortyd word teen tyd en 'n derde van die normale uurlikse tarief betaal.
e Die Sondagloontarief is 150% van die normale uurlikse tarief.

Gebruik TABEL 2 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

2.2.1 Bereken die uurlikse oortydtarief vir 2017 vir 'n algemene skoonmaker.

2.2.2 Bepaal die totale loon wat 'n masjienoperateur sal verdien vir werk op
slegs DRIE Sondae.

2.2.3 Al die werkers het 'n loonverhoging aan die begin van 2017 ontvang.

(a) Toon, deur middel van berekening, dat die loonverhoging 8,3% was.
(b) Bereken die ontbrekende waarde A.

2.2.4 ‘n Algemene skoonmaker het normale werksure vir 'n volle week gewerk.
Bereken sy totale weeklikse loon.

TABEL 3 hieronder toon die rekord van voertuie wat op 'n sekere dag gewas is.

TABEL 3: REKORD VAN VOERTUIE WAT OP 'N SEKERE DAG

GEWAS IS
KATEGORIE GETAL KOSTE PER VOERTUIG
Bakkies 7 R70
Motors 35 R50
Minibus 4 R75

Bereken die totale inkomste ontvang vir die was van die voertuie op hierdie spesifieke
dag.

Blaai om asseblief

(2)

(3)

2)
(3)

3)

(4)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 8 DBE/Feb.—Mrt. 2018
NSS
2.4 Die toesighouer by Zoom Car Wash moet van Maandag tot Saterdag 30 minute vroeér

as die normale begintyd aanmeld, maar gaan dieselfde tyd as die ander werkers huis
toe. Hy ontvang 'n maandelikse salaris, werk elke Sondag en word oortyd betaal.

TABEL 4 hieronder toon 'n maandelikse salarisstrokie (sommige data is uitgelaat) vir
die toesighouer.

TABEL 4: MAANDELIKSE SALARISSTROKIE VIR DIE TOESIGHOUER

SALARISSTROKIE
Naam van werkgewer Zoom Car Wash
Adres Stateway 12
Welkom, 9460
Naam van werknemer M Neubuka
ID Nr.: 890106 5387 000 Werknemernr.: 124567
Posisie Toesighouer

Betalingstydperk: 1 November 2017 tot 30 November 2017

TARIEF TOTALE URE | BEDRAG
(ure x dae x weke) | INRAND

Normale ure gewerk 21,93 wee B
Sondagure (1,5 normale tarief) 32,90 9x1x4 1184,40
Oortydure gewerk/ we 0,5x6x4 350,88

(1+ van normale tarief)

TOTALE Bruto Salaris 6 272,16

WVF (1% van bruto salaris) ae
Netto salaris 6 209,44

[Bron: www.zoomhandcarwash.com]
LET WEL: Werkgewer en werknemer betaal elk 'n maandelikse bedrag van 1%
van die werknemer se bruto salaris aan die WVF.

Gebruik TABEL 4 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
2.4.1 Verduidelik die term werkgewer. (2)
2.4.2 Noem EEN voordeel daarvan om tot die WVF by te dra. (2)

2.4.3 Bereken:

(a) Die waarde van B (3)
(b) Die totale WVF-bedrag wat namens MNcubuka aan die
Departement van Arbeid betaal moet word. (3)
[44]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V 1 9 DBE/Feb—Mrt. 2018
NSS

VRAAG 3

3.1 'n Verpleegster van Port Allen Kliniek onderneem inligtingstoere om die gebruik van

groeikaarte aan ouers te verduidelik. Sy gebruik 'n gewig-per-ouderdomkaart, vir
seuns soos op BYLAE A, wat die aangetekende mates van 'n seun vir drie besoeke
toon.

Gebruik BYLAE A om die vrae wat volg, te beantwoord.

3.1.1 Identifiseer die ouderdomsgroep wat op hierdie kaart voorgestel word.
3.1.2 Gee die seun se gewig met sy eerste besoek.
3.1.3 Bepaal die seun se ouderdom (in maande) tydens 'n besoek toe hy 'n

bietjie minder as 9 kg geweeg het.
3.1.4 Die seun se eerste besoek was in Mei.
Bepaal die maand waarin die derde besoek plaasgevind het.

3.1.5 Die seun het gedurende die vierde besoek 11,2 kg geweeg en sy
liggaamsmassa-indeks (LMI) is as 19,5 kg/m” bereken.

Bereken die seun se ooreenstemmende lengte (in meter) afgerond tot
DRIE desimale plekke.

gewig (in kg)

Jy kan die volgende formule gebruik: LMI= i 7
(lengte in m)

3.2 Die verpleegster ry met 'n sedanvoertuig. Die brandstofgebruik van haar voertuig is
7,6 liter per 100 km teen 'n gemiddelde spoed.

[Aangepas uit m.automobilio.info]

3.2.1 Bereken (tot die naaste km) die afstand wat haar voertuig met 55 liter
petrol kan aflé.
3.2.2 Die verpleegster het op 'n sekere dag 1 uur en 45 minute bestee om tussen

twee werkstasies, wat 189 km vanmekaar is, te ry. Bereken die
gemiddelde spoed van die voertuig.

afstand
tyd

Jy kan die volgende formule gebruik: Gemiddelde spoed =

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

(2)
Q)

9)

2)

4

(3)

(3)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 10 DBE/Feb.-Mrt. 2018
NSS

3.3 Die afmetings (in sentimeter) van 'n verpleegster se reghoekige medisynetas word
hieronder gegee.

REGHOEKIGE AFMETINGS VAN DIE
MEDISYNETAS MEDISYNETAS
SONDER DIE HANDVATSEL

=17,78 cm

H = 42,32 em

L= 53,34 cm

L=lengte
B= breedte en
H = hoogte

LET WEL:

[Bron: Amazon.co.uk] | 1 liter= 1 000 cm?

3.3.1 Bereken die volume (tot die naaste liter) van EEN medisynetas sonder die
handvatsel.

Jy kan die volgende formule gebruik:
Volume = lengte x breedte x hoogte (4)

3.3.2 Die medisynetas bevat VIER identiese kleiner houers. In ELKE klein
houer is vier verskillende soorte pille in silindriese houers wat A, B, K en
U gemerk is, soos hieronder getoon.

[Bron: Forgetting The Pill.com]
Bepaal (as 'n desimale breuk) die waarskynlikheid om willekeurig 'n
tipe U-houer uit die medisynetas te kies. (3)
[25]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 11 DBE/Feb.—Mrt. 2018
NSS
VRAAG 4
41 Rammone beplan om slegs met nasionale paaie van Colesberg na Port Elizabeth
te reis.

BYLAE B toon 'n strookkaart van die roete vanaf Colesberg na Port Elizabeth.

Gebruik BYLAE B om die vrae wat volg, te beantwoord.

4.11 Noem die nasionale paaie waarop Rammone na Port Elizabeth sal reis. (2)
4.1.2 Watter nasionale park is die verste vanaf die N10? (2)
4.1.3 Rammone het 'n vriend in Paterson ontmoet wat 61 km via die R336

vanaf sy tuisdorp moes reis.

Noem die vriend se tuisdorp. (2)
4.1.4 Bereken die reisafstand tussen die TWEE nasionale parke. (3)
42 Rammone het Port Elizabeth besoek om die vordering aan die huis wat vir sy ouers

gebou word, na te gaan.

BYLAE C toon die vloerplan van die huis.

Gebruik BYLAE C om die vrae wat volg, te beantwoord.

4.2.1 Gee (in mm) die buite-lengte van die muur wat die oppervlakte van
Slaapkamer 1 groter as Slaapkamer 2 maak. (2)
4.2.2 Bepaal (in m) die totale buite-lengte van die westelike muur van die huis. (2)
4.2.3 Noem die vertrek(ke) wat meer as EEN ingang het. (2)
4.2.4 Identifiseer die vertrek wat dieselfde vloeroppervlakte as die
woonvertrek het. (2)
4.2.5 Watter badkamertoebehore is NIE op die vloerplan aangedui NIE? (2)

[19]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 12 DBE/Feb.—Mrt. 2018
NSS

VRAAG 5

5.1 Die twee mond-en-snordiagramme hieronder toon die persentasiepunte wat deur twee

graad 12-klasse behaal is. Elke klas het 26 leerders.

HI} ms
[FJ P| Kiss B

L it 1 L L 1 it 1 1 L j

0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 100

Die geordende persentasiepunte vir Klas A, in volgorde gerangskik, word hieronder

gegee:
F 58 60 62 62 63 65 65 66
66 66 66 67 69 70 71 73 73
75 75 75 H 80 83 85 90
[SASAMS databasis]
LET WEL:

e Fis die laagste persentasiepunt
e H is 'n persentasiepunt tussen 75 en 80

5.1.1 Watter EEN van die volgende terme beskryf die data hierbo die beste:

e = Kategoriaal
e Numeries
Kwalitatief Q)

5.1.2 Bepaal die persentasie datawaardes wat tussen die boonste en die onderste

kwartiel 16. (2)
5.1.3 Die omvang van Klas A is 34.

Bereken die waarde van F. (3)
5.1.4 Bereken die mediaan-persentasiepunt vir Klas A. (2)
5.1.5 Bepaal die interkwartielomvang vir Klas B. (3)
5.1.6 Gee die modale persentasiepunt vir Klas A. (2)
5.1.7 Bereken die ontbrekende waarde H indien die gemiddelde persentasiepunt

vir Klas A, 70% is. @)

5.1.8 Bepaal (as 'n vereenvoudigde gewone breuk) die waarskynlikheid om
willekeurig 'n leerder van Klas A te kies wat 'n persentasiepunt het wat
anders as enige ander leerder in die klas is. (3)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 13 DBE/Feb.—Mrt. 2018
NSS
5.2 ‘n Opname oor die verspreiding van geletterdheidsvlakke by volwassenes van 35 tot 64 jaar
oud is in al die provinsies in Suid Afrika gedoen.
TABEL 5 hieronder toon die 2016-geletterdheidsvlakke van volwassenes (35 tot 64 jaar oud)
per provinsie.
TABEL 5: 2016-GELETTERDHEIDSVLAKKE VAN VOLWASSENES
(35 TOT 64 JAAR OUD) PER PROVINSIE
GELETTERDHEIDSVLAKKE
PROVINSIE NIE-GELETTERD GELETTERD TOTAAL
Getal % Getal %
Wes-Kaap 288 918 14,1 1 762 494 85,9 2051 412
Oos-Kaap 393 954 26,0 1 120 567 74,0 1514521
Noord-Kaap 94 552 27,9 244 282 72,1 338 834
Vrystaat 192 933 24,1 609 029 75,9 801 962
KwaZulu-Natal 650 033 24,9 1 956 497 75,1 2 606 530
Noordwes 299 994 28,3 760 068 11,7 1060 062
Gauteng 575 371 12,5 4013 463 87,5 4588 834
Mpumalanga 312 273 28,5 784 347 71,5 1096 620
Limpopo 372 090 28,7 922 171 71,3 1 294 261
TOTAAL Q 12 172 918 15 353 036
[Aangepas uit Community Survey, 2016]
LET WEL: Party data is weggelaat.

Gebruik TABEL 5 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

5.2.1 Bereken die ontbrekende waarde Q. (2)
5.2.2 Bepaal die persentasie geletterde volwassenes in Suid-Afrika. (3)
5.2.3 Druk (as 'n eenheidsverhouding) die getal nie-geletterde volwassenes tot

die getal geletterde volwassenes in KwaZulu-Natal uit. (3)

5.2.4 Rangskik die getal geletterde volwassenes per provinsie in stygende orde. (2)

5.2.5 Bepaal die provinsie met die kleinste verskil tussen die getal geletterde en

die getal nie-geletterde volwassenes.

Kopiereg voorbehou

(2)
[32]

TOTAAL: 150

## Related documents

- [Mathematical Literacy P1 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-feb-march-2018-eng/6c0c56a0-f44f-4358-8023-263b848e27d3) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Eng
- [Mathematical Literacy P1 Feb March 2018 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-feb-march-2018-addendum-eng/f079b152-aa7c-41c6-b1e6-087d07337a38) — Mathematical Literacy · Addendum · 2018 · Eng
- [Mathematical Literacy P2 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-feb-march-2018-afr/4ddfe264-6a21-4d28-9cbc-77472acf5439) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Afr
- [Maths Lit P1 Gr12 QP Jun2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-jun2018-eng/bcdf260f-fbf7-4b40-8bb6-4570a7f4f90b) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Eng
- [Mathematical Literacy P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-may-june-2018-afr/16c9ef0a-5152-4312-a116-287b11aef2fa) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Afr
- [Math Literacy P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/math-literacy-p1-feb-march-2016-eng/16f33fd5-19c3-4baf-877a-3cf0293c1ace) — Mathematical Literacy · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
