# Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-may-june-2021-afr/99a4512d-5743-480c-8e4d-41c4573e3320
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-may-june-2021-afr/99a4512d-5743-480c-8e4d-41c4573e3320)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

basic education

Department:
Basic Education
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

2021

|

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye,
1 antwoordblad en 'n addendum met 3 bylaes.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 2 DBE/2021

SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.

2.

10.

Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.1 Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te
beantwoord:

e = BYLAE A vir VRAAG 2.1
e BYLAEB vir VRAAG 4.1
e BYLAEC vir VRAAG 5.3

2.2 Beantwoord VRAAG 2.2.3(a) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

2.3 Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op dic
ANTWOORDBLAD voorsien is. Lewer die ANTWOORDBLAD saam
met jou ANTWOORDEBOEK in.

Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.

Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.

Toon AL die berekeninge duidelik aan.

Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
aangedui.

Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
aangedui.

Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 3 DBE/2021
SS/NSS

VRAAG 1

1.1 Hobby-X bied werkswinkels aan waar hulle kunsvaardighede onderrig.

Die inligting hieronder toon die verskillende werkswinkels wat deur Hobby-X
aangebied word. Alle pryse getoon, sluit 15% BTW uit.
Die eerste 10 deelnemers aan elk van die werkswinkels ontvang 7,5% afslag.

TIPES, TYDSDUUR EN KOSTE VAN DIE WERKSWINKELS

Kuns vir Beginners
Tydsduur: 90 minute
Koste: R330,00

Bunny Bin
Tydsduur: 120 minute
Koste: R220,00

Kaasbord
Tydsduur: 90 minute
Koste: R110,00

Sjef se Broodblik
Tydsduur: 150 minute
Koste: R165,00 :

Kreatiewe Skrif
Tydsduur: 90 minute
Koste: R220,00

Kreatiewe Joernaalskryfwerk
Tydsduur: 90 minute
Koste: R275,00

[Bron: www.hobbyx.co.za]

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

1.1.1 Die middellyn van die kaasbord is 300 mm.
Bereken die radius van die kaasbord.

1.1.2 Skryf die koste van die 90 minute-werkswinkels in dalende volgorde neer.

1.1.3. Bepaal die bedrag BTW wat vir die Kreatiewe Joernaalskryfwerk-

werkswinkel gehef word.

1.1.4 Herlei 150 minute na uur.

1.1.5 Bereken (BTW uitgesluit) die totale koste vir 'n persoon wat al die

werkswinkels bywoon.

1.1.6 Bepaal die bedrag afslag wat vir die Kuns vir Beginners-werkswinkel

aangebied word.

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

2)
2)

(2)
(2)

2)

2)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 4 DBE/2021
SS/NSS

1.2 Naomi bak beskuit en verkoop dit in 500 g-pakke, teen R55,00 per pak, by een van
die werkswinkels.

TABEL | hieronder toon die hoofbestanddele van die beskuit.

TABEL 1: HOOFBESTANDDELE OM 4 000 g BESKUIT TE BAK

Bruismeel 1250 g
Semelmeel _ 5 koppies
Rosyntjies of dadels —_ 100 g _|
Botter 500 g

[Aangepas uit www. food24.com/Recipes-and-Menus/South-A frican-Recipes]

Beskuit is 'n harde, droé gebak of brood wat twee keer gebak word.

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
1.2.1 Herlei 1 250 gram (g) na kilogram (kg).

1.2.2 Bepaal die kosprys van 'n 500 g-pak, indien 'n wins van R30,30 per pak
gemaak is.

1.2.3 Skryf (in vereenvoudigde vorm) die verhouding van bruismeel tot botter.

1.2.4 Bereken die massa rosyntjies of dadels benodig om 'n 500 g-pak beskuit
te bak.

1.2.5 Bereken die aantal koppies semelmeel benodig as Naomi 8 000 g beskuit
bak.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

(2)

(2)
(2)

(3)

@)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 5 DBE/2021
SS/NSS
1.3 Die tabelle hieronder verteenwoordig die persentasie rente wat op jou spaargeld by

twee verskillende banke verdien kan word.

Bank A se rentekoers geld vir 'n minimum belegging van R100 000 en die koers
verander met tyd.

TABEL 2: RENTEKOERS VAN BANK A

AANTAL BEDRAGIN | RENTEKOERS
MAANDE RAND (%)
13-18 100 000 + 7,10
19-24 100 000 + 720. ‘|
| 25-36 100 000 + 735 |
37-48 100 000 + 15

Bank B se jaarlikse rentekoers wissel volgens die bedrag belé.

TABEL 3: RENTEKOERS VAN BANK B

BEDRAG IN RENTEKOERS
RAND (%)
50 000-99 999 6,7
100 000-249 999 6,8
250 000-499 999 6,85
500 000-999 999 7,49

[Bronne: www.capitec.co.za en www.standardbank.co.za]

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

1.3.1 Definieer die term rente in die gegewe konteks. (2)

1.3.2 Skryf die minimum getal maande neer waarvoor Bank A 'n rentekoers van

7,35% aanbied. (2)
1.3.3. Noem watter bank die beste rentekoers aanbied vir 'n bedrag van R145 000,
vir 2 jaar belé. (2)
1.3.4 Bereken die verskil tussen die hoogste rentekoers van Bank A en die laagste
rentekoers van Bank B. (3)
[32]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V 1 6 DBE/202]
SS/NSS

VRAAG 2

2.1 'n Tandprosedure, bv. die inplanting van 'n kroon, word deur 'n tandarts uitgevoer.

BYLAE A toon 'n kwotasie vir 'n tandprosedure vir me. Mpho Hendricks.

LET WEL: 'n Kroon is 'n tanddoppie wat die tand heeltemal bedek.

Gebruik BYLAE A om die vrae wat volg, te beantwoord.
2.1.4 Skryf die naam van die tandarts neer wat Mpho behandel.
2.1.2 Noem die jaar waarin Mpho gebore is.

2.1.3 Skryf die bedrag neer wat Mpho moet betaal wanneer die prosedure klaar
gedoen is.

2.1.4 Bercken die totale bedrag, 15% BTW uitgesluit.

2.1.5 Bereken die prys van EEN infeksiebeheermaatreél.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

(2)
Q)

2)
(3)
2)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 7 DBE/2021
SS/NSS
2.2 Mpho se suster, Anelle, het 'n groentetuin. Sy kweek groente wat as nuttig vir
tandegroei beskou word. Sy verkoop oor naweke pakke gemengde groente by 'n
plaaslike mark.

TABEL 4 toon die kosprys vir die groei, verwerking en verpakking van die groente
asook die verkoopprys van elke pak gemengde groente.

TABEL 4: KOSPRYS EN VERKOOPPRYS VAN 1 kg PAK GEMENGDE

GROENTE
ITEMS KOSPRYS VERKOOPPRYS
Pak gemengde groente (1 kg) R12,50 R25,00

TABEL 5 toon die maandelikse vaste koste.

TABEL 5: MAANDELIKSE VASTE KOSTE

ITEM PRYS
Hunr vir stalletjie R140,00
Vervoer R60,00

[Aangepas uit www.healthy-snacks]

Gebruik TABEL 4 en TABEL 5 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
2.2.1 Bereken Anelle se totale maandelikse vaste koste. (2)

2.2.2 Die formule hieronder word gebruik om Anelle se uitgawes vir een maand
te bereken.

Uitgawes (R) = 200,00 + 12,50 x aantal pakke

TABEL 6: INKOMSTE EN UITGAWES VAN 1 kg PAK
GEMENGDE GROENTE

Aantal pakke | 0 5 10 B | 35 40 50

Uitgawes (R) | 200 | 262,20 A 400 | 637,50 | 700 825

Inkomste (R) 0 125 250 | 400 875 1000 | 1250

[Aangepas uit www.evergreens.co.za]

Gebruik die formule hierbo om die ontbrekende waardes A en B te bereken. (4)

2.2.3. Beantwoord die vrae wat volg deur TABEL 6 en die grafiek te gebruik wat op
die ANTWOORDBLAD geteken is om die uitgawes van die pakke gemengde
groente te toon.

(a) Gebruik dieselfde assestelsel verskaf op die ANTWOORDBLAD om
nog 'n lyngrafiek te teken wat die inkomste uit die verkoop van die
pakke gemengde groente toon. (3)

(b) Verduidelik die betekenis van die term gelykbreek in die konteks
gegee. (2)

(c) Skryf neer hoeveel (getal) pakke gemengde groente verkoop moet
word om gelyk te breek. (2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 8

2.3

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 8

SS/NSS

soos in die prentjie hieronder getoon.
Die twee betalingsopsies waaruit sy kan kies, word ook hieronder getoon.

DBE/2021

Anelle wil 'n kommersiéle groentesnyer koop om met die kerf van die groente te help,

BETALINGSOPSIE 1:
Kontantprys van R1 799,00.

BETALINGSOPSIE 2:

Maandelikse paaiemente

Deposito: 20% van kontantprys

24 maandelikse paaiemente van R95,00

,
f i

-

[Aangepas uit www.cateringequipment.co.za]

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

2.3.1

2.3.2

Anelle dink daaraan om Betalingsopsie 2 te gebruik.
(a) Bereken die depositobedrag wat sy moet betaal.
(b)

Bepaal (afgerond tot die naaste rand) die totale bedrag wat Anelle na

24 maande vir die groentesnyer sal betaal het.

Anelle se broer, Tony, wat in die Verenigde State van Amerika woon, het
besluit om vir haar geld te stuur om die groentesnyer te koop en

Betalingsopsie 1 te gebruik.

TABEL 7 hieronder toon die wisselkoers van Suid-Afrika in verhouding tot

die geldeenhede van ander lande.

TABEL 7: WISSELKOERSTABEL OP 6 FEBRUARIE 2020

1 ZAR =0,067251 VSA dollar ($)

VSA dollar ($) = ZAR14,86966737

1 ZAR = 0,061147 euro (€)

Euro (€) = ZAR16,35403209

1 ZAR = 0,051856 pond (£)

Pond (£) = ZAR19,28417155

1 ZAR = 7,386276 jen @)

Jen ) = ZARO,1352362217

[Aangepas uit www.x-rates.com/table]

Gebruik die inligting in TABEL 7 hierbo om die vrae wat volg, te

beantwoord.

(a) Verduidelik wat die term wisselkoers beteken.

(b) Identifiseer die geldeenheid wat swakker as die rand is.
(c) Tony het VSA$130,00 vir Anelle gestuur.

Bepaal, tot die naaste rand afgerond, die bedrag wat Anelle van Tony

ontvang het.

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

(2)

(4)

(2)
(2)

(3)
[37]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 9 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 3
3.1 Simphiwe maak kerse soos in die prentjies hieronder getoon. Hy gebruik 'n silindriese

gietvorm om die kerse te maak. Hy sny ook perdekoppe uit sommige van die
silindriese kerse.

Kersgietvorm Silindriese kers Perdekopkers

Sierlint om
die kers

[Aangepas uit www.pinterest.co.za]

Gebruik die prentjies hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

3.1.1 Simphiwe sal 12 silindriese kerse, volgens 'n 4-by-3-rangskikking, in 'n houer
pak.

Bepaal die minimum lengte en breedte van die houer wat hy nodig het indien
die kerse styf gepak word en in die houer aan mekaar raak. (4)

3.1.2 Simphiwe bind 'n sierlint om die kerse. Die lint vou 3 cm oormekaar. Bepaal
die getal kerse wat hy met 'n lint wat 20 meter lank is, sal kan versier.

Jy kan die volgende formule gebruik:

Lint benodig vir een kers (cm) = 2 x 3,142 x radius + 3 (5)

3.1.3 Nadat hy 'n perdekop uit 'n silindriese kers gesny het, het hy die oorblywende
was bymekaar gemaak, dit gesmelt en dit in die gietvorm gegooi. Die

oorblywende, gesmelte was het ; van die gietvorm gevul. Bereken die
volume was wat vir een perdekopkers benodig word.

Jy kan die volgende formule gebruik:
Volume van 'n silinder = 3,142 x (radius x hoogte (4)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 10 DBE/2021
SS/NSS
3.2 Die boomdiagram hieronder toon die verskillende opsies beskikbaar vir die kerse wat
verkoop sal word.
BOOMDIAGRAM VIR DIE VERSKILLENDE KERSOPSIES
TIPE KLEUR VERSIERING UITKOMS
oe Lint (L) [> SWL
ow) | —+ [Geen lint |» swe
a ©)
Silindriese
kers (8)
Goud |——*]} Lint(l) [7 scL
Geen lint F-—* SGG
(G)
Po Lint r—> PWL
(ly
Wit
ww) |? Geenline [—> Pwo
Kers met a (@)
uitgesnyde
perdkop
P
(P) Swat | be Xx i» PSL
(S)
mS Geenlint [> Y
(@)

Gebruik die boomdiagram hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

3.2.1 Skryf die beskrywing neer vir:
(a) X

(b) Y

3.2.2 Skryf die waarskynlikheid neer van die koop van:

(a) Enige kers met 'n lint, as 'n persentasie

(b) 'n Goue perdekopkers, sonder 'n lint

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

(2)
(2)

(3)

(2)
[22]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 i DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 4
4.1 Alida is 'n graad 12-leerder wat in Grootdrink in die Noord-Kaap woon. Sy is van

voorneme om by 'n universiteit in Bloemfontein te studeer. Sy en haar ouers beplan
om die universiteit se ope dag vir voornemende studente by te woon.

‘n Kaart op BYLAE B toon 'n gedeelte van die Noord-Kaap, Vrystaat en omliggende
gebiede.

Gebruik BYLAE B om die vrae wat volg, te beantwoord.
4.1.1 Skryf die algemene rigting vanaf Bloemfontein na Grootdrink neer. (2)
4.1.2 | Noem die nasionale pad wat hulle gaan gebruik om na Bloemfontein te reis. (2)

4.1.3 Skryf die naam van die derde dorp neer waarby hulle op pad na
Bloemfontein sal verbyry. (2)

4.1.4 Alida en haar ouers sal om 04:00 uit Grootdrink vertrek om die afstand van
496,9 km na Bloemfontein te reis.

Bepaal (tot die naaste km/h) die gemiddelde spoed waarteen hulle moet ry
om teen 09:30 in Bloemfontein te wees.

Jy kan die volgende formule gebruik:

afstand
tyd (4)

Gemiddelde spoed =

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 12 DBE/2021
SS/NSS
4.2 Die uitlegplan van die grondvloer van 'n universiteit word hieronder gegee.
DIE UITLEGPLAN VAN DIE GRONDVLOER VAN 'N UNIVERSITEIT
oO Le LESING aij ti
z HT TEATER 1 N
n
g © AANLEG =
i; — cS
= 5
i {Hn} a A
E> A WA Z2 j
e sd
a Zz x
2 ie) 2 >
o S S re a
5 & 1 48| MINDSPHERE , 5
ate az a5 | SITKAMER {Ml : a
He. | |g ue ES ¢
1S)
efit 3
GRONDVLOER
SLEUTEL *
& MANSTOILETTE BLOEDSTRAAT-INGANG
@ DAMESTOILETTE
— TOILET VIR MENSE MET GESTREMDHEDE
fb. BABADOEK-OMRUIL-FASILITEIT
# yspak
SKAAL = 1 : 380
[Aangepas uit www.pinterest.com]
Gebruik die uitlegplan hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
4.2.1 Verduidelik die betekenis van die gegewe skaal. (2)
4.2.2 | Noem 'n kenmerk op die uitlegplan wat aandui dat dit 'n meervlakkige
gebou is. (2)
4.2.3 Bepaal die getal toilette op hierdie uitlegplan wat nie vir mense met
gestremdhede geskik is nie. (2)
4.2.4 Identifiseer die ingang wat die naaste aan die kafee is, (2)
4.2.5 Meet (in mm) die oosaansig-muur van die Mindsphere-sitkamer. (3)
[21]

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 13 DBE/2021
SS/NSS

VRAAG 5

5.1 In Suid-Afrika word lcerders se punte met gebruik van vlakbeskrywers vanaf vlak 1 (L1),

die laagste punt, tot vlak 7 (L7), wat die hoogste punt is, gegradeer. Die inligting hieronder
toon die November 2019 Wiskundige Geletterdheid-uitslae vir leerders in 'n bepaalde
distrik in Suid-Afrika.

vlakbeskrywers

fi fi

Uitslae van graad 10- en 11-leerders volgens |
2500 5 |

| 2000

1500 -

Aantal leerders

1000

500

Ll L2 L3 L4 L5 L6 L7
Viakbeskrywers _ ee
[Aangepas uit www.eduinfosearch.com]

Gebruik die grafiek hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

5.1.1 Definieer die term omvang. (2)
5.1.2 Identifiseer die tipe grafiek getoon. (2)
5.1.3 Noem of die leerdergetalle kontinue of diskrete data verteenwoordig. (2)
5.1.4 Bepaal die totale getal graad 10-leerders wat die eksamen afgelé het. (3)
5.1.5 Skryf die vlakbeskrywers neer wat toon dat die prestasie van die

graad 11-leerders onder die prestasie van die graad 10-leerders is. (3)
5.1.6 Bepaal die mediaanvlakbeskrywer vir die graad 11-leerders. (3)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 14 DBE/2021
SS/NSS
5.2 Die onvoltooide frekwensietabel hieronder toon die Wiskundige Geletterdheid-punte
van 'n groep van 67 leerders.
FREKWENSIETABEL VAN DIE WISKUNDIGE GELETTERDHEID-
LEERDERS
eee | TELMERKIES | FREKWENSIE STRESS
90-100 0 0
30-89 | Ill 3 3 0C~«*«Y
70-79 |... i i
60-69 tHt Ht Il 12 21
50-59 | 4Ht II 7 | 28
40-49 | Hit Ht HH 15 43
30-39 tH tH Ht II 17 60
20-29 UH 4 64
10-19 Il 2 66
0-9 I 1 67

Gebruik die frekwensietabel hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
5.2.1 Voltooi die telmerkies vir die 70-79%-interval. (2)
5.2.2 Skryf die frekwensie vir die 70-79%-interval neer. (2)

5.2.3 Toon, deur middel van berekeninge, hoe die kumulatiewe frekwensie vir
die 30-39%-interval bepaal is. (2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 15 DBE/2021

SS/NSS

53 Die grafiek op BYLAE C dui die getal kandidate aan wat vir die periode 2014 tot
2019 die NSS-eksamen in Wiskunde, Tegniese Wiskunde en Wiskundige
Geletterdheid afgelé het.

Gebruik die grafiek op BYLAE C om die vrae wat volg, te beantwoord.

5.3.1

5.3.2

5.3.3

5.3.4

5.3.5

5.3.6

Kopiereg voorbehou

Noem die tipe grafiek wat in BYLAE C gegee word.

Skryf neer, in woorde, die getal leerders wat in 2018 die Wiskundige
Geletterdheid-eksamen afgelé het.

Bepaal hoeveel meer leerders in 2019 Wiskundige Geletterdheid afgelé het
as wat Wiskunde en Tegniese Wiskunde gesamentlik, afgelé het.

Bereken die gemiddelde getal leerders wat oor die periode aangedui
Wiskunde gedoen het.

Bepaal die omvang van die Wiskundige Geletterdheid-leerders oor die
periode aangedui.

Die totale getal kandidate wat in 2019 die eksamen in die drie vakke
gedoen het, was 530 311.

Bereken (afgerond tot EEN desimale plek) die verskil in die persentasie
leerders wat Wiskunde in plaas van Wiskundige Geletterdheid in
Suid-Afrika doen.

TOTAAL:

(2)

(2)

(3)

(5)
[38]

150

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1I DBE/2021
SS/NSS

ANTWOORDBLAD
VRAAG 2.2.3(a)

SENTRUMNOMMER: |
EKSAMENNOMMER: |
|

INKOMSTE EN UITGAWES VAN 1 kg-PAK GEMENGDE
GROENTE

1300 | : = = 4
1200
1100
1000 |
900 t |
Uitgawes
800

700

600

Bedrag in rand

500

400

300

200

100

0 — = =
0 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50

Aantal 1 kg-pakke gemengde groente

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mathematical Literacy P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-may-june-2021-eng/f4502aa7-6e86-4659-8282-8e162043d7c2) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Eng
- [Mathematical Literacy P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-may-june-2021-eng/b5f65e34-b114-440b-ab06-4bebeb9bffec) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Eng
- [Mathematical Literacy P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-may-june-2018-afr/16c9ef0a-5152-4312-a116-287b11aef2fa) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Afr
- [Mathematical Literacy P1 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-may-june-2017-eng/6dee45f7-b7ff-4fb0-a25e-10904d465f34) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Eng
- [Mathematical Literacy P1 May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-may-june-2016-afr/ee3669e1-ed02-42e4-a822-afd11f990fc3) — Mathematical Literacy · QP · 2016 · Afr
- [Mathematical Literacy P2 May June 2021 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-may-june-2021-addendum-eng/11bca3d3-7fff-4a8a-b53c-4715b4433010) — Mathematical Literacy · Addendum · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
