# Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-mayjun-2023-afr/f8fd3984-c197-49e8-967b-b77479442bb7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-mayjun-2023-afr/f8fd3984-c197-49e8-967b-b77479442bb7)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

basic education

Department:
Basic Education
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

2023

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n addendum met 3 bylaes.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 2 DBE/2023

SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.

2.

10.

Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.
Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:

¢ BYLAE A vir VRAAG 2.1
e BYLAEB vir VRAAG 3.1
« BYLAEC vir VRAAG 3.2

Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.

Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.

Toon ALLE bewerkings duidelik.

Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
vermeld.

Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders vermeld.

Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 3 DBE/2023
SS/NSS

VRAAG 1

1 ‘n Generator (Kragopwekker) is 'n handige toestel wat gebruik kan word as 'n

alternatiewe bron van elektrisiteit gedurende 'n kragonderbreking.
Hieronder getoon is 'n prentjie van 'n generator met verskillende betalingsopsies.

BETALINGSOPSIES VAN 'N GENERATOR

Kontantprys

R10 999

—*
neatettme
Sa

Syrrsse
oo

(15% BTW ingesluit)

Huurkoop
Deposito: 10%

Paaiement:
R534,14 p.m. x 24 maande

Rentekoers: 14,75%

Aanlyn krediet
(deur Mobicred)

Paaiement:
R1 006 p.m. « 12 maande

Rentekoers: 9,76%

[Aangepas uit www.muncha.com]

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

Definieer huurkoop in die gegewe konteks.

Gee TWEE betalingsopsies vir hierdie generator.

Skryf die rentekoers neer indien die generator op huurkoop gekoop is.
Bereken die totale koste van die generator deur Mobicred te gebruik.

Afslag van 12,5% word op die kontantprys gegee.

Bereken die bedrag afslag wat gegee word indien die generator kontant
gekoop word.

gekoop word.

Kopiereg voorbehou

Noem die tipe rentekoers gehef indien die generator op huurkoop

Blaai om asseblief

(2)
(2)
(2)
(2)

Q)

(2)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V]

1.2

4
SS/NSS

DBE/2023

John se dogter het in 2022 by die skool se hokkiespan aangesluit.

TABEL 1 hieronder toon die skoolsportuniform wat sy sal nodig hé, sowel as die

persentasie (%) verandering in die prys in vergelyking met die vorige jaar.

TABEL 1: PRYSE VAN SKOOLSPORTUNIFORM MET PERSENTASIE

(%) VERANDERING IN PRYS
ITEM 2021-PRYS 2022-PRYS % VERANDERING
IN PRYS
Sporthemp R267,92 R265,00 -Li
Sportkortbroek R214,17 R177,00 —17,4
Sportrompie R248,70 R232,00 - 6,7
Sweetpakbaadjie R267,78 R382,00 42,7
Sweetpakbroek R87,75 R195,00 122,2
Sportsokkies R48,58 R53,50 10,1
Pet/Keps R89,95 R171,00 90,1

[Aangepas uit www.news24.com/fin24/money/education]

Gebruik TABEL 1 om die vrae wat volg, te beantwoord.

1.2.1 Rangskik (in stygende volgorde) die % verandering in die prys.

1.2.2 Identifiseer die derde duurste item in 2022.

1.2.3 Bereken die verskil in prys van 'n pet wat in 2022 gekoop is in vergelyking
met 2021.

1.2.4 Bepaal die totale koste van die skoolsportuniform in 2021.

1.2.5 Noem EEN ander item wat NIE in die tabel gelys is NIE wat John se dogter

dalk sal nodig hé om vir die skool se hokkiespan te speel.

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

2)
(2)

(2)
(2)

2)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V 1 3 DBE/2023
SS/NSS
1.3 Die lyngrafick hieronder toon die amptelike en uitgebreide werkloosheidskoerse vir

2021 vir al die provinsies in Suid-Afrika.
LET WEL:

Die uitgebreide werkloosheidskoers sluit die statistiek van werklose persone in wat
nie werk soek nie of probeer om selfwerksaam te word.

Die totale arbeidsmag sluit almal in wat vir werk geskik is, die werklose mense
ingesluit.

AMPTELIKE EN UITGEBREIDE WERKLOOSHEIDSKOERSE VIR 2021
VIR AL DIE PROVINSIES IN SUID-AFRIKA

60

50

40

PERSENTASIE

30

20 + ———____—— 4

10 }— —

0

OK | vs | Ge | MP | NW [KZN] LP | WK | NK

|

—______} {
[—*- Amptelike | 43,8 | 35,6 | 34,4 | 33,5 | 32,2 | 30,5 | 29,4 | 23,7 | 23,4,
_—*—Uitgebreide| 49,6 | 43,4 | 41,6 | 47,6 | 47,2 | 46,4 | 49,5 | 27,9 | 42,2 |

Gebruik die grafiek hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
1.3.1 Skryf neer die provinsie met die:
(a) Hoogste uitgebreide werkloosheidskoers (2)

(b) Kleinste verskil tussen die amptelike werkloosheidskoers en die
uitgebreide werkloosheidskoers (2)

1.3.2 Bepaal watter provinsie die modale amptelike werkloosheidskoers
verteenwoordig. (2)

1.3.3 Die totale arbeidsmag vir die Vrystaat (VS) in 2021 was 918 000.

Bereken die getal amptelike werklose persone in die Vrystaat. (3)
[31]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 6 DBE/2023
SS/NSS

VRAAG 2

2.1 Roadside Tours and Travel Agency het 'n bespreking by ‘'n gastehuis vir

36 werkskollegas gemaak om 'n konferensie in Upington by te woon.
Die gastehuis bied kamers met 2 beddens en 4 beddens vir akkommodasie aan.

BYLAE A toon 'n faktuur wat Roadside Tours and Travel Agency vanaf die gastehuis
ontvang het.

Die totale bedrag vir akkommodasie en etes is vooraf betaal.

Gebruik BYLAE A en die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

2.1.1

2.1.2

Kopiereg voorbehou

Skryf die adres van die gastehuis neer.

Die akkommodasiekoste sluit 15% BTW in.

Bepaal (BTW uitgesluit) die prys vir 'n persoon per nag in 'n 2 bed-kamer.
Bereken die onbrekende waarde C, die totaal vir die 4 bed-kamer.

Bepaal (in vereenvoudigde vorm) die verhouding van die aantal gaste wat
in die 2 bed-kamers bespreek is met die aantal gaste wat in die 4 bed-

kamers bespreek is.

Twee werkskollegas wat die 2 bed-kamers bespreek het, het soos volg
gekanselleer:

Een het om 11:00 gekanselleer, terwyl die ander een om 15:00 op die
aankomsdatum gekanselleer het.

Die koste van hulle etes sal ten volle terugbetaal word, terwyl die
akkommodasiekoste terugbetaal sal word volgens die voorwaardes van die
kansellasiebeleid wat in BYLAE A genoem word.

Die toeroperateur het beweer dat die terugbetaling minder as R2 500 sal
wees.

Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of hierdie bewering KORREK
is.

Blaai om asseblief

(2)

(3)
(2)

(6)

)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 7 DBE/2023
SS/NSS

2.2 Niel besit 'n duikklopbesigheid. Hy spesialiseer in die aankoop van ongeluk-
beskadigde motors wat hy vir herverkoop (herstelwerk, oorverf, skoonmaak) opknap.

Hieronder getoon is die verskillende koste aangegaan vir die opknapping van 'n
ongelukbeskadigde 2019-model Renault K wid, wat vir R50 000 gekoop is.

KOSTE VAN DIE OPKNAPPING PRENTJIE VAN DIE
VAN DIE MOTOR BESKADIGDE MOTOR
Koste van duikkloppery en oorverf: R22 000,00
Koste van die herstel van geringe

enjinfoute: R3 682,50
Skoonmaak (deeglike skoonmaak
van die motor): R450,00

[Bron: www.autosalvagecentre.co.za]

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

2.2.1 Bereken die totale koste van die aankoop en opknapping van die ongeluk-
beskadigde motor. (2)

2.2.2 Niel verkoop gewoonlik die opgeknapte motor teen 65% van die kosprys
van 'n splinternuwe soortgelyke model motor.

Die kosprys van 'n splinternuwe soortgelyke model motor is R145 900.

Niel het beweer dat hy 'n wins van meer as R20 000 sal maak wanneer hy
die opgeknapte motor verkoop.

Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of sy bewering GELDIG is. (5)

2.2.3 Niel belé R15 000 van sy totale wins in 'n bank wat hom die volgende
rentekoerse aanbied:

6,25% rente jaarliks saamgestel vir die eerste jaar en 'n rentekoers van
6,95% jaarliks saamgestel vir die tweede jaar.

Bereken die totale rente wat Niel se belegging aan die einde van die tweede

jaar sal verdien. (6)
{33}

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V 1 8 DBE/2023
SS/NSS

VRAAG 3

3.1 TABEL 2 in BYLAE B toon die getal mense wat in Augustus 2020 en 2019 by

Motor Holdings (MH) in diens was.

In Augustus 2020 het die maatskappy 41 motorhandelaars en 'n hoofkantoor gehad.

Gebruik TABEL 2 in BYLAE B om die vrae wat volg, te beantwoord.

3.1.1 Skryf die totale getal semi-geskoolde werkers neer wat in Augustus 2020
by MH in diens was.

3.1.2 Bepaal die verskil in die totale getal werkers vanaf Augustus 2019 tot
Augustus 2020.

3.1.3 Bepaal die getal personeel met gestremdhede wat in 2020 in diens was as 'n
persentasie van al die werknemers in 2020.

3.1.4 Bereken die gemiddelde getal werknemers per motorhandelaar indien 1,5%
van die totale getal werknemers in Augustus 2020 by die hoofkantoor
gewerk het.

3.1.5 Bepaal (as 'n persentasie afgerond tot DRIE desimale plekke) die
waarskynlikheid om 'n bruin vrou uit die lys werknemers in Augustus 2020
te kies.

3.2 BYLAE C toon in persentasies mond-en-snordiagramme van die werkloosheidskoers

vir al die provinsies in Suid-Afrika vanaf 2019 tot 2021.

Gebruik BYLAE C om die vrae wat volg, te beantwoord.

3.2.1

Kopiereg voorbehou

Bepaal die volgende:

(a) Onderste kwartiel vir 2020
(b) 75% persentiel vir 2019
(c)  Mediaan vir 2021

Gee TWEE redes waarom daar gesé kan word dat die werkloosheidskoers
in 2021 die hoogste was.

Blaai om asseblief

(2)

(2)

(3)

6)

(3)

(2)
(2)
(2)

(4)
25]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V 1 9 DBE/2023
SS/NSS

VRAAG 4

41 Katlego is deur die Presidensiéle Jeug-indiensnemingsinisiatief (PJT) (‘Presidential

Youth Employment Initiative/PYEI') in diens by 'n skool. Hy verdien 'n salaris van

R4 000 per maand.

Hy het tans 'n NEDBANK-Pay-as-you-use-rekening (betaal soos jy gebruik), maar
dink daaraan om na 'n CAPITEC-Global One-rekening te verander.

TABEL 3 hieronder toon die transaksiefooie vir die twee banke.

TABEL 3: TRANSAKSIEFOOIE VAN TWEE BANKE

TRANSAKSIETIPE

BANKGELDE

NEDBANK
(Pay-as-you-use)

CAPITEC
(Global One)

Deposito's (OTM)

R1,30 per R100

R1,30 per R100

Deposito's (Tak)

R80 + R2,30 per R100

R4,00 per R100

Kontantonttrekkings

R9,00 per R1 000

R8 per R1 000

(eie OTM) (of 'n gedeelte daarvan) (of 'n gedeelte daarvan)
Kontantonttrekkings R11 + R2,30 per R100 R10 per R1 000
(ander OTM) (of 'n gedeelte daarvan) (of 'n gedeelte daarvan)
Kontantonttrekkings (tak) R80 + R2,30 per R100 N.v.T.
Debietorder (intern) Gratis Gratis
Debietorder (ekstern) R5,00 R1,50

Stuur kontant (R1-R1 000) R10,00 R8,00

Stuur kontant (R1_001-R5 000) R15,00 R16,00
Lugtyd/Data/Elektrisiteit R1,50 RO,50

{eie OTM)

Lugtyd/Data/Elektrisiteit R10,00 R8,00

(ander OTM)

[Aangepas uit nedbank.co.za en capitec.co.za]

Gebruik TABEL 3 en die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

41 Gee EEN rede waarom banke meer vir takdeposito's as OTM-deposito's vra.

41.2 Bepaal die verskil in koste van 'n eksterne debietorder deur 'n Nedbank-Pay-
as-you-use-rekening en 'n Capitec Global One-rekening te gebruik.

4.1.3 Katlego het die volgende maandelikse transaksies op sy bankstaat gehad:

Twee eksteme debietorders
Een kontantonttrekking van R1 500 by eie bank se OTM
Een kontantonttrekking van R450 by 'n ander bank se OTM
Een Stuur kontant-transaksie van R1 500 na sy moeder

Die CAPITEC-bankgelde vir die gelyste transaksies is R45,00.

Katlego beweer dat hy R20,50 op bankgelde sou gespaar het indien hy by
CAPITEC in plaas van NEDBANK gebank het.

Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of Katlego se bewering GELDIG

1s.

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V1 10 DBE/2023
SS/NSS

42 Katlego (wat 24 jaar oud is) het twee werke: een by die PJII (‘PYET') en die ander by
'n winkel.

Hy het 'n gckombineerde jaarlikse belasbare inkomste van R87 329 vir die
2021/2022-belastingjaar verdien.

TABEL 4 toon die persoonlike inkomstebelastingkoerse, belastingkortings en
belastingdrempels vir 2021/2022.

TABEL 4: PERSOONLIKE INKOMSTEBELASTINGKOERSE, BELASTING-
KORTINGS EN BELASTINGDREMPELS VIR 2021/2022

BELASTINGKOERSE 2021/2022

BELASBARE INKOMSTE (R) BELASTINGKOERSE (R)
RO-R216 200 18% van elke R1
R216 201-R337 800 R38 916 + 26% van die bedrag bo R216 200
R337 801—R467 500 R70 532 + 31% van die bedrag bo R337 800
R467 501-R613 600 R110 739 + 36% van die bedrag bo R467 500
BELASTINGKORTINGS 2021/2022
Primér (onder 65) R15 714
Sekondér (65 en ouer) R8 613
Tersiér (75 en ouer) R2 871
BELASTINGDREMPELS 2021/2022
Ouderdom onder 65 R87 300
Ouderdom 65 tot ouderdom 74 R135 150
Ouderdom 75 en ouer R151 100

[Aangepas uit www.sars.za]

Gebruik TABEL 4 die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

4.2.1 Bereken Katlego se jaarlikse belasting betaalbaar vir die 2021/2022-
belastingjaar. (4)

4.2.2 Definieer die term belastingkorting. (2)

4.2.3 Toon dat die belastingdrempel vir ouderdom 65 tot ouderdom 74 in die
tabel KORREK is. (5)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V 1 il DBE/2023
SS/NSS
43 Katlego het by 'n huurwoonstel ingetrek.

Hieronder is twee sirkeldiagramme wat 'n vergelyking van sy maandelikse begroting
met sy ouers se gekombineerde maandelikse begroting toon.

Katlego se ouers se gekombineerde Katlego se maandelikse begroting
maandelikse begroting (inkomste R7 000)
(inkomste R29 300)
F
E 5%
5% A
40%
D

eS.
+9604

eS Seey numer:

ooo
6 6O666066600
Cc bas 0
30% %

Sleutel vir die sirkeldiagramme:

Kos en elektrisiteit

Versekering

Klere en persoonlike sorg
Kommunikasie (selfoon en data)
Spaargeld

Ander

3) td ||) 00) >

Bestudeer die sirkeldiagramme hierbo en beantwoord die vrae wat volg.

43.1 Noem EEN ander tipe grafiek wat gebruik kan word om die data hierbo te
vertoon.

4.3.2 Bereken die onbrekende waarde D in Katlego se maandelikse begroting.

4.3.3 Bepaal (as 'n desimaal) die waarskynlikheid om 'n item ewekansig uit die
ouers se begroting te kies wat NIE spaargeld is NIE.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

(2)
(2)

(3)
[29]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V 1 i2 DBE/2023
SS/NSS

VRAAG 5

5.1 Die grafiek hieronder toon die persentasie van die bruto produksiewaarde van die

hooflandbouprodukte in Brasilié. Een waarde (B) is weggelaat.
Die totale bruto waarde vir 2020 was VSA$110 322 miljoen.

PERSENTASIE VAN DIE BRUTO PRODUKSIEWAARDE VAN DIE
HOOFLANDBOUPRODUKTE IN BRASILIE

2020 2021
100 80 60 40 20 0 0 20 40 60 80 100

26,01 EE sojaboon 25,98
18,17 MEM suikerriet HEE 16,60
10,05 (i Koring GB iio
8,92 [I Koffiebone [i 9,33
6,67 [i Lemoen B 6,22

4,51 [fj Piesang is
1,76 I Katoensaad J 3,95

[Aangepas uit YBGE — Systematic Survey of Agricultural Production’

Gebruik die grafiek hierbo en die inligting om die vrae wat volg, te beantwoord.

5.1.1 Die persentasie bruto produksiewaarde van piesangs het van 2020 tot 2021

gedaal.

Identifiseer die landbouproduk wat van 2020 tot 2021 die meeste gestyg

het. (2)
5.1.2 Bepaal die totale bedrag (in VSA$) wat koffie in 2020 bygedra het. (3)

5.1.3 Bepaal die waarskynlikheid om aartappels ewekansig as 'n landbouproduk
uit die data hierbo te kies. (2)

5.1.4 Die bruto waarde van die produksie van sojabone in 2021 was
VSA$32 201 miljard.

Bepaal (in miljard) die bedrag vir die produksie van mielies in 2021. (5)

5.1.5 Die gemiddelde persentasie bydrae van die sewe landbouprodukte in 2021
was 11,15%.

Bepaal die persentasie bydrae van piesangs (B) in 2021. (5)

5.1.6 Die vooruitgeskatte totale bruto waarde vir 2022 was een honderd en agtien
miljard vier honderd en vyf miljoen VSA-dollar.

Skryf hierdie waarde neer deur syfers (getalle) te gebruik. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V 1 13 DBE/2023
SS/NSS:
5.2 Brasilié het handelsverhoudinge met 'n aantal lande.

TABEL 5 hieronder toon die waarde (in miljard VSA$) van invoere en uitvoere vir
Brasilié met ses lande.

TABEL5: DIE WAARDE (IN MILJARD VSAS$) VAN INVOERE EN
UITVOERE VIR BRASILIE MET SES LANDE

LAND INVOERE UITVOERE
(Miljarde VSA$) (Miljard VSA$)
China 36,74 67,79
Verenigde State van Amerika 29,72 21,62
Duitsland 9,68 4,12
Argentinié 8,22 8,49
Suid-Korea 4,66 3,76
Japan 4,32 4,13

TABEL 6 hieronder dui die wisselkoers op 27 April 2022 aan.

TABLE 6: GELDEENHEIDHERLEIDINGSFAKTORE

GELDEENHEID WISSELKOERSE
VSA-dollar (VSA$) na Brasiliaanse real (BRL) VSA$1 = BRL4,9642
Brasiliaanse real (BRL) na Suid-Afrikaanse rand (ZAR) | 1BRL = R3,2026
Euro (€) na Brasiliaanse real (BRL) €1 = BRLS,2379

[Aangepas uit www.xe.com]}

Gebruik TABEL 5 en TABEL 6 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

5.2.1 Noem die land met die kleinste omvang tussen die invoere en uitvoere na
Brasilié. (2)
5.2.2 Identifiseer die swakste geldeenheid teenoor die Brasiliaanse real. (2)
$.2.3 Bereken die wisselkoers tussen die euro en die Suid-Afrikaanse rand in die
vorm €1=R... (3)

5.2.4 Ludwig, 'n Duitse burger, het beweer dat die verskil tussen die Verenigde
State se invoere en uitvoere na Brasilié meer as 7 600 miljoen euro is.

Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of Ludwig se bewering
GELDIG is. (6)
[32]

TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mathematical Literacy P2 MayJun 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-mayjun-2023-eng/4f616880-c3cb-4d41-9ead-555bbe6d5f16) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Eng
- [MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/2d599711-ccd3-42d3-862f-4c1b72b92e44) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [Mathematical Literacy P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-may-june-2021-eng/f4502aa7-6e86-4659-8282-8e162043d7c2) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Eng
- [Mathematical Literacy P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-may-june-2018-afr/16c9ef0a-5152-4312-a116-287b11aef2fa) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Afr
- [Mathematical Literacy P1 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-may-june-2017-eng/6dee45f7-b7ff-4fb0-a25e-10904d465f34) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Eng
- [Mathematical Literacy P1 May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-may-june-2016-afr/ee3669e1-ed02-42e4-a822-afd11f990fc3) — Mathematical Literacy · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
