# Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-nov-2012-afr/5fb9f305-2bc0-431c-8ccb-e752f2013f1d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-nov-2012-afr/5fb9f305-2bc0-431c-8ccb-e752f2013f1d)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                       GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                        WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

                                    NOVEMBER 2012

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 3 bylaes.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                     2                           DBE/November 2012
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.        Beantwoord VRAAG 4.1.7, VRAAG 6.3.3 en VRAAG 6.4.1 op die aangehegte
          BYLAES. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes op die
          BYLAES en lewer die BYLAES saam met jou ANTWOORDEBOEK in.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
          gebruik is.

4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
          tensy anders aangedui.

6.        Toon AL die berekeninge duidelik aan.

7.        Rond AL die finale antwoorde tot TWEE desimale plekke af, tensy anders aangedui.

8.        Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

9.        Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
          aangedui.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                                  3                             DBE/November 2012
                                                            NSS

VRAAG 1

1.1       1.1.1                 Vereenvoudig: 1 441,62 –       8,7 2 − 13,26                                      (2)

          1.1.2                 Skryf 0,0528 as 'n gewone breuk in vereenvoudigde vorm.                           (2)

          1.1.3                 Herlei 23,005 liter tot milliliter.                                               (2)

          1.1.4                 Bepaal die totale prys van 2,5 kilogram vleis wat R63,99 per kilogram
                                kos.                                                                              (2)

          1.1.5                 Shameeg moes 'n vergadering bywoon wat geskeduleer was om 13:15 te
                                begin. Hoe laat het hy by die vergadering aangekom indien hy
                                1 uur 18 minute te vroeg was?                                                     (2)

          1.1.6                 Herlei R3 850 tot euro (€) indien die wisselkoers €1 = R10,2584 is.               (2)

          1.1.7                 Noem of die volgende gebeurtenis SEKER, WAARSKYNLIK of
                                ONMOONTLIK is:

                                Kersdag is op 25 Desember in Suid-Afrika.                                         (2)

          1.1.8                 Die prys per liter vir diesel by nege verskillende motorhawens is:
                                R9,97            R9,97            R10,12
                                R10,17           R10,29           R10,79
                                R10,79           R10,79           R10,95
                                Bepaal die mediaanprys per liter diesel.                                          (2)

1.2       Juffrou Lena het al die leerders in haar klas gevra wat hul gunstelingvrugtesap is. Sy
          het die data in die staafgrafiek hieronder geïllustreer.

                                                 GUNSTELINGVRUGTESAP

          Tipe vrugtesap
                                                                           Pynappel

                                                                                           Lemoen

                                             Mango

                           0                      12                           24                      36
                                                       Getal leerders

          Hoeveel leerders is daar in haar klas?                                                                  (3)

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                       4                             DBE/November 2012
                                                 NSS

1.3       Mev. Rose het 'n kontantverkopestrokie ontvang nadat sy sekere goedere by
          CT-Haven by die Kaapstad Internasionale Lughawe gekoop het.

          Hieronder is 'n afskrif van die kontantverkopestrokie met sekere besonderhede
          weggelaat.

                                              CT-HAVEN

                                    Kaapstad Internasionale Lughawe
                                  Binnelandse Vertrekke, Regoor Hek 8
                                           Tel: (+2721) 1234567
                                           BTW-Reg# 461010565
                                          BELASTINGFAKTUUR

                          1705359 Reg 1 ID 41 14:54 01/11/11

                          SJOKOLADEBLOK                3 @ 14,95         …
                          ARMBANDE                     ... @ 13,95    97,65
                          JOY-TYDSKRIF                 1 @ 24,95      24,95
                          SUBTOTAAL                                  167,45

                          TOTAAL (BTW UITGESLUIT)                         ...

                          TOTAAL (BTW INGESLUIT)                     167,45
                          KONTANT BETAAL                             167,45
                          BEDRAG AANGEBIED                           200,00
                          KLEINGELD                                   32,55

                                    Kwitansietotaal sluit 14% BTW in
                                  BEWAAR AS BEWYS VAN AANKOPE

          LET WEL: BTW is belasting op toegevoegde waarde

          1.3.1        Hoeveel het mev. Rose in totaal vir die DRIE blokke sjokolade betaal?           (2)

          1.3.2        Hoeveel armbande het mev. Rose gekoop?                                          (2)

          1.3.3        'n Joy-tydskrif kos R21,89, BTW uitgesluit. Bereken die bedrag BTW
                       betaalbaar op 'n Joy-tydskrif.                                                  (2)

          1.3.4        Bereken die totaal (BTW uitgesluit) vir die goedere gekoop.                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                      5                                DBE/November 2012
                                                NSS

1.4       Suid-Afrika voer ruolie uit verskillende lande in. TABEL 1 hieronder toon
          ruolie-invoere gedurende 2010 en 2011.

          TABEL 1: Ruolie-invoere gedurende 2010 en 2011
                                   HOEVEELHEID RUOLIE (IN MILJOEN TON)
           LAND
                                            2010             2011
           Angola                           3,409            1,948
           Iran                             5,528            4,874
           Nigerië                          3,594            3,755
           Saoedi-Arabië                    4,584            4,793
           Ander lande                      2,139            2,264
                                                                 [Bron: Business Times, 1 April 2012]

          1.4.1        Bereken die totale hoeveelheid ruolie wat gedurende 2011 ingevoer is.              (2)

          1.4.2        Uit watter land het Suid-Afrika die meeste van sy ruolie gedurende
                       2010 en 2011 ingevoer?                                                             (2)

          1.4.3        Watter land toon die grootste toename in die hoeveelheid ruolie wat
                       tussen 2010 en 2011 na Suid-Afrika uitgevoer is?                                   (2)
                                                                                                          [34]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                           6                                 DBE/November 2012
                                                     NSS

VRAAG 2

2.1       Didi neem deel aan 'n speletjiesprogram waar hulle 'n wiel draai. Sy kan 'n prys wen
          indien die pyl na 'n spesifieke kleur wys nadat sy die wiel gedraai en dit tot stilstand
          gekom het.
          Die diagram hieronder toon 'n draaiwiel wat in 24 gelyke dele verdeel is wat sektore
          genoem word. Wanneer iemand die wiel draai is dit ewekansig dat die pyl na enige
          een van die sektore sal wys wanneer die wiel tot stilstand kom.
                                                                                    1
          Een helfte van die sektore is grys, een derde van die sektore is wit, 8 van die sektore
                       1
          is swart en 24 van die sektore is gespikkel.
                                                                   Aanwyser (pyl)

          2.1.1        Hoeveel wit sektore is daar op die draaiwiel?                                          (2)

          2.1.2        Didi draai die wiel. Na watter sektor sal die pyl MINS waarskynlik wys
                       wanneer die wiel tot stilstand kom?                                                    (2)

          2.1.3        Die wiel het 'n radius van 60 cm.

                       (a) Bereken die omtrek van die wiel.
                              Gebruik die formule:
                              Omtrek van 'n sirkel = 2 × π × radius, waar π = 3,14                            (2)

                       (b) Bereken die oppervlakte van EEN van die sektore van die wiel.
                              Gebruik die formule:
                                                                          π × (radius ) 2
                              Oppervlakte van 'n sektor van 'n sirkel =
                                                                                n
                              waar π = 3,14 en n = getal sektore                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                                                   7                               DBE/November 2012
                                                                             NSS

2.2       Suid-Afrika se Padverkeerbestuurskorporasie beweer dat die stuur van 'n SMS
          (kortboodskapdiens) vanaf 'n selfoon terwyl daar bestuur word, die reaksietyd wat
          nodig is om 'n voertuig in 'n noodgeval tot stilstand te bring, van 1,2 sekondes na
          1,56 sekondes sal laat toeneem.

          2.2.1                                    Bereken die persentasie toename in die reaksietyd wat dit neem om 'n
                                                   voertuig tot stilstand te bring wanneer 'n SMS gestuur word terwyl daar
                                                   bestuur word.
                                                   Gebruik die formule:
                                                                                            verskil in tyd
                                                   Persentasie toename in reaksietyd =                      × 100%
                                                                                          oorspronklike tyd                           (3)
          2.2.2                                    Bereken die afstand (in meter) wat 'n voertuig in 1,36 sekondes sal aflê as
                                                   dit teen 'n gemiddelde spoed van 27,95 m/s ry.

                                                   Gebruik die formule:

                                                   Afstand = gemiddelde spoed × tyd                                                   (2)

2.3       Twee sakemanne, mnr. Nobi en mnr. Khoza, reis vanaf hul tuisdorpe na Pretoria.
          Die afstand vanaf Pretoria en die tyd word op die grafiek hieronder aangedui.

                                                             REIS NA PRETORIA
                                            300

                                                        Mnr. Khoza

           Afstand vanaf Pretoria (in km)
                                                       Mnr. Nobi
                                            200

                                            100

                                              0
                                              07:30           08:30           09:30           10:30          11:30
                                                                           Tyd

          2.3.1                                    Hoe laat het mnr. Khoza sy tuisdorp verlaat?                                       (2)
          2.3.2                                    Watter EEN van die twee sakemanne bly die naaste aan Pretoria?                     (1)
          2.3.3                                    Hoe lank het dit mnr. Nobi geneem om Pretoria toe te reis?                         (2)
          2.3.4                                    Skat mnr. Khoza se aankomstyd in Pretoria.                                         (2)
          2.3.5                                    Hoe laat was die twee sakemanne presies 100 km van mekaar af?                      (2)
Kopiereg voorbehou                                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                      8                             DBE/November 2012
                                                NSS

2.4       Kedibone het 'n tjekrekening by Iziko Bank. Die bank vra 'n diensfooi tot 'n
          maksimum van R31,50 (BTW ingesluit) op alle transaksiebedrae.

          TABEL 2 hieronder toon vyf verskillende transaksies op Kedibone se tjekrekening.

          TABEL 2: Transaksies op Kedibone se tjekrekening
           NR.        BESKRYWING VAN                 TRANSAKSIE- DIENSFOOI
                         TRANSAKSIE                     BEDRAG         (IN R)
                                                          (IN R)
            1 Debietorder vir motorterugbetaling              4 250,00     31,50
            2 Debietorder vir selfoonkontrak                    344,50   A
            3 Terugbetaling van persoonlike lening              924,00     14,59
            4 Voertuig- en huishoudelike versekering        B              11,85
            5 Tjekbetaling                                      403,46      8,34

          2.4.1        Bereken die ontbrekende waarde A, deur die volgende formule te gebruik:

                       Diensfooi (in rand) = 3,50 + 1,20% van die transaksiebedrag                    (3)

          2.4.2        Bereken die ontbrekende waarde B, deur die volgende formule te gebruik:

                                            diensfooi − 3,50
                       Bedrag (in rand) =
                                                1,20%                                                 (3)
                                                                                                      [29]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                       9                              DBE/November 2012
                                                 NSS

VRAAG 3

3.1       Mnr. De Haan en sy gesin bly in Mosselbaai en hy beplan om 'n nuwe voertuig te
          koop. Hy sien die advertensie hieronder vir een van die voertuie waarin hy belangstel.

                          R199 000 kontant

                                  of

            R19 900 deposito + R3 599,85 × 60 maande
                           op huurkoop

          3.1.1        Bereken die totale koste van die voertuig in die advertensie indien dit op
                       huurkoop gekoop word.                                                            (2)

          3.1.2        Mnr. De Haan besluit om eerder oor twee jaar 'n nuwe voertuig te koop.
                       Hy sal dan sy huidige voertuig verkoop en daardie geld as die deposito op
                       die nuwe voertuig gebruik. Die waarde van sy voertuig is tans R51 600.
                       Die waarde van die voertuig verminder teen 'n koers van 13,5% per jaar.

                       Bereken (afgerond tot die naaste R100) die verminderde waarde van sy
                       voertuig oor TWEE jaar.

                       Gebruik die formule: A = P(1 – i )n

                       waar A = verminderde waarde
                            P = huidige waarde
                            i = jaarlikse waardeverminderingskoers
                            n = getal jaar                                                              (3)

3.2       Petrolverbruik kan bereken word deur die volgende formule te gebruik:

                                                    afstand afgelê
          Petrolverbruik (in liter per 100 km) =                   × 12,5
                                                         100

          3.2.1        Hoeveel liter petrol sal mnr. De Haan se voertuig gebruik om 100 km af te
                       lê?                                                                              (1)

          3.2.2        Bereken die petrolverbruik (in liter per 100 km) indien mnr. De Haan 'n
                       afstand van 325 km aflê.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                      10                               DBE/November 2012
                                                NSS

3.3      Hieronder is 'n straatkaart van 'n gedeelte van die omgewing waar mnr. de Haan woon.

          3.3.1        Gee die ruitverwysing van die Van Riebeeck Sportstadion.                         (2)
          3.3.2        Skryf die name van die strate aan weerskante van die Stadsaalkompleks
                       neer.                                                                            (2)
          3.3.3        Mnr. De Haan ry by die parkeerterrein van die Van Riebeeck Sportstadion
                       uit en draai dan regs in Georgestraat. Hy draai dan links in
                       Montaguestraat en ry aan totdat hy Marshstraat bereik.

                       In watter rigting moet hy draai indien hy direk na die ingang van die
                       polisiestasie wil gaan?                                                          (2)
          3.3.4        Die afstand op die kaart gemeet vanaf mnr. De Haan se huis tot by die
                       ingang van die Bayview Hospitaal is 8,9 cm.

                       Bereken die werklike afstand (in km) indien 1 cm op die kaart 0,3 km
                       voorstel.                                                                        (2)
                                                                                                        [16]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                      11                                  DBE/November 2012
                                                NSS

VRAAG 4

4.1       Lunje se hond het geboorte geskenk aan 9 kleintjies (6 mannetjies en 3 wyfies).

                                   Lunje se hond met haar kleintjies

          Lunje het data van 10 van sy vriende met honde wat ook kleintjies gehad het,
          ingesamel en die data (sy eie ingesluit) in die tabel hieronder opgesom.

          TABEL 3: Getal klein hondjies in 'n werpsel*
                                              NAAM VAN HOND
                         A     B     C      D    E     F  G  H                   I       J      K
           Werpsel-
                        14     6     7      9    14    12 11 8                   14      8     11
           grootte
            Getal
                              13    5     6     6       10   8    9     1        6       0      2
            mannetjies
            Getal wyfies      1     1     1     3       4    4    2     7        8       8      9

          *'n Werpsel is die getal klein hondjies wat op een slag gebore word.

          4.1.1        Rangskik die werpselgroottes in stygende volgorde.                                  (2)

          4.1.2        Watter hond het sewe meer wyfies as mannetjies gehad?                               (2)

          4.1.3        Gee die modale werpselgrootte.                                                      (2)

          4.1.4        Bepaal die variasiewydte (omvang) van die getal wyfies.                             (2)

          4.1.5        Bereken die gemiddelde getal mannetjies.                                            (3)

          4.1.6        Bepaal die verhouding (in vereenvoudigde vorm) van mannetjies tot
                       wyfies vir hond E.                                                                  (2)

          4.1.7        Gebruik die inligting in TABEL 3 om die saamgestelde staafgrafiek op
                       BYLAE A te voltooi.                                                                 (7)

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                        12                         DBE/November 2012
                                                  NSS

4.2         Lunje het 'n reghoekige houer vir sy hond om in te slaap, gemaak. Dit help om die
            hondjies veilig en gemaklik te hou.

            Die afmetings van die houer is soos volg:

            • Die breedte is dieselfde as die lengte van die hond.
            • Die lengte is 125% van die lengte van die hond.
            • Die hoogte is 6 duim.

            Lunje se hond is 105 sentimeter lank.

          Gee die volgende afmetings in sentimeter:

          4.2.1        Die lengte van die houer                                                     (2)

          4.2.2        Die hoogte van die houer indien 1 duim = 2,5 cm                              (2)
                                                                                                    [24]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                       13                             DBE/November 2012
                                                 NSS

VRAAG 5

5.1         Maria het 'n huis in Qwaqwa. Die vloerplan van Maria se huis wat die werklike
            buiteafmetings aantoon, word hieronder gegee:

                                              7 000 mm
                                                                                          N

                                     Bad-
                                     kamer                Slaapkamer

                                                                               10 714 mm
                                     Kombuis

                                                          Woonvertrek
                                                          Living Area
             Venster
                                                           Voordeur

                                                   Trap
                                                                1 200 mm

          5.1.1        Hoeveel vensters het Maria se huis?                                                (1)

          5.1.2        Op die vloerplan is die buitelengte van die muur 70 mm. Bepaal die skaal
                       van die vloerplan in die vorm 1 : ...                                              (2)

          5.1.3        Bereken die buitesylengte van die huis sonder die trapgedeelte.                    (2)

          5.1.4        Die kombuis se oppervlakte is 72% kleiner as die oppervlakte van die
                       woonvertrek.

                       Bereken die oppervlakte (in m2) van die kombuis indien die oppervlakte
                       van die woonvertrek 39,54 m2 is.                                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                       14                             DBE/November 2012
                                                 NSS

5.2       Die trap by Maria se voordeur is in die vorm van 'n simmetriese trapesiumprisma soos
          hieronder aangetoon. Die trap is van beton gemaak. Die bokant (A) en die sykante
          (B en C) sal geteël word.

                                                                             h

                                                     A
                                       B                               B
                                   s

                                                      C
                                                       f
          Die afmetings van die trap is soos volg:
           f = lengte van die voorkant = 1,3 m       A = Opp. van die trapesium = 2,52 m2
           s = lengte van die skuinssy = 1,6 m       B = Opp. van die skuinssy van die trap
           h = hoogte van die trap = 0,12 m          C = Opp. van die voorkant van die trap

          (Opp. is oppervlakte.)

          5.2.1        Beton word gemaak deur water by 'n mengsel van sement, sand en klip te
                       voeg in die verhouding:

                       sement : sand : klip = 1 : 2 : 4

                       Hoeveel kruiwaens klip sal Maria nodig hê vir 1 12 sakke sement indien
                       een sak sement gelyk is aan een kruiwa sement?                                   (3)

          5.2.2        Bereken die volume beton (in m3) benodig vir die trap.

                       Gebruik die formule:

                       Volume van die trap = opp. van die trapesium × hoogte van die trap               (2)

          5.2.3        Maria wil die bokant en sykante van die trap teël. Bereken die totale
                       oppervlakte, afgerond tot EEN desimale plek, wat geteël gaan word.
                       Gebruik die formule:

                       Totale geteëlde oppervlakte (in m 2 ) van die trap = A + (2s + f) × h            (4)

          5.2.4        Maria besluit om 'n metaalstrook op die boonste rand van die trap aan te
                       bring. Bereken die lengte van die strook.

                       Gebruik die formule:

                       Totale lengte van die strook = f + 2s                                            (2)
                                                                                                        [19]
Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                      15                             DBE/November 2012
                                                NSS

VRAAG 6
6.1       Gracia is 'n atleet en oefen vir 'n 42,2 km-standaardmaraton wat oor vier weke gehou
          gaan word. Sy wil die wedloop in minder as 3 uur voltooi.
          Gracia se oefenprogram behels uithouoefeninge en spoedoefeninge. Om spierkrag te
          bou, doen sy kragoefeninge en hardloop lang afstande teen 'n stadige tempo.

          Gracia hardloop 450 meter in 4 minute teen 'n konstante pas. Bereken die afstand wat
          sy in 9 minute sal aflê indien sy teen dieselfde konstante tempo hardloop.                   (2)

6.2       Ander voorbereiding vir die wedloop behels koolhidraatlading ('carbo-loading').
          Koolhidraatlading beteken dat 'n spesiale dieet gevolg word waar die hoeveelheid
          glukogeen in jou spiere verhoog word sodat die spiere lang periodes van fisiese
          inspanning/aktiwiteit kan verduur.
          Volgens die Tips For Endurance Athletes (www.beginnertriathlete.com) benodig 'n
          atleet tussen 1,4 en 2,27 gram koolhidrate per kilogram liggaamsmassa per maaltyd.

          Bereken die MAKSIMUM hoeveelheid koolhidrate in gram wat Gracia per maaltyd
          benodig indien sy 65 kg weeg.                                                                (3)

6.3       Gracia is seker dat haar oefening haar in staat sal stel om die wedloop in minder as
          3 uur te voltooi. Sy wil nie die wedloop te vinnig begin en uitsak (moeg raak en te
          stadig hardloop) teen die einde of te stadig begin en dan later as haar beplande tyd
          klaarmaak nie.
          Om haar wedloop te beplan, het Gracia 'n tabel opgestel wat die tye (in minute) en die
          vereiste afstand (in km) wat sy moet aflê, aantoon.
          TABEL 4: Gracia se wedloopplan
           Tyd na die begin
           van die wedloop    15 30 45           60   75   90   105    120   135    150    165
           (in minute)
           Afstand wat
           sy moet aflê        3  6    9         13   17   21    26    31     35    39    42,2
           (in km)

          6.3.1      Gracia het daarin geslaag om die wedloop in haar beplande tyd te voltooi.
                     Hoeveel minute het dit haar geneem om die wedloop te voltooi?                     (1)
          6.3.2      Bereken die gemiddelde tempo (in kilometer per minuut) wat sy moet
                     handhaaf vanaf die 60ste tot die 90ste minuut van die wedloop.
                     Gebruik die formule:
                                                                   veranderin g in afstand
                      Gemiddelde tempo (in km per minuut) =
                                                                     veranderin g in tyd
                                                                verskil tussen die twee afstande
                                                            =
                                                                  verskil tussen die twee tye          (4)

          6.3.3      Gebruik TABEL 4 om 'n lyngrafiek op BYLAE B te teken wat Gracia se
                     wedloopplan voorstel.                                                             (8)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                        16                            DBE/November 2012
                                                  NSS

6.4       Titus, wat 'n helper by die wedloop was, was by die halfpadpunt gestasioneer.

          6.4.1        Titus het die volgende rekord gehou van die atletiekklubs van die eerste
                       20 atlete wat by hom verbygehardloop het.

                       Atletiekklubs:
                       Liberty             Striders         Harmony           Ramblers
                       Striders            Harmony          Striders          Ramblers
                       Ramblers            Harmony          Liberty           Harmony
                       Liberty             Liberty          Striders          Liberty
                       Harmony             Ramblers         Striders          Harmony
                       Voltooi die frekwensietabel op BYLAE C wat die atletiekklubs van die
                       eerste 20 atlete voorstel.                                                    (4)

          6.4.2       Die data van die klublidmaatskap van die top 300 atlete wat die wedloop
                      voltooi het, word in die sirkeldiagram hieronder voorgestel.

                                        Klublidmaatskap van die top 300 atlete
                                                                   A
                                                                  8%
                                           E
                                          29%                                B

                                             D                          C
                                            12%                        35%
                      Sleutel tot die diagram
                       A      Ander
                       B      Striders
                       C      Harmony
                       D      Ramblers
                       E      Liberty

                       (a) Watter persentasie van die top 300 atlete behoort aan die Striders
                           Klub?                                                                     (2)

                       (b) Watter klub het die tweede grootste getal atlete uit die top 300
                           gehad?                                                                    (2)

                       (c) Bereken die werklike getal Ramblers-atlete wat onder die top 300
                           klaargemaak het.                                                          (2)
                                                                                                     [28]

                                                                                    TOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                                                                                DBE/November 2012
                                                                  NSS

SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:

BYLAE A

VRAAG 4.1.7

TABEL 3: Getal klein hondjies in 'n werpsel
                                   NAAM VAN HOND
             A      B    C      D     E     F  G  H                                       I        J       K
Werpsel-
             14     6    7      9     14    12 11 8                                       14       8       11
grootte
Getal
                                   13    5   6   6       10       8       9       1       6        0       2
mannetjies
Getal
                                   1     1   1   3       4        4       2       7       8        8       9
wyfies

                                         DIE WERPSELGROOTTE VAN 11 HONDE
                          16

                          14

                          12

   Getal klein hondjies
                          10

                           8
                                                                                                                 Wyfies
                                                                                                                 Mannetjies
                           6

                           4

                           2

                           0
                               A   B     C   D       E        F       G       H       I        J       K
                                                     Naam van hond

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                                                                    DBE/November 2012
                                                       NSS

SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:

BYLAE B

VRAAG 6.3.3

TABEL 4: Gracia se plan vir die wedloop
Tyd na die begin
van die wedloop       15 30 45 60                        75   90     105    120     135        150    165
(in minute)
Afstand wat
sy moet aflê           3     6    9    13                17   21     26     31      35         39     42,2
(in km)

                                        GRACIA SE WEDLOOPPLAN

                    50

                    45

                    40

                    35

  Afstand (in km)
                    30

                    25

                    20

                    15

                    10

                    5

                    0
                         0   15    30   45   60   75     90    105    120     135        150        165     180

                                                  Tyd (in minute)

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                    DBE/November 2012
                                 NSS

SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:

BYLAE C

VRAAG 6.4.1

ATLETIEKKLUB                   FREKWENSIE
Liberty
Striders
Ramblers
Harmony

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mathematical Literacy P1 Nov 2012 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-nov-2012-memo-afr/120d5e75-0697-4f67-8d57-288ce36007ca) — Mathematical Literacy · Memo · 2012 · Afr
- [Mathematical Literacy P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-nov-2022-eng/f60c7f64-6e7b-4ec5-bb87-d57373a691f5) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Eng
- [WISK GELETT P1 GR12 MEMO SEPT 2012](https://www.hlayiso.com/library/wisk-gelett-p1-gr12-memo-sept-2012/bd795a8e-650f-4fb2-ad05-a688e0caf805) — Mathematical Literacy · Memo · 2012
- [Mathematical Literacy P1 Nov 2022 MG Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-nov-2022-mg-afr-eng/50ffcd59-e73a-428f-8797-2b851fe7b383) — Mathematical Literacy · Memo · 2022 · Eng
- [Mathematical Literacy P1 Nov 2021 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-nov-2021-addendum-afr/7df99ec8-a07d-4bbf-8050-b43332aafdea) — Mathematical Literacy · Addendum · 2021 · Afr
- [Mathematical Literacy P1 ANSWER SHEET Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-answer-sheet-afr/7edf89e1-6840-4552-a300-80155544953c) — Mathematical Literacy · Addendum · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
