# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2025 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-afrikaans-june-2025-question-paper/c1c830bb-085c-4519-8511-601a104bdd1d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-afrikaans-june-2025-question-paper/c1c830bb-085c-4519-8511-601a104bdd1d)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

JUNIE EKSAMEN
    GRAAD 12

         2025

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

      (VRAESTEL 2)

                           TYD:         2 uur

                           PUNTE:       100

                           13 bladsye

                            Blaai om asseblief

### Page 2

WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                        (VRAESTEL 2)             GR12 0625                       2

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.    Gebruik die KAART op bladsy 6 om VRAAG 2 te beantwoord.

3.    Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in dié vraestel gebruik is.

4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.     ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) mag gebruik word, tensy
      anders vermeld.

6.    Toon ALLE berekeninge duidelik.

7.    Rond ALLE finale antwoorde korrek af volgens die gegewe konteks, tensy anders vermeld.

8.    Toon meeteenhede aan, waar van toepassing.

9.    Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders vermeld.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                              (VRAESTEL 2)             GR12 0625                       3

VRAAG 1

1.1   Goitsemang het haar plaaslike winkelsentrum besoek. Hieronder is ŉ uitlegplan van die
      winkelsentrum.

      GRONDVLOERUITLEGPLAN VAN BENMORE GARDENS WINKELSENTRUM,
      SANDTON

                                                         Ingang 5
                                                                      Parkering

          GRONDVLOER
                                                                    Fourmos Bakkery
                                   Roltrap
                                   Hysbak
                                   Trappe
                                   Toilette

                                                                                            Dischem
                                                                                            Apteek

                                              Ingang 1                      Ingang 2

                                                         Parkering
                                          [Bron: www.megaplex.co.za/shops-benmore-gardens-winkelsentrum.htm]

      Bestudeer die bostaande inligting en gebruik dit om die vrae wat volg te beantwoord.

      1.1.1   Verduidelik die betekenis van G01 onder die Pick 'n Pay-etiket.                           (2)

      1.1.2   Gee die algemene rigting van Ingang 5 vanaf G10.                                          (2)

      1.1.3   Hoeveel hysbakke is daar op die grondvloer?                                               (2)

      1.1.4   Skryf die naam van die winkel gemerk G35.                                                 (2)

                                                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                          (VRAESTEL 2)             GR12 0625                               4

1.2   Terwyl Goitsemang by die winkelsentrum was, het sy ŉ klein eetkamertafel gekoop. Die
      eetkamertafel het ŉ deursnee van 120 cm en ŉ hoogte van 74 cm. Hieronder is ’n skets van
      die eetkamertafel.

                             [Bron: https://decofurnsa.co.za/produkte/oliver-120cm-ronde-eetkamer-tafel]

      Gebruik die bostaande inligting om die vrae wat volg te beantwoord.

      1.2.1   Skryf slegs die letter van die formule wat hieronder gegee is, wat gebruik sal word
              om die oppervlakte van die ronde tafelblad te bereken.

              A 2×π×𝑟 +2×π×r×h
              B π×𝑟 ×h
              C π×𝑟
              D 2×π×r                                                                                      (2)

      1.2.2   Skryf, in vereenvoudigde vorm, die verhouding van die deursnee van die tafelblad
              tot die hoogte van die tafel neer.                                                           (2)

      1.2.3   Bepaal die radius van die tafelblad in sentimeter (cm).                                      (2)

      1.2.4   Skryf die hoogte van die tafel in millimeter (mm) neer.                                      (2)

                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                    (VRAESTEL 2)             GR12 0625                            5

1.2.5   TABEL 1 hieronder bevat ŉ lys van verduidelikings en definisies van konsepte wat
        in Wiskundige Geletterdheid gebruik word.

        TABEL 1: VERDUIDELIKINGS EN DEFINISIES VAN KONSEPTE
               Die hoeveelheid 2-Dimensionele ruimte wat deur ŉ 2-D vorm
          A
               opgeneem word
          B    Afstand rondom ŉ sirkel
               ŉ Reguitlyn wat deur die middelpunt van ŉ sirkel strek en wat die
          C
               sirkelrand aan beide kante raak
               Die afstand vanaf die middelpunt van ŉ sirkel tot by enige punt op die
          D
               omtrek van ŉ sirkel

        Gebruik TABEL 1 hierbo en pas ŉ verduideliking of definisie by ELK van die
        onderstaande konsepte. Skryf slegs die letter (A – D) langs (a) en (b) neer, bv. (c) E.

        (a) Radius                                                                                (2)

        (b) Omtrek                                                                                 (2)
                                                                                                  [20]

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                         (VRAESTEL 2)             GR12 0625                    6

VRAAG 2

Die kaart hieronder wys hoe om per motor van Pretoria na Mapungubwe Nasionale Park te reis.

  MAPUNGUBWE NASIONALE PARK
                                                               BEITBRUG

                              PARK- INGANG
                              & ONTVANGS
                         VENETIA-MYN

A = TSHUGUOU OORD
B = LIMPOPO WOUD TENTKAMP
C = LEOKWE KAMP
D = VHEMBE STAPTOGKAMP

    N

                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                           (VRAESTEL 2)             GR12 0625                     7

Beria en sy twee seuns, Jordan en Benjamin, het van Pretoria tot by Mapungubwe
Nasionale Park gery om aan ŉ jaarlikse voëlkykkompetisie en ŉ maraton deel te neem.

Gebruik die KAART op bladsy 6 en die bostaande inligting om die vrae wat volg te beantwoord.

2.1    Bepaal, in kilometer, die totale afstand tussen Pretoria en Makhado.                            (2)

2.2    In watter Suid-Afrikaanse provinsie vind ons die Mapungubwe Nasionale Park?                     (2)

2.3    Watter dorp word noord-oos van die park se ingang en ontvangs gevind?                           (2)

2.4    Dit neem hulle 0,8 uur om van Musina tot by die park se ingang te reis.
       Bereken die gemiddelde spoed van hul motor in kilometer per uur (km/h).

                                                        𝒂𝒇𝒔𝒕𝒂𝒏𝒅
       Jy mag gebruik maak van die formule: 𝒔𝒑𝒐𝒆𝒅 =       𝒕𝒚𝒅                                          (3)

2.5    Gee ŉ stel aanwysings vir wanneer daar vanaf die Venetia-myn tot by die park se ingang
       en ontvangs gery word.                                                                          (4)

2.6    Bepaal die skaal van die kaart deur die afstand tussen Musina en Makhado as ̕n verwysing
       te gebruik. Rond jou antwoord af tot die naaste honderd duisend.                                (5)

2.7    Gee EEN nadeel wanneer daar met ŉ syfer/verhoudingskaal gewerk word.                            (2)
                                                                                                      [20]

                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                           (VRAESTEL 2)             GR12 0625                         8

VRAAG 3

3.1   Bonganjalo geniet dit om DDS-Projekte ( Doen-Dit-Self) aan te pak. Sy mees onlangse
      projek is om ŉ lessenaar te bou.

      ŉ Skets van die lessenaar, wat hy beoog om te bou, word hieronder gewys. Al die
      afmetings van die lessenaar word in duim gegee.

                     21''
                                                       60''

                                                                                          30''

                                                                                   20''

                                                                   [Bron: MORELIKEHOME.NET]
      LET WEL: 1” (1 duim) = 2,54 cm

      Verwys na die skets sowel as al die inligting gegee om die vrae wat volg te beantwoord.

      3.1.1 Herlei die lengte van die lessenaar na sentimeter (cm).                                   (2)

      3.1.2   Bonganjalo wil nie ŉ lessenaar wat hoër is as 0,77 m hê nie.

              Verifieer, deur berekeninge te toon, of die lessenaar aan sy vereistes voldoen.         (4)

                                                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                           (VRAESTEL 2)             GR12 0625                       9

      3.1.3   Om die boonste deel van die lessenaar te bou, sal Bonganjalo planke met ŉ
              lengte van 2 m gebruik, en dit net volgens die korrekte lengte sny.

              Bereken die totale lengte hout wat vermors is met die gebruik van die ses (6)
              planke om die boonste deel van die lessenaar te bou.

              LET WEL: ŉ Plank is ŉ plat reghoekige stuk hout wat langer en hoër is as wat
                      dit breed is.                                                                 (6)

3.2   Hieronder is die lys van die hout se saaglengtes wat benodig word om die lessenaar te
      bou.

              LYS VAN DIE HOUT SE SAAGLENGTES BENODIG OM ’N
                            LESSENAAR TE BOU
                    Beskrywing                          Hoeveelheid om te koop
       Tafelpote                                 4 × 28,5”
       Boonste ondersteuningsbalk                2 × 17”
       Tafelblad                                 6 × 60”

      3.2.1   Volgens Bonganjalo se berekeninge, sal 13 m hout genoeg wees vir die
              voltooing van die hele lessenaar (uitsluitend die afgesnyde stukke/oorblyfsels).
              (Oorblyfsels is stukke hout wat oor is nadat ŉ groot stuk van die groot plank
              afgesny of gebruik is).

              Maak gebruik van al die bostaande inligting en toepaslike berekeninge, en
              bepaal of Bonganjalo korrek is in sy berekeninge.                                     (9)

      3.2.2   Noem EEN item handgereedskap wat Bonganjalo kan gebruik om die lessenaar
              te bou.                                                                              (2)
                                                                                                  [23]

                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                          (VRAESTEL 2)             GR12 0625                         10

VRAAG 4
4.1 Tumisho is ŉ pakhuisbestuurder vir Perfect Seat- maatskappy wat sitplekoortreksels vir
    passasiervoertuie verkoop. Die pakhuis het ŉ reghoekige vorm met afmetings soos in die
    diagram aangedui met ŉ skaal van 1 : 90.

                                           12 cm

                                                                     5cm

     4.1.1   Bereken die totale lengte van die pakhuis.

             Jy mag die volgende gebruik: Totale lengte = 2 × (lengte + breedte)                          (2)

     4.1.2   Die skaal wat gebruik is om die pakhuis te teken is 1 : 90. Verduidelik die betekenis
             van die skaal 1 : 90.                                                                        (2)

     4.1.3   Gebruik die gegewe skaal en bereken, in meter, die werklike lengte van die pakhuis.          (4)

4.2 Die bestuurder het die volgende sitplekoortrekselopsies in voorraad: kleuropsies van
    swart (B) en grys (G), en sitplektekstuuropsies van leer (L), suède (S) en materiaalstof (C).
    Die moontlike uitkomstes is in die onderstaande boomdiagram opgesom.

                                                 L

                       B                         S

                                                 C

                                                 L

                       G                         S

                                                 C

     4.2.1   Wat is die totale aantal moontlike uitkomstes?                                               (2)

     4.2.2   Bepaal, as ŉ persentasie, die waarskynlikheid om swart sitplekoortreksels te koop.           (3)

                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                         (VRAESTEL 2)             GR12 0625                      11

4.3 Die bestuurder het die volgende koekresep geskep om aan een van haar personeellede op haar
    verjaarsdag te gee.

     Voorbereidingstyd: 10 minute
                                                          1 koppie = 250 ml
     Baktyd: 30 minute
                                                          1 teelepel = 5ml
                      2
     Grootte: 210 mm koek

     Porsies: 12 mense

     Bestanddele:

     1 koppie wit suiker
     2 groot eiers
     2 teelepel vanilla ekstrak
     ½ koppie ongesoute botter
     ½ koppie melk
     1½ koppie alles-in-een koekmengsel

     4.3.1 Hoeveel koppies van die alles-in-een koekmengsel sal benodig word om ŉ koek te bak
           wat 48 mense sal bedien?                                                                   (3)

     4.3.2   Bepaal, in mm, die lengte van die koek.

             Gebruik die formule: Oppervlakte = sy × sy                                               (3)

     4.3.3   Die bestuurder arriveer om 14:24 by die huis en begin onmiddelik met die
             voorbereiding en bak van die koek. Sal sy ŉ voltooide produk gereed hê voor die
             verjaarsdagpartytjie wat om 15:04 begin? Toon ALLE berekeninge om jou antwoord
             te regverdig.                                                                         (4)
                                                                                                  [23]

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                             (VRAESTEL 2)             GR12 0625                             12

VRAAG 5

5.1   Mikayla het pas haar kombuis oorgedoen en opgeknap. Sy het haar ou stoof vervang
      met ŉ moderne stylvolle elektriese stoof. Die boonste deel van die nuwe stoof word
      hieronder vertoon.

                                         59 cm

                                                                                                52 cm

                           A

          [Bron: https://modern-living.co.za/product/aeg-60cm-ceran-4-zone-touch-control-hob]

      Gebruik die bostaande inligting om die vrae wat volg te beantwoord.

      5.1.1    Bereken die oppervlakte van die stoof (in m2).

               Jy mag die volgende formule gebruik:

               Oppervlakte van reghoek = 𝒍𝒆𝒏𝒈𝒕𝒆 × 𝒃𝒓𝒆𝒆𝒅𝒕𝒆                                                  (3)

                                                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                               (VRAESTEL 2)             GR12 0625                             13

      5.1.2   Om haar nuwe stoof uit te toets, het Mikayla haar gunsteling maaltyd in ŉ pot,
              soos hieronder voorberei.

                                              20 cm

                     16 cm

                             [Bron: https://www.aeg.co.uk/kitchen/cooking/hobs/induction-hob/ilb64334cb/]

              Bereken die hoeveelheid water, in liter, wat in die pot is as dit ¾ vol is.

              Jy mag die volgende formule gebruik:

              Volume van ŉ silinder = π × radius2 × hoogte, waar π = 3,142

              LET WEL: 1 000 cm3 = 1 liter                                                                   (5)

5.2   Mikayla het teruggery na die winkel in Boksburg, waar sy die nuwe stoof gekoop het
      om die kwitansie te gaan haal wat sy daar vergeet het. Sy het van haar huis af Suidwaarts
      in Mbekistraat gery om Boksburg-middestad te bereik.

      5.2.1   Watter instrument sal Mikayla gebruik om rigting te bepaal?                                    (2)

      5.2.2   Die bevolkingsaantal van die inwoners van Boksburg in 2015 was 260 321 en
              het tot 280 000 in 2022 vermeerder. Bereken die persentasie vermeerdering in
              die bevolking tot die naaste heelgetal.

              Jy mag die volgende formule gebruik:

                                                       𝑵𝒖𝒘𝒆 𝒘𝒂𝒂𝒓𝒅𝒆 − 𝑶𝒖 𝒘𝒂𝒂𝒓𝒅𝒆
              𝑷𝒆𝒓𝒔𝒆𝒏𝒕𝒂𝒔𝒊𝒆 𝒗𝒆𝒓𝒎𝒆𝒆𝒓𝒅𝒆𝒓𝒊𝒏𝒈 =                                      × 𝟏𝟎𝟎                         (4)
                                                             𝑶𝒖 𝒘𝒂𝒂𝒓𝒅𝒆
                                                                                                            [14]

                                                                                          TOTAAL:           100

                                                                                                            EINDE

## Related documents

- [MATHS LIT P2 QP GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-june-2023-afrikaans/537dd8f7-8a3f-4b18-a420-692a0342dab5) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p2-afrikaans-2015-preparatory-exam-question-paper/be306280-3aba-46ec-aad3-7ee5349ad8f4) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
