# Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-feb-march-2018-afr/4ddfe264-6a21-4d28-9cbc-77472acf5439
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-feb-march-2018-afr/4ddfe264-6a21-4d28-9cbc-77472acf5439)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

basic education

Department:
Basic Education
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

WISKUNDIGE GELETTERHEID V2

1 FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye, 'n addendum met 4 bylaes en 1 antwoordblad.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 2 DBE/Feb.-Mrt. 2018

NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1,

2.

10.

Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.1 Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te
beantwoord:

BYLAE A vir VRAAG 1.2
BYLAE B vir VRAAG 2.1
BYLAE C vir VRAAG 3.3
BYLAE D vir VRAAG 4.1

2.2 Beantwoord VRAAG 4.1.3 op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

2.3 Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die spasies op die
ANTWOORDBLAD, Lewer die ANTWOORDBLAD saam met jou
ANTWOORDEBOEK in.

Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.

Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.

Toon ALLE berekeninge duidelik.

Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
aangedui.

Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
aangedui.

Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 3 DBE/Feb.—Mrt. 2018
NSS

VRAAG 1

11 Die Randse Skou is 'n gebeurtenis wat jaarliks in Gauteng plaasvind. Die Abrahams-

gesin wat uit twee volwassenes van 45 en 48 jaar, twee kinders van 6 en 14 jaar en 'n
ouma van 73 jaar bestaan, beplan om die Randse Skou te besoek.

TABEL 1 hieronder toon die tydsduur en kaartjiepryse van die 2017-Randse Skou.

TABEL 1: TYDSDUUR EN DIE KAARTJIEPRYSE VIR DIE 2017-RAND SKOU

KAARTJIEPRYSE
TYDSDUUR BESOEKERS- PRYSE 14% BTW
OUDERDOMS- INGESLUIT
KATEGORIE
Vrydag 14 April tot Volwassenes R150
Sondag 23 April (17 tot 64 jaar oud)
Pensioenarisse R50
09:00-19:00 daagliks (65 jaar en ouer)
Tieners
(13 tot 16 jaar oud) R50
Kinders
(6 tot 12 jaar oud) a
Kinders :
(onder 6) Gratis
18 April tot 20 April Volwassenes en pensioenarisse ontvang 50% afslag

[Aangepas uit www.therandshow2017.co.za]

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

1.1.1 Bereken die totale getal uur wat die Randse Skou vir die volle duur van
die skou vir besoekers oop sal wees.

1.1.2 Bereken die bedrag BTW betaalbaar op 'n tiener se kaartjie.

1.1.3 Bepaal die waarskynlikheid (in vereenvoudigde vorm) om willekeurig

'n Vrydag te kies om die Randse Skou te besoek.

1.1.4 Die gesin het die Randse Skou op 23 April 2017 besoek.

Mev. Abrahams het beweer dat indien die gesin die Randse Skou op
20 April in plaas van op 23 April besoek het, hulle meer as 35% op die

totale koste van die kaartjies sou gespaar het.

Verifieer, deur AL die berekeninge te toon, of haar bewering geldig is.

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

(3)
(3)

(3)

(9)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 4 DBE/Feb.—Mrt. 2018
NSS
1.2 Die Suid-Afrikaanse regering bied maatskaplike ondersteuning aan sy burgers deur

maatskaplike toelaes aan burgers wat daarvoor kwalifiseer, te betaal.

Die staafgrafiek en tabel op BYLAE A toon die getal burgers wat maatskaplike
toelaes ontvang en die getal burgers per provinsie in diens.

Gebruik die inligting op BYLAE A om die vrae wat volg, te beantwoord.

1.2.1

1.2.2

1.2.3

1.2.4

1.2.5

Kopiereg voorbehou

Identifiseer die provinsie met die tweede hoogste getal burgers wat
maatskaplike toelaes ontvang.

Gee EEN rede waarom regerings gewoonlik toelaes aan sommige van
hulle burgers betaal.

Noem, en gee 'n rede, of die data in BYLAE A ook maklik met gebruik
van 'n enkele sirkeldiagram voorgestel kan word.

Bereken die persentasie burgers in Limpopo wat maatskaplike toelaes
ontvang.

Gauteng en die Wes-Kaap is die enigste TWEE provinsies wat meer
burgers in diens het as die getal burgers wat maatskaplike toelaes
ontvang.

Bepaal, deur eenheidsverhoudings te gebruik, watter EEN van hierdie
twee provinsies meer burgers in diens het as burgers wat maatskaplike
toelaes ontvang.

Blaai om asseblief

(2)

(2)

(3)

(6)

(6)
[37]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 5 DBE/Feb.—Mit. 2018
NSS

VRAAG 2

2.1 BYLAE B toon Mnr. Son se kredietkaartstaat.

Gebruik die inligting in BYLAE B om die vrae wat volg, te beantwoord.

2.4.1 Bepaal die getal dae wat deur hierdie kredietkaartstaat gedek word. (2)
2.1.2 Gebruik die transaksiebesonderhede en toon, met berekeninge, hoe die
eindsaldo bepaal is. (5)
2.1.3 Verduidelik waarom die bank sommige syfers van die rekeningnommer
op die staat weggelaat het. (2)
2.1.4 Die bank bied 'n versekeringsopsie op die uitstaande saldo van die

kredietkaartrekening teen 'n tarief van R3,50 per R1 000 (of gedeelte
daarvan) op die uitstaande saldo aan.

Bereken hoeveel mnr. Son vir versekering op die uitstaande saldo sou

betaal het indien hy hierdie opsie gekies het. (5)
2.1.5 Interpreteer die bedrag vir die balans oorgedra vir hierdie staat. (2)
2.1.6 Gee EEN moontlike rede waarom mnr. Son goedere met sy kredietkaart

aankoop in plaas daarvan om kontant vir die goedere te betaal. (2)

2.2 Mnr. Son het direk van sy huis na 'n bank, wat 34 km van sy huis af is, gery. Hy het
teen 'n gemiddelde spoed van 85 km per uur gery en om 12:10 by die bank aangekom.

Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of mnr. Son sy huis presies om 11:40
verlaat het.

Die volgende formule kan gebruik word:

Afstand = gemiddelde spoed x tyd (5)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 6 DBE/Feb.—Mrt. 2018
NSS
2.3 TABEL 2 hieronder toon die publikasiedata (sommige data is weggelaat) ten opsigte
van die inkomste en die markwaarde van die boektitels wat in 2013 in 15 lande
gepubliseer is.
TABEL2: INKOMSTE EN MARKWAARDE VAN BOEKTITELS WAT
IN 2013 IN 15 LANDE GEPUBLISEER IS
LAND INKOMSTE MARKWAARDE GETAL
GEPUBLI-
(m€) (mPG) (m€) (mPG) SEERDE
BOEKTITELS
VSA 24 210 26 750 28 265 37 829 304 912
China 9 173 77 080 15 342 128 928 444 000
Duitsland 5 567 5 567 9 536 9 536 93 600
VK 4551 3 898 3 875 3 240 184 000
Japan 5 409 785 100 77910
Korea 2949 4212 623 4 879 6 969 316 43 146
Frankryk 2 687 2 687 4401 4401 95 483
Spanje 2 060 2 060 2 708 2 708 76 434
Brasilié 1645 5 359 2239 7 294 ees
Ttalié 1645 1 645 1 838 1 838 64117
Turkye 1 183 1 583 1729 2314 47 352
Nederland 1 108 1 108 1497 1 497 24 177
Noorweé 311 2 627 743 4 167 6 373
Finland 254 254 338 338 8 870
Belgié 240 240 252 252 4612
[Bron: IPA, Jaarverslag, Oktober 2014]
Brasilié het die maksimum getal boektitels gepubliseer.
LET WEL:
e m€ —miljoen euro
e mPG~— miljoen plaaslike geldeenheid

Gebruik TABEL 2 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

2.3.1 Gee EEN moontlike rede waarom daar geen inkomstedata vir Japan

aangeteken is nie. (2)
2.3.2 Bereken die getal boektitels wat in Brasilié gepubliseer is indien die

omvang van die getal gepubliseerde boektitels 463 223 is. (3)
2.3.3 Bereken die mediaangetal gepubliseerde boektitels. (4)
2.3.4 Bepaal die modale markwaarde in euro (€). (2)
2.3.5 Bepaal die getal lande waar die euro (€) die plaaslike geldeenheid is. (3)
2.3.6 Bereken, as 'n persentasie, die waarskynlikheid om willekeurig 'n land te

kies waar die markwaarde van die gepubliseerde boektitels meer as

1 miljard euro is. (3)

[40]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 7 DBE/Feb.—Mrt. 2018
NSS

VRAAG 3

3.1 ‘n Organiseerder van 'n wetenskap-uitstalling moet reghoekige uitstalborde maak.

3.2

Die buitemate van elke bord is 48 duim by 36 duim. Die oppervlakke van die
voorkante van die borde moet met een laag nie-reflekterende wit verf gespuitverf
word.

LET WEL:
1 mf van die verf bedek 'n buite-oppervlakte van 50 cm?
1 duim = 25 mm

Bepaal, deur AL die berekeninge te toon, of 5 liter verf genoeg sal wees
om 25 uitstalborde te spuitverf.

Die volgende formule kan gebruik word: Oppervlakte = lengte x breedte

Die organiseerder van die wetenskap-uitstalling het 'n keuse van twee silindriese
houers (soos hieronder getoon) vir uitstaldoeleindes. 'n Versierde etiket met 'n
1 cm-oorslag sal reg rondom die houer geplaas word om slegs die geronde oppervlakte
heeltemal te bedek.

SILINDER A SILINDER B
Middellyn = 30 cm Middellyn = 40 cm
Hoogte = 30 cm Hoogte = 20 cm

Verifieer, deur AL die berekeninge te toon, of silinder B minder materiaal sal benodig
om die versierde etikette te maak.

Die volgende formule kan gebruik word:

Geboé oppervlakte van silinder = 7 < middellyn x hoogte, gebruik a = 3,142

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

(10)

(7)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 8 DBE/Feb.—Mrt. 2018
NSS
3.3 BYLAE C toon die vioerplan van die uitleg van die stalletjies wat aan lande by die

Internasionale skou vir Hoér Onderwys toegeken is.

Gebruik BYLAE C om die vrae wat volg, te beantwoord.
3.3.1 Gee EEN praktiese rede waarom die inligtingsentrum in die middel geleé is. (2)

3.3.2 Bepaal die maksimum getal hoér-onderwys-instellings van die VSA wat by
hierdie skou kan uitstal. 3)

3.3.3 Die organiseerders van die skou het die mees uitstaande stalletjie aangewys.

Bepaal die waarskynlikheid dat hierdie uitstaande stalletjie NIE 'n stalletjie
van China sal wees nie. 3)

3.3.4 ‘n Elektrisign is ingeroep om na 'n tegniese probleem by een van die
stalletjies te kyk. Hy het die roete hieronder gevolg.

Hy het by een van die afleweringsingange ingegaan.

Hy het reguit vorentoe beweeg, verby die inligtingsentrum aan sy
linkerkant.

Hy het tussen die laaste twee rye stalletjies regs gedraai.

Hy het reg vorentoe in die rigting van die laaste stalletjie aan sy
linkerkant geloop om aan die tegniese probleem aandag te gee.

Identifiseer die afleweringsingang wat die elektrisién gebruik het en die
nommer van die stalletjie waar die tegniese probleem was. (4)

3.3.5 Identifiseer watter Chinese  stalletjie die naaste aan die
inligtingsentrum is. (2)

3.3.6 Bereken, deur meting, die skaal van die vloerplan van die uitleg van die
stalletjies indien die werklike lengte van die reghoekige inligtingsentrum

24,5 m is. (5)

[36]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 9 DBE/Feb—Mrt. 2018
NSS

VRAAG 4

4.1 Mev. Bobby het besluit om 'n besigheid oop te maak wat sportdragstelle met gedrukte

skoolembleme daarop verkoop.

Haar aanvangskoste om die masjinerie en voorraad vir die besigheid te koop, was
R10 000. Sy koop die T-hemde teen R50,00 elk en die kortbrocke teen R35,00 elk.
Dit kos 'n verdere R10,00 per item om die skoolembleem op elke item te druk.

Sy verkoop die T-hemp en kortbroek as een stel sportdrag teen R125,00.

[Aangepas uit_www.bidorbuy.co.za]

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

4.1.1 Die formule om haar totale koste te bereken, is soos volg:
Totale koste = R10 000 + R105 x (getal stelle sportdrag)
(a) Toon hoe die R105 in die formule hierbo bepaal is.
(b) Bereken haar totale koste vir 500 stelle sportklere.

4.1.2 TABEL 3 hieronder toon die verwantskap tussen die getal sportdragstelle
verkoop en haar totale inkomste uit die stelle.

TABEL 3: GETAL SPORTDRAGSTELLE VERKOOP EN DIE
TOTALE INKOMSTE (in duisend rand

GETAL
SPORTDRAGSTELLE| 0 | 200 | 400} 500} a | 800 | 1000
VERKOOP

TOTALE INKOMSTE | 9 | 95 | 50 | 62,5 | 87,5| B | 125
(in duisend rand)

Bepaal die ontbrekende waardes A en B.

4.1.3 Gebruik TABEL 3 en die vergelyking in VRAAG 4.1.1 hierbo om
TWEE reguitlyngrafieke te teken wat die totale koste en die totale inkomste
tot by 1 000 stelle sportklere verteenwoordig.

Teken duidelik benoemde grafieke op die ruitnet verskaf op die

ANTWOORDBLAD.
4.1.4 (a) Skryf die getal sportdragstelle neer wat verkoop moet word om
gelyk te breek neer en gee die inkomste by die gelykbreekpunt.
(b) Bepaal presies hoeveel stelle sportdrag verkoop moet word om 'n
wins van R6 000 te maak.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

(3)
(2)

(6)

(7)

(2)

(3)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 10 DBE/Feb.-Mrt. 2018
NSS
4.2 Die foto van 'n stel sportdrag (T-hemp en kortbroek) moet saam op 'n A4-bladsy geplaas

word, soos hieronder getoon. Die werklike afmetings van die A4-bladsy, T-hemp en
kortbroek word hieronder gegee.

A4-bladsy
T-hemp kortbroek
=
- stel =
296 mm a sportklere | t
ie 34cm

71cm i

| +23 cm >

—
<—209 mm —> <—S7 em

Bepaal, en toon AL die berekeninge, watter EEN van die twee skale
(1:3 of 1 : 4) gebruik moet word sodat die stel sportdrag op 'n A4-bladsy sal pas.

4.3 Mev. Bobby stel daarin belang om haar stelle sportdrag oor die Internet te verkoop.

Die lyngrafieke op BYLAE D toon die voorkeurgoedere wat oor die Internet en in
winkels gekoop word.

Gebruik BYLAE D om die vrae wat volg, te beantwoord.

4.3.1 Gee EEN moontlike rede waarom sommige mense verkies om goedere
oor die Internet eerder as in 'n winkel te koop.

4.3.2 Bepaal, met berekeninge, watter goedere dieselfde persentasieverskil
tussen aankope oor die Internet en aankope in winkels het.

43.3 Bepaal, met 'n rede, watter EEN van die goedere eerder in 'n winkel
gekoop sal word as oor die Internet.

TOTAAL:

Kopiereg voorbehou

(6)

(2)

(3)

(3)
[37]
150

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 11 DBE/Feb.-Mrt. 2018
NSS

ANTWOORDBLAD 1

VRAAG 4,13

SENTRUMNOMMER

EKSAMENNOMMER

140 -

130

120

110

100

90

70

60

Bedrag in duisend rand

50

40

30

20

10

INKOMSTE- EN KOSTEGRAFIEKE

0 200 400 600 800 1000

Getal stelle sportdrag

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mathematical Literacy P2 Feb March 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-feb-march-2018-memo-eng/4ef0d7bd-b6d3-4cbc-bfd0-436a06caad90) — Mathematical Literacy · Memo · 2018 · Eng
- [Mathematical Literacy P1 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-feb-march-2018-eng/6c0c56a0-f44f-4358-8023-263b848e27d3) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Eng
- [Mathematical Literacy P1 Feb March 2018 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-feb-march-2018-addendum-eng/f079b152-aa7c-41c6-b1e6-087d07337a38) — Mathematical Literacy · Addendum · 2018 · Eng
- [Grade 12 NSC Math Lit P2 Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-math-lit-p2-preparatory-2018-possible-answer/1a6b9c22-6d39-4799-8d55-c6d5e13736b3) — Mathematical Literacy · Memo · 2018
- [Mathematical Literacy P2 Feb March 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-feb-march-2017-memo-afr/f1a174b7-550e-406f-b8b8-dbba7cef5288) — Mathematical Literacy · Memo · 2017 · Afr
- [Maths Lit P1 Gr12 QP Jun2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-jun2018-eng/bcdf260f-fbf7-4b40-8bb6-4570a7f4f90b) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
