# Mathematical Literacy Grade 11 P2 2013 QP (Afr)

> Grade 11 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the National Exemplar November Exam 2013 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-grade-11-exemplar-2013-afr/5c4ca860-bf3e-4ed2-b569-36e150a0d164
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 11 P2 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-grade-11-exemplar-2013-afr/5c4ca860-bf3e-4ed2-b569-36e150a0d164)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2013. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                      1                                    DBE/2013
                                        NSS – Graad 11 Model

                                          GRAAD 12

                                      NASIONALE
                                  SENIOR SERTIFIKAAT

                                          GRAAD 11

                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

                                          MODEL 2013

PUNTE: 100

TYD: 2 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 2 bylaes.
                                                 .

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 Wiskundige Geletterdheid/V2                     2                                    DBE/2013
                                        NSS – Graad 11 Model

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.        Beantwoord VRAAG 1.4 en VRAAG 4.3.1 op die aangehegte BYLAES. Skryf jou
          naam en klas in die spasies op die BYLAES en lewer die BYLAES saam met jou
          ANTWOORDEBOEK in.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
          gebruik is.

4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
          tensy anders vermeld.

 6.        Toon ALLE berekeninge duidelik.

 7.        Rond AL die finale antwoorde tot TWEE desimale plekke af, tensy anders vermeld.

 8.        Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

 9.        Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
           vermeld.

 10.       Skryf netjies en leesbaar.

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 Wiskundige Geletterdheid/V2                      3                                       DBE/2013
                                         NSS – Graad 11 Model

VRAAG 1

Lerato wil ekstra geld verdien om vir haar studies te gebruik. Nadat sy gesien het hoeveel
mense 'Chip Twisters' koop, het sy ondersoek ingestel na die moontlikheid om self 'Chip
Twisters' te verkoop.

 Sy sal die volgende nodig hê om        'Chip Twister'          Snyer
 haar besigheid te begin:

 Vaste bates
 • 'n Snyer om die aartappels in
    ringe te sny
 • 'n Diepbraaier om die aartappels
    te braai

 Verbruiksgoedere                                               Diepbraaier
 • Aartappels
 • Bamboesstokkies
 • Olie vir braai
 • Geurmiddels

Sy vind uit dat sy 'n snyer en 'n diepbraaier vir R1 730 kan koop. Sy vra haar oom of hy vir haar
die geld sal leen om die snyer en diepbraaier te koop. Hy stem in dat sy hom aan die einde van
2 jaar kan terugbetaal, maar teen 'n saamgestelde rentekoers van 7½% per jaar, jaarliks
saamgestel.

1.1       Bereken hoeveel sy haar oom na 2 jaar moet terugbetaal.                                       (5)

1.2       Lerato gaan die volgende koste aan:

           ITEM                                                                    KOSTE
           'n 10 kg-sak mediumgrootte aartappels (gemiddeld 48 aartappels in         R49,00
           'n sak)
           100 bamboesstokkies                                                         R19,99
           200 g bottel geurmiddel                                                      R8,75
           750 m bottel kookolie                                                      R12,50
           9 kg gasbottel                                                             R259,00

          1.2.1       Om EEN 'Chip Twister' te maak, gebruik Lerato:

                      1 aartappel; 1 bamboesstokkie; 1,5 g geurmiddel

                      Bereken die koste om EEN 'Chip Twister' te maak met hierdie bestanddele.          (7)
 Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 Wiskundige Geletterdheid/V2                       4                                     DBE/2013
                                          NSS – Graad 11 Model

          1.2.2       Om die 'Chip Twister' te braai:

                      Die diepbraaier gebruik 2  kookolie om een 10 kg-sak met mediumgrootte
                      aartappels te braai.
                      Die 9 kg-gasbottel kan tot 500 'Chip Twisters' braai.

                      Bereken die totale koste om EEN 'Chip Twister' te maak.                          (7)

1.3       Lerato verkoop haar 'Chip Twisters' by 'n plaaslike vlooimark. Haar huur en
          vervoerkoste beloop R450,00 per week.

          1.3.1       Skryf die formule neer wat Lerato kan gebruik om haar weeklikse uitgawes
                      om 'Chip Twisters' te maak en te verkoop, te bereken, indien die totale
                      koste om EEN 'Chip Twister' te maak R2,50 is.

                      Skryf die formule in die vorm:

                      Weeklikse koste (in rand) = 450 + ...                                            (2)

          1.3.2       Gevolglik of andersins, bereken hoeveel 'Chip Twisters' sy sal maak
                      indien haar weeklikse koste R1 700 is.                                           (3)

1.4       Die grafiek wat Lerato se weeklikse inkomste uit die verkope van 'Chip Twisters'
          toon, is op BYLAE A geteken.

          Gebruik BYLAE A en stip op dieselfde rooster die grafiek wat Lerato se koste vir die
          maak en verkoop van 'Chip Twisters' toon.                                                    (4)

1.5       Gebruik die grafieke in VRAAG 1.4 hierbo om die volgende vrae te beantwoord.

          1.5.1       Bepaal die verkoopprys van 'n 'Chip Twister'.                                    (3)

          1.5.2       Hoeveel 'Chip Twisters' moet Lerato verkoop om gelyk te breek?                   (2)

1.6       Die aanbevole temperatuur vir die braai van 'Chip Twisters' is 220 °C. Die
          diepbraaier se temperatuur is in °F aangedui.

          Herlei 220 °C na °F.

          Gebruik die volgende formule:
          °F = (1,8 × °C) + 32°                                                                        (2)
                                                                                                       [35]

 Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 Wiskundige Geletterdheid/V2                     5                                      DBE/2013
                                        NSS – Graad 11 Model

VRAAG 2

Rocco wil die kussings van 'n bank in sy woonvertrek oordoen. Die bank het 'n reghoekige
kussing wat 1,2 m lank, 45 cm breed en 8 cm hoog is en twee identiese silindriese kussings met
'n deursnee van 18 cm en 'n lengte wat identies aan die breedte van die reghoekige kussing is.
Die kussings is van skuimrubber gemaak en daarna met materiaal oorgetrek.

                                      ROCCO SE BANK

Gebruik die volgende formules, indien nodig:

         Volume van 'n reghoekige prisma = l × b × h
                    Volume van 'n silinder = π × r2 × h
Buite-oppervlakte van 'n reghoekige prisma = 2(l × b + l × h + b × h)
          Buite-oppervlakte van 'n silinder = 2 × π × r2 + 2 × π × r × l

Waar π = 3,142
      l = lengte
      b = breedte
      h = hoogte
      r = radius van die sirkel

2.1       Bereken, in m3, die volume van die skuimrubber in:

          2.1.1       Die reghoekige kussing                                                          (3)

          2.1.2       Een silindriese kussing                                                         (4)

2.2       Bereken hoeveel die skuimrubber vir die kussings sal kos, indien dit teen R400 per
          kubieke meter verkoop word.                                                                 (3)

2.3       Rocco bereken die totale buite-oppervlakte van die kussings en sê dat hy ongeveer
          2 m2 materiaal nodig het om die kussings mee oor te trek.

          Verifieer, met AL die nodige berekeninge, of Rocco reg was of nie.                          (9)
                                                                                                      [19]

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                     6                                        DBE/2013
                                       NSS – Graad 11 Model

VRAAG 3

Marvin het 'n gimnasium. In 2012 het 'n totaal van 1 150 mense die gewigoptelklasse
bygewoon. Hy het die getal mans, vroue en rasse wat die gewigoptelklasse van 1 Januarie tot
31 Desember 2012 bygewoon het, aangeteken.

            TABEL: Getal mans en vrouens wat die gewigoptel-
                      klasse bywoon
                MAAND           GETAL         GETAL
                                 MANS         VROUE
             Januarie              60            16
             Februarie             71            19
             Maart                 63            18
             April                 82            15
             Mei                   80            19
             Junie                 52            13
             Julie                 96             A
             Augustus              79            14
             September             80            15
             Oktober              119            20
             November              76            25
             Desember              85            18
                  TOTAAL          943

 Mans
                                                         Vroue:
                                                         1,57% Asiër
         82%                                             8,26% Wit
                        18%
                                                         B% Kleurling

                                                         5,08% Swart

Gebruik die sirkeldiagram en die tabel hierbo en beantwoord die vrae wat volg.

3.1       Gee die verhouding (in die eenvoudigste vorm) van die getal vroulike
          gewigoptellers tot die getal manlike gewigoptellers wat die gewigoptelklasse in
          September 2012 bygewoon het.                                                                 (2)

3.2       Bereken die ontbrekende waardes A en B.                                                      (5)

3.3       Indien 'n gewigopteller na willekeur gekies word uit die hele jaar se gewigoptelklas,
          wat is die waarskynlikheid dat die gewigopteller 'n wit vrou sal wees?                       (5)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                       7                                     DBE/2013
                                         NSS – Graad 11 Model

3.4      Bepaal die:

         3.4.1         Gemiddelde getal mans in die gewigoptelklas                                    (3)

         3.4.2         Modus van die maandelikse getal vroue in die gewigoptelklas                    (2)

         3.4.3         Mediaan van die getal mans in die gewigoptelklas                               (3)

         3.4.4         Variasiewydte van die getal vroue in die gewigoptelklas                        (2)

3.5       Noem, met redes, of die gemiddelde, modus of mediaan die datawaardes van die
          getal mans in die gewigoptelklas die beste beskryf.                                         (3)
                                                                                                      [25]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                      8                                                 DBE/2013
                                        NSS – Graad 11 Model

VRAAG 4

          Me. Moyana het die volgende vloerplan vir die nuwe huis wat sy wil bou.

                              VLOERPLAN VIR ME. MOYANA SE HUIS
                                   Badkamer

                                                   Kombuis
                  Slaapkamer 2
                                                                   Stoep

                                                                                 Voorkant

                      Slaapkamer 1
                                                    Woonkamer

4.1       Gebruik die plan hierbo en beantwoord die vrae wat volg.

          4.1.1        Die buiteafmetings van slaapkamer 2 is 3,45 m × 3,45 m.

                       Meet die afmetings van slaapkamer 2 op die plan en bepaal die skaal wat
                       gebruik is.                                                                               (5)

          4.1.2        Hoeveel vensters is daar aan die voorkant van die huis?                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                     9                                       DBE/2013
                                       NSS – Graad 11 Model

4.2       Die diagramme hieronder toon verskillende aansigte van die huis waarvan die plan op
          die vorige bladsy getoon is.

          Gebruik die diagramme hieronder om die vrae wat volg te beantwoord. Antwoord
          deur die letter (A–D) van die korrekte aansig neer te skryf.

          4.2.1        Watter EEN van die diagramme hierbo is die vooraansig? Motiveer jou
                       antwoord.                                                                   (3)

          4.2.2        Vir watter kamers op die vloerplan word die vensters in DIAGRAM B
                       getoon?                                                                     (2)

4.3       Me. Moyana en haar man beplan om drie kinders te hê.

          'n Boomdiagram wat al die moontlike kombinasies van seuns en meisies in 'n gesin
          met drie kinders toon, is op BYLAE B geteken.

          4.3.1        Voltooi BYLAE B deur die uitkomste in die toepaslike spasies in te vul.     (3)

          4.3.2        Wat is die waarskynlikheid dat me. Moyana ten minste twee dogters sal
                       hê?                                                                         (3)

          4.3.3        Maak 'n lys van AL die uitkomste waar me. Moyana twee seuns en een
                       dogter kan hê.                                                              (3)
                                                                                                   [21]

                                                                                     TOTAAL:       100

Kopiereg voorbehou

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                                                         DBE/2013
                                      NSS – Graad 11 Model

NAAM: ________________________________              KLAS: ___________________

BYLAE A

VRAAG 1.4

                INKOMSTE EN UITGAWES VIR 'CHIP TWISTERS'

            3 400

            3 200

            3 000

            2 800

            2 600
                                                                         Inkomste
            2 400

            2 200

            2 000

   Bedrag
            1 800

            1 600

            1 400

            1 200

            1 000

             800

             600

             400

             200

               0
                    0     100   200    300       400         500   600      700     800
                                       Getal 'Chip Twisters'

Kopiereg voorbehou

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 Wiskundige Geletterdheid/V2                                                          DBE/2013
                                           NSS – Graad 11 Model

NAAM: ________________________________                    KLAS: ___________________

BYLAE B

VRAAG 4.2
                                                       UITKOMSTE

                                       S                 SSS

                                                         ------
                                   S           D
                                                   S     SDS
                               S       D                 SDD
                                                   D

                                                   S     ------

                                       S           D     DSD
                               D

                                   D
                                           S             DDS
                                       D                 -----

 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mathematical Literacy P2 Grade 11 Exemplar 2013 Afr Memo](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-grade-11-exemplar-2013-afr-memo/067ee824-48fd-47e5-962b-4b7c20c91ea0) — Mathematical Literacy · Memo · 2013 · Afr
- [Mathematical Literacy P1 Exemplar 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-exemplar-2013-eng/1409f22e-9ab3-4c31-adac-323481eb9b2b) — Mathematical Literacy · QP · 2013 · Eng
- [Gr11 MLIT P2 N13 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-mlit-p2-n13-qp-eng/a08fc217-93c2-4818-aa3d-dbcd0cd68d8a) — Mathematical Literacy · QP · 2013 · Eng
- [MATHS LIT P2 GR11 ADD NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-add-nov2020-afr-d/c8c162cb-b6de-4bd2-beae-449509619cdf) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 ADD NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-add-nov2020-eng-d/5f9d2414-7135-4f75-825c-a82791a69cbb) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Eng
- [MATHS LIT P2 QP GR11 NOV 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr11-nov-2020-afrikaans/b71c0e93-964d-44b6-a1ae-cd1c706373e7) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Mathematical Literacy

- [Gr 11 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-maths-lit-atp-2023-24/729b7b1d-095d-46f4-8082-c0c019b4c6c7) — ATP
- [MATHS LIT AFR GRADE 11 NOV 2025 ADDENDUM (3) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-afr-grade-11-nov-2025-addendum-3-watermark/e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1) — Addendum · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 NOV25 ADDENDUM ENGLISH FINAL (1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-nov25-addendum-english-final-1-watermark/6d3d1a99-ee4e-4b35-9dfc-765595836d35) — Addendum · 2025 · Eng
- [MATHS LIT P2 GRADE 11 NOV 2025 MEMO ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-grade-11-nov-2025-memo-eng-watermark/00c7d846-499c-4c72-87d9-0b9055358bc5) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-maths-literacy-grade-11-june-2025-p1-and-memo/913740d3-d3f7-470f-ad0e-289f4f74f68b) — QP + Memo · 2025
- [GP JW Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-jw-maths-literacy-grade-11-june-2025-p1-and-memo/4157e22a-6e42-4d3f-8ce9-579e85217581) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
