# Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC June 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-may-june-2021-afr/3b5e6348-319b-46f3-a039-f478912e5db9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC June 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-may-june-2021-afr/3b5e6348-319b-46f3-a039-f478912e5db9)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

SF

basic education
( Dn oa

Department:
\ CH) Basic Education
’ REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

4

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

2021

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye en 'n addendum met 3 bylaes.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 2 DBE/2021
SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2. Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:
BYLAE A vir VRAAG 2.1
BYLAE B vir VRAAG 3.2
BYLAE C vir VRAAG 4.2

3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.

4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5. Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,

tensy anders aangedui.

6. Toon AL die berekeninge duidelik aan.

7. Rond AL die finale antwoorde toepaslik tot die gegewe konteks af, tensy anders
aangedui.

8. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

9. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
aangedui.

10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 3 DBE/2021
SS/NSS

VRAAG 1

1.1 Aggie en 14 vriende het 'n stokvel begin om kruideniersware aan te koop. Die
kruidenicrsware aangekoop, sal gelykop tussen al die lede van die stokvel verdeel
word. Aggie het pryse vir die items wat hulle beplan om te koop, by twee
groothandelaars, A en B, gekry.
TABEL 1 hieronder toon die vergelyking van die pryse, BTW uitgesluit, van items wat
sy moet koop. (Sommige waardes is uitgelaat.)

TABEL 1: PRYSE VAN ITEMS BY GROOTHANDELAARS VIR JANUARIE 2020
ITEM- HOEVEELHEID GROOT- GROOT-
BESKRYWING (soos per HANDELAAR A | HANDELAAR B

(verpakkings- verpakkings- TOTALE TOTALE

| _besonderhede) besonderhede) BEDRAG BEDRAG
Koekmeel
(12,5 ke) 15 R1 274,85 R1 334,25
Mieliemeel

30 R689,70 R659,70
(5 kg)
Rama 125 g
(48 in'n pak) 15 R4 154,85 R3 899,85
# Rys
(10 kg) = 15 R1 679,85 R1 814,85
# Blikke vis
(12 blikke x 400 g) 10 R1 559,50 RI 699,00
# Langlewe-melk
(6-pak van 1 £) 15 R1 049,85 RI 154,85
Spesery (10 x 50 g) 15 RI 499,85 RI 439,85
BTW (15%) _ RI 100,05
Totaal BTW ingesluit te R13 102,40
LET WEL: # —_ beteken items is van BTW vrygestel

1£ = lkg

Gebruik die inligting en TABEL 1 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

1.1.1 Skryf neer hoeveel blikke vis elke lid van die stokvel sal ontvang. (3)
1.1.2 Aggie beweer dat sy al hierdie items op haar halfton-bakkie kan laai sonder

om dit te oorlaai.

Verifieer, met ALLE berekeninge getoon, of haar bewering geldig is. (©)

1.1.3 Bepaal, met ALLE berekeninge getoon, watter groothandelaar (A of B)
goedkoper sal wees as sy al die items (BTW ingesluit) by een
groothandelaar koop. (7)

1.1.4 Die voedsel-inflasickoers in Januarie 2021 was 5,17% en vir Januarie 2022
word dit op 5,3% geskat.

Bereken die totale bedrag wat 5kg mieliemeel aan die einde van
Januarie 2022 by Groothandelaar B sal kos. (5)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 4 DBE/2021
SS/NSS
1.2 Hieronder is 'n prentjie van 'n silindervormige 400 g-blik vis. Die blik is heeltemal

bedek met 'n etiket met afmetings soos in die prentjie getoon.

Prentjie van die etiket op 'n blik vis | Afmetings van die etiket op die blik

Middellyn
Hoogte

4

73 mm
10,6 cm

PILCHARDS —
TOMATO SAUCE |

Jy mag die volgende formules gebruik:

Omtrek van 'n sirkel = middellyn x 3,142
Buite-oppervlakte van die etiket rondom die blik = omtrek x hoogte

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

1.2.1

1.2.2

Kopiereg voorbehou

(a) _ Bereken (in cm’) die buite-oppervlakte van die etiket rondom die blik. (4)

(b) _ Bepaal die totale lengte van 'n etiket indien 'n oorslag van 0,6 cm nodig
is om dit rondom die blik vas te gom. (2)

Sommige van die blikke vis word per skip ingevoer. Die blikke vis word in
pakke van 12 toegedraai.

Toegedraaide pak met | Boaansig van 'n Skeepskrat
12 blikke vis pak met 12 blikke

Afimetings van 'n pak van 12 blikke:

© = Lengte: 29,2 cm

e = ©Breedte: 21,9 cm

e = Hoogte: 10,8 cm

Die massa van 'n leé blik is 40 g.

Die massa van 'n skeepskrat, volgepak met blikke vis, is 280 kg.
Die binneafmetings van 'n skeepskrat is 117 cm by 66 cm by 50 cm.

Pakke met blikke word lengtegewys (lengte teen lengte) in die skeepskratte
verpak.

Aggie beweer dat 'n leé skeepskrat 'n massa van minder as 20 kg het.

Verifieer, met berekeninge, of haar bewering geldig is. (9)
[37]

Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 5 DBE/2021
SS/NSS

VRAAG 2

21 Tumi het 'n beurs ontvang om aan die Universiteit van Victoria in Kanada te studeer.

Sy het vanaf die Universiteit van Victoria na Victoria Middestad gery.
BYLAE A toon die kaart en twee roetes wat sy kon gebruik het om te ry.

‘n Opsomming van die roete via Cadboroweg en Pandoralaan [12 min. (6,8 km)] wat
sy gebruik het (van die inligting is uitgelaat) word hieronder getoon.

OPSOMMING VAN DIE ROETE

Gedeelte Beskrywing van haar rit

Ry ... op Cedar Hill-kruispad na Crestview.
Ry 190m.

Draai regs in Cadboroweg.
Ry 3,2 km.

Gaan voort in Fortstaat.
Ry ... km.

Effens regs in Pandoralaan.

Ry 2,1 km.

Jy het jou bestemming bereik.

Gebruik BYLAE A en die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

Kopiereg voorbehou

In watter algemene rigting het sy vanaf Cedar Hill-kruispad na Crestview

gery?

Bepaal die afstand wat sy in Fortstraat gery het.

Noem die pad waarop sy gery nadat sy Flowerstaat oorgesteek het.

Bereken (in km/h) die gemiddelde spoed waarteen sy gery het.

Jy kan die formule gebruik:

Afstand = Spoed x Tyd

Op 'n ander dag het Tumi teen 'n gemiddelde spoed van 36,5 km/h vanaf
die Universiteit van Victoria via Shelburne na Victoria Middestad gery.

Bereken (in meter) die verskil tussen die afstande van die twee roetes.

Blaai om asseblief

Q)
(3)
(2)

(4)

(3)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdhe.

id/V2 6 DBE/2021
SS/NSS

2.2 Tumi het 'n woonstel van 1] 045 vierkante voet gehuur terwyl sy gestudeer het.

25 voet

LET WEL:

Hieronder is 'n uitlegplan van die woonstel. Die afmetings word in voet en duim gegee.

+ 109 VK.VT. BALKON

UITLEGPLAN VAN TUMI SE WOONSTEL

+ BALKON 5) N
26'-10" x 4'-0"

SLAAPKAMER

WOONKAMER 10'-8" x 9-6"
453" ¢1582" HOOFSLAAPKAMER
12'-6" x 15'-4"
EETKAMER KOMBUIS

9'-9" x 10'-3" #10'-0" x9"-10"

INGANG
4'4" x 10'-3"

[Bron: http://bcrealtyweb.com/bevreb/vreb.pictures/34969717.jp2]

1 voet = 12 duim 10'-3" = 10 voet 3 duim
1 duim = 25,4 mm

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

2.2.1

2.2.2

2.2.3

Kopiereg voorbehou

Verifieer, met ALLE berekeninge getoon, of die balkon met afmetings
26 voet 10 duim by 4 voet, groter of kleiner as 109 vierkante voet is.

Jy kan die formule gebruik:

Oppervlakte van 'n reghoek = lengte x breedte (6)
Die muur met 'n suidwestelike aansig, die balkon uitgesluit, is 25 voet.

Meet hierdie afstand op die uitlegplan om die skaal te bepaal in die vorm

lom:... voet. (3)

Tumi se maandelikse huur vir haar woonstel is C$2 188,71 (C$ is
Kanadese dollar).

Bereken die huurkoers per vierkante voet. (3)

Blaai om asseblief

### Page 7

Wiskundige Geletterdheid/V2 7 DBE/2021
SS/NSS
2.3 ‘n Huurprysverhouding word gebruik om te bereken of dit goedkoper is om eiendom

Kopiereg voorbehou

Downloaded from hlayiso.com

te huur of te koop.

Hierdie verhouding word soos volg bereken:
Gemiddelde eiendomsprys

Gemiddelde jaarlikse huur

Huurprysverhouding =

Hierdie verhouding word in die algemeen in drie kategorieé geklassifiseer:
e — Laag (15 en laer): beter om te koop as om te huur

«  Gemiddeld (15,1 tot 20): gewoonlik beter om te huur as om te koop
¢ _Hoog (20,1 en hoér): beslis beter om te huur as om te koop

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

2.3.1 Die gemiddelde huisprys is C$300 000 en die prys om te huur is C$6 000
per kwartaal.
Gee Tumi raad, met ALLE berekeninge getoon, oor of sy eiendom moet
huur of koop.

2.3.2 Die volgende is huurprysverhoudings van uitgesoekte Noord-

Amerikaanse stede:
2,11 3,62 4,24 4,24 468 5,62 5,87
6,44 652 7,20 7,59 7,64 7,64 7,69
8,32 = 8,41 8,72 9,11 11,08 13,85 15,26

Die volgende is huurprysverhoudings van uitgesoekte Suid-Asiatiese
stede:

16,68 12,00 42,80 12,55 7,00 10,82
8,55 13,56 7,07 29,86 27,71 6,84

Die huurprysverhoudings van uitgesoekte stede in Afrika word in dic
mond-en-snordiagram hieronder getoon.

; +—

2,36 K, 12,19 17,89 FAL

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

(a) Bepaal, in vereenvoudigde breukvorm, die waarskynlikheid om
willekeurig 'n Suid-Asiatiese stad te kies wat as hoog geklassifiseer
word.

(b) Bepaal die waarde van Ky; (die 1% kwartiel) indien die
interkwartielomvang (IKO) vir Afrika 14,25 is.

(c) Lewer kommentaar op die moontlikheid om eiendom in hierdie
gebiede te besit deur die minimum, maksimum en mediaanwaardes
vir Noord-Amerika en Afrika te vergelyk.

Blaai om asseblief

(4)

G3)

@)

(5)
{41]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletierdheid/V2 8 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 3
3.1 TABEL 2 toon data vir die 2018-belastingjaar vir Suid-Afrikaanse aangeslane
(belaste) belastingbetalers.
TABEL 2: BELASTINGBETALERS PER INKOMSTEGROEP SOOS VIR
2018 AANGESLAAN
+ : Aangeslane
Belasbare | Belastingbetalers Belasbare inkomste belasting
inkomste-
Bedrag Bedrag
Broep Getal % | (miljoen) | ” | (Rmiljoeny |
aru as 127 428 | 2,6% -16 302 | 1% 2| 0,0%
RI tot 400 133 | 8,1% 15.030 | 0,9% 16| 0,0%
R70 000 i 2 é
R70 001 tot ‘ 4
R350 000 2 856 043 | 58,1% 577 196 | 34,8% 59 961 | 16,8%
R350 001 tot A
R500 000 717 157 | 14,6% 297 012 | 17,9% 55 464 | 15,6%
Meer as 6
R500 000 816 268 | 16,6% 783 526 | 47,3% 240 756 | 67,6%
Totaal 4917 029 Cc 356 199
[Aangepas uit SAID en Businesstech.co.za]

Gebruik die data hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

3.1.1 Bereken ontbrekende waarde C.

3.1.2 Bepaal, tot DRIE desimale plekke, die waarskynlikheid om willekeurig 'n
aangeslane belastingbetaler te kies indien die Suid-Afrikaanse bevolking

in 2018, 57,73 miljoen was.

3.1.3 Bereken, in rand, die gemiddelde maandelikse belasbare inkomste per
belastingbetaler in die R70 001 tot R350 000 belasbare inkomstegroep.

3.1.4 In die tabel is die persentasie vir aangeslane belasting 0,0% vir die
belasbare inkomstegroep R1 tot R70 000.

Verduidelik, met berekeninge getoon, hoe hierdie persentasie verkry is.

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

(2)

(4)

(5)

i)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 9 DBE/2021
SS/NSS
3.2 Emily verdien 'n maandelikse bruto salaris van R26 904,22. Sy betaal 7,5% van haar

bruto salaris aan haar pensioenfonds. Belasbare inkomste in Suid-Afrika is bruto
inkomste minus betalings aan 'n pensioenfonds.

3.2.1 Bereken Emily se jaarlikse belasbare inkomste. (4)

3.2.2 Die BT W-koers in Maart 2018 was 14%. Hierdie koers is in April 2018 tot
15% verhoog.

Emily het in April 2018 'n item, BTW ingesluit, vir R172,50 gekoop.
Bereken die Maart 2018-prys van hierdie item, BTW ingesluit. (4)

3.2.3 BYLAE B toon die verspreiding van aangeslane belastingbetalers en
inkomstebelasting per provinsie met pyle voorgestel.

Gebruik BYLAE B om die vrae wat volg, te beantwoord.

(a) Rangskik die provinsies in dalende orde van aangeslane belasting. (4)
(b) Gee 'n rede waarom al hierdie pyle verskillende lengtes het. (2)
(c) Emily beweer dat wanneer die lengtes van die pyle van die

Noordwes en Vrystaat vergelyk word, hulle eweredig volgens die
aangeslane belastingpersentasie verskil het.

Verifieer of haar stelling geldig is. QB)
[32]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 10 DBE/2021
SS/NSS

VRAAG 4

4.1 Die Suid-Afrikaanse taxi-assosiasie, Transaction Capital, het hulle resultate vir die

huidige stand van die Suid-Afrikaanse minibustaxibedryf, vir die jaar geéindig
September 2019, gepubliseer. 'n Opsomming van die resultate is soos volg:

250 000 minibustaxi's doen tans in Suid-Afrika besigheid.

Die netto waarde van die minibustaxibedryf is R50 miljard per jaar.
Minibustaxi's is daagliks vir 15 miljoen pendelaarritte verantwoordelik.
Minibustaxi's ry 19 miljard kilometer per jaar.

Transaction Capital stel daarin belang om die Europese mark te betree.

Hieronder is twee wisselkoerse wat op verskillende tye van die dag genoteer is:

Wisselkoers A: 1 euro = 15,97 ZAR
Wisselkoers B: 1 euro = 15,966728 ZAR

[Bron: TCP_HY19 Results analysis booklet]

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

4.1.1

4.1.2

Kopiereg voorbehou

Daar word gegee dat daar een bus vir elke 13,2 minibustaxi's op die pad is.

Bepaal, tot die naaste duisend, die getal busse wat nodig sal wees om die
minibustaxi's te vervang.

Transaction Capital beplan om 'n besigheidsmodel aan 'n groep Europese
sakemanne voor te lé.

(a) Bereken (in euro) die verskil in netto waarde van die
minibustaxibedryf met gebruik van wissclkoers A en B.

(b) Regverdig watter wisselkoers (A of B) hulle moet gebruik wanneer
hulle die voorlegging aan hul Europese kligénte doen.

Die verhouding van die daaglikse pendelaarritte word soos volg gegee:
trein : bus : minibustaxi is 4:5: 75

Bereken die getal pendelaars wat NIE daagliks 'n minibustaxi gebruik NIE.
Die gemiddelde afstand tussen die maan en die Aarde is 384 402 km.

'n Minibustaxi-eienaar het beweer dat die afstand wat minibustaxi's in een
jaar aflé, meer as 24 000 ritte na die maan en terug is.

Verifieer, met ALLE berekeninge getoon, of die bewering geldig is.

Blaai om asseblief

(3)

(6)

G)

(4)

6)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 Il DBE/2021
SS/NSS

4.2 Transaction Capital is op die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (die J SE) genoteer.

(‘n Sekuriteitebeurs is 'n plek waar beleggers die aandele van 'n maatskappy in 'n
gereguleerde en wettige omgewing koop en verkoop.)

BYLAE C toon die aandeleprys van Transaction Capital vir die tydperk
9 Januarie 2015 tot 3 Januarie 2020.

(Aandele is eenhede van eienaarsbelang in 'n maatskappy of finansiéle bate wat vir 'n
gelyke verdeling van winste voorsiening maak.)

Gebruik BYLAE C en die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

4.2.1 Skryf die totale getal dae neer wat gedek word deur die tydperk op BYLAE
C getoon. (4)

4.2.2 Bepaal (in sent) die waarde van 'n aandeel op 9 Januarie 2015 indien dit
R12,68 minder was as die bedrag wat op 3 Januarie 2020 getoon is. (2)

4.2.3 Verifieer, met berekeninge getoon, of die volgende stellings KORREK is:

(a) Transaction Capital se aandeleprys het vir die dag geéindig
3 Januarie 2020 met 3,51% gedaal. (5)

(b) Aan die begin van elke jaar het aandelepryse 80% van die tyd
gedaal. (3)

4.2.4 Bereken (in rand) die wins wat 'n persoon sal maak indien hy/sy 5 000
aandele teen die 52-week laagste prys koop en dit verkoop wanneer die

prys op sy hoogste is. (5)

[40]

TOTAAL: = 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mathematical Literacy P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-may-june-2021-eng/b5f65e34-b114-440b-ab06-4bebeb9bffec) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Eng
- [Mathematical Literacy P2 May June 2021 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-may-june-2021-addendum-eng/11bca3d3-7fff-4a8a-b53c-4715b4433010) — Mathematical Literacy · Addendum · 2021 · Eng
- [Mathematical Literacy P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-may-june-2021-eng/f4502aa7-6e86-4659-8282-8e162043d7c2) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Eng
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr
- [Mathematical Literacy P2 MayJun 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-mayjun-2023-eng/4f616880-c3cb-4d41-9ead-555bbe6d5f16) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Eng
- [Mathematical Literacy P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-may-june-2017-eng/ef6b0f12-bbff-4920-9f1e-e1d888ec704b) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
