# Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-mayjun-2023-afr/2e238122-684e-42ce-b1b7-79d3a6d037e2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-mayjun-2023-afr/2e238122-684e-42ce-b1b7-79d3a6d037e2)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

basic education

Department:
Basic Education
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

2023

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n addendum met 3 bylaes.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 2 DBE/2023

SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.

2.

10.

Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:
BYLAE A vir VRAAG 1.2

BYLAE B vir VRAAG 2.1

BYLAE C vir VRAAG 5

Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.

Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.

Toon AL die berekeninge duidelik.

Rond AL die finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
aangedui.

Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 3 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 1
1.1 In TABEL 1 hieronder is 'n lys met verduidelikings en definisies van konsepte wat in
Wiskundige Geletterdheid gebruik word.
TABEL 1: VERDUIDELIKINGS EN DEFINISIES VAN KONSEPTE
A | Die afstand vanaf die middelpunt van 'n sirkel tot by die buitenste rand van die
sirkel
B_ | Die gebruik van die belangrikste rigtings (nl. noord, suid, oos en wes) om die
ligging van een punt na 'n volgende te beskryf
C_| Die pad of grens wat 'n sirkelvormige voorwerp of oppervlak omring
D_| 'n Posisie wat nie presies is nie, maar 'n voorwerp se ligging ongeveer aandui
E_ | 'n Maatstaf van liggaamsvet wat op die lengte en gewig van 'n volwasse persoon
gebaseer is
F_| Die totale oppervlakte van al die aansigte van 'n 3D-voorwerp
G |'nSpesiale tipe diagram wat gebruik word om die uitkomste van 'n gebeurtenis in
waarskynlikheidsvoorbeelde te bepaal
H_ | Die rangskikking van iets wat uitgelé is, soos die strukturele kenmerke van 'n
winkelsentrum
I_ | Die verhouding van die afstand in die werklike lewe in vergelyking met dieselfde
afstand op 'n kaart
J_| Die koers waarteen 'n sekere afstand oor tyd afgelé word

Gebruik die inligting hierbo en skryf die letter van die verduideliking of definisie
(A tot J) van ELK van die volgende konsepte neer:

1.1.1
1.1.2
1.1.3
1.1.4
1.1.5

LMI (liggaamsmassa-indeks)
Omtrek

Kaartskaal

Kompasrigting

Boomdiagram

1.2 BYLAE A toon die uitleg van 'n groentetuin met verskillende plantbeddings, asook
TABEL 2 wat plante met hulle plantpasmaats toon.

Gebruik BYLAE A om die vrae wat volg, te beantwoord.

1.2.1
1.2.2
1.2.3
1.2.4
1.2.5

Identifiseer DRIE plante wat kool as 'n pasmaat het.

Bepaal die getal pasmaats van die plant in bedding 4 van die groentetuin.
Noem die plantpasmaat wat vier keer in die pasmaat-kolom voorkom.
Gee die kompasrigting van salie vanaf die uie in die groentetuin.

Sommige van die plantbeddings in die groentetuin het meer as een tipe
plant. Skryf die plantbeddingnommers van hierdie plantbeddings neer.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

(2)
(2)
(2)
(2)
2)

G3)
2)
(2)
Q)

(3)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 4 DBE/2023
SS/NSS
1.3 Die sketse hieronder toon 'n voetstuk en 'n diagram van die voetstuk met sy
afmetings. Die voetstuk kan as 'n tafel, 'n plantstaander of as ekstra sitplek gebruik
word.
PRENT VAN VOETSTUK DIAGRAM VAN VOETSTUK
MET AFMETINGS

<->

wu $7]

(Bron: ladiff.com/project/unaconcrete-pedestals]

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

1.3.1 Kies 'n formule (A, B of C) hieronder wat gebruik kan word om die totale
volume van die voetstuk te bereken.

LET WEL: In ELKE formule is r= radius en h = hoogte.
A Volume=(2x axrxh)+(2xaxP)

B Volume=(2 axr) xh

C  Volume=axr xh (2)
1.3.2 Skryf die meeteenheid vir die volume van die voetstuk neer deur die
gegewe eenheid in die diagram te gebruik. (2)
1.3.3 Herlei die hoogte van die voetstuk na meter. (2)
[28]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 5 DBE/2023
SS/NSS

VRAAG 2

21 Ringligte is dic beste beligtingsopsie vir foto's wat van naby geneem word en vir

videografie. Ringligte word vir projekte soos grimeersessies gebruik.

BYLAE B toon die itemlys en die monteringsinstruksies vir 'n ringlig. Sommige van
die instruksies is uitgelaat.

Gebruik BYLAE B om die vrae wat volg, te beantwoord.

2.1.1 Bepaal die totale getal items wat benodig word om die ringlig aanmekaar

te sit. (2)
2.1.2 Identifiseer, in die lys, die item wat as die ringligstaander gebruik sal

word. Q)
2.1.3 Is die rigting van die pyl in diagram B kloksgewys of antikloksgewys? (2)

2.1.4 Pas die volgende instruksies by die korrekte prent (F, G of H):

(a) Klamp die selfoon aan die selfoonhouer vas. (2)
(b) _Installeer die driepoot op die draaier en draai totdat dit vas is. (2)
2.2 | Die skaal wat op 'n muurkaart in 'n klaskamer gebruik word, is 1 : 250 000. |
2.2.1 Gebruik die gegewe skaal en bepaal die afstand op die muurkaart indien
die werklike afstand 65 kilometer is. (3)
2.2.2 Noem EEN ander tipe skaal wat op kaarte gebruik word. (2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 6 DBE/2023
SS/NSS
2.3 'n Wiskundige Geletterdheid-onderwyser het 36 rieme papier by haar leerders
ingesamel.

Hieronder word 'n prent en 'n diagram, met die afmetings, van 'n riem papier getoon.
Pp gr g)

PRENT VAN 'N RIEM DIAGRAM VAN 'N RIEM PAPIER
PAPIER MET AFMETINGS

~~

L

Lengte (L) = 27,94 cm
Hoogte (H) = 6,35 cm

Breedte (B) = 21,59 cm

Die onderwyser gaan die rieme papier in 'n veilige

PRENT VAN 'N KABINET

kabinet pak, soos in die prent langsaan getoon.

Die afmetings van die maksimum ruimte op een
rak is 102 cm lank, 44 cm breed en 39 cm hoog.

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

2.3.1 Toon, met berekeninge, dat al die rieme papier wat ingesamel is, op EEN
rak van die kabinet kan pas. (7)
2.3.2 Gee EEN rede waarom die onderwyser die rieme papier in die kabinet wil
pak. (2)
[24]

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 7 DBE/2023
SS/NSS

VRAAG 3

3.1 Unathi het 'n huis gekoop. Twee van die mure in een van die slaapkamers was nie

gepleister nie. Die afmetings van die vioer

soos in die diagram hieronder getoon, met 'n muurhoogte van 2,75 m. Unathi gaan die

mure laat pleister.

LET WEL: 'Gepleister' beteken die mure word met ‘n sand-en-sementmengsel
bedek om 'n gladde muuroppervlak te skep.

van hierdie slaapkamer is 4,8 m x 3,5 m,

DIAGRAM WAT SLAAPKAMER Henatien TWEE
MET AFMETINGS TOON ONGEPLEISTERDE MURE, DIE
PLAFON EN OU KROONLYSTE
3,5 m > Plafon Ou
Ongepleis-
3 ( ma terde muur
5 Ongepleisterde
> mure oo
a ae

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

Bereken, in m’, die totale buite-oppervlakte van die twee mure wat

3.1.1
gepleister moet word.
Jy kan die volgende formule gebruik:
Opperviakte van 'n reghoek = lengte x breedte
3.1.2

Die pleister op die mure het 'n eenvormige dikte van 12 mm.

Bepaal, in cm? die volume pleister wat nodig is om hierdie twee mure te

pleister.

Jy kan die volgende formule gebruik:

Volume van pleister = oppervlakte van mure x dikte van pleister

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

(4)

G)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 8 DBE/2023
SS/NSS

3.1.3 Die voorafgemengde pleister (‘ready-mix’) is in sakke beskikbaar. Een sak
is nodig vir elke 15 000 cm’.

Bepaal die minimum getal sakke wat nodig is om die twee mure te
pleister. G)

3.1.4 Unathi wil ook al die ou kroonlyste in die slaapkamer, waar die vier mure
aan die plafon raak, vervang.

Bereken, in meter, die totale lengte van die nuwe kroonlys.

Jy kan die volgende formule gebruik: Omtrek = 2 x (lengte + breedte) (3)

3.2 Unathi is aangeraai om 'n spesifieke handelsmerk (‘brand’) voorafgemengde
(‘ready-mix’) pleister te gebruik om vog in die mure te voorkom.

3.2.1 By die winkel is daar vyf handelsmerke beskikbaar. Ongelukkig het Unathi
die naam van die spesifieke handelsmerk vergeet.

Indien sy lukraak een van die beskikbare handelsmerke kies, bepaal die
waarskynlikheid dat sy die spesifieke handelsmerk sal kies. (2)

3.2.2 Daar is 'n 0,75 waarskynlikheid dat vog sal voorkom indien die verkeerde
handelsmerk voorafgemengde pleister gebruik word.

Bepaal die waarskynlikheid dat vog NIE sal voorkom NIE indien die
verkeerde voorafgemengde (‘ready-mix’) pleister gebruik word. (2)

3.2.3 Die waarskynlikheidskaal hieronder toon die kanse vir verskillende

waarskynlikhede.
onmoontlik  kleinerkans — ewekansig groter kans seker
+ t
0% 100%

Skryf die kans neer wat die antwoord wat jy op VRAAG 3.2.2 gegee het, die
beste beskryf. (2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 9 DBE/2023
SS/NSS
3.3 Die instruksies op die voorafgemengdepleister-sak is soos volg:

* Gebruik 7 liter water vir 'n 40 kg-sak voorafgemengde

pleister. Ready-Mix
e Meng die water en pleister vir 4 minute om 'n goeie
Geo
mengsel te verkry. feast]
Moenie te lank meng nie. et
Laat die mengsel vir 3 minute staan om bymiddels te laat Alen
oplos. &2n8

Meng weer vir ongeveer 2 minute.
Pleister is gereed om te gebruik.

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

3.3.1 Bepaal hoe laat Unathi die eerste sak voorafgemengde pleister moet begin
meng indien sy dit teen 08:05 vir gebruik gereed wil hé. (3)

3.3.2 Bereken (afgerond tot TWEE desimale plekke) hoeveel gelling water sy
sal gebruik om vyf sakke pleister te meng indien een gelling = 3,78541 ¢. (3)

3.3.3 Die pleister bereik sy volle sterkte 21 dae nadat dit aangewend is, teen 'n
gemiddelde kamertemperatuur van 73,4 °F.

Herlei hierdie temperatuur na °C.

Jy kan die volgende formule gebruik: °F — 32° = (1,8 x °C) (4)
[31]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 10 DBE/2023
SS/NSS

VRAAG 4

41 Die uitlegplan van 'n vakansieoord word hieronder gegee.

Die oord het 'n reghoekige swembad en 'n tennisbaan. Daar is 'n toegegroeide deel in die
middel van die oord waar plaaslike wilde diere vanaf 'n uitkykpunt gesien kan word.
Hierdie gedeelte word deur huise omring.

UITLEGPLAN VAN 'N VAKANSIEOORD

Uitgang

‘ 2 4. 5

Swembad ° te
© a 7
» 6
[aaa ~  — Uitkykpunt
Tennisbaan™ 8
1
Sleutel: 0
5 huis
9

[Aangepas uit dikholoresort.co.za]

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
4.1.1 Bepaal die totale getal huise in hierdie vakansicoord. (2)

4.1.2 '‘n Persoon wat by die uitkykpunt staan en noord kyk, sien huise wat
noordwes front.

Gee die nommers van TWEE van die huise wat hy sien. (3)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 i DBE/2023
SS/NSS
4.2 Die eienaars van die vakansieoord beplan om 'n silindriese swembad te bou.

Die prente hieronder toon die bestaande reghoekige swembad en 'n silindervormige
swembad wat die eienaars beplan om by die vakansieoord te bou.

| SILINDERVORMIGE SWEMBAD __|

REGHOEKIGE SWEMBAD

be Middellyn

ey

[Bron: swimuniversity.com]

[Bron: vexels.com]

Swembad se binne-afmetings:

Middellyn = 7 m
Diepte = 1m

Teéls = 20 cm x 20 cm (16 in 'n boks)

Swembad se binne-afmetings:

Lengte = 6,2 m
Breedte = 3,25 m
Diepte = 1,65 m

LET WEL: 1 m’ = 1 000 liter

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

4.2.1

4.2.2
4.2.3

4.2.4

Kopiereg voorbehou

Gee EEN rede waarom jy dink dat die silindervormige swembad vir klein

kinders ontwerp is.

Verduidelik wat met kapasiteit van 'n swembad bedoel word.

Bereken, afgerond tot die naaste liter, die verskil tussen die volumes van

die twee swembaddens.

Jy kan die volgende formules gebruik:

Volume van 'n silinder = 3,142 x (radius)* x diepte

Volume van 'n reghoekige prisma = lengte x breedte x diepte

Die totale binne-oppervlakte van die silindervormige swembad gaan
geteél word. 'n Addisionele 10% teéls is aangekoop.

Jy kan die volgende formule gebruik:

Buite-oppervlakte van 'n oop silinder

= 3,142 x radius x (radius + 2 x diepte)

(a) Gee EEN rede waarom addisionele teéls aangekoop is.

(b) Die teélléer beweer dat hy meer as 100 bokse teéls benodig om die

teélwerk te voltooi.

Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of sy bewering geldig is.

Blaai om asseblief

2)
(2)

(8)

(2)

(1)
[30]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 12 DBE/2023
SS/NSS

VRAAG 5

3.1 Lanri, Neo en drie vriende beplan om na die Sani-pas in KwaZulu-Natal te ry. Hulle

sal vanaf Johannesburg reis en in Mkomazana bly.

BYLAE C toon die roetekaart na Mkomazana.

Gebruik die inligting hierbo en BYLAE C om die vrae wat volg, te beantwoord.

5.1.1 Skryf die padnommer neer waarop hulle vanaf uitgang 99 na Bulwer sal ry.

5.1.2 Gee die afstand vanaf Underberg tot by Himeville.

5.1.3 Nadat jy 2 km van Himeville af gery het, verdeel die pad na links en regs.
Noem in watter rigting (links of regs) hulle moet ry.

5.1.4 Dit is 16 km vanaf Himeville tot by Mkomazana. Die afstand tussen
Mkomazana en die hotel is 4,4 km.

Bereken hoeveel kilometer na die verdeling in die pad die hotel (met *H op
die kaart aangedui) geleé is.

5.2 Mkomazana bied huisvestingopsies vir 2 persone en 6 persone.
Die tariewe in TABEL 3 is per kothuis per nag.
TABEL 3: TARIEWE PER KOTHUIS PER NAG

HUISVESTING TARIEF
Opsies Name Middel van Naweek
die week | (Vrydag- en Saterdagnagte)
Vir 2 Klipkothuis
persone Rooskothuis R1 150 R1250
Vir 6 Valleikothuis
persone Bleshoenderkothuis R2 640 R2730

* Die enkelnag-bybelasting is R200 vir huisvesting vir 2 persone en R300 vir
huisvesting vir 6 persone.

LET WEL: Bybelasting is 'n ekstra bedrag wat betaalbaar is.

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
5.2.1 Gee 'n moontlike rede waarom daar 'n bybelasting op enkelnagverblyf is.

5.2.2 Noem, met 'n rede, watter kothuis jy vir die groep sal aanbeveel om te
bespreek.

5.2.3 Neo beweer dat die totale koste vir verblyf R8 100 sal wees indien hulle
van Donderdag- tot Saterdagnag in die kothuis bly.

Verificer, deur ALLE berekeninge te toon, of sy bewering GELDIG is.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

(2)
(2)

(2)

G)

@

(3)

(5)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 13 DBE/2023
SS/NSS

5.3 BYLAE C toon die roete vanaf Johannesburg na Durban.
Die tolhekfooie vir die Johannesburg-na-Durban-roete is soos volg:

T, (De Hoek) — R56,00
T2 (Wilge) ~ R77,00

T; (Tugela) — R82,00

Ts (Mooi) — R58,00

Ts (Marianhill) — R13,50

Lanri, Neo en vriende gaan in 'n Land Rover reis. Die voertuig het 'n brandstofverbruik
van 6,42 £/100 km en 'n sitplekuitleg soos hieronder getoon.

DIE SITPLEKUITLEG VAN 'N LAND ROVER

Gebruik BYLAE C en die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

5.3.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Indien
ONWAAR, gee 'n rede.

(a) Die N3 is die enigste pad op hierdie kaart met tolhekke.
(b) Howick is aan die oostelike kant van Lesotho.
5.3.2 Noem watter aansig in die uitlegprent verteenwoordig word.

5.3.3 Die afstand vanaf Johannesburg na Mkomazana is 588 km. Die Land Rover
1é hierdie afstand binne 7 uur af.

Bereken die gemiddelde spoed van hierdie voertuig.
Jy kan die volgende formule gebruik: Afstand = spoed x tyd

5.3.4 Die verblyf, petrol en tolhekfooie vir die heen-en-terug-reis na Mkomazana
sal gelykop tussen al die groeplede verdeel word.

Bereken die totale koste per persoon.

Jy kan R21,40 per liter as brandstofprys gebruik.

TOTAAL:

Kopiereg voorbehou

Q)
(2)
(2)

(3)

(9)
37]

150

## Related documents

- [Mathematical Literacy P2 MayJun 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-mayjun-2023-eng/4f616880-c3cb-4d41-9ead-555bbe6d5f16) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Eng
- [Mathematical Literacy P2 MayJunv 2023 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-mayjunv-2023-addendum-afr/b8569f16-1b42-4dca-b057-fdb50d48e0d3) — Mathematical Literacy · Addendum · 2023 · Afr
- [Mathematical Literacy P2 MayJun 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-mayjun-2023-addendum-eng/f5d6cbb4-e360-423a-bb48-dc47c1e1fe27) — Mathematical Literacy · Addendum · 2023 · Eng
- [MATHS LIT P2 QP GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-june-2023-afrikaans/537dd8f7-8a3f-4b18-a420-692a0342dab5) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 JUNE 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-june-2023-english/c84bd8f3-12a7-4056-b665-3970e6cb618d) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Eng
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
