# Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC November 2012 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-nov-2012-afr/ab873687-9790-4bb0-b77b-889e04a62c80
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC November 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-nov-2012-afr/ab873687-9790-4bb0-b77b-889e04a62c80)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                       GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                        WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

                                    NOVEMBER 2012

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 3 bylaes.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                   2                               DBE/November 2012
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.        Beantwoord VRAAG 3.1.2(c), VRAAG 3.2.3 en VRAAG 4.2.2 op die aangehegte
          BYLAES. Skryf jou eksamennommer en sentrumnommer in die ruimtes voorsien op
          die BYLAES en lewer die BYLAES saam met jou ANTWOORDEBOEK in.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
          gebruik is.

4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
          tensy anders aangedui.

6.        Toon AL die berekeninge duidelik aan.

7.        Rond AL die finale antwoorde tot TWEE desimale plekke af, tensy anders aangedui.

8.        Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

9.        Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
          aangedui.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 Wiskundige Geletterdheid/V2                      3                                 DBE/November 2012
                                                 NSS

VRAAG 1

1.1     Die Nel-gesin woon in Klerksdorp in Noordwes. Hulle het per motor na George in die
        Wes-Kaap gereis vir 'n vakansie. 'n Kaart van Suid-Afrika word hieronder gegee.

              KAART VAN SUID-AFRIKA WAT DIE NASIONALE PAAIE AANTOON

          N

        SLEUTEL: N1–N12, N17 stel nasionale paaie voor.

        Gebruik die kaart hierbo om die volgende vrae te beantwoord.

        1.1.1         In watter algemene rigting is George vanaf Klerksdorp?                               (2)

        1.1.2         Identifiseer die nasionale pad wat deur slegs EEN provinsie gaan.                    (2)

        1.1.3         Die gesin het met die N12 Kimberley toe gery. Toe hulle in Kimberley
                      aankom, het hulle die verkeerde afdraaipad gevat en gevind dat hulle op die
                      N8 in die rigting van Bloemfontein ry.
                      Beskryf TWEE moontlike roetes, sonder om na Kimberley terug te draai,
                      wat die gesin sou kon volg om van Bloemfontein na George te reis. Noem
                      die nasionale paaie en enige relevante dorpe in die beskrywing van die twee          (4)
                      roetes.
 Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 Wiskundige Geletterdheid/V2                        4                                  DBE/November 2012
                                                   NSS

1.2       Die Nel-gesin (twee volwassenes en twee kinders) was vir byna een week met
          vakansie.
          • Hulle het hul huis na ontbyt die Saterdagoggend verlaat en betyds by die gastehuis
            aangekom vir aandete.
          • Sondag en Woensdag het hul al hulle etes by die gastehuis geëet.
          • Maandag het hulle 'n wildreservaat besoek.
          • Dinsdag het hulle 'n natuurstaproete gestap.
          • Donderdag het hulle 'n bootrit onderneem.
          • Hulle het George Vrydag na ontbyt verlaat en na Klerksdorp teruggekeer.

          TABEL 1: Die Nel-gesin se vakansiekoste
                           ITEM                                            KOSTE*
           1 Slegs verblyf                                    R1 050 per dag vir die gesin
           2 Maaltye by die gastehuis:
              Ontbyt                                          R60 per persoon per dag
              Middagete                                       R90 per persoon per dag
              Aandete                                         R120 per persoon per dag
           3 Reiskoste:
              Langafstand-motorrit (na en van                 R1 602,86 vir die retoerrit
              Klerksdorp) en maaltydkoste op pad
              Plaaslike rondry (in en om George)              R513,60 vir die duur van die
                                                              vakansie
            4     Vermaaklikheidskoste:
                   Natuurstaproete, ontbyt ingesluit          R120 per volwassene en
                                                              R100 per kind
                   Besoek aan die wildreservaat,              R200 per persoon
                   middagete ingesluit
                   Bootrit, aandete ingesluit               R200 per volwassene en
                                                            R150 per kind
                   Ander vermaak                            R2 000
                  * Alle koste hierbo sluit belasting op toegevoegde waarde (BTW) in.

          Gebruik die inligting hierbo om die volgende vrae te beantwoord.

          1.2.1         Bepaal die totale bedrag wat hulle vir verblyf betaal het.                           (2)

          1.2.2         (a) Skryf 'n vergelyking neer wat gebruik kan word om die totale koste
                            van maaltye wat by die gastehuis geëet is, te bereken in die vorm:

                               Totale koste (in rand) = ...                                                  (3)

                        (b) Gebruik TABEL 1 en die vergelyking verkry in VRAAG 1.2.2(a) om
                            die totale koste vir die maaltye by die gastehuis te bereken indien
                            hulle daagliks DRIE maaltye geëet het.                                           (4)

          1.2.3         Mnr. Nel beweer dat die totale koste van die vakansie minder as R20 000
                        was. Verifieer of mnr. Nel se bewering korrek is of nie. ALLE
                        berekeninge moet getoon word.                                                        (9)
                                                                                                             [26]
 Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 Wiskundige Geletterdheid/V2                      5                                 DBE/November 2012
                                                 NSS

VRAAG 2

2.1       Op 14 Februarie 2012 was daar 'n ry kliënte wat gewag het om by Danny's Diner, 'n
          gewilde eetplek in Matatiele, te eet.

          Die tyd (in minute) wat 16 van Danny se kliënte in die ry moes wag, word hieronder
          gegee:

                          30     15      45     36     A       40     34      B
                          B      42      26     32     38      35     41      28

          B is 'n waarde groter as 20.

          2.1.1        Die variasiewydte (omvang) van die wagtye was 37 minute en die
                       gemiddelde wagtyd was 34 minute.

                       (a) Bereken die ontbrekende waarde A, die langste wagtyd.                        (2)

                       (b) Bereken gevolglik die waarde van B.                                          (4)

                       (c) Bepaal gevolglik die mediaan-wagtyd.                                         (3)

          2.1.2        Die onderste kwartiel en die boonste kwartiel van die wagtye is
                       onderskeidelik 27 minute en 41,5 minute.

                       Hoeveel van die 16 kliënte in die ry moes vir 'n korter tyd as die onderste
                       kwartiel wag?                                                                    (2)

          2.1.3        Danny se vorige rekords, vir 16 kliënte op 7 Februarie 2012, het getoon
                       dat die mediaan, variasiewydte (omvang) en gemiddelde wagtyd
                       onderskeidelik 10 minute, 5 minute en 10 minute was.

                       Vergelyk die statistiese maatstawwe vir die wagtye op 7 en 14 Februarie
                       en identifiseer dan TWEE moontlike redes om hierdie verskil in die
                       wagtye te verduidelik.                                                           (4)

 Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 Wiskundige Geletterdheid/V2                    6                                  DBE/November 2012
                                               NSS

2.2      Die sirkeldiagram hieronder toon die persentasie kliënte wat op 14 Februarie 2012
         verskillende maaltye by Danny's Diner bestel het.

                                 Persentasie kliënte wat verskillende
                                         maaltye bestel het

                                   Wors
                                   10%                       Hoender

                  Lamsvleis
                    25%
                                                                       Beesvleis
                                                                         20%

                                    Vis
                                   30%

          2.2.1        Indien 40 kliënte beesvleismaaltye bestel het, bepaal hoeveel kliënte
                       hoendermaaltye bestel het.                                                     (4)

          2.2.2        'n Kliënt word willekeurig gekies. Wat is die waarskynlikheid dat die
                       kliënt NIE 'n lamsvleismaaltyd bestel het nie?                                 (2)

 Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 Wiskundige Geletterdheid/V2                     7                                 DBE/November 2012
                                                NSS

2.3       Danny het 'n braaidrom gekoop om voorsiening te maak vir kliënte wat 'shisanyama'
          of braaivleis wil hê. Die braaidrom word gemaak deur 'n silindriese drom in die helfte
          deur te sny en dit op 'n staander te plaas, soos in die prentjie hieronder getoon.

          Die semisilindriese braaidrom het 'n deursnee van 572 mm en 'n volume van 108 ℓ.

          'n Reghoekige metaalrooster met afmetings 1% groter as die afmetings van die
          braaidrom is bo-op geplaas.

                                            H                      D

          H = Hoogte van die drom

          D = Middellyn van die drom

          Die volgende formules kan gebruik word:

          Volume van 'n silinder = π × (radius) 2 × (hoogte) waar π = 3,14

          Oppervlakte van 'n reghoek = lengte × breedte

          1ℓ = 1 000 000 mm3 = 0,001 m3

          2.3.1        Danny vul 13 van die basis van die drom met sand.
                       Gee TWEE praktiese redes waarom sand in die drom geplaas is.                    (4)

          2.3.2        Bereken die lengte (in mm) van die reghoekige metaalrooster. Toon AL
                       jou berekeninge.                                                                (9)
                                                                                                       [34]

 Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Wiskundige Geletterdheid/V2                      8                                DBE/November 2012
                                                 NSS

VRAAG 3

Longhorn Heights Hoërskool het R7 000,00 nodig om 'n nuwe rekenaar te koop. Die finansiële
komitee besluit om lootjies ('raffle tickets') te verkoop om fondse in te samel. 'n Kosmandjie
wat deur een van die skool se verskaffers geskenk is, sal die prys in die lotery wees.

'n Lotery is 'n manier om fondse in te samel deur genommerde kaartjies te verkoop. 'n Kaartjie
word willekeurig gekies en die gelukkige kaartjiehouer wen die prys.

3.1       Die komitee besluit om die kaartjies teen R2,00 elk te verkoop. Die kaartjies sal
          gelykop tussen 'n aantal kaartjieverkopers verdeel word.

          3.1.1        Skryf 'n formule neer wat gebruik kan word om die getal kaartjies te
                       bereken wat aan elke kaartjieverkoper gegee moet word in die vorm:

                       Getal R2,00-kaartjies per verkoper = …                                         (2)

          3.1.2        TABEL 2 hieronder toon die verhouding tussen die getal kaartjie-
                       verkopers en die getal kaartjies wat elke verkoper moet verkoop.

                       TABEL 2: Verkope van R2,00-loterykaartjies
                        Getal kaartjie-
                                             P  20    25   35     50         100    125   140
                        verkopers
                        Getal kaartjies per
                                            250 175 140 100 70                35     Q     25
                        verkoper

                       (a) Identifiseer die tipe eweredigheid wat in TABEL 2 hierbo voorgestel
                           word.                                                                      (1)

                       (b) Bereken die ontbrekende waardes P en Q.                                    (4)

                       (c) Gebruik die inligting in TABEL 2 hierbo of die formule verkry in
                           VRAAG 3.1.1 om 'n kromme op BYLAE A te teken om die getal
                           kaartjieverkopers en die getal kaartjies wat elke verkoper verkoop
                           het, voor te stel.                                                         (4)

3.2       Die finansiële komitee verander hul plan en besluit om eerder die kaartjies teen R5,00
          elk te verkoop.

           3.2.1        Gee 'n moontlike rede vir hierdie besluit.                                        (2)

           3.2.2        Noem EEN moontlike nadeel as die prys van die kaartjies verhoog word.             (2)

           3.2.3        Op BYLAE A, teken nog 'n kromme wat die getal kaartjieverkopers en
                        die getal R5,00-kaartjies wat elke verkoper verkoop het, voorstel. Toon
                        AL die nodige berekeninge.                                                        (8)

           3.2.4        Gebruik jou grafiek, of andersins, om die verskil in die getal R2,00- en
                        R5,00-kaartjies te bereken wat deur 70 kaartjieverkopers verkoop moet
                        word as daar aanvaar word dat die kaartjieverkopers al hul kaartjies
                        verkoop.                                                                          (3)
                                                                                                          [26]
 Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 Wiskundige Geletterdheid/V2                     9                                  DBE/November 2012
                                                NSS

VRAAG 4

'n Plaaslike lugredery gebruik drie tipes vliegtuie vir hul binnelandse en internasionale vlugte,
naamlik Jetstreams, Sukhoi's en Avro's.

Hieronder is 'n foto van die Jetstream-vliegtuig asook 'n tabel wat inligting oor die drie tipes
vliegtuie gee.

                                     Lengte van die Jetstream

TABEL 3: Inligting oor die drie tipes vliegtuie
       TIPE VLIEGTUIG               JETSTREAM                SUKHOI              AVRO
 Maksimum getal passasiers                 29                    37                 83
 Lengte                                 19,25 m               26,34 m            28,69 m
 Vlerkbreedte*                          18,29 m               20,04 m            21,21 m
 Hoogte                                  5,74 m                6,75 m             8,61 m
 Brandstofkapasiteit (in kg)**          2 600 kg             5 000 kg           9 362 kg
 Maksimum werkhoogte***             25 000 vt (voet)      37 000 vt (voet)   35 000 vt (voet)
 Maksimum vliegspoed****               500 km/h              800 km/h           780 km/h
                                                                     [Bron: Skyway, November 2011]

*    Die afstand vanaf die punt van die linkervlerk tot by die punt van die regtervlerk
** Die massa van die brandstof in die tenk
*** Die aanbevole maksimum hoogte waarop die vliegtuig moet vlieg vir die beste
     brandstofverbruik
**** Die maksimum gemiddelde spoed waarteen die vliegtuig by sy maksimum hoogte vlieg

4.1      Gebruik TABEL 3, wat ook op BYLAE B gegee word, om die volgende te
         beantwoord:

          4.1.1        Mnr. September vlieg vanaf Johannesburg na Polokwane saam met
                       37 ander passasiers.

                       Met watter vliegtuig het hy gevlieg? Verduidelik jou antwoord.                    (3)

          4.1.2        Die lengte van die Jetstream in die prentjie is 9,9 cm, terwyl sy werklike
                       lengte 19,25 m is.

                       Bepaal die skaal (afgerond tot die naaste 10) van die prentjie in die
                       vorm 1: …                                                                         (4)

 Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                       10                                 DBE/November 2012
                                                 NSS

         4.1.3        'n Seemyl is 'n meeteenheid wat op die omtrek van die aarde gebaseer is.

                       1 seemyl    = 1,1507 myl
                                   = 6 076 voet
                                   = 1,852 kilometer

                      Bereken die maksimum werkhoogte (tot die naaste seemyl) van die
                      Jetstream.                                                                         (3)

         4.1.4        Me. Bobe het in 'n vliegtuig gevlieg wat 'n afstand van 510 km in
                      39 minute afgelê het. Bepaal, deur ALLE bewerkings te toon, in watter
                      EEN van die drie vliegtuie sy kon gevlieg het.

                      Die volgende formule kan gebruik word:

                      Afstand = gemiddelde vliegspoed × tyd                                              (4)

         4.1.5        Bepaal die brandstofkapasiteit (tot die naaste liter) van die Avro-vliegtuig.

                      Gebruik die formule:

                                                         brandstofkapasiteit (in kg)
                      Brandstofkapasiteit (in liter) =
                                                                   820 g                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 Wiskundige Geletterdheid/V2                     11                                DBE/November 2012
                                                NSS

4.2       Die tabel hieronder toon die skedule van vlugte tussen Johannesburg en Polokwane.

          TABEL 4:        Skedule van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se vlugte tussen
                          Johannesburg en Polokwane
           VLUGNOMMER            ROETE       VERTREK-       AANKOMS-          WERKSDAE
                                               TYD            TYD
           SA 8801             JNB–POL         06:35          07:25        1 2 3 4 5
           SA 8802             POL–JNB         07:55          08:50        1 2 3 4 5
           SA 8809             JNB–POL         11:40          12:40        1 2 3 4 5 6
           SA 8809             JNB–POL         11:40          12:30                       7
           SA 8810             POL–JNB         13:00          14:05        1 2 3 4 5 6
           SA 8810             POL–JNB         13:00          13:55                    7
           SA 8817             JNB–POL         13:15          14:05        1 2 3 4 5 6 7
           SA 8818             POL–JNB         14:25          15:20        1 2 3 4 5 6 7
           SA 8815             JNB–POL         16:30          17:20        1 2 3 4 5 7
           SA 8816             POL–JNB         17:45          18:40        1 2 3 4 5 7
                                                                    [Bron: Skyways, November 2011]

          SLEUTEL: JNB = Johannesburg; POL = Polokwane
              1 = Maandag 2 = Dinsdag    3 = Woensdag            4 = Donderdag      5 = Vrydag
              6 = Saterdag 7 = Sondag

          Gebruik TABEL 4 hierbo om die volgende vrae te beantwoord.

          4.2.1        Mnr. Likobe moet op 'n Donderdag van Johannesburg na Polokwane vlieg
                       om 'n sakevergadering by te woon wat presies om 13:00 begin en presies
                       om 15:30 eindig. Hy moet vir die volle duur van die vergadering
                       teenwoordig wees. Voor sy vlug moet hy om 08:30 'n 1 uur-vergadering
                       met 'n kliënt in sy kantoor in Johannesburg bywoon. Sy kantoor is
                       30 minute se ry van die OR Tambo Internasionale Lughawe in
                       Johannesburg af. Die vergadering-lokaal in Polokwane is 5 minute se ry
                       van die lughawe af.

                       Passasiers moet ten minste 1 uur voor die vertrektyd van hul vlug by die
                       lughawe aanmeld.

                       Watter vlugnommers moet hy vir sy reis bespreek indien hy op dieselfde
                       dag na Johannesburg moet terugkeer?                                             (3)

          4.2.2        Op BYLAE B is 'n lyngrafiek wat die getal vlugte wat daagliks vir die
                       Johannesburg-na-Nelspruit-roete beskikbaar is, voorstel.

                       (a) Gebruik BYLAE B en die inligting in TABEL 4 hierbo om 'n
                           lyngrafiek te teken wat die getal vlugte wat daagliks vir die
                           Johannesburg-na-Polokwane-roete beskikbaar is, voorstel.                    (4)

                       (b) Gebruik die lyngrafieke op BYLAE B om te bepaal op watter dag
                           elk van die roetes die minste beskikbare vlugte het. Gee EEN rede
                           waarom daar minder vlugte op hierdie spesifieke dag is.                     (3)
                                                                                                       [27]

 Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                                   12                               DBE/November 2012
                                                             NSS

VRAAG 5

5.1       Mnr. Stanford besit 'n maatskappy wat gesondheidsorgprodukte verkoop. Die
          maatskappy betaal R50 per artikel plus R3 500 vir versending en verpakking. Hulle
          verkoop die artikels teen R120 elk.
          Die grafiek hieronder toon die maatskappy se koste en inkomste vir die getal artikels
          verkoop.

                                                      KOSTE EN INKOMSTE VAN
                                                     GESONDHEIDSORGPRODUKTE
                                      8000

                                                                                                    Inkomste
                                                                                                 Koste
                                      6000

                  Bedrag (in rand)
                                      4000

                                      2000

                                         0
                                             0              20                40               60
                                                         Getal artikels

          5.1.1                       Gebruik die grafiek hierbo om die presiese getal artikels te bepaal wat
                                      verkoop moet word om 'n verlies van R1 400 te gee.                                 (3)

          5.1.2                       Mnr. Stanford beweer dat die maatskappy gelyk sal breek indien
                                      40 artikels teen R137,50 elk verkoop word.

                                      Verifieer of mnr. Stanford se bewering korrek is of nie. Toon AL die
                                      nodige berekeninge.                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 Wiskundige Geletterdheid/V2                    13                             DBE/November 2012
                                               NSS

5.2       Mnr. Stanford het agt verkoopspersone by sy maatskappy in diens geneem.

          Hy het R300 000 begroot vir bonusse vir sy verkoopspersone aan die einde van 2010.
          Hy het die bonusse toegewys volgens elke verkoopspersoon se bydrae tot die totale
          verkope vir die jaar.

          TABEL 5 hieronder toon die totale jaarlikse verkope van gesondheidsorgprodukte vir
          elke verkoopspersoon gedurende 2010 en 2011 met sommige inligting weggelaat.

          TABEL 5: Totale jaarlikse verkope van gesondheidsorgprodukte gedurende
                   2010 en 2011
                                    2010                        2011
           NAAM VAN VERKOPE            VERKOPE       VERKOPE       VERKOPE
           VERKOOPS-        (IN          AS 'N           (IN          AS 'N
            PERSOON DUISENDE PERSENTASIE DUISENDE PERSENTASIE
                          RAND)                       RAND)
           Carl             350            7              440           8
           Themba           750            K              715          13
           Mabel          1 050           21            1 320          24
           Vanessa           L            17              935          17
           Henry            800           16            1 100          20
           Vivesh           900            M              660          12
           Peter            200            4              220           4
           Cindy            100            2              110           2
           TOTAAL            N           100            5 500         100

          Gebruik die inligting hierbo om die volgende vrae te beantwoord.

          5.2.1        Bereken die ontbrekende waardes N, K en L.                                    (7)

          5.2.2        Vivesh het 'n bonus van R50 000 in 2010 ontvang. Die ander verkoops-
                       persone het beswaar gemaak en gesê dat hy minder as hierdie bedrag
                       moes ontvang het.

                       Verifieer, deur AL die nodige berekeninge te toon, of hierdie beswaar
                       geldig was of nie.                                                            (5)

 Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                     14                               DBE/November 2012
                                               NSS

         5.2.3        Mnr. Stanford het vir 2011 besluit om 6,5% van die totale verkope aan
                      bonusse toe te wys en dat elke verkoopspersoon 'n basiese bonus betaal
                      sou word soos in TABEL 6 hieronder getoon.

                      Die res van die begrote bedrag vir bonusse sou dan gelykop tussen al die
                      verkoopspersone verdeel word.

                      TABEL 6: Basiese bonusstruktuur vir 2011
                                  KATEGORIE                BEDRAG IN RAND
                       Verkope tot en met 10%                   10 000
                       Verkope meer as 10% tot en met 20%       50 000
                       Verkope meer as 20%                     100 000

                      (a) Gebruik TABEL 5 en TABEL 6 op BYLAE C om Henry se basiese
                          bonus te bepaal.                                                           (2)

                      (b) Verifieer, met AL die nodige berekeninge, of Mabel se totale bonus
                          meer as R104 000 is.                                                       (8)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 Wiskundige Geletterdheid/V2                                               15                             DBE/November 2012
                                                                          NSS

5.3       Mnr. Stanford het die volgende grafiek by sy verkoopsdirekteur gekry wat die
          persentasie verkope van elke verkoopspersoon in 2011 en 2012 toon.

                                                       PERSENTASIE VERKOPE IN 2011 EN 2012

                                          Cindy

              Naam van verkoopspersoon
                                           Peter

                                          Vivesh

                                          Henry                                                               2011
                                         Vanessa                                                              2012
                                          Mabel

                                         Themba

                                            Carl

                                                   0        10       20         30        40         50
                                                                  Persentasie verkope

          5.3.1                               Interpreteer die verandering in die persentasie verkope vir Vivesh van
                                              2011 na 2012.                                                                    (2)

          5.3.2                               Nadat hy die grafiek bestudeer het, het mnr. Stanford vir Henry en Mabel
                                              as die twee beste verkoopspersone vir 2012 met verkope van 45% elk
                                              geïdentifiseer.

                                              Watter foute het mnr. Stanford in sy vertolking van die grafiek gemaak?
                                              Verduidelik jou antwoord.                                                       (4)

          5.3.3                               Noem TWEE ander tipes grafieke wat die verkoopsdirekteur kon gebruik
                                              het sodat mnr. Stanford die grafiek nie so maklik verkeerd kon vertolk het
                                              nie.                                                                            (2)
                                                                                                                              [37]

                                                                                                              TOTAAL:         150

 Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                                                                          DBE/November 2012
                                                                         NSS

SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:

BYLAE A

VRAAG 3.1.2(c) en VRAAG 3.2.3

                                                           VERKOPE VAN LOTERYKAARTJIES

                                                280

                                                240

   Getal kaartjies deur elke verkoper verkoop
                                                200

                                                160

                                                120

                                                 80

                                                 40

                                                  0
                                                      0         40             80              120                 160
                                                                     Getal kaartjieverkopers

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                                                                                  DBE/November 2012
                                                                     NSS

SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:

BYLAE B

VRAAG 4.1

TABEL 3: Inligting oor die drie tipes vliegtuie
      TIPE VLIEGTUIG              JETSTREAM                                        SUKHOI                    AVRO
Maksimum getal passasiers                29                                            37                       83
Lengte                                19,25 m                                       26,34 m                  28,69 m
Vlerkbreedte*                         18,29 m                                       20,04 m                  21,21 m
Hoogte                                5,74 m                                         6,75 m                   8,61 m
Brandstofkapasiteit (in kg)**        2 600 kg                                      5 000 kg                 9 362 kg
Maksimum werkhoogte***            25 000 vt (voet)                              37 000 vt (voet)         35 000 vt (voet)
Maksimum vliegspoed****              500 km/h                                      800 km/h                 780 km/h
                                                                                              [Bron: Skyway; November 2011]

VRAAG 4.2.2

                       GETAL VLUGTE DAAGLIKS BESKIKBAAR

                   6

    Getal vlugte
                   4                                                                                        JNB - NEL

                   2

                   0

                       Maandag
                                                                                                Sondag
                                             Woensdag    Donderdag
                                                                                   Saterdag
                                   Dinsdag                             Vrydag

                                                        Dag

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                                      DBE/November 2012
                                      NSS

LET WEL: HIERDIE IS SLEGS 'N INLIGTINGSBLAD. MOET NIE VRAAG 5.2
HIEROP BEANTWOORD NIE EN MOET DIT NIE INLEWER NIE.

BYLAE C:        INLIGTINGSBLAD

VRAAG 5.2

TABEL 5: Totale jaarlikse verkope van gesondheidsorgprodukte gedurende 2010 en 2011
                                 2010                               2011
  NAAM VAN           VERKOPE           VERKOPE          VERKOPE          VERKOPE
  VERKOOPS-       (IN DUISENDE            AS 'N       (IN DUISENDE          AS 'N
   PERSOON             RAND)         PERSENTASIE          RAND)        PERSENTASIE
Carl                     350                 7             440                8
Themba                   750                K              715               13
Mabel                  1 050                21           1 320               24
Vanessa                   L                 17             935               17
Henry                    800                16           1 100               20
Vivesh                   900                M              660               12
Peter                    200                 4             220                4
Cindy                    100                 2             110                2
TOTAAL                    N                100           5 500              100

VRAAG 5.2.3(a)

TABEL 6: Basiese bonusstruktuur vir 2011
           KATEGORIE                 BEDRAG IN RAND
Verkope tot en met 10%                    10 000
Verkope meer as 10% tot en met 20%        50 000
Verkope meer as 20%                      100 000

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [MLIT P2 S12 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p2-s12-qp-afr/ed954fca-c22c-420f-a511-16c18bf9d581) — Mathematical Literacy · QP · 2012 · Afr
- [Mathematical Literacy P1 Nov 2012 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-nov-2012-memo-afr/120d5e75-0697-4f67-8d57-288ce36007ca) — Mathematical Literacy · Memo · 2012 · Afr
- [MLIT P2 S12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p2-s12-memo-afr/53f28de3-650f-48c0-bda2-10fb7f1dd25e) — Mathematical Literacy · Memo · 2012 · Afr
- [Mathematical Literacy P2 Nov 2021 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-nov-2021-addendum-eng/bb82e9dd-c716-4f8e-8bf9-d9b87abdfddd) — Mathematical Literacy · Addendum · 2021 · Eng
- [Mathematical Literacy P2 Nov 2020 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-nov-2020-addendum-afr/f71cbcf4-d85b-4eeb-8793-a20e19d3ddc1) — Mathematical Literacy · Addendum · 2020 · Afr
- [Mathematical Literacy P2 Nov 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-nov-2017-memo-afr/4e1a0f7c-4fd9-4d34-b833-92813d75445d) — Mathematical Literacy · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
