# Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC November 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-nov-2017-afr/9e3a459a-8c6e-4f8e-b69f-bb9281587190
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-nov-2017-afr/9e3a459a-8c6e-4f8e-b69f-bb9281587190)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

—=y2ve basic education

y Department:
(G) Basic Education
WY REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

NASIONALE

SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12
eee ee ee ea el ee eke eee de ee eS SIS IMLS Se
a WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 :
rr] u
a NOVEMBER 2017 "
Eee ETC CCrrere et eter eer ere er 2

Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, 'n addendum met 6 bylaes en 1 antwoordblad.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. 2.1 Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te
beantwoord:
BYLAE A vir VRAAG 1.1
BYLAE B vir VRAAG 1.2
BYLAE C vir VRAAG 2.3
BYLAE D vir VRAAG 3.1
BYLAE E vir VRAAG 3.2
BYLAE F vir VRAAG 4.2

2.2 Beantwoord VRAAG 4.2.2 op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

2.3 Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die spasies op die
ANTWOORDBLAD. Lewer die ANTWOORDBLAD saam met jou
ANTWOORDEBOEK in.

3. Nommer die antwoorde korrek volgens dic nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.

4, Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5. Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.

6. Toon ALLE bewerkings duidelik.

7. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
aangedui.

8. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

9. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
aangedui.

10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 3

Wiskundige Geletterdheid/V2 3 DBE/November 2017
NSS

VRAAG 1

1.1 BYLAE A toon 'n opsomming van die Inkomste- en Uitgawestaat met notas van die

1.2

1.3

Kopiereg voorbehou

Downloaded from hlayiso.com

Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) vir die finansi¢le jaar geéindig
31 Maart 2016. Van die bedrae is weggelaat.

Gebruik BYLAE A en die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

1.1.1 Kommunikasiekoste het vanaf 2015 tot 2016 met 4,402% verminder.
Bereken (tot die naaste duisend rand) die kommunikasiekoste vir 2016.

1.1.2 Die SANBD voer 75% van hulle produktoetsmateriaal en verbruiksgoedere
in. Verduidelik watter moontlike uitwerking 'n verswakking van die rand
op hulle totale wins vir die jaar sal hé.

1.1.3 Vergelyk, deur AL die berekeninge te toon, die 2015- en 2016-
winspersentasies vir die SANBD.

Jy kan die volgende formule gebruik:

Winspersentasie = Totale Jaarlikse Wins x 100%

Totale Jaarlikse Primére Inkomste

BYLAE B toon die individuele belastingkoerse vir die 2016/2017-belastingjaar.

Een van die SANBD-direkteure, wat 68 jaar oud is, het 'n belasbare inkomste van
R663 000 in die 2016/2017-belastingjaar verdien.

Bereken die totale inkomstebelasting wat hierdie direkteur op sy jaarlikse belasbare
inkomste moet betaal (ignoreer mediesefondskrediete).

In 2016 het 'n totaal van 110 000 Suid-Afrikaners in die ouderdomsgroep 16 tot 19
jaar bloed geskenk. Die SANBD het besluit om geskikte hoérskoolleerders aan te
moedig om bloed te skenk. Hulle teiken is om die aantal skenkers in hierdie
ouderdomsgroep oor die volgende twee jaar teen 'n saamgestelde jaarlikse groeikoers
van 9,6% te laat toeneem.

Bereken, deur AL die berekeninge te toon, die teikengetal bloedskenkers vir 2018 in
hierdie ouderdomsgroep.

Blaai om asseblief

(4)

@)

(5)

(6)

@)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2

4
NSS

DBE/November 2017

1.4

Getal bloedskenkers

300 000

225 000 —

150 000 ~

75 000

0 -

8% 8% 8%

Asiér
92014

VAN 2014 TOT 2016

40%
4

5% 5% 5%

Swart Kleurling
2015

Die staafgrafiek hieronder toon die rassamestelling van bloedskenkers van
2014 tot 2016 ten opsigte van werklike syfers en persentasies.

RASSAMESTELLING VAN BLOEDSKENKERS

48% 45%

Wit
02016

[Bron: SANBD-jaarverslag 2016]

2% 2% 2%

Onbekend

Gebruik die staafgrafiek hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

14.1

1.4.2

1.4.3

1.4.4

Kopiereg voorbehou

Gee 'n moontlike verduideliking vir die insluiting van 'n 'Onbekend'-
kategorie as 'n rassegroep.

Beskryf 'n moontlike tendens met betrekking tot die persentasie swart
skenkers.

Verduidelik waarom daar nie met sekerheid gesé kan word dat die getal
Asiér-skenkers van 2014 tot 2016 dieselfde gebly het nie.

Die totale getal skenkers in 2016 was 490 914. Hierdie totale skenkerbasis
het marginaal met 1,02% vanaf die vorige jaar gegroei.

(a)

Bereken die getal skenkers in 2015.

(b) Bepaal vervolgens (tot die naaste 10 afgerond), die getal wit

skenkers in 2015.

Blaai om asseblief

(2)

(2)

2)

Q)

(4)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2

5

NSS

DBE/November 2017

1.5 Mensbloed word in agt hoofbloedgroepe geklassifiseer. Die SANBD doen gereeld 'n
beroep op geskikte mense om bloed te skenk.

TABEL 2 hieronder toon die verspreiding van die agt verskillende bloedgroepe in die
Suid-A frikaanse bevolking.

TABEL 3 hieronder toon die verenigbaarheid tussen die bloedgroep van die skenker
en die moontlike ontvanger.

TABEL2: VERSPREIDING VAN BLOEDGROEPE IN DIE
SUID-AFRIKAANSE BEVOLKING

BLOEDGROEP
o | o | at | a | Bt | B | aB | ab
%
Verspreiding 39 6 32 5 12 2 3 1
TABEL3: VERENIGBAARHEID TUSSEN SKENKERBLOEDGROEP
EN MOONTLIKE ONTVANGERBLOEDGROEP
SKENKERBLOEDGROEP
o | o | a | a | BY | B | ABT | AB
AB’ | Ja Ja Ja Ja Ja Ja Ja Ja
1 a, | AB” Ja Ja Ja Ja
“wo +
BOA Ja Ja Ja Ja
5 a A Ja Ja
Ss B| Bt Ja Ja Ja Ja
eo] Be Ja Ja
om oO Ja Ja
Oo Ja
[Bron: SANBD-jaarverslag 2016]
1.5.1 Skryf die waarskynlikheid neer om willekeurig 'n Suid-Afrikaner te kies
wat in die O-bloedgroep val. (2)
1.5.2 Identifiseer die bloedgroep van 'n ontvanger wat 'n 100% waarskynlikheid
het om van enige skenkerbloedgroep bloed te ontvang. (2)
1.5.3 Verifieer, met 'n rede, of dit die waarskynlikste is vir 'n O'-bloedgroep-
ontvanger om bloed van enige skenkerbloedgroep te ontvang. (3)
[40]

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 6 DBE/November 2017
NSS

VRAAG 2

2.1 Die koste van brandstof in Suid-Afrika bestaan uit die basiese brandstofprys en ander

Kopiereg voorbehou

koste, soos in die infografiek hieronder getoon.

BRANDSTOFPRYS BRANDSTOFPRYS
BY KUS IN BINNELAND
[koste va
Koste per liter Fob Koste per liter
brandstof, R11,94 R597,00 brandstof, R12,32
Brandstofheffing: —_ Brandstofheffing:
R2,85 —— | R142,50 | R285
POF: RI 4 POF: R154

kieinhandelaarswins-
marge, ens. R267 ~~

Basiese brandstof-
prys: R5,26 —

Ander koste sluit in:

Vervoer

Doeane- en aksynsreg

Kleinhandelaarswins betaal aan vulstasie-cicnaars
Sekondére berging

Brandstofheffing
Padongelukkefonds(POF)-heffing

[Aangepas uit SAID, POF, SA Petroleum Industry Association, Nasionale Tesourie]

Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

2.1.1 Verduidelik waarom die brandstofpryse in die binneland en dié by die kus
nie dieselfde is nie.

21.2 Bereken die ontbrekende waarde S.

2.1.3 Jabu se voertuig het 'n gemiddelde brandstofverbruik van 7,3 liter per
100 km.

Jabu beweer dat dit haar R50 meer vir brandstof gekos het om 1 250 km in
'n binnelandse streek te reis as wat dit by die kus gekos het om dieselfde
afstand te reis.

Verifieer, deur AL die berekeninge te toon, of Jabu se bewering geldig is.

Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2

NSS

DBE/November 2017

2.2 In sy 2017/2018-begrotingstoespraak het die Minister van Finansies 'n verhoging in

die brandstofheffing aangekondig en gesé dat die geprojekteerde inkomste uit die
brandstofheffings R70,9 miljard sou wees. Die inkomste uit die brandstofheffings vir
2016/2017 was R54 miljard.

2.2.1

2.2.2

Bepaal die persentasieverhoging in die inkomste ontvang uit die
brandstofheffings vir 2017/2018.

Bereken (tot die naaste miljard rand) die totale nasionale begrote
inkomste vir die 2017/2018 finansiéle jaar as die verhouding van
die inkomste ontvang uit brandstofheffings tot ander inkomste ontvang,
7: 118 is.

2.3 TABEL 4 in BYLAE C toon die ranglys vir 'n steekproef van 11 lande volgens:

Gemiddelde brandstofprys per gelling in Russiese roebel
Bekostigbaarheid van 'n gelling brandstof as 'n persentasie van die gemiddelde
daaglikse loon in elke land

e __Persentasie gemiddelde inkomste op brandstof gespandeer

Gebruik BYLAE C om die vrae wat volg, te beantwoord.

2.3.1

2.3.2

2.3.3

2.3.4

2.3.5

Kopiereg voorbehou

Identifiseer die land wat die mediaan is van die persentasie gemiddelde
inkomste wat op brandstof gespandeer is.

Bepaal die interkwartiel-variasiewydte van die gemiddelde inkomste wat
op brandstof gespandeer is.

Gee EEN geldige rede waarom die steekproef as onsydig beskou kan
word met betrekking tot die persentasie gemiddelde inkomste wat op
brandstof gespandeer is.

Bepaal die verskil (in Russiese roebel) tussen die gemiddelde daaglikse
loon in Indié en Suid-Afrika.

'n Leerder se oplossing vir die berekening van die variasiewydte (in rand
per gelling) van die gemiddelde brandstofpryse word hieronder getoon.

LEERDER SE OPLOSSING
Variasiewydte = 425,52 —21,44
= 404,08 Russiese roebel
404,08 Russiese roebel = 404,08 + 0,016
= 25 255 euro
25 255 euro = 25 255x 0,07
= RI 767,85

Verifieer, deur AL die berekeninge te toon, of die leerder se oplossing
korrek is.

Blaai om asseblief

(3)

(4)

2)

(4)

(2)

(6)

(6)
137]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 8 DBE/November 2017
NSS

VRAAG 3

3.1 BYLAE D toon die ligging van Lizette se eiendom, gemerk H (wat die huis insluit),

op die kaart van Mandelapark. Die nuwe uitbreiding word met donker, dikker lyne
aangedui, soos op die kaart getoon. 'n Vergroting van 'n gedeelte van die hoofkaart
word ook getoon.

Gebruik BYLAE D om die vrae wat volg, te beantwoord.
3.1.1 Indien die nommeringstelsel van die eiendomme dieselfde patroon volg,
soos op die hoofkaart getoon, bepaal die straatadres van die eiendom wat H

gemerk is. (3)

3.1.2 Gebruik afmeting en die gegewe skaal om die werklike afmetings
(in meter) van die reghoekige eiendom wat H gemerk is, te bepaal. (6)

3.1.3 Lizette het beweer dat die vergroting 5 keer groter as die ooreenstemmende
gedeelte op die hoofkaart is.

Verifieer, deur AL die berekeninge te toon, of haar bewering
geldig is. (4)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 9 DBE/November 2017
NSS
3.2 BYLAE E toon die vloerplan van 'n reghoekige vertrek wat Lizette by haar eiendom

wil voeg. Die vertrek sal 'n dak en 'n plafon met 'n plafonkroonlys hé.
Ander inligting:

Buite-afmetings van die vertrek is 5 240 mm x 4 040 mm

Die mure het deurgaans 'n dikte van 220 mm

Die plafonborde dek net die binne-oppervlakte van die plafon van die vertrek
Plafonkroonlyste (‘n versierde rand) sal tussen die mure en die plafon reg rondom
die plafon van die vertrek aangebring word, soos in BYLAE E getoon word

Jy kan die volgende formules gebruik:

Oppervlakte van 'n reghoek = lengte x breedte
Omtrek van 'n reghoek =2 x (lengte + breedte)

3.2.1 Bereken (in m’) die vloeroppervlakte van die vertrek. (6)
3.2.2 Die afmetings van elk van die plafonborde wat sy beplan om te gebruik:
900 mm x 2 400 mm
Bepaal, deur AL die berekeninge te toon, of sy 'n minimum van sewe
plafonborde vir hierdie vertrek sal benodig. (5)
3.2.3 Bereken (in mm) die presiese lengte van die plafonkroonlyste wat vir die
vertrek benodig word. (3)

3.2.4 TABEL 5 hieronder toon die pryslys van materiaal wat gebruik kan word.

TABEL 5: PRYSLYS VAN MATERIAAL (BTW INGESLUIT)

PLAFONBORDE LENGTE (in mm) | PRYS (in R)
4mm x 900 mm 2 400 91,44
4mm x 900 mm 3 000 114,31
VERSIERDE VORMWERK | LENGTE (inmm) | PRYS (in R)
Plafonkroonlys 2 000 53,64

[Aangepas uit Pryslys, Feb. 2016, SA]

Lizette beweer dat die totale koste van die materiaal (plafonborde en
plafonkroonlyste) (BTW ingesluit) minder as R1 250 sal wees.

Verifieer, deur AL die berekeninge te toon, of haar bewering KORREK is. (5)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10

Wiskundige Geletterdheid/V2 DBE/November 2017

NSS

3.3 Lizette beplan ook om 'n ondergrondse silindriese wateropgaartenk op haar eiendom te
installeer, soos in die diagram hieronder getoon.

VVERSKILLENDE AANSIGTE VAN 'N SILINDRIESE
WATEROPGAARTENK

Driedimensionele aansig

Syaansig

CC Deksel op verlengstuk

Afmetings van die tenk:
e — Kapasiteit: 8 000 £
° Lengte: 2,9m

Jy kan die volgende formule gebruik:

Volume van 'n silindriese tenk = x x (radius)” x lengte, gebruik m= 3,142

LET WEL: | liter = 1 000 cm?

3.3.1 Gee EEN moontlike rede waarom Lizette van plan is om die
wateropgaartenk ondergronds te installeer. (2)
3.3.2 Bereken (in m) die middellyn van die wateropgaartenk. (6)

[40]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 11 DBE/November 2017
NSS

VRAAG 4

4.1 Tropiese storm Dineo het in Februarie 2017 eiendom in Mosambiek beskadig, maar
ook broodnodige reén gebring. Hieronder is 'n kaart wat Meteo France (die Franse
weerkantoor) uitgereik het wat die geprojekteerde pad van die storm en gebiede wat die
waarskynlikste geraak sal word, toon.

Data op 14/02/2017 om \ an
10h van Reunion — X AT a

r *-45/10h

[) mereo france é ! !
A B c D | E ' Ff G
Sleutet. © Die middel (ook die oog genoem) van die storm

Voorspelde pad van die storm
Moontlike gebiede wat geraak gaan word

LET WEL: 15/10h dui die geprojekteerde posisie om 10:00 op 15 Februarie aan.

[Aangepas uit Meteo France]

4.1.1. Dineo is as 'n Kategorie 1-tropiese storm met 'n maksimum gemiddelde
windspoed van 95 myl per uur geklassifiseer.

LET WEL: 50 myl = 80,4672 km

Herlei (afgerond tot TWEE desimale plekke) die maksimum gemiddelde
windspoed na kilometer per uur. (3)

4.1.2 Die afstand tussen twee vertikale kodrdinaatlyne op die kaart is ongeveer
205,043 km.

Bereken, deur die gemete afstand te gebruik, die voorspelde gemiddelde
spoed (in km/h) van die storm van punt P na punt Q.

Jy kan die volgende formule gebruik:
Afstand = gemiddelde spoed x tyd (8)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

### Page 12

Wiskundige Geletterdheid/V2 12 DBE/November 2017
NSS
42 TABEL 6 op BYLAE F toon die totale getal storms van 2010 tot 2015 wat vier

43

Downloaded from hlayiso.com

wéreld-oseaanstreke getref het, sowel as die koste van die skade (in miljoene VS-
dollars (VSD)) in hierdie tydperk. Van die data in die tabel is weggelaat.

Gebrokelyngrafieke wat die getal storms vir drie streke verteenwoordig, is op die
ANTWOORDBLAD geteken.

Gebruik TABEL 6 en die grafiek op die ANTWOORDBLAD om die vrae wat volg,
te beantwoord.

4.2.1 Bepaal die ontbrekende waarde N.

4.2.2 Teken nog 'n gebrokelyngrafiek op die ANTWOORDBLAD wat die
totale getal storms verteenwoordig wat die Westelike Stille Oseaan-streek
van 2010 tot 2015 getref het.

4.2.3 Noem die streek wat 'n afwaartse neiging getoon het in die getal storms
wat vanaf 2010 tot 2014 ervaar is.

4.2.4 ‘n Nuusverslaggewer het die totale koste van die skade in die Westelike
Stille Oseaan-streek en die Noord-Atlantiese Oseaan-streek vergelyk met
die totale getal storms van 2011 tot 2015. Hy het beweer dat hoe meer
storms in 'n streek voorgekom het, hoe groter die skade was wat dit
aangerig het.

Verifieer (deur AL die berekeninge te toon en 'n rede te gee) of sy
bewering geldig is.

Die Mosambiekse inligtingsdepartement het in 2016 die volgende data aangeteken:
e  Geboortekoers is 38,3 geboortes per 1 000 bevolking
e = Sterftesyfer is 11,9 sterftes per 1 000 bevolking

e Netto migrasiekoers is —1,9 migrante per 1 000 bevolking

Bepaal Mosambiek se persentasie bevolkingsgroeikoers vir 2016.

TOTAAL:

Kopiereg voorbehou

(2)

(5)

(2)

(9)

(4)
[33]

150

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

Wiskundige Geletterdheid/V2 DBE/November 2017

NSS
ANTWOORDBLAD

VRAAG 4.2.2

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

TOTALE GETAL STORMS PER JAAR VIR.
WERELD-OSEAANSTREKE
60 T
| |
| |
i i | 7
|
50 - |
| |
| ! |
. |
| |
40 -
|
a |.
230 —-\ ! |
% N if ET Cm | eee! eee Sen | OO |
2 NS |
& | ‘\ ot |
20 -
10
oo
i ot. i
|
0 =
2015 2014 2013 2012 2011 2010
Jaar
--- Indiese — -Oostelike Stille Noord-Atlantiese

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mathematical Literacy P2 Nov 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-nov-2017-memo-afr/4e1a0f7c-4fd9-4d34-b833-92813d75445d) — Mathematical Literacy · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-preparatory-2017-question-paper/a87ab084-ffdb-4e18-92fd-a91a68e96782) — Mathematical Literacy · QP · 2017
- [Mathematical Literacy P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-may-june-2017-eng/ef6b0f12-bbff-4920-9f1e-e1d888ec704b) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Eng
- [GR12 MLIT P2 Sept2017 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mlit-p2-sept2017-memo-afr/1227c1f5-c9a7-4684-ac02-d929b0ad1fb7) — Mathematical Literacy · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/f2fdc5eb-8de9-4da5-b583-f3e5088fce88) — Mathematical Literacy · Memo · 2017 · Afr
- [Mathematical Literacy P2 May June 2017 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-may-june-2017-addendum-afr/4fa78631-bfcb-4b69-9f0b-4688cfcc3123) — Mathematical Literacy · Addendum · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
