# Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-nov-2020-afr/89a0fb04-5700-43a1-a0b6-06f1470e5166
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-nov-2020-afr/89a0fb04-5700-43a1-a0b6-06f1470e5166)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           SENIOR SERTIFIKAAT/
                      NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                        WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

                                    NOVEMBER 2020

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye,
                       1 antwoordblad en 'n addendum met 4 bylaes.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                     2                           DBE/November 2020
                                             SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.        2.1        Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te
                     beantwoord:

                     •   BYLAE A vir VRAAG 2.1
                     •   BYLAE B vir VRAAG 2.2
                     •   BYLAE C vir VRAAG 3.2
                     •   BYLAE D vir VRAAG 4.1

          2.2        Beantwoord VRAAG 4.2 op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

          2.3        Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
                     ANTWOORDBLAD voorsien is. Lewer die ANTWOORDBLAD saam met
                     jou ANTWOORDEBOEK in.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
          gebruik is.

4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
          tensy anders aangedui.

6.        Toon ALLE bewerkings duidelik.

7.        Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
          vermeld.

8.        Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

9.        Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
          vermeld.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                        3                               DBE/November 2020
                                                SS/NSS

VRAAG 1

1.1       Lindiwe stel belang in vroeëkinderonderwys. Sy het navorsing gedoen oor die getal
          leerders wat vir vroeëkinderonderwys in geselekteerde lande ingeskryf is.
          TABEL 1 toon die getal leerders wat vir vroeëkinderonderwys in geselekteerde lande
          ingeskryf is.
          TABEL 1: GETAL LEERDERS WAT VANAF 2014 TOT 2016 PER LAND
                      VIR VROEËKINDERONDERWYS INGESKRYF IS
                   LAND             2014       2015          2016
           Bulgarye               240 622    241 123       232 025
           Denemarke              300 278    291 683       284 655
           Duitsland             2 970 436  3 014 046     3 090 459
           Ierland                 78 056     71 096        82 245
           Griekeland             231 155    225 596       214 109
           Ciprus                    N        29 669        30 505
           Slowenië                83 700     84 750        85 407
           Serwië                 189 304    192 005       199 790
           Turkye                1 064 190  1 158 826     1 221 165
           Slowakye               158 195    161 906       163 740
           Verenigde Koninkryk   1 596 803  2 035 420     2 248 162
                                      -          -             -
                                                            [Aangepas uit appso.eurostat.ec/Europa.eu]

          Gebruik TABEL 1 om die vrae wat volg, te beantwoord.
          1.1.1      Bepaal die verskil in die getal leerders wat in 2015 en 2016 in Slowakye
                     ingeskryf het.                                                                         (3)
          1.1.2      Die omvang van die getal leerders wat vir 2014 ingeskryf het, was
                     2 947 664.
                     Bereken die waarde van N wat die laagste getal leerders verteenwoordig
                     wat vir 2014 ingeskryf het.                                                            (3)
          1.1.3      Beskryf die tendens wat getoon word deur die getal leerders wat in
                     Griekeland ingeskryf het.                                                              (2)
          1.1.4      Bepaal of Turkye of die Verenigde Koninkryk van 2014 tot 2016 die
                     grootste persentasie toename gehad het in die getal leerders wat vir
                     vroeëkinderonderwys ingeskryf het. Toon AL jou berekeninge.                            (6)
          1.1.5      Bepaal (as 'n desimale breuk) die waarskynlikheid om ewekansig 'n land in
                     hierdie tabel te kies wat vanaf 2015 tot 2016 'n afname in inskrywings toon.           (3)
          1.1.6      Die koste per kind vir vroeëkinderonderwys in 2016 in Denemarke was
                     €520,83 per maand, terwyl die vergelykbare koste in Slowenië €350 per
                     maand was.
                     Lindiwe het beweer dat die verhouding van die totale bedrag gespandeer
                     vir al die leerders wat in 2016 in Denemarke in vergelyking met Slowenië
                     ingeskryf het, meer as 5 : 1 is.
                     Verifieer haar bewering.                                                               (6)
Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                             4                             DBE/November 2020
                                                     SS/NSS

1.2      Lindiwe het twee sakke vuil albasters by haar bure teen R30,00 per sak gekoop. Elke
         sak het 100 albasters bevat. Sy beplan om die albasters te was voordat sy dit aan haar
         vriende by die skool verkoop. Sy gebruik 'n silindriese houer waarin sy die albasters
         gaan was, soos in die diagram hieronder getoon.
            DIAGRAM VAN 'N SILINDRIESE
                                                                    SAK MET ALBASTERS
                     HOUER
                                   64 mm

                     30 cm

               (Nie volgens skaal geteken nie)
           Binnemiddellyn = 64 mm                             Volume van 'n enkele albaster = 2 cm3
           Binnehoogte     = 30 cm

         Jy kan die volgende formules gebruik:

         Volume van 'n silinder = 3,142 × radius2 × hoogte

         Omtrek van 'n sirkel = 3,142 × middellyn

         LET WEL: 1 000 cm3 = 1 liter

          Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

          1.2.1              Lindiwe het 'n wins van 120% uit die verkoop van een sak albasters
                             gemaak.

                             Bereken, in rand, die verkoopprys van ELKE albaster.                             (4)

          1.2.2              Lindiwe het al die albasters uit beide sakke in die silindriese houer
                             geplaas om die albasters te was. Sy het daarna die houer met water gevul.

                             Lindiwe het beweer dat meer as 'n halwe liter water nodig was om die
                             silindriese houer vol te maak met die albasters reeds daarin.

                             Verifieer, met ALLE berekeninge getoon, of die bewering geldig is.               (9)

          1.2.3              Bereken, in cm, die buiteomtrek van die silindriese houer wat gebruik is
                             om die albasters in te was, indien die houer van metaal gemaak is wat
                             0,5 mm dik is.                                                                   (3)
                                                                                                              [39]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                        5                               DBE/November 2020
                                                SS/NSS

VRAAG 2

2.1        'n Totaal van 2 808 Wiskundige Geletterdheid-skrifte is ná 'n eksamen by 'n sekere
           nasiensentrum nagesien.

           TABEL 2 in BYLAE A toon data oor die nasienspan, ure gewerk, tariewe en die bedrae
           geëis vir die nasien en moderering van hierdie skrifte.

          Die nasienproses is soos volg beplan:

          • Die eerste nasiendag was 'n Maandag en het om 14:00 begin.
          • Daarna het die nasien vir 'n volle nasiendag om 08:00 begin en teen 20:00 geëindig.
          • Betaalde werksure het tee-, middagete- en aandetepouses uitgesluit.

           Die nasienspan is 'n reistoelaag van R3,26 per km vir 'n totaal van 11 542 km wat gereis
           is, betaal.

           TABEL 3 hieronder toon die werklike nasientye en pouses vir 'n volle dag.

           TABEL 3: WERKLIKE NASIENTYE EN POUSES
             BEGIN     TEE 1    MIDDAGETE      TEE 2                         AANDETE      EINDIG
            8:00    10:00–10:15 13:15–14:00 15:15–15:30                     17:45–18:30   20:00

          Gebruik die inligting hierbo en BYLAE A om die vrae wat volg, te beantwoord.

          2.1.1      Bepaal die totale bedrag wat deur die hoofmoderator (HM) en die interne
                     moderator (IM) geëis is.                                                             (3)

          2.1.2      Bereken die waarde van A in TABEL 2.                                                 (2)

          2.1.3      Nasieners word 'n maksimum aantal ure vir nasien toegelaat, op die
                     volgende formule gebaseer:

                                                Totale getal skrifte  28
                     Aantal ure vir nasien =
                                                 Getal nasieners  60

                     (a)      Gebruik die formule hierbo en bepaal die verwagte tyd en die dag
                              waarop die nasieners waarskynlik klaar sal nasien.                          (6)

                     (b)      Bepaal die werklike dag en tyd waarop die nasieners klaargemaak
                              het volgens die ure geëis, indien die nasienwerk Maandag om 14:00
                              begin het.                                                                  (4)

                     (c)      Gee EEN moontlike rede waarom die nasieners voor die verwagte
                              tyd klaargemaak het.                                                        (2)

          2.1.4      'n Totale bedrag van R400 000 is vir die nasienspan by hierdie
                     nasiensentrum begroot.

                     Verifieer of hierdie bedrag voldoende sal wees om die span vir vervoer en
                     die nasien en modereer van die skrifte te betaal.                                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                       6                             DBE/November 2020
                                               SS/NSS

2.2       Tafels met halfsirkelvormige tafelblaaie is aan die IM en HM toegeken, soos in die
          prentjie hieronder getoon. Lumka, die sentrumbestuurder, het verduidelik dat twee
          halfsirkelvormige tafelblaaie uit een vierkantige stuk hout gemaak word.

                              TAFEL MET 'N HALFSIRKELVORMIGE BLAD

          Die inligting oor hoe die halfsirkelvormige blaaie uit die vierkantige stuk hout gesny
          word, is in BYLAE B. Die afmetings van die hout is 2,7 m × 2,7 m en dit is 38 mm
          dik.

          Jy kan die volgende formules gebruik:

          Oppervlakte van 'n vierkant = sy × sy

                                             3,142  radius2
          Oppervlakte van 'n halfsirkel =
                                                    2

          Volume van 'n reghoekige prisma = lengte × breedte × hoogte

          Gebruik die inligting hierbo en BYLAE B om die vrae wat volg, te beantwoord.

          2.2.1      Lumka beweer dat 2,01 m2 van die hout afgesny word wanneer twee
                     halfsirkelvormige tafelblaaie uit een stuk hout gemaak word.

                     Verifieer, deur berekeninge te toon, of Lumka se bewering geldig is.               (8)

          2.2.2      Die hout wat gebruik word, word teen R1 215 per kubieke meter verkoop,
                     BTW teen 15% uitgesluit.

                     Bereken die totale koste, BTW ingesluit, van die hout om 12 halfsirkel-
                     vormige tafelblaaie te maak.                                                       (7)
                                                                                                        [38]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                                                  7                                                  DBE/November 2020
                                                                          SS/NSS

VRAAG 3

3.1       'n Groep studente by 'n verpleegkollege het twee toetse vir dieselfde kursus geskryf.
          TABEL 4 toon die toetspunte, as persentasies, van die studente.

          TABEL 4: TOETSPUNTE, AS PERSENTASIES, VAN DIE STUDENTE
                                                                               STUDENTE

             TOETS
                                                                           Beauty
                                                                                                                                          Mangi
                     Paul   Oscar   Helen   Elsie   Fiona   Ian   Linda             Charl   Rose   Kevin   Danie   Neo   Joan    Goitse   we
                                                                                                                                          Zena      Anita

            1        89     90      87      90      83      83    94       73       88      Y      97      95      95    86     73        73   84   63
            2        50     52      57      61      61      63    65       65       66      67     67      68      70    71     75        78   79   79
                                                                                                                   [Aangepas uit www.sanc.gov.za]

          'n Student wat 85% of meer vir 'n toets behaal, kry 'n onderskeiding.

          Gebruik die inligting in TABEL 4 om die vrae wat volg, te beantwoord.

          3.1.1             Verduidelik, met 'n rede, of die data hierbo diskreet of kontinue is.                                                           (3)

          3.1.2             Bepaal die mediaanpunt vir Toets 2.                                                                                             (3)

          3.1.3             Die gemiddelde punt vir Toets 1 was 84%. Bereken die waarde
                            van Y.                                                                                                                          (4)

          3.1.4             Identifiseer die kandidate wie se toetspunte in beide toetse met meer as
                            30% verskil het.                                                                                                                (3)

          3.1.5             Bereken die waarde van die interkwartielomvang vir Toets 2.                                                                     (4)

          3.1.6             Druk, in vereenvoudigde breukvorm, die waarskynlikheid uit dat 'n
                            kandidaat wat nie 'n onderskeiding vir Toets 1 gekry het nie, willekeurig
                            gekies word.                                                                                                                    (3)

          3.1.7             Bepaal die modale toetspunt vir Toets 1.                                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                          8                                 DBE/November 2020
                                                  SS/NSS

3.2       Mangiwe, een van die studente by die verpleegkollege, het die middestad van
          Ambleside besoek en vir een week in die Queens Hotel gebly.

          Die kaart van Ambleside se middestad word in BYLAE C gegee.

          Gebruik BYLAE C om die vrae wat volg, te beantwoord.

          3.2.1       Identifiseer die straat waar parkering nie toegelaat word nie.                          (2)

          3.2.2      Mangiwe ry vanaf Keswick na Rydalweg.

                     Gee EEN rede waarom sy nie regs in Compstonweg kan draai nie.                            (2)

          3.2.3      Gee die algemene rigting van die Queens Hotel vanaf die tennisbane.                      (2)

          3.2.4      X op die kaart is 'n punt by die inligtingsentrum en Y is 'n punt by die
                     Universiteit van Cumbria.

                     Gebruik die skaal op die kaart en bereken die reguitlynafstand van X tot Y,
                     in jaart.                                                                                (4)

          3.2.5      Mangiwe het vanaf 12:00 tot 15:25 in Kerkstraat                       geparkeer.
                     'n Verkeerskonstabel wat die gebied monitor, het haar beboet.

                     LET WEL: 'n Boete is die bedrag geld wat iemand moet betaal as daar 'n
                              oortreding is.

                      (a)     Skryf neer vir watter oortreding die verkeerskonstabel haar beboet
                              het.                                                                            (2)

                      (b)     Die verkeerskonstabel het Mangiwe met £79,75 beboet.

                              Bereken, tot die naaste £, die koers per uur vir hierdie boete.                 (5)
                                                                                                              [39]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                        9                                 DBE/November 2020
                                                SS/NSS

VRAAG 4

4.1       Keitumetse is 'n Suid-Afrikaanse student wat in Australië met vakansie is. Hy het na
          die Lawrence Teater toe gegaan om 'n musiekkonsert by te woon.

          BYLAE D toon die sitplekplan van die Lawrence Teater.

          TABEL 5 toon die enkelkaartjiepryse vir 'n besoek aan die teater, in Australiese
          dollar (Australiese BTW van 10% ingesluit).

          TABEL 5: KOSTE VAN 'N ENKELKAARTJIE IN AUSTRALIESE DOLLAR
             VRYDAG EN SATERDAG            DONDERDAG EN SONDAG
           Volwassene             $34,70 Volwassene             $28,60
           Student                $30,50 Student                $26,40
           Kinders (14 en jonger) $17,60 Kinders (14 en jonger) $17,60
                                                [Aangepas uit: https://www.theatrelawrence.com]

          Gebruik BYLAE D en die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

          4.1.1      Bepaal, as 'n persentasie, die waarskynlikheid om willekeurig 'n sitplek met
                     'n onewe nommer vir 'n gestremde persoon uit al die sitplekke in die teater
                     te kies.                                                                                (3)

          4.1.2      Identifiseer die ry en sitpleknommer vir 'n persoon wat soos volg sit:

                     • In Afdeling B
                     • Vierde ry vanaf die verhoog
                     • In die middelste sitplek                                                              (2)

          4.1.3      Keitumetse sit in D7 van Afdeling A. Hy moet sy vriend wat in A11 sit, na
                     die vertoning gaan help.

                     Beskryf die kortste moontlike pad wat hy sal volg om by A11 uit te kom.                 (4)

          4.1.4      Afdeling A tot C het die volgende getal persone wat op 'n Donderdag
                     bywoon.

                                     VOLWASSENES             STUDENT               KINDERS
                                                                               (14 EN JONGER)
                       Afdeling A             53                   15                  9
                       Afdeling B             57                   32                 15
                       Afdeling C             40                   10                  9

                     'n Bewering is gemaak dat presies $5 796, Australiese BTW uitgesluit, op
                     daardie dag ingesamel is.

                     Verifieer, met berekeninge, of hierdie bewering KORREK is.                              (8)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                      10                              DBE/November 2020
                                               SS/NSS

          4.1.5      Keitumetse het 'n kaartjie vir 'n Vrydagvertoning gekoop.

                     Bereken hoeveel die kaartjie in Suid-Afrikaanse rand kos.

                     Gebruik die wisselkoerse hieronder.

                                                 WISSELKOERS
                       1 Australiese dollar (AUD)   = 0,71 Amerikaanse dollar (VSD)
                       1 Amerikaanse dollar (VSD) = 14,43 Suid-Afrikaanse rand (ZAR)                 (3)

4.2       Terwyl Keitumetse in Australië was, het hy die inflasiekoers bestudeer.

          Die aangehegte ANTWOORDBLAD toon grafieke en data ten opsigte van die
          maandelikse inflasiekoers vir 2017 en 2018 in Australië.

          LET WEL: Die 2017-grafiek is onvolledig; die 2018-grafiek is egter volledig.

          Gebruik die inligting op die ANTWOORDBLAD om die vrae wat volg, te
          beantwoord.

          4.2.1      Voltooi die VYF ontbrekende stawe vir 2017 op die ANTWOORDBLAD.                 (5)

          4.2.2      Vergelyk 2017 met 2018 en noem die maand waarin die verskil in die
                     inflasiekoers die grootste was en bereken hierdie verskil.                      (3)

          4.2.3      Keitumetse het die tendens in die inflasiekoers vanaf die einde van
                     Oktober 2018 tot die einde van Desember 2018 opgemerk.

                     Hy het daarna beweer dat 'n motor wat aan die einde van Oktober 2018
                     AUD156 831,36 gekos het, in Januarie 2019 AUD6 500 meer sou kos.

                     Verifieer, en toon ALLE berekeninge, of sy stelling KORREK is.                  (6)
                                                                                                     [34]

                                                                                    TOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou

### Page 11

Wiskundige Geletterdheid/V2
                                                                 Downloaded from hlayiso.com                                                               DBE/November 2020
                                                                                               SS/NSS

ANTWOORDBLAD

VRAAG 4.2

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

                                                                            AUSTRALIESE INFLASIEKOERS VIR 2017 EN 2018
                                                              3.50

                              MAANDELIKSE INFLASIEKOERS (%)
                                                              3.00

                                                              2.50

                                                              2.00

                                                              1.50

                                                              1.00

                                                              0.50

                                                              0.00
                                                                   Jan    Feb    Mar    Apr    Mei      Junie   Julie   Aug    Sep    Okt    Nov    Des
                                                              2017 2.5    2.74   2.38    2.2   1.87     1.63    1.73    1.94   2.23   2.04    2.2   2.11
                                                              2018 2.07   2.21   2.36   2.46    2.8     2.87    2.95     2.7   2.28   2.52   2.18   1.91

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mathematical Literacy P2 Nov 2020 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-nov-2020-addendum-afr/f71cbcf4-d85b-4eeb-8793-a20e19d3ddc1) — Mathematical Literacy · Addendum · 2020 · Afr
- [MATH LIT P2 GR12 ADD SEPT 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/math-lit-p2-gr12-add-sept-2020-english/eee4653c-50e8-4339-9537-ac35e93bb04d) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Eng
- [MATHS LIT P2 QP GR12 SEPT2020 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-sept2020-english/159fc7c8-fb75-42e5-a050-9af674b8bdba) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Eng
- [Mathematical Literacy P1 ANSWER SHEET Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-answer-sheet-afr/7edf89e1-6840-4552-a300-80155544953c) — Mathematical Literacy · Addendum · 2020 · Afr
- [Mathematical Literacy P1 ANSWER SHEET Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-answer-sheet-eng/83c6d8a1-fe1f-47d3-ab88-81bc0125361e) — Mathematical Literacy · Addendum · 2020 · Eng
- [Mathematical Literacy P1 Nov 2020 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-nov-2020-memo-afr-eng/dc38c4a0-3539-4e44-96e2-8ed41da024dc) — Mathematical Literacy · Memo · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
