# Mathematical Literacy Grade 10 P1 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr10-qp-final-nov2019-afr-d/53e9f139-0421-4fa6-8278-83cf826c1b60
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 10 P1 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr10-qp-final-nov2019-afr-d/53e9f139-0421-4fa6-8278-83cf826c1b60)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 10 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 10

                    NOVEMBER 2019

         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

PUNTE:   75

TYD:     1½ uur

                             *XMLITA1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                      (EC/NOVEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

 2.    Beantwoord AL die vrae.

 3.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word.

 4.    Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

 5.    Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders
       vermeld.

 6.    Toon meeteenhede, waar van toepassing.

 7.    Begin ELKE vraag op ’n NUWE bladsy.

 8.    ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.

 9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                        3

 VRAAG 1

 Die fondsinsamelingskomitee van jou skool beplan hul jaarlikse lentedans. Hulle het besluit
 op ŉ lokaal wat ŉ bedrag hef van R7 500,00 vir ŉ funksie van vyf uur, met ‘n bykomende
 koste van R900,00 per uur of ŉ gedeelte daarvan. Die lokaal kan 120 gaste vir ŉ driegang-
 ete en dans akkommodeer.

 LET WEL: Die dans begin om 18:30 en eindig om 23:55.

 1.1   Identifiseer die waarde wat die vaste bedrag verteenwoordig.                                 (2)

 1.2   Is die aantal gaste wat die dans bywoon diskrete of deurlopende data?                        (2)

 1.3   As 45% van die gaste wat die dans bywoon, mans is, bereken die aantal mans by die
       dans.                                                                                        (2)

 1.4   Die dans begin om 18:30 en eindig om 23:55.

       1.4.1    Bepaal die duur van die dans, in ure en minute.                                     (2)

       1.4.2    Vervolgens, bereken die totale koste van die lokaal vir 120 gaste.                  (3)

       1.4.3    Bereken die gemiddelde bedrag wat elke gas vir die driegangmaaltyd en dans
                sal betaal.                                                                         (2)

 1.5   Die dansvloer is ‘n vierkant in die middel van die vertrek, met ŉ sylengte van 6 m.
       Bereken die omtrek van die dansvloer.

       Jy mag die volgende formule gebruik: Omtrek = 4 × sy                                        (2)
                                                                                                  [15]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                        (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 2

 2.1   Bestudeer TABEL 1 hieronder oor bankfooie by Mega Bank en beantwoord die vrae
       wat volg.

       TABEL 1: BANKFOOIE VIR MEGA BANKREKENING

                                   Mega Bankrekeningfooie
       Maandelikse rekeningfooi                R65,00
       Selfoonbankdienste                      R0,00
       Kontantonttrekkings (Mega Bank OTM)
                Eerste R1 500                  R0,00
                Meer as R1 500                 R12,00 + R1,20 per R100 (of deel
                                               daarvan)
       Kontantonttrekkings (Ander bank OTM)    R15,00

       2.1.1 Wat is die maandelikse fooie om hierdie rekening te hê?                               (2)

       2.1.2 Ababalwe onttrek R1 700 by ŉ Mega Bank OTM.
             Bereken wat hierdie onttrekking haar sal kos.                                         (3)

       2.1.3 Ababalwe moes R500 na haar ma se rekening oordra. Sy het besluit om haar
             selfoonbankdienste te gebruik om dit te doen. Hoeveel het hierdie transaksie haar
             gekos?                                                                                (2)

 2.2   Terwyl sy by die winkelsentrum was, het Ababalwe middagete by ŉ restaurant gehad.
       Haar rekening, BTW uitgesluit, was R90,80. Bereken die bedrag BTW wat gehef sal
       word, indien BTW teen 15% bereken word.                                                     (2)

 2.3   Ababalwe belê R2 000 in ŉ vaste deposito-rekening vir ŉ periode van twee jaar. Die
       bank bied haar enkelvoudige rente teen ŉ koers van 9,5% per jaar.
       Bereken die waarde van haar belegging na twee jaar.                                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                       5

 2.4   TABEL 2 hieronder toon ŉ rowwe staat van Bane se inkomste-en-uitgawe items vir ŉ
       maand. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg.

       TABEL 2: INKOMSTE EN UITGAWES VIR BANE

           INKOMSTE              BEDRAG              UITGAWES               BEDRAG
             Salaris              R11 750           Kruideniersware          R2 100
                                                         Huur                ---------
                                                       Brandstof             R1 000
                                                     Karpaaiement            R1 800
                                                      Elektrisiteit          ---------
                                                         Klere                R450
                                                      Versekering             R320
                                                       Vermaak                R600

       2.4.1 Noem EEN veranderlike en EEN vaste uitgawe item.                                    (2)

       2.4.2 Bane spandeer ŉ totaal van R3 700 op elektrisiteit en huur gekombineerd. As die
             verhouding van elektrisiteit tot huur 1 : 4 is, bepaal die bedrag wat sy vir
             elektrisiteit betaal.                                                               (3)

       2.4.3 Bereken watter persentasie van Bane se salaris aan kruideniersware bestee word.
             Rond jou antwoord af tot die naaste persentasie.                                    (3)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                        (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 3

 Gegee hieronder is ŉ eenvoudige vloerplan van ŉ een-slaapkamer woonstel. Bestudeer die
 plan en beantwoord die vrae wat volg. Die vloerplan is nie volgens skaal geteken nie.

 3.1    Hoeveel vensters het hierdie woonstel?                                                    (2)

 3.2    Van watter algemene rigting sal jy ingaan, as jy by die voordeur in die woonkamer
        ingekom het?                                                                              (2)

 3.3    Die woonkamer/kombuis gaan geteël word. Die skaal wat vir hierdie plan gebruik
        word, is 1 : 50.

        3.3.1 Verduidelik die betekenis van die skaal 1 : 50.                                     (2)

        3.3.2 As die breedte van die plan 4,8 cm wyd is en die lengte 9,3 cm lank is,
              bereken die werklike oppervlakte van die kamer.
              Gee jou antwoord in vierkante meter (m2).

                Jy mag die volgende formule gebruik: Oppervlakte = lengte × breedte               (4)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                          7

 VRAAG 4

 Hieronder is ŉ resep vir ŉ eenvoudige kaas-en-tamatie-pizza. Bestudeer die resep en
 beantwoord die vrae wat volg.

                      EENVOUDIGE KAAS-EN-TAMATIE-PIZZA
                               (Maak 1 groot pizza)
                          ¾ koppie tuisgemaakte pizza-deeg
                                 1 eetlepel olyfolie
                                  2 knoffelhuisies
                                75 mℓ tamatiepuree
                              0,23 kg mozzarella kaas
                                     2 tamaties
                              Sout en peper na smaak

                                           Onthou:
                                      1 koppie = 250 mℓ
                                      1 eetlepel = 15 mℓ
                                       1 teelepel = 5 mℓ

 4.1   Bepaal die hoeveelheid tuisgemaakte pizza-deeg wat nodig is vir drie pizzas.
       Gee jou antwoord in milliliter (mℓ).                                                          (3)

 4.2   Hoeveel eetlepels tamatiepuree is nodig vir hierdie resep?                                    (2)

 4.3   Verander die hoeveelheid kaas na gram.                                                        (2)

 4.4   Wanneer die pizza voltooi is, het die basis ŉ deursnee van 32 cm en ŉ hoogte van
       12 mm.

                                                                    Deursnee = 32 cm

                                                             Hoogte = 12 mm

                                                                         [Aangepas uit Google]

       4.4.1 Skryf die radius van een pizzabasis neer.                                               (2)

       4.4.2 Bereken die volume van een pizza (in mm3).

               Jy mag die volgende formule gebruik: Volume = ૈr2 × h;
               waar ૈ ൌ ૜ǡ ૚૝૛                                                                     (3)
                                                                                                   [12]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                       (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 5

 5.1   ŉ Groep graad 10-leerders is gevra hoeveel lugtyd hulle in ŉ maand gebruik. Die
       resultate word in die tabel hieronder gegee. Verwys na die inligting en beantwoord die
       vrae wat volg.

       TABEL 3: RESULTATE VAN GRAAD 10-LUGTYDVERBRUIKSOPNAME

          R12         R29           R5        R5     R12        R29        R29       R110

          R5          R5            R12       R29    R29        R55         R5        R12

       5.1.1 Defineer die term mediaan.                                                            (2)

       5.1.2 Bepaal die modus vir die bogenoemde data.                                             (2)

       5.1.3 Bereken die gemiddelde hoeveelheid lugtyd wat die leerders in een maand
             gebruik.                                                                              (3)

       5.1.4 Toon deur middel van berekening dat die omvang van hierdie data R105 is.              (2)

       5.1.5 Wat is die waarskynlikheid dat ŉ leerder in een maand R29 lugtyd gebruik?
             Gee jou antwoord as ŉ desimale breuk, afgerond tot drie desimale plekke.              (3)

 5.2   ŉ Opname is gedoen waar leerders gevra is wat hul gunsteling handelsmerk skoene is.
       Die resultate word in die figuur hieronder getoon.

                                                                      Sleutel
                     GUNSTELING SKOENE
                                                                  A: Adidas
                                    E                             B: Reebok
                                                                  C: Nike
                            D             A                       D: Puma
                                                                  E: Converse

                                C         B

       5.2.1 Noem die tipe grafiek hierbo.                                                         (2)

       5.2.2 Noem die DRIE mees geliefde handelsmerk skoene.                                       (2)

       5.2.3 As 300 leerders by die opname betrokke was, en 32% verkies Adidas-skoene,
             bereken die aantal leerders wat Adidas verkies het.                                  (2)
                                                                                                 [18]

                                                                                 TOTAAL:           75

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P1 GR10 QP FINAL NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr10-qp-final-nov2019-eng-d/0da5564e-0536-4ac5-9520-1df96bd3aa3a) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Eng
- [MATHS LIT P1 GR10 MEMO FINAL NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr10-memo-final-nov2019-afrikaans/e9d09bdf-b9fc-4676-8907-be1ce7c7c03a) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR10 MEMO FINAL NOV2019 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr10-memo-final-nov2019-english/9c9074fd-3ddc-46fc-a471-8dabe95b460d) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Eng
- [MATHS LIT P2 GR10 QP NOV2019 EngD](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr10-qp-nov2019-engd/fdc07bfc-343f-4dd1-9a88-a370c4d9fa05) — Mathematical Literacy · QP · 2019
- [MATHS LIT P2 GR10 QP NOV2019 AfrD](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr10-qp-nov2019-afrd/6f1021ae-be9d-43b3-a3bf-b90ae78f9f55) — Mathematical Literacy · QP · 2019
- [MATHS LIT P1 GR10 QP FINAL NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-mathematical-literacy-2019-national-november-exam-question-paper-paper-1/dd86f91d-b677-4a96-815a-161696a8a1db) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 10 Mathematical Literacy

- [Gr 10 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-maths-lit-atp-2023-24/92fc8f30-3078-45c6-9017-a138e224b210) — ATP
- [LP Maths Literacy Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade-10-june-2025-p1-and-memo/e7f8c3eb-2e73-4c9d-b508-ed762eaa72d4) — QP + Memo · 2025
- [LP Maths Literacy Grade 10 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade-10-june-2025-p2-and-memo/95ca14e5-487a-4c97-83d6-6e6e30c152af) — QP + Memo · 2025
- [GR10 MATHEMATICAL LITERACY P1 ENG MG](https://www.hlayiso.com/library/gr10-mathematical-literacy-p1-eng-mg/ea97cc66-bb9a-4fcf-b36e-3aa17a2c1c09) — Memo · 2024 · Eng
- [GR10 MATHEMATICAL LITERACY P2 ENG MG](https://www.hlayiso.com/library/gr10-mathematical-literacy-p2-eng-mg/4c80c1a0-8f26-477b-8856-d61d0074c47f) — Memo · 2024 · Eng
- [LP Maths Literacy Grade10 Investigation 2023 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade10-investigation-2023-and-memo/37fef4c0-533b-4ec3-b610-056aec18b472) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
