# Mathematical Literacy Grade 10 P1 2018 QP (Afr)

> Grade 10 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr10-qp-nov2018-afrikaans/09530ac1-b740-4c9e-916e-06b0dfc01b25
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 10 P1 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr10-qp-nov2018-afrikaans/09530ac1-b740-4c9e-916e-06b0dfc01b25)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 10 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [MATHS LIT P1 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr10-memo-nov2018-afrikaans/b9c2357f-ce6f-4853-b054-a802f19d1ff6) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 10

                    NOVEMBER 2018

         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

PUNTE:   75

TYD:     1½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                     (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.      Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

 2.      Beantwoord AL die vrae.

 3.      Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
         gebruik word.

 4.      Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

 5.      Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy
         anders vermeld.

 6.      Toon meeteenhede, waar van toepassing.

 7.      Begin ELKE vraag op ’n NUWE bladsy.

 8.      ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.

 9.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                         3

 VRAAG 1

 1.1    Decoform meubel-fabriekswinkel het ’n verjaarsdag-uitverkoping. Mnr Dlamini wil
        ’n televisie plasma-eenheid (TV) koop ter waarde van R499,00 deur van die kontant-
        opsie gebruik te maak. Alle pryse sluit belasting toegevoegde waarde (BTW) in.

        Bestudeer die betalingsopsies in TABEL 1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        TABEL 1: BETALINGSOPSIES

                     KONTANT-OPSIE                   BÊREKOOP (‘LAY-BYE’)-OPSIE
        Televisie plasma-eenheid (120 cm)          Televisie plasma-eenheid (120 cm)
        Prys: R499,00                              Prys: R499,00
        Afslag: 10%                                Deposito: 15%
        BTW (ingesluit)                            6 gelyke maandelikse paaiemente
        BTW 15%                                    L.W.: Geen afslag op items

        1.1.1 Skryf die kontantprys neer.                                                          (2)

        1.1.2 Bereken die totale kosprys van die TV plasma-eenheid (kontant-opsie).                (2)

        1.1.3 Bepaal die oorspronklike prys van die TV plasma-eenheid voor BTW
              bygevoeg is. Gee jou finale antwoord tot die naaste heelgetal.                       (3)

        1.1.4 Bereken die deposito-bedrag vir die bêrekoop (‘lay-bye’) opsie.                      (2)

        1.1.5 Skryf die grootte van die televisie plasma-eenheid in meter neer.                    (2)

 1.2    Verduidelik die term diskrete data.                                                        (2)

 1.3    Die numeriese skaal van ’n kombuisplan word as 1 : 100 gegee.
        Verduidelik wat die skaal 1: 100 beteken.                                                  (2)
                                                                                                  [15]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                            (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 2

 2.1    Bestudeer die TABEL 2 hieronder met betrekking tot die petrol prysverhoging en
        beantwoord die vrae wat volg.

        TABEL 2

         LOODVRYE PETROL AAN DIE KUS                                 PRYS
                       PER LITER
        2018, Januarie 3                                            R13,93
        2018, Februarie 7                                           R13,63
        2018, Maart 7                                               R13,27
        2018, April 4                                               R13,89
        2018, Mei 2                                                 R14,38
        2018, Junie 6                                               R15,20
        2018, Julie 4                                               R15,43
                                                                  [Bron: http/www.sapia.org.za]

        2.1.1 Skryf die prys van petrol op 7 Maart 2018 neer.                                       (2)

        2.1.2 Bereken die persentasie verandering in die prys van petrol tussen 7 Maart en
              4 April 2018. Gebruik die volgende formule:

                                                𝑁𝑢𝑤𝑒 𝑃𝑟𝑦𝑠 − 𝑂𝑢 𝑃𝑟𝑦𝑠
                          % 𝑣𝑒𝑟𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔 =                           × 100%
                                                     𝑂𝑢 𝑃𝑟𝑦𝑠
                                                                                                    (3)

 2.2    Lerato sien dat Vodolite ’n nuwe prysplan slegs vir vooruitbetaalde selfone het wat
        slegs tot 30 November 2018 beskikbaar is. Die tariewe van hierdie prysplan word
        hieronder in TABEL 3 uiteengesit. Sy hou van die prysplan en besluit om die aanbod
        op te neem.

        TABEL 3

                       GEBRUIK                                    KOSTE
        Plaaslike oproep (enige netwerk enige     90 sent per minuut (bereken per sekonde)
        tyd)
        SMS                                       80 sent per SMS heeldag
        MMS (300 KB of minder)                    R1,20 per MMS
        Internasionaal SMS                        R1,95 per SMS heeldag

        Gebruik TABEL 3 hierbo en beantwoord die vrae.

        2.2.1 Gedurende die maand November stuur Lerato een SMS per dag aan
              familielede. Bereken hoeveel hierdie aktiwiteit haar in rand kos.                     (2)

        2.2.2 Tydens die maand, spandeer Lerato 2 ure en 30 minute op haar selfoon, met
              oproepe aan haar familie. Bereken hoeveel dit haar kos.
              (Aanvaar dat daar dertig dae in die maand is.)                                        (4)

        2.2.3 Bereken Lerato se daaglikse selfoonkoste vir oproepe in rand.                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                         5

 2.3    Mandy en Joshua werk saam op Markdag by hul skool. Hulle verdeel hulle wins teen
        die verhouding 2 : 3 onderskeidelik. Hulle verdien ’n wins van R500.

        Bereken die bedrag wat Mandy sal ontvang.                                                  (2)

 2.4    Lerato beplan om met ’n minibus met vakansie te gaan. Sy skat dat sy R800 se petrol
        sal gebruik om by haar bestemming te kom.

        Die grafiek hieronder skets die verhouding tussen die hoeveelheid geld wat Lerato vir
        petrol sal moet betaal en die aantal mense wat in die minibus reis.

        Gebruik die grafiek hierbo om die vrae te beantwoord.

        2.4.1 Bepaal hoeveel dit Lerato sal kos as 4 mense saam met haar in die minibus
              reis.                                                                                (2)

        2.4.2 Bepaal die aantal mense wat saam met haar in die minibus reis, as Lerato
              R400 vir petrolgeld gebruik.                                                         (2)

        2.4.3 Bereken hoeveel die petrol-onkoste sal wees indien 9 mense in die minibus
              reis.                                                                                (2)
                                                                                                  [21]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                             (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 3

 3.1    Lerato nooi haar familie uit om ’n naweek by haar huis deur te bring. Sy besluit om
        pannekoek vir ontbyt te maak. Die volgende resep is genoeg vir 10 persone. Lerato
        wil egter 15 persone bedien. Gebruik die inligting in die resep on die vrae te
        beantwoord.

                                           PANNEKOEK
                                             Bestanddele
                                          0,25 kg meelblom
                                                2 eiers
                                            500 mℓ water
                                              5 mℓ sout

        3.1.1 Skryf die aantal persone waarvoor die resep genoeg is as ŉ verhouding tot die
              aantal persone waarvoor Lerato dit wil maak in die eenvoudigste vorm.                   (2)

        3.1.2 Hoeveel sout en water het sy nodig om vir 15 mense pannekoek te maak?                   (2)

        3.1.3 Bepaal die hoeveelheid meelblom (in gram) wat Lerato sal benodig om                     (2)
              pannekoek vir 15 mense te maak.

 3.2    Allison wil kreatief wees. Sy gaan ’n stuk grond verdeel met die een deel vir ’n sandpit
        vir haar kinders om in te speel en die ander deel vir ’n blombedding wat mooi sal lyk.
        Die stuk grond is 6,5 m wyd en 4,5 m lank van voor tot agter.

        Sy moet die hele stuk grond omhein om te verhoed dat die honde dit opgrawe. Sy
        gaan ’n 40 cm/rand aan alle kante ooplos.
        Bereken in meters die lengte van heining wat sy benodig om die hele omtrek te
        omsluit. JY mag die volgende formule gebruik:
                              Omtrek = 𝟐 × 𝒍𝒆𝒏𝒈𝒕𝒆 + 𝟐 × 𝒃𝒓𝒆𝒆𝒅𝒕𝒆                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                          7

 3.3    Bestudeer die koorspen hieronder en beantwoord die vrae.

                                                                     [Bron: holdthesulfites.com]

        3.3.1 As ’n pasiënt ’n koors (liggaamstemperatuur) van 32 ºCelsius het, skryf neer
              wat jy sou skat is sy koors (liggaamstemperatuur) in grade Fahrenheit is.             (2)

        3.3.2 Bewys jou akkuraatheid deur die volgende formule te gebruik om die presiese
              koors te bepaal: Rond die finale antwoord af tot die naaste heelgetal.

                                                 9
                                           ℉=      × ℃ + 32°
                                                 5
                                                                                                    (3)
                                                                                                   [15]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 4

 4.1    Die afstand tussen Kuilsrivier en Beaufort-Wes op die kaart is 15 cm.

        Bepaal die werklike afstand (in km) tussen die twee dorpe as die skaal op die kaart
        1 : 3 750 000 is.                                                                               (3)

 4.2    ’n Blikkie Nestlѐ koffie het ’n deursnee van 100 mm en ’n hoogte van 120 mm.
        ’n Kartondoos is 500 mm lank, 300 mm breed en 240 mm hoog. Bestudeer die
        diagramme hieronder en beantwoord die vrae.

                                                                                 120 mm

                                                                 100 mm

        Afmetings van groot reghoekige kartondoos:       Afmetings van klein koffieblik:
        Lengte = 500 mm                                  Deursnee = 100 mm
        Wydte = 300 mm                                   Hoogte = 120 mm
        Hoogte = 240 mm

                                            [Bronne: Souq.com en http://www.outofafricatrading.com]

        Bepaal die maksimum aantal blikkies wat in die kartondoos verpak kan word.                      (5)
                                                                                                        [8]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                         9

 VRAAG 5

 5.1    Die liggaamsmassa (in kg) vir elke lid van die onder-17 rugbyspan van Fundakahle
        hoërskool word in die tabel aangeteken.

        Verwys na die inligting hieronder en beantwoord die vrae.

           47         55        53         58        51          60        58         46

           55         44        55         50        62          49        52         64

        5.1.1 Skryf die modus vir die onder-17 rugbyspan neer.                                     (2)

        5.1.2 Definieer die term gemiddelde.                                                       (2)

        5.1.3 Bereken die mediaan vir die onder-17 rugbyspan.                                      (3)

        5.1.4 Bepaal die omvang van die liggaamsmassa vir die onder-17 rugbyspan.                  (2)

 5.2    ’n Opname is by Fundakahle hoërskool gedoen om die aantal seuns en meisies te
        bepaal wat dit werklik geniet om te lees. Die uitslae word in TABEL 6 hieronder
        gegee. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg.

        TABEL 6: UITSLAE VAN OPNAME

                                     Geniet lees     Geniet nie lees nie        TOTAAL
        Seuns                            A                  212                   327
        Meisies                         372                 101                   473
        TOTAAL                          487                  B                    800

        Bepaal die ontbrekende waardes A en B in die tabel hierbo.                                 (4)

 5.3    Bepaal die waarskynlikheid daarvan dat ’n meisie gekies sou wees deur middel van
        ewekansige seleksie. Skryf jou finale antwoord as ’n persentasie neer van
        ewekansige keuse.                                                                          (3)
                                                                                                  [16]

                                                                                 TOTAAL:               75

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P2 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr10-qp-nov2018-afrikaans/6927c0d6-4dd7-49f3-825c-bbecbff0ea98) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-mathematical-literacy-2018-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/ed66294c-38c9-4e40-93e3-c4ee45543f33) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Afr
- [WISK GELETTERDHEID VRAESTEL 1 GR10 AFRIK .FINAL COPY](https://www.hlayiso.com/library/wisk-geletterdheid-vraestel-1-gr10-afrik-final-copy/6b4db327-717a-40ac-9e75-34f424045c99) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr10-memo-nov2018-afrikaans/9bdb43e7-3462-4d32-8a60-d200a73cc98a) — Mathematical Literacy · Memo · 2018 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-mathematical-literacy-2018-national-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/3f22c290-8919-4fa7-a98c-048304fb5bee) — Mathematical Literacy · Memo · 2018 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR10 MEMO FINAL NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr10-memo-final-nov2019-afrikaans/e9d09bdf-b9fc-4676-8907-be1ce7c7c03a) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 10 Mathematical Literacy

- [Gr 10 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-maths-lit-atp-2023-24/92fc8f30-3078-45c6-9017-a138e224b210) — ATP
- [LP Maths Literacy Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade-10-june-2025-p1-and-memo/e7f8c3eb-2e73-4c9d-b508-ed762eaa72d4) — QP + Memo · 2025
- [LP Maths Literacy Grade 10 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade-10-june-2025-p2-and-memo/95ca14e5-487a-4c97-83d6-6e6e30c152af) — QP + Memo · 2025
- [LP Maths Literacy Grade10 Investigation 2023 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade10-investigation-2023-and-memo/37fef4c0-533b-4ec3-b610-056aec18b472) — Memo · 2023
- [LP Maths Literacy Grade10 Investigation 2023 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade10-investigation-2023-and-memo/4571ed98-7174-46df-9c42-d7f868eaf408) — Memo · 2023
- [Maths Literacy Grade 10 June 2022 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/maths-literacy-grade-10-june-2022-qp-and-memo/4f85eb02-4cf2-422e-9d22-6b0ee1c1aa60) — QP + Memo · 2022

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
