# Mathematical Literacy Grade 11 P1 2022 QP (Afr)

> Grade 11 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/ddabe8fd-0440-4cc5-8520-b5404187a747
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 11 P1 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/ddabe8fd-0440-4cc5-8520-b5404187a747)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [MATS LIT P1 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mats-lit-p1-gr11-memo-nov2022-afrikaans/82c1eccc-bd69-4888-8907-cade8df40621) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 11

                               NOVEMBER 2022

            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, insluitend twee antwoordblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                     (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.     2.1     Gebruik ANTWOORDBLAD 1 om VRAAG 4.1.3 te beantwoord.

       2.2     Gebruik ANTWOORDBLAD 2 om VRAAG 4.3.1 te beantwoord.

       2.3     Skryf jou NAAM en GRAAD in die spasies wat voorsien is op
               ANTWOORDBLAD 1 vir VRAAG 4.1.3 en ANTWOORDBLAD 2 vir
               VRAAG 4.3.1.
               Handig die ANTWOORDBLAAIE met jou ANTWOORDEBOEK in.

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is.

4.     Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

5.     Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders
       aangedui.

6.     Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

7.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

8.     Toon ALLE berekeninge duidelik.

9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                 3

VRAAG 1

1.1    Bestudeer die onderstaande salarisstrokie van me. Jane Bukirwa vir die maand van
       Oktober 2021en beantwoord die vrae wat volg.

           GM’s Motorwassery Ko-Bpk.
           8 Downstraat,
           Komani,
           5319
           Tel:__________
           Selfoonnr.: ____________

                                                                   [www.yorkshire.co.uk]
           Salarisstrokie vir die maand van Oktober 2021
           Naam van werknemer: Jane Bukirwa       Dae betaal: 30
           Geslag:                 Vroulik        Verlof sonder betaling: 1
           Werksomskrywing:        Klerk/Kassier  Salarisstrokie no.: 10/2021
                 Inkomste              Bedrag          Aftrekkings          Bedrag
           Basiese salaris              R5 000    Salarisvoorskot           R650
           Oortyd ure              45             LBP                       R774
           Oortydkoers             R25            WVF: 1% van Totale
                                                  Betalings                  R61,25
           Oortydbetaling               R1 125    Ander aftrekkings            -
           Totale Betaling               R6 125   Totale aftrekkings          ----
           Netto Salaris               R4 639,75

       1.1.1    Skryf me. Jane Bukirwa se werksomskrywing neer.                                     (2)

       1.1.2    Bereken haar totale aftrekkings.                                                    (2)

       1.1.3    Toon, deur berekeninge, hoe die totale oortyd betaling van R1 125, bepaal is.       (2)

       1.1.4    Definieer die term ‘netto salaris’ volgens die bogenoemde konteks.                  (2)

       1.1.5    Bereken die bedrag wat by Jane Bukirwa se basiese salaris bygevoeg sal word,
                as haar basiese salaris vir November 2021 met 7,5% verhoog word.                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                           (EC/NOVEMBER 2022)

1.2    Graad 11 Wiskundige Geletterdheid leerders het ŉ toets met ŉ totaal van 50 punte
       geskryf. Hulle uitslae word in die grafiek hieronder met die verspreiding van hul punte
       weerspieël.

       Gebruik die inligting wat in die bostaande grafiek getoon word om die vrae wat volg te
       beantwoord.

       1.2.1    Noem die tipe grafiek wat gebruik is om die data van uitslae te vertoon.            (2)

       1.2.2    Bepaal die aantal leerders wat die toets geskryf het.                               (2)

       1.2.3    Hoeveel leerders het tussen die modale klas presteer?                               (2)

       1.2.4    Bereken die punte uit 50 vir ŉ leerder wat 68% in die toets behaal het.            (2)
                                                                                                  [19]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                 5

VRAAG 2

2.1     Tannie Louis, ŉ onderwyser, vergelyk die pensioenfonds se beraamde skattings vir
        die jaar 2021 en 2022. Sy wil aan die einde van 2022 bedank. Bestudeer die inligting
        hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Normale aftrede skatting                                2022           2021
          Maandelikse pensioen (annuïteit) betaalbaar
                                                                R26 383        R25 591

          Eenmalige kontantbedrag (gratifikasie)
                                                               R919 363       R884 198
          betaalbaar
          Ontslag maandelikse pensioen betaalbaar               R23 248        R22 083
          Ontslag eenmalige kontantbedrag (gratifikasie)
                                                               R799 313       R747 619
          betaalbaar
          Maandelikse pensioen (annuïteit) betaalbaar aan
                                                                R13 692        R13 295
          wederhelfte(s)
          Eenmalige kontantbedrag (gratifikasie)
                                                              R2 592 409     R2 470 783
          betaalbaar aan begunstigdes
          Bedankingsvoordeel                                  R2 836 836      -----------
                                                               [Aangepas uit www.gepf.co.za]

       2.1.1 Skryf neer die waarde van die eenmalige kontantbedrag betaalbaar aan
             begunstigdes in 2021.                                                                  (2)

       2.1.2 Die bedankingsvoordeel vir die jaar 2021 is R166 417 minder as die 2022
             voordeel. Bereken die bedankingsbedrag vir die jaar 2021.                              (3)

       2.1.3 Bereken die jaarlikse bedrag vir die jaar 2022 wat Tannie Louis as maandelikse
             pensioen sal ontvang. Rond jou antwoord tot die naaste R100 af.                        (3)

       2.1.4 Tannie Louis beweer dat die eenmalige kontantbedrag (gratifikasie) betaalbaar
             vir 2022, R35 615 meer as die eenmalige kontantbedrag (gratifikasie) betaalbaar
             in 2021 is. Verifieer die bewering.                                                    (3)

       2.1.5 Gee EEN voordeel van ŉ werknemer wat tot die Pensioenfonds bydra.                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                          (EC/NOVEMBER 2022)

2.2    John Matu verkoop Samsung-selfone. Die pryslys hieronder gee die kosprys en wins vir
       die verskillende tipe selfone vir die jaar 2021. Bestudeer die pryslys en beantwoord die
       vrae wat volg. Alle pryse sluit 15% BTW in.

                      Samsung Galaxy A31                   Samsung Galaxy A72
                     Kosprys: R3 299,25                     Kosprys: R7 499,25
                      Wins:   R1 099,75                      Wins:   R2 499,75

                       Samsung Galaxy S10               Samsung Galaxy S21 Ultra
                     Kosprys: R11 099,25                  Kosprys: R21 749,25
                        Wins: R3 699,75                    Wins:    R7 249,75

                                                                   [Bron: www.samsung.com]

       2.2.1 Bepaal die verkoopprys van die Samsung Galaxy A72.                                     (2)

       2.2.2 Bepaal die verhouding (in die eenvoudigste vorm) van die totale wins tot die
             totale inkomste van die verkope van die vier selfone.                                  (4)

       2.2.3 John Matu se goedkoper selfone het uitverkoop. Hy plaas ŉ bestelling vir die
             selfone A31 en A72 in die verhouding A31 : A72 = 2 : 1.
             ŉ Totaal van 15 selfone was bestel.
             Verifieer, met die nodige berekeninge, dat die totale kosprys vir die bestelling
             R70 488,75 was.                                                                        (5)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                      WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                7

       2.2.4 Die kosprys van die Samsung A31 in die jaar 2020 was R3 399, 75. Die pryse
             het hierdie jaar as gevolg van nuwe selfone op die mark verminder.
             Bereken die persentasievermindering op die koste van die A31. Gee jou
             antwoord tot die naaste persentasie.
             Jy mag die volgende formule gebruik:
                                            nuwe prys – ou prys
               Persentasie vermindering =                         × 100%
                                                  ou prys                                         (4)

 2.3   Mnr. John Matu het die waterrekening vir Maart 2021 ontvang. Bestudeer die
       watertarieftabel hieronder van die DJB munisipaliteit.

                                      DJB munisipaliteit
                               Mnr. J. Matu: Maart 2021 staat
                                                Watertariewe (per kℓ) (BTW
                            Kode
                                                         uitgesluit)
                 WA0101                       6,110 kℓ @ R16,992900
                 WA0102                       4,073 kℓ @ R17,326130
                 WA0103                       2,817 kℓ @ R24,06370
                                      Bedrag betaalbaar     R ---

       Gebruik die inligting en die bostaande tabel om die volgende vraag te beantwoord.

       Mnr. J. Matu het sy twee seuns gevra om die bedrag (BTW = 15% inklusief) wat hy
       moet betaal, te bereken.

       • Seun A se berekening is R263,48
       • Seun B se berekening is R258,48

       John beweer dat Seun B korrek is. Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of die
       bewering korrek is.                                                                       (5)
                                                                                                [33]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                             (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 3

Motorverkope vir die maande (Januarie–Desember) vir die jare 2018 en 2019 teen die dan
huidige pryse word in onderstaande TABEL 1 getoon.

      TABEL 1: MOTORVERKOPE TEEN DIE DAN HUIDIGE PRYSE
               (RAND IN MILJOEN)
                  Maand           Jaar 2018       Jaar 2019
                 Januarie           53 044          53 844
                 Februarie          53 321          52 361
                   Maart            58 353          55 646
                   April            49 633          54 981
                    Mei             56 064          56 846
                   Junie            55 263          54 249
                   Julie            56 409          59 270
                 Augustus           57 598          58 435
                September           54 436          54 467
                  Oktober           60 406          59 960
                November            60 417          57 915
                Desember            51 480          52 718
                  Totaal           666 424         670 692
                                                            [Bron: www.statssa.gov.za/Jan2020]

Gebruik bostaande inligting om die volgende vrae te beantwoord.

3.1     Skryf neer die maand en jaar waar die motorverkope die laagste was van die twee jaar.          (2)

3.2     Bepaal die terrein van die bedrag vir motorverkope vir die maande van die jaar 2019.           (3)

3.3     Skryf die totale bedrag, in woorde neer, van die motorverkope vir die jaar 2018.               (2)

3.4     Bereken die gemiddelde motorverkope vir die jaar 2018.                                         (3)

3.5     Bepaal die mediaanwaarde van die motorverkope vir die maande (Jan–Des) in die jaar
        2019.                                                                                          (3)

3.6     Druk die bedrag van motorverkope van Oktober 2018 uit as ŉ persentasie van die totale
        motorverkope vir die jaar 2018.                                                                (3)

3.7     Bepaal die waarskynlikheid (as ŉ breuk) deur willekeurig ŉ maand te kies wat ŉ
        vermindering in motorverkope van jaar 2018 tot 2019 toon.                                     (3)
                                                                                                     [19]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                     9

VRAAG 4

4.1     Me. Jena het ŉ skoenherstelbesigheid
        oopgemaak om ou skoene te restoureer, die
        kwaliteit te verbeter en om dit verbruikers-
        vriendelik te maak.
        Onderstaande is die weeklikse koste
        verbonde aan die besigheid:
        • Huur vir die kamer – R250
        • Salarisse – R400
        • Materiaal benodig per paar skoene met
            gemiddelde koste van R25
        • Gemiddeld moet elke kliënt R75 per
            paar skoene betaal                       [Source: https://howtostatanllc.com/Shoe repair]
        • Inkomste = R75 × n, (waar n die getal
            pare skoene verteenwoordig)
        • Uitgawes = R650 + R25 × n, (waar n
            die getal pare skoene verteenwoordig)

       Gebruik die bostaande inligting om die volgende vrae te beantwoord.

       4.1.1 Skryf neer die weeklikse vaste koste wat me. Jena per week betaal.                           (2)

       4.1.2 Die TABEL 2 hieronder toon die inkomste en uitgawes van die besigheid.

               TABEL 2: INKOMSTE EN UITGAWES VIR DIE SKOENHERSTEL-
                          BESIGHEID
                Getal pare skoene (n)  0   5   10   15   18    20
                Uitgawes (R)          650 775 900 1 025 1 100   A
                Inkomste (R)           0  375 750 1 125 1 350 1 500

               (a)   Bereken die ontbrekende waarde A.                                                    (2)

               (b)   Me. Jena het geleer dat om ŉ besigheid te begin nie maklik is nie. Dit neem
                     tyd om jou besigheid bekend te kry. Haar rekords toon dat:

                     • In week 1 – Het sy 5 pare skoene herstel
                     • In week 2 – Het sy 10 pare skoene herstel
                     • In week 3 – Het sy 20 pare skoene herstel

                     Gebruik die inligting hierbo en TABEL 2 om deur middel van berekeninge
                     te toon dat me. Jena ŉ verlies van R200 in die 3 weke gemaak het.                    (5)

       4.1.3 ŉ Lyngrafiek wat die inkomste van die herstel van skoene toon, is op die
             ANTWOORDBLAD 1 getrek. Gebruik dieselfde assestelsel op
             ANTWOORDBLAD 1 om ŉ ander lyngrafiek te trek wat die uitgawes van die
             herstel van skoene aandui.                                                                   (3)

       4.1.4 Gebruik die grafiek om die hoeveelheid pare skoene by gelyksbreekpunt te
             bepaal.                                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                             (EC/NOVEMBER 2022)

4.2    Me. Jane se broer wat in Japan woon, het vir haar geld gestuur om haar met haar
       besigheid te help. Hy stuur Japanese jen (¥) 25 000. Bepaal die bedrag in Rand wat me.
       Jane ontvang het.

       Jy mag die wisselkoers op daardie spesifieke tyd gebruik:
       1Jen (¥) = R0,135 2364                                                                        (3)

4.3     ŉ Graad 11B Wiskundige Geletterdheid klas by Nayani sekondêre skool het in ŉ
        ondersoek deelgeneem waar hul geslag en massa (kg) ondersoek en neergeskryf is.
        Die rou data word in TABEL 3 hieronder aangedui:

        TABEL 3: GESLAG EN MASSA VIR GRAAD 11B
         Geslag                    Massa in kg
         Vroulik 58 67 73 68 80 65 90 78 108                       59    67    79     75
         Manlik 61 57 70 72 66 81 93 77 79                         83    75    82

       Gebruik die inligting hieronder om die volgende vrae te beantwoord.

       4.3.1 Voltooi die frekwensietabel wat die onderwyser onvoltooid gelaat het.
             Gebruik ANTWOORDBLAD 2.

                Massa                   Vroulik                       Manlik
                Kategorie        Telling    Frekwensie         Telling    Frekwensie
                  50–59             //          2                 /           1
                  60–69            ////         4
                  70–79            ////         4
                  80–89             /           1
                  90–99             /           1
                 100–109            /           1                                                    (5)

       Gebruik die bostaande inligting in TABEL 3 en jou voltooide ANTWOORDBLAD 2
       om die volgende vrae te beantwoord.

       4.3.2 In watter kategorie val meeste van die vrouens?                                         (2)

       4.3.3 Bereken die getal manlikes wat 70 kilogram (kg) of meer, maar minder as
             90 kg weeg.                                                                             (2)

       4.3.4 Bepaal die waarskynlikheid (as ŉ persentasie) om willekeurig ŉ leerder te kies
             uit die klas wat 70 kg of meer weeg.                                                   (3)
                                                                                                   [29]

                                                                                    TOTAAL:         100

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                        WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                     11

ANTWOORDBLAD 1

VRAAG 4.1.3

NAAM VAN SKOOL: ______________________                              GR 11: ______

NAAM VAN LEERDER: __________________________

                              GRAFIEK VIR INKOMSTE EN UITGAWES VAN
                                    SKOENHERSTELBESIGHEID

                                                                        INKOMSTE

   Inkomste en Uitgawes (R)

                                           Getal pare skoene (n)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                             (EC/NOVEMBER 2022)

 ANTWOORDBLAD 2

 VRAAG 4.3.1

 NAAM VAN SKOOL: ______________________                                         GR 11: ______

 NAAM VAN LEERDER: __________________________

 Voltooi die frekwensietabel wat die onderwyser onvoltooid gelaat het.
 Gebruik die tabel in ANTWOORDBLAD 2.

                                              Vroulik                              Manlik
       Massa kategorie
                                    Telling             Frekwensie       Telling       Frekwensie

             50–59                     //                   2              //                2

             60–69                     ////                 4

             70–79                     ////                 4

             80–89                      /                   1

             90–99                      /                   1

            100–109                     /                   1

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P1 GR11 QP NOV 2017 QP Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr11-qp-nov-2017-qp-afrikaans/12f6ac24-04aa-4f24-81ac-698d1f94bc56) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [MATHS LIT GR11 P2 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-gr11-p2-memo-nov2022-afrikaans/8c7033a8-caf2-4285-a7e0-5e3c22a2f68a) — Mathematical Literacy · Memo · 2022 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr11-memo-nov2018-afrikaans/fe31e0ea-1e3c-47f8-b44a-8ccc1076c084) — Mathematical Literacy · Memo · 2018 · Afr
- [MATHS LIT P1 MEMO GR11 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-memo-gr11-nov2017-afrikaans/c07d53a7-cd93-4ace-bc4b-13c35e32a4d2) — Mathematical Literacy · Memo · 2017 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/477797da-6b61-4757-9c37-ce1ed5b7c5f3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr11-qp-nov2020-afrikaans/354e0dd6-b99e-41e3-927c-386ace4ba01e) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Mathematical Literacy

- [Gr 11 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-maths-lit-atp-2023-24/729b7b1d-095d-46f4-8082-c0c019b4c6c7) — ATP
- [MATHS LIT AFR GRADE 11 NOV 2025 ADDENDUM (3) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-afr-grade-11-nov-2025-addendum-3-watermark/e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1) — Addendum · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GRADE 11 NOV 2025 MEMO ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-grade-11-nov-2025-memo-eng-watermark/00c7d846-499c-4c72-87d9-0b9055358bc5) — Memo · 2025 · Eng
- [GP JW Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-jw-maths-literacy-grade-11-june-2025-p1-and-memo/4157e22a-6e42-4d3f-8ce9-579e85217581) — QP + Memo · 2025
- [MATHS LIT P2 MEMO GR11 NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-memo-gr11-nov2023-afrikaans/6625a6ef-c67f-4a65-aa1a-f050841f0f48) — Memo · 2023 · Afr
- [Maths-Lit-April-2021-QP & Memo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-april-2021-qp-memo/f1f4e9b5-ddb0-441c-b259-366799b179f3) — QP + Memo · 2021

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
