# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2022-afrikaans/cfb14782-29c9-412d-9e0d-f49550a4df55
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2022-afrikaans/cfb14782-29c9-412d-9e0d-f49550a4df55)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                               JUNIE 2022

          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                         (EC/JUNIE 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik word.

3.    Diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie, tensy anders aangedui.

4.    Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
      tensy anders aangedui.

5.    Rond ALLE finale antwoorde volgens die gegewe konteks af, tensy anders aangedui.

6.    Dui maateenheid aan, waar van toepassing.

7.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

8.    Toon ALLE bewerkings duidelik.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                          3

VRAAG 1

1.1      ŉ Item wat R380 kos, was met 18,25% gedurende ‘Swart Vrydag’ (Black Friday)
         op 26/11/2021, verminder.

         1.1.1    Skryf 18,25% as ŉ gewone breuk in sy eenvoudigste vorm.                             (2)

         1.1.2    Bereken die prys na die afslag.                                                     (3)

1.2      Infrastruktuur besteding van die nege provinsiale regerings gedurende die 2018/19
         fiskale jaar toon ŉ totale afwaartse neiging in kapitaal-uitgawes.
         TABEL 1 hieronder toon die besonderhede.

            TABEL 1: NEGE PROVINSIALE REGERING SE KAPITAAL-
                     UITGAWES GEDURENDE DIE 2018/19 FISKALE JAAR

                                                            [Bron: www.statssa.gov.za, Junie 2020]

         Gebruik die bostaande inligting om die volgende vrae te beantwoord.

         1.2.1    Bepaal die verskil in kapitaal-uitgawes van die provinsie met die hoogste
                  verhoging en die provinsie met die hoogste vermindering.                             (2)

         1.2.2    Bereken die totale (vir nege provinsies) provinsiale kapitaal-uitgawes in die
                  vorige fiskale jaar 2017/2018.                                                      (2)

1.3      Mnr. Boss werk by ŉ motorwassery-perseel. Hy word gekontrakteer om motors te
                                                                   1
         was teen ŉ normale koers van R25 per uur. Hy word teen 1 van sy normale
                                                                   2
         loonkoers betaal vir ure oor naweke gewerk.

         Gebruik bostaande inligting om die volgende vrae te beantwoord.

         1.3.1    Bereken die loonkoers per uur op naweke.                                            (2)

         1.3.2    Mnr. Boss werk 6 ure op Vrydag, 27/05/2022, en 4 ure op Saterdag,
                  28/05/22. Bereken hoeveel hy verdien vir die twee dae genoem.                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                             (EC/JUNIE 2022)

1.4     In die afgelope sokkerseisoen het die eerste sokkerspanne by Gunni hoërskool vir
        seuns en dogters, heelwat doele aangeteken in die wedstryde wat hulle gespeel het.
        Die inligting word in die grafiek hieronder vertoon.

        Gebruik die bostaande inligting om die volgende vrae te beantwoord.

        1.4.1   Is die data ‘diskreet’ of ‘kontinue’?                                              (2)

        1.4.2   In hoeveel wedstryde het die meisiespan een (1) doel aangeteken?                   (2)

        1.4.3   Bepaal die totale aantal wedstryde wat in die sokkerseisoen deur die twee
                spanne gespeel is.                                                              (2)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                      5

VRAAG 2

2.1      ŉ Sweismaatskappy produseer veiligheidsrame vir vensters en deure. Om een raam
         betyds klaar te maak, benodig een sweiser, 8 ure.

         Die onderstaande grafiek toon die tyd wat dit neem, teenoor die aantal sweisers
         benodig, om ŉ veiligheidsraam te voltooi.

         Gebruik die bostaande inligting om die volgende vrae te beantwoord.

         2.1.1       Bepaal die tyd wat dit twee sweisers sal neem om een raam te voltooi.        (2)

         2.1.2       Die bestuurder het 20 sweisers beskikbaar. Bereken die getal rame wat
                     hulle in 4 ure sal kan voltooi.                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
      6                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                (EC/JUNIE 2022)

2.2       Die onderstaande TABEL 2 toon die watertariewe vir Ethekwini munisipaliteit vir
          2021/2022 (effektief vanaf 01/07/2021).

           Blok   Beskrywing (vir      2020/2021        2021/2022     %       2021/2022
                   huishoudelike      Tarief (BTW      Tarief (BTW Verhoging Tarief (BTW
                     verbruik)         uitgesluit)      uitgesluit)            ingesluit)
                   Maandelikse            voor         na verhoging               Na
                     verbruik          verhoging        Koers per             verhoging
                    (kiloliters)      Koers per kℓ        kℓ (R)              Koers per
                                           (R)                                   kℓ (R)
             1    Tot by 6 kℓ             Nul               Nul                             Nul
             2    Groter as 6 kℓ
                  tot by 25 kℓs          18,87             20,52            8,7            23,60
             3    Groter as 25 kℓ
                  tot by 30 kℓs          25,81             28,00             A             32,20
             4    Groter as 30 kℓ
                  tot by 45 kℓs          56,91             61,74            8,5            71,00
             5    Groter as 45 kℓ        62,58             67,91            8,5            78,10
                                         [Bron: www.durban.gov.za. Toegang op 26 Augustus 2021 verkry.]

          Gebruik die inligting in bostaande TABEL 2 om die volgende vrae te beantwoord.

          2.2.1   Bereken die waarde van A, die persentasieverhoging by Blok 3.                              (3)

          2.2.2   Bereken die waterrekening BTW (15%) ingesluit en na die verhoging vir die
                  familie wat 30 kℓ water in Oktober 2021 gebruik het.                                       (5)

      Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
      (EC/JUNIE 2022)                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                        7

2.3         Onderstaande is ŉ bankstaat vir me. Lerato vir die maand Maart 2022. Gebruik die
            onderstaande rekeningstaat om die volgende vrae te beantwoord.

                                                                         GOODWIILL BANK
                                                                         3 Mainstraat
                                                                         TASO
                                                                         15 Maart 2022
             Lerato
             Southstraat 7
             Sado Township
             TASO

             ELITE TJEKREKENING                                  Rekeningnommer: 07 632 346 2
                Besonderhede   Diensfooi                 Debiete   Krediete Datum     Balans

             Balans oorgedra                                                        02:15     2 875,77-
             Bankstaatkoste                    #          20,18-                    02:17     2 895,95-
             Kaartaankope                                296,10-                    02:20     3 192,05-
             Salaris                                                      B         02 21     15 761,80
             Versekeringspremie                          187,27-                    02:25     15,574,53
             Dividend YY4098
             aandele                                                    840,00      02:28     16 414,53
             Verband                                    4 069,52-                   03:02     12 345,01
             Outomatiese
             bankdeposito                                              1 200,00     03:05     13 545,01
             Tjekdeposito-fooi                 #          42,37-                    03:05     13 502,64
             Brandstof CLTX
             vulstasie (garage)                          729,45-                    03:07     12 773,19
             OTM onttrekking                            1 800,00-                   03:10     10 973,19
             Ontrekkingsfooi                   #          17,47-                    03:10     10 955,72
             Vaste maandeliks fooi             #         100,88-                    03:11     10 854,84
             Balans oorgedra                                                        03:15     10 854,84

            Gebruik die bostaande inligting om die volgende vrae te beantwoord.

            2.3.1       Bepaal die salaris (B) wat in haar rekening op 21/2/2022 betaal is.                        (2)

            2.3.2       Bereken die totale bankfooie wat in Maart 2022 gehef is.                                (2)
                                                                                                               [18]

      Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                            (EC/JUNIE 2022)

VRAAG 3

Die inkomste uit akkommodasie vanaf 2018 tot 2020 word hieronder aangetoon. Dit sluit
uit restaurantverkope, kroegverkope en ‘ander’ inkomste. Bestudeer die inligting in die
onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

     TABEL 3: INKOMSTE VAN AKKOMMODASIE TEEN HUIDIGE PRYSE
                (R MILJOEN)
          Maand            2018     2019          2020
    Januarie              2 166,9  2 093,5       2 191,5
    Februarie             2 161,1  2 092,8       2 262,3
    Maart                 2 244,9  2 249,4       1 311,7
    April                 1 936,2  1 988,8         40,3
    Mei                   1 698,1  1 750,5         33,8
    Junie                 1 683,0     C           105,3
    Julie                 1 911,5  1 964,7        177,5
    August                1 974,3  2 067,1        362,5
    September             2 052,5  2 204,4        590,7
    Oktober               2 267,8  2 308,0        774,4
    November              2 282,4  2 267,8        767,6
    Desember              2 467,7  2 493,4       1 200,9
    TOTAAL               24 846,4 25 285,1       9 818,5

3.1   Skryf neer die jaar waarin die minste inkomste uit akkommodasie verdien is. Gee ŉ
      moontlike rede daarvoor.                                                                    (2)

3.2   Bereken die waarde van C.                                                                   (3)

3.3   Rangskik die inkomste verdien uit akkommodasie vir die jaar 2019 in dalende orde.           (2)

3.4   Bereken die omvang vir die jaar 2020.                                                       (3)

3.5   Die gemiddelde inkomste vir die jaar 2018 is meer as dubbel die gemiddelde
      inkomste vir 2020. Verifieer die stelling.                                                  (6)

3.6   Verduidelik die neiging van Desember se inkomste vanaf 2018 tot 2020.                       (2)

3.7   Noem die maande waar die inkomste in 2019 minder as R1 900 000 000 was.                     (2)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                          9

VRAAG 4

4.1
         Tony verkoop koekies by die skool teen R15 per pakkie.
         •          Hy huur ŉ winkeltjie by die skool vir R200 per week en koop koekies in
                    grootmaat teen ŉ koste van R5 per pakkie.
         •          Hy het Inkomste-en-Uitgawes vergelykings geformuleer en grafieke geteken
                    om hom te help om die gelykbreekpunt vir sy besigheid te bepaal.
         •          Uitgawes = R200 + 5 × n (waar n die aantal koekies voorstel)
         •          Inkomste = R15 × n (waar n die aantal koekies voorstel)

                                                INKOMSTE EN UITGAWES UIT KOEKIESVERKOPE
                                      700

                                                                                                    INKOMSTE
                                      600

             Inkomste/Koste in Rand
                                      500

                                                                                                         UITGAWE
                                      400

                                      300

                                      200

                                      100

                                       0
                                            0     5       10      15        20        25   30       35    40         45
                                                                      Aantal koekie pakkies

       Gebruik die bogenoemde inligting en die grafiek om die vrae wat volg te beantwoord.

       4.1.1                          Gebruik die grafiek om die waarde van afhanklike veranderlike(s) by die
                                      gelykbreekpunt te bepaal.                                                                 (2)

       4.1.2                          Gebruik die grafiek of andersins om die wins wat in ŉ week gemaak word te
                                      bepaal, gegewe die verkope hieronder aangedui. Vrydag was ŉ vakansiedag
                                      en daar was geen skool nie.

                                                Dag            Maandag       Dinsdag       Woensdag       Donderdag
                                        Aantal koekie
                                        pakkies verkoop           5              10             7               15              (4)

Kopiereg voorbehou                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                 (EC/JUNIE 2022)

4.2   Die grafiek hieronder toon die gemiddelde onderwysinflasiekoers (onderwys-VPI) vir
      Suid-Afrika se onderwys in vergelyking met die algemene inflasie (hoofopskrif-VPI)
      vir die tydperk 2009 tot 2015.

         SUID-AFRIKA SE GEMIDDELDE ONDERWYSINFLASIE VERGELYK
                MET ALGEMENE INFLASIE VANAF 2009 TOT 2015

          [Bron: Statista.com /370515/Inflation rate in South Africa. Toegang op 21 Oktober 2021
                                                                                         verkry.]

      Gebruik die bogenoemde inligting op die grafiek om die vrae wat volg te beantwoord.

      4.2.1    Skryf die jaar neer wanneer die verskil tussen die onderwysinflasie en
               algemene inflasie die kleinste was.                                                      (2)

      4.2.2    In 2014 het ŉ instansie R12 500 vir fooie gehef wat die gelykstaande koste vir
               ŉ goeie yskas in dieselfde jaar was. Bereken die verskil tussen die fooie wat
               in 2015 deur dieselfde instansie gehef is en die koste van ŉ soortgelyke yskas,
               gebaseer op bogenoemde inflasiekoerse.                                                   (3)

      4.2.3    Verduidelik kortliks die tendens wat vertoon word tussen onderwysinflasie en
               algemene inflasie vir die tydperk vanaf 2009 tot 2015.                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                          11

 4.3     TABEL 4 hieronder gee die wisselkoerse tussen Suid-Afrikaanse Rand (ZAR) en
         sommige van die buitelandse wisselkoerse by die buitelandse valuta buro op
         4 Januarie 2022.

         TABEL 4: GELDEENHEDE WISSELKOERS
             GELDEENHEID        SIMBOOL                                    WISSELKOERS
          VSA dollar                $                                         $1/R16,04
          Pond sterling             £                                         £1/R21,70
          Euro                      €                                         €1/R18,11
          Japanese yen              ¥                                        ¥1/R0,1383
          Botswana pula            P                                          P1/R1,37
                      [Bron: http://www.xe.com>currency converter. Toegang op 21November 2021 verkry.]

         Gebruik bostaande inligting om die vrae wat volg te beantwoord.

         4.3.1    Rangskik die ses geldeenhede, Rand ingesluit, in orde, deur met die sterkste
                  waarde ten opsigte van geldeenheid/Rand wisselkoers te begin.                            (2)

         4.3.2    Mnr. Buti ŉ invoerder koop 500 Aura DVD-draagbare spelers van Japan.

                  •   Die kosprys in Japan is Japanese yen ¥3 974,85 per draagbare speler.

                  Bereken die kosprys van 500 DVD-spelers in Rand.                                         (3)
                                                                                                          [18]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                   (EC/JUNIE 2022)

VRAAG 5

5.1   Die onderstaande TABEL 5 toon die koerse waarteen belasting gehef word aan individue
      in Suid-Afrika vir die 2020/2021 belastingjaar.

                               KOERS GEHEF AAN INDIVIDUE
                 2021 BELASTINGJAAR (1 MAART 2020 – 28 FEBRUARIE 2021)
       Belasting-       Belasbare                 Koers van belasting (R)
       kerf           Inkomste (R)
            1      1 – 205 900       18% van belasbare inkomste
            2      205 901 – 321 600 37 062 + 26% van belasbare inkomste bo 205 900
              3      321 601 – 445 100     67 144 + 31% van belasbare inkomste bo 321 600
              4      445 101 – 584 200     105 429 + 36% van belasbare inkomste bo 445 100
              5      584 201 – 744 800     155 505 + 39% van belasbare inkomste bo 584 200
          6      744 801 – 1 577 300       218 139 + 41% van belasbare inkomste bo 744 800
          7      1 577 301 en meer         559 464 + 45% van belasbare inkomste bo 1 577 300
       Belastingkorting                           Waarde            Belastingdrempel
       *Ouderdom onder 65                          R14 958            R83 100
       *Ouderdom 65 tot onder 75                   R8 199             R128 650
       *Ouderdom 75 en meer                       R2 736              R143 850
                                      [Bron: South African Revenue Service. Tax Pocket Guide 2020/2021]

      5.1.1       Skryf neer in watter belastingskerf ŉ persoon wat R473 496 per jaar verdien,
                  onder sal val.                                                                            (2)

      5.1.2       Bepaal die maksimum inkomste wat ŉ persoon van 65 jaar moet verdien,
                  voordat hy begin belasting betaal.                                                        (2)

      5.1.3       Mev. Tamryn, ŉ 65-jarige verkoopsdame, verdien ŉ bruto maandelikse salaris
                  van R35 455 gedurende die 2020/2021 belastingjaar. 7,5% van haar bruto
                  salaris word vir bydraes tot haar pensioenfonds afgetrek.
                  Gebruik die belastingstabel vir 2020/2021 en die bostaande inligting om
                  mev. Tamryn se jaarlikse inkomstebelasting te bereken.                                    (7)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/JUNIE 2022)                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                        13

5.2   Die onderstaande grafiek toon die persentasie motorregistrasies per provinsie op
      31 Desember 2020.

              PERSENTASIE VOERTUIE GEREGISTREER PER PROVINSIE OP
                              31 DESEMBER 2020

                                             [Bron: Departement van Vervoer Verkeersverslag, 2020]

      Gebruik die bostaande inligting om die volgende vrae te beantwoord.

      5.2.1        Bepaal die provinsie met die mediaan persentasie motorregistrasie in
                   Desember 2020.                                                                          (3)

      5.2.2        Bereken die interkwartiel omvang van die persentasie van motorregistrasies
                   van die provinsies.                                                                     (5)

      5.2.3        Verduidelik die term ‘waarskynlikheid’.                                                 (2)

      5.2.4        Bepaal die waarskynlikheid (as ŉ desimaal) om willekeurig, ŉ motor wat in
                   GP of EC geregistreer is, te kies.                                                     (3)
                                                                                                         [24]

                                                                                      TOTAAL:             100

 Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/2d599711-ccd3-42d3-862f-4c1b72b92e44) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [MATHS LIT P2 QP GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-june-2023-afrikaans/537dd8f7-8a3f-4b18-a420-692a0342dab5) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
