# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape June 2023 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/2d599711-ccd3-42d3-862f-4c1b72b92e44
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/2d599711-ccd3-42d3-862f-4c1b72b92e44)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape June · 2023 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIORSERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                   JUNIE 2023

           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

         Hierdie vraestel bestaan 10 bladsye, insluitend ŉ bylaag en ŉ antwoordblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                         (EC/JUNIE 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.    2.1   Gebruik die BYLAAG in die ADDENDUM om die volgende vrae te
            beantwoord:

            BYLAAG A vir VRAAG 4.1.

      2.2   Antwoord VRAAG 3.2.2 op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

      2.3   Skryf jou NAAM en GRAAD in die ruimte voorsien op die
            ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.2.2. Handig jou ANTWOORDBLAD met
            jou ANTWOORDEBOEK in.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
      tensy anders vermeld.

6.    Toon ALLE berekeninge duidelik aan.

7.    Rond ALLE finale antwoorde volgens die gegewe konteks af, tensy anders aangedui.

8.    Dui maateenhede aan, waar van toepassing.

9.    Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                        3

VRAAG 1

1.1       Tweehonderd graad 10 en 11 leerders beplan om op 'n toer na Durban te gaan. Ses en
          ŉ half persent (6,5%) minder leerders is uiteindelik na Durban.

          1.1.1 Skryf 6,5% as ŉ gewone breuk in sy vereenvoudigde vorm.                              (2)

          1.1.2 Bepaal die aantal leerders wat op ŉ toer gegaan het.                                 (3)

          1.1.3 Druk die aantal leerders wat op die toer gegaan het, en die aantal leerders wat
                beplan het om op ŉ toer te gaan, as ŉ verhouding in sy vereenvoudigde vorm
                uit.                                                                                 (2)

          1.1.4 Skryf die waarskynlikheid (as ŉ persentasie) neer om leerders wat nie op ŉ
                toer gegaan het nie, ewekansig te kies.                                              (2)

1.2       David is in Februarie 1998 gebore en Sam in Maart 1993. Hul pa het R409 750 in die
          verhouding van hul ouderdomme verdeel, voordat hy in 2023 gesterf het.

          1.2.1 Skryf David en Sam se ouderdomme in April 2023 neer.                                 (2)

          1.2.2 Bereken die bedrag wat Sam en David elk sal ontvang.                                 (3)

1.3       Amanda het vyftien pakkies 2,5 kg White Star Super mieliemeel gekoop as deel van
          ŉ donasie vir behoeftige gesinne. Een 2,5 kg pakkie het R38,99 gekos.

                           UITVERKOPING

                                       R38,99

          Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

          1.3.1 Skryf die ‘BTW’-akroniem volledig neer.                                              (2)

          1.3.2 Skryf die bedrag BTW neer wat sy op die bogenoemde items betaal het.                 (2)

          1.3.3 Bereken die totale bedrag wat sy vir die bogenoemde items betaal het.               (2)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                              (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 2

2.1   Lection het twee motorverhuringsmaatskape genader om ŉ spesifieke motor te soek om
      vir 3 dae te huur. Hy het sy broer, Touch, in Jeffreysbaai besoek.

      Bestudeer die inligting hieronder van die twee motorverhuringsmaatskappy vir dieselfde
      motor en beantwoord die vrae wat volg.

      TABEL 1: TARIEF VAN MOTORVERHURINGSMAATSKAPPYE
       MAATSKAPPY       Sekuriteits- Bybetaling  Huurkoste vir Januarie
                          deposit                5de tot 7de 13de tot 16de
             A           R18 650      R17 000   R2 340,90     R1 955,33
             B           R18 650      R17 000   R3 220,65     R2 661,91

      LET WEL: Maatskappy A = 2 340,90 + 3,00 × (n – 600) kilometers

                     Maatskappy B = 3 220,65 + onbeperkte kilometers

      Onbeperkte kilometers – wanneer ŉ kliënt nie gehef word op kilometers wat afgelê is
      nie.
      Bybetalings (oortollige heffings) beteken die verskil tussen die gefaktureerde heffings
      en die toepaslike toegelate bedrag of nie-kontrakterende bedrag.

      2.1.1    Skryf die bedrag neer wat hy vir bybetalings sal betaal.                            (2)

      2.1.2    As Lection maatskappy A gebruik het en die motor beskadig het nadat hy in ŉ
               ongeluk betrokke was, bereken die bedrag wat hy van die sekuriteitsdeposito
               sal terug eis.                                                                      (3)

      2.1.3    Gee ŉ rede waarom die meeste motorverhuringsmaatskappye net motors
               uitverhuur aan mense wat genoeg krediet op hul kredietkaarte het.                   (2)

      2.1.4    Lection het 950 kilometer gereis vir die drie dae wat hy die motor gehuur het.
               Hy het gesê dat dit goedkoper sou gewees het as hy maatskappy B, in plaas van
               maatskappy A gebruik het. Verifieer sy stelling.                                    (5)

      2.1.5    Gee ŉ moontlike rede waarom daar ŉ verskil in die huurkoste op verskillende
               tye in Januarie was.                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                         5

2.2     Werknemers dra maandeliks belasting deur middel van SAID by. Chloe, ŉ 51-jarige
        opvoeder, verdien maandeliks R34 447,22 en dra 7,5% van haar bruto salaris tot ŉ
        pensioenfonds by. Sy het ook ŉ mediesefonds vir haarself, man en twee kinders. Die
        belastingtabel hieronder word gebruik om die bedrag wat elke persoon sal bydra
        volgens sy/haar salaris, te bereken.

        TABEL 2: BELASTINGKOERSE VIR 2023/2024
            BELASBARE
             INKOMSTE                      BELASTINGKOERSE
         1– 237 100          18% van belasbare inkomste
         237 101 – 370 500   42 678 + 26% van belasbare inkomste bo 237 100
         370 501 – 512 800   77 362 + 31% van belasbare inkomste bo 370 500
         512 801 – 673 000   121 475 + 36% van belasbare inkomste bo 512 800
         673 001 – 857 900   179 147 + 39% van belasbare inkomste bo 673 000
         857 901 – 1 817 000 251 258 + 41% van belasbare inkomste bo 857 900
         1 817 001 en hoër   644 489 + 45% van belasbare inkomste bo 1 817 000

        TABEL 3: BELASTINGKORTINGS EN KREDIETE VIR MEDIESE
                    BYSTAND VIR 2023/2024
                                    BELASTINGKORTING
         Primêre                                       R16 425
         Sekondêre (65 en ouer)                         R9 000
         Tersiêre (75 en ouer)                          R2 997
         MEDIESE BELASTINGKREDIETE PER MAAND VIR LEDE VAN DIE
         MEDIESE FONDS
         Belastingbetaler                                R347
         Eerste afhanklike                               R347
         Vir elke addisionele afhanklike                 R234
                                                                     [Bron: www.sars.gov.za]

        Gebruik TABEL 2 en TABEL 3 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

        2.2.1 Skryf die akroniem SAID volledig uit.                                               (2)

        2.2.2 Skryf die aantal belastingkerwe in die persoonlike inkomstebelastingtabel
              hierbo neer.                                                                        (2)

        2.2.3 Toon deur middel van berekeninge hoe die minimum bedrag (77 362) wat op
              een van die belastingtabel gehef word, bereken word.                                (3)

        2.2.4 Gee die betekenis van die term belastingkorting volgens die konteks.                (2)

        2.2.5 Chloe het gesê dat haar maandelikse belastingbydrae R3 550,25 is. Verifieer,
              deur ALLE berekeninge te toon of haar bewering KORREK is.                          (8)
                                                                                                [31]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                               (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 3

3.1 Die tabel hieronder toon die beramings van die aantal voltydse werknemers per kwartaal
    vanaf Junie 2018 tot September 2022.

     TABEL 4: VOLTYDSE WERKNEMERS PER KWARTAAL VANAF JUNIE 2018
              TOT SEPTEMBER 2022
      JAAR KWARTAAL       AANTAL      VERANDERING                  %
                        WERKNEMERS     IN AANTAL           VERANDERING
                           (in '000') WERKNEMERS              IN AANTAL
                                         (in '000')        WERKNEMERS
                          VOLTYDS     KWARTAALLIKSE RESULTATE
      2018      Junie        1 134            -                      -
                Sept.        1 141            7                    0,6
                Des.         1 152           11                    1,0
      2020      Maart        1 109            5                    0,5
                Junie        1 036          (73)                  (6,6)
                Sept.        1 039            A                     B
                Des.         1 037           (2)                  (0,2)
      2022      Maart        1 093           (7)                  (0,6)
                Junie        1 098            5                    0,5
                Sept.        1 097           (1)                  (0,1)
                                                 [Aangepas uit www.statssa.gov.za]

     Gebruik die tabel hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

     3.1.1   Identifiseer die maand en die jaar wat die laagste aantal voltydse werknemers het.     (2)

     3.1.2   Gee die aantal voltydse werknemers vir die derde kwartaal van 2022 tot die naaste
             miljoen.                                                                               (2)

     3.1.3   Bereken die persentasie verandering (korrek tot EEN desimale plek) in die aantal
             werknemers vanaf Junie 2020 tot September 2020.

             Jy kan die volgende formule gebruik:

                                           nuwe waarde − ou waarde
             Persentasie-verandering =                                   × 100%                     (4)
                                                    ou waarde

     3.1.4   Skryf die modale waarde van Maart 2020 tot September 2022 van die aantal
             voltydse werknemers neer.                                                              (2)

     3.1.5   Gee EEN rede waarom die aantal voltydse werknemers in enige bedryf afneem.             (2)

     3.1.6   Gee die rede waarom die ander waardes tussen hakies geskryf is.                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                              7

3.2     Twee monsters was in ŉ ondersoek gebruik. Een van mense wat slimfone gebruik en
        die ander een van mense wat tablette gebruik. Bestudeer die resultate in die tabel
        hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                VERMAAK-KATEGORIEË                       SLIMFONE              TABLETTE
         Speletjies                                         35%                     C
         Sosiale netwerking                                 29%                   15%
         Nutsprogramme                                      20%                    3%
         Musiek en video's                                   8%                   13%
         Nuus                                                3%                    4%
         Ander                                               5%                    8%
         TOTAAL                                            100%                  100%
                                                     [Aangepas uit learnenglish.britishcouncil.org]

        3.2.1 Bereken die waarde van C.                                                                  (3)

        3.2.2 Op ANTWOORDBLAD 1 is ŉ onvolledige grafiek van die slimfone en
              tablette geteken. Voltooi die grafiek deur die ontbrekende kolomme te teken.              (4)
                                                                                                       [21]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 4

4.1    Daar is twee tipes werke; die minste stresvol en mees stresvol, met hul salarisse, wat
       op die grafiek in BYLAAG A geteken is.

       Gebruik die inligting op BYLAAG A en beantwoord die vrae wat volg.

       4.1.1 Identifiseer ŉ ander tipe grafiek wat gebruik kan word om die stresvolle werke
             se salarisse te vertoon.                                                               (2)

       4.1.2 Identifiseer uit die grafiek TWEE werke wat met gesondheidskwessies handel.            (2)

       4.1.3 Bepaal die waarskynlikheid (as ŉ persentasie) om ŉ werknemer lukraak te kies
             wat ŉ salaris van meer as $70 000 verdien.                                             (4)

       4.1.4 Herlei die hoogste salaris op die minste stresvolle werk grafiek na die naaste
             miljoen rand, gegewe dat $1 = R18,42.                                                  (4)

4.2    Ivan het sy huisversekeringsberekeninge ontvang. Bestudeer die stelling hieronder en
       beantwoord die vrae wat volg: SASRIA – South African Special Risk Insurance
       Association/Suid-Afrikaanse Spesiale Risiko Versekeringsassosiasie.

                               POLISNOMMER: 4516172367
              PREMIE OPSOMMING                 JAARLIKSE PREMIE
                                                 BEREKENINGE
                     AFDELING                          2023
         Huiseienaar/gebou                           R4 456,38
         SASRIA                                       R73,48
         Subtotaal (BTW uitgesluit)                  R4 529,86
         Administrasiefooi (BTW ingesluit)              ---
         Totale premie (BTW ingesluit)               R5 309,21

       SASRIA is ŉ staatsbeheerde entiteit wat dekking bied vir skade wat veroorsaak word
       deur spesiale risiko’s soos polities gemotiveerde stakings en openbare
       betogings/protes.

       4.2.1 Skryf die totale premiebedrag insluitend BTW in sent neer. Gee jou finale
             antwoord in woorde.                                                                    (4)

       4.2.2 Druk die administrasiefooi as ŉ persentasie van die totale premie insluitend
             BTW uit.                                                                               (5)

       4.2.3 Bepaal die maandelikse premie (tot die naaste rand) wat Ivan sal betaal.               (3)

       4.2.4 Bepaal die totale BTW-bedrag wat op hierdie polis betaal is.                          (4)
                                                                                                  [28]

                                                                                 TOTAAL:           100

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                                                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                                                                                            9

VRAAG 4.1

BYLAAG A

TABEL: MEES EN MINDER STRESVOLLE WERKE MET HUL SALARISSE (IN VSA DOLLARS)

                                         MEES STRESVOLLE WERK                                                                                        MINDER STRESVOLLE WERK
                          350 000                                                                                                         120 000                                                                               106 960
                                                          302 072

  SALARIS (VSA DOLLARS)                                                                                           SALARIS (VSA DOLLARS)
                          300 000                                                                                                                                                       90 170
                                                                                                                                          100 000   82 550            81 180
                          250 000                                                                                                                            76 590            77 010            74 980            75 220
                                                                                                                                           80 000                                                         65 610
                          200 000
                                                                    116 423
                          150 000               105 363                 106 999                                                            60 000

                          100 000            49 953                                             55 149
                                    41 184                                        36 552                                                   40 000
                                                                                           31 280
                           50 000                                                                        21 177
                                                                                                                                           20 000
                               0                                                                                                                                                                                            0
                                                                                                                                               0

                                                          MEES STRESVOLLE WERK
                                                                                                                                                                          MINDER STRESVOLLE WERK

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                    10

ANTWOORDBLAD 1

NAAM VAN LEERDER: ……………………………………                                                                                       GRAAD: ……

VRAAG 3.2.2

                                                         VERMAAK-KATEGORIEË OP SILMFONE EN TABLETTE

                                                           Ander
                                                                           5%

   Slimfone en tablette vermaak-kategorieë
                                                            Nuus           4%
                                                                          3%

                                             Musiek en video's
                                                                                8%

                                                    Nutsdienste           3%

                                               Sosiale netwerk                        15%
                                                                                                     29%

                                                        Speletjies
                                                                                                           35%

                                                                     0%         10%      20%       30%       40%       50%          60%

                                             Tablette     Slimfone              Persentasies van vermaak-kategorieë gebruik

Kopiereg voorbehou                                                                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P2 QP GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-june-2023-afrikaans/537dd8f7-8a3f-4b18-a420-692a0342dab5) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr
- [MATHS LIT P2 MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/b9a912ff-2fca-4509-8304-e86e47408330) — Mathematical Literacy · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
