# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/70d6e87b-5b1b-4282-9d42-d0bedabebd96
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/70d6e87b-5b1b-4282-9d42-d0bedabebd96)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIORSERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                      JUNIE 2024

           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye, insluitend ŉ antwoordblad.

                           Hosted by https://www.ecexams.co.za

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                            (EC/JUNIE 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Die vraestel bestaan uit VIER VRAE. Beantwoord AL die vrae.

2.     Begin ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy.

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is.

4.     Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.

5.     Gebruik die ANTWOORDBLAD aangeheg om VRAAG 3.6 te beantwoord.

6.     Jy mag ŉ goed gekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik tensy
       anders vermeld.

7.     Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.     Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.

9.     Rond jou finale numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale plekke af.

10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                           3

VRAAG 1

1.1     Die parkeertariewe by BT Ngebs winkelsentrum in Mthatha word hieronder gegee.
        Die tarief word per uur of ŉ deel daarvan gehef. Bestudeer die tabel en beantwoord
        die vrae wat volg.

        TABEL 1: PARKEERTARIEF BY BT NGEBS
                                     PARKEERTARIEWE
                              UUR                                      TARIEF
                            0–1 uur                                     R5,00
                            1–3 uur                                     R10,00
                            3–4 uur                                     R15,00
                            4–5 uur                                     R20,00
                            5–6 uur                                     R25,00
                             6 + ure                                    R45,00
                         Verlore kaartjie                               R70,00
                             Oornag                                    R100,00

                          VRYWARING VAN AANSPREEKLIKHEID
        Saipark, BT Ngebs-winkelsentrum en/of hul werknemers, agent of subkontrakteurs
        sal nie aanspreeklik wees vir enige verlies of skade van watter aard ook al veroorsaak,
        wat deur die kliënt gely word ten opsigte van enige voertuig of enige goedere wat by
        Saipark gelaat of gedeponeer word nie, BT Ngebs-winkelsentrum/of hul werknemers,
        agent, of subkontrakteurs, terwyl sodanige voertuig of goedere op die perseel van BT
        Ngebs winkelsentrum is, selfs waar die verlies deur die nalatigheid of growwe
        nalatigheid van Saipark, BT Ngebs-winkelsentrum en/of hul werknemers of
        subkontrakteurs veroorsaak word.

        1.1.1     Skryf die bedrag neer wat ŉ kliënt wat 2,5 uur spandeer, sal betaal.               (2)

        1.1.2     Definieer die term “deel daarvan” in die gegewe konteks.                           (2)

        1.1.3     Op ŉ Swart Vrydag spesiale aanbod hoef klante slegs 75% van die gewone
                  tarief te betaal. Bereken die bedrag wat deur ŉ kliënt wat 4,25 uur in die
                  winkelsentrum deurbring betaal word.                                               (2)

1.2     Die totale aantal gekwalifiseerde onderwysers in Suid-Afrika in 2022 was 490 993.
        68% van die onderwysers is vroulik.

        1.2.1     Is die data diskreet of deurlopend?                                                (2)

        1.2.2     Skryf die aantal gekwalifiseerde onderwysers in woorde.                            (2)

        1.2.3     Bepaal hoeveel onderwysers manlik is.                                              (3)

        1.2.4     Druk die aantal vroulike onderwysers tot die totale aantal gekwalifiseerde
                  onderwysers as ŉ verhouding uit. Skryf jou verhouding in die vorm 1 : …            (3)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                               (EC/JUNIE 2024)

1.3    Kies die toepaslike opsie vir die volgende gegewe stellings. Skryf slegs die
       vraagnommer en die letter neer, byvoorbeeld, 1.3.3 E.

       A – Seker      B – Onmoontlik        C – Gelyke kans      D – Minder waarskynlik

       1.3.1 Die waarskynlikheid om ŉ leerder te kies wat Wiskundige Geletterdheid en
             Wiskunde doen.                                                                       (2)

       1.3.2 Die waarskynlikheid om ŉ belastingbetaler te kies wat al die drie kortings by ŉ
             plaaslike skool sal ontvang.                                                         (2)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                                 5

VRAAG 2

Daniel is ŉ 53-jarige man wat ŉ maandelikse bruto salaris van R32 500 verdien. Hy dra elke
maand 7,5% van sy salaris tot pensioen by. Hy dra by tot ŉ mediesefonds vir homself, sy vrou
en drie kinders. Gebruik die belastingtabel hieronder om die vrae wat volg te beantwoord.

TABEL 2: 2023 BELASTINGJAAR (1 MAART 2022 – 28 FEBRUARIE 2023)
   BELASBARE INKOMSTE                  BELASTINGKOERSE
               (R)
 1 – 226 000              18% van belasbare inkomste
 226 001 – 353 100        40 680 + 26% van belasbare inkomste bo 226 000
 353 101 – 488 700        73 726 + 31% van belasbare inkomste bo 353 100
 488 701 – 641 400        115 762 + 36% van belasbare inkomste bo 488 700
 641 401 – 817 600        170 734 + 39% van belasbare inkomste bo 641 400
 817 601 – 1 731 600      239 452 + 41% van belasbare inkomste bo 817 600
 1 731 601 en hoër        614 192 + 45% van belasbare inkomste bo 1 731 600

BELASTINGKORTINGS

 Primêre korting                                      R16 425
 Sekondêre korting – 65 jaar en ouer                  R9 000
 Tersiêre korting – 75 jaar en ouer                   R2 997

MEDIESE BELASTING KREDIETTARIEWE

 Belastingbetaler                             R347 per maand
 Belastingbetaler + eerste afhanklike         R694 per maand
 Elke addisionele afhanklike                  R234 per maand
                                 [Aangepas uit www.sars.gov.za. Toegamg op 10 Januarie 2024 verkry.]

2.1       Bepaal die jaarlikse bydrae tot pensioen.                                                           (3)

2.2       Daniel beweer dat sy belasting meer as 15% van sy maandelikse bruto salaris is. Toon,
          met berekeninge, dat sy stelling GELDIG is of nie.                                                  (9)

2.3       Toon hoe R239 452 in belastingkategorie 6 bereken word.                                             (3)

2.4       Daniel het ŉ enkelbedrag ontvang omdat hy 20 jaar by dieselfde maatskappy gewerk
          het. Die maatskappyreël is om 80% van hul maandelikse bruto salaris aan werknemers
          toe te ken. Daniel het die bedrag wat hy ontvang het belê in ŉ rekening wat 11,5% p.j.
          bied, jaarliks saamgestel. Bereken hoeveel hy na drie jaar sal ontvang.                          (6)
                                                                                                          [21]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                        (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 3

Die provinsiale getal kiesers wat na die eerste registrasie in November 2023 aangeteken is,
word in die tabel hieronder getoon. Gebruik die tabel om die vrae wat volg, te beantwoord.

TABEL 3: PROVINSIALE AANTAL GEREGISTREERDE KIESERS

      PROVINSIE           AANTAL GEREGISTREERDE                         PERSENTASIE
                                 KIESERS
 Oos-Kaap                         3 348 392                                    12,47
 Vrystaat                         1 422 384                                      5,3
 Gauteng                          6 274 046                                    23,37
 KwaZulu-Natal                        A                                        20,76
 Mpumalanga                       1 965 259                                     7,32
 Noord-Kaap                         634 792                                      2,3
 Limpopo                          2 714 474                                    10,11
 Noordwes                         1 718 340                                      6,4
 Wes-Kaap                         3 198 146                                       B
 Totaal                          26 850 972                                     100
                            [Aangepas uit www.elections.org.za. Toegang op 7 Januarie 2024 verkry.]

3.1    Bepaal watter provinsie die minste getal kiesers aangeteken het.                                   (2)

3.2    Daar is twee maniere om die waarde van A te bereken. Gebruik albei metodes om die
       aantal kiesers wat in KwaZulu-Natal geregistreer is, te bereken en verduidelik waarom
       die antwoorde verskil.                                                                             (6)

3.3    Toon dat die persentasie kiesers in die Wes-Kaap 11,91% is.                                        (3)

3.4    Bereken die gemiddelde aantal kiesers in Suid-Afrika per provinsie.                                (4)

3.5    Bepaal die interkwartielreeks vir die aantal geregistreerde kiesers.                               (6)

3.6    Gebruik die voorsiene ANTWOORDBLAD om die lyngrafiek vir die persentasie
       kiesers per provinsie te trek.                                                                     (4)

3.7    Gee ŉ moontlike rede waarom die aantal geregistreerde kiesers belangrik vir politieke
       partye is.                                                                                         (2)

3.8    Bepaal die waarskynlikheid, as ŉ desimale, afgerond tot 3 desimale plekke om ŉ
       geregistreerde kieser wat in die Kaapse provinsie(s) woonagtig is, te kies.                       (3)
                                                                                                        [30]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                   WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                            7

VRAAG 4

Die wensokkerspan is $7 miljoen in die Afrika-Nasiesbeker (African Cup of Nations) belowe.
Die span, insluitend die tegniese personeel, het ŉ totale aantal van 30 lede. Hulle gaan die
$7 miljoen gelykop deel.

4.1     4.1.1 Skryf die wengeld in syfers.                                                              (2)

        4.1.2 Bepaal hoeveel elke lid sal ontvang as hulle die toernooi wen. Rond die
              antwoord tot die naaste 1 000 af.                                                         (3)

4.2     Die Suid-Afrikaanse krieketspan het tot in die halfeindstryd in die
        Krieketwêreldbeker 2023 deelgeneem. Daar was twee hoofborge uit verskillende
        lande. Hulle het hul eie geldeenheid gebruik om spelers vir verskillende toekennings
        te betaal, soos die meeste sesse wat aangeteken is, speler van die wedstryd en speler
        van die toernooi.

        Gebruik die wisselkoerse wat hieronder gegee word om die vrae wat volg, te
        beantwoord.

        TABEL 4: WISSELKOERS VAN DIE KOOP EN VERKOOP VAN
                 BUITELANDSE VALUTA

             GELDEENHEID                      KOOP                     VERKOOP
         Amerikaanse dollar $                R19,1305                   R18,9739
         Britse pond £                       R24,3861                   R23,9202

        4.2.1 Daar word 2,5% kommissie gehef wanneer dit na plaaslike geldeenheid
              omgeskakel word. Bereken hoeveel in die speler se rekening in Rand
              gedeponeer sal word as hy $5 000 en £2 000 van die twee hoofborge gekry
              het.                                                                                      (6)

        4.2.2 Gee ŉ moontlike rede waarom daar ŉ verskil tussen die koop en verkoop van
              buitelandse valuta is.                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                     (EC/JUNIE 2024)

4.3     Die diagram hieronder toon die uitgawes van die metropolitaanse munisipaliteite van
        Suid-Afrika in die jaar geëindig 2022.

              WERKLIKE UITGAWES SOOS OP 31 DESEMBER 2022

                                                              Buffelstad;
                   Tshwane-stad;                               R322 364
      Nelson         R548 275
    Mandelabaai;
     R254 270         Mangaung;
                       R201 676
                                                           Kaapstad;
                                                           R1 023 970

                                                         Ekurhuleni-stad;
                                                           R1 483 188
              Johannesburg-stad;
                  R1 858 467

                                            eThekwini;
                                             R668 101
                         [Aangepas uit www.gov.local-government.gov.za. Toegang op 6 Januarie 2024 verkry.]

        4.3.1 Hoeveel provinsies het metropolitaanse munisipaliteite in die land?                             (2)

        4.3.2 Benoem die tipe grafiek wat gebruik is om die werklike uitgawes in die
              metropolitaanse munisipaliteite van Suid-Afrika voor te stel.                                   (2)

        4.3.3 Toon aan dat die waarskynlikheid om ŉ munisipaliteit te kies wat ŉ uitgawe van
              hoogstens R0,7 miljoen het, 62,5% is.                                                           (4)

4.4     Thandi koop en verkoop skryfbehoeftepakkies by skole in haar gemeenskap. Die tabel
        hieronder toon die koste en inkomste per skryfbehoeftepak.

        TABEL 5: KOSTE EN INKOMSTE PER PAK
          Aantal
                          0         10          20            30            40      50         60
          pakke
          Koste van
                       R6 000      R9 500    R13 000       R16 500      R20 000   R23 500    R27 000
          pakke
          Inkomste
          van             0        R7 500    R15 000       R22 500      R30 000   R37 500    R45 000
          pakke

        4.4.1 Definieer die term gelykbreek in die gegewe konteks.                                            (2)

        4.4.2 Noem die tipe koste wat R6 000 verteenwoordig.                                                  (2)

        4.4.3 Bepaal hoeveel pakke Thandi moet verkoop om gelyk te breek.                                   (4)
                                                                                                           [29]

                                                                                            TOTAAL:           100
Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                              9

 ANTWOORDBLAD

 NAAM VAN LEERDER: ______________________________     GRAAD 12: _________

 VRAAG 3.6

Kopiereg voorbehou                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Mathematical Literacy · Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/2d599711-ccd3-42d3-862f-4c1b72b92e44) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr
- [Mathematical Literacy P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-nov-2024-afr/4ff33247-b9d7-474d-a91c-ada2e64b89d4) — Mathematical Literacy · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024
- [Mathematical Literacy P2 Nov 2024 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-nov-2024-addendum-afr/80522728-ad7d-4d9a-b9f3-59b47556287b) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
