# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept-2021-afr-d/253cd04c-7ec7-47f3-b64c-a8b9b9d3a235
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept-2021-afr-d/253cd04c-7ec7-47f3-b64c-a8b9b9d3a235)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2021

               WISKUNDE GELETTERDHEID V1

PUNTE:   150

TIME:    3 uur

                                      *MLITA1*

                    Hierdie vraestel bestaan 13 bladsye, ŉ antwoordblad en ŉ
                                      addendum met 4 bylae.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                  2

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

 2.   2.1     Gebruik BYLAAG A vir VRAAG 1.4
                      BYLAAG B vir VRAAG 2.3
                      BYLAAG C vir VRAAG 5.2
                      BYLAAG D vir VRAAG 5.2

      2.2     Skryf jou NAAM en GRAAD in die ruimte voorsien op die
              ANTWOORDBLAD VIR VRAAG 3.8 (GRAFIEK).
              Handig jou ANTWOORDBLAD met jou ANTWOORDEBOEK in.

 3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

 4.   Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

 5.   Rond ALLE finale antwoorde af volgens die gegewe konteks af, tensy anders aangedui.

 6.   Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

 7.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 8.   Toon ALLE berekeninge duidelik.

 9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                            3

 VRAAG 1

 1.1 James het ŉ dubbelbed op bêrekoop teen
     R4 800 gekoop. Hy betaal ŉ deposito van
     R1 200 en kies om elke maand paaiemente
     van R400 te betaal om die balans/saldo van                                   R4 800 op
     R3 600 klaar te betaal.                                                      bêrekoop

                                                                   [Aangepas uit www.russels.co.za]

      1.1.1    Druk die deposito uit as ŉ persentasie van die bêrekoop aankoopprys.                     (2)

      1.1.2    Bepaal die aantal maande om die saldo te voltooi.                                        (3)

      1.1.3    Bereken die balansbedrag nadat James die deposito en sewe paaiemente betaal
               het.                                                                                     (2)

 1.2 Morgan het ŉ aanlyn-klerewinkel begin. Die                    PRENT VAN T-HEMP
     onderstaande t-hemp is ontwerp in samewerking
     met die Saartjie Baartman-sentrum vir vroue en
     kinders, om mense van die mishandeling van vroue
     en kinders bewus te maak. Hieronder is die
     kostestrukture vir hierdie t-hemp.

      x   Prys van t-hemp van verskaffer – R60,00
      x   Drukwerk en etikette – R45,00
      x   Verpakking – R5,00
      x   Verkoopprys van een (1) t-hemp – R176,00

                                                                    [Bron: www.clothingcloset.com]

      1.2.1    Skryf die kosprys neer wat Morgan moet betaal om die t-hemp vir verkope
               gereed te maak.                                                                          (2)

      1.2.2    Bereken die wins wat sy op een (1) t-hemp sal maak.                                      (2)

      1.2.3    Voltooi die inkomsteformule vir Morgan hieronder:

               Inkomste (rand) = ... waar n die aantal t-hemde verkoop is.                              (2)

      1.2.4    As ŉ spesiale aanbieding tydens vrouemaand hou sy ŉ promosie op Facebook
               met ŉ 15% afslag. Bereken die kontantafslag.                                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                       4

 1.3 Mary het ŉ skinkbord van 60 eiers teen R110 gekoop. Sy verkoop die helfte van die eiers
     teen ŉ prys van R65 en die oorblywende eiers teen ŉ prys van R60.

      1.3.1    Bereken die kosprys van ŉ dosyn eiers.                                              (2)

      1.3.2    Bereken die gemiddelde wins per eier gemaak uit die verkoop van die 60 eiers.       (3)

 1.4 Die bevolking van Suid-Afrika in 1996; 2001 en 2011 word in TABEL 1 in BYLAE A
     aangedui.

      Gebruik BYLAE A om die vrae wat volg te beantwoord.

      1.4.1    Skryf die totale bevolking van Suid-Afrika in 2001 in woorde neer.                  (2)

      1.4.2    Bepaal die toename in die totale bevolking van Suid-Afrika vanaf 1996 tot 2011.     (2)

      1.4.3    Skryf die verskil in bevolking tussen die KZN en NK provinsies in 1996 neer.        (3)

      1.4.4    Skryf die provinsie neer waarvan die totale bevolking in die 2001-sensus in
               vergeleke met die 1996-sensus afgeneem het.                                        (2)
                                                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                              5

 VRAAG 2

 2.1   Op 1 Januarie 2019 belê Amoti en Dan in ŉ skoolkantienbesigheid. Hulle het ŉ totaal
       van R16 000 in die verhouding 5 : 3 onderskeidelik, belê.
       Op 31 Desember 2020 het Amoti en Dan ŉ wins van R2 880 gedeel wat in dieselfde
       verhouding as hul beleggings is.

       Vir dieselfde tydperk het Mary verkies om R10 000 in ADC Bank te belê wat haar
       jaarliks ŉ rentekoers van 8,5% aangebied het.

       Gebruik die bostaande inligting om die vrae wat volg te beantwoord.

       2.1.1   Bereken die bedrag wat Dan in die skoolkantienbesigheid belê het.                          (2)

       2.1.2   Bepaal Dan se aandeel van die wins op sy belegging na twee jaar.                           (2)

       2.1.3   Bereken die totale rente wat Mary in 2 jaar verdien het, en vergelyk dit met
               Amoti se deel van hul wins, om te verifieer wie die beter belegging gehad het.             (6)

 2.2   Mnr. Amoti het sy elektrisiteitsrekening bestudeer en gesien dat hy 690 kWh energie vir
       die vorige maand gebruik het.
       TABEL 2 hieronder toon die elektrisiteitstariewe vir woonstelle / huise in 'n plaaslike
       munisipaliteit waar mnr. Amoti woon.

       TABEL 2: ELEKTRISITEITSTARIEWE VIR WOONSTELLE / HUISE
            Residensiele Voorafbetaal opsie Voorgestelde c/kWh [BTW
                                                    ingesluit]
                 Blok 1 (൑ 550 kWh)                  124,49c
                 Blok 2 (൐ 550 kWh)                  141,43c

        Diensheffing (R/maand – BTW ingesluit)                       R147,74
        Kapasiteitsheffing (R/maand – BTW ingesluit)                 R435,24
                                                           BTW (Belasting op Toegevoegde
                                                                 Waarde = 15%)
                                              [Aangepas uit electricity-tariffs 2018-2019-Johannesburg]

       Gebruik die inligting in TABEL 2 hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

       2.2.1   Skryf die maandelikse diensfooi (in rand) neer wat vir ŉ woonstel of huis betaal
               moet word.                                                                                 (2)

       2.2.2   Bereken die elektrisiteitsrekening (in rand) vir mnr. Amoti vir die vorige maand.          (5)

       2.2.3   Bereken die BTW-bedrag wat ingesluit is by die elektrisiteitsrekening wat betaal
               word vir ŉ huishoudelike gebruik van 690 kWh energie.                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                         6

 2.3   Die GMT Missions Shelter is ŉ organisasie sonder winsbejag wat skuiling, kos, klere en
       skoolopleiding aan verlate en behoeftige kinders bied. Die tesourier van die organisasie
       het ŉ finansiële verslag voorgelê aan al sy belanghebbendes vir die boekjaar 2020/2021
       soos in BYLAE B aangedui.

       Gebruik die bostaande inligting en BYLAE B om die vrae wat volg te beantwoord.

       2.3.1 Bepaal die tydperk van die finansiële verslag, in maande.                              (2)

       2.3.2 Verifieer, met alle berekeninge, of die organisasie GMT Missions Shelter ŉ
             oorskot/surplus of ŉ tekort toon.                                                      (6)

       2.3.3 Bereken die gemiddelde maandelikse bedrag wat vir bankkoste betaal is.                (3)
                                                                                                   [31]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                            7

 VRAAG 3

 Mynbou speel 'n belangrike rol in die ekonomie van ons land. Die onderstaande inligting toon
 aan hoe die mynbedryf in 2019 presteer het.
 TABEL 3: DIE MYNBEDRYF IN 2019
  Metale en    Direkte  Werknemers                   Tantieme          Produksie         Totale
  Minerale   werknemers verdienste                    betaal           (in tonne)       verkope
                        (in miljard                                                        (in
                           rand)                                                        miljard
                                                                                         rand)
  Mangaan             10 846          3,5          R802 miljoen       16,4 miljoen        47,6
  Chroom              19 693          6,1           N/A               17,5 miljoen        22,8
  Diamant             15 728          4,7          R362 miljoen       7,2 miljoen         13,3
  Ystererts           19 092          6,6          R2,1 miljard       70,5 miljoen        71,4
  Goud                95 130          24,3        R288,0 miljoen         101,3            72,6
  Platinum            164 513         52,1        R1,12 miljard          262,9            124,6
  Steenkool           92 230          27,9         R2,1 miljard      258,9 miljoen        139,3
  TOTAAL                …              …                …                   …              …

                                                                  [Aangepas uit mineralscouncil.com]

 Gebruik die bostaande inligting in TABEL 3 om die vrae wat volg te beantwoord.

 3.1    Identifiseer die tipe ‘metale en minerale’ wat die laagste bedrag tantieme betaal het.          (2)

 3.2    Bepaal die mediaanwaarde vir die totale verkope.                                                (3)

 3.3    Gebruik berekeninge om vas te stel of die interkwartielomvang vir die totale verkope
        van metale en minerale minder as 101 miljard rand is.                                           (5)

 3.4    Bepaal die gemiddelde aantal direkte werknemers in die mynboubedryf. Gee jou finale
        antwoord tot die naaste duisend.                                                                (4)

 3.5    Skryf die modale waarde vir ‘tantieme betaal’ neer. Gee jou antwoord in getalformaat /
        figure sonder woorde.                                                                           (2)

 3.6    Druk die goudbedrag wat op tantieme betaal is uit as ŉ persentasie van die totale bedrag
        wat op tantieme betaal is.                                                                      (3)

 3.7    Bereken die waarskynlikheid (uitgedruk as ŉ persentasie) om lukraak ŉ soort ‘metale
        en minerale’ te kies wat in 2019 minder as 19 500 direkte werknemers gehad het.                 (3)

 3.8    Teken op ANTWOORDBLAD 1 ŉ gebreekte lyngrafiek wat die totale verkope vir alle
        bogenoemde metale en minerale nywerhede toon.                                                   (4)

 3.9    Bepaal die verskil in ton tussen die ‘Produksie’ van ystererts en goud vir die jaar 2019.       (3)
                                                                                                       [29]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                        8

 VRAAG 4

 4.1   Sipho werk by Shining Cars motorwassery en het die volgende loonopsies: Hy ontvang
       R20 vir elke motor wat hy was, OF R200 per dag plus R10 per motor wat hy was. Die
       vergelykings wat die opsies voorstel, is:
       Opsie 1: Loon (R) = R20 × n               (n = aantal motors gewas)
       Opsie 2: Loon (R) = R200 + R10 × n        (n = aantal motors gewas)

       Gebruik die inligting hierbo en die grafiek om die vrae wat volg te beantwoord.

       4.1.1 Skryf die grafiek neer wat opsie 1 en opsie 2 aandui. Gebruik letters A en B.         (2)

       4.1.2 Verduidelik die betekenis van gelykbreekpunt in hierdie konteks.                      (2)

       4.1.3 Sipho het loonopsie 2 gekies. Hy het op die eerste dag 12 motors gewas.
             Verifieer, toon alle berekeninge of gebruik die grafiek dat indien hy opsie 1 sou
             kies, hy R80 minder vir die dag sou verdien het.                                      (6)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                                9

 4.2   Die gemiddelde inflasiekoers vir Suid-Afrika vir die periode 2016 tot 2020 word in die
       onderstaande grafiek aangedui.

       SUID-AFRIKA SE GEMIDDELDE TARIEF VAN INFLASIE VAN 2016 TOT
       2020

                                             [Bron: Statista.com /370515/Inflation rate in South Africa]

       Gebruik die bostaande inligting op die grafiek om die vrae wat volg te beantwoord.

       4.2.1 Verduidelik waarom dit na die gemiddelde inflasiekoers verwys word.                            (2)

       4.2.2 Verduidelik kortliks die veranderinge in die inflasiekoers en die impak wat dit
             op die pryse van goedere van 2016 tot 2019 gehad het.                                          (4)

       4.2.3 Die prys van ŉ etenstafel was R5 356 in 2018. Gebruik die inflasiekoerse hierbo
             getoon om die verskil in die prys in 2017 en 2019 te bereken.

               Jy kan die formule gebruik:
               Nuwe prys = Ou prys × (100% + Inflasiekoers%)                                                (7)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                       10

 4.3   Die volgende grafiek toon die verbruikersprysinflasie (VPI) van Suid-Afrika, Nigerië
       en Botswana vir die tydperk Januarie 2020 tot Maart 2021.

                                                                  [Aangepas uit www.knoema.com]

       Bestudeer die grafiek hierbo en beantwoord die vrae wat volg.

       4.3.1 Identifiseer die land met die hoogste verbruikersprysinflasie (VPI) gedurende
             die tydperk wat in die grafiek aangedui word.                                           (2)

       4.3.2 Skryf die maand en jaar neer toe die VPI van Suid-Afrika en Botswana die
             naaste aan mekaar was.                                                                  (2)

       4.3.3 Beskryf die neiging van:

               (a)    Nigerië (vanaf April 2020 tot Maart 2021)                                      (2)

               (b)    Suid-Afrika (vanaf Maart 2020 tot Julie 2020)                                 (3)
                                                                                                   [32]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                       11

 VRAAG 5

 5.1   TABEL 5 hieronder toon die belastingkoerse wat individue in Suid-Afrika betaalbaar
       is vir die belastingjaar 2020/2021.

       TABEL 5: BELASTINGKOERSE VIR INDIVIDUE – 1 MAART 2020 TOT
                28 FEBRUARIE 2021

                                  Koerse met betrekking tot individue
                         2021 belastingjaar (1 Maart 2020 – 28 Februarie 2021)

           Belasbare Inkomste                         Belastingkoers (R).
           (R)

                  1 – 205 900         18% van belasbare inkomste
           205 901 – 321 600          37 062 + 26% van belasbare inkomste bo 205 900
           321 601 – 445 100          67 144 + 31% van belasbare inkomste bo 321 600
           445 101 – 584 200          105 429 + 36% van belasbare inkomste bo 445 100
           584 201 – 744 800          155 505 + 39% van belasbare inkomste bo 584 200
           744 801 – 1 577 300        218 139 + 41% van belasbare inkomste bo 744 800
           1 577 301 en meer          559 464 + 45% van belasbare inkomste bo 1 577 300

           Oudersdomkategorie                    Korting             Belastingdrempel
           * Onder ouderdom 65                   R14 958                 R83 100
           * Ouderdom 65 tot onder 75            R8 199                  R128 650
           * Ouderdom 75 en ouer                 R2 736                  R143 850
                                                                [Bron: https//www.sars.gov.za]

       Gebruik die inligting in TABEL 5 hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

       5.1.1 Mnr. Buti, ŉ 55-jarige verkoopsman, het ŉ bruto inkomste van R27 678 per
             maand gedurende die belastingjaar 2020/2021 verdien. ŉ Maandelikse aftrekking
             van 7,5% is op sy salaris gemaak en in sy pensioenfonds betaal.
             Toon aan die hand van berekeninge dat mnr. Buti se maandelikse belasting
             R4 037,38 was.

               Jy kan die formule gebruik:

               Belasbare Inkomste = Jaarlikse Bruto Inkomste – Jaarlikse Pensioen                     (8)

       5.1.2 Mnr. Buti is ŉ lid van 'n vakbond en het ŉ spaarpolis by ŉ
             versekeringsmaatskappy.
             Benewens sy maandelikse belasting van R4 037,38, betaal hy die volgende:

               x      Lidmaatskapgeld van die unie: R106 per maand
               x      Spaarpolispremie: R585,64 per maand

               Bereken dus mnr. Buti se maandelikse netto inkomste.                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                           12

 5.2   ŉ Graad 12-klas vir Wiskundige geletterdheid is geleer hoe om LMI (Liggaamsmassa-
       indeks), groeikaarte en gewigstatuskaart gebaseer op LMI in ŉ datahanteringsles, te
       gebruik.

       Mary en Jolly is vriende en het die volgende inligting oor hulself versamel.

           NAAM          OUDERDOM             LMI          LENGTE (cm)            MASSA (kg)
            Mary            16                 29            161 cm                  75
            Jolly           18                 30            155 cm                  72

       Gebruik die bostaande inligting, Groeidiagram in BYLAE C en gewigstatus TABEL 6
       in BYLAE D om die vrae wat volg te beantwoord.

       5.2.1 Mary en Jolly het hul gewigstatus geïnterpreteer deur gebruik te maak van hul
             gegewens, groeikaarte en TABEL 6 vir gewigstatus en het die volgende menings
             gehad:

               x      Mary: Albei loop die risiko van oorgewig
               x      Jolly: Albei is oorgewig

               Verifieer, deur verduidelikings te gee, wie se interpretasie korrek is.                    (5)

       5.2.2 Gebruik die groeikaart om te skat hoeveel LMI-punte Mary nodig het om haar
             LMI te verlaag om tot die 85ste persentiel te kom, as sy van plan is om haar teiken
             teen haar 19de verjaardag te bereik.                                                         (4)

 5.3   Bestudeer die onderstaande tabel wat die aantal volwasse individue van 20 jaar en ouer
       toon wat in 2016 ŉ tersiêre kwalifikasie behaal het volgens tipe kwalifikasie en
       bevolkingsgroep.

        Tipe                        Swart      Kleurling     Indiese/       Wit           Totaal
        kwalifikasie              Afrikaan                    Asiaat
        Sertifikate/Diplomas       449 218       54 756       37 931      215 200         757 105
        Grade                      613 820       75 336       91 125      569 114        1 349 395
        TOTAL                     1 063 038     130 092      129 056      784 314           …
                                                                    [Aangepas uit www.statssa.gov.za]

       5.3.1 Bereken die totale aantal volwassenes wat tersiêre kwalifikasies behaal het.                 (2)

       5.3.2 Verduidelik die betekenis van die term ‘waarskynlikheid’.                                    (2)

       5.3.3 Bepaal die waarskynlikheid (as desimaal) om lukraak ŉ swart Afrikaan met ŉ
             graad uit al die individue met 'n graad te kies.                                             (3)
                                                                                                         [28]

                                                                                         TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                         13

ANTWOORDBLAD 1 (VRAAG 3.8)

NAAM: …………………………………….                                                GRAAD 12 ……

                             Totale Verkope van Metale en Minerale (in miljarde rande)
                       150

                       140

                       130

                       120

                       110

                       100

                        90

  Rand (in Miljarde)
                        80

                        70

                        60

                        50

                        40

                       30

                       20

                       10

                         0

                                          Chroom       Diamant
                                                                                      Goud
                                Mangaan                                 Ystererts            Platinum      Steenkool
                                                                 Metale en Minerale

Kopiereg voorbehou                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [MATHS LIT P1 GR12 ADDENDUM SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-addendum-sept-2021-afrikaans/bb93ab59-ebbf-4bfc-94fd-43fb313fe26a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2021 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 ADDENDUM SEPT 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-addendum-sept-2021-english/1141e20a-9cef-43c2-9fab-b805c645f238) — Mathematical Literacy · Addendum · 2021 · Eng
- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO SEPT 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-sept-2021-english/9e0090b1-9cc7-4ae4-abe6-f4cf6ea5bce3) — Mathematical Literacy · Memo · 2021 · Eng
- [Mathematical Literacy P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-may-june-2021-eng/f4502aa7-6e86-4659-8282-8e162043d7c2) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Eng
- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2020 English (Printready 18 August 2020)](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2020-english-printready-18-august-2020/f1819888-26f6-4ed6-8382-6909354c4789) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Eng
- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
