# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/5776a17a-8ffa-4b92-8b97-7df2797be2b8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/5776a17a-8ffa-4b92-8b97-7df2797be2b8)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                          SENIORSERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                              SEPTEMBER 2023

                 WISKUNDIGE GELETTERHEID V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend 1 bylaag.

### Page 2

2                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                      (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.     Gebruik die BYLAAG om VRAAG 3.1 te beantwoord.

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is.

4.     Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

5.     Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
       vermeld.

6.     Dui maateenhede aan, waar van toepassing.

7.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

8.     Toon ALLE bewerkings duidelik aan.

9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                        3

VRAAG 1

1.1 Olwethu wil ŉ bankrekening oopmaak en besluit om navorsing by verskeie banke te doen.
    TABEL 1 hieronder toon die bankfooie van verskeie dienste gelewer aan jongmense by vier
    van Suid-Afrika se grootste banke.

     TABEL 1: BANKFOOIE VIR DIENSTE GELEWER VAN VIER BANKE
                    BANK A       BANK B   BANK C        BANK D
      Maandelikse
                             R10,00            R26,00         R9,99                Gratis
      Fooi

                                                          Eerste R1 250
                                                          gratis, daarna
       Onttrekking
                         R1,90 per R100         Gratis      R1,85 per              R7,00
         (OTM)
                                                            R100, of
                                                            gedeelte
                                                             daarvan
      Onttrekking
      by bank-                R1,60             Gratis        R2,00                R2,00
      toonbank

                          Eerste R3 000
       Onttrekking                                                          Eerste R3 000
                          gratis, daarna                    R1,85 per
           by                                   Gratis                      gratis, daarna
                              R0,95                          R100
       betaalpunt                                                          R1,00 per R100
                            per R100

      Debietorder             Gratis            Gratis       Gratis                Gratis
      Bankstaat               Gratis            R1,50        R1,20                 R1,00

      1.1.1    Skryf die goedkoopste bank gebaseer op die maandelikse fooi neer.                     (2)

      1.1.2    Watter onttrekkingsmetode is die duurste een vir ŉ kliënt wat R1 200 by Bank A
               wil onttrek?                                                                          (2)

      1.1.3    Bereken hoeveel bankkoste sal wees indien Olwethu Bank C kies en R1 600 by die
               bank se OTM onttrek.                                                                  (3)

      1.1.4    Kies die korrekte persentasie hieronder.

               Die waarskynlikheid om ŉ bank te kies met ŉ toonbank-onttrekkingskoste wat
               minder as R2,00 is:

               A      25%
               B      50%
               C      100%                                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

4                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                (EC/SEPTEMBER 2023)

1.2   TABEL 2 hieronder toon die halfjaarlikse bevolking wat vir Suid-Afrika in 2022 voorspel
      word.

      TABEL 2: HALFJAARLIKSE BEVOLKINGSKATTING VAN BEVOLKINGS-
               GROEP EN GESLAG VAN 2022
       BEVOLKINGS
                                MANLIK            VROULIK
       OUDERDOMSGROEP
       Swart Afrikaan                        23 985 479                  25 085 330
       Kleurling                              2 601 932                   2 737 987
       Indiaan/Asiaat                          794 882                     ---------
       Wit                                    2 242 589                   2 396 679
       Totaal                                29 624 882                  30 980 110
                                                                             [Aangepas uit Statista]

      Gebruik die bostaande inligting om die vrae wat volg, te beantwoord.

      1.2.1    Bereken die getal vroulike Indiane/Asiate.                                              (2)

      1.2.2    Skryf die getal Kleurlingmans in woorde neer.                                           (2)

      1.2.3    Bereken die persentasie van die vroulike bevolking wat deur Swart Afrikane
               verteenwoordig word.                                                                    (3)

      1.2.4    Is die bevolking data numeries of kategories?                                           (2)

1.3   ŉ Klerewinkel hou ŉ jaarlikse uitverkoping op alle items in die winkel. Daarbenewens kry
      ŉ kliënt ŉ verdere 50% afslag op die goedkoopste item gekoop.
      Me. Botha kies ŉ kosmetiese sak vir R249,95 en ŉ paar sandale vir R135,95 op
      uitverkoping.

                               Uitverkopings-
                                                                         Uitverkopings-
                                    prys
                                                                              prys
                                  R249,95
                                                                            R135,95
                                   R249,95

      Bereken die totale bedrag wat me. Botha vir haar aankope betaal.                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                        5

1.4   Die getal aktiewe sosiale netwerk gebruikers word in die onderstaande grafiek gegee.

                                        MAANDELIKSE AKTIEWE SOSIALE MEDIA
                                                  GEBRUIKERS
                           2500
                                          2 000
                           2000

       Getal in miljoene
                                                          1 500
                           1500                                                           1 309
                                                                                1 051
                           1000   800
                                                                                                     700

                           500                      330                  300
                                                                  200

                             0

                                                     Soorte sosiale media platvorme

                                                                                        [Aangepas uit Statista]

      Gebruik die bostaande grafiek om die vrae wat volg, te beantwoord.

      1.4.1 Watter sosiale media platvorm word die meeste per maand gebruik?                                        (2)

      1.4.2 Noem die tipe grafiek wat hierbo gebruik word om die maandelikse soorte sosiale
            media platvorms te illustreer.                                                                          (2)

      1.4.3 Bereken die verskil tussen die derde mees populêre en die minste populêre sosiale
            media platvorm.                                                                                         (3)

      1.4.4 Noem die sosiale media platvorm wat vier keer meer maandelikse gebruikers as
            die minste gebruikte platvorm het.                                                                      (2)
                                                                                                                   [30]

Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

6                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                   (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 2

2.1   Beurtkrag is op die oomblik ŉ werklikheid in Suid-Afrika. Mnr. Rudolph besluit om ŉ
      kragopwekker te koop sodat sy gesin dit gedurende beurtkrag kan gebruik.
      Hieronder gegee is ŉ advertensie van ŉ kragopwekker wat hy beoog om te koop.

                                                    Ryobi 7,5 KVA-4-slag-sleutelbegin-
                                                           petrolkragopwekker

                                                                NOU R13 499

                                                      WAS R13 999 Bespaar R 500

      Die maatskappy wat hierdie kragopwekker verkoop bied die volgende betalingsopsies
      aan soos in TABEL 3 geïllustreer.

      TABLE 3: BETALINGSOPSIES VIR RYOBI-KRAGOPWEKKER
                OPSIE 1             Kontantbetaling
                                    Huurkoopooreenkoms: 18% deposito en 16,25% p.j.
                OPSIE 2             rente op die balans gehef. Hierdie balans moet in
                                    gelyke paaiemente oor 12 maande af betaal word.

      Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

      2.1.1 Bereken die persentasie afslag wat op die Ryobi 7,5 KVA-kragopwekker
            aangebied word.                                                      (3)

      2.1.2 Mnr. Rudolph verklaar dat hy R1 000 per maand begroot het om die kragopwekker
            te koop en Betalingsopsie 2 te gebruik.
              Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of die R1 000 genoeg sal wees vir die
              maandelikse paaiement.                                                          (7)

      2.1.3 Mnr. en me. Rudolph oorweeg dit om kontant vir die kragopwekker te betaal en
            om die paaiement in die verhouding 5 : 3 onderskeidelik, te verdeel. Hoeveel sal
            me. Rudolph volgens die paaiement moet bydra?                                    (3)

2.2   Die kragopwekker gebruik Brandstof 93 of Brandstof 95. TABEL 4 hieronder toon die
      brandstofpryse in Suid-Afrika vir Januarie 2023.
      TABEL 4: SUID-AFRIKAANSE BRANDSTOFPRYS VIR JANUARIE 2023
                            BINNELANDS          KUSGEBIEDE
         Brandstof 93          R21,10               R20,45
         Brandstof 95          R21,40               R20,75
                                                          [Aangepas uit http://aa.co.za – fuel pricing]

      Gebruik die bostaande inligting in TABEL 4 om die vrae wat volg, te beantwoord.

      2.2.1    Bereken die verskil tussen die binnelandse en kusgebiede se Brandstof 95 prys.              (2)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                            7

      2.2.2 Brandstof 95 het met R2,06 per liter in Januarie 2023 verminder. Bereken die
            binnelands koste van brandstof 95 in Desember 2022.                                          (2)

      2.2.3 Bereken die totale koste van brandstof wat die kragopwekker in ŉ 31-dae-(maand)
            periode sal gebruik as die kragopwekker:
            • 2,2 liters brandstof 93, per uur verbruik
            • Word twee keer per dag vir 2,5 uur sessies gebruik
            • Die kuskoers gebruik word                                                                  (4)

2.3   Tans is daar ŉ groot watertekort in die Nelson Mandela-baai (NMB) distrik. Damme loop
      leeg en daarom is verantwoordelike watergebruik baie belangrik. TABEL 5 hieronder
      toon die Nelson Mandela Baai se tariewe vir normale verbruik sowel as tariewe wat
      toegepas word tydens watertekort.

      TABEL 5: NMB WATERTARIEWE 2021/2022
                                           Tariewe gedurende             Tariewe vir normale
               Getal kiloliters gebruik       watertekort                water beskikbaarheid
                        per dag                 Rand/kℓ                        Rand/kℓ
                                            (BTW ingesluit)               (BTW ingesluit)
       Stap 1        0 tot op 0,3 kℓ            R20,81                         R19,10
       Stap 2 Meer as 0,3 kℓ tot op 0,5 kℓ      R31,80                         R20,72
       Stap 3 Meer as 0,5 kℓ tot op 0,8 kℓ      R63,60                         R28,96
       Stap 4 Meer as 0,8 kℓ tot op 1,0 kℓ      R106,00                        R49,99
       Stap 5 Meer as 1,0 kℓ tot op 1,6 kℓ      R159,00                        R91,43
       Stap 6        Meer as 1,6 kℓ             R318,00                       R121,90
      BTW – Belasting op toegevoegde waarde
                                                      [Aangepas uit NMB munisipaliteit se tariefboek]

      Gebruik die inligting in TABEL 5 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

      2.3.1   Skryf neer die maksimum getal kℓ water wat ŉ kliënt per dag in Stap 1 kan
              gebruik.                                                                                   (2)

      2.3.2   Bereken die bedrag BTW betaal, per kiloliter in Stap 3 vir normale water
              beskikbaarheid.                                                                            (3)

      2.3.3   Mnr. Rudolph beweer dat as hulle 0,73 kℓ water per dag gedurende die water-
              tekort gebruik, sal hy minder as R30 per dag, BTW ingesluit, vir sy water betaal.

              Is mnr. Rudolph se bewering geldig? Toon ALLE berekeninge in jou antwoord.                 (7)

      2.3.4   Gee ŉ moontlike rede waarom die Rudolph gesin waarskynlik meer water
              gedurende Desember 2023 sal gebruik.                                                       (2)
                                                                                                        [35]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

8                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                            (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 3

3.1   Die toestand van die land se ekonomie word maandeliks deur verskeie opnames
      gemonitor. Die resultate word gebruik om te bepaal hoe besighede in die huidige stand
      van die ekonomie doen.

      TABEL 6 op die BYLAAG, gee ŉ opsomming van kleinhandelverkope vir verskillende
      kleinhandelaars, vir die periode April 2022 tot September 2022.

      Gebruik die inligting in TABEL 6, op die BYLAAG, om die vrae wat volg, te
      beantwoord.

      3.1.1 Bereken die totale verkope vir hardeware, verf en glas in August 2022.                  (2)

      3.1.2 Watter tipe kleinhandelaar het die grootste verhoging in verkope gedurende April
            en Mei getoon?                                                                          (2)

      3.1.3 Bereken, afgerond tot die naaste miljoen, die waarde van A as die gemiddelde
            verkope vir die maand van Junie 2022, 14 275, 86 miljoen was.                           (5)

      3.1.4 Bereken die mediaan getal verkope van kos, drankies en tabak in gespesialiseerde
            winkels.                                                                                (4)

      3.1.5 Skryf neer die verkope van algemene handelaars van April tot die verkope van
            Kosmetiekware en mediese goedere van Augustus, as ŉ eenheidsverhouding, tot
            TWEE desimale plekke afgerond.                                                          (2)

      3.1.6 Bepaal die persentasieverandering van die handelstotale verkope tussen April en
            September.

             Jy mag die formule gebruik:

                                           Verskil in maandelikse verkope
             Persentasieverandering =                                       × 100%
                                        Oorspronklike maandelikse verkope                           (4)

      3.1.7 Bereken die waarskynlikheid, as ŉ desimale breuk, om lukraak kleinhandel-
            verkope minder as R4 400 miljoen te kies. Rond jou antwoord tot DRIE desimale
            plekke af.                                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                         9

3.2   Suid-Afrikaners doen al hoe meer hul inkopies aanlyn. ŉ Opname was gedoen waar mense
      moes aandui of hulle met hul inkopies aanlyn tevrede was. Hieronder gegee is die resultate
      van die opname.

      RESULTATE VAN DIE OPNAME TEN OPSIGTE VAN TEVREDENHEID MET
      INKOPIES AANLYN VOLGENS GESLAG, RAS EN PROVINSIE

                                                                     [Aangepas uit marklives.com]

      Gebruik die bostaande inligting om die vrae wat volg, te beantwoord.

      3.2.1    Watter ouderdomsgroep is die minste tevrede met hul aanlyn-inkopies ervaring?          (2)

      3.2.2    Skryf die persentasie van tevrede vroulike kopers, as ŉ vereenvoudigde gewone
               breuk neer.                                                                            (2)

      3.2.3    Bereken die interkwartiel-omvang van die provinsiale tevredenheid.

               Jy mag die volgende formule gebruik: IKO = K3 – K1                                     (5)
                                                                                                     [31]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

10                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 4

4.1   Me. Mxoli is op die komitee wat in beheer is om die matriekafskeid te beplan. Die komitee
      oorweeg twee verskillende plekke vir die matriekafskeid. Die koste van hierdie twee
      plekke word in die grafiek hieronder gegee.

      Plek 1 – Vra ŉ vasgestelde huurfooi van R8 000 en ŉ addisionele fooi van R80,00 per
               persoon.

      Plek 2 – Vra ŉ fooi van R180,00 per persoon.

                                              KOSTE VIR DIE HUUR VAN PLEKKE VIR MATRIEK-
                                                               AFSKEID
                             24000

                             22000                                                                   GRAFIEK B

                             20000

                             18000                                                                   GRAFIEK A

        Bedrag in Rand (R)
                             16000
                                                                                X
                             14000

                             12000

                             10000

                             8000

                             6000

                             4000

                             2000

                                0
                                     0   10     20   30   40   50     60   70      80   90   100   110   120
                                                                    Aantal gaste

      Gebruik die bostaande inligting om die vrae wat volg, te beantwoord.

      4.1.1 Benoem die grafiek wat Plek 2 verteenwoordig. Skryf slegs die letter A of B in
            jou antwoord.                                                                                                     (2)

      4.1.2 Verskaf ŉ vergelyking om die koste van Plek 1 te bereken.                                                         (2)

      4.1.3 Verduidelik wat by die punt gemerk X op die grafiek plaasvind.                                                    (2)

      4.1.4 Die komitee het uiteindelik besluit om Plek 2 te gebruik. Verifieer, deur ALLE
            berekenings te toon, dat met 180 gaste wat gaan bywoon, hulle R10 000 minder
            sou betaal as hulle gekies het om Plek 1 te gebruik.                                                              (6)

Kopiereg voorbehou                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                      11

4.2   Die onderstaande grafiek toon die verwantskap tussen die hoogte en massa van ŉ
      krieketspan.

                                                                                      C

                                                                      B

           Gewigstatus                LMI
           Ondergewig             Minder as 18,5                   gewig in kg
                                                          LMI =
          Normale gewig            18,5–24,9                      (hoogte in m)2
            Oorgewig                25–29,9
            Vetsugtig              Meer as 30

      Gebruik die bostaande inligting om die vrae wat volg, te beantwoord.

      4.2.1 Waarvoor staan LMI?                                                                    (2)

      4.2.2 Wat noem ŉ mens ŉ punt wat ver van ander punte op ŉ stel data lê, soos by
            punt C hierbo waargeneem?                                                              (2)

      4.2.3 Benoem die tipe grafiek wat hierbo gebruik word.                                       (2)

      4.2.4 Skryf die gewig van ŉ spanmaat wat 120 cm lank is neer.                                (2)

      4.2.5 Lewer kommentaar oor die gewigstatus van die persoon B hierbo gemerk.                  (5)

      4.2.6 Wat is die waarskynlikheid om ŉ persoon te kies wat onder 120 kg en korter as
            1,5 m is?
            Gee jou antwoord as ŉ persentasie, tot EEN desimale plek afgerond.                     (3)
                                                                                                  [28]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

12                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                               (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 5

5.1   Me. Xego, 58 jaar oud, verdien ŉ bruto salaris van R46 523,16 per maand. Sy dra 7,5%
      van haar bruto salaris tot ŉ pensioenfonds by, en betaal ŉ bedrag van R1 600 per maand
      aan ŉ nie-winsgewende organisasie. Beide hierdie bydraes is nie-belasbaar.

      TABEL 7 hieronder toon die belastingkoers wat individuele in Suid-Afrika aanspreeklik
      is om vir die 2022/2023 belastingjaar moet betaal.

      TABEL 7: BELASTINGKOERS VIR INDIVIDUELE – 1 MAART 2022 TOT
                 28 FEBRUARIE 2023
                      KOERS MET BETREKKING TOT INDIVIDUE
       Belasbare inkomste (R)          Belastingkoers (R)
       1 – 226 000            18% van belasbare inkomste
       226 001 – 353 100      40 680 + 26% van belasbare inkomste bo 226 000
       353 101 – 488 700      73 726 + 31% van belasbare inkomste bo 353 100
       488 701 – 641 400      115 762 + 36% van belasbare inkomste bo 488 700
       641 401 – 817 600      170 734 + 39% van belasbare inkomste bo 641 400
       817 601 – 1 731 600    239 452 + 41% van belasbare inkomste bo 817 600
       1 731 601 en bo        614 192 + 45% van belasbare inkomste bo 1 731 600

       Ouderdom kategorie                   Kortings                Belastingdrempel
       * Onder ouderdom 65                  R16 425                     R91 250
       * Ouderdom 65 tot onder 75            R9 000                     R141 250
       * Ouderdom 75 en ouer                 R2 997                     R157 900
                                                                    [Bron: https//www.sars.gov.za]

      Gebruik die inligting in TABEL 7 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

      5.1.1    Skryf die volle naam van die organisasie wat verantwoordelik is vir die
               invordering van belasting in Suid-Afrika neer.                                          (2)

      5.1.2    Verduidelik wat die belastingdrempel bedrag na verwys.                                  (2)

      5.1.3    Bereken me. Xego se jaarlikse belasbare inkomste.                                       (4)

      5.1.4    Me. Xego se vriend verdien ŉ jaarlikse belasbare inkomste van R502 185,60. Sy
               beweer dat sy meer as een kwart (¼) van haar jaarlikse belasbare inkomste aan
               belasting elke jaar betaal.

               Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of haar stelling waar is of nie.              (7)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                        13

5.2   Me. Xego het navorsing gedoen oor vereistes om na Nieu-Seeland te verhuis. Sy benodig
      ŉ vaardigheidsverhuisingsvisum, wat NZ$4 880 kos en haar man wat graag sy eie
      besigheid wil oopmaak, benodig ŉ entrepreneur-inwoner-visum, wat NZ$6 860 kos.
      ŉ Entrepreneur word vereis om ten minste ŉ kapitale bedrag van NZ$500 000 te belê om
      vir hierdie visum te kwalifiseer.

      Die onderstaande tabel toon die wisselkoerse van die 3 lande op 23 Februarie 2023.

      TABEL 8: WISSELKOERSE OP 23 FEBRUARIE 2023
       VS dollar                   $1                                   18,28 ZAR
       Britse pond                 ₤1                                   22,04 ZAR
       Nieu-Seeland dollar    NZ$ 0,088205                                1 ZAR
                                                       [Aangepas uit www.immigrationnewzealand]

      Gebruik die inligting in TABEL 8 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

      5.2.1 Bepaal die wisselkoers van die Nieu-Seeland dollar (NZ$) in terme van die Suid-
            Afrikaanse Rand (ZAR) op 23 Februarie 2023, in die vorm NZ$.                             (3)

      5.2.2 Bereken die totale koste van die visums (tot die naaste R100) wat me. Xego en
            haar man sal moet betaal, as hulle besluit om te immigreer.                              (4)

      5.2.3 Mnr. Xego se broer woon in Amerika en het aangebied om vir hom die kapitaal
            bedrag te leen, teen ŉ rentekoers van 8,75% jaarliks saamgestel oor twee jaar.

             Bereken hoeveel Nieu-Seeland dollars mnr. Xego na twee jaar aan sy broer sal
             moet terugbetaal.                                                                       (4)
                                                                                                    [26]

                                                                                  TOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

14                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                       (EC/SEPTEMBER 2023)

BYLAAG: VRAAG 3.1

TABEL 6 hieronder gee ŉ opsomming van verkope van verskeie handelaars vir die periode April 2022
tot September 2022.

TABEL 6: KLEINHANDELVERKOPE TEEN HUIDIGE PRYSE BY VERSKEIE
         KLEINHANDELAARS (R MILJOEN)
                   APRIL MEI 2022 JUNIE    JULIE    AUG                                    SEPT
 TIPE HANDELAAR
                    2022             2022   2022    2022                                   2022

 Algemene handelaar         42 716     47 459     47 609      43 677     48 319           49 220

 Kos, drankies en tabak
 in gespesialiseerde         8 978     8 462       8 298      9 050       8 542            8 607
 winkels
 Apteek en mediese
 goedere,                    8 073     7 517         A        8 038       7 987            7 211
 kosmetiekware en
 toiletware
 Linne, klere, skoene,
 en leergoedere             16 994     16 903     15 055      15 255     14 135           14 013
 Huishoudelike meubels,
 toestelle en toerusting     4 242     4 291       4 219      4 419       4 374            4 121
 Hardeware, verf en
 glas                        7 536     8 943       8 235      8 864       ------           8 959

 Alle ander handelaars       9 963     9 866       9 331       9 036      9 114            8 982
 TOTAAL                     98 502    103 440       -----     98 339     101 447          101 113
                                                                               [Aangepas uit statssa]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/2d599711-ccd3-42d3-862f-4c1b72b92e44) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P2 MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/b9a912ff-2fca-4509-8304-e86e47408330) — Mathematical Literacy · Memo · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 ADDENDUM SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-addendum-sept-2021-afrikaans/bb93ab59-ebbf-4bfc-94fd-43fb313fe26a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2021 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-sept-2019-afrikaans/425d97d9-9130-46cd-b01a-5c5a5983d22d) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
