# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/d6c30a4d-84f9-4e8f-ad2d-6399447f3d62
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/d6c30a4d-84f9-4e8f-ad2d-6399447f3d62)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                             SEPTEMBER 2017

          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                                     *MLITA1*

         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitende ŉ antwoordblad en ŉ
                                addendum met vier bylae.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                          (EC/SEPTEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

 2.    2.1     Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te
               beantwoord:

               BYLAAG A vir VRAAG 1.4
               BYLAAG B vir VRAAG 4.1
               BYLAAG C vir VRAAG 4.2
               BYLAAG B vir VRAAG 5.3

       2.2     ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.3.3.
               Skryf jou NAAM en JOU GRAAD in die voorsiende spasie op die
               ANTWOORDBLAD en handig dit met jou ANTWOORDEBOEK in.

 3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is.

 4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5     Jy kan ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbare en niegrafies) gebruik,
       tensy anders aangedui.

 6.    Toon ALLE berekeninge duidelik aan.

 7.    Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die konteks af, tensy anders
       aangedui.

 8.    Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

 9.    Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

 10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                   WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                                      3

 VRAAG 1

 1.1   Ben koop ŉ fiets vir R3 200 op bêrekoop.
       Hy betaal ŉ deposito van R750 en daarna R300 maandeliks om die balans te dek.

       1.1.1    Druk die deposito as ŉ persentasie van die koopprys uit.                                  (2)

       1.1.2    Bepaal die balans nadat die deposito betaal is.                                           (2)

       1.1.3    Bepaal die totale bedrag nadat die deposito en vyf paaiemente betaal is.                  (2)

 1.2   Karen koop 50 KwH elektrisiteit van haar munisipaliteit in Junie 2017 toe die tarief
       0,8865 R/ KwH (Rand per kilo-watt uur) was, insluitende BTW.

       1.2.1    Bereken die koers (in sent) vir die tarief wat vir 50 KwH elektrisiteit gevra             (2)
                was.

       1.2.2    Bereken die totale bedrag wat vir 50 KwH elektrisiteit gevra was.                         (2)

       1.2.3    Skryf die afkorting BTW volledig uit.                                                     (2)

 1.3   ŉ Toesighouer wat by ŉ skool werk, word teen ŉ tarief van R26 per uur betaal. Hy
       werk van 7:30 vm. vir 7 ure, uitgesluit ŉ 15-minute teetyd en 45-minute etenstyd.
       Hy werk nie naweek nie.

       1.3.1    Bepaal die tyd wanneer hy ophou werk.                                                     (2)

       1.3.2    Bereken sy inkomste indien hy vier weke gewerk het.                                       (2)

 1.4   Die afstand tussen stede in Suid-Afrika word in BYLAAG A getoon. Gebruik dit
       om die volgende vrae te beantwoord.

       1.4.1    Skryf die afstand tussen Mafikeng en Port Elizabeth neer.                                 (2)

       1.4.2    Noem TWEE stede wat dieselfde afstand vanaf Kimberley is.                                 (2)

       1.4.3    Watter TWEE stede is die verste vanmekaar?                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                               (EC/SEPTEMBER 2017)

    1.5   ŉ Opname was gedoen met sommige ouers van Zozo hoërskool om die persentasie
          van hul inkomste wat hulle vir Junie 2017 gespaar het, aan te dui. Die resultate
          word op die grafiek hieronder getoon.

          1.5.1   Bepaal die aantal mense wat aan die opname deelgeneem het.                          (2)

          1.5.2   Bereken hoeveel mense minder as 20% van hulle inkomste gespaar het.                 (2)

          1.5.3   Wat was die modale omvang?                                                          (2)

          1.5.4   Skryf neer die tipe grafiek wat gebruik is om die inligting te vertoon.            (2)
                                                                                                    [30]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                                        5

  VRAAG 2

  2.1   In Suid-Afrika is die meeste families afhanklik van slegs maatskaplike toelae om
        hul lewenstandaard te volhou. Nobuzwe, ŉ 78-jarige ouma woon met haar vier
        kleinkinders en sorg vir hulle. Bestudeer die inligting in TABEL 1 hieronder oor
        maatskaplike toelaes en beantwoord die vrae wat volg.

        TABEL 1:       MAANDELIKSE MAATSKAPLIKE TOELAES VIR DIE
                       FINANSIËLE JARE 2015/2016 EN 2016/2017 PER INDIVIDU.

                                                    2015/2016              2016/2017
         Tipes maatskaplike toelaes
                                                    (in Rand)              (in Rand)
         Staatspensioen: (60–75 jaar)                  1 415                  1 505
         Staatspensioen: (oor 75 jaar)                 1 435                  1 525
         Oorlogsveterane                               1 435                    …
         Ongeskiktheid                                 1 415                  1 505
         Pleegsorg                                      860                    860
         Sorg afhanklikheid                            1 415                  1 505
         Kinderondersteuning                            330                    350
                                                     [Aangepas van “People’s guide to the budget”]

        2.1.1    Identifiseer die maatskaplike toelaag wat minste oor die twee finansiële
                 jare toegeneem het.                                                                   (2)

        2.1.2    Twee van haar vier kleinkinders ontvang Kinderondersteuningstoelaes.
                 Bereken die totale bedrag van maatskaplike toelae wat Nobuzwe en die
                 twee kleinkinders maandeliks vir die 2016/2017 finansiële jaar ontvang.               (3)

        2.1.3    Oorlogsveterane se maatskaplike toelae was verhoog met 6,27% aan die
                 einde van die 2015/2016 finansiële jaar. Bereken die maandelikse bedrag
                 vir die 2016/2017 finansiële jaar na die verhoging tot die naaste rand.               (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                (EC/SEPTEMBER 2017)

    2.2   Ludwe, Nobuzwe se seun het motorbande vir sy duur motor by “Lee Tyre and Exhaust”
          sentrum in Kaapstad gekoop. Bestudeer die inligting op die faktuur hieronder en
          beantwoord die vrae wat volg.

          “Lee Tyre and Exhaust” Sentrum:                           Belastingsfaktuur
           Kaapstad                                                 Faktuurnr.: 0021548
                                                                    Tyd gedruk: 11:10
                                                                    Verwysingsnr.: 54383644/P
                                                                    Datum: 02/07/2016
          R – Rand   BTW – Belasting op Toegevoegde Waarde
          Itembesonderhede                               Prys           Hoeveelheid            Netto
                                                     uitsluitende                             Waarde
                                                      BTW: (R)                                  (R)
          813750 FS TZ Firehawk motorbande             1 155,26             4.000                A
          BBO Wielbalansering (Standaard)                28,95              4.000             115,80
          WWA 1 Wielsporing                             192,98              1.000             192,98

                                                                        Sub-totaal          4 929,82
                                                                        BTW                  690,18
                                                                        Groottotaal
                                                                                            5 620,00
                                                                        Kleingeld               0,00

          2.2.1   Bereken die waarde van A, die Netto bedrag (waarde) van die “Firehawk”
                  motorbande.                                                                        (2)

          2.2.2   Skryf neer die bedrag wat Ludwe as kleingeld ontvang het.                          (2)

          2.2.3   In Augustus was daar ŉ afslag van 5,6% op SLEGS die motorbande.
                  Bereken die bedrag wat Ludwe vir die motorbande sou betaal het,
                  insluitende BTW.                                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                      WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                                      7

 2.3      Sasol het verkenning, ontwikkeling, produksie, bemarking en verkope in 36
          lande regoor die wêreld. Bestudeer die inkomste bydrae en die totale
          kapitaalbeleggings volgens streek wat aangetoon word in TABEL 2 hieronder
          en beantwoord die vrae wat volg.

 TABEL 2:

                                                                                 [www.sasoltechnox.co.za]

          2.3.1       Skryf neer die bedrag vir die bydrae van Inkomste deur die Res van
                      Afrika.                                                                            (2)

          2.3.2       Bereken die totale kapitaalbeleggings deur Sasol in alle die streke.               (2)

          2.3.3       Skakel die totale kapitaalbeleggings vir Europa in Euro’s om.

                      Gegee dat 1 Euro = R15,3728                                                        (2)

          2.3.4       Bereken die verskil in bydrae van die Inkomste tussen Suid-Afrika en
                      Europa.                                                                            (3)

          2.3.5       Druk die kapitaalbelegging in die Verenigde State as ŉ persentasie van
                      die totale kapitaalbeleggings uit.                                                 (3)

          2.3.6       Skryf neer Europa se kapitaalbeleggings, teenoor Europa se bydrae van
                      inkomste in die eenvoudigste verhouding.

                      Gee jou antwoord in die vorm 1 : …                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                            (EC/SEPTEMBER 2017)

    2.4 Lerato Hoërskool het ŉ gedenkdiens gehou vir Anako, een van Nobuzwe se
        kleinkinders wat in Graad 10 was. Bestudeer die kwotasie in TABEL 3 hieronder en
        beantwoord die vrae wat volg.

         TABEL 3:     KWOTASIE VIR DIE DRUKKOSTE VANAF DIE SKRYF-
                      BEHOEFTEWINKEL PER KOPIE
                                        A3                        A4
              Kopieë       Swart en Wit       Kleur  Swart en Wit       Kleur
          Hoeveelheid      E/K    D/K    E/K     D/K E/K     D/K    E/K    D/K
          1–250            R3,50 R4,00 R10,00 R12,00 R1,50 R2,00 R5,00 R6,00
          251–500          R3,00 R3,50 R9,50 R11,50 R1,00 R1,50 R4,50 R5,50
          501–1 000        R2,80 R3,00 R9,00 R11,00 R0,85 R1,05 R4,00 R5,00
          1 000+           R2,50 R2,70 R8,50 R10,50 R0,75 R0,95 R3,00 R4,50
         E/K – Enkelkantig    D/K – Dubbelkantig

         2.4.1   Die skool sal VIER-EN-TWINTIG A3-enkelkantige
                 kleuradvertensies in die gemeenskap plaas en EEN A3-enkelkantige
                 kleuradvertensie buite die saal. Bereken die totale bedrag wat die
                 skool vir hierdie kopieë sal betaal.                                        (2)

         2.4.2   Die skool sal 260 dubbelkantige swart en wit A4-programme vir die
                 diens druk. Bereken die totale koste vir die programme.                     (2)

         2.4.3   Skryf neer die bedrag wat per kopie gevra word indien jy 520
                 A3-dubbelkantige kleurkopieë wil maak.                                      (2)

    2.5 Die prys van 1 kg graanvlokkies was R52,95 in Junie 2016 en R55,95 in Junie
        2017.

         2.5.1   Die prysveranderinge soos hierbo aangetoon is as gevolg van inflasie.
                 Verduidelik die begrip inflasie vanuit die bogenoemde konteks.              (2)

         2.5.2   Bereken die inflasiekoers wat vir die prysveranderinge van die
                 graanvlokkies gebruik was. Gee jou antwoord tot die naaste
                 persentasie.

                 Jy mag die volgende formule gebruik:

                                   𝑵𝒖𝒘𝒆 𝒑𝒓𝒚𝒔 − 𝑶𝒖 𝒑𝒓𝒚𝒔
                 Inflasiekoers =                         x 100%                              (3)
                                         𝑶𝒖 𝒑𝒓𝒚𝒔
                                                                                            [42]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                                             9

 VRAAG 3

 3.1    Oormatige inname van suiker is ŉ gesondheidsgevaar. Bestudeer die inligting oor die
        hoeveelheid suikerinhoud in verskeie items soos genoem in TABEL 4 hieronder en
        beantwoord die vrae wat volg.

        TABEL 4: SUIKERINHOUD IN VERSKEIE VERKOSE ITEMS
                                Suikerinhoud    Kapasiteit (inhoud van
                    Item         (in gram) (g)       elke item)
        Sportdrankie                   28              500 mℓ
        Gegeurde water                 20              500 mℓ
        Medium muffin                 10.6               65 g
        Versoete gasdrankie            55              500 mℓ
        Vitamienwater                 27,5             500 mℓ
        Sjokoladestafie               41,2               80 g
        1 eetlepel tamatiesous         7,4              ……
        Ystee                          28              330 mℓ
                                        [Bron: Discovery Vitality Kids’ report 2014 illustrations, Socks]

        LET WEL: 1 teelepel = 4,18 g             1 koppie = 250 mℓ

        3.1.1   Rosa drink ŉ blikkie ystee en eet twee medium muffins vir ontbyt, een
                sjokoladestafie tydens pouse en ŉ sportdrankie na ŉ hardloopsessie in die
                middag. Bereken Rose se totale hoeveelheid suiker inname.                                       (3)

        3.1.2   Bepaal hoeveel teelepels suiker in die vitamienwater voorkom. Gee jou
                antwoord tot die naaste teelepel.                                                                (3)

        3.1.3   Bereken die aantal koppies wat jy sal kry as jy 50 bottels sportdrankies vir
                jou skoolspanne koop.                                                                            (2)

 3.2    Die boks hieronder word gebruik om 80 reghoekige sjokoladestafies te pak. Die
        afmetings van die boks is: lengte = 28 cm, breedte = 15 cm en hoogte = 8 cm.

                                                               Prentjie van sjokoladestafie

        3.2.1   Bereken die volume van die boks.

                Jy mag die formule gebruik:

                Volume = lengte x breedte x hoogte                                                               (2)

        3.2.2   Bereken die dikte van ŉ sjokoladestafie indien die basis 35 cm2 is.

                Jy mag die formule gebruik:

                Volume = area van basis x dikte                                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                           (EC/SEPTEMBER 2017)

 3.3    ŉ Tafel wat Lindi gebruik vir funksies in ŉ tent het ŉ deursnit van 130 cm. Die
        sirkelvormige tafeldoek wat op die tafels gebruik word, hang 25 cm oor, reg rondom
        die tafels. Om hierdie tafeldoek te maak, moet Lindi 1,8 cm rondom die tafeldoek
        bytel vir die soom. Die materiaal van die tafeldoek se mates is 2,3 m breed en 2,3 m
        lank.

                     Tafel met tafeldoek                       Materiaalgrootte
                                                           2,3 m

                                                                                     2,3 cm

        3.3.1   Bereken die deursnee van die tafeldoek wat gesny moet word uit die
                materiaal, insluitende die addisionele sentimeters vir die soom.                  (2)

        3.3.2   Bereken die oppervlakte (in m2) van die tafeldoek-materiaal.

                Jy mag die formule gebruik:

                Oppervlakte = Lengte x Breedte                                                    (2)

        3.3.3   Bereken die oppervlakte (in m2) van die tafeldoek wat Lindi moet sny.

                Jy mag die formule gebruik:

                Oppervlakte = 𝝅 (𝒓𝒂𝒅𝒊𝒖𝒔)𝟐 ; waar 𝝅 = 3,142                                        (3)

        3.3.4   Bereken die hoeveelheid materiaal wat vermors word om die tafeldoek te
                sny.

                Jy mag die formule gebruik:

                Vermorste materiaal = Oppervlakte van materiaal – Oppervlakte wat
                gesny moet word                                                                    (2)
                                                                                                  [23]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                                   11

 VRAAG 4

 4.1   Bestudeer die kaart op BYLAAG B wat die monster punte toon vir die toets van
       Escherichia Coli (E. coli) en Blougroen Alge. Die tellings is per 100 mℓ.
       Beantwoord die vrae wat volg.

       4.1.1    Identifiseer die aantal brûe wat stroomop (noord-oos) van die R59-brug
                gevind word.                                                                          (2)

       4.1.2    Noem die SESDE monster punt vanaf die westelike kant op die kaart.                    (2)

       4.1.3    Lindi reis per boot vanaf Ascotbrug na die Vaalview Watersportklub.
                Noem die systrome (sytakke) van die Vaalrivier wat sy verby sal ry.                   (2)

       4.1.4    Die afstand tussen R59-brug en die Spoorwegbrug (Railway) is 3 km.
                Bereken die afstand op ŉ ander kaart indien die skaal 1 : 25 000 is.                  (3)

 4.2   Bestudeer BYLAAG C wat diagramme en ooreenstemmende letters, A; B; C en D
       voorstel om die bababed aanmekaar te sit en laastens om ŉ junior bed te kry.

       4.2.1    (a)    Skryf neer die aantal gate in die eindpanele.                                  (2)

                (b)    Benoem die houtdele wat verwyder word, om die junior bed te
                       vorm.                                                                          (2)

                (c)    Watter illustrasies toon dat die basis nou bygevoeg is?                        (2)

       4.2.2    Bereken die aantal boute en moere wat nodig is om die bababed
                aanmekaar te sit.                                                                     (2)

       4.2.3    Bepaal die waarskynlikheid om lukraak ŉ 80 mm-bout te kies vanuit ŉ
                sak met SLEGS die boute in. Gee jou antwoord as ŉ breuk in die
                eenvoudigste vorm.                                                                 (3)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                             (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 5

 5.1   TABEL 5 hieronder toon die aantal leerders wat na Graad 12 gekondoneer
       (‘progressed’) is. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae.

       TABEL 5: GEKONDONEERDE LEERDERS
       Provinsie           Aantal gekondoneerde leerders wat matriek in:
                       2015 geskryf het  2015 geslaag het      in 2016 doen
       Oos-Kaap            11 705              2 625              18 255
       Vrystaat             5 105              2 600               7 362
       Gauteng              4 568              2 149                N/A
       KwaZulu-Natal       10 070              4 765              24 549
       Limpopo             13 022              3 492              27 523
       Mpumalanga           5 091              2 290              11 160
       Noord-Kaap           1 963               613                2 280
       Noord-Wes            3 543              2 122               6 654
       Wes-Kaap             3 589              1 404               3 058
       TOTAAL                 A               22 060                 …

       5.1.1 Lys die provinsies waar die aantal gekondoneerde leerders minder as 5 000 in
             2016 is.                                                                              (2)

       5.1.2 Bereken die ontbrekende waarde van A in die tabel.                                    (2)

       5.1.3 Rangskik die aantal gekondoneerde leerders wie matriek geslaag het in 2015 in
             stygende orde.                                                                        (2)

       5.1.4 Bepaal die mediaan vir die gekondoneerde leerders wat matriek in 2015 geslaag
             het.                                                                                  (2)

       5.1.5 Bereken die verskil tussen die gekondoneerde leerders wat in 2015 matriek in
             die Oos-Kaap en die Wes-Kaap geslaag het.                                             (3)

       5.1.6 Bereken die gemiddelde van die gekondoneerde leerders wat matriek in 2015
             geskryf het.                                                                          (3)

       5.1.7 Identifiseer die provinsie met die hoogste slaagsyfer vir gekondoneerde leerders
             in 2016.                                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                                 13

 5.2   Verskaf byskrifte vir die snor-en-baarddiagram deur die terme hieronder te pas by die
       letters wat op die diagram aangedui word.

        Gemiddelde; Mediaan; Modus; Minimum; Onderste kwartiel; Boonste kwartiel,
                                 Maksimum; Omvang

       Skryf SLEGS die letter en die korrekte term neer.                                            (4)

 5.3   Bestudeer TABEL 5 in BYLAAG D hieronder wat die monsterpunte vir die toetsing
       van Escherichia coli (E. coli) en Blougroen Alge tellings per 100 mℓ voorstel en
       beantwoord die vrae wat volg.

       5.3.1 Identifiseer die aantal monsterpunte met dieselfde waardes vir Blougroen
             Alge.                                                                                  (2)

       5.3.2 Die lesing na die toetsing was 291 vir die E. coli tellings per 100 mℓ by
             monsterpunt 8. Skryf neer die riglyn op so ŉ lesing.                                   (2)

       5.3.3 Teken die lyngrafiek wat die lesings vir Blougroen Alge tellings per 100 mℓ
             vir al die monsterpunte aangetoon. Gebruik die ANTWOORDBLAD om die
             grafiek te teken.                                                                      (6)

 5.4   Ludwe skiet ŉ muntstuk twee keer op en maak ŉ opname van al die moontlike
       uitkomste en stel dit voor op ŉ boomdiagram soos hieronder aangedui:

       5.4.1 Skryf neer die moontlike uitkomste wat deur die letters A, B en C voorgestel
             word.                                                                                  (3)

       5.4.2 Bepaal die waarskynlikheid om twee koppe te kry indien die muntstuk twee
             keer opgeskiet is.                                                                      (2)
                                                                                                    [35]

                                                                                 TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
14                                                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                    (EC/SEPTEMBER 2017)

 ANTWOORDBLAD

 GRAAD 12

 NAAM VAN LEERDER:

 VRAAG 5.3.3

                                         Blougroen Alge telling per 100 m𝓁 by verskillende monsterpunte
                                  1200

                                  1000

     E coli tellings per 100 m𝓁
                                  800

                                  600

                                  400

                                  200

                                    0
                                         0     1      2      3      4     5       6     7      8          9         10
                                                                    Monsterpunte

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-addendum/f52aff5c-abbe-4fde-b6ac-05165475dabd) — Mathematical Literacy · Addendum · 2017 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 ADDENDUM SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-addendum-sept-2021-afrikaans/bb93ab59-ebbf-4bfc-94fd-43fb313fe26a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2021 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-sept-2019-afrikaans/425d97d9-9130-46cd-b01a-5c5a5983d22d) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
