# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-sept-2019-afrikaans/425d97d9-9130-46cd-b01a-5c5a5983d22d) — Memo · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                            SEPTEMBER 2019

             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

PUNT
       150
E:

TYD:   3 uur

                                       *MLITA1*

         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend ŉ antwoordblad en ŉ
                                 addendum met 3 bylaes.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                       (EC/SEPTEMBER 2019)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

    2.    2.1   Gebruik die addendum met BYLAE A vir VRAAG 1.3
                                        BYLAE B vir VRAAG 2.4
                                        BYLAE C vir VRAAG 4

          2.2   Skryf jou NAAM en GRAAD in die voorsiende spasie op die
                ANTWOORDBLAD vir VRAAG 2.3.2.
                Handig jou ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDEBOEK in.

    3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

    4.    Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
          aangedui.

    5.    Rond ALLE finale antwoorde af volgens die gegewe konteks wat gebruik word,
          tensy anders aangedui.

    6.    Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

    7.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

    8.    Toon ALLE berekeninge duidelik aan.

    9.    Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
          tensy anders aangedui.

    10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                             3

VRAAG 1

1.1   Jane se bankbalans aan die einde van Januarie 2019 was -R2 530. Die werkgewer het haar
      netto salaris op 01/2/2019 in haar bankrekening gedeponeer en haar nuwe balans was
      R8 750.

      1.1.1   Bereken die netto salaris bedrag wat in Jane se bankrekening inbetaal was.            (2)

      1.1.2   Bereken Jane se bruto salaris, indien haar bruto salaris 175% van die nuwe balans
              is.                                                                                   (2)
1.2
      Jane onttrek R500 op 9 Februarie 2019 vir inkopies om 14:35. Haar bank vra R2 + 0,75%
      van die bedrag meer as R500. Sy kom by die huis aan na haar inkopies om 16:21.

      1.2.1   Bereken die bankkoste vir die ontrekkingsbedrag van R500.                             (2)

      1.2.2   Jane koop ŉ rok wat geadverteer was soos hieronder getoon.

                                       ROK OP UITVERKOPING!!!

      1.2.2   Bereken die prys wat sy vir die rok na die afslag betaal het.                         (2)

      1.2.3   Bereken die tyd wat verloop het vanaf die tyd van haar onttrekking tot haar
              aankoms by die huis.                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                          (EC/SEPTEMBER 2019)

 1.3      BYLAE A toon ŉ prent van ŉ 800 g-bruinbrood met die bestanddele en die
          voedingswaardes.

          Gebruik BYLAE A om die vrae wat volg te beantwoord.

          1.3.1 Bepaal die aantal snye in die 800 g-bruinbrood indien elke sny ewe dik gesny is.         (2)

          1.3.2 Bepaal die hoeveelheid suiker in ŉ 800 g-bruinbrood.                                     (2)

          1.3.3 Bereken die aantal Joule in 1 003,90 kilojoule (kJ).                                     (2)

          1.3.4 Bereken die koste van twee snye brood vir ŉ toebroodjie indien die brood
                R14,99 kos.                                                                          (2)

    1.4   ŉ Skaal van 1 : 500 000 is gebruik op ŉ kaart van Suid-Afrika.

          Gebruik die bogenoemde inligting om die vrae wat volg te beantwoord.

          1.4.1 Noem die tipe skaal wat op die kaart gebruik is.                                         (2)

          1.4.2 Bepaal die werklike afstand in kilometer (km) wat deur 500 000 cm voorgestel
                is.                                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                              5

1.5   TABEL 1 hieronder toon die slaagpersentasie (% slaag) van leerders in die Oos-Kaapse
      Distrikte vir die 2018 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) Uitslae vir Graad 12 in
      Wiskundige Geletterdheid.

      TABEL 1:        % VAN LEERDERS IN DIE OOS-KAAPSE DISTRIKTE IN 2018
                      NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT UITSLAE (GRAAD 12) IN
                      WISKUNDIGE GELETTERDHEID GESLAAG HET.
              Naam van Distrik        Aantal leerders wat              % Slaag
                                         geskryf het
          Alfred Nzo-Oos                     1 314                       61,0
          Alfred Nzo-Wes                     2 226                       61,5
          Amathole-Oos                       2 247                       53,3
          Amathole-Wes                       2 605                       50,2
          Buffalostad                        4 438                       72,1
          Chris Hani-Oos                      976                        56,0
          Chris Hani-Wes                     2 729                       64,5
          Joe Gqabi                          1 436                       61,7
          Nelson Mandela Metro               5 227                       75,8
          OR Tambo-Kus                       2 747                       61,1
          OR Tambo-Binneland                 2 146                       69,2
          Sarah Baartman                     1 940                       70,6
          TOTAAL                            30 031                       64,4
                                                                          [Bron: ecdoe.co.za]

      1.5.1 Noem die distrik met die hoogste slaagpersentasie.                                          (2)

      1.5.2 Rangskik die slaagpersentasie van die distrikte in stygende orde.                           (2)

      1.5.3 Noem die distrikte wat ŉ beter slaagpersentasie as Chris Hani-Wes behaal het.               (2)

      1.5.4   Bereken die persentasie leerders in OR Tambo-Binneland wat gedruip het.                   (2)

      1.5.5 Vir die 2018 Oos-Kaapse uitslae, skryf neer die waarskynlikheid dat ŉ leerder
            wat willekeurig gekies is, Wiskundige Geletterdheid geslaag het.                         (2)
                                                                                                    [32]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                               (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 2

    2.1   Eerste Nasionale Bank belas transaksies per e-Wallet binne Suid-Afrika of aan die
          buurlande. TABEL 2 toon die fooie wat op e-Wallet transaksies belas word en
          TABEL 3 toon Nomonde se e-Wallet transaksies.

                           TABEL 2: TRANSAKSIEFOOIE PER LAND
                      Bedrag in Rand Binne Suid-Afrika Mosambiek
                         20 – 500         R10,95          R45
                        501 – 1000        R10,95          R45
                       1001 – 2 000       R10,95          R70
                       2001 – 3 000       R10,95         R105
                                                       [Bron: First National Bank (FNB)]

          TABEL 3: NOMONDE SE E-WALLET TRANSAKSIES VANAF DESEMBER
                   2018 – FEBRUARIE 2019

              Transaksies        Selfoonnommer       Bedrag gestuur in              Land
                                                           Rand
               2018/12/29          082 456 2011             500                  Suid-Afrika
               2018/12/21          073 558 2014             450                  Suid-Afrika
               2018/12/18          063 656 2015            2 250                 Mosambiek
               2018/12/07          082 456 2011             100                  Suid-Afrika
               2018/12/06          063 425 1972             300                  Suid-Afrika
               2018/12/03          082 456 2011            1 200                 Mosambiek
               2018/11/22          074 789 5630             100                  Suid-Afrika
               2019/01/20          084 132 1234             350                  Suid-Afrika
               2019/02/14          082 737 7487            1 600                 Mosambiek
                                                     Totaal gestuur:

          Gebruik TABEL 2 en TABEL 3 hierbo om die onderstaande vrae te beantwoord.

          2.1.1 Bereken die totale bedrag wat Nomonde gestuur het.                                      (2)

          2.1.2 Skryf die selfoonnommer neer van die persoon wat die hoogste bedrag ontvang
                het.                                                                                    (2)

          2.1.3 Bereken die totale bankkoste vir die e-Wallet transaksies wat na Mosambiek
                gemaak is.                                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                              7

 2.2     Masakhane-gemeenskap huur hulle saal uit teen ŉ koste van R750 per onthaal wat
         aangebied word. Die plaaslike munisipaliteit voorsien die gemeenskap van ŉ vaste
         maandelikse inkomste van R500 om te help om die fasiliteite van die saal in stand te hou.

         TABEL 4 toon die totale maandelikse inkomste vir die saal afhangende van die aantal
         onthale wat aangebied is.
         Die gemeenskap gebruik die formule hieronder om die totale maandelikse inkomste te
         bereken.
                                             TABEL 4:
         DIE TOTALE MAANDELIKSE INKOMSTE VIR DIE HUUR VAN DIE SAAL
         Aantal onthale aangebied in ŉ maand     0         1          3        5        10
         Inkomste in Rand (R)                    B       1 250      2 750      C       8 000

         Totale maandelikse inkomste = R500 + (750 × aantal onthale aangebied in ŉ maand)

         Gebruik die bostaande formule om die volgende waardes te bereken:

         2.2.1 B                                                                                         (2)

         2.2.2 C                                                                                         (3)

  2.3    Die maandelikse vaste uitgawes om die saal te onderhou, is R3 000 en daar is ŉ
         addisionele uitgawe van R250 per onthaal. TABEL 5 toon die totale maandelikse
         uitgawes.

         TABEL 5: TOTALE MAANDELIKSE UITGAWES VAN DIE SAAL

                                           UITGAWES
         Aantal onthale aangebied in ŉ maand     0               1        3        D        10
         Totale maandelikse uitgawes in
                                               3 000           3 250    3 750    4 250    5 500
         Rand (R)

         2.3.1 Gebruik die volgende formule om die waarde van D, die aantal onthale, te
               bepaal.

                Totale maandelikse uitgawes
                                 = R3 000 + (250 × aantal onthale aangebied in ŉ maand)                  (3)

         2.3.2 Op die ANTWOORDBLAD is ŉ reguitlyngrafiek vir inkomste (I) geteken.
               Gebruik TABEL 5 om nog ŉ reguitlyngrafiek op dieselfde assestelsel vir die
               maandelikse uitgawes te teken.                                                            (4)

                Gebruik die grafieke om die volgende vrae te beantwoord.

         2.3.3 Bepaal die aantal onthale in ŉ maand wat die Masakhane gemeenskap moet
               aanbied om gelyk te breek.                                                                (2)

         2.3.4 Bepaal die wins wat die Masakhane gemeenskap sal maak indien hulle
               8 onthale aanbied.                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                           (EC/SEPTEMBER 2019)

2.4   Die Masakhane-gemeenskap koop ŉ UHD digitale televisiestel vanaf ŉ meubelwinkel op
      ŉ huurkoopooreenkoms. Die huurkoopooreenkoms word in BYLAE B getoon.

      Gebruik BYLAE B om die vrae hieronder te beantwoord.

      2.4.1 Bereken die bedrag vir die deposito wat die Masakhane gemeenskap vir die
            huurkoopooreenkoms betaal het.                                                            (2)

      2.4.2 Verduidelik die term krediet in hierdie konteks.                                          (2)

      2.4.3 Bereken die bedrag vir die rente wat Masakhane elke maand moet betaal.                    (2)

      2.4.4 Bepaal die datum (maand en jaar) vir die betaling van die laaste paaiement.               (2)

      2.4.5 Bereken die bedrag vir Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW 15%) op die
            versekering.                                                                              (3)

2.5   Masakhane ontvang ŉ donasie van £500 (Britse Pond GBP) vanaf ŉ nie-winsgewende
      organisasie nadat ŉ versoek om hulp gerig is.
      TABEL 6 toon die bank se wisselkoerse en die bankkoste teen tye van die wisseling.

                        TABEL 6: WISSELKOERSE EN BANKKOSTE
              GELDEENHEID                    KOOP                  VERKOOP
                       £1                   R17,268                  R18,087
           Bankkoste: 3% van die Randwaarde op die bedrag wat gewissel word.

      Gebruik TABEL 6 hierbo om die vrae hieronder te beantwoord.

      2.5.1 Identifiseer die wisselkoers wat die bank sal gebruik om die £500 van Masakhane
            te wissel.                                                                                (2)

      2.5.2 Bereken die Randwaarde wat Masakhane vir die £500 sal ontvang.                         (5)
                                                                                                  [41]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                                    9

 VRAAG 3

 3.1   Onke wil ŉ krieketstel koop. TABEL 7 toon inligting vir ŉ gidskaart wat ŉ speler
       kan gebruik om die groottes te koop.
       Die groottes word aangedui in voet (') en duim ('').

       TABEL 7: GIDSKAART VIR GROOTTES
        Krieketkolf Lengte van Speler Krieketkolflengte                  Krieketkolfbreedte
          grootte   voet (') en duim ('') duim ('')                           duim ('')

               2             4' 3'' – 4' 6''              3
                                                       274''                       3,5''

               3             4' 6'' – 4' 9''              3
                                                       284''                       3,5''

               4             4' 9'' – 4' 11''             3
                                                       294''                      3,75''

               5             4' 11'' – 5' 2''             3
                                                       30 4''                       4''

               6             5' 2'' – 5' 5''              3
                                                       31 4''                       4''

                                                                     [Bron: www.talentcricket.co.uk]

       3.1.1    Skryf neer die krieketkolflengte (in desimale duim) vir ŉ kolwer wat 4' 10''
                lank is.                                                                                (2)

       3.1.2    Herlei ŉ krieketkolf grootte 2 na sentimeter (cm).
                Jy mag die volgende gebruik: 𝟏′′ = 𝟐, 𝟓𝟒 𝒄𝒎                                             (3)

       3.1.3    Identifiseer die maksimum lengte van ŉ speler wat ŉ krieketkolfgrootte 6
                gekoop het.                                                                             (2)

       3.1.4    Bereken die Liggaamsmassa-indeks (LMI) van ŉ krieketspeler met ŉ lengte
                van 1,65 m en ŉ gewig van 62 kg.

                                                     𝐆𝐞𝐰𝐢𝐠 𝐢𝐧 𝐤𝐢𝐥𝐨𝐠𝐫𝐚𝐦
                Jy mag die formule gebruik: L𝐌𝐈 = (𝐋𝐞𝐧𝐠𝐭𝐞 𝐢𝐧 𝐦𝐞𝐭𝐞𝐫)𝟐                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                               (EC/SEPTEMBER 2019)

 3.2   Nontando hou waterbottels in ŉ reghoekige boks, waarin ysblokkies is, wat hy aan
       die kriekettoeskouers verkoop. Bestudeer die houer hieronder en beantwoord die
       vrae wat volg.

               REGHOEKIGE BOKS               DIAGRAM VAN ŉ REGHOEKIGE BOKS

                                                                     [Bron: pioneerplastics.co.za]

       3.2.1    Skryf neer die breedte van die boks in sentimeter.                                   (2)

       3.2.2    Bereken die volume (in cm3) van EEN reghoekige boks.
                Jy mag die formule gebruik:
                Volume = Lengte × Breedte × Hoogte                                                   (3)

       3.2.3    Bepaal hoeveel liter water die reghoekige boks kan hou.
                1 000 cm3 = 1 liter                                                                  (2)

 3.3   Die krieketkolfblad word hieronder voorgestel. Bestudeer die voorstelling en
       beantwoord die vrae wat volg.

                                     KRIEKETKOLFBLAD

                                                                           [Bron: wikimapia.org]

       3.3.1    Verduidelik die term omtrek.                                                          (2)
       3.3.2    Bereken die omtrek van die gebied waar die spelers hardloop tydens
                kolfbeurte.
                Jy mag die formule gebruik: Omtrek = 2 (lengte + breedte)                             (2)
       3.3.3    Bereken die oppervlakte van die krieketkolfblad in vierkante meter (m2).
                Jy mag die formule gebruik: Oppervlakte = Lengte × Breedte                            (3)
                                                                                                     [23]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                       11

  VRAAG 4

  BYLAE C toon die kaart van ŉ deel van die Great Wall (Groot Muur) in China en afstande
  tussen plekke. Dele word genommer vanaf 1 tot 8. Gebruik BYLAE C om die vrae wat volg
  te beantwoord.

  4.1     Identifiseer die reservoir(s) wat wes van deel 5 geleë is.                                   (2)

  4.2     Gee die algemene rigting van Yangqing vanaf Mentougou.                                       (2)

  4.3     ŉ Persoon wil vanaf Changping na deel 4 reis. Bereken:

          (a)   Bereken die afstand indien die bergpad gebruik word.                                   (2)

          (b)   Bereken die verskil in afstand vanaf Changping na deel 4 deur gebruik te
                maak van die bergpad en die hoofpad deur Beijing.                                      (3)

  4.4     Andile het vanaf Mentougou na Beijing gereis, voort na Shunyi en draai regs. Die
          volgende dorp was sy bestemming. Noem hierdie dorp.                                          (2)

  4.5     Bepaal hoe lank (in minute) dit Andile geneem het om vanaf Beijing na Shunyi te
          reis, ŉ afstand van 30 km teen ŉ gemiddelde spoed van 50 km/h.
          Jy mag die formule gebruik:
                   𝐀𝐟𝐬𝐭𝐚𝐧𝐝
          𝐓𝐲𝐝 = 𝐒𝐩𝐨𝐞𝐝                                                                                  (3)

  4.7     Mnr. Wong ry vanaf Beijing na Changping dan na Mentougou en terug na Beijing
          wat ŉ totale afstand van 121,7 km is. Bereken die afstand vanaf Beijing na
          Mentougou.                                                                               (2)
                                                                                                  [16]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                           (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 5

 5.1      TABEL 8 toon die aantal verkope van passasiersvoertuie vir elke provinsie tot
          November 2017.

               TABEL 8: VERKOPE VAN PASSASIERVOERTUIE VIR ELKE
                          PROVINSIE TOT NOVEMBER 2017
                                       VERKOPE
           Provinsie       Oktober 2017    November              Totale verkope
                                               2017                 tot en met
                                                                November 2017
           Oos-Kaap            1 129             Y                    12 017
           Vrystaat             657             640                    7 002
           Gauteng            10 412          10 983                 114 822
           KwaZulu-Natal       3 795           3 985                  41 912
           Limpopo              963             971                    9 447
           Mpumalanga          1 228           1 267                  13 071
           Noordwes             742             753                    8 681
           Noord-Kaap           281             256                    2 939
           Wes-Kaap            3 577           3 334                  37 848
           TOTAAL             22 784          23 415                 247 739
                                            [Bron: Lightstone.created with datawrapper]

          5.1.1 Bereken die totale aantal passasiersvoertuie wat in die Noordwes-provinsie
                tydens Oktober 2017 en November 2017 verkoop is.                                       (2)

          5.1.2 Noem die provinsie wat die tweede meeste passasiersvoertuie tot en met
                November 2017 verkoop het.                                                             (2)

          5.1.3 Bepaal die aantal motors wat nasionaal vanaf Januarie tot September 2017
                verkoop is.                                                                            (3)

          5.1.4 Vir die totale nasionale verkope tot en met November 2017, bepaal die
                waarskynlikheid (as ŉ persentasie) om willekeurig ŉ passasiersvoertuig te
                kies wat in die Wes-Kaap verkoop is.                                                   (4)

          5.1.5 Bepaal die waarde van Y, die aantal passasiersvoertuie wat in November
                2017 in die Oos-Kaap verkoop is.                                                       (3)

          5.1.6 Verduidelik die betekenis van die term omvang/variasiewydte.                           (2)

          5.1.7   Bepaal die omvang/variasiewydte vir die provinsiale passasiersvoertuig
                  verkope in Oktober.                                                                  (3)

          5.1.8 Bereken die gemiddelde van die passasiersvoertuie wat nasionaal verkoop
                is tot en met November 2017.                                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                           13

          5.1.9 Bereken die Interkwartiel Omvang (IKO) vir die aantal passasiersvoertuie
                wat tot en met November 2017 vir die provinsies verkoop is deur van die
                snor- en baarddiagram hieronder gebruik te maak.

                                                                                                    (3)

  5.2   TABEL 9 toon die bevolking en netto migrante van Indië vir die periode
        2013–2019.
        Die netto migrante se waarde is negatief wanneer die aantal mense wat die land
        verlaat, meer is as die aantal mense wat die land binnekom.

          TABEL 9: BEVOLKING EN NETTO MIGRANTE VAN INDIË VIR DIE
                              TYDPERK 2013–2019
            Tydperk       Bevolking    Netto migrante   Stedelike
                         (in miljard)   (in miljoene)   bevolking
                                                      (in miljoene)
              2019           1,37            -4,9           4,6
              2018           1,35            -4,9           4,4
              2017           1,34            -4,9           4,3
              2016           1,32            -4,9           4,2
              2015           1,30            -5,5           4,1
              2014           1,23            -3,9          3,29
              2013           1,14           -1,43          2,88
                                                              [Aangepas van worldometers.info]

        Gebruik TABEL 9 om die volgende vrae te beantwoord.

        5.2.1 In watter jaar het Indië die minste mense gehad wat die land verlaat het in
              vergelyking met mense wat die land binnegekom het?                                    (2)

        5.2.2 Druk 2015 se bevolkingswaarde uit in getalformaat.                                    (2)

        5.2.3 Bepaal die modale waarde vir die net migrante.                                        (2)

        5.2.4 Skryf neer die jaar waarin die stedelike bevolking die meeste gegroei het.            (2)

        5.2.5 Bepaal die waarskynlikheid (as ŉ gewone breuk) om willekeurig ŉ jaar
              vanaf 2013 tot 2019 te kies waarin die stedelike bevolking minder as 4,2
              miljoen is.                                                                           (2)

        5.2.6 Bereken die verskil tussen die 2013 bevolking en die 2013 stedelike
              bevolking.                                                                            (3)
                                                                                                   [38]

                                                                                 TOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com



### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
14                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                      (EC/SEPTEMBER 2019)

 ANTWOORDBLAD VIR VRAAG 2.3.2

 NAAM VAN KANDIDAAT: ...................................................................   GRAAD 12: ......

                                             MASAKHANE GEMEENSKAPSAAL:
                                          GRAFIEK VIR INKOMSTE (I) / UITGAWES (E)
                                                         IN RAND

                                          TOTALE MAANDELIKSE INKOMSTE EN
                                                    UITGAWES
                              9 000

                              8 000                                                                  I

                              7 000

                              6 000

           BEDRAG (in RAND)
                              5 000

                              4 000

                              3 000

                              2 000

                              1 000

                                 0
                                      0          2       4        6          8                     10
                                             AANTAL ONTHALE AANGEBIED IN 'N MAAND

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P1 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p1-afrikaans-2019-preparatory-examination-addendum/657f6e9a-3626-48fa-9c6e-11d49700db5a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 ADDENDUM SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-addendum-sept-2021-afrikaans/bb93ab59-ebbf-4bfc-94fd-43fb313fe26a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/2d599711-ccd3-42d3-862f-4c1b72b92e44) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
