# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-printready-18-august-2020/f9c0852f-73cd-40dd-bafe-3aba5c0cd723
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-printready-18-august-2020/f9c0852f-73cd-40dd-bafe-3aba5c0cd723)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                               SEPTEMBER 2020

             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

PUNTE:    150

TYD:      3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitend 1 antwoordblad en ŉ addendum
                                             met 1 bylae.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                        (EC/SEPTEMBER 2020)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

    2.   2.1   Gebruik die ANTWOORDBLAD om VRAAG 5.3.2 te beantwoord.

         2.2   Skryf jou NAAM en GRAAD in die spasie wat voorsien is in die
               ANTWOORDEBOEK vir VRAAG 5.3.2.
               Handig jou ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDEBOEK in.

    3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

    4.   Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
         aangedui.

    5.   Rond ALLE finale antwoorde af volgens die gegewe konteks wat gebruik word,
         tensy anders aangedui.

    6.   Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

    7.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

    8.   Toon ALLE berekeninge duidelik aan.

    9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                                           3

 VRAAG 1

 1.1     ŉ Bus verlaat Queenstown om 20:15 op ŉ Saterdagaand na Kaapstad. Die bus het
         8 keer langs die rit stilgehou en elke stop het 30 minute geduur vir passasiers om te
         verfris. Die totale tyd vir die rit was 13 uur 45 minute.

         Gebruik die inligting hierbo om die volgende vrae te beantwoord.

         1.1.1 Bereken die totale stilhoutyd in minute wat die passasiers op verfrissing
               spandeer het.                                                                           (2)

         1.1.2 Bepaal die tyd wat die bus in Kaapstad gearriveer het.                                  (2)

 1.2     ŉ Winkeleienaar verkoop 10 hemde vir ŉ totaal van R1 200 met ŉ wins van 25% op
         die verkope.

         1.2.1 Verduidelik die betekenis van ‘wins’ in hierdie konteks.                                (2)

         1.2.2 Bereken die wins wat op die verkoop van die 10 hemde gemaak is.                         (3)

 1.3     ŉ Onderwyser het 383,5 km vanaf Komani na Port Elizabeth gery. Die motor het
         28,239 liter petrol teen ŉ koste van R434,61 verbruik.

         1.3.1 Bereken die brandstofprys per liter.                                                    (2)

         1.3.2 Bepaal die gemiddelde afstand wat per liter gereis was.                                 (2)

         1.3.3 Bereken die koste in Rand wat per kilometer gereis was.                                 (2)

         1.3.4 Bepaal hoeveel liter brandstof word vir ŉ afstand van 175 km teen dieselfde
               koers as verbruik, benodig.                                                             (3)

         1.3.5 Bereken die afstand wat ŉ motor sal reis waar die brandstof R675,55 is teen
               dieselfde koers as verbruik.                                                            (2)

 1.4     Op ŉ kaart, is die skaal 50 cm : 100 km. Gebruik hierdie inligting om die
         onderstaande vrae te beantwoord.

         1.4.1 Skryf die gegewe skaal in woorde.                                                       (2)

         1.4.2 Druk die gegewe skaal uit in die vorm 1 : …                                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                        (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.5   TABEL 1 hieronder toon die totale bevolking van Suid-Afrika en die wêreld aan vanaf
       2017 tot 2020.

       TABEL 1:       TOTALE BEVOLKING VAN SUID-AFRIKA EN DIE WÊRELD
                      VANAF 2017 TOT 2020
           Jaar        Stedelike bevolking Suid-Afrika  Wêreldbevolking
                        van Suid-Afrika
           2020            39 550 889       59 308 690    7 794 798 739
           2019            38 820 239       58 558 270    7 713 468 100
           2018            38 086 769       57 792 518    7 631 091 040
           2017            37 348 154       57 009 756    7 547 858 925

       Gebruik TABEL 1 hierbo om die volgende vrae te beantwoord.

       1.5.1 Skryf neer die jaar met die laagste wêreldbevolking.                                    (2)

       1.5.2 Bereken die totale stedelike bevolking van Suid-Afrika vanaf 2018 tot 2020.             (2)

       1.5.3 Bereken die verskil tussen die maksimum en minimum van die wêreld-
             bevolking.                                                                           (3)
                                                                                                 [32]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                                              5

VRAAG 2

2.1   Mnr. Tau. beplan om sy huis teen ŉ koste van R25 000 op te knap. Hy nader sy bank vir ŉ
      persoonlike lening. Hy was voorsien van ŉ persoonlike lenings-terugbetalingsplan soos in
      TABEL 2 hieronder aangetoon.

      TABEL 2: PERSOONLIKE LENINGS TERUGBETALING
                 Maandelikse paaiement vir verskillende periodes met ŉ rentekoers van
                                           9,75% per jaar
       Lenings-
                  6           12           24           36           48          60
        bedrag
                maande     maande       maande       maande       maande      maande
       R10 000        R2 017,83    R1 067,07      R592,24       R434,47       R355,95       R309,13
       R20 000        R3 746,15    R1 952,20     R1 056,28      R758,58       R610,43       R522,09
       R30 000        R5 474,46    R2 837,33     R1 520,32     R1 062,69      R864,90       R735,05

      LET WEL:
               Aanvanklike administrasie teen R1 207,50
               Maandelikse administrasie teen R69
                                                                          [Bron: www.nedbank.co.za/loans]

      Gebruik TABEL 2 hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

      2.1.1   Bepaal hoeveel mnr. Tau van sy eie fondse gaan gebruik om die huis op te knap
              indien hy ŉ persoonlike lening van R10 000,00 aangegaan het.                                        (2)

      2.1.2   Mnr. Tau het uiteindelik besluit om ŉ persoonlike lening van R10 000 te neem wat
              oor 4 jaar terugbetaalbaar is.

              Bepaal:

              (a)     Die aanvanklike administrasiefooi as ŉ persentasie van die leningsbedrag                    (3)

              (b)     Die totale maandelikse bedrag wat hy vir die lening sal betaal                              (2)

              (c)     Die totale rente wat hy vir die lening sal betaal                                           (4)

      2.1.3   Mnr. Tau het sy eerste paaiement aan die einde van Maart 2020 betaal. Die
              maandelikse terugbetalings is betaalbaar aan die einde van elke maand. Bepaal die
              maand en jaar wanneer mnr. Tau sy laaste terugbetaling sal betaal.                                  (2)

      2.1.4   Mnr. Tau het ŉ bydrae van 250 Kanadese dollars (CAD) van sy seun wie in Kanada
              werk, ontvang.

              Bereken die waarde van die bydrae in Rand indien die wisselkoers teen die tyd
              1 CAD = R11,0555 was.                                                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                         (EC/SEPTEMBER 2020)

2.2   TABEL 3 toon Suid-Afrika se inflasiekoers vanaf Junie 2017 tot Junie 2019.

      TABEL 3: SUID-AFRIKA SE INFLASIEKOERS
                     JAAR                                          INFLASIEKOERS
                      2017                                              5,27%
                      2018                                              4,62%
                      2019                                              4,38%

      Gebruik TABEL 3 hierbo om die volgende vrae te beantwoord.

      2.2.1   Verduidelik die betekenis van die term ‘inflasie’.                                   (2)

      2.2.2   Bereken die prys van bruinbrood in Junie 2019 indien die prys R12,24 in Junie
              2017 was.                                                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                                      WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                                       7

2.3   Andile bestuur ŉ reisagentskap en hanteer toerpakkette. ŉ Wiskundige Geletterdheid-
      leerder teken ŉ Inkomste en Uitgawe-grafiek soos hieronder getoon om Andile te help
      om die gelykbreekpunt van die besigheid te bepaal.

      Die formules vir die Uitgawes en Inkomste word ook hieronder aangedui.

      Die uitgawes vir die toerpakkette word soos volg bereken:
      Uitgawes = 2 000 + 500 × aantal toerpakkette

      Die inkomste vir die toerpakkette word soos volg bereken:
      Inkomste = 1 000 × aantal toerpakkette

                                            INKOMSTE- EN UITGAWE-GRAFIEK VIR ANDILE SE
                                                          TOERBESIGHEID
                                    10000
                                                                                               INKOMSTE
                                    9000

                                    8000

         INKOMSTE/UITGAWES (RAND)
                                                                                                   UITGAWE
                                    7000

                                    6000

                                    5000

                                    4000

                                    3000

                                    2000

                                    1000

                                        0
                                            0            2          4        6                 8              10
                                                                AANTAL TOERPAKETTE

      Gebruik die grafiek en die inligting hierbo om die vrae hieronder te beantwoord.

      2.3.1                          Bepaal die aantal toerpakkette by die gelykbreekpunt.                                (2)

      2.3.2                          Bepaal die inkomste indien 8 toerpakkette verkoop word.                              (3)

      2.3.3                          Inkomste ontvang is BTW (Belasting op Toegevoegde Waarde) uitgesluit.
                                     Bereken die BTW bedrag betaalbaar indien 6 toerpakkette verkoop word.
                                     Gebruik BTW = 15%.                                                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                         (EC/SEPTEMBER 2020)

      2.3.4   Gebruik jou antwoord in VRAAG 2.3.3 om die wins van die 6 toerpakkette wat
              verkoop word, te bereken.

              Gebruik die formule: Wins = Inkomste – Uitgawes – BTW betaalbaar                    (3)

      2.3.5   Bepaal die aantal toerpakkette wat verkoop is indien die uitgawes R1 500 meer
              as die inkomste is.                                                                 (2)

2.4   John werk vir ŉ maatskappy wat stene maak. Hy word ŉ bruto salaris van R12 500 per
      maand betaal. John en sy werkgewer dra elk 1% by tot die WVF elke maand.

      2.4.1   Waarvoor staan die akroniem, ‘WVF’?                                                 (2)

      2.4.2   Bereken die totale WVF-bydrae deur beide die werknemer en die werkgewer
              vir ŉ periode van een jaar.                                                         (3)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                                          9

 VRAAG 3

 3.1   Lethabo het elke Sondag malvapoeding vir sy familie en vriende vir die eerste
       kwartaal van 2020 gebak. Bestudeer die bestanddele hieronder en beantwoord die
       vrae wat volg.

                                  MALVAPOEDING RESEP

            Bedien           : 6 mense
            Kooktyd          : 55 minute
            Voorbereidingstyd: 20 minute
                                Bestanddele                          Hoeveelheid
            1. Ongesoute botter, koud en in klein blokkies gesny         230 g
            2. Wit suiker, gladde appelkooskonfyt vir smeer              450 g
            3. Meel                                                      250 g
            4. Melk                                                     500 mℓ
            5. Organiese/Vryreeks (Free range) eiergele                    4
            6. Eetlepel koeksoda                                           2
            7. Sout                                                    Knippie
            8. Kookwater (vir meng)                                    1 koppie
            9. Vanilla-ekstrak                                       Paar druppels

            Voorverhit oond tot 180 °C en gebruik ŉ gesmeerde 20 cm vierkantige
            oondbak.
            Jy mag die volgende gebruik:
            1 teelepel = 5 mℓ
                         𝟏
            1 knippie = × teelepel
                        𝟖
                                                          [Bron: www.woolworths.co.za]

       3.1.1 Bereken die aantal sout wat gebruik word om malvapoeding vir drie dosyn
             mense te bak.                                                                      (4)

       3.1.2 Bereken, in ure, die hoeveelheid tyd wat Lethabo gespandeer het om die
             malvapoeding voor te berei en te bak vir sy familie en vriende in die eerste
             kwartaal van die jaar.                                                             (4)

       3.1.3 Bepaal hoeveel meel (in kilogram) Lethabo sal gebruik om malvapoeding te
             maak vir 64 graad 12-leerders vir ŉ matriekdans.                                   (5)

       3.1.4 Herlei die temperatuur van die voorverhitte oond na grade Fahrenheit (℉).

               Jy mag die volgende formule gebruik:
                     9
                ℉ = ( × ℃) + 32
                     5                                                                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                          (EC/SEPTEMBER 2020)

 3.2   Lethabo het ŉ 750 g blik Nescafe Ricoffy vir sy familie tydens inperking (lockdown)
       gekoop. Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         DIAGRAM VAN ’N NESCAFE RICOFFY
                                SILINDRIESE BLIK

                       Deursnee = 125 mm

                               Nescafe

                               Ricoffy       Hoogte = 190 mm

                                 750 g

       3.2.1    Skryf neer die afmetings van die radius.                                          (2)

       3.2.2    Verduidelik die betekenis van die term ‘volume’.                                  (2)

       3.2.3    Bereken die volume (in cm3) van die silindriese Nescafe Ricoffy koffieblik.

                Jy mag die volgende formule gebruik:
                Volume = π × radius × radius × hoogte, waar π = 3,142                             (3)
                                                                                                 [23]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                                         11

 VRAAG 4

 4.1   BYLAE A toon ŉ vloerplan van die Victoria Wharf-winkelsentrum in Kaapstad wat
       Anathi tydens Junie 2020 besoek het.

       Gebruik die vloerplan in BYLAE A en beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1 Skryf neer die aantal ingange wat op die laer vlak van die winkelsentrum gevind
             kan word.                                                                               (2)

       4.1.2 Bepaal hoeveel winkels daar in die winkelsentrum gevind kan word.                       (2)

       4.1.3 Bepaal die waarskynlikheid om ŉ winkel lukraak te kies, waar ŉ ewegetal
             gebruik was om die winkel te nommer. Gee jou finale antwoord tot die naaste
             persentasie.                                                                            (4)

       4.1.4 Vanaf Woolworths het Anathi regs gedraai, verby drie winkels aan haar
             regterkant, en by die volgende winkel ingegaan. Skryf neer die nommer van die
             winkel waar sy ingegaan het.                                                            (2)

       4.1.5 Gee die algemene rigting van MRP vanaf Clicks.                                          (2)

       4.1.6 Noem die winkel wat die grootste oppervlakte beset.                                     (2)

       4.1.7 Identifiseer die nommer van die ingang waar daar geen winkels aan jou
             regterkant is nie, wanneer jy die winkelsentrum ingaan.                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                           WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                          (EC/SEPTEMBER 2020)

 4.2   Die diagram hieronder toon die stukke wat aanmekaar gesit moet word vir ŉ tafel wat
       Anathi gekoop het.

                                                           [Bron: woodworkpdfplans.webfc2.com]

       Bestudeer die diagram hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

       4.2.1 Bepaal die aantal stukke wat benodig word om hierdie tafel aanmekaar te sit.          (2)

       4.2.2 Rangskik die gegewe stappe (gebruik A tot D) om Anathi te wys hoe die tafel
             aanmekaar gesit moet word.                                                            (4)
                                                                                                  [22]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                                             13

 VRAAG 5

 5.1 Die opname van die aantal leerders, die aantal skole en die aantal onderwysers in alle
     distrikte van die Oos-Kaapse Departement van Onderwys vir die jaar 2020 word in die
     tabel hieronder aangedui:

                     DISTRIK           AANTAL            AANTAL            AANTAL
                                      LEERDERS            SKOLE          ONDERWYSERS
          Alfred Nzo-Oos                 105 817             225                3 155
          Alfred Nzo-Wes                 168 899             599                5 019
          Amathole-Oos                   154 464             733                4 585
          Amathole-Wes                   78 820              411                 2498
          Buffalostad                    198 738             459                5 537
          Chris Hani-Oos                 111 506             489                3 545
          Chris Hani-Wes                 119 405             398                3 469
          Joe Gqabi                      94 876              327                2 876
          Nelson Mandela Metro           244 357             363                6 664
          OR Tambo Kus                   260 817             647                7 520
          OR Tambo Binneland             201 907             619                5 736
          Sarah Baartman                 98 701              254                2 637
                                                    [Aangepas vanaf ECDoE uitgereikte datareeks]

      Gebruik die inligting hierbo en beantwoord die volgende vrae.

      5.1.1 Skryf neer die totale aantal skole tot die naaste duisend.                                    (2)

      5.1.2 Bereken die gemiddelde aantal leerders van al die distrikte.                                  (3)

      5.1.3 Bereken die gemiddelde aantal leerders waarvoor ŉ onderwyser in die Joe Gqabi
            distrik verantwoordelik is.                                                                   (3)

      5.1.4 Identifiseer die distrik met die meeste skole.                                                (2)

      5.1.5 Bereken die omvang van die aantal onderwysers in die distrikte.                               (3)

      5.1.6 Rangskik die aantal skole in dalende orde.                                                    (2)

      5.1.7 Bepaal die aantal manlike onderwysers indien 71,9% van die onderwysers
            vroulik is.                                                                                   (4)

      5.1.8 Bepaal die waarskynlikheid (in vereenvoudigde vorm) om ŉ skool lukraak in die
            Oos-Kaap te kies, wat vanaf die OR Tambo distrikte is.                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                              (EC/SEPTEMBER 2020)

 5.2 Die Wiskundige Geletterdheid diagnostiese verslag van 2019 toon ŉ algehele
     prestasiekoers in die Wiskundige Geletterdheid uitslae vanaf 2017 tot 2019 wat in
     TABEL 4 hieronder getoon word.

      TABEL 4:      ALGEHELE PRESTASIEKOERS IN DIE WISKUNDIGE
                    GELETTERDHEID UITSLAE VANAF 2017 TOT 2019
       Jaar     Aantal      Aantal    % presteer    Aantal    % presteer
                geskryf  presteer met met 30% en presteer met met 40% en
                         30% en meer     meer    40% en meer     meer
      2017      313 030    231 230       73,9      140 991       45,0
      2018      294 204       213 225             P              133 568               45,4
      2019      298 607       240 816           80,6             162 877               54,5
                                                         [Aangepas uit DBE verskafde uitslae, 2019]

      Gebruik die bogenoemde inligting om die volgende vrae te beantwoord.

      5.2.1 Bereken die waarde van P, die persentasie presteer met 30% en meer in 2018.                    (3)

      5.2.2 Bereken die verskil in persentasie (%) van die leerders wat in 2017 en 2019 40%
            en hoër behaal het.                                                                            (3)

 5.3 Skole word geklassifiseer volgens kwintiele. Bestudeer die inligting oor die aantal
     leerders in elke kwintiele wat deur die Departement van Onderwys in die Oos-Kaap
     provinsie vervoer word.

                                 Kwintiele             Aantal leerders
                                     K1                   550 684
                                     K3                   738 340
                                     K4                    52 185
                                     K2                   333 251
                                     K5                    80 369

      Gebruik die inligting hierbo en beantwoord die volgende vrae.

      5.3.1 Skryf neer die waarde van die mediaan vir die aantal leerders volgens die
            kwintiele.                                                                                     (2)

      5.3.2 Teken op ANTWOORDBLAD 1, ŉ kolomgrafiek om die aantal leerders per
            rangskikking vanaf Kwintiel 1 tot Kwintiel 5 te toon.                                       (3)
                                                                                                       [33]

                                                                                     TOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)             WISKUNDIGE GELETTERHEID V1                        15

 ANTWOORDBLAD

 VRAAG 5.3.2

 NAAM:

 GRAAD 12:

        Aantal leerders

                                            Kwintiele

Kopiereg voorbehou                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 ADDENDUM SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-addendum-sept-2021-afrikaans/bb93ab59-ebbf-4bfc-94fd-43fb313fe26a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2021 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-sept-2019-afrikaans/425d97d9-9130-46cd-b01a-5c5a5983d22d) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/2d599711-ccd3-42d3-862f-4c1b72b92e44) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
